Bin Laden se skieter praat

Die anonieme Amerikaanse seesoldaat wat Osama bin Laden doodgeskiet het, het in ‘n onderhoud met Esquire-tydskrif vertel hoe hy drie skote na die Al-Kaïda-leier se kop gevuur het.

Alhoewel besonderhede reeds in boeke en onderhoude bekend geword het, is min nog gehoor van die man wat die noodlottige skote gevuur het. Die hele span het gevra dat hul identiteite beskerm word om hulle teen aanvalle te beskerm.

Die man, wat in die artikel slegs as die “skieter” geïdentifiseer is, het intussen vrywillig uit die vloot bedank voordat hy vir aftrede gekwalifiseer het. Hy het verduidelik dat hy sonder ‘n pensioen en mediese fonds oor die weg moet kom, en sukkel om aan maniere te dink om ‘n bestaan te maak.

In die onderhoud vertel die skieter hoe die SEAL Team 6, ST6, op 2 Mei 2011 deur die huis in Abbottabad, Pakistan, beweeg het waar Bin Laden na bewering was. Hulle het mense soos hulle deur die huis beweeg het, geskiet, totdat hulle die Al-Kaïda-leier se slaapkamer op ‘n boonste verdieping bereik het.

Toe hy en ‘n kollega die slaapkamer bereik, het die res na ander kamers beweeg.

“Teen daardie tyd het ons besef ons kry nie meer ouens nie. Ons moes beweeg, want bin Laden gaan ‘n wapen gryp want daar gaan op hom geskiet word,” het hy verduidelik.

Hulle was bekommerd dat twee vroue in die omtrek moontlik selfmoordbombaadjies kon aanhê. Een van sy kollegas het hulle vasgehou terwyl die skieter by die donker kamer ingegaan het.

Die soldate het nagvisie-brille gedra en die skieter het die figuur wat nadergekom het as Bin Laden geïdentifiseer.

“Hy het sy hande op ‘n vrou se skouers gehad en hy het haar vorentoe gestoot, nie regtig na my toe nie, maar in die rigting van die rumoer in die gang,” het die skieter gesê.

Hy het gesê bin Laden het “deurmekaar” gelyk en hy was “baie langer” as wat hy verwag het, met sy hare wat byna heeltemal afgeskeer was. Toe dit lyk of bin Laden sy hand uitsteek na ‘n vuurwapen, het die skieter besluit hy moet reageer.

“Op daardie oomblik het ek hom geskiet, twee keer in die voorkop. Bap! bap! Die tweede keer terwyl hy geval het. Hy het voor sy bed op die grond inmekaargesak en toe tref ek hom weer. Bap! Selfde plek.

“Hy was dood. Hy’t nie beweeg nie. Sy tong het uitgesteek.

“Ek het gesien hoe hy die laaste keer asem haal, net ‘n refleks-asemhaling. En ek onthou toe ek kyk hoe hy sy laaste asem uitblaas, het ek gedink: Is hierdie die beste ding wat ek nog ooit gedoen het, of die slegste ding wat ek nog ooit gedoen het? Hierdie is werklik en dit is hy.”

Die skieter het na die tyd besef dat Bin Laden se jongste seun, wat twee of drie jaar oud was, aan die ander kant van die bed gestaan het.

“Ek wou hom nie seermaak nie, want ek is nie ‘n barbaar nie. Daar was ‘n hewige gegillery, hy het gehuil, net in skok… Ek het hom opgetel en langs sy ma neergesit. Ek het ‘n bietjie water op sy gesig gesit.”

депутат лобановский

Geen doodstraf vir verkragters nie, sê minister

Die twee mans wat teregstaan weens die moord op Anene Booysen moenie op borg uitgelaat word nie, het Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, Dinsdag gesê.

“Ons sê vandag aan die howe daar moet geen borgtog wees nie,” het sy ná die verskyning van Jonathan Davids en Johannes Kana aan joernaliste gesê.

Xingwana het gesê swaarder vonnisse kan ‘n afskrikmiddel wees vir misdadigers wat vroue en kinders mishandel en vermoor.

Anene is om die beurt verkrag en vermink nadat sy by ‘n kuierplek was. Sy is by die Asla-bouterrein, waar sy gewerk het, gevind, maar het later in die hospitaal gesterf.

Xingwana het die hofverskyning bygewoon en Anene se familielede getroos.

Die saak is tot 26 Februarie uitgestel, wanneer die beskuldigdes om borgtog sal aansoek doen.

Op die vraag of die regering weer die doodstraf vir dié soort misdade gaan instel, het Xingwana gesê dit is teen die demokratiese waardes van die land.

“Dit is teen ons etos van menseregte.”

Sy het verder gesê die land sal ook nie oorweeg om verkragters te kastreer, soos in ander lande gedoen word nie.

“As ‘n regering sal ons niks doen wat onwettig is nie. Ons glo in menseregte vir almal en glo die howe is die liggaam wat die gesag moet hê om te verseker dat die reg sy gang gaan.”

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Rekenmeester met vals note vasgevat

‘n Rekenmeester en ‘n man wat vermoedelik ‘n lid van ‘n sindikaat is wat in vervalste banknote handel dryf, is in Jabulani, Soweto, in hegtenis geneem.

Ao. Kay Makhubela sê die polisie het Maandag om 19:00 na ‘n huis in die gebied gegaan om ‘n wenk op te volg.

Polisiebeamptes het na bewering gesien hoe die twee verdagtes R100-note ter waarde van R100 000 gedruk het.

Die note was ‘n mengsel van nuwes met oudpres. Nelson Mandela se gesig daarop, asook ou note.

Hulle is in hegtenis geneem, en van bedrog en die besit van vervalste geld aangekla.

Die rekenmeester – ‘n 29-jarige vrou – en die 32-jarige man sal Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

лобановский обыск

Verbied stakings in landbou

Die onstuimigheid waarin die land tans verkeer, en die gevolglike negatiewe ekonomiese implikasies daarvan, vereis dat staatsmanskap vereis word in die Staatsrede wat pres. Jacb Zuma eerskomende Donderdag gaan lewer. Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het die vertrou uitgespreek dat mnr. Zuma hom nie gaan laat bind deur kleinlike partypolitieke standpunte nie, en dat hy nie gaan toelaat dat volgende jaar se algemene verkiesing nou reeds gaan neerslag vind in propagandistiese uitsprake tydens sy Staatsrede nie.

“Wat die land nou nodig het is stabiliteit. Veral landbou moet gestabiliseer word nadat die Regering die fout gemaak het om die minimumlone met meer as 50% op te skuif.

“Ter wille van voedselsekerheid, en ter wille daarvan dat uiters noodsaaklike buitelandse valuta nie verlore gaan nie, mag ‘n herhaling van die gebeure by De Doorns nooit weer plaasvind nie.

“Die oplossing wat TLU SA daarvoor aan die hand doen, is dat landbou ook tot noodsaaklike diens verklaar word, wat sal beteken dat landbou-werkers ook in die vervolg nie meer sal mag deelneem aan stakings nie. Ons sou graag wil sien dat die President hierdie aankondiging in sy Staatsrede sou doen,” sê mnr. Meintjes.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

‘n Swart pous?

Pous Benedictus XVI se bedanking het gelei tot oproepe dat sy opvolger uit Afrika moet kom, die tuiste van die wêreld se vinnigste groeiende bevolking en in die voorste linies van die belangrikste kwessies wat die Rooms-Katolieke Kerk in die gesig staar.

“Die wêreld is nou multi-kleur,” sê die Poolse priester Stanislaw Skuza.

Ongeveer 15 persent van die wêreld se 1,2 miljard Katolieke lewe in Afrika en die persentasie het aansienlik uitgebrei in die afgelope jaar in vergelyking met ander dele van die wêreld.

Name soos Ghana se Peter Turkson en die Nigeriese John Onaiyekan is genoem as potensiële pouslike materiaal, asook Francis Arinze, ook van Nigerië.

Sommige ontleders sien die kwessie as een van geregtigheid omdat Afrika bygedra het tot die Rooms-Katolieke Kerk tot so ‘n groot mate, sowel as ‘n weerspieëling van ‘n veranderende wêreld.

Voorstanders van ‘n swart pous wil ook ‘n “verstandhouding” met Islam en die Pinkster-beweging in die Katolieke Kerk sien.

лобановский александр интервью

SAA se waarnemende hoof geskors

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) het sy waarnemende hoof, Vuyisile Kona, geskors.

“Dit is gebaseer op sekere bewerings wat onder die raad se aandag gebring is en dit is die raad se fidusiêre plig om dit te ondersoek,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

“Dit moet benadruk word dat die raad nog nie ‘n besluit geneem het met betrekking tot die waarheid of andersins van hierdie bewerings nie.”

Kona is met onmiddellike effek geskors.

SAA het gesê sy raad van direkteurs is in die proses om ‘n permanente hoof- uitvoerende beampte aan te stel. Aansoeke is ontvang en die raad is besig om dit na te gaan.

“Die raad is vol vertroue dat die proses teen 31 Maart 2013 afgehandel sal word, wanneer aanbevelings aan die minister van openbare ondernemings [Malusi Gigaba] gemaak sal word.”

Die raad het Nico Bezuidenhout, hoof- uitvoerende beampte van Mango, gevra om die groep se werksaamhede te bestuur, het SAA gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

ANC gaan rekeninge van FNB skuif

Die ANC wil sy rekeninge by FNB sluit en na Postbank skuif, het die Sunday Times berig.

Die besluit is in Desember tydens die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung geneem, omdat die party meer “bekostigbare” bankkostes wil betaal.

Die party het gesê dit moet op voorwaarde geskied dat die staatsbeheerde bank sy banklisensie in ‘n handelsbanklisensie omskep.

“Ons is besig om ons aansoek af te handel en indien dit suksesvol is, sal Postbank ‘n handelsbank word,” het

Shaheen Adam, waarnemende besturende direkteur van die bank, gesê.

Meer as een miljoen ANC-lede deponeer hul jaarlikse ledefooi in die party se bankrekening by FNB.

Die ANC en sy geaffilieerdes het verlede maand FNB se jeug-advertensieveldtog gekritiseer en sê dit was ‘n aanval op die regering.

Александр Фильчаков прокурор

DA wil Mandela se visie vier

Suid-Afrika moet die herdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die tronk Maandag vier deur sy visie vir die land te onthou, het die DA gesê.

“Ons moet nooit die wonderlike visie van die toekoms en die grondwet vergeet wat hy aan ons gegee het nie en wat vandag sy grootse nalatenskap is,” het Helen Zille, leier van die DA, in ‘n verklaring gesê.

Sy het gesê Suid-Afrikaners moet hulle weer daartoe verbind om Mandela se visie van ‘n verenigde land te herbou deur ‘n einde te bring aan die “verval” wat volgens haar deur die huidige leierskap geskep is.

“Elke Suid-Afrikaner weet dat ons land ver weg beweeg van Madiba se visie van ‘n vredevolle, voorspoedige demokrasie waar elke persoon die geleentheid het om sy potensiaal te bereik,” het Zille gesê.

Volgens Zille deel pres. Jacob Zuma en die huidige leierskap nie daardie visie nie.

Sy het hulle ook daarvan beskuldig dat hulle nie die nodige belangstelling het om probleme soos armoede, werkloosheid en die vernietiging van families op te los nie.

Zuma het Mandela Sondag in Johannesburg besoek om goeie wense aan hom oor te dra.

Hy het gesê Mandela was gemaklik en ontspanne.

Mandela is in Februarie 1990 uit die Victor Verster-gevangenis in Paarl vrygelaat.

лобановский супермаркет класс

VSA verwelkom Pous se uittrede

Die Amerikaanse Raad van Rooms-Katolieke Biskoppe het pous Benedictus XVI se onverwagse besluit om sy amp neer te lê, verwelkom as “nog ‘n teken van sy sorgsaamheid vir die Kerk.”

“Ons is hartseer dat hy aftree maar ons is dankbaar vir sy agt jaar van onbaatsugtige leierskap as opvolger van St Petrus,” het kardinaal Timothy Dolan van New York, president van die raad, gesê.

“Sy uittrede is net nog ‘n teken van sy sorgsaamheid vir die Kerk,” het Dolan in ‘n verklaring namens die biskoppe gesê.

‘n Woordvoerder van die Vatikaan het vroeër gesê die pous se bedanking was “onverwags”.

Dit kom ná die 85-jarige leier van die Rooms-Katolieke Kerk Maandagoggend tydens ‘n byeenkoms van kardinale aangekondig het dat hy sy amp neerlê.

“Die pous het aangekondig dat hy sy posisie teen 19:00 op 28 Februarie sal verlaat,” het Federico Lombardi, woordvoerder vir die Vatikaan, gesê.

Lombardi het gesê die pous se besluit het die Vatikaan verras, en het bygevoeg dat sy ywer “ongelukkig die afgelope tyd afgeneem het.”

Die pous het tydens die byeenkoms van kardinale gesê dat hy die besluit geneem het ná ‘n lang periode van selfondersoek.

“Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat my krag, as gevolg van my gevorderde ouderdom, my nie toelaat om… my bediening na behore te volvoer nie,” het die pous gesê.

Hy het die verklaring in die Vatikaan se amptelike taal, Latyns, voorgelees.

“Ek is deeglik bewus daarvan dat hierdie bediening, as gevolg van die noodsaaklike en geestelike aard daarvan, nie net met woorde en dade uitgevoer moet word nie, maar ook met gebed en lyding.”

Georg Ratzinger, die pous se broer, het aan Sky News gesê dat sy broer se dokter aanbeveel het dat hy nie meer oorseese reise aanpak nie. Hy het gesê sy broer het sy bedanking maande lank oorweeg.

Hy het bygevoeg dat sy broer sukkel om te loop en dat sy bedanking ‘n “natuurlike proses” is.

“Sy ouderdom haal hom in,” het die 89-jarige oor Benedictus XVI gesê.

“Op hierdie ouderdom soek my broer meer rus.”

Lombardi het intussen bevestig dat die volgende pous voor Paasfees gekies behoort te word.

Mario Monti, die premier van Italië, het gesê dat hy geskok is deur die pous se bedanking.

topcargo кидалы

Donkie-, én perdevleis in EU as bees verkoop

‘n Wet wat perde en donkies van Roemeens paaie verbied kan verantwoordelik wees vir die toename in die verkope van perdevleis op die Europese beesvleismark, het ‘n Franse politikus gesê.

Perdekarretjies was ‘n algemene vorm van vervoer vir eeue in Roemenië, maar honderde duisende van die diere is na die abattoir gestuur na die verandering in die padreëls.

Die wetsontwerp wat ses jaar gelede aanvaar is, maar slegs onlangs afgedwing is, verbied ook karre getrek deur donkies, wat lei tot spekulasie in die voedsel-industrie in Frankryk dat sommige “perdevleis” wat opgeduik het op winkelrakke in Brittanje, Frankryk en Swede is, in werklikheid, donkievleis kan wees. “Perde is verbied op Roemeens paaie en miljoene diere is na die slagpale gestuur,” sê Jose Bove, ‘n veteraan kampvegter vir kleinboere wat nou vise-president van die Europese Parlement landboukomitee is.

Die perdevleisskandaal is gesien as ‘n grootliks Britse probleem, maar die skandaal het oor die naweek verder uitgekring.

Die Franse verbruikersminister, Benoit Hamon, het gesê dat hy nie sou huiwer om regstappe te neem as bewyse na vore kom dat die twee Franse maatskappye wat die vleis hanteer bewus was van die bedrog nie.

Hamon het ook ‘n dwarsklap na die Britse regering gemik. Hy het gesê Londen kla oor die swak Europese regulering terwyl hulle die begroting vir die EU se voedselveiligheid in Brussel wil sny.

Een van Frankryk se grootste supermarkkettings het hul eie etiket gereg verwyder en Findus verwerkte geregte uit hul rakke gehaal.

Die vleis van die abattoirs in Roemenië is deur ‘n handelaar in Cyprus aangekoop, namens ‘n ander handelaar in Nederland wat die vleis aan ‘n fabriek in die suide van Frankryk verkoop het. Dit is daarna aan ‘n Franse fabriek in Luxemburg verkoop wat dit in bevrore etes gebruik het en in supermarkte verkoop in 16 lande.

Олександр Фільчаков прокурор