Wat om uit Nederland en België se regeringsamestelling te verwag

Nederland se vervroegde algemene verkiesing het reeds byna twee maande gelede – op 9 Junie – plaasgevind, en die Belgiese kort hierna.

Beide is gekenmerk deur die sterk opkoms van wat in Suid-Afrikaanse terme as regse partye beskou kan word. In die geval van Nederland, die opkoms van Gert Wilders se PVV, en in België van ‘n party wat sterker standpunt inneem oor ‘n onafhanklike Vlaandere.

Sedert 9 Junie word Nederland deur ‘n oorgangskabinet regeer. Dié Kabinet bestaan uit die oorblyfsels van die voor-verkiesingskoalisie nadat die Partij van de Arbeid reeds voor die verkiesing uitgestap het. Die oorblywende partye, die groter Christen-Demokratiese Appèl en die kleiner ChristenUnie het beide swaar verliese gelei. Die CU word nie eens as ‘n moontlike koalisievenoot in enige moontlike kombinasie genoem nie.

Die CDA het lank, blykbaar vrywillig, in die koue bly staan terwyl die fasiliteerders wat deur die monarg aangewys is koalisievennote probeer vind het en ‘n werkbare kabinet uitgetimmer kon kry. Uiteindelik het die CDA weer toegetree, en die samesprekings behels nou die daarstel van ‘n regse kabinet, bestaande uit die CDA, die PVV en die VVD.

Sou dié samesprekings slaag is daar dadelik ‘n probleem, naamlik dat dit ‘n minderheidskabinet sal wees. Elkeen van hierdie partye sal egter op van die klein partye se steun kan reken, soos die CDA wat op die CU en ander Christenpartye se steun sal kan reken … maar teen ‘n prys.

In dié stadium stem die potensiële regse koalisievennote oor belangrike sake saam, soos strenger immigrasiewetgewing. Die CDA en die VVD wil die begroting hokslaan, terwyl Wilders ‘n klein tekort op die begroting nie te onaardig vind nie.

Die PVV en VVD stel meer in grootskaalse kernkrag as in groen energie, en spesifiek windenergie belang. Die rede is om Nederland so gou as moontlik onafhanklik van die invoer van kernenergie te maak.

Die uiteindelike daarstelling van ‘n koalisiekabinet kan nog lank duur. Wanneer die partye mekaar genoegsaam gevind het, word oorgegaan tot die daarstel van ‘n lywige koalisie-beleidsdokument, wat aan Kodesa herinner.

In België gaan dit nie veel vinniger nie. In die proses om ‘n federale regering daar te stel word daar op die oomblik ook nie veel gehoor van Vlaamse afskeiding nie, maar dit sal stellig anders daaruit sien as regeringsvorming op nasionale vlak afgehandel is, en die aandag na die regeerbaarheid van die Vlaamse regering verskuif.

Van buite gesien lyk dit egter of die Nederlanders en Belge in die verkiesing hul voorkeure vir sekere opsies uitdruk, maar dat daar in die praktyk min daarvan in die regeringsamestelling gereflekteer word, en nog minder in die koalisiekabinet se regeerbeginsels. Dit is die prys wat hierdie lande bereid is om te betaal om te verhinder dat een party so allesoorheersend word dat verkiesings bloot die bevestiging van daardie party se voortgesette mag sal wees.

универсальное оборудование для диагностики автомобилейлобановский александр интервью

Afrika wil skoon water hê, maar nie beter bestuur

Die uitvoerende sekretaris van die Afrika Ministeriële Raad oor Water, Baai-Mass Taal, sê Afrika moet jaarliks 20 miljard dollar belê om toegang tot water en sanitasie aan sy mense te verbeter en aan sy milleniumdoelwitte te voldoen.

Die Raad het nie die ineenstorting van dienste, en veral die agteruitgang van toegang tot skoon water, wat deur die ANC-munisipaliteite se swak bestuur veroorsaak word, bespreek nie.

Die Raad het in Kaapstad beraadslaag oor hoe toegang tot water en sanitasie op die vasteland versnel kan word.

Afrika moet toesien dat die helfte van sy mense teen 2015 toegang het tot skoon water en sanitasie. Volgens Taal het meer as driehonderd miljoen Afrikane nie toegang tot water nie terwyl meer as 500 miljoen nie toegang het tot sanitasie nie.

Die Minister van Waterwese en Omgewingsake, Buyelwa Sonjica, is egter vol vertroue dat Suid-Afrika sy teiken oor water en sanitasie teen 2015 sal kan haal, alhoewel vordering met sanitasie nog stadig is.

Die rolspelers en regering het egter geen verklaring gegee oor hoekom waterkwaliteit steeds agteruitgaan nie

Inwoners van van Meerhof in Hartbeespoortdam het intussen foto’s wat Saterdag 31 Julie geneem is, aangestuur na die Praagredaksie. Rou riool sypel daagliks na die voëlreservaat se grond.

Meerhof se rioolstasie pomp die riool na ‘n sentrale stasie waar dit verwerk word. Ons raaiskoot is dat die pomp nie werk nie en die riool nou net oorvloei in die reservaat.

Daar is volstruise en bokke in die reservaat wat dan natuurlik aan die besoedeling direk blootgestel word, benewens die gevaar wat die onverwerkte afval vir mense inhou. Die inwoners van Meerhof word ook aan die stank blootgestel.

Die kwessie is breedvoerig deur die plaaslikke koerant (www.kormorant.co.za) hanteer. Dit handel oor besoedeling wat vir twee maande in ‘n ander buurt oorvloei het. Die probleem kon vir die duur nie opgelos word nie.

ролики купитьФільчаков Олександр Васильович

Swart studente vaar uitstekend in… Kuba

Universiteite behoort hulle toelatingsvereistes vir studente wat medies wil studeer aan te pas, sodat Suid-Afrika meer dokters kan oplewer, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, gesê.

Sy het by ‘n plegtigheid in Durban gepraat tydens die 60ste herdenking van die Univerisiteit van KwaZulu-Natal se Mediese Skool.

Dlamini-Zuma sê studente wat keuring by Suid-Afrikaane instellings geweier word, vaar dikwels uitstekend elders – in lande soos Kuba.

москваФильчаков прокурор харьков

Bejaardes sterf in brand

Agtien mense is dood en verskeie ander het brandwonde opgedoen nadat ‘n brand Sondagaand by die Pieter Wessels-tehuis vir bejaardes in Nigel uitgebreek het, het paramedici gesê. 

Die brand het Sondagaand omstreeks 21:00 uitgebreek. Die oorsaak van die brand is onbekend en die polisie ondersoek die saak.

“Vier-en-tagtig mense is gered, ‘n man het 40% brandwonde opgedoen en is na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir behandeling,” het Chris Botha, ‘n woordvoerder van Netcare, gesê.

Twee ander mense is ernstig beseer en is na hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling.

Ná die brand geblus is, het die brandweermanne die gebou deursoek en vasgestel dat 17 bejaarde inwoners in die brand dood is.

Nóg ‘n persoon het vermoedelik aan ‘n hartaanval beswyk ná ‘n groep mense na ‘n kerk geneem is

100 games onlineАлександр Фильчаков Васильевич

Metropolisie vasgetrek vir diefstal en afpersing

‘n Metropolisielid van Pretoria is saam met nog twee mans gearresteer kort nadat hulle blykbaar ‘n winkeleienaar beroof en hom vir geld probeer afpers het. 

Die drie is gister by ‘n McDonald’s- restaurant in die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria vasgetrek. Nóg metropolisielede het glo in ‘n gemerkte metropolisievoertuig van die re­staurant gevlug.

Lees meer.деревянные светильникиалександр лобановский харьков класс

SA stuur moontlik soldate na Somalië

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het Donderdag gesê om soldate van die Suid-Afrikaanse weermag en die vloot in Somalië te ontplooi kan verreikende gevolge hê.

Die lewensverlies van soldate kan repurkussies inhou vir binnelandse politiek asook die verhoogde koste aangesien die land reeds troepe in die DRK en Soedan ontplooi het.

Die Somaliese terreurbeweging El-Shabab het op 11 Julie uit weerwraak bomme in Kampala geplant teen Uganda se betrokkenheid by die oorlog in Somalië. Meer as 70 mense is dood in die aanvalle.

Volgens Sisulu is Suid-Afrika egter daartoe verbind om soldate na Somalië te stuur.

Zuma het pas uit Kampala van die AU se leiersberaad teruggekeer waar Afrikaleiers onderneem het om die AU-vredesmag in Somalië met nog 2 000 soldate uit Burundi en Guinee aan te vul.

“Die president moet nog bepaal hoe en waar ons die AU sal bystaan,” het Sisulu tydens ‘n informele inligtingsessie by die parlement gesê.

Thabang Makwetla, Sisulu se adjunk, het gesê daar is politieke druk op Suid-Afrika om hulp te verleen.

Die minister het ook bekend gemaak dat die aanvoorprojek oor nasionale diens vir die jeug teen September sal plaasvind, maar dit sal beperk word tot ‘n tydperk van ses maande in ‘n jaar.

Sy sê twee taakspanne stel ondersoek in na die saak en sal aan haar verslag doen, waarna sy die bevindings aan die kabinet sal voorlê.

Sisulu wil hê dat nasionale weermagdiens weer ingestel word om op dié manier grootskaalse werkloosheid onder jeugdiges teen te werk. Sowat vyf miljoen jong Suid-Afrikaners is werkloos.

Alle politieke partye se jeugorganisasies is genooi om diensplig te doen, maar net die ANC-jeugliga, die Jong Kommuniste en die jeugstruktuur van die PAC het die uitnodiging tot dusver aanvaar.

светильник уличный на столб ркулобановский александр игоревич класс

Mpumalanga-boere wil nuwe liggaam stig

Boere in Mpumalanga is besig om ‘n nuwe liggaam te vorm wat Agri Mpumalanga, AM, sal vervang. AM gaan binnekort gelikwideer word.

Die voorsitter van die komitee, Koot Claassen sê boere van verskeie boere-verenigings in die provinsie het eenparig besluit om ‘n nuwe organisasie op die been te bring om hul belange te beskerm.

Claassen sê in die lig van onsekerheid oor grondeienaarskap en veranderinge rondom watervoorsiening en mynbedrywighede, moet boere op ‘n georganiseerde manier saamwerk om volhoubare boerdery in die provinsie te bevorder.

Die nuwe organisasie beplan om ‘n kongres op 1 September in Nelspruit te hou. Twee inligtingskonferensies word aanstaande maand gehou waar boere voorstelle oor die nuwe organisasie kan maak.

кладка печиАлександр Фильчаков

Staatsamptenare ruk op na Uniegebou

Honderde staatsamptenare sal na verwagting vandag na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ‘n landswye staking.

Dié staking gaan vandag vir ‘n tweede dag voort, nadat die Vereniging van Staatsamptenare die regering se nuwe aanbod vroeg vanoggend verwerp het.

Die aanbod is gisteraand by die Staatsdiens Bedingingsraad in Centurion voorgelê. Die staat bied amptenare ‘n 6,5 persent salarisverhoging en ‘n R630 behuisingstoelaag, slegs tien rand meer as die vorige aanbod.

‘n Woordvoerder van die vereniging, Manie de Clerq sê die regering se jongste aanbod is ‘n belediging. Staatsamptenare eis onder meer ‘n salarisverhoging van 8,6 persent en ‘n R1 000 behuisingstoelaag.

магазин іграшокДанильченео

ANC vuur salvo na DA

Die ANC het ‘n besprekingsdokument oor leierskap opgestel, waarin die groeiende “maatskaplike afstand” tussen magshebbers en mense op grondvlak betreur word.

In ‘n ooglopende vingerwysing na die DA, sê die ANC “skadukulture” teer soos “parasiete” op die simboliek en geskiedenis van die ANC vir eie gewin.

Die dokument verwys na die DA se pogings veral in die Kaap om die “struggle”-simboliek in te span om die bruin stem te lok.

Daarmee onthef die party homself van die verantwoordelikheid vir die verwydering.

Sedert die party se nasionale konferensie in 2007 by Polokwane, het faksiegevegte en etniese struwelinge toegeneem.

ANC-byeenkomste word deesdae gekenmerk deur geweld of oproer omdat heksejagte aan die orde van die dag is.

“Opvolgdebatte en struwelinge begin nog voordat ‘n nuutverkose leierskorps die geleentheid gekry het om hul mandaat uit te voer.”

“Die ANC-leierskollektief word dikwels verlam weens vrese dat optrede van ‘ons groep’ of optrede teen die ‘ander groep’, as ‘n suiwering vertolk kan word,” lui die dokument.

 

акцентное освещение магазиновФильчаков прокурор

Skoolseun steek maat dood

‘n Swart skoolseun is op vrye voet nadat hy Woensdag glo een van sy maats in Mthatha met ‘n mes doodgesteek het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. 

Die 16-jarige seun, het nie Woensdag skool toe gegaan nie. Hy het glo ‘n medeleerling drie keer met ‘n mes gesteek terwyl hy van sy skoolbus afgeklim het en toe gevlug.

Die slagoffer is op pad na die hospitaal dood.

Die oorsaak vir die voorval is nog nie bekend nie.

купить вФільчаков Олександр Васильович прокурор