SA, Indië en Brasilië vra meer diplomasie vir Iran

Brasilië, Indië en Suid-Afrika het Donderdag tydens ‘n trilaterale spitsberaad ooreengekom dat meer diplomasie nodig is om die internasionale geskil met Iran oor sy omstrede kernprogram by te lê. 

Die ooreenkoms, wat na afloop van ‘n kort vergadering voor die BRIC-beraad in Brasília, aangegaan is, hou by Brasilië se verdediging van Iran en die Suid-Amerikaanse land se pogings om die VN-Veiligheidsraad te weerhou van die oplegging van nuwe sanksies teen die Islamitiese Republiek.

Brasilië se president Luiz Inacio Lula da Silva, die Indiese premier Manmohan Singh en die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma, het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dat hulle “die reg van Iran erken om kernprogramme te ontwikkel vir vreedsame doeleindes in ooreenstemming met sy internasionale verpligtinge”.

Hulle het ‘n beroep op Iran gedoen om “ten volle” met die Internasionale Atoom Energie Agentskap (IAEA) saam te werk en aan die VN-Veiligheidsraadresolusies te voldoen .

Maar hulle het ook “op die noodsaaklikheid vir ‘n vreedsame en diplomatieke oplossing van die probleem” gewys.

Die drie lande het hul ambisies om as besluitnemende magte op VN-Veiligheidsraad te dien, herhaal. Hulle voel dat hervormings van die Verenigde Nasies “‘n uitbreiding in beide permanente en nonpermanent kategorieë van sy lidmaatskap, met ‘n verhoogde deelname van ontwikkelende lande in albei,” moet insluit.

Indië, wat oor kernwapens beskik , het sy kommer uitgespreek dat Brasilië en Suid-Afrika – wat beide hul kernwapenprogramme jare gelede laat vaar het – die “volle
uitskakeling van kernwapens” nog nie voltooi het nie.

Brasilië en Suid-Afrika het onlangse aanvalle in Indië, insluitend ‘n bloedbad deur Maoïste aan die begin van die maand waarin 76 polisiemanne die lewe gelaat het, as “terrorisme” veroordeel.

Die drie lande dring aan op meer samewerking in die stryd teen terrorisme, met volle inagneming van internasionale regsbeginsels.

Die leiers ondersteun ook pogings om die Doha-samesprekinge binne die Wêreld Handelsorganisasie te laat herleef, het ‘n ekstra twee miljoen dollar aan Haiti se heropbou belowe en het die ontwikkeling van satelliete vir weer en Aarde-waarneming aangekondig.

медицинская справка ф-086уданильченко юрій Харків

Opvolgstryd: Die stof het nog nie gaan lê nie

Die opvolgstryd in die ANC woed steeds. Intrige, dubbele agente en verraad is aan die orde van die dag om ‘n opvolger vir Jacob Zuma aan te wys en buitelandse invloed te temper. Die stof het nog nie gaan lê nie…

‘n Paar weke gelede het City Press berig dat die ANC-jeugliga aangehelp is deur voormalige en huidige regeringsamptenare, waaronder agente in die inligtingsdiens, wat hoogs persoonlike inligting oor onder meer joernaliste aan die ligapresident oorhandig het. 

Billy Masetlha, wat deur President Thabo Mbeki in 2008 as hoof van die Nasionale Intelligensie-agentskap afgedank is, is glo die brein daaragter.

Die bankrekening van Dumisane Lubisi (‘n joernalis by die City Press wat Malema kritiseer), sowel as die identiteitsnommers van sy dogters, is bekendgemaak. Masetlha is ‘n ondersteuner van Fikile Mbalula. Mbalula, wat voorheen president van die Jeugliga was, is Malema se keuse vir die belangrike posisie van die ANC se sekretaris-generaal.

Gwede Mantashe vul tans daardie stoel, asook dié van voorsitter van die SA Kommunistiese Party, maar Malema wil glo graag die SAKP uitdryf uit die Alliansie omdat hy hulle as ‘n buitelandse teenwoordigheid sien.

Waarskynlik is Malema nie ver verkeerd nie, aangesien Jeremy Cronin besonder goeie verhoudinge met die Britte geniet. ‘n Ander vraagteken hang oor die rol wat die Brit Patrick Craven by Cosatu speel. Hy tree gewoonlik as woordvoerder van dié organisasie op.

Die middelpunt van die omstredenheid, sê City Press, is die doeaneagent Michael Peega, wat deur deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) afgedank is. Peega is in Junie danksy verskeie aanklagte van wangedrag deur die SAID gevra om te loop . Hy is tans uit op borgtog van R20 000, en sal tereg staan as beweerde lid van ‘n internasionale sindikaat wat betrokke is by aktiwiteite wat wissel van die onwettige stropery van renosters tot die besit van onwettige vuurwapens.

Peega het glo kontakte in staatsdepartemente en die banke om “dossiers op te stel” wat sensitiewe inligting oor Malema se kritici bevat.

Die Peega-netwerk opereer vanuit die luukse kantore van die ANC-Jeugliga se beleggingsmaatskappy, Lembede Investment Holdings, in Sandton. Hierdie “span” het toegang tot persoonlike skootrekenaars, 3G-verbindings en kontant om oor die hele land te reis wat hulle in staat stel om “intelligensie” of inligting in te samel. 

Peega is voorts goed bevriend met ANC-swaargewigte soos Tony Yengeni, Fikile Mbalula en Zizi Kodwa, die presidensiële woordvoerder.

Stanley Uys skryf vandag op politicsweb dat Die Transvaler in 1968 ‘n soortgelyke veldtog teen wyle dr Raymond (Bill) Hoffenberg van stapel gestuur het. Destydse agente het persoonlike inligting oor die Britse endokrinoloog aan die koerant deurgegee wat die voorblad gehaal het en hom sy verblyfreg in Suid-Afrika gekos het.

Hoffenberg was ‘n Britse professor en president van die Royal College of Physicians, asook ridder en voorsitter van Wolfson College, Oxford Universiteit. Sy ander onderskeiding was natuurlik dat hy ‘n groot Afrikanerhater was.

как сшить рубашку для девочкиОлександр Фільчаков прокурор

Aswolk knip rederye se vlerke

‘n Reuse wolk van as wat tans oor Europa vanaf Ysland versprei het, het die grootste onderbreking van vlugte sedert die 2001 terreuraanvalle veroorsaak.

Reisigers op ses kontinente se vlugte is gekanselleer en amptenare sê dit kan dae neem vir die lugruim om weer veilig te wees.

Die aswolk is kilometers bo die aarde en kan die enjins van vliegtuie beskadig.

Vlugte in Brittanje is tot minstens Vrydagmiddag gekanselleer en verskeie ander lughawens is gesluit. Owerhede in Ierland, Denemarke, Noorweë, Swede, Finland en België het ook vlugte afgelas.

Frankryk het 24 lughawens gesluit insluitende Charles de Gaulle en Duitsland se lughawens in Berlyn en Hamburg is ook gesluit.

Menigte vlugte uit die VSA is ook gekanselleer.

‘n Vulkaniese uitbarsting in Ysland het Woensdag ‘n reuse stoom- en aswolk die atmosfeer ingestuur.

игрушка интернет магазинлобановский александр дети

Rusland sluit laaste wapengraadreaktor

As deel van ‘n ooreenkoms met die VSA, het Rusland sy laaste wapengraadplutoniumreaktor gesluit.

Die moontlikheid om bomme te vervaardig is sodoende ingeperk deur die afbou van kernkragsentrales uit die Soviet-era.

Die reaktor, die ADE-2, is in 1964 by ‘n geheime aanleg in Siberië opgerig tydens die bewind Nikita Khrusjtsjef.

Ná die Koue Oorlog, was dit nie meer nodig vir Rusland om wapengraadplutonium te vervaardig nie, aangesien hulle oor ‘n groot vooraad van ongebruikte kernwapens beskik het.

Die presiese hoeveelheid plutonium in Rusland se besit, is egter ‘n staatsgeheim.

Die VSA en Rusland is besorg oor moontlike wapengraadplutonium wat op die swartmark beskikbaar gestel kan word en het in Maart 2003 ooreengekom om dié reaktor te sluit.

games onlineДанильченко Харьков

Cholera pak Zambië

Zambië worstel met die ergste cholera-krisis in jare, het gesondheidswerkers van dié land gesê.
Sedert Maart het meer as 130 mense weens cholera gesterf terwyl sowat 5 000 mense al dié dodelike siekte opgedoen het.

Dis glo die hoogste aantal gevalle van cholera wat in ‘n dekade geregistreer is.

Volgens dr. Reuben Mbewe, woordvoerder vir die gesondheidsministrie, is dié krisis deur vloede in Lusaka veroorsaak.

банные печи с баком для водыпрокурор харьковской области

Chaos heers toe sokkerkaartjiestelsel vashaak

Chaos het uitgebreek toe die rekenaarstelsel vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi Donderdag oorlaai is met kaartjieverkope en die polisie moes op sekere plekke van traanrook gebruik maak om orde te herstel.

Een kaartjiekoper is aan ’n hartaanval dood terwyl hy in die tou by Fifa se kantoor gewag het.

Die sokkerskouspel skop 11 Junie af en eindig op 11 Julie in Johannesburg.

Duisende Suid-Afrikaners, meestal swart, het ure lank tougestaan by die kaartjiesentrum in Kaapstad en by FNB-takke. Die agt wedstryde in die Kaapstad-sta­dion is nou uitverkoop.

купить липецк стойки трансмиссионныеданильченко юрій Харків

‘Skiet die boer’ klink weer op

Die omstrede lied “Skiet die boer” is Donderdag deur kongreslede van die National Union of Mineworkers (NUM) gesing ten spyte dat die liedjie verbied is.  

Kongreslede van dié mynvakbond, die regering asook verskeie finansiële instellings het ‘n indaba in Johannesburg bygewoon om die probleem met mynwerkers se behuising aan te spreek.

Die liedjie is gesing om Oupa Komane, NUM se adjunk-sekretaris-generaal, van die podium af te begelei.

Komane het kongreslede met die lied geterg voor sy toespraak en slegs die “Ayesab’ amagwala”-gedeelte aan die einde gesing.

Dit het veroorsaak dat kongreslede die hele lied sing.

Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verbied aangesien dit geweld aanhits.

[Die dagblad Beeld dra dieselfde berig van SAPA hierbo. Die laaste sin is as volg in Afrikaans vertaal om die leser te verseker dat die liedjie nie geweld aanhits nie: “Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verban aangesien dit glo geweld aanhits.”]

bridal accessories beltЛобановский Харьков

Terre’Blanche-saak uitgestel tot 10 Mei

Puna Moroko, prokureur van die 28-jarige beskuldige in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak, het Woensdag aan verslaggewers buite die hof gesê dat dit goed gaan met sy kliënt.

“Hy is glad nie senuweeagtig nie. Nee, ons het ook geen doodsdreigemente of intimiderende boodskappe ontvang nie. My kliënt het nie ‘n selfoon in die tronk nie en ek het nog net boodskappe van ondersteuning ontvang,” het Moroko gesê. Hy wou egter nie uitbrei oor wie die mense is wat sy kliënt ondersteun nie.

Volgens hom is hy Paasmaandag deur “goeie samaritane” gekontak wat hom gevra het om Chris Mahlangu (28) te verteenwoordig. Sedertdien het die Black Lawyers Association (BLA) ook gesê dat hulle Moroko sal ondersteun.

Moroko was daarvan oortuig dat sy kliënt borgtog toegestaan sal word en ook dat Mahlangu onskuldig bevind sal word vir die moord op Terre’Blanche.

“Alhoewel Mahlangu en sy medepligtige, ‘n 15-jarige seun, oor die telefoon aan die polisie gesê het dat hulle Terre’Blanche vermoor het, tel dit nie as ‘n erkenning van skuld nie,” het Moroko gesê.

Mahlangu het met groot oë die hofverrigtinge dopgehou Woensdagoggend, terwyl Terre’Blanche se familielede hom aangegluur het vanuit die voorste ry van die publieke galery.

Sy borgaansoek is uitgestel tot 10 Mei as gevolg van onsekerheid oor waar hy sal bly as hy borgtog ontvang.

Moroko het weereens bevestig dat daar ‘n dispuut oor lone was.

Die media sal toegelaat word om die borgtogaansoek van die 28-jarige man by te woon wat verdink word van die moord op die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

“Die media sal toegelaat word by die borgtogaansoek van Chris Mahlangu,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), buite die landdroshof in Ventersdorp gesê.

Die 15-jarige verdagte sal nie aansoek doen om borgtog nie.

“Ek kan nie sê waarom die minderjarige besluit het om nie aansoek te doen nie,” het Mhaga gesê.

“Die verhoor van die minderjarige is onderweg en ons sal moet wag om te sien hoe die saak hanteer sal word. Hierdie is die eerste keer wat ‘n saak gedoen word onder die Wet op Kindergeregtigheid wat onlangs inwerking gestel is.”

Na afloop van sy voorlopige, private verhoor sal die minderjarige na ‘n plek van veiligheid geneem word. Nadat hy uit die hof geneem is sal die media en die publiek toegelaat word om Mahlangu se borgtogaansoek in die hof by te woon.

Die hof is egter baie klein en kan slegs vyf verslaggewers akkommodeer.

As gevolg van die nuutste verwikkelinge sal etv, Media 24, Independent Newspapers en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) hulle aansoek om die verhoor in ‘n ope hof te laat plaasvind vir eers uitstel.

Мильстримtopcargo

Kerngevaar word oordryf

Die Obama-administrasie sê die gevaar van ‘n terroriste-aanval met kernwapens is aan die toeneem, maar verskeie Amerikaanse amptenare sê die stelling is nie gegrond op nuwe inligting nie. Hulle bevraagteken trouens die skielike alarmisme en sê die bedreiging word oorbeklemtoon.  

President Obama het in ‘n toespraak voor 47 lande by die kernveiligheidspitsberaad, wat Dinsdag gesluit het, gesê dat “die risiko van ‘n kernkonfrontasie tussen lande gedaal het, maar die risiko van ‘n kernaanval het gestyg”. 

Die twee-dag vergadering is afgesluit met ‘n ooreenkoms deur die deelnemers om nie-regerings akteurs soos al-Kaida te verhoed kernwapens te bekom, hetsy deur middel van diefstal van die bestaande wapens, hetsy deur die vervaardiging van hul eie met gesteelde kernmateriaal.

Die gesamentlike verklaring noem kernterrorisme een van die mees uitdagende bedreigings vir internasionale veiligheid en sekuriteit en versoek lande om harder te probeer om te verhoed dat terroriste, kriminele en ander, kernmateriaal in die hande kry.

Maar Henry Sokolski, ‘n lid van die Amerikaanse Kongres se Kommissie vir die Voorkoming van wapens van massavernietiging, -verspreiding en terrorisme, het gesê dat daar geen spesifieke intelligensie dat terreurgroepe op soek is na kernmateriaal nie.

“Ons het inligtingsessies bygewoon en toe ons probeer om spesifieke intelligensie te vra oor die bedreiging van bekende terreurgroepe se pogings om ‘n bom in die hande te kry, was die antwoord dat ons nie enige iets het nie.” 

Mnr Obama het verslaggewers vertel dat daar ‘n verskeidenheid van menings oor die gevaar is, maar dat al die konferensiegangers “ooreengekom het oor die dringendheid en die erns van die bedreiging.”

‘n Senior Amerikaanse intelligensie-amptenaar het ook die administrasie se bewering dat die bedreiging van kernterrorisme groei, verwerp.

“Die gevaar is daar,” het die amptenaar gesê. “Maar daar is geen nuwe inligting nie.”

Die amptenaar het gesê dat die administrasie die gevaar blyk te oordryf op ‘n manier wat soortgelyk is aan wat die Bush-administrasie in Irak gedoen het: Fabriseer intelligensie om beleid te ondersteun.

Die amptenaar sê die waarskynlike motivering van die president is die doelstelling om kernwapens uit te skakel. Die Amerikaanse kernarsenaal sal nuttig wees om in weerwraak teen ‘n soewereine staat op te tree, maar sal minder doeltreffend wees teen ‘n terroristegroep.

Die nuwe fokus op kernterrorisme het te voorskyn gekom in die onlangs gepubliseerde Nuclear Posture Review se verslag wat verlede week bekend gemaak is, wat “vandag se mees direkte en uiterste gevaar” as kernterrorisme geïdentifiseer het.

In teenstelling, het die jongste verslag van die CIA aan die Kongres dit duidelik gestel dat die bedreiging van kernterrorisme verminder. 

  Daarbenewens het die verslag wat verlede maand openbaar gemaak is, gesê terroriste “wil hierdie middels [chemies, biologies, radiologies en kern] gebruik teen Westerse doelwitte, veral in Irak en Afghanistan,” en nie noodwendig elders nie.

Die militêre se bloudruk vir toekomstige konflikte, “Joint Operating Environment 2010” het verklaar dat terroriste “moontlik” kernwapens of ander massa-vernietigingswapens kan bekom en het gesê ‘n groot bron van kommer is dat ekstremiste kan oorneem in Pakistan en toegang tot sy kernarsenaal kan verkry.

Maar Brian Jenkins, skrywer van die boek “Will Terrorists Go Nuclear?” en ‘n Rand Corporation-adviseur, het gesê dat al-Kaida in die verlede mislei is deur sogenaamde kernverskaffers wat vasgestel het dat hulle kliënte “naïef is en ‘n gebrek aan tegniese vermoë binne die organisasie getoon het,” het hy gesê.

 “Ons het bewyse van terreurakteurs se ambisies om kernwapens of kernmateriaal te bekom, maar ons het geen bewyse van terreurakteurs se vermoë om dit te gebruik nie,” het hy gesê. 

 In sy outobiografie van 2007, “At the Center of the Storm” skryf George Tenet van die CIA dat hulle betroubare inligting ontvang het dat “die senior al-Kaida-leierskap in Saoedi-Arabië onderhandelinge aangeknoop het vir die aankoop van drie Russiese kernwapens.”

игры дляя девочекДанильченко Юрий Брониславович компромат

Diensleweringsprotes styg dramaties

Die aantal diensleweringsbetogings het ‘n hoogtepunt bereik in die eerste kwartaal van 2010, met soveel as 54 protesaksies landwyd deur die navorsingsmaatskappy Munisipale IQ getel.
  
Hierdie aantal in die eerste vier maande van hierdie jaar, is baie hoog as in ag geneem word dat ‘n totaal van 105 oor 12 maande in die vorige jaar plaasgevind het Munisipale IQ se besturende direkteur Kevin Allan, gesê.

“Dit is betekenisvol dat die eerste kwartaal van 2010 meer as die helfte soveel van al 2009 se protesaksies gelewer het,” het Allan in ‘n verklaring Donderdag gesê.
  
“Trouens, Maart se protes vergelyk met verlede jaar se ongekende hoogtepunt in Julie,” het hy bygevoeg, met die navorsing wat toon dat ongeveer 25 protesaksies getel is in hierdie twee maande. 
  
Sedert Munisipale IQ begin het met die samestelling van die verslag in 2004, was die kalmste jaar 2006, toe net twee diensleweringsopstande aangeteken is.
  
Verlede jaar is die meeste protesaksies (105) aangeteken, maar hierdie jaar lyk dinge die ergste Oos-Kaap (albei 11 persent), Limpopo (sewe persent), die Vrystaat (vyf persent) en Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Noord-Kaap (almal vier persent).  
  
Munisipale IQ tel “volgehoue protes” as protes wat oor ‘n paar dae op een plek strek as net een aksie. Dit sluit ‘n vreedsame en gewelddadige betogings wat gerig is op munisipaliteite wat van die swak dienstlewering beskuldig word, in.

шорты девочке 8 летФільчаков прокурор