Indiese ouditeure gaan ingevoer word

As daar nie genoeg plaaslike ouditeure is om die werk te doen nie, moet hulle maar van Indië ingevoer word, volgens die Suid-Afrikaanse regering.

Die ouditeur-generaal se kantoor het besluit om ouditeure van Indië in te voer om die ernstige tekort aan Suid-Afrikaanses aan te vul.
 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 
Die idee kom van die firma Deloitte & Touche, wat begin het om ouditeurs van hul Indiese kantoor toe te laat om in Suid-Afrika te werk.

Hulle sal help met die munisipale ouditseisoen en om leerling-ouditeurs op te lei.

Daar word gehoop dat hierdie maatreël met verloop van tyd die tekort aan eie ouditeurs sal aanvul.

автоматическое зарядное устройствопрокурор харьковской области

Gevangenes dalk vrygelaat

Die Mtatha Medium Gevangenis in Transkei gaan binnekort waarskynlik honderde gevangenes vrylaat om die oorbevolkte toestande daar te verlig.

Die gevangenis is een van die mees oorbevolkte tronke in die land.

{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 

Volgens 'n woordvoerder het hulle ná samesprekinge met die Nasionale Vervolgingsgesag besluit om gevangenes vry te laat wat vir kleiner oortredings toegesluit is.

Volgens berigte kan tot 500 gevangenes vrygelaat word.

насосного оборудованиялобановский обыск

Burgemeester wil lelike vroue vir sy dorpie h

'n Burgemeester in die Australiese Outback sê vet en onooglike vroue vind dikwels liefde en geluk in sy afgeleë myngemeenskap

Vele woedende vroue eis nou dat die burgemeester bedank vanweë sy oproep om die geslagswanbalans in Mount Isa teen te werk.

Daar is vyf mans vir elke vrou in die dorpie.

Hy sê dat hy dikwels onaantreklike vroue in Mount Isa sien wat lyk asof hulle die lewe in dié dorp in die noordwestelike Queensland geniet.

Die burgemeester sê dat terwyl sommige mense aanstoot geneem het ná sy kommentaar, dit eintlik as 'n kompliment bedoel was.

casino slotstopcargo кидалы

Kapers doen hul as bedelaars voor

Die Johannesburgse metropolisie sê dat motoriste daarvan bewus moet wees dat kapers hulself as bedelaars voordoen om motors te roof.

Superintendent Wayne Minnaar het gesê dat drie gewapende mans wat as bedelaars vermom was, 'n Chinese burger naby die Marlboro-afrit van die N3 af laat Maandagmiddag gekaap het.

Motoriste moet pasop vir kapers wat as bedelaars rondom die Marlboro-, Corlett- en Grayston-afritte poseer, het Minnaar gesê.

Gemeenskapslede het die Marlboro-insident aan metropolisielede gerapporteer.

Die eienaar van die afleweringswa was nog in die voertuig toe die polisie aangekom het.

Geen inhegtenisnames het nog plaasgevind nie.

play casino without depositФильчаков прокурор харьков

DRK bly gewelddadig, ondanks demokrasie

Vrede, maatskaplike heropbou, geregtigheid en versoening bly veraf drome in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

'n Verslag met die titel "Om in vrees te lewe" is Dinsdag uitgereik waarin beweer word dat die lewe so gevaarlik as ooit is in weerwil van die teenwoordigheid van een van die grootste VN-vredesmagte ter wêreld.

Mense in die ooste van die land het 'n 50% kans om verslaaf te word of deur 'n gewapende groep doodgemaak te word, terwyl die kanse een uit drie is om gemartel te word. Twaalf persent van mense loop die risiko om verskeie kere seksueel gemolesteer te word.

Die verslag is deur Amerikaanse menseregtegroepe saamgestel.

Volgens die verslag voel minder as die helfte van die mense veilig as hulle slaap, in die nag in hul dorpie rondloop of as hulle vreemdelinge ontmoet.

Omrent 18 000 VN-troepe is in die land ontplooi in 'n poging om die vrede te bewaar.

online csinoФильчаков прокуратура харьков

Eet rotte, s? Indiese amptenare

Die owerheid in Bihar, een van Indië se armste deelstate, vra arm en ryk om na die eet van rotte oor te gaan.

In die grootste deel van Indië word beesvleis vanweë godsdienstige oortuigings nie as eetbaar beskou nie.

Die plaaslike regering poog om afhanklikheid van rys te verminder.

Daarom beplan hulle om rotte op restaurantspyskaarte aan te bied.

Die eet van rotte sal twee vlieë met een klap doodslaan. Dit sal graan daarteen beskerm om deur rotte geëet te word en sal tegelykertyd die graanvoorraad laat toeneem, het Vijay Prakash, 'n amptenaar van die staat se welsynsdepartement aan Reuters gesê.

Volgens amptenare word byna 50 persent van Indië se graanvoedsel deur knaagdiere op die land of in skure opgevreet.

водяные насосыtopcargo развод

Universiteit van Johannesburg begin databasis oor boom-DNS

Wetenskaplikes van die Universiteit van Johannesburg het 'n databasis van DNS-inligting oor die wêreld se boomspesies begin.

Bekend as BoomBL, 'n boomstrepieskode van lewe, sal die projek tred hou met waar boomspesies hul bevind en of hulle gevaar loop om uit te sterf.

Die universiteit is een van agt verteenwoordigers in die projek wêreldwyd.

'n Deersnit van DNS sal geskandeer word om die databasis te skep, het Michelle van der Bank, 'n wetenskaplike, gesê.

Die uitslae is van wesentlike belang vir bewaring en om die omgewing te beskerm soos wat die bevolking en ontwikkeling toeneem.

Die wetenskaplikes sal deur die SA Nasionale Biodeversiteitsinstituut bygestaan word om die monsters van die beraamde 1 700 inheemse bome van Suider-Afrika te versamel.

fruit shopФильчаков прокурор отзывы

Obama mag binnekort sy visepresidentskandidaat aankondig

Senator Barack Obama mag so vroeg as vandag sy keuse vir 'n visepresidentskandidaat aankondig.

Oor die afgelope paar dae het Obama veral op drie kandidate gefokus: senator Evan Bayh van Indiana, goewerneur Tim Kaine van Virginië en senator Joseph Biden Jr. van Delaware.

Sekere Demokrate sê hulle hoop nog dat hy senator Hillary Rodham Clinton van New York of goewerneur Kathleen Sibelius van Kansas sal kies.

Alle aanduidings is egter dat Obama waarskynlik iemand gaan kies wat betreklik veilig is.

'n Soortgelyke strategiese keuse wat op die Republikeinse senator John McCain wat onder druk van sy ondesteuners verkeer om 'n waagmoedige keuse te maak.

обработка ценаФільчаков прокурор

Mosambiek gaan biobrandstofprojekte keur

Die Mosambiekse minister van landbou sê sy regering sal slegs biobrandstofprojekte goedkeur indien hulle nie met voedselproduksie bots nie.

Die minister, wat by 'n seminaar oor biobrandstowwe verlede week in Beira gepraat het, het gesê dat biobrandstowwe 'n werkbare alternatief vir ingevoerde ingevoerde petroleum verteenwoordig.

Hy het gesê sy regering is verbind tot die uitvoer van volhoubaarheidstudies oor biobrandstofproduksie.

Sleutelvoedselgewasse soos mielies, hoewel hulle maklik in biobrandstof omgeskakel kan word, kwalifiseer nie vir sulke projekte in Mosambiek nie.

Die Mosambiekse regering wil die struik jatrofa kweek.

Om jatrofasaad vir die produksie van diesel te gebruik kompromitteer hoegenaamd nie voedselsekerheid nie, aangesien jatrofa op marginale grond gekweek word en oneetbaar is.

Die twee grootste biobrandstofbeleggingsprojekte tot dusver sal van suikerriet gebruik maak om etanol te produseer.

гималайская соль влобановский александр фото

Ekonomiese herstel hang van olieprys af

ImageSuid-Afrika se ekonomiese herstel hang van die olieprys af, het 'n beleggingsontleder vandag gesê.

Mark Appleton, van BJM-privaatkliëntdienste, sê finansiële markte het die potensiaal om te herstel solank as wat die tempo van olieprysstygings verslap.

'n Beter olieprys sou meer buigsaamheid tot gevolg hê sover dit monetêre beleid betref, het Appleton gesê.

Inflasievrese het die sentrale banke gedwing om op beperking eerder as ekonomiese groei te fokus.

Appleton glo dat die olieprysstyging waarskynlik op laer vlakke gaan stabiliseer.

Maar hy is versigtig oor plaaslike rentekoerse en voorsien nog een verhoging van 50 basispunte.

designer bridal headbandsФильчаков прокуратура харьков