‘Steel dit, dit is hier’

Rowers op die Kaapse Vlakte gebruik na bewering hul eie weergawe van die bekende slagspreuk tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, naamlik “steel, is dit hier.”

Hulle gaan rond en beroof mense met veelbeprese “feel it, it is here”.

Misdadigers, veral in die Khayelitsha-gebied, gebruik die slagspreuk wanneer hulle inwoners besteel.

Ander blaas na bewering vuvuzelas voordat hulle hul slagoffers beroof.

‘n Inwoner wat verlede Donderdag deurgeloop het, het aan die Daily Voice vertel rowers het aan hom gesê: “Feel it, it is here” minute voordat hulle sy selfoon gesteel het.

Nog ‘n inwoner Michael Matyeni, 58, sê hy het al gehoor het van die Wêreldbeker-sokkertoernooi rowers.

“Ek het ook gehoor tydens wedstryde blaas ‘n groep mense hul vuvuzelas en wanneer iemand dink hulle is vrolike ondersteuners, lei hulle hul na’ n donker hoek en beroof hulle.”

Inwoners waarsku dat hulle “wil hê mense wat na wedstryde in die nag gaan, moet ekstra versigtig wees, en nie alleen buite rondloop” waar hulle woon nie.

магазин детской игрушкиданильченко юрій броніславович

Amerikaanse toeriste in huis aangehou

‘n Inbreker het gedreig om Amerikaanse toeriste dood te maak nadat hulle hom in hulle vakansiehuis in Kampsbaai betrap het, het die hof Saterdag gehoor.

Steven Davis, Amerikaanse toeris met besoek aan Suid-Afrika vir die Wêreldbekersokkertoernooi, het aan die hof gesê dat John Mthambo (31) hom en sy vriende met ‘n mes gedreig het.

Mthambo is in die vakansiehuis betrap toe Davis en sy vriende van ‘n sokkerwedstryd teruggekeer het tuis.

Volgens Godland Rossouw, wat die toeriste die betrokke aand rondgery het, het Mthambo gedreig om almal dood te maak as hulle nie dadelik die huis verlaat nie.

Rossouw het vertel dat hy aanvanklik gedink het dit is ‘n grap toe iemand hom gewaarsku het dat daar ‘n inbreker in die huis is.

Hy het ook getuig dat Mthambo ‘n mes by hom gehad het.

Mthambo is aangekla van huisbraak. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Davis het op 14 Junie in Suid-Afrika aangekom vir die toernooi en saam met vriende ‘n huis in Kampsbaai gehuur.

купить детские игрушки в украинеданильченко юрий брониславович прокурор

Volksmoordaanhitsing kring wyer uit

Teksboodskappe waarin swartes aangehits word om blankes te vermoor en agterna “video’s daarvan op YouTube te plaas” word landwyd versend en werkers by ‘n onderneming op Tzaneen het dit aan hul werkgewer kom toon.

Gerugte dat daar ná die wêreldbeker aanvalle op sowel blankes as buitelandse swartes mag plaasvind, loop tans wyd. ‘n Praag-verslaggewer het Zimbabwiese kelners in Johannesburg hieroor ondervra en elkeen het spontaan bevestig dat daar groot kommer onder buitelandse swartes heers oor wat ná die sokkerwêreldbeker mag plaasvind.

Dieselfde vrese as in Johannesburg is deur Zimbabwiërs bevestig wat op verskillende dorpe in die Limpopo-provinsie ondervra is.

Blankes se ‘gunstelinge’

Op die vraag waarom Suid-Afrikaanse swartes veral Zimbabwiërs haat, is geantwoord: “Hulle sien ons as die blankes se gunstelinge. Ons werk harder en daarom verkies ondernemings en restaurante om ons aan te stel. Ons gaan lê ook nie klagtes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie nie. Die Suid-Afrikaners is vas oortuig dat ons hulle van werk ontneem.”

Zimbabwiërs ondersteun oor die algemeen die Suid-Afrikaanse sokkerspan of ander Afrikaspanne. Maar sodanige steun maak blykbaar geen verskil aan die xenofobiese gevoelens wat Suid-Afrikaanse swartes teenoor buitelanders koester nie.

“Die Suid-Afrikaners is lui. Hulle kan nie met ons meeding nie en daarom wil hulle ons uit die land verdryf,” sê Maria, ‘n Zimbabwiër wat in Bellevue, Johannesburg saam met haar man en twee kinders woon.

“Die Suid-Afrikaners word ook deur die blankes bedreig,” gaan sy voort. “Ons het aan die ander kant ‘n baie goeie verhouding met die Suid-Afrikaanse blankes. Hulle is intelligent en ondernemend. Ons voel glad nie deur hulle bedreig nie en word oor die algemeen goed behandel. Maar elke dag as ek die taxi werk toe neem, vrees ek vir my lewe tussen die Suid-Afrikaanse swartes.”

Sy sê die polisie dreig Zimbabwiërs gereeld en daarom meen sy die aksie word deur die leierskap in die ANC gedryf.

автодиагностика купить ценаtopcargo

Suez gesluit vir duisende Amerikaanse en Israelse soldate

Egipte het ten minste ‘n Israeliese en 11 Amerikaanse oorlogskepe deur die Suez-kanaal deurgelaat om ‘n Iranse flottielje wat tans na Gasa vaar, te begroet. Egipte het die kanaal gesluit om die duisende soldate te beskerm, volgens die Britse Arabiese-taligekoerant Al Quds al-Arabi.

Internasionale ooreenkomste vereis dat Egipte die Suez moet oophou selfs vir oorlogskepe, maar die armada, gelei deur die USS Truman met 5 000 matrose en mariniers, is die grootste in jare. Egipte het die kanaal vir vissers- en ander bote gesluit toe die armada verby die strategiese gang wat die Middellandse See en Rooi See verbind, beweeg het.

Ten spyte van Egipte se weiering om die kanaal te sluit vir Iranse vaartuie, kan die goedkeuring vir die Amerikaans-Israeliese vloot ‘n waarskuwing aan Iran wees dat hulle militêre opposisie in die gesig staar as die Iranse Rooikruisskip op koers bly na Gasa.

Die skepe kan hulle reg om die Iranse boot vir die onwettige vervoer of wapens te inspekteer, uitoefen. Newsweek berig dat Egiptiese owerhede die Iranse skip vir weke kan ophou, met behulp van tegniese verskonings, soos dat alle amptelike dokumente vertaal word van Persies in Arabies.

Die tydskrif se webwerf het ook berig dat die Iranse vloot die swakste deel van hulle gewapende magte is. Teheran het alreeds ingekalwe nadat hulle eers aangekondig het dat die Iranse skepe van “vrywilliger mariniers” van die Iranse Rewolusionêre wag gebruik gaan maak om die vaartuig te vergesel.

Die Iraanse nuuswerf Hamsayeh.net beweer “die skuif hou verband met die VSA se self-toegediende embargo teen Iran wat gemik is daarop om skepe vir verdagte goedere wat verband hou met die land se kernprogram te inspekteer.”

Israel kan dalk teenstand vanuit Libanon ook verwag, volgens ingeligte militêre bronne.

Israel het die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, gewaarsku dat Israel militêre mag sal gebruik, indien nodig, om die bote om te stop. Een vaartuig dra ongeveer 70 vroue passasiers asook bemanning georganiseer deur Hizbullah-ondersteuner Samar Al-Hajj. Haar man is een van verskeie tronkverdagtes wat betrokke is by die moord van voormalige Libanese eerste minister en anti-Siriese voorstander Rafik Hariri.

Al Hajj verlede maand met Hizbullah leier Hassan Nasr gesprek gevoer.

зарядное устройствоФільчаков Олександр Васильович

Zuma belowe R15 miljard se huise

Die regering beoog om R15 miljard op behuising te spandeer, het president Jacob Zuma aangekondig. 

Zuma het dié aankondiging by die opening van ‘n behuisingsprojek in Oos London gemaak.

Die president het die loods van 8 000 behuisingsprojekte landwyd bekend gemaak.

“Ons gaan ook baie van die 2 700 plakkerskampe wat langs stadsgebiede ontstaan het ombou om die lewensgehalte van inwoners te verbeter,” het die president belowe.

Volgens Zuma konsentreer die departement van menslike nedersettings daarop om behuising te bied in areas wat naby ekonomiese geleenthede, vervoer en stedelike gebiede is.

Zuma het ‘n beroep op die jeug gedoen om self verantwoordelikheid te neem vir die verbetering van dié plakkerskampe deur bome, plante en groentetuine te plant.

“Dit is ons verantwoordelikheid om te bewys dat groen woonbuurte oral moontlik is,” het hy gesê.

jackpot casinoФільчаков Олександр Васильович

Australiese mynbase soek in midde-Afrika

‘n Vliegtuig met ‘n groep Australiese mynbase aan boord het op pad van Kameroen na die Demokratiese Republiek vand die Kongo verdwyn, het hul maatskappy Sondag gesê.

Australië se Sundance Resources het gesê die betrokke huurvliegtuig het nie Saterdag by sy bestemming in die Kongo aangekom nie en is as vermis aangemeld.

“Die vliegtuig het nege passasiers aan boord gehad, hoofsaaklik van Sundance Resources,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. Die personeel het die maatskappy se ystererts-projek in Kameroen en die Kongo besoek.

“‘n Omvattende lug- en grondsoektog, gekoördineer deur die Kameroen-weermag, sal met eerste lig Sondag begin. ‘n Kongolese vliegtuig sal ook gebruik word in die soektog na die vermisde vliegtuig.”

Die maatskappy sal later nog inligting bekend maak.

деревянные светильникиДанильченко Юрий Брониславович

9 uit 10 vlugtelinge uit Zim na SA

Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap, UNHCR, het Vrydag gesê Zimbabwiërs is bo aan die lys van mense wat vlugtelingstatus oorsee soek. 

Volgens die UNHCR toon die jongste verslae dat 158 200 Zimbabwiërs verlede jaar van die land se onsekere politieke en ekonomiese toestande probeer vlug het deur vir vlugtelingstatus aansoek te doen.

In vergelyking het sowat 48 600 mense van Mianmar, ook bekend as Burma, aansoek gedoen vir vlugtelingstatus.

Ná Mianmar was daar 39 000 Afghane, 39 000 Colombiane en 37 900 Somaliërs.

Volgens die verslag het nege uit elke 10 Zimbabwiërs wat vlugtelingstatus soek, skuiling in Suid-Afrika geneem.

купить липецк ключиФільчаков прокурор

Polisieman by Fifajolkol met dwelms betrap

‘n Polisieman van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat heroïne en kokaïne in sy besit gevind is by die Fifa-jolkol in Durban, het die polisie Donderdag gesê.

“Hy het die dwelms, vyf selfone en R10 000 in sy motor gehad,” het lt. kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisieman was glo nie aan diens gewees nie en onder die invloed van alkohol.

Na bewering sal die verdagte Donderdag in Durban in die landdroshof verskyn.

песочный насос для бассейна купитьФильчаков прокурор

Polisie gaan vir veiligheid by stadions moet betaal

Die polisie gaan ten minste R100-miljoen moet uithaal om vir die veiligheid by vier Wêreldbekersokkerstadions te betaal.
Polisie ondersoek ook beweerde sabotasie deur mededinger sekuriteitsmaatskappye agter die massiewe sekuriteitswagstaking tydens die Wêreldbeker hierdie week. 

Die Mail & Guardian berig hulle het betroubaar verneem dat die polisie se misdaadintelligensie die moontlikheid ondersoek dat een of meer van die sekuriteitmaatskappye wat nie die tender om beskerming te lewer aan die toernooi kon inpalm nie, die protes kon aangehits het.

Die staking, wat gelei het tot die ontslag van werknemers Donderdag, het ook daartoe gelei dat die polisie die hele veiligheidsoperasie by Soccer City en Ellispark in Johannesburg, Groenpuntstadion in Kaapstad en Moses Mabhida-stadion in Durban, oorgeneem het.

Die M & G het verder vasgestel dat die regering nou meer as R100-miljoen sal moet opdok om polisiebeamptes wat verantwoordelikheid aanvaar vir die stadion, te betaal – ‘n uitgawe wat blykbaar eerder deur Fifa en die plaaslike reëlingskomitee vereffen behoort te word.

Die polisiebeamptes, ‘n aantal wat nog opgelei word, mag nie oor die nodige ervaring beskik om beheer van die skare by byeenkomste soos die Wêreldbeker te verseker nie.

Volgens Fifa se veiligheidsriglyne, is die wedstrydorganiseerder, in hierdie geval die reëlingskomitee (LOC) en Fifa self, verantwoordelik vir die veiligheid by stadions op die dag van die wedstryde.

Rich Mkhondo, die LOC se woordvoerder het geweier om dit te erken, en gesê: “Ek sal nie vrae oor die stadion se sekuriteit beantwoord nie. Vra iemand anders.”

Donderdag was dit steeds onduidelik of die LOC of Fifa die polisie sou betaal en, by implikasie, die Suid-Afrikaanse regering vir die R100-miljoen bestee aan die polisie se sekuriteit by die vier stadions.

gold hair combданильченко юрий брониславович прокурор

Volatiele aarde

Met die jaar wat na die halfpadmerk aanstap, was daar reeds kort-kort nuus oor aarbewegings, sommiges sterk en sommiges verwoestend.

Die aarde is ten minste 33 keer vanjaar reeds in skuddings van sterker as 3,8 op die Richterskaal geskud. Die sterkste, wat Chili geskud het, was 8,8.

Wat miskien ‘n joernalis of twee sal inspireer om kenners te skakel, is dat vier van die nege wat vanjaar sewe of meer op die Richterskaal geregistreer het, sedert die begin van Mei hul ding gedoen het. Hierdie vier het almal in ‘n lyn tussen Indië en Japan voorgekom.

Kalifornië is reeds vyf keer vanjaar geskud, hoewel nie een keer baie sterk nie. Op 4 April is die Meksikaanse Baai van Kalifornië egter met ‘n skudding van 7,2 geskud, aansienlik sterker as die 7 wat vir die Haïtiaanse ramp aan die begin van die jaar verantwoordelik was.

запчасти на насосные станциитопкарго отзывы