Airlink-loods sterf

Die SA Airlink-vlieënier wat op Erfenisdag in ‘n vliegongeluk in Durban betrokke was, het aan sy beserings in die hospitaal beswyk, berig Eyewitness News.

Kaptein Alistair Freeman en drie ander mense is ernstig beseer toe die vliegtuig kort ná dit opgestyg het, op ‘n skoolveld in Merebank, suid van Durban, neergestort het.

Chris Botha, ‘n woordvoerder van Netcare, het gesê Freeman het ernstige inwendige beserings opgedoen en het omstreeks 01:00 in die hospitaal gesterf.

Die ander beseerdes se toestand is stabiel.

Vroeër is berig dat die vliegtuig kort na sy vertrek al ‘n noodgeval aangemeld het.

Dié inligting is verskaf deur die lugredery Airlink, wie se vliegtuig in die ongeluk betrokke was.

“Die vliegtuig, ‘n Jetstream 41 (29 sitplekke), het vanaf Durban Internasionale Lughawe vertrek en net nadat dit opgestyg het, is daar vanuit die vliegtuig ‘n noodgeval verklaar. Lugbemanning het ‘n verlies van enjinkrag geraporteer, en rook het rook van agter die vliegtuig uitgestroom,” lui ‘n verklaring op die redery se webwerf.

Die tuig het in drie stukke gebreek.

Die vliegtuig was glo op pad na Pietermaritzburg toe die ongeluk om 08:00 plaasgevind het.

Daar was geen passasiers aan boord nie.

 

пескоструйка своими рукамиФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae