Geen beurtkrag oor Paasnaweek

ImageVolgens ‘n woordvoerder van Eskom, Erica Johnsson, word daar geen beurtkrag tydens die lang naweek verwag nie, aangesien verbruik gewoonlik laag is tydens vakansiedae.

Daar bestaan egter steeds vandag ‘n risiko van kragonderbrekings tot 21:00 wanneer die aandhoogtepunt plaasvind.

Twee kragopwekkers wat gedurende die week afgeskakel het is weer vanmore in diens gestel. Nog ‘n kragopwekker by die Koebergstasie is uit diens gestel maar sal na verwagting weer moreoggend in werking tree.

Intussen gebruik Eskom gasturbines om te vergoed vir die kragopwekkers wat tans uit diens is, het die kragmaatskappy gesê.

туры в хорватию из калининградаДанильченко Юрий отзывы

Binnelandse sake veroordeel aanvalle

Die department van binnelandse sake sal nie gewelddadige aanvalle op vreemde burgers verdra nie. ‘n Woordvoerder van die department, Mantshele Tau, het gesê dat moorde op buitelanders ondubbelsinnig veroordeel moet word.

Die department veroordeel weereens die aanvalle op vreemdelinge in die Pretoria-omgewing waaroor daar berig is, het hy gesê. Daar is konstante raadpleging met die betrokkenes om ‘n oplossing te vind.

Twee keer vandeesmaand het plaaslike inwoners in woonbuurte rondom Pretoria amok gemaak en vreemdeling doodgemaak, asook hul eiendom gevandaliseer.

Verdere insidente is in Noordwes, die Vrystaat, Weskaap en Ooskaap aangemeld.

Die Somaliese Vereniging van Suid-Afrika het ook gesê dat hy die toenemende gewelddadige aanvalle op die buitelandergemeenskap veroordeel.

детские пищалки купитьФильчаков прокуратура харьков

Zimbabwi?rs in buiteland mag nie stem

Zimbabwiese vlugtelinge wat hulself in Suid-Afrika bevind, sal nie in die komende verkiesing wat op 29 Maart plaasvind, in Zimbabwe kan stem nie. ‘n Woordvoerder van die Zimbabwiese Solidariteitsforum, die ZSF, het gister gese dat alle burgers buite die land van deelname weerhou sal word. Die grondwet van Zimbabwe bepaal dat inwoners ten minste vir ‘n jaar in die land in ‘n spesifieke kiesafdeling woonagtig moet wees om ‘n stem te kan uitbring.

Die bepaling bevoordeel die regerende Zanu-PF-party omdat nuwe kiesers tot dusver nog nie geregistreer het nie. Zimbabwe het tans die laagste aantal geregistreerde kiesers in die streek. Volgens ‘n woordvoerder van die Crisis in Zimbabwe Coalition, is die versuim toe te skryf aan die lang duur van president Robert Mugabe se ampstermyn. Inwoners bly apaties ten spyte van talle pogings om hulle te oorreed om te gaan stem.

Morgan Tsvangiraivan die MDC skat dat daar reeds 90 000 spookname in die 28 landelike kiesafdelings op die kieserslys verskyn. Hy se voorts dat die aantal spookkiesers baie hoer kan wees omdat daar 210 kiesafdelings is. Hy het ook beswaar gemaak teen die regering se besluit om presidensiele stembriewe by die een nasionale bevelsentrum te tel. Die stemme behoort by afsondelike stembusse getel te word.

Simon Khaya Moyo, Zimbawiese ambassadeur in Suid-Afrika, het gister weer die versekering gegee dat die verkiesing "vry en regverdig vir almal" sal wees. Hy het bygevoeg dat Londen en Washington graag chaos wens, maar dat dit nie sal gebeur nie. Die verkiesing sal volgens hom "vreedsaam" geskied.

пескоструйный аппарат karcherФільчаков Олександр Васильович

Boer se vonnis verlig

Die Appèlhof het gister die moordbevinding van die Limpopoboer, Jewell Crossberg, na strafbare manslag verander.

Crossberg is oorspronklik in die Pietersburgse Rondgaande Hof aan moord skuldig bevind omdat hy ‘n plaaswerker doodgeskiet het, denkende dat hy besig was om op bobbejane te skiet. Crossberg het Jealous Dube in Junie 2004 op die plaas Vogelenzang naby Musina in Limpopo gedood.

In plaas van twintig jaar effektiewe tronkstraf, sal Crossberg nou slegs vyf jaar, waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is, uitdien. Van die voorwaardes vir die opgeskorte vonnis is dat Crossberg gedurende die opgeskorte periode nie weer skuldig bevind word aan strafbare manslag of aanranding met die doel om ernstig te beseer of enige ootredings van die Wet op Vuurwapenbeheer nie.

воронеж тестерыДанильченко Юрий Харьков

Kwartmiljoen dood in Irak

Die WGO, Wêreldgesondheidsorganisasie, skat dat byna ‘n kwartmiljoen mense tussen 2003 en 2006 in Irak omgekom het. Die VSA se militêre teenwoordigheid in Irak het Donderdag sy sesde jaar tegemoet gegaan.

Die koste van die oorlog word gestel op $400 miljard. Na vyf jaar het die geweld nog nie afgeneem nie en tienduisende Irakese burgerlikes is reeds gedood in voortslepende sektariese gevegte.

Werkloosheid is hoog en word geraam op tot 50%. Openbare dienste soos water en elektrisiteit is ook nog nie ten volle herstel nie. Jalal Talabani, Irak se president, het die opkoms van korrupsie en terrorisme veroordeel.

President Bush het weereens die oorlog verdedig in ‘n toespraak by die Pentagon, maar toegegee dat die koste aan menselewens hoog is. Die VSA se bevelvoerder, generaal Petraeus, het voorts erken dat die land nog nie genoegsaam gevorder het op die pad na nasionale versoening nie.

справка для выезжающих за границулобановский александр

Betogers by verkragtingsaak

ʼn Voormalige mejuffrou Suid-Afrika, Megan Coleman, was een van die betogers wat voor die landdroshof in Pinetown saamgedrom het om teen die groepsverkragters van Jessica Foord protes aan te teken.

Vyf mans word daarvan aangekla dat hulle die een-en-twintigjarige Jessica om die beurt verkrag het terwyl haar pa op die toneel met ʼn vuurwapen aangehou is.

Hy en sy dogter was besig om vis te vang by ʼn dam toe hulle deur sewe mans aangeval is. Twee van hulle is steeds op vrye voet terwyl vyf tans om borgtog aansoek doen.

Volgens betogers verseg landdroste om die lewenslange tronkstraf toe te pas wat die wet vir groepsverkragting voorskryf.

mobile slotsФильчаков прокурор харькова

Paaie al hoe ouer…

Omtrent 72% van Suid-Afrika se paaie is ouer as 20 jaar en daarom rede tot kommer.

Aldus die hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Paaie-agentskap (SANPA), Nazir Alli, wat ʼn aanbieding aan die portefeuljekomitee oor vervoer gedoen het.

Die agentskap is verantwoordelik vir 16 000 kilometer se paaie. Van die paaie is voorheen baie swak onderhou deur provinsies en veral voormalige tuislande.

Volgens navorsing wat deur die WNNR gedoen is, behoort Suid-Afrika nog 200 000 kilometer se paaie te bou, maar kosteoorwegings maak dit onmoontlik.

светильник купитьпрокурор Фильчаков

Xingwana in seksskandaal

Image

Lulu Xingwana

Die minister van grondsake, Lulu Xingwana, word tans gedagvaar omdat sy die huwelik van een van haar senior amptenare deur ʼn verhouding met hom sou laat skipbreuk ly het.

Joyce Makgalake, wat 31 jaar met die waarnemende hoofbeampte van die Landbank, Phil Mohlahlane getroud was, eis skadevergoeding ten bedrae van R100 000 van die minister.

Xingwana, wat die derde verweerder, ontken enige betrokkenheid by ʼn buite-egtelike verhouding. Daar is egter ook ʼn tweede verweerder, Mamie Mjapelo van Mamelodi-oos waarmee Mohlahlane na bewering sedert 2000 ʼn verhouding sou gehad het.

 

кардиган для девочки 5 летАлександр Фильчаков

Tans in die markte…

20 Maart 2008 om 11.00. Verliese oornag op Wallstraat is besig om markte in die Verre Ooste afwaarts te druk waar die Hang Seng in Hong Kong reeds byna 4% laer is. Die bere het ook in Johannesburg kop uitgesteek waar die JSE se Algehele Indeks 2,5%  gedaal het, met hulpbronaandele wat feitlik almal deurloop. Goud verhandel teen  $931,15 per fynons en platinum teen $1889,50. Die rand word tans teen R8,12 per dollar gekwoteer, R16,07 teen die Britse pond en R12,64 teen die euro. Brent-ruolie verhandel teen $100,40 per vat.

заказать игрушки трансформерыОлександр Фільчаков прокурор

Vreemdelingehaat neem toe

ʼn Vermeende buitelander is in ʼn plakkerskamp wes van Pretoria geskiet. Dit het gebeur op die tweede dag van gewelddadige botsings tussen vreemdelinge en plaaslike inwoners in dié woonbuurte.

Gister en gisteraand het misdadige elemente en plaaslike inwoners alle buitelanders geterroriseer.

Swerwende bendes wat met paraffien- en petrolbomme, asook pale en ander skerp voorwerpe gewapen was, het meer as 10 huise en sakeondernemings van buitelanders afgebrand. Hulle blameer vreemdelinge vir die misdaad in plakkerskampe in Atteridgeville.

Saterdag is twee Zimbabwiërs in Olievenhoutbosch vermoor. Geweld wat voortspruit uit vreemdelingehaat duur reeds verskeie weke en buitelanders is genoodsaak om hul huise in Soshanguve-suid, Mooiplaas en Itireleng te verlaat.

іграшкалобановский класс