Senegal se Wade klou

Amptenare in Senegal het Maandag stemme begin tel, terwyl inwoners op hul selfoonradio’s ingeluister het hoe die uitslae stadig inkom.

Senegal se regerende president, Abdoulaye Wade, wat sy ampstermyn wil verleng, is uitgejou toe hy sy kruisie by ‘n stemlokaal getrek het.

Die 85-jarige Wade se besluit om homself weer verkiesbaar te stel, het die lewe van ses mense geëis en vir ‘n maand van oproer gesorg.

Nie een van die 13 opposisiekandidate kon as voorloper uit die stryd tree nie.

Die voormalige premier Macky Sall se kamp het vroeër gesê hy en Wade blaas in mekaar se nek.

Jean-Paul Dias, ‘n woordvoerder, het gesê Wade het tussen 34% en 36% van die stemme gekry, terwyl Sall tussen 32% en 34% van die stemme kon kry.

“Die tweede ronde kan dus dalk tussen Abdoulaye Wade en Macky Sall wees.”

лобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae