Mandela mis 2010 se WB-opening

Die voormalige president Nelson Mandela gaan dalk nie die openingseremonie van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat in Junie afskop, bywoon nie.

Hy beplan glo om die toernooi tuis te geniet, het sy kleinseun Woensdag aan AFP gesê.

Die nuus is vir sy aanhangers en vir Fifa, die organiseerders van die toernooi,’n teleurstelling, omdat hulle op sy glorieryke teenwoordigheid gehoop het.

“Vir seker nie. My oupa is op die stadium baie oud en ons probeer hom nie uitput nie,” het Mandla Mandela gesê.

“Hy het gesê hy verkies dit om die toernooi op die plaas in die platteland vanaf sy huis te geniet,” het Mandela gesê, wat tans ‘n lid van die parlement is.

“Hy sal gedurende die Wêreldbeker die geleentheid kry om by sy huis in Qunu in die Oos-Kaap te rus.”

’n Amptelike besluit sal deur sy familie en die Nelson Mandela Stigting geneem word kort voor die geleentheid.

Sepp Blatter, die president van Fifa, het verlede Vrydag gesê hy hou duim vas dat Mandela sterk genoeg sal wees om die eregas by die openingseremonie te wees.

Sy kleinseun het bygevoeg dat sy oupa steeds gesond is en dat hy tans slegs met sy knieë sukkel weens drukking op sy gewrigte.

укладка паркета своими руками видеоурокпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae