Grumoorde moes heksery hokslaan

Die motief agter die grusame moorde van ‘n Oos-Kaapse ouma en haar vier kleinkinders was glo heksery, het die Dispatch Online Vrydag berig.

Mduduzi Mzila, senior staatsaanklaer, het Donderdag in die Ngqeleni-landdroshof gesê dat die verdagtes daarvan oortuig was dat die ouma sekere jeugdiges in die gemeenskap wou toor.

“Die verdagtes het gesê daar was ‘n lys met name van jongmense wat die ouma glo beplan het om te toor. Sommige van die jeugdiges wie se name ook op die lys was, is vandag hier in die hof,” het Mzila in die hof gesê.

Die saak is uitgestel tot 21 September wanneer die verdagtes, wat steeds in aanhouding is, vir borgtog kan aansoek doen.

Masilengenge Bambusiba (85) en haar kleinkinders Lwazi (17), Lwando (10), Vela Nogemane (9) en Nogemane (5) is op 22 Augustus dood in hul huis aangetref nadat hul wreed doodgekap is.

фонарь уличный светодиодный на столбОлександр Фільчаков прокурор

Afriforum bekommerd oor militêre opleiding vir ANC-Jeugliga

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die minister van Verdediging, me Lindiwe Sisulu tyd gegun tot 1 September 2010 om vrae te beantwoord oor militêre opleiding vir ANCYL- en YCL-lede wat klaarblyklik binnekort ʼn aanvang by die Vloot se opleidingsbasis in Saldanha in die Wes-Kaap gaan neem.

AfriForum is bekommerd dat die beoogde militêre opleiding vir “genomineerdes van politieke partye” in stryd is met die bepalings van Artikel 199(7)(b) van die Grondwet, wat bepaal dat die SA Nasionale Weermag en lede van die veiligheidsmagte nie die belange van enige politieke party mag bevorder nie.

Minister Sisulu en verteenwoordigers van die ANC Jeugliga en die Jong Kommuniste Liga het in Mei 2010 planne bekend gemaak om militêre opleidingskampe vir jeuglede aan te bied, kort na die omstrede besoek van Julius Malema aan Zimbabwe, Venezuela en Kuba, vroeër vanjaar.

“Na ʼn openbare uitbarsting het die minister ʼn verklaring uitgereik wat beweer dat die opleidingskampe oop is vir alle politieke partye, maar verteenwoordigers van die drie vernaamste opposisiepartye het reeds aan ons bevestig dat hulle geen formele uitnodiging tot dié effek van die minister ontvang het nie”, het Willie Spies, prokureur van AfriForum, in ‘n verklaring gesê.

“Dit is van wesentlike belang dat ons nie die foute van ons noordelike bure in Suid-Afrika herhaal nie. Die opstellers van die grondwet het ook verder goeie rede gehad om politieke partydigheid in die Weermag uitdruklik te verbied. In Zimbabwe is jeug-lede van Zanu-PF wat opleiding in militêre milisiekampe ondergaan het, berug en gevrees vir hulle aandeel in geweld en intimidasie tydens verkiesingstye. Ons moet ten alle koste ʼn soortgelyke situasie in Suid-Afrika verhoed”, het Spies gesê.

Indien geen antwoord van die minister se kantoor ontvang word nie, sal ʼn hersieningsaansoek more in die Noord-Gautengse-Hooggeregshof uitgereik word.

movie over 21александр лобановский супермаркет класс

Rasgedrewe beleid bly by UK

Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, sê hulle sal nog drie jaar lank voortgaan met hul rasgedrewe toelatingsbeleid tot die mediese fakulteit.

Hy het op die kampus gepraat tydens ‘n debat oor die universiteitsbeleid.

In die stadium moet wit studente minstens 80% vir geletterdheid en wiskunde hê om toelating te kry, terwyl swart studente 50% moet hê.

Price sê indien daar maniere gevind kan word om voornemende studente te evalueer op grond van geleenthede wat hulle tydens hul skoolloopbaan gehad het, kan daar weggedoen word met ras as maatstaf.

магазин браДанильченко Харьков

Suid-Afrikaners gestrand in Mosambiek ná voedselonluste

Honderde Suid-Afrikaners is vasgevang in onluste wat Mosambiek  tans teister en hulle is gedwing om hul verblyf in die land te verleng. ‘n Hele aantal hotelle in Maputo sukkel om diegene wat gestrand is te akkommodeer.

Verskeie mense is dood toe die polisie op onlusmakers losgebrand het wat betoog oor stygende voedsel-, water- en elektrisiteitspryse in Maputo en nabygeleë Matola. Die onlusmakers het ‘n groot deel van die hoofstad tot stilstand gebring.

Die meeste mense kon nie by die werk kom nie en passasiers in Johannesburg en elders was gestrand by die lughawe omdat Maputo s’n gesluit was.

DIe plaaslike TV-stasie Soico Televisão het die dodetal op 10 of meer geskat, met ten minste 11 beserings, terwyl die staatsnuusagentskap AIM die dodetal op “ten minste drie” beraam het.

Euginia dos Santos, van die Hotel Cardoso, het gisteraand gesê: “Daar is geen manier waarop mense by die lughawe kan kom nie omdat die paaie geblokkeer is. Dit is beslis te riskant om vandag (Woensdag) lughawe toe te gaan.”

As gaste ‘n vol bespreekte hotel teëkom, sê Dos Santos sommige, wat nie hulle weg na die lughawe  as gevolg van die onrus kon vind nie, het ingestem om na dubbelkamers te verskuif, om plek te maak vir ander gaste wat reeds kamers bespreek het wat hulle teen giseroggend moes ontruim het.

Dos Santos sê sommige kamers het leeg gebly aangesien meer gaste by die lughawe vasgekeer was met geen manier om by die hotel te kom nie.

‘n Suid-Afrikaanse sakeman is deur polisiebeamptes weggekeer toe hy gister probeer het om sy weg na Maputo se lughawe te vind en is gedwing om “‘n belangrike konferensie in Johannesburg mis te loop”.

“Polisiebeamptes het ons aangesê om terug te draai omdat swartes verbygaande motors met klippe gegooi het en buitebande verbrand het. Ek dink elke sakeman is verontrief,” het Julio Dias van Roodepoort gesê.

Hy het gesê hy kon die woede agter die griewe verstaan aangesien “daar geen vakbonde in Mosambiek is nie en geen formele manier vir werknemers om met die regering te skakel nie.”

Suid-Afrika se hoë kommissariaat (ambassade) is gesluit ná die voorvalle van geweld. Die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris na Mosambiek Dikgang Moopeloa het gesê Suid-Afrikaners wat Mosambiek besoek, moet die N4 tussen Maputo en Matola vermy.

Vlugte na Maputo deur sowel die SAL as die plaaslike redery LAN is gister gekanselleer.

Die oproer skyn verooraarsaak te gewees het deur ‘n 13,4 persent toename in elektrisiteitstariewe en ‘n 11,7 persent toename in die waterpryse, plus ‘n regeringsaankondiging dat die broodprys op 6 September met 25 persent sou styg.

Die ergste van die geweld was in die omgewing van Benfica, aan die buitewyke van Maputo, waar onlusmakers die Sasseka-voedselverspreidingsdepot aangeval en beskadig het, asook ‘n kantoor van die elektrisiteitsmaatskappy Electricidade de Mozambique, het AIM gesê.

Die staatsbeheerde Telivisao de Mozambique het beelde van ‘n brandende vulstasie vertoon en berig ander stasies en winkels is ook beskadig.

AIM het gesê dat die polisie by die Benfica en Prasa dos Combatentes-lughaweterminale traangas afgevuur het om betogers te verjaag wat bande brand om die verkeer te versper. Die betogers het klippe na verbygaande voertuie gegooi.

Bolle rook het die hele gebied bedek.

Die oproer het vervoer ontwrig, insluitende die minibusse waarop die meeste pendelaars staatmaak. Skares voetgangers wat werk toe loop, het die strate verstop.

‘n SAL-woordvoerder Fani Zulu het gesê al vier vlugte tussen Johannesburg en Mosambiek is as gevolg van die onrus gekanselleer. “Ons kyk na ongeveer 400 passasiers wat as gevolg hiervan nie kon vlieg nie,” het hy gesê.

Die Mosambiekse joernalis Paul Fauvet het gesê die SAL het passasiers  aangesê om baie vroeg vandag na die lughawe te kom om te probeer om die volgende vlug na Maputo te haal.

Die organiseerders van die onluste is te blameer vir die sterftes, het die minister van binnelandse sake José Pacheco gesê.

“Ons werk aan die identifisering van mense wat die staking georganiseer het en pak die skuld vir die dood en beserings, sowel as ‘n verwoesting van eiendom, op hulle,” het hy gesê.

Anonieme mense het teksboodskappe per selfoon gestuur het om Mosambiekers aan te hits om teen die prysstygings te betoog, het Arnaldo Chefo, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

Nog ‘n woordvoerder van die polisie, Pedro Cossa, het gesê die polisie hanteer die betogings “as ‘n bedreiging vir die openbare rus en orde”.

светильникиданильченко юрій броніславович компромат

Motornywerheidstaking begin

Lede van die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa), wat by vulstasies, werkswinkels en motorhandelaars werk, het vandag begin staak, het ‘n vakbondwoordvoerder gesê.

“Niks het verander nie. Die staking gaan voort,” het Numsa se woordvoerder Castro Ngobese aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê.

Hy het verklaar dit is onmoontlik om te sê hoeveel lede betrokke is, maar het verduidelik die vakbond beskik oor 70 000 lede regoor die land. Hulle werk as pompjoggies, of in werkswinkels, handelaars en ingenieursondernemings, onder andere.

Gesprekke word voortgesit met die Motorkleinhandelaarsnywerheid en Brandstofkleinhandelaarsvereniging om die dooiepunt op te los.

“Gesprekke word vanaand [Woensdag] voortgesit,” het Ngobese gesê.

Numsa se eise sluit ‘n 20%-loonverhoging oor die hele spektrum in, asook ‘n 40-uurweek, met volledige betaling.

Die vakbond wil ‘n eenjaarooreenkoms in plek gestel hê wat op 1 September 2010begin, en eindig op 30 Junie 2011.

“Ons eise aan die RMI, en FRA is in ooreenstemming met die African National Congress se verkiesingsverpligtinge rondom die skep van ordentlike werk en ‘n volhoubare lewensbestaan vir die werkers en die armes,” het die vakbond in ‘n verklaring Dinsdag gesê.

‘n Optog sou plaasvind in Bellville in die Wes-Kaap waar ‘n memorandum van eise  aan die RMI oorhandig sal word.

Die brandstofkleinhandelaars (FRA) se uitvoerende hoof Reggie Sibiya het gister gesê die gaping tussen wat dit kan aanbied en Numsa se eise was “te groot”.

Hy het gesê dat hulle ‘n “reuseloonaanpassing” van 68% in 2007 ingevoer het om die bedryf in ooreenstemming met minimumloonverwagtinge te bring.

Dit is gevolg deur bo-inflasiestygings in 2008 en 2009. Terwyl die staking volgens berigte diens by petrolstasies sou beïnvloed, het Sibiya gesê geen vulstasies sal gesluit word nie.

“Nie almal is deel van die vakbond nie, dus sal garages nie toemaak nie.”
Hy het gesê die FRA het ‘n ooreenkoms met die vakbond onderteken om intimidasie en viktimisering te voorkom.человек паукеАлександр Фильчаков

Vrae rondom Bees Roux

‘n Bloubul-rugbyspeler is gister R100 000 borgtog toegestaan deur die Pretoriase distrikshof, nadat hy na bewering ‘n metropolisieman doodgeslaan het.

Stephanus Jacobus “Bees” Roux het die naweek in die tronk deurgebring nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is ná die moord op die Pretoriase metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale, 38.

Hy is van plan om onskuldig te pleit op aanklagte van moord en bestuur onder die invloed van alkohol, het die hof gehoor. Die saak is tot 15 Oktober uitgestel.

In ‘n grys trui het Roux in die beskuldigdebank gaan staan met sy hande in vuiste gebal.

Die hofsaal was volgepak met swart metropolisiebeamptes van Pretoria, waarvan sommige op die vloer moes sit.

Terwyl Roux se verdedigingspan gevra het om borgtog van R5 000 en die staat vir R20 000 as gevolg van die aard van die misdaad, het landdros Desmond Nair dit op R100 000 vasgestel.

Vermoë en fondse

In die vasstelling van die bedrag, het Nair gesê dat die hof nie die feit kan ignoreer dat die beskuldigde oor die hulpbronne en die fondse beskik om na die buiteland te reis en dat hy dit in die verlede gedoen het nie.

Volgens ‘n beëdigde verklaring van Roux, het voorheen hy na Ierland, Frankryk en Australië gereis om rugby te speel. Hy het ook ‘n bankrekening in Frankryk met €5 000 aangesien hy daar vir drie maande in 2008 gespeel het.

Sy jaarlikse inkomste is ongeveer R850 000.

“Ek het geen voorneme om die lewe van ‘n vlugteling te leef nie,” het Roux aan landdros Desmond Nair ter ondersteuning van sy borgaansoek gesê.

Die prokureur vir die verdediging Rudi Krause het die hof meegedeel dat Roux oor geen vorige veroordelings beskik nie en nie ‘n vlugrisiko is nie.

Nair het egter daarop gewys dat Roux beskuldig word van ‘n Bylae-Ses-misdryf en nie Bylae Vyf nie, want ‘n geregsbeampte was daarby betrokke. Volgens Bylae Ses van die Strafproseswet kan daar slegs borgtog aan ‘n beskuldigde toegestaan word indien hy toon dat “buitengewone omstandighede” bestaan om dit te regverdig.

Krause het aangevoer dat hierdie omstandighede die feit is dat die staat die borgaansoek aanvanklik nie teengestaan het nie, en dat die inhoud van Roux se eerste verklaring nie bevraagteken word nie.

Borgtog is betaal en Roux is gister vrygestel.

Kredietkaart gebruik

Intussen het dit na vore gekom dat Roux se kredietkaart Maandag gebruik is by ‘n McDonald-kitskoswinkel op die tyd wat hy veronderstel was om in aanhouding te gewees het.

Roux is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem. Mogale se lyk is in Schoemanstraat, Pretoria, met kopbeserings teen 03:00 Vrydag gevind. Hy het vroeër berig dat hy Roux vir verdagte dronkbestuur laat aftrek het.

Die ondersoekbeampte Patrick Mafanel het getuig dat die omstandighede rondom die voorval nog onduidelik is, berig Beeld.

“Ons weet Mohale was aan diens saam met twee kollegas en dat hulle Roux laat aftrek het op die hoek van Schoeman- en Festivalstrate vir dronkbestuur,” sê Mafanel in ‘n berig op News24.

“Mohale het sy kollegas vertel hy gaan Roux se motor huis te bestuur, want Roux was dronk.

“Maar ons weet nie hoekom sy kollegas nie agter hulle aangery, of die aanranding gesien het nie.”

Onbeantwoorde vrae

Die verdediging het aangevoer dat daar nog baie onbeantwoorde vrae bestaan. Dit sluit in waarom Mohale se kollegas nie vir hom en Roux gevolg het nie, waarom Roux nie vir dronkbestuur gearresteer is nie en waarom Mohale in die teenoorgestelde rigting van die naaste polisiestasies (Brooklyn en Sunnyside) in die rigting van Roux se huis in Equestria, in die ooste van Pretoria, gery het, volgens die verslag.

Mafanel het ook getuig dat Mohale se twee kollegas nie verklarings afgelê het nie omdat hulle nie gesien het wat gebeur het nie.

Nair het hierdie omstandighede as “vreemd” in sy borgtoguitspraak beskryf.

play free online games without downloading nowФильчаков прокурор отзывы

Regering verhoog loonaanbod

Suid-Afrika se regering het ‘n nuwe loonaanbod aan stakende staatsamptenare ingedien, het die minister vir staatsdiens en administrasie Richard Baloyi se woordvoerder, vandag gesê.

“‘n Konsepkikkingsooreenkoms van 7,5% en R800 [maandelikse] behuisingstoelae is op die tafel,” het Dumisani Nkwamba aan die SAUK-radio gesê.

Die regering het sy loonaanbieding aan vakbonde verhoog wat 1 300 000 stakende staatswerknemers verteenwoordig, het ‘n bron Maandag verklaar, in ‘n poging om ‘n staking wat Afrika se grootste ekonomie bedreig te beëindig.

‘N Reuters-bron het voorheen verkeerdelik die aanbod as 8% aagedui.

Die regering het sy aanbod vir ‘n loonverhoging van 7% tot 7,5% en vir ‘n maandelikse behuisingstoelaag van R700 tot R800 verhoog.

Die aanbod geskied nadat president Jacob Zuma ministers gebied het om onmiddellik te onderhandel oor die byna drie-week-lange staking wat gesluit skole laat sluit het, verhoed het dat behandeling by hospitale plaasvind en beleggersentiment geskaad het.

Vakbonde eis ‘n salarisverhoging van 8,6% en ‘n R1000-behuisingstoelae. Selfs as die regering sy aanbod verhoog na iets meer aanvaarbaars, gaan die vakbonde waarskynlik nie vinnig reageer nie aaangesien hulle genoodsaak sou wees om hulle lede op voetsoolvlak te raadpleeg.

‘n Vroeë einde aan die stakings?

Die regering en vakbonde is steeds betrokke by onderhandelings wat vroeg vamdag kan eindig, het die amptenare gesê.

Die minister vir staatsdiens Richard Baloyi in ‘n verklaring voordat die regering begin onderhandel het gesê dat hy ‘n nuwe aanbod ter tafel lê, dog sonder meer inligting te gee. Tot dusver het die regering gesê dat hy nie kan bekostig om die eis vir ‘n verhoging van meer as dubbel inflasie toe te staan ten einde die staking te beëindig nie, terwyl die staking dreig pm verder deur die land se ekonomie te versprei.

Zuma se woordvoerder het gesê die president was veral bekommerd oor die staking se uitwerking op gesondheid en opvoeding.

“Die president is van mening dat die staking so gou as moontlik moet eindig, binne die volgende paar dae,” het Zizi Kodwa gesê en bygevoeg dat Zuma met die regering oor die naweek gepraat het en die ministers aangesê het om gesprekke te hervat.

Suid-Afrika se grootste staking sedert 2007 in terme van verlore dae het effekte, aandele en die rand grootliks onbeïnvloed geltaat, maar mark spelers het gesê dat die staking winste deur die rand sou beperk en ‘n groter impak kan hê indien dit voortsleep.

Begrotingskommer

Ontleders verwag dat Zuma en die regerende African National Congress (ANC), wat gewoonlik aan werkerseise toegee, gou ‘n ooreenkoms sal bereik wat ten gunste van die vakbonde sou wees en later oor die skade aan die staatsbesteding sou bekommer.

“Polities is dit voordelig vir Zuma omdat hy tans in ‘n penarie met die vakbonde verkeer,” sê Susan Booysen,’ n politieke ontleder by Wits-niversiteit.

“Die land het reeds ‘n hoë begrotingstekort. Die styging kan tot hoër belastings lei soos wat die regering probeer om sy boeke te laat klop.”

Die staking het ‘n skeuring laat verdiep in die regerende alliansie tussen Zuma se ANC en die land se grootste vakbondfederasie Cosatu, wat hom gehelp het om aan die mag te kom, maar teleurgesteld dat hy nie meer linkse beleid invoer nie.

Die vasteland se grootste ekonomie is getref deur ‘n reeks stakings in die private en openbare sektore oor die afgelope paar maande, wat tot skikkings bokant die inflasiekoers gelei het.

Ander dispute

In ander geskille, het die werknemers by die myn Exxaro ‘n 8%-verhoog verwerp en’n staking by ‘n titaanmyn, wat ‘n Rio Tinto-BHP Billiton-gesamentlike onderneming is, het bedrywighede Maandag laat sluit.

Cosatu het gedreig het om die staking hierdie week na al sy geafillieerde vakbonde uit te brei, wat volgens ongeveer twee miljoen mense verteenwoordig.

Werknemers in nywerhede waaronder mynwese gaan Donderdag van vir ‘n dag van die werk wegbly terwyl Cosatu dreig met langdurige arbeidsoptrede wat die ekonomie tot stilstand kan bring tensy ‘n skikking met die staatsdienswerkers bereik word.

Suid-Afrika is die wêreld se vierde grootste goudprodusent en die grootste platinumprodusent, met myne wat oor die 488kg goud en 385kg platinum per dag produseer.

Die land se grootste maatskappye, soos Anglo Platinum, Impala Platinum en Harmony Gold Mining, het voorraad van die edelmetaal en sou nie swaar getref word as dit deur ‘n eendagstaking nie.

Enige ooreenkoms om die staking te beëindig sal waarskynlik uitgawes met 1 tot 2% verhoog terwyl die staat juis fondse probeer vind om ‘n begrotingstekort van altesaam 6,7% van die bruto binnelandse produk te verlaag.

treasures of egyptданильченко юрий брониславович прокурор

Zuma gryp in by staking

Die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het gesê ministers moet onmiddellik onderhandel oor ‘n openbaresektorstaking en verwag dat beide die regering en vakbonde moet toegee, het sy woordvoerder gister gesê.

Tot dusver het die regering gesê dat hy kan nie bekostig om aan die eis vir salaristoenames van meer as dubbel die inflasiekoers toe te gee om die staking deur ongeveer 1.3 miljoen mense te beëindig nie. Die staking betree nou sy derde week en dreig om verder deur Afrika se grootste ekonomie te versprei.

Zuma verkeer reeds onder druk groeiende politieke as gevolg van die staking deur werkers, insluitende onderwysers, verpleegsters en klerke. Sy woordvoerder het gesê die president was veral bekommerd oor die impak op gesondheid en opvoeding.

“Die president is van mening dat die staking so gou as moontlik tot ‘n einde moet kom, binne die volgende paar dae,” het Zizi Kodwa gesê en toegevoeg dat Zuma oor die naweek aan regeringsministers gesê het om gesprekke te hervat.

“Hy het ‘n beroep op beide kante gedoen om die belange van die land eerste te stel. Dit sou ‘n proses van gee en neem aan beide kante van die onderhandelings beteken,” Kodwa gesê. Hy het nie besonderhede verskaf oor die toegewings wat Zuma wil hê die regering moet maak nie.

Suid-Afrika se grootste staking sedert 2007 in terme van verlore dae het aandele, effekte, en die rand het grootliks onbeïnvloed gelaat, maar markspelers het gesê die staking kan winste deur die rand beperk en kan ‘n groter impak hê as dit voortsleep.

Die vakbondfederasie Cosatu het Zuma se kommentaar verwelkom.

“Die Federasie hoop dat ‘n verbeterde aanbod nou ter tafel gelê sal word en dat die staking so vinnig as moontlik afgehandel kan word, deur middel van’ n ooreenkoms wat vir die werknemersaanvaarbaar is,” het die vakbond in ‘n verklaring gesê.

Dubbele inflasie

Die werkers eis ‘n 8,6 persent loonverhoging – meer as dubbel die inflasiekoers – en 1 000 rand ($ 136)per maand as ‘n behuisingstoelaag. Die regering het onderskeidelik 7 persent en 700 rand aangebied.

Die staking het ‘n breuk laat verdiep binne die regerende alliansie tussen Zuma se African National Congress en COSATU, wat gehelp het om hom aan die mag te stel, maar teleurgesteld is oor wat hy gedoen het en nie sy beleid na links verskuif het nie.

COSATU het gedreig om later hierdie week die staking na alle lede van die vakbonde wat dit verteenwoordig  uit te brei,blykbaar sowat 2 miljoen werkers.

Ontleders verwag dat Zuma en die ANC-regering, wat gewoonlik aan werkerseise toegee, gou ‘n ooreenkoms sal bereik wat ten gunste van die vakbonde gelaai sal wees en later oor die skade aan die staat se besteding te bekommer.

Enige ooreenkoms wat ‘n einde aan die staking maak, sal waarskynlik staatsuitgawes met 1 tot 2 persent laat toeneem, wat die regering gaan dwing om nuwe fondse te vind terwyl dit juis probeer die begrotingstekort van altesaam 6,7 persent van die bruto binnelandse produk te verminder.

Vakbonde het ook die arbeidsoptrede aan Zuma se politieke toekoms gekoppel. Die volgende verkiesing vind eers in 2014 plaas, maar die regerende alliansie sal lank voor daardie tyd besluit wie sy kandidaat gaan wees.

COSATU se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het oor die naweek gedreig om sy steun vir die ANC in te trek, maar die vakbondfederasie het vandag ‘n meer versoenende houding ingeneem deur persoonlike aanvalle op Zuma te veroordeel.

стоматология улыбкаАлександр Фильчаков Васильевич

Malema wil grond onteien

Grondeienaars wat bedrae tydens onteiening weier se grond behoort sonder betaling weggeneem te word, het die ANC-jeugliga se leier, Julius Malema, vandag gesê.

“Gewillige verkoper, gewillige koper werk nie, Swart Ekonomiese Bemagtiging werk nie,” het Malema aan die Mail & Guardian gesê op ‘n vraag wat die ANCYL daarmee bedoel as hy sê dat leiers  nie die koningin (van Engeland) behoort te vertel dat ekonomiese beleid nie sal nie verander nie.

Malema het gesê dat oor die afgelope 10 jaar ‘n sekere persentasie van die grond na die meerderheid van die bevolking oorgedra moes gewees het.

“Dit is ‘n eenvoudige beleid. Ons gaan die grond vat, maar ons sal vergoed en ons sal die prys bepaal.. Ons gaan na [Eugene] Terre’Blanche se plaas en sê: vir hierdie vele hektaar, sal ons u R2-miljoen gee, baie dankie.

“As jy sê dat dit is te min en jy wil nie dit doen nie, dan vat ons die grond en gee jou niks. Dit word onteiening genoem en vergoeding wat deur die staat bepaal word.”

Sonder om president Jacob Zuma by naam te noem, wat vroeër vanjaar na die Verenigde Koninkryk gereis en Koningin Elizabeth II ontmoet, het hy gesê dat toe die ANCYL gevorm is, dit gekant was teen vorme van stryd soos petisies, of “die stuur van afvaardigings na die koningin”.

“Noudat u die mag gegee word deur die mense van Suid-Afrika, gaan u nog steeds na die koningin en gedra uself as u nie die mag van die mense ontvang het nie.

“As u sê dat daar geen verandering in Suid-Afrika se ekonomiese patroon gaan wees nie, sê u dat dit dieselfde gaan bly as tydens die koloniale bewind.”

Tydens sy besoek, in reaksie op ‘n versoek om groter duidelikheid oor praatjies deur die ANCYL dat Suid-Afrika se myne genasionaliseer gaan word, het Zuma gesê dat nasionalisering nie regeringsbeleid is nie.

люстры потолочные купитьФильчаков прокурор харьков

Staking se gevolge in Diepsloot

DiepslootTwee kinders drentel buite ‘n slaghuis in Diepsloot, ‘n swart woonbuurt noord van Johannesburg, in die hoop dat genoeg vreemdelinge vir hulle munte sal gee sodat hulle aandete kan koop – skyfies en brood.

Percy en Precious is soos die meeste ander mense in die woonbuurt wat niks het om te doen nie. Hulle het gesê die skool is gesluit en tot die staatsamptenare se staking verby is, sal hulle voortgaan om in die strate van die dorp rond te loop.

Die twee het geen idee wat hulle sal doen wanneer hulle “groot” is nie.

Ruimtevaarder, dokter? Nie een verstaan die vraag nie, maar Percy antwoord: “Ons gaan nie meer skool toe nie.”
Vinolia Nyathi, sit langs haar seun Lenmore in hul eenkamer-, eenbed-huis en sê sy is bekommerd.

Kinders verveeld

Lenmore was verlede week by die skool en is deur die man wat “die hek oop- en toesluit” vertel dat hy dalk volgende week sal kan terugkeer. As die staking verby is.

“Ek mis die skool. Ek is verveeld, “sê hy.

Sy ma praag oor haar skoonpa wat Maandag in die Charlotte Maxeke-hospitaal gesterf het.

“Hy het gehoes. Hy het nie behandeling gekry nie, daar was geen verpleegsters nie. “

Hoewel sy niemand blameer nie, is kommentaar van die ander inwoners in Diepsloot vernietigend; hulle beweer die regering moet meer te doen, en amptenare het nie die reg om hulle in die steek te laat nie.

“Die onderwysers staak vandag, maar nog nooit gedurende hul eie dae van skool was daar ‘n staking deur onderwysers nie,” sê Mofokeng Salomo.

“Laat hulle onderhandel. Laat hulle begin dink aan die toekoms van ons kinders…”

‘Stakende verpleegkundiges is moordenaars’

Mofokeng het harde woorde vir die verpleegsters wat staak.

“Mense gaan dood, die verpleegsters is die mense wat hulle doodmaak. Moordenaars,” sê hy terwyl hy drink aan ‘n kwart bier wat by ‘n nabygeleë sjebien gekoop is.

Maar ‘n pa van drie kinders, Tobohaho Mahlangu, sê dit is jammer dat staatsamptenare gedwing word om te staak, en blameer die president.

“As iemand sterf as gevolg van die staking, sterf hy as gevolg van die president. As iemand sterf in die hospitaal, is dit sy skuld.

“Die president moet verstaan ons het vir hom gestem en spyte van al sy bloedige gevalle … die verkragtingverhoor en nou moet hy na ons kyk.”

Bongani Mntembo voel egter die president kan nie aanspreeklik gehou word nie.

“Dit is net jammer dat sommiges moet ly.”

Soos die son oor Diepsloot sak, gooi kinders en moeders balle aan mekaar buite Vinolia Nyathi se huis.

“Ons doen dit heel tyd,” sê een vrou.

“Die kinders is verveeld, so nou doen ons dit nog meer.”

Terwyl die paraffienlampe aangesteek word, hoop Percy en Precious nog vir aandetegeld buite die slaghuis.

lagoon gametopcargo отзыв