Die onafhanklike staat moet ten volle soewerein wees, gestig op die grondslag van die grense van 1967, met Oos-Jerusalem as hoofstad, lui die verklaring. Hulle steun ook Palestina se deelname in die Verenigde Nasies en ander internasionale organisasies.
Die dokument is vrygestel nadat die Egiptiese president Mohamed Morsi se staatsbesoek van drie dae aan China Donderdagoggend vroeg ten einde geloop het.
China en Egipte ondersteun die internasionale gemeenskap in die intensivering van pogings om dialoog te bevorder, om uiteindelik die “Palestina-vraagstuk” op te los deur middel van vreedsame gesprekke op ‘n omvattende en verantwoordbare wyse.
China het Egipte se bydrae tot die bevordering van vrede tussen Palestina en Israel geloof, asook die bevordering van ‘n interne skikking in Palestina self.
Die opstellers het bygevoeg dat Egipte China se pogings ter ondersteuning van ‘n regverdige bestel vir die Palestynse volk hoog op prys stel asook die bevordering van vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.