Skoonmoeder dink baba is ‘n kat

‘n Meisie van 17 jaar wat daarvan beskuldig is dat sy haar pasgebore baba in ‘n puttoilet afgegooi het, is vrygelaat met ‘n waarskuwing.

Sy is op Goeie Vrydag in hegtenis geneem nadat die skoonmoeder ‘n gehuil onder in die toilet in Hluvukani naby Bosbokrand gehoor het.

Die skoonmoeder het eers gedink dis ‘n kat, maar toe besef dit mag haar kleinkind wees aangesien haar skoondogter nie meer swanger was nie. Sy het daarna die polisie ontbied.

Die baba is na die Tintswalohospitaal geneem vir behandeling.

купить детский ремень для мальчикаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Vyf vas in DRK n? hulle vliegtuig stroop

In die DRK is vier Kongolese en ‘n Rus in aanhouding nadat hulle vliegtuigonderdele van ‘n vliegtuig wat in ‘n makabere ongeluk betrokke was, gesteel het.

Die Rus is ‘n eienaar van ‘n privaat vliegmaatskappy wat ook van dieselfde tipe-12 Antonofvliegtuig gebruik maak.

Die vliegtuig waarvan die parte afgesteel is, het soldate in Oktober 2005 vervoer na Soedan toe ‘n band gebars het. Die paniekbevange en swaargewapende soldate het daarna die luik oopgedwing en op VN-vredesmagte wat hulle te hulp gesnel het, begin vuur.

автосканерДанильченко Юрий отзывы

Diamantmynwerkers staak

Die Mynwerkersunie, die NUM, het gister bekend gemaak dat die Golden Falls-diamantmyn, voorheen bekend as Elandslaagte, tot stilstand gedwing is deur ‘n staking.

Werkers eis deur die bank ‘n 15% verhoging asook ‘n jaarlikse bonus. Hulle vra ook ‘n kostoelaag van R100 per maand en 18 dae per jaar vakansie.

Sethetso Raletooane, die NUM se streeksorganiseerder in Kimberley, het gesê die werkers vorm deel van ‘n gemeenskap wat gebuk gaan onder inflasie.

Die unie het Woensdag ‘n memorandum aan die bestuur oorhandig. Die staking sal onbepaald voortduur totdat daar aan die stakers se eise voldoen word.

game of thronesФильчаков прокурор харьков

Dakar kom dalk terug na Afrika

Die president van ASO, Amaury Sport Organisation, organiseerder van die Dakartydren, Patrice Clerc, het gesê die tydren sal terugkeer na Afrika, na sy wortels. Die Dakar vind in 2009 in Chile en Argentinië plaas.

Die beroemde tydren is in 1979 deur Thierry Sabine begin maar is gekanselleer vir 2008 omdat terroriste in Mauritanië gedreig het om die tydren te verongeluk.

Volgende jaar gaan die renjaers ‘n ander woestyn ontdek, naamlik die Atakama in die noorde van Chile. Die 9000 km sal in Buenos Aires wegspring en eindig na ‘n draai deur onder andere die Andes gebergtes en Patagonië.

 

воздуха бытовойФильчаков прокуратура харьков

Mboweni waarsku oor komende storm

Tito Mboweni, goewerneur van die Reserwebank, het verbruikers Woensdag gewaarsku dat hoër voedsel- en energiepryse hoër inflasie beteken.

Die VPIX-inflasie het deur die bank se boonste 6%-vlak gebreek en ‘n hoogte van 9,4% bereik in Februarie. Die rentekoersverhogings wat sedert Junie 2006 geld, het sover nie veel impak gehad nie.

Mboweni het aan die finsansiële portefeuljekomittee gesê dat Suid-Afrikaners ‘n baie moeilike tyd het wat vir hulle wag.

Na verwagting sal die Reserwebank se beleidskomittee ‘n volgende rentekoersverhoging by hul vergadering op 9 en 10 April oorweeg.

игры девочкамтопкарго развод

Wallstraat verloor 20 000 poste

Oor die volgende twee jaar gaan meer as 20 000 mense hul werk op Wallstraat verloor, sê die New Yorkse Onafhanklike Begrotingskantoor. Die kantoor voorsien dat 12 600 werknemers vanjaar gaan afgedank word en 7 600 volgende jaar.

Die afdankings kom as gevolg van krimpende krediet in Amerika wat finansiële instellings negatief raak. Winste op Wall Straat het met 80% afgeneem in 2007.

Die aantal afdankings sluit nie instellings soos Bear Stearns se redundante personeel in nie. Bear Stearns is onlangs deur JP Morgan oorgeneem nadat die maatskappy in die moeilikheid geraak het.

Dit is ‘n kopseer vir New York se openbare begroting omdat byna 35% van die stad se inkomste uit salarisse van die finansiële sektor kom.

сделать мед справкуДанильченко Харьков

Rassekwotas vir huise

Die eThekwini-stadsraad van Durban gaan rassekwotas gebruik om huise aan die lae en middelinkomstegroepe toe te ken.

Die kategorieë wat gebruik gaan word, is: swart, Indiër, kleurling of ander. Blankes word as ander beskou.

Die nuwe rassekwotas vir behuisingsprojekte is van toepassing op vier gebiede in Durban: Newlands, KwaMashu, Chatsworth en die Westville-driehoek.

Opposisiepartye het die kwotas as siosiogeniëring beskryf en gesê dat dit rassisme in die land bevestig. Die hoofsweep van die DA, Colin Gaillard, het gevra hoe bepaal gaan word tot watter rassegroep die aansoekers behoort.

Patrick Pillay van die Minderheidsfront het gesê dat integrasie in ‘n demokratiese samelewing deur mense se eie vrye wil moet geskied.’

Rassekwotas vir behuising is voorheen in die VSA in Chicago en New York ingestel, maar is sedertdien deur die Amerikaanse Appèlhof as onwettig verklaar, ongeag of dit integrasie of segregasie bevorder.

бакдепутат лобановский

Rusland en Egipte onderteken kernverdrag

Egipte en Rusland het ‘n ooreenkoms onderteken wat Egipte se posisie as kernvoorloper van die Arabiese blok sal bestendig. Iran en Israel is die ander twee groot kernmoondhede in die gebied.

Hosni Moebarak en Vladimir Poutin het Dinsdag mekaar die hand gegee in ‘n stap wat Westerse moondhede bekommer.

Egipte het hul samewerking met Rusland op kerngebied eers opgeskort ná die Tjsernobielramp in die Oekraïene in 1986, maar sal dit nou hervat.

‘n Twaalftal Arabiese lande het reeds aangedui dat hulle in kernaanlegte belangstel. Nie een van dié lande is ‘n lid van die IAEA, die Internasionale Atoomenergie-agentskap, nie.

фундамент под баню фотодепутат лобановский

Meer as 660 mense gee hulself oor aan Sjina in Tibet

Sjina het vandag gesê dat meer as 660 mense hulself oorgegee het weens bloedige betogings in en naby Tibet. Intussen het die Franse president, Nicolas Sarkozy die moontlikheid van ‘n openingseremonieboikot van die Olimpiese Spele in Beijing geopper.

Volgens Sjoe Tao, ‘n plaaslike hoof van die Kommunistiese Party, is diegene wat na vore gekom het meesal gewone mense of monnike wat mislei is of ontnugter is.

Aanklaers het ook lasbriewe vir die inhegtenisname van 29 mense wat na bewering betrokke was by ‘n betoging op 14 Maart in in die Tibetaanse hoofstad uitgereik, terwyl ‘n mees gesogte-lys van 53 mense deur die polisie vrygestel is.

Tibet verkeer reeds sedert 1950 onder Sjinese heerskappy en die Tibetaanse onafhanklikheidsbeweging beskou die Olimpiese Spele wat vanjaar in Beijing plaasvind as ‘n geleentheid om hul stryd wêreldkundig te maak.

липецк очисткаФильчаков

Konstabels wat onwettiges help, los

Nadat 13 reserwemagkonstabels in die Komatipoortse Landdroshof verskyn het op aanklag van korrupsie, is al 13 vrygelaat. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, het die aanklaer die klagstaat verloor.

Die konstabels is verlede Woensdag gearresteer nadat 26 Mosambiekers onder die sitplekke van ‘n bus wat oppad terug was na Suid-Afrika gevind is. Die konstabels is deur die onwettige Mosambiekers omgekoop om hulle te versteek. 

Onwettige immigrante betaal tussen R200 en R300 om nie gedeporteer te word nie. Sommiges gebruik selfs selfone as betaling. Die 26 onwettiges is steeds in aanhouding, maar sal nie as getuies in die saak optree nie want Hlathi glo hulle behoort so gou as moontlik teruggestuur word.

анжело люстрыФильчаков прокурор

Outomatiese tellermasjien in Johannesburg opgeblaas

‘n Outomatiese tellermasjien in die Bergsig-supermark in Johannesburg is vroeg vanoggend deur rowers met plofstof opgeblaas, het die polisie laat weet.

Kaptein Julia Claassen sê die ABSA-OTM is tussen een- en twee-uur voormiddag aangeval, maar niemand weet hoe die voorval plaasgevind het nie.

Volgens haar glo die polisie dat geen geld gevat is nie en dat niemand beseer is nie.

дизайн каминов из гипсокартонаФильчаков прокуратура харьков

Grense word dalk opgehef in Suider-Afrika

Daar geen binnekort een visum wees vir Suid-Afrika en agt ander lidlande van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap, oftewel SAOG.

Dit gaan beteken dat ‘n toeris wat enigeen van die lande wil besoek, slegs ‘n enkele visum sal nodig hê. Visums vir Suid-Afrika sal byvoorbeeld in Zimbabwe of Mosambiek uitgereik kan word.

Die besluit is geneem by die ministeriële konferensie wat verlede week in Luanda gehou is en is gister deur die adjunkminister vir toerisme, Rejoice Mabudafhasi, aangekondig.

‘n Verdere en moontlik omstrede kwessie wat by die konferensie bespreek is, is die verwydering van alle hindernisse vir die vrye beweging tussen die nege lidlande van SAOG. Die konferensie wil dit aanmoedig deur die sluit van bilaterale ooreenkomste sodat burgers van die volgende lande vrylik sonder visums heen en weer oor die grense kan beweeg: Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië en Zimbabwe.

клей шпаклевкалобановский александр игоревич

Munisipale bestuurder se motor verbrand

‘n Motor wat aan die Lesedi-munisipale bestuurder in Ratandalokasie, Heidelberg, behoort, is vanmore vroeg na ‘n betoging aan die brand gesteek, het die Johannesburgse polisie verklaar.

Die raadslid het sy motor voor sy huis geparkeer gesien voordat dit deur die vuur verteer is terwyl hy binne-in die huis was rondom twee-uur op Woensdag, het ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Julia Claasen, gesê.

‘n Bakkie wat naby geparkeer was, het nie aan die brand geslaan nie.

Volgens Claasen het die motorbrandery plaasgevind na ‘n dispuut omstreeks twee-uur gistermiddag met munisipale werkers wat besig is om te staak vir salarisverhogings.

Gistermiddag het mense gepoog om die plaaslike biblioteek af te brand en het rommel oral oor die munisipale eiendom gestrooi, het kaptein Thivhulawi Tshilite gesê.

бак с автоматической насосной станциейДанильченко Юрий отзывы

Medwedef waarsku Navo oor nuwe lede

Die pas verkose president Dmitri Medwedef van Rusland het hom sterk teen die insluiting van twee strategiese lande by Navo uitgespreek.

Navolede ontmoet in Boekarest van 2 tot 4 April en sal versoeke van twee voormalige Sowjetrepublieke, Oekraïne en Georgië, oorweeg om by die organisasie aan te sluit.

Die Russe beskou dit as baie netelig vir die bestaande Europese veiligheidstruktuur. Hulle hou vol dat geen staat verteenwoordigers  van ‘n militêre blok waaraan hy nie behoort nie naby sy grense mag toelaat nie.

Hoewel Washington die lidmaatskapaansoek van die twee lande steun, is Europese lande maar louwarm oor die idee.

средство для уборки помещенийФільчаков Олександр Васильович