Donkie-, én perdevleis in EU as bees verkoop

‘n Wet wat perde en donkies van Roemeens paaie verbied kan verantwoordelik wees vir die toename in die verkope van perdevleis op die Europese beesvleismark, het ‘n Franse politikus gesê.

Perdekarretjies was ‘n algemene vorm van vervoer vir eeue in Roemenië, maar honderde duisende van die diere is na die abattoir gestuur na die verandering in die padreëls.

Die wetsontwerp wat ses jaar gelede aanvaar is, maar slegs onlangs afgedwing is, verbied ook karre getrek deur donkies, wat lei tot spekulasie in die voedsel-industrie in Frankryk dat sommige “perdevleis” wat opgeduik het op winkelrakke in Brittanje, Frankryk en Swede is, in werklikheid, donkievleis kan wees. “Perde is verbied op Roemeens paaie en miljoene diere is na die slagpale gestuur,” sê Jose Bove, ‘n veteraan kampvegter vir kleinboere wat nou vise-president van die Europese Parlement landboukomitee is.

Die perdevleisskandaal is gesien as ‘n grootliks Britse probleem, maar die skandaal het oor die naweek verder uitgekring.

Die Franse verbruikersminister, Benoit Hamon, het gesê dat hy nie sou huiwer om regstappe te neem as bewyse na vore kom dat die twee Franse maatskappye wat die vleis hanteer bewus was van die bedrog nie.

Hamon het ook ‘n dwarsklap na die Britse regering gemik. Hy het gesê Londen kla oor die swak Europese regulering terwyl hulle die begroting vir die EU se voedselveiligheid in Brussel wil sny.

Een van Frankryk se grootste supermarkkettings het hul eie etiket gereg verwyder en Findus verwerkte geregte uit hul rakke gehaal.

Die vleis van die abattoirs in Roemenië is deur ‘n handelaar in Cyprus aangekoop, namens ‘n ander handelaar in Nederland wat die vleis aan ‘n fabriek in die suide van Frankryk verkoop het. Dit is daarna aan ‘n Franse fabriek in Luxemburg verkoop wat dit in bevrore etes gebruik het en in supermarkte verkoop in 16 lande.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae