Daar is baie wapens wat in Suid-Afrika rondlê, het president Jacob Zuma gesê.
“Baie mense word doodgemaak weens dié wapens,” het Zuma tydens die bekendstelling van die presidensiële blitslyn gesê.
Hy het gesê sodra misdadigers ‘n wapen uithaal sal hulle skiet om dood te skiet.
“’n Polisieman het drie keer na ‘n misdadiger geskiet om sy wapen neer te lê, maar hy is in elk geval doodgeskiet,” het hy gesê met verwysing na kapt. Carl Scheepers wat Saterdagaand in Brooklyn doodgeskiet is.
Zuma het gesê daar word in ander lande se huise ingebreek, gesteel en gevlug, maar in Suid-Afrika breek die misdadigers in en wag vir die eienaar om huistoe te kom.
Hulle eis daarna die kluis se sleutels en indien die eienaar weier, word hulle doodgemaak,” het Zuma gesê.
“Ons kan nie toelaat dat onskuldige mense doodgemaak word nie.”
Zuma het verlede maand met polisiekommissarisse van reg oor die land vergader en ‘n beroep op die polisie gedoen om dood te skiet.
“Ek dink die bedoeling is duidelik wanneer ‘n misdadiger sy wapen uithaal,” het Zuma tydens daardie vergadering gesê.
Dit is die polisie se verantwoordelikheid om die publiek te beskerm, het hy bygevoeg. Wanneer hulle lewens en die lewe van onskuldige mense egter bedreig word, moet ‘n ander alternatief oorweeg word.

‘n Australiese TV-programaanbieder het verskoning aangeteken vir ‘n swartgesigparodie van die Jackson Five. Die program, “Hey Hey It’s Saturday”, se gas was ‘n wit Amerikaanse akteur, Harry Connick Jr., wat sigbaar geskok was deur die aanbieding van Woensdagaand.
Die voormalige advokaat, Cézanne Visser, is in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind op 11 van die 14 aanklagte teen haar.
Pres. Jacob Zuma het die ANC se beleid van nie-rassigheid verdedig in ’n onderhoud met ’n Engelse dagblad. Hy het gesê ’n debat oor ras is onnodig. “Ons moet nie-rassigheid bevorder. As ons begin sê ‘kom ons praat oor ras’ dink ek ons is besig om agteruit te boer”.