Student dood na geweld op kampus

‘n Twintigjarige student is Maandag dood nadat geweld by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha op die kampus uitgebreek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Hy was op die dak van ‘n kampusgebou saam met talle ander studente,” het lt. kol. Mzukisi Fatyela gesê.

“Sommige van hulle het klippe na die polisie gegooi.”

Die student het blykbaar op ‘n plastiek-daklig getrap wat meegee het en deur die opening geval.

Dertien ander studente is in hegtenis geneem vir openbare geweld.

“Hulle het paaie afgesper met vullisdromme, ystergrendels en ander dinge,” het Fatyela gesê.

“Hulle is uiters gewelddadig. Hulle het eiendom beskadig, bande en vraestelle verbrand en klippe na die polisie en ander mense gegooi.”

Fatyela het gesê polisievoertuie is beskadig, maar geen beserings is aangemeld nie.

Die polisie het rubberkoeëls op die skare afgevuur om hulle uitmekaar te probeer jaag.

Ongeveer 1 000 studente betoog sedert 06:00 op die Nelson Mandela Rylaan-kampus, het hy gesê.

Fatyela het gesê die studente eis dat hulle deurgesit word, al het hulle hul toetse gedruip. Die skare het om 15.40 begin verdaag.

данильченко юрій броніславович компромат

‘Rassehaat kan tot Obama-moord lei’

In ‘n vurige lesing aan duisende volgelinge van die Nasie van Islam Sondag in Chicago, het pastoor Louis Farrakhan gewaarsku dat rassehaat kan lei tot pogings om president Barack Obama te vermoor.

Farrakhan het heelwat van sy toegespreek gewy aan wat hy as Satan se invloed oor die rassistiese kragte in die politiek en die samelewing beskryf het, voordat hy ‘n skerp retoriese vraag gevra het: “Dink julle hulle is sleg genoeg om ons broer se moord te beplan, soos ons hier praat?”

Farrakhan het sy toespraak voor ‘n entoesiastiese skare van aanhangers gelewer  by die Nasie van Islam se jaarlikse vieringe van Reddersdag, wat die geboorte van die geloof se stigter, W. Fard Mohammed herdenk. Vanjaar se gebeure was die 82ste jaar van die godsdiens se bestaan ​​in Noord-Amerika.

Met sy wysvinger in die lug bokant hom en sy stem dikwels verhef tot ‘n verontwaardigde gegil, het Farrakhan, 78, sy boodskap aan ‘n skare van mans in donker pakke met strikdasse en vroue in glinsterende wit togas en serpe oorgedra.

Hy het vir meer as drie uur oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe gepraat, van die Amerikaanse buitelandse beleid, wat daarop dui dat 9/11 ‘n regeringsbeplande verskoning vir die oorlog in die Midde-Ooste was, onlangse uiterste weerstoestande en ‘n aanval op moeders wat hul kinders kos uit McDonald’s voer. Hy het ook herhaaldelik teruggekeer na ‘n onderwerp wat intense polemiek in die verlede veroorsaak het: Die invloed van Jode in die politiek en die media.

Farrakhan het ‘n onderskeid tussen die edele Jode en volgelinge van “die sinagoge van die Satan,” getref en verwys na ‘n onlangse voorval waarin die uitgewer van ‘n Joodse tydskrif voorgestel het dat Israeliese veiligheidsmagte Israel kan help bewaar deur Obama te vermoor. Hy het Israel se beleid aangeval, asook vermeende Joodse invloed in die VSA.

“Die Joodse volk was nie die oorsprong van Hollywood nie, maar hulle het dit oorgeneem,” het hy gesê, en die vermaaklikheidsbedryf vir die land se losse sedes verkwalik.

Hy het gewaarsku teen enige moontlike militêre optrede in Iran. Die skare het hom luid toegejuig toe hy voorgestel het dat hulle as “gewetensbeswaardes” weier om deel te neem aan ‘n oorlog teen Iran.

Hy het weer die moord van die Libiese leier Moeammar Gadaffi veroordeel. Farrakhan was vriende met die afgestorwe diktator, en die Nasie van Islam se hoofkantoor is 40 jaar gelede met ‘n $3 miljoen-lening van Gadaffi gekoop.

Farrakhan het ook voorgestel dat Osama bin Laden vermoor is deur die Amerikaanse magte, in plaas van om hom vir ondervraging aan te hou, want die regering was nie in staat gewees het om al hulle aantygings teen hom te bewys nie.

“Amerika is op haar sterfbed het die lewensaanduidings van Amerika is nie goed nie,” het hy gesê.

Ter afsluiting van sy toespraak, het Farrakhan ‘n paar minute geneem om Obama se politieke situasie met dié van Abraham Lincoln te vergelyk, wat na ‘n tweede termyn vermoor is, en voorgestel dat ‘n moordkomplot teen Obama deur ‘n persoon onderneem sal word wat die skuld vir ‘n wyer sameswering sal verdoesel.

“Ek glo hulle wil ‘n Moslem kry om president Obama te vermoor,” het hy gesê.

александр лобановский супермаркет класс

Kommandokorps ontken rassisme

Die Kommandokorps het Maandag ontken dat die groep se paramilitêre kampe jeugdiges teen swart mense geïndoktrineer het.

“Geen uitsprake van haatspraak word ooit gemaak nie. Kadette word geleer om hul eie taal, kultuur, tradisies, godsdiens en ras lief te hê. Dit is in die grondwet,” het Franz Jooste, uitvoerende direkteur van die groep, Maandag in ‘n verklaring gesê.

Die verklaring kom ná ‘n berig in die Mail & Guardian oor ‘n nege dae lange kursus wat deur jong seuns tussen die ouderdomme van 13 en 19 bygewoon word.

Tydens die kamp word die seuns oor rasseverskille ingelig. Daar word onder andere beweer dat swart mense ‘n kleiner serebrale korteks as wit mense het en daarom nie ininsiatief kan neem nie en ook nie na behore kan regeer nie.

Die seuns is ook aangesê om ‘n Suid-Afrikaanse vlag as ‘n deurmat te gebruik.

Een van die seuns wat deur M&G genader is, het gesê hy het twee swart vriende gehad. Teen die einde van die kursus was die seun nie seker of hulle meer vriende kan wees nie, lui die berig.

Een seun is deur sy enkelmoeder gestuur sodat hy meer tyd om mans kan spandeer. Nog een wil in staat wees om sy gesin te beskerm en ‘n ​​ander het gehoop dat dit sy “verfballoopbaan” kan verbeter.

Jooste sê alhoewel kulturele verskille tydens die opleiding beklemtoon word, word dit gedoen “met die doel dat hierdie verskille oor ‘n breë spektrum verstaan word.”

In die Kommandokorps se nuutste video word die kadette ontmoedig om ander rasse te haat, het Jooste gesê.

Sy kursus is soortgelyk aan talle infanteriekursusse regoor die wêreld en hy het bygevoeg dat hy ‘n brief het waarin die polisie sy kursus goedgekeur het.

Dit sluit in, volgens die verslag, die dra van weermaguniform, stewels en om houtbalke rond te dra.

Jooste het ook uitgevaar teenoor AfriForum se kritiek teen die Kommandokorps. Hy sê die burgerregtegroep het nog nie veel gedoen om plaasmoorde te verhoed nie.

“AfriForum moet by SY werk bly en die Kommandokorps sal by SY werk bly,” het Jooste gesê.

Kallie Kriel, hoofbeampte van AfriForum, sê die behandeling van jeugdiges was “immoreel” en “onverskoonbaar”.

Die Menseregtekommissie sê hy sal M&G se berig bespreek voordat hy enige uitspraak lewer, het Vincent Moaga, ‘n woordvoerder vir die MRK, gesê.

топкарго

‘Jeugliga-verbod het regses losgelaat’

Die verbod op ‘n “radikale stem” binne die ANC het die vertroue van regse leiers wat glo dat swart mense geen aandeel in die land het nie, versterk, het die ANC-jeugleier Julius Malema gesê.

“Hulle sê dat Suid-Afrika nie aan ons behoort nie en hulle sê so omdat hulle weet dat die radikale stem van die African National Congress verbode is,” het Malema aan ‘n skare by die liga se eeufeesbyeenkoms in Kliptown in Soweto Sondag gesê.

“Hulle het begin met die liedjies en ons het gedink hulle speel, Hulle het ons vertel ons kan nie die bevrydingliedjies sing nie, want hulle het stadig vertroue gewen.”

Op 12 September, is Malema skuldig bevind aan haatspraak vir die sing van “dubul ‘ibhunu” (“skiet die Boere”), in die Hooggeregshof in Johannesburg nadat die Afrikaner burgerregte-groep AfriForum Jeug beweer het dat wit boere kwesbaar voel vanweë die liedjie.

Met verwysing na onlangse kommentaar deur die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder, het Malema gesê: “Ons word nou deur ‘n regse, die leier van ‘n rassistiese organisasie, vertel ons hoort nie in hierdie land nie, dit is nie ons land nie.”

Mulder, wat ook die adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye is, het onlangs gesê daar is voldoende bewyse dat daar geen Bantoe-sprekende mense in die Wes-Kaap en Noord-Wes-Kaap, wat 40 persent van Suid-Afrika se grond verteenwoordig, was nie.

Hy het gereageer op argumente dat wit mense kwansuis grond “gesteel” het.

Malema het die ANC-leierskap daarvan beskuldig dat hulle wegskram daarvan om Mulder in sy plek te sit. Dit was ten spyte daarvan dat president Jacob Zuma en die ANC-sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, vroeër in die week gesê het dat Mulder “probeer om die geskiedenis te herskryf”.

“Ons leierskap het in plaas van om hom deeglik op sy plek te sit, hom vermy … Hy kan nie vermy word nie,” het Malema gesê onder dawerende toejuiging van ondersteuners wat versamel het in die versengende hitte.

Hy het gewaarsku dat indien die leierskap van die ANC nie bereid is om die grond te verdedig nie, dan sal die “ekonomiese vryheidsvegters” dit verdedig.

“Ons sal nooit Madiba teleurstel (oud-president Nelson Mandela) nie… Ons sal nooit uitverkoop [sell out] waarin hy geglo het nie,” het Malema gesê.

“Dit is ons land en ons ken die geskiedenis van hierdie land. Ons weet die setlaars het ‘n swart volksmoord gepleeg, dat hulle swartes vermoor het terwyl hulle hierdie grondgryp gepleeg het.

“Hulle het grondeienaars in slawe van hierdie grond verander en vandag het hulle die moed om ons te vertel dit is nie ons grond nie na die moord op ons grootouers, nadat hulle dit van ons gesteel het.”

In ‘n onderhoud met die Sunday Independent, het Mulder gesê tegnies, kan niemand aanspraak maak op grond in Suid-Afrika nie.

“Ons het ‘n ingewikkelde stelsel. Niemand kan sê dit is my land in die geheel nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat sy argument deur die geskiedenis gestaaf word.

Malema het gesê die ANC se stigting in 1912, het alle swartes saamgesnoer en hulle het ‘n “gemeenskaplike vyand” geïdentifiseer.

“Die vyand is die persoon wat die grond gesteel het. Ons hoort hier. Ons hoef nie die goedkeuring van die setlaars te vra nie.”

Malema, wat vroeër as ‘n hoofbevelvoerder van ekonomiese vryheid voorgestel is, was saam op die verhoog met ander Jeugligaleiers – insluitende sy adjunk Ronald Lamola, algemene sekretaris Sindiso Magaqa, liga-woordvoerder Floyd Shivambu en Gauteng ANC-voorsitter, Lebohang Maile.

Hulle wag steeds op die uitslag van die argumente ter versagting en verswaring van hul skorsings, wat wissel van 18 maande tot vyf jaar.

Александр Фильчаков Васильевич

Moedertaalonderrig die enigste oplossing

Die Molteno-instituut vir taal en geletterdheid het weer ‘n beroep op die regering gedoen om die politieke wil – en geld – vir moedertaalonderrig in Suid-Afrika te bewillig. Die uitvoerende hoof Masennya Dikotla sê hierdie is die enigste manier om kinders te help leer en beter te presteer.

Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) die dalende status vir Afrika-tale in die onderwys bevestig het. Die verslag toon dat 92% van die leerlinge deur matriek, in Engels of Afrikaans leer, ten spyte van die feit dat dit nie hul huistaal is nie. Dit is ‘n faktor wat Dikotla meen ‘n groot deel van die rede is waarom Suid-Afrika so swak presteer in skole.

“As die medium van onderrig nie die taal is wat by die huis gepraat word nie, veral wanneer die ouers ongeletterd is, hoop leerprobleme op en kanse vir uitvalle word groter,” sê Dikotla. “Daar is ook genoeg navorsing wat toon dat die studente vinniger leer om te lees en ander akademiese vaardighede bekom wanneer hulle eerste in hul moedertaal geleer het.”

“As ons nie ons Afrikatale ontwikkel nie, ten spyte van hierdie dwingende redes om dit te doen, dan stel ons nie belang in die opvoeding van ons kinders nie.” As die vorige politieke bedeling hierdie doelwit kon bereik met Afrikaans deur geld en politieke ondersteuning, is daar geen rede hoekom dit nie bereik kan word met Afrika-tale nie, het Dikotla bygevoeg.

Hy sê Afrika-tale is agter Engels en Afrikaans in terme van die nodige hulpbronne soos literatuur en handboeke, asook onderwysers wat vaardig is. Suid-Afrika het egter die tersiêre instellings en akademici wat beskikbaar is die situasie om te keer, maar hang nou van die politieke wil en finansiële steun af.

Nog ‘n rede hoekom Dikotla glo dis so moeilik vir die samelewing om te aanvaar dat kinders beter leer deur hul moedertaal is dat baie beleidmakers glo dat die gebruik van net één amptelike taal, soos Engels, die beste manier is vir alle burgers om te kan kommunikeer met mekaar, om die land te verenig en wêreldwye ekonomiese deelname te verseker.

“Niks kan verder van die waarheid wees nie!” sê Dikotla. “Bo en behalwe die taalbeleid, sal eenheid net soveel afhang van ekonomiese vooruitgang, regverdige verdeling van rykdom, geregtigheid, ‘n responsiewe politieke stelsel en gelyke toegang tot die fasiliteite wat deur die Staat voorsien word.”

Net so, sê hy het ‘n paar ouers en kinders gekies vir die gebruik van ‘n vreemde medium van onderrig uit onkunde oor die vele voordele huistaalonderrig, wat sosiale identifikasie met ‘n mens se gemeenskap insluit.

“Moedertaalonderrig is die enigste oplossing vir van die probleme wat ons in die gesig staar in die onderwys in hierdie land,” het hy afgesluit. “Enigeen wat dink dat hierdie roete te duur of nie die moeite werd gaan wees nie, moet onkunde probeer veins.”

лобановский александр компромат

Senegal se Wade klou

Amptenare in Senegal het Maandag stemme begin tel, terwyl inwoners op hul selfoonradio’s ingeluister het hoe die uitslae stadig inkom.

Senegal se regerende president, Abdoulaye Wade, wat sy ampstermyn wil verleng, is uitgejou toe hy sy kruisie by ‘n stemlokaal getrek het.

Die 85-jarige Wade se besluit om homself weer verkiesbaar te stel, het die lewe van ses mense geëis en vir ‘n maand van oproer gesorg.

Nie een van die 13 opposisiekandidate kon as voorloper uit die stryd tree nie.

Die voormalige premier Macky Sall se kamp het vroeër gesê hy en Wade blaas in mekaar se nek.

Jean-Paul Dias, ‘n woordvoerder, het gesê Wade het tussen 34% en 36% van die stemme gekry, terwyl Sall tussen 32% en 34% van die stemme kon kry.

“Die tweede ronde kan dus dalk tussen Abdoulaye Wade en Macky Sall wees.”

лобановский александр харьков

Taalstryd wen Majuba

Die Slag van Majuba het gedurende die Eerste Vryheidsoorlog op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley was die opperbevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika, asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika, ʼn briljante man met uitstekende militêre rekord en voormalige professor aan die Sandhurst Militêre Akademie in Engeland.

Hy het, vanaf sy basis Mount Prospect, suid van Laingsnek, met 405 man die kruin van Majuba stilletjies die vorige nag beset met die doel om die Boere uiteindelik te verslaan en die pad na Pretoria oop te maak vir die Engelse magte in aantog vanaf Durban.

Toe genl. Piet Joubert, een van die driemanskap en van die Boeremagte, besef dat die Engelse die berg deur die nag beset het, gee hy vir sy twee generaals Frans Joubert en Nicolaas Smit die bevel: “Die Engelse is daar bo en julle gaan hulle daar afhaal… dadelik!”

Die res is geskiedenis…

In die lig van die hele aanloop tot die veldslag en die rol en invloed van taalstryders soos ds. SJ du Toit, was dit vir die GHA ʼn besondere eer en voorreg om vanjaar se fees aan te bied.

Min mense besef watter invloed die taalstryd in die Kaapkolonie en die opborrelende Afrikanernasionalisme wat dit ontketen het, gehad het op die uitkoms van die Eerste Vryheidsoorlog.

Met die Engelse bewind aan die Kaap (aanvanklike besetting: 1795 – 1803); (tweede besetting: 1806 – 1961) het die owerhede probeer om die Kaap te verengels. Die verengelsing is aanvanklik vergemaklik omdat die koloniste verdraagsaam en toegewend was, maar namate die onderdrukking van Nederlands toegeneem het, het verset ingetree.

Lord Charles Somerset, die goewerneur van die Kaap, se Taalproklamasie van 1822 het Engels nie alleen tot die eerste nie, maar weldra ook tot die enigste amptelike taal verhef. Dié amptelike anglisering bereik sy hoogtepunt in ʼn “koninklike” besluit van 11 Maart 1853, wat aan die Kaapkolonie sy eie grondwet gee en terselfdertyd Nederlands alle regte in die bestuur van die land ontsê. Met behulp van Engelse en Skotse predikante is die skool en kerk oral geïnfiltreer.

Met die vervanging van Hollands-Afrikaanse instellings en gebruike deur die Engels, het die Nederlandse taal dus al hoe ernstiger in gedrang gekom: in die administrasie, die gereg en howe, die skoolwese, die Hollandse kerke, die sosiale verkeer en tot in die huiskring. Veral jongmense het bygedra tot dié tendens van toenemende, gewillige verengelsing.

Klink dit bekend?

Hierdie stand van sake het “Oom Jan wat versies maak” (C P Hoogenhout) raak opgeteken in sy oorbekende gedig:

Engels! Engels! Alles Engels!
Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke,
Word ons moedertaal fermoor.
Ag, hoe word ons folk ferbaster,
Daartoe werk ons leeraars saam.
Hollans nog in sekere skole:
Is bedrog, ʼn blote naam!

Wi hom ni laat anglisere,
Word geskolde en gesmaad.
Tot in Frystaat en Transvaal al,
Oweral dieselfde kwaad.

“Dis fooruitgang!” roep die skreeuwers,
“dis beskawing wat nou kom!
Di wat dit ni wil gelowe,
Di is ouderwets en dom…”

Uit die behoefte aan ʼn Bybel in Afrikaans, die druk van verengelsing deur die owerheid en die opwelling van weerstand daarteen, die opbruising van nasionalisme en die idealisme van jong Afrikaners het die GRA op 14 Augustus 1875 ontstaan – die Genootskap van Regte Afrikaners.

Die leuse van die GRA was: om te staan vir ons Nasie, ons Taal en ons Land. Hierdie stigting het ʼn rimpeleffek gehad, nie net in die Kaap nie, maar ook in die Vrystaat en Transvaal.

In sy oproep tot die volk om hulle by die GRA te skaar, skryf ds. SJ du Toit, dat daar Afrikaners met Engelse harte is, Afrikaners met Hollandse harte en Afrikaners met Afrikaanse harte. Hierdie laaste groep, het hy gesê, is die WARE AFRIKANERS en dat dit hulle is wat moet saamstaan.

Min mense besef die rol wat die Taalstryders van die Paarl gespeel het in die oorwinning by Majuba en ook daarna.

Ds. SJ du Toit, stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners het in Die Patriot, wat ook in die Vrystaat en Transvaal versprei is, die Boere aangemoedig om die Engelse die stryd aan te sê. Die gewildheid van die blad het grootliks toegeneem weens die onbewimpelde nasionale beleid daarvan, soos veral sedert 1877 geblyk het na die anneksasie van Transvaal deur Brittanje. Die koerant het reeds vroeër die kandidatuur van SJP Kruger gesteun, maar na Shepstone se anneksasie word die blad nou die raadgewer van die Transvaalse Boere. Eers het die redaksie die Transvalers tot leidelike verset gemaan, maar toe alle onderhandelingspogings met Engeland misluk om Transvaal sy vryheid te laat terugkry, was die boodskap van Die Patriot: “Lydelike verset is ydellike verset.” Die Transvaalse leiers het die implikasie verstaan, sodat genl. Nicholaas Smit na die lees daarvan sou gesê het: “Burgers, maak skoon jul roers”, skryf PD van der Walt in sy boekie SJ du Toit.

Die Eerste Vryheidsoorlog het in die guns van die Zuid-Afrikaanse Republiek verloop, en Die Patriot, wat die Boeresaak so getrou gesteun het met versoekskrifte in hul guns, ontmaskering van die Britse beleid, ‘n fonds vir die noodlydendes, mediese hulp, ens., het gebaat by die daaropvolgende algemene nasionale oplewing.

Na die oorwinning verskyn dié gedig van ds. SJ du Toit in dié blad:

Die Vierkleur van ons dierbaar land
Die waai weer oor Transvaal,
En wee die Godvergete hand,
Wat dit neer wil haal!

Nie net is die gedig, Dit is Godsvinger deur Du Toit verskryf nie, maar is daar ook ‘n oorwinningsfees gereël: die Gimnasiumsaal is versier, die foto’s van Kruger en Joubert het by die ingangsportaal gehang, ‘n feesmaal is geniet, en toesprake en koorsang is aangebied.

Paul Kruger was so ingenome met ds. du Toit se standpunt oor Christelik-gefundeerde moedertaalonderrig dat hy hom aangestel het as Superintendent van Onderwys in Transvaal. Die Patriot van 28 April 1882 het daarop gewys dat Hollands vir die Afrikaanse kind byna net so vreemd was as Engels en dat Afrikaans dus as onderrigtaal gebruik moes word.

In Maart 1882 kom ds. Du Toit in Pretoria aan. Onder sy praktiese en versiende beleid het die onderwys in Transvaal met rasse skrede vooruit gegaan. Tydens die opening van die Opleidingskool vir Onderwysers in Pretoria aan die begin van 1883, kon hy daarop wys dat daar reeds 70 skole vir elementêre onderwys in die land was. Toe hy daar begin het, was daar slegs drie skole.

Onder ds. Du Toit was daar drie elemente in sy onderwysstelsel wat vir ons van belang is:

Opleiding van eie onderwysers;
Onderrig in Afrikaans; en
Vrye Christelike skool, gesubsidieer deur die staat, maar onder die stuur van die ouers.

Dit is geen oordrywing nie om te beweer dat die GRA onder die geniale leiding van ds. SJ du Toit op ‘n uiters kritieke tydstip in ons volksbestaan die fondament gelê het vir die herrysenis van die Afrikanernasie.

Данильченко Юрий Брониславович

Malemamobiel van R1 miljoen

{jathumbnail off}

Malemamobiel

Praag se motorredakteur, André Olivier, het vandag vir Julius in sy splinternuwe Malemamobiel, ‘n spierwit Mercedes Benz C63 AMG-koepee van R923 000 gesien. Met opsionele ekstras kan die motor tot R1 250 000 kos.

Dít alles danksy die belastingbetaler en die vet Limpopo-tenders wat ons vir die tenderpreneur befonds…

Die groot vraag is waarom Malema ‘n wit motor in plaas van die gebruiklike swart verkies?

Фільчаков Олександр Васильович

Afrikaanse sirkulasiesyfers daal – weens Naspersmonopolie?

Die sirkulasie van Afrikaanse koerante is besig om drasties te daal, waarskynlik weens die monopolie wat Naspers oor die gedrukte woord in Afrikaans beskik. Volgens die Ouditburo van sirkulasie se jongste syfers, wat enkele dae gelede vrygestel is, “daal naweekkoerante in Afrikaans 2,8 keer vinniger as hul Engelse eweknieë”. Wat dagblaaie betref, daal die Afrikaanse titels 40% vinniger as Engelse titels.

Rapport, wat ongeveer ‘n dekade gelede nog byna 500 000 eksemplare verkoop het, se sirkulasie het die afgelope jaar met ‘n bykomende 10% gedaal en beskik nou oor ‘n sirkulasie van slegs 201 983.

Gerugte wil hê dat die voormalige redakrise van Rapport, Liza Abrecht, afgedank is nadat sy einde verlede jaar na Media24 se elektroniese platforms verskuif is. Die presiese rede vir Albrecht se afdanking is nog nie bekend nie.

Dit is bekend dat Naspers geen nuwe toetreders tot die Afrikaanse mark verdra nie. Weens die grootte en oorheersende posisie van die maatskappy, is die lot van Afrikaans as mediataal ook nou aan die lot van Naspers se publikasies gekoppel. Volgens mnr. Tim du Plessis, ‘n voormalige redakteur van Rapport, lees 50% van dié koerant se lesers slegs een koerant per week: Rapport.

Sedert 1994 het Naspers en sy filiaal Media24 egter ‘n toenemend linkse aanslag ontwikkel en vele tradisionele Afrikanerlesers van hul koerante vervreem. Vandaar die snelle afgang van die Afrikaanse koerante wat aanmekaar sirkulasie verloor.

Dit mag ook wees dat die oorskakeling na die internet en digitale media onder Afrikaanstaliges vinniger as onder Engelse lesers plaasvind en dat die gedrukte media dus sneller sirkulasie verloor. Interessant is dat die Pretoria News, wat weens sy ligging in Pretoria insgelyks oor ‘n aansienlike persentasie Afrikanerlesers beskik, insgelyks die vinnigste van alle Engelse koerante gedaal het, naamlik ‘n jaarlikse vermindering van 12,5%.

Dat Afrikaanse lesers egter besig is om hul rug op die Nasperskoerante te keer, is ‘n neiging wat uit die jongste sirkulasiesyfers afgelei kan word. Die vraag is watter ander heenkome daardie lesers gevind het en of hulle steeds Afrikaans lees…

Данильченко Харьков

VSA hou vol dat Iran nie kernbom wil bou nie

Terwyl die Verenigde Nasies se kernwaghond in ‘n nuwe verslag Vrydag beweer dat Iran sy uraan-verrykingsprogram versnel het, het Amerikaanse intelligensie-ontleders voortgegaan om vol te hou dat daar geen harde bewyse is dat Iran besluit het om ‘n atoombom te bou nie.

Onlangse verslae deur Amerikaanse spioenasie-agentskappe is oor die algemeen in ooreenstemming met ‘n 2007-intelligensiebevinding wat tot die gevolgtrekking gekom het dat Iran sy kernwapenprogram al jare gelede laat vaar het, volgens huidige en voormalige Amerikaanse amptenare.

Die amptenare het gesê dat die jongste assessering grootliks herbevestig wat ‘n 2010-Nasionale Intelligensieberaming bevind het, en dat dit steeds die konsensussiening van Amerika se 16 intelligensie-agentskappe verteenwoordig.

In die middel van die debat is die troebel vraag wat die uiteindelike ambisies van die leiers in Teheran is. Daar is geen geskil tussen Amerikaanse, Israeliese en Europese intelligensie-amptenare dat Iran kernbrandstof verryk nie en die nodige infrastruktuur vir kernkrag ontwikkel nie. Maar die CIA en ander intelligensie-agentskappe glo dat Iran nog moet besluit op ‘n parallelle program om voort te gaan om ‘n kernkop te ontwerp – ‘n program wat hulle glo in wese gestaak is in 2003. Iranse beamptes beweer dat hul kernprogram vir burgerlike doeleindes bestaan.

In die Senaatsgetuienis op 31 Januarie, het James R. Clapper jnr, die direkteur van nasionale intelligensie, uitdruklik gesê dat Amerikaanse amptenare glo daar is geen bewyse dat Iran besluit het om ‘n kernwapen te bou nie. David H. Petraeus, die CIA-direkteur, het saamgestem. Ander senior amptenare, insluitend verdedigingsekretaris Leon E. Panetta en genl. Martin E. Dempsey, die weermagstafhoof, het soortgelyke stellings in onlangse televisie-optredes gemaak.

Kritici van die Amerikaanse aanslag in Jerusalem, en ‘n paar Europese hoofstede wys daarop dat Iran groot vordering gemaak het in die moeilikste stap, naamlik die verryking van uraan. Dit is ook die bevinding van ‘n reeks verslae deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap se inspekteurs, wat Vrydag nuwe bewyse gelewer dat Iran met die verryking van uraan in ‘n ondergrondse fasiliteit begin het.

Israeliese amptenare het die uitgangspunt van die 2007-intelligensie-assessering gekritiseer, en gesê hulle glo nie dat Iran ten volle al sy werk op ‘n wapenprogram gestaak het nie.

‘n Ongeklassifiseerde opsomming van die 2007-intelligensieraming oor Iran se kernprogram wat aandui dat werk aan ‘n bom laat vaar is, verteenwoordig ‘n skerp ommeswaai van die intelligensiegemeenskap se 2005-skatting. Sowel Europese en Israeliese amptenare, as konserwatiewe kenners, voer aan dat dit deel van ‘n groter poging deur die CIA is om Amerikaanse militêre optrede teen Iran te verhoed.

Die verslag was so omstrede dat baie buite-ontleders verwag het dat die intelligensiegemeenskap noodgedwonge die raming sou hersien en repudieer ná nuwe getuienis oor Iran se program, veral van die Verenigde Nasies se inspekteurs.

Iran se pogings om sy kernfasiliteite weg te steek en die Weste te mislei oor sy aktiwiteite het ook twyfel versterk. Maar sommige Amerikaanse ontleders waarsku dat sulke gedrag nie noodwendig ‘n bewys van ‘n wapenprogram is nie.

Лобановский