China bou reaktors in Pakistan

China het ingestem om twee nuwe burgerlike kernreaktors in Pakistan te bou, volgens Chinese maatskappye en amptenare in Islamabad en Beijing, in ‘n ooreenkoms wat die globale debat oor die kernhandel en -verspreiding weer kan laat opvlam. 

Die besluit om reaktore te verskaf aan Pakistan, wat ‘n kernwapenarsenaal en ‘n geskiedenis van bande met Noord-Korea, Iran en Libië het, weerspieël China se groeiende diplomatieke selfvertroue. Dit weerspieël ook Beijing se ambisie om ‘n internasionale verskaffer van kernenergie te word en belig Pakistan as ‘n gesogte Suid-Asiese strategiese vennoot.

Die nuwe ooreenkoms met Pakistan, wat nog openbaar gemaak moet word, skep ‘n dilemma vir die Amerikaanse administrasie van President Barack Obama, wat Chinese steun vir nuwe sanksies teen Iran nodig het, maar wat nie wil hê die kernsperverdrag moet ondergrawe word nie. Kernversperring is een van Washington se belangrikste buitelandse beleidsdoelwitte.

China het met die bou van ‘n kernreaktor in Chashma in Pakistan se Punjabprovinsie in 1991 afgeskop en werk aan ‘n tweede rektor is in 2005 begin en sal na verwagting volgende jaar voltooi wees. Onder die nuwe ooreenkoms, sal Chinese maatskappye ten minste twee nuwe 650-MW reaktors in Chashma oprig.

‘n Pakistanse regeringsamptenaar wat vertroud is met die onderhandelinge met China het gister gesê: “Ons Chinese broers het weer eens aan ons verwagtinge voldoen. Hulle het ingestem om voort te gaan saam met ons in die veld van kernenergie.”

In ‘n verklaring op sy webwerf, het China se Nasionale Kernkorporasie gesê dat die Chinese en Pakistanse regerings ‘n ooreenkoms om die konstruksie van die twee nuwe reaktors te finansier in Februarie onderteken het. Verlede jaar, is Sjanghai se Kerningenieursnavorsings- en Ontwerpinstituut gehuur om die twee nuwe reaktore te ontwerp.

Diplomate in China het gesê hulle is vertel dat Beijing die formele goedkeuring gegee het vir die ooreenkoms, al het hulle gewaarsku dat daar kan nog steeds op die laaste oomblik haakplekke in die samesprekings tussen die twee regerings kan opduik.

Mark Hibbs, senior medewerker by die Carnegie Endowment for International Peace se kernbeleidsprogram, het gesê dat China besluit het om voort te gaan met die transaksie omdat hulle “om politieke redes gevoel het dat Pakistan vergoed moet word op die een of ander wyse vir die VSA-Indië kernooreenkoms.” Die ooreenkoms tussen Washington en New Delhi fasiliteer kernsamewerking hoewel Indië nie die Kernsperverdrag onderteken het nie. 

“Nadat die stof gaan lê het oor die VSA-Indië-kernooreenkoms, het China beweeg in die rigting dat hulle kernhandel sal ondersteun as dit voordelig is vir Chinese handel,” het hy bygevoeg.

Die Obama administrasie kan ook nie teen China se nuwe kernooreenkoms met Pakistan optree nie, het mnr Hibbs sê, want Pakistan se steun is nodig in Afghanistan asook Chinese steun teen Iran se kernprogram. Hy het ook gesê die VSA sou dit moeilik vind om China teen te staan ná die ondertekening van die VSA en Indië se siviele kernooreenkoms.

Westerse diplomate in Islamabad het gesê die VSA sal waarskynlik China se toenemende rol as ‘n verskaffer van kernenergie aan Pakistan aanvaar.

“So lank as wat China nie met kernwapens aan Pakistan lewer nie, sal hierdie soort van samewerking help met Pakistan se frustrasie dat hulle geen siviele kernooreenkoms met die VSA kon sluit nie,” sê ‘n Westerse waarnemer. “Dit is nie ‘n volmaakte uitkoms nie.”

Die ooreenkoms kom nadat Pakistan elektrisiteit moes sny as gevolg van onderinvestering in die energiesektor. Yusuf Raza Gilani, Pakistan se eerste minister, het verlede week in die openbaar versoek dat Pakistani’s nie openbare eiendom in protes teen die kragtekort beskadig nie.

автоподъемник ценаФільчаков прокурор

Wit armoede steeds onopgelos

President Jacob Zuma kan een ding sê net om die volgende dag ʼn handomswaai te maak op sy mening. Hy sal vir Julius Malema berispe net om hom te los as daar tugstappe moet kom. Hy sal staatsdiensamptenare waarsku om nie vir “apartheid” die skuld te gee nie, net om in sy volgende toespraak te vertel dat apartheid gelei het tot swartes se ekonomiese agterstand. Zuma sal ʼn nasionale MIV/Vigs veldtog loods net om met begerige oë na die danseresse te loer.

So het Solidariteit se Helpende Hand ʼn stel met hom afgetrap toe hy met agt ministers opgedaag het by ʼn klomp arm-blankes en die son, maan en sterre belowe het. ʼn Maand verder en niks het gebeur nie.

ʼn Maand ná besoek bly Zuma se beloftes leeg

President Jacob Zuma, agt kabinetministers en verskeie regeringslui het op 30 Maart tydens ʼn besoek aan die informele nedersetting Bethlehem meer as 1 000 arm wittes opnuut verseker dat daar vir hulle staatshulp beskikbaar is. Dit is reeds byna ʼn maand later en steeds is daar geen hulp vir hulle nie, het Solidariteit Helpende Hand gesê.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, het die organisasie reeds inligting ingewin oor verskeie voorvalle waar arm wittes toegang tot die beloofde staatshulp geweier is.

Rina Vrey (78), wat tydens president Zuma se besoek verlede maand die Helpende Hand Afrikaner Armoede-verslag aan hom oorhandig het, is kort na die besoek ingelig dat haar aansoek vir ouderdomspensioen vir die derde keer afgekeur is. Haar aansoek is intussen eers ná direkte korrespondensie met die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Edna Molewa, op 21 April goedgekeur.

“Tydens ʼn besoek wat Helpende Hand onlangs aan Sassa se kantore gebring het, is Helpende Hand ingelig dat die aansoeke vir vanjaar se voedselkoepons ter waarde van R1 080 reeds op 31 Maart, ʼn dag na die president se besoek, gesluit het. Beverly Maunatlala, ʼn inspekteur by Sassa, het by navraag oor president Zuma se beloftes dat arm wittes nou vir die koepons kan aansoek doen, gesê die president weet nie wat in hulle begroting aangaan nie. Maunatlala het ook beklemtoon dat die koepons net in Maart uitgedeel is,” verduidelik Langner. Volgens haar is die “voedselkoeponstelsel korrup.”

Intussen het meer as 70 ma’s wat op 30 Maart aansoek gedoen het vir die voedselkoepons steeds geen terugvoer in die verband ontvang nie. Helpende Hand het onlangs Sassa se kantore saam met verskeie van dié ma’s besoek om die aansoeke op te volg, maar is ingelig dat die aansoeke reeds gesluit het. Talle van die aansoekers het al sedert 2008 soveel as drie keer onsuksesvol vir voedselkoepons aansoek gedoen.

“Ek wag al twee jaar vir die beloofde voedselkoepons. President Zuma het ons reeds tydens sy besoek in 2008 voedselkoepons beloof. Ek was al hoeveel keer by die welsynskantore, maar elke keer is daar een of ander verskoning,” sê Irene Erasmus ʼn gemeenskapsleier van Elandspoort.

Volgens Langner is amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verlede maand uitgekryt as rassisties toe hulle voedselkoepons aan arm wittes wou uitdeel.

Langner sê Helpende Hand is uiters bekommerd oor ʼn duidelike oningeligtheid van inspekteurs by Sassa oor die kwessie van wit armoede.

Maunatlala het gesê die werknemers van Sassa weet nie waar die informele nedersettings van arm wittes in Pretoria is nie. Daarbenewens blyk dit uit gesprekke met personeel dat die agentskap net in swart gebiede werksaam is.

Hoewel Helpende Hand daagliks oorval word met klagtes van siekes, gestremdes en bejaardes van regoor Suid-Afrika wie se aansoeke vir ongeskiktheidstoelaes keer op keer afgekeur word, blyk daar steeds geen uitkoms vir hulle te wees nie. Verskeie aansoeke vir onder meer ongeskiktheidstoelaes vir arm wittes word telkens afgekeur. “Die rede vir die afkeur van aansoeke is in baie gevalle onduidelik en in sommige gevalle word die rede bloot as ‘for other reason’ aangeteken,” sê Langner.

Intussen het Helpende Hand by verskeie staatsbronne verneem dat daar steeds geen besigheidsplan opgestel is om die toenemende armoede onder wittes in Pretoria aan te pak nie.

blood suckers gameДанильченко Юрий Брониславович

Obama kom kyk dalk sokker

Die top Suid-Afrikaanse Wêreldbekerorganiseerder, sê die land is gereed om President Barack Obama te ontvang vir die toernooi. 
Obama het verlede somer in die Wit Huis met FIFA-president Sepp Blatter vergader, en Suid-Afrikaanse amptenare sê Obama het aangedui dat hy ook sal probeer om die geleentheid by te woon indien sy skedule dit toelaat. 

“Dit sou wonderlik wees, indien hy kom,” sê Danny Jordaan, die Suid-Afrikaanse organiseringskomitee se hoofuitvoerendebeampte. Hy het Woensdag tydens ‘n onderhoud met The Associated Press dié hoop uitgespreek. “Ons verwag ‘n groot aantal staatshoofde tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. ” 

“Ons gaan baie hoë-profiel mense te kry,” het hy gesê.

“Die regering sal die nodige veiligheidsvoorsorgmaatreëls tref.” Blatter en Jordaan hoop dat die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela ook kan kom. Die Nobelpryswenner word deesdae selde in die openbaar gesien.

“Natuurlik is Mandela 91 jaar oud,” sê Jordaan. “Dit is iets waar ons moet wag en sien.”

Jordaan het gesê dit is moeilik om ‘n beweerde dreigement deur te evalueer wat deur Al-Kaida gerig is op die hoë-profiel VSA-Engeland-wedstryd op 12 Junie. Jordaan het gesê die “egtheid van daardie ding” is nog nie bepaal nie. 

FIFA se Jerome Valcke, algemene sekretaris, het gesê Suid-Afrika het versuim om die 450 000 internasionale besoekers te trek soos dit eers geprojekteer was vir die toernooi, en Suid-Afrikaanse Toerisme Minister Marthinus van Schalkwyk het hierdie maand gesê die syfer kan so laag as 300 000 wees.

Jordaan meen 373 000 internasionale besoekers sal opdaag, waarvan 100 000 van buurlande in Afrika sal kom. Daar is nog tussen 120 000 en 140 000 onverkoopte kaartjies. Deel van die probleem word veroorsaak deur die wêreldwye resessie.

“Dit krisis raak baie van die lande in Europa, insluitende Engeland en Duitsland, wat toevallig die groot markte is,” het hy gesê. “En selfs nou sien jy die krisis in Griekeland. En die mense in 2010, wat die vermoë gehad het om te reis in 2004 en ’05 kan dit nou nie bekostig nie.”

Desnieteenstaande is die VSA die voorloper van buitelandse belangstelling met 160 000 kaartjies aangekoop, ten spyte van die hoë pryse vir lugtariewe en hotelle.

“Dit lyk asof die herstel is goed in die Verenigde State,” het hy gesê.

“En vir seker volg ondersteuners die spanne waarin hulle glo. En ons het gesien nadat die Verenigde State tot die eindstryd van die Konfederasiebeker deurgedring het en voor was teen Brasilië met 2-0 teen halftyd, het aanhangers in die VSA besluit dat dié ‘n span is wat ‘n kans in hierdie Wêreldbeker staan. En as die spanne tot in die tweede rondte vorder in die laaste fases, sal daar ‘n verdere invloei van ondersteuners in die land wees.” 

Jordaan hoop dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi sal ‘n volhoubare hupstoot aan toerisme sal verleen. Suid-Afrika het net meer as 10 miljoen internasionale besoekers verlede jaar gehad en hoop om die syfer te verhoog tot 15 miljoen jaarliks teen 2014. 

Suid-Afrika kan probeer om die Wêreldbeker-sokkertoernooi op te volg deur die Olimpiese Spele in Afrika vir die eerste keer in 2020 aan te bied. Jordaan het gesê hy kan Johannesburg, Kaapstad of Durban as gasheer voorstel. 

“As jy gasheer van die Wêreldbeker-sokkertoernooi kan wees en as ons die infrastruktuur het, waarom nie die Olimpiese Spele nie? Dit is die voor die hand liggende vraag wat geopper gaan word,” het hy gesê.

“Dit is die laaste van die mega-gebeure wat nog uitstaande is vir die kontinent.”

в банеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Sarkozy laat vaar ondersteuning vir Tibet

Die president van Frankryk, Nicolas Sarkozy, het in China aangekom om die struwelinge oor Tibet met Beijing op te los.

Tibetaanse onafhanklikheid sal ‘n strategiese land en Indiese bondgenoot in China se midde beteken. ‘n Outonome Tibet sal dus vir China ‘n steen des aanstoots bly en die Chinese owerhede wil graag só ‘n verwikkeling verhoed.

Sarkozy en sy vrou, Carla Bruni-Sarkozy, het in Xi’an aangekom, waar die Franse leier met China se president, Hu Jintao, gaan vergader.

Hy vertrek dan na die Sjanghai-ekspo, wat Vrydag begin.
прибор для диагностики авто купитьФильчаков прокурор

Mandela mis 2010 se WB-opening

Die voormalige president Nelson Mandela gaan dalk nie die openingseremonie van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat in Junie afskop, bywoon nie.

Hy beplan glo om die toernooi tuis te geniet, het sy kleinseun Woensdag aan AFP gesê.

Die nuus is vir sy aanhangers en vir Fifa, die organiseerders van die toernooi,’n teleurstelling, omdat hulle op sy glorieryke teenwoordigheid gehoop het.

“Vir seker nie. My oupa is op die stadium baie oud en ons probeer hom nie uitput nie,” het Mandla Mandela gesê.

“Hy het gesê hy verkies dit om die toernooi op die plaas in die platteland vanaf sy huis te geniet,” het Mandela gesê, wat tans ‘n lid van die parlement is.

“Hy sal gedurende die Wêreldbeker die geleentheid kry om by sy huis in Qunu in die Oos-Kaap te rus.”

’n Amptelike besluit sal deur sy familie en die Nelson Mandela Stigting geneem word kort voor die geleentheid.

Sepp Blatter, die president van Fifa, het verlede Vrydag gesê hy hou duim vas dat Mandela sterk genoeg sal wees om die eregas by die openingseremonie te wees.

Sy kleinseun het bygevoeg dat sy oupa steeds gesond is en dat hy tans slegs met sy knieë sukkel weens drukking op sy gewrigte.

укладка паркета своими руками видеоурокпрокурор Фильчаков

Slenkdalkoors eis nog ‘n slagoffer

’n Vrou in die Wes-Kaap is Woensdag aan slenkdalkoors oorlede, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) gesê.

’n Amptenaar by NICD het gesê die vrou is van Oudtshoorn.

Verdere besonderhede sal op ‘n latere stadium deur die departement van gesondheid bekend gemaak word.

Sowat 149 aangemelde gevalle is tot en met 22 April bevestig; 11 is reeds mense oorlede aan die siekte.

Die siekte is meestal by mense gediagnoseer wat direkte kontak met die bloed of weefsel van diere gehad het wat daarmee besmet is.
bog bad wolfОлександр Фільчаков прокурор

Zim gaan bloeddiamante smous

Die hooggeregshof in Zimbabwe het die verkoop van diamante afkomstig uit ’n gebied bekend vir menseregtevergrype goedgekeur, ’n stap wat teenstrydig is met die Kimberley-proses, het die staatsbeheerde media gister berig.

Die verkoop van 300 000 karaat diamante uit die oostelike Marange-velde is verlede jaar deur die internasionale reguleerder gestop nadat daar bevind is dat Zimbabwe nie aan die standaarde wat gestel is vir menseregte voldoen het nie.

Harare het aanvanklik die transaksie gestop in afwagting van toestemming deur die plaaslike owerhede en die Kimberley-proses, wat daargestel is om die verkoop van sogenaamde bloed-diamante te verhoed. Die inkomste uit dié transaksies word gebruik om rebelle-bewegings te finansier.

Die staatsbeheerde Herald het egter gister berig dat die hooggeregshof nou die verkoop van die diamante wat aan die Britse maatskappy African Consolidated Resources behoort, goedgekeur het.

Obert Mpofu, minister van myne, het Harare se vasbeslotenheid om die Kimberley-proses teen te staan weer beklemtoon, hoewel Zimbabwe deel is van die groep.

“Ons gaan voordeel trek uit ons diamante, of die Kimberley-proses dit nou goedkeur of nie,” het hy volgens die staatsbeheerde New Ziana-nuusagentskap gesê.

Mpofu het ook gesê die land se vyande manipuleer die proses om te keer dat Zimbabwe voordeel trek uit die diamantverkope.

Die Kimberley-proses het verlede jaar berig oor geweld deur Zimbabwe se weermag wat die diamantvelde beheer, insluitend dwangarbeid, marteling en die mishandeling van burgerlikes.

’n Ondersoekbeampte van die Kimberley-proses het die land in Maart besoek om vas te stel of daar voldoen word aan menseregtestandaarde op die Marange-diamantvelde, wat meer as 66 000 hektaar beslaan. Die ondersoeker het bevind dat daar wel pogings aangewend word om prosedures te verbeter, maar die planne word nie in werking gestel nie. Die organisasie het Zimbabwe tot in Junie gegee om die vergrype stop te sit.

водяной самовсасывающийФильчаков

SA rykste land in die wêreld

Suid-Afrika is die wêreld se rykste land in terme van sy minerale hulpbronne, ter waarde van $2 500 miljard, volgens navorsing deur die Amerikaanse bank Citigroup, berig Bloomberg.

Die Citigroup-verslag, wat deur die mynbou-ontleder, Craig Sainsbury, saamgestel is, sê Rusland kom tweede ná Suid-Afrika en Australië derde.

Die navorsing dui daarop dat Suid-Afrika, Guinee, die Oekraïne, Indië en Kazakhstan oor minerale hulpbronne beskik onverwant aan energie ter waarde van meer as $200 miljard.

Myne in hierdie lande het ook ‘n gemiddelde lewensduur van meer as 100 jaar teen huidige koerse van ekstraksie.

Lande soos Guinee en Kazakhstan met baie hulpbronne maar beperkte mynboubedrywighede kan ‘n groter vraag van die wêreld se grootste mynmaatskappye en buitelandse beleggingsfondse verwag, die verslag gaan voort.

Sainsbury sê Sjinese myne het ‘n gemiddeld lewnsduur van 17 jaar per myn, volgens opnames van die Amerikaanse Geologiese Navorsingstelsel.

Sainsbury sê dat dit is geen wonder dat Sjina nog steeds op groot skaal belê in metale en mynbou nie, skryf Bloomberg.

Hy sê Sjina sal na verwagting voortgaan om te belê in koper en ystererts, saam met energiehulpbronne soos steenkool en uraan.

Van Suid-Afrika se $2 500 miljard se reserwes,  is $2 300 in die platinum-groep metale.

Rusland se ysterertsreserwes het ‘n waarde van $794 miljard meer as die reserwes Australiese ystererts, wat na raming $737 miljard beloop.

Ystererts reserwes in die Oekraïne, volgens Sainsbury, is $510 miljard werd, en Guinee het bauxiet (aluminium erts) ter waarde van $222 miljard.

In dollar terme is Guinee, Suid-Afrika, Indië, die Oekraïne en Kasakstan die lande wat onderpresteer met produksie van reserwes, sê Sainsbury.

Indië sal binnekort genoodsaak wees om sy binnelandse produksiekoerse te verhoog, veral in die lig van die ekonomiese opswaai. Maar burokrasie en nasionale protektionisme sal waarskynlik buitelandse beleggers afskrik, verklaar die verslag.

italiasvetлобановский депутат

Zille-ondersteuners tart ANC

Terwyl Helen Zille Dinsdag met Vryheidsdag toeskouers buite die konstitusionele hof toegespreek het, het betogers met ANC-vlae en T-hemde opgedaag by die byeenkoms.

Zille het in haar rede gesê Suid-Afrika se huidige staatshoof bedreig die Grondwet. Sy het egter nagelaat om te verwys na die DA se ondersteuning vir ongrondwetlike naamsveranderinge of ewe ongrondwetlike beleid van oop grense wat dienslewering onder toenemende druk plaas.

Lede van die DA en OD het by die hof saamgetrek. Cope, wat ook genooi was, het nie opgedaag nie.

Hardhandige polisieoptrede teen die ANC-groep het daartoe gelei dat die swart ondersteuners die gewraakte lied “Ayesab’ amagwala”, waarin die woorde “Dubul’ iBhunu” (Skiet die Boere) voorkom, begin sing het.

Sihlwele Myeki, die leier van die ANC-ondersteuners, het gesê DA-lede het hulle uitgetart waarna hulle “Ayesab’ amagwala” begin sing het.

раскруткаДанильченео

Groepsgebiedewet leef steeds sê Zuma

Suid-Afrika vier tans16 jaar van demokrasie, maar Dinsdag het President Jacob Zuma gesê die gevolge van onregverdige apartheidswette is steeds duidelik sigbaar.

“Ons mense moet nog daagliks gekonfronteer word met die impak van die wet,” het Zuma in Pretoria gesê, verwysende na die eertydse Groepsgebiedewet.

Hy het ‘n klein opkoms by die Uniegebou met Vryheidsdagvieringe toegespreek, en gesê die Wet – wat die rasseverdeling van stede en dorpe geïnstitusionaliseer het – bestaan nog steeds 20 jaar nadat dit herroep is.

“Baie mense woon in gebiede wat vir swart mense … weg van ekonomiese geleenthede en burgerlike dienste, geskep is,” het hy gesê.

“Vryheid gee ons ‘n verantwoordelikheid om saam te werk in die proses van verandering van sodanige toestande.”

Dit was ‘n voorbeeld van die vele wat Zuma gesê moet aangespreek word om te verseker dat mense “die vrugte van vryheid geniet”.

Hy het gewaarsku dat in vier jaar se tyd – na twintig jaar van demokrasie – die regering nie meer simpatie vir sy versuim om ‘n verskil in die lewens van mense te maak, sal kan vra nie.

Zuma het toleransie vir ander ras- en kultuurgroepe gevra en gesê verdere betrokkenheid is nodig om gemeenskaplike begrip te bevorder.

Dit, het hy gesê, sal die golf van kritiek oor geografiese naamsveranderings, struggleliedjies en die slag van diere vir die voorvadergeeste wat sommige kulture beoefen, keer.

Die Vryheidsfront Plus het gesê demokrasie is besmet deur die hoë moordkoers in die land. VF Plus-leier Pieter Mulder het gesê Suid-Afrika se rasse is meer verdeel op die oomblik is as op enige ander tydstip sedert 1994.

Hy het gesê rassisme is “maklike politiek” en “moeilike politiek” is om ‘n plek te maak in die son vir almal in die land en wen-wen oplossings te vind.

pearl jewellery forДанильченко Юрий Брониславович