Honderde duisende Afro-Amerikaners is stemgeregtig maar nie as kiesers geregistreer nie.
Danksy 'n nuwe reël in Florida het omtrent 115 000 oud-gevangenes hul burgerregte terug ontvang en kan nou weer stem.
Amerikaanse politieke ontleders sê dat kriminele bo verhouding swart is en meer waarkskynlik Obama-ondersteuners sou wees. Dit verskaf 'n groot potensiaal vir omtrent 1,1 miljoen swart misdadigers om die uitslag in Obama se guns te bedink.

Strateë in die Obama-kamp meen hulle het 'n goudmyn van nuwe Demokratiese kiesers ontdek.
Nelson Mandela het in Brittanje aangekom waar hy sy negentigste verjaardag sal vier. 'n 46664-konsert sal ter ere van hom in Londen se Hydepark gehou word.
Bantu Holomisa vra dat daar 'n einde kom aan die struikelblokke wat in die weg Duitse en Britse owerhede geplaas word in 'n ondersoek na die wapentransaksie.
Die olieprys het weer gestyg in weerwil van pogings deur olieproduserende lande om 'n manier te vind om dit hok te slaan.