Dit gaan beteken dat ‘n toeris wat enigeen van die lande wil besoek, slegs ‘n enkele visum sal nodig hê. Visums vir Suid-Afrika sal byvoorbeeld in Zimbabwe of Mosambiek uitgereik kan word.
Die besluit is geneem by die ministeriële konferensie wat verlede week in Luanda gehou is en is gister deur die adjunkminister vir toerisme, Rejoice Mabudafhasi, aangekondig.
‘n Verdere en moontlik omstrede kwessie wat by die konferensie bespreek is, is die verwydering van alle hindernisse vir die vrye beweging tussen die nege lidlande van SAOG. Die konferensie wil dit aanmoedig deur die sluit van bilaterale ooreenkomste sodat burgers van die volgende lande vrylik sonder visums heen en weer oor die grense kan beweeg: Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië en Zimbabwe.
