UV-student sterf aan sianiedvergiftiging

‘n Student aan die Universiteit van die Vrystaat, Jaco Buys (23), is gister in een van die UV se laboratoriums dood aan sianiedvergiftiging.

Volgens die polisie is leë sianied-botteltjies is op Buys se lessenaar gevind, maar geen misdaad word vermoed nie.

Buys sou aan die einde van die jaar sy MA-graad in plantwetenskappe verwerf het.

Medestudente het gehoor Buys maak vreemde geluide en gesien skuim kom by sy mond uit. Hy is na die Medikliniek gehaas, maar is later die oggend dood verklaar.

Die polisie sal ‘n nadoodse ondersoek doen.

купить воронеж средство для уборки помещенийОлександр Васильович Фільчаков

Swart seuns aangekla van seks met vermoordes se lyke

Twee swart tienerseuns, vriende van twee tienermeisies wie se lyke in Durban gevind is, het die meisies glo vermoor en daarna seks met hul gehad. 

Sibusiso Khumalo en Mxolisi Ncoya het Maandag in die landroshof in Durban verskyn op twee aanklagtes van moord en twee aanklagte van verkragting.

Khumalo en Ncoya het glo vir Boniswa Zondo en Nombulelo Dlamini, albei 16, by ‘n kroeg uitgesleep, hul kele geskeur en toe met hulle seks gehad nadat die meisies reeds dood was.

Hulle het na bewering daarna die meisies in ‘n vlak graf in Durban begrawe. Twee mense het glo gesien hoe Khumalo en Ncoya dié toneel verlaat. Daar word gesê die mans het vermoed hul meisievriende het hulle met ander seuns verneuk.

Albei se aansoek om borgtog is afgekeur en die saak is tot 30 September vanjaar uitgestel.

игрушки купить киевданильченко юрій броніславович компромат

Volgende hoofstuk in Kebble-saak gehoor

Die verhoor van die veroordeelde dwelmsmokkelaar, Glen Agliotti, in verband met die moord op die mynmagnaat, Brett Kebble, sal vanoggend in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg voortgaan.

Die Staat gaan sy volgende getuie, Stephen Mildenhall, roep.

Mildenhall het Woensdagoggend vanaf Engeland in die land aangekom om in die getuiebank te kom staan.

Gister het ‘n staatsgetuie en een van die sluipmoordenaars, Nigel McGurk, aan die hof vertel dat Agliotti die twee miljoen rand vir Kebble se gesteunde selfmoord verskaf het.

пескоструй купить вФильчаков Харьков

Reitz-4 skuldig aan crimen injuria

Die vier studente van Reitzkamerwonings is Dinsdag skuldig bevind op ‘n aanklag van crimen injuria in die landdroshof in Bloemfontein. 

Hooflanddros Mziwonke Hinxa, het die vier skuldig bevind nadat hul vroeër skuld beken het.

Die saak is deur die loop van die oggend effens vertraag en het eers om 14:00 amptelik begin.

Staatsaanklaer Johan Kruger het die pleitstuk asook die aanklag uitgelees.

Adv. Kemp J. Kemp SC, vir die studente, het gesê die vier het skuldig gepleit op die basis van sekere feite en omstandighede wat later in ‘n verklaring uiteengesit is.

Nadat die landdros die pleitstuk aanvaar het, het Kemp begin om die verklaring voor te lees. Daarna is ooreengestem dat die video in die hof vertoon sal word.

Hinxa het die saak uitgestel tot Woensdag 14:00 waartydens argumente vir vonnisoplegging aangehoor sal word.

Die vier het vyf swart werkers, vier vroue en een man, verneder deur hulle te laat deelneem aan ‘n ontgroeningseremonie in 2007 by die Reitz-koshuis aan die Universiteit van die Vrystaat.

free no download slots with bonus no registrationлобановский александр биография

Polisieman en medepligtiges vas vir moord

‘n Polisiekonstabel en twee ander staan tereg op aanklagte van moord nadat hulle glo ‘n 20-jarige man in Endlovini, Harare in die Wes-Kaap doodgeslaan het, het die onafhanklike klagtedirektoraat (ICD) Maandag gesê.

Die polisieman het glo na Asanda Dondolo se huis gegaan om hom in hegtenis te neem nadat hy glo Sondagoggend by die polisieman se motor ingebreek het, het Moses Dlamini, ICD-woordvoerder, gesê.

Volgens Dlamini het die polisieman glo ‘n vuurwapen op Dondolo gerig en sy hande geboei.

“Hy het hom daarna buite die huis geneem waar hy die slagoffer herdaaldelik met ‘n metaalstok en ‘n rottang aangeval het.”

Volgens Dlamini het die polisieman en twee van sy vriende later die man in Khali-straat, Harare aangeval.

Dondolo is na die polisiestasie geneem waar hy inmekaar gesak het.

Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die konstabel en sy twee vriende is in hegtenis geneem en van moord aangekla.

Hulle sal na verwagting Woensdag in die magistraatshof in Khayelitsha verskyn.

купить кухня киевФільчаков Олександр Васильович

Gaan Soccer City FNB word?

Die hooggeregshof in Johannesburg sal volgende maand beslis oor die naamsverandering van die ikoniese Wêreldbeker-stadion, Soccer City. 

Die stadion se naam kan moontlik verander word na FNB-stadion of die Nasionale Stadion.

FNB, wat die regte op borgskap besit het voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het aansoek gedoen om ‘n interdik teen die verandering van die naam na die Nasionale Stadion.

Dit kom nadat die huidige bestuur van die stadion besluit het om die naam te verander na die Nasionale Stadion vir die Drienasies-wedstryd waartydens die Springbokke teen die All Blacks sal speel.

Volgens Vicky Trehaeven, FNB-woordvoerder, het die bank vroeër hierdie maand aansoek om ‘n interdik gedoen teen die naamsverandering.

“Ons het ‘n kontrak en hulle (Stadium Management SA) het ‘n kontrak en die hof moet besluit watter kontrak is geldig.”

Die saak is verlede week uitgestel en ‘n beslissing oor die naamsverandering sal op 3 Augustus geneem word.

Volgens Gabu Tugwana, metroraadwoordvoerder, is die stadion se naam vanaf FNB-stadion na Soccer City verander vir die duur van die Wêreldbeker-sokkertoernooi omdat Fifa nie saam met privaat ondernemings werksaam was nie.

Die stadions mag nie korporatiewe handelsmerk-name besit het nie.

Stadium Management SA, die maatskappy wat die kontrak gekry het om die stadion te bestuur, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ремонт и обслуживаниеФильчаков прокурор харькова

Nyanda moet waai

“Ons doen ‘n beroep op genl. Siphwe Nyanda, minister van Kommunikasie, om terug te staan totdat die sake wat nou oor sy kop ontplof, uitgepluis is, en as hy vasskop, dat pres. Jacob Zuma hom van sy pligte sal onthef.”

So vra die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie, ds. Theunis Botha.

“Ons verstaan dat geen persoon in Suid-Afrika as skuldig beskou kan word totdat hy behoorlik skuldig bevind is nie, maar dan geld dit sekerlik ook vir Nynada se afgedankte Direkteur-generaal, Mamodupi Mohala. Om eenvoudig die stelling te maak dat die werksverhouding tussen die twee onherstelbaar verbrokkel het, beteken dat die regering nie belangstel om vas te stel wie reg, en verkeerd is nie.

Uit die beskikbare mediaberigte blyk dit dat daar verskeie donker wolke oor Nyanda se kop saampak, meestal oor tenders, en dat die DG afgedank is omdat sy ‘n stokkie hiervoor probeer steek het.

“Die regering se gesindheid oor hierdie saak stuur ‘n uiters verkeerde boodskap uit aan ‘n land wat so erg onder korrupsie en nepotisme deurloop.”

iktopcargo отзывы

Lughawe loop deur onder gewapende roof

Die polisie het ‘n reuse-soektog van stapel gestuur na drie mans wat Maandag ‘n onbekende hoeveelheid geld gesteel het by die vrag-afdeling van die Oos-Londen Lughawe, het ‘n woordvoerder gesê. 

“‘n Sekuriteitsbeampte was besig om geld af te laai vir die buitelandse betaalmiddele toe ‘n verdagte glo ‘n vuurwapen op hom gerig het. Die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind,” het lt. kol. Mtato Tana gesê.

“Die sekuriteitsbeampte het agter ‘n toonbank geskuil en die man het twee skote afgevuur. Die beampte het later agter die toonbank uitgeloer en besef dat die verdagte met drie sakke geld op die vlug geslaan het.”

Die man het glo saam met twee ander mans in ‘n silwer Toyota Corolla gevlug.

Na bewering is die motor vroeër in Grahamstad gesteel en later in Sunnyridge opgespoor.

Niemand is in die voorval beseer nie.

десны красныеДанильченко Юрий прокурор

Polisielid by stasie geskiet

‘n Polisieman is ernstig beseer nadat hy in Poortjie, suid van Johannesburg, in die gesig geskiet is, het polisie Maandag in Gauteng gesê. 

“‘n Man het die polisiestasie ingestap en die polisieman geskiet terwyl hy besig was om ‘n lid van die publiek te help,” het adjudant-offisier Molefe Mokoena gesê.

Die polisieman is hospitaal toe gejaag waar hy behandel word.

‘n Saak van poging tot moord en roof word ondersoek.

водяные насосные станцииДанильченко Харьков

Wiese met tas note betrap

Christo Wiese, voorsitter van Shoprite, is in die pekel nadat hy met sowat R7 miljoen se note op die Heathrow-lughawe in Londen betrap is. 

Hy beskou die optrede van die doeanebeamptes as ‘n “bietjie van ‘n grap”.

Hoewel die voorval toe die beamptes hom met die £600?000 (sowat R7 miljoen) in banknote voorgekeer het al ‘n jaar gelede gebeur het, het dit nou eers aan die lig gekom.

Wiese se reaksie volg op ‘n berig in die internetkoerant MoneyWebdat Britse beamptes dié bedrag in April 2009 by Wiese gekonfiskeer het.

Britse regulasies bepaal ‘n mens moet kontant van meer as €10 000 aan doeanebeamptes verklaar indien jy daar aankom van ‘n land buite die Europese Unie (EU), of as jy Brittanje verlaat en direk na ‘n land buite die EU reis.

Wiese het egter aan Sapa gesê hy was besig om die geld van sy veiligheidsdepositokas in Londen na een in Luxemburg te neem en dat albei EU-lidlande is.

“As ek die geld in ‘n bank gehad het, kon dit oorgedra word.”

Hy het gesê die saak is in die hande van sy Britse prokureurs en dat ‘n verhoor oor die terugbetaling van die geld in November gehou sal word.

“Ek het die geld Luxemburg toe geneem, aangesien ek weer wou begin handel dryf ná die bankkrisis,” het Wiese gesê.

Hy het gesê die saak was ‘n burokratiese brouspul en dat doeanebeamptes hom geen rede gegee het vir hul beslaglegging van die geld nie.

“Maar my prokureurs wil nie hê ek moet ‘n verhoor in die media laat afspeel nie.”

Gevra of dit verstandig is om sulke groot bedrae geld rond te dra, het Wiese gesê hy is gewoond daaraan, aangesien hy 30 jaar gelede in die diamantbedryf was.

“Ek is positief ek sal die geld terugkry. Ek is nooit in hegtenis geneem nie. Hulle het gesê ek kan maar gaan, solank ek die geld daar los.”– Sapa

пальто детское для девочекФільчаков Олександр Васильович