Obama kom kyk dalk sokker

Die top Suid-Afrikaanse Wêreldbekerorganiseerder, sê die land is gereed om President Barack Obama te ontvang vir die toernooi. 
Obama het verlede somer in die Wit Huis met FIFA-president Sepp Blatter vergader, en Suid-Afrikaanse amptenare sê Obama het aangedui dat hy ook sal probeer om die geleentheid by te woon indien sy skedule dit toelaat. 

“Dit sou wonderlik wees, indien hy kom,” sê Danny Jordaan, die Suid-Afrikaanse organiseringskomitee se hoofuitvoerendebeampte. Hy het Woensdag tydens ‘n onderhoud met The Associated Press dié hoop uitgespreek. “Ons verwag ‘n groot aantal staatshoofde tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. ” 

“Ons gaan baie hoë-profiel mense te kry,” het hy gesê.

“Die regering sal die nodige veiligheidsvoorsorgmaatreëls tref.” Blatter en Jordaan hoop dat die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela ook kan kom. Die Nobelpryswenner word deesdae selde in die openbaar gesien.

“Natuurlik is Mandela 91 jaar oud,” sê Jordaan. “Dit is iets waar ons moet wag en sien.”

Jordaan het gesê dit is moeilik om ‘n beweerde dreigement deur te evalueer wat deur Al-Kaida gerig is op die hoë-profiel VSA-Engeland-wedstryd op 12 Junie. Jordaan het gesê die “egtheid van daardie ding” is nog nie bepaal nie. 

FIFA se Jerome Valcke, algemene sekretaris, het gesê Suid-Afrika het versuim om die 450 000 internasionale besoekers te trek soos dit eers geprojekteer was vir die toernooi, en Suid-Afrikaanse Toerisme Minister Marthinus van Schalkwyk het hierdie maand gesê die syfer kan so laag as 300 000 wees.

Jordaan meen 373 000 internasionale besoekers sal opdaag, waarvan 100 000 van buurlande in Afrika sal kom. Daar is nog tussen 120 000 en 140 000 onverkoopte kaartjies. Deel van die probleem word veroorsaak deur die wêreldwye resessie.

“Dit krisis raak baie van die lande in Europa, insluitende Engeland en Duitsland, wat toevallig die groot markte is,” het hy gesê. “En selfs nou sien jy die krisis in Griekeland. En die mense in 2010, wat die vermoë gehad het om te reis in 2004 en ’05 kan dit nou nie bekostig nie.”

Desnieteenstaande is die VSA die voorloper van buitelandse belangstelling met 160 000 kaartjies aangekoop, ten spyte van die hoë pryse vir lugtariewe en hotelle.

“Dit lyk asof die herstel is goed in die Verenigde State,” het hy gesê.

“En vir seker volg ondersteuners die spanne waarin hulle glo. En ons het gesien nadat die Verenigde State tot die eindstryd van die Konfederasiebeker deurgedring het en voor was teen Brasilië met 2-0 teen halftyd, het aanhangers in die VSA besluit dat dié ‘n span is wat ‘n kans in hierdie Wêreldbeker staan. En as die spanne tot in die tweede rondte vorder in die laaste fases, sal daar ‘n verdere invloei van ondersteuners in die land wees.” 

Jordaan hoop dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi sal ‘n volhoubare hupstoot aan toerisme sal verleen. Suid-Afrika het net meer as 10 miljoen internasionale besoekers verlede jaar gehad en hoop om die syfer te verhoog tot 15 miljoen jaarliks teen 2014. 

Suid-Afrika kan probeer om die Wêreldbeker-sokkertoernooi op te volg deur die Olimpiese Spele in Afrika vir die eerste keer in 2020 aan te bied. Jordaan het gesê hy kan Johannesburg, Kaapstad of Durban as gasheer voorstel. 

“As jy gasheer van die Wêreldbeker-sokkertoernooi kan wees en as ons die infrastruktuur het, waarom nie die Olimpiese Spele nie? Dit is die voor die hand liggende vraag wat geopper gaan word,” het hy gesê.

“Dit is die laaste van die mega-gebeure wat nog uitstaande is vir die kontinent.”

в банеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae