Mugabe se sterkmanne sak op wit sakeondernemings toe

Ondersteuners van President Robert Mugabe se party het klopjagte op bootklubs en toerisme-oorde buite Harare, die hoofstad se gewildste visvang- en ontspanningsgebied, geloods, het belanghebbendes in die toerismebedryf Sondag gesê.

‘n Safarikamp sowat 30 km wes van Harare het Sondag heropen nadat dit sedert Vrydag deur meer as 200 Zanu-PF-ondersteuners afgesper is, het die kamp se eienaar, Gary Stafford, gesê.

Die Kuimba Shiri-kamp, met sewe wooneenhede, is ‘n gewilde wegbreekplek vir plaaslike en buitelandse besoekers, asook diplomate en personeel van die Verenigde Nasies.

Stafford het gesê die leiers van die ondersteuners het ‘n lys van die oord se besittings opgeskryf en dat daar “geen geweld of stropery” was nie. Hulle het aan hom gesê hulle doen ‘n voorraadopname en evaluering van eiendomme, ter ondersteuning van Mugabe se beleid dat 51 persent van sakeondernemings deur swartes besit moet word.

Een paartjie wat op besoek aan die oord was, was ‘n dag lank vasgekeer en die kamp “kon geen besoekers ontvang het nie”.

Bootklubs en ‘n karavaanpark is ook deur ondersteuners, waarvan sommige met knopkieries gewapen was en slagspreuke van Mugabe se party geskree het, besoek.

blood suckers slotФільчаков прокурор

AfriForum aanvaar Malema uitdaging

AfriForum het in reaksie op Julius Malema se uitspraak gister, naamlik dat hy bereid is om tot in die Grondwetlike Hof te veg om liedere met opruiende slagspreuke te verdedig, gesê AfriForum aanvaar Malema se uitdaging en dat AfriForum se regspan self gereed staan om die saak tot in die Grondwetlike Hof en selfs tot op internasionale forums te beveg.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beskou sy organisasie hierdie saak as so belangrik dat geen koste ontsien sal word om Malema tot orde te roep nie. Kriel voer aan dat dit onverantwoordelik van Malema is om voort te gaan om slagspreuke soos “Skiet die Boer” te probeer verdedig in omstandighede waar geweldsmisdaad en moorde krisisafmetings in Suid-Afrika aanneem. “Terwyl Malema probeer aanvoer dat sy opruiende uitsprake nie letterlik bedoel word nie, word mense tans letterlik vermoor,” het Kriel gesê.

Kriel het aangedui dat AfriForum die Stop Malema-veldtog gaan voortsit om soveel mense as moontlik teen Malema se verdelende uitsprake te mobiliseer. AfriForum se veldtog is gister weer in ʼn Sondagkoerant geadverteer en meer as 70 000 mense het reeds hulle steun per SMS of deur AfriForum se Stop Malema-Facebookgroep aan die veldtog toegesê.

casino onlineФільчаков прокурор

Libanon: Christen-kopsorge in ‘n Moslem-konfrontasie

Met Hisbollah se onttrekking uit die Libanese regering kou mense in verskillende dele van die wêreld die naels. Israel word waarskynlik die nouste geraak, maar ook vir Libanon se groot Christenbevolking is daar moontlike implikasies.
Israel het kennis geneem dat Hisbollah onlangs vol bravade gesê het dat hulle Israel weer gaan aanval, en nou sterker is as met die vorige geleentheid toe hulle die suidelike buurland Libanon ingeval het om Hisbollah ‘n nekslag te probeer toedien.
Op die oomblik is dit egter hoofsaaklik ‘n inter-Moslemaangeleentheid. Die regering van Premier Saad Hariri is ‘n gematigde Soenie-Moslemparty, terwyl Hisbollah ‘n radikale Sjiïete-organisasie is. Dit het noue bande met Iran se radikale regering, en Israel beskou Hisbollah as die instrument waarmee Iran deur afstandbeheer teen hom oorlog maak.
Onder die vrese is dat Hisbollah die daad by die woord sal voeg en weer suid-Libanon sal inval. Dit kan baie maklik daartoe lei dat die Moslembevolking Hisbollah as hul beskermlinge beskou, en dat dié organisasie in gewildheid kan toeneem.
Libanese is weer bekommerd dat Hisbollah Libanon geheel kan oorneem. Waarnemers meen dat Hisbollah waarskynlik sal traag wees om so iets te doen omdat dit hulle dan met die verantwoordelikheid sal opsaal om verantwoordelikheid vir regeringsfunksies te neem. Afgesien van die Soenies sal die Christene waarskynlik nie te gelukkig wees met ‘n radikale Sjiïete-regering nie.
Op die oomblik lyk die kanse vir ‘n oplossing skraal, nadat eers Soedi-Arabië en daarna Turkye en Katar as bemiddelaars die handdoek ingegooi het.

free casino moneyлобановский александр игоревич харьков

Umalusi se verskoning flou

“Die Vryheidsfront Plus verwerp die verskoning van Umalusi dat inligting oor die standaardisering van die matriekeksamen nie bekend gemaak kan word nie, omdat die proses van standaardisering te ingewikkeld en tegnies is en sensitiewe inligting verkeerd geïnterpreteer kan word. Dit klink eerder of Umalusi iets het om weg te steek as wat die organisasie uit besorgdheid vir leerlinge se privaatheid optree. Deur sy weiering, skaar Umalusi hom by die ANC-regering wat in toenemende mate inligting vir die publiek wegsteek,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Basiese Onderwys gesê.

Die VF Plus is steeds van mening dat dit nie net in die publiek se belang is nie, maar ook die van leerlinge is, dat besonderhede oor die vakaanpassings wat vir 2010 se matriekleerlinge gemaak is bekend gestel moet word. Individuele leerlinge sal nie benadeel kan word deur die bekendmaking van daardie inligting nie, omdat die inligting wat die party aangevra het ‘n aanduiding van nasionale en streekstendense sal gee en nie inligting oor die prestasie van individuele leerlinge nie.

Die VF Plus het daarom in sy aansoek aan Umalusi in terme van die Wet op die Bevordering van die Toegang tot Inligting versoek dat inligting oor die grondslag vir die aanpassing, die spesifieke vakke waarin ‘n aanpassing gemaak is asook met watter persentasie die aanpassing gemaak is, bekendgemaak moet word. Die VF Plus het voorts ook versoek dat inligting oor streeksuitslae bekendgemaak moet word aangesien vakaanpassings net in sekere streke gedoen is. Hierdie stap dui op moontlike diskriminasie.

“Die VF Plus wil egter vasstel of Umalusi ‘n regverdige benadering gevolg het. In gevalle waar vraestelle vanuit Engels na Afrikaans vertaal is, was die vertalings so swak dat dit leerlinge verwar het. Ons wil weet of Umalusi die feite in ag geneem het tydens die besluit om vakverstellings te maak. Indien dit nie gedoen is nie, kan die optrede van Umalusi op ‘n stilswyende beleid van diskriminasie dui,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus sal daarom druk op Umalusi aanhou uitoefen om te verseker dat Umalusi aan die eise van die publiek vir groter deursigtigheid, gehoor gee.

оборудование для автосервиса в москвелобановский александр игоревич

Nie genoeg bewyse vir Livni se ‘oorlogsmisdade’ nie

Die Valke het ‘n versoek van die hand gewys om ‘n arrestasielasbrief vir Israel se voormalige minister van buitelandse sake Tzipi Livni uit te reik, want daar is nie genoeg bewyse om dit te doen nie.

“Na baie beraadslaging, het die kantoor van Anwar Dramat besluit om die versoek van die twee organisasies van die hand te wys. Daar is nie genoeg gronde vir ons om ‘n lasbrief te bekom nie,” sê Valke-woordvoerder McIntosh Polela Woensdag gesê.

“Ons het besluit dat dit sou uiters onverantwoordelik wees vir ons om ‘n lasbrief te verkry sonder om die letter van die wet na te kom.”

Hy het gesê die Valke het wel die regsbevoegdheid om ‘n arrestasielasbrief soos versoek deur die Media Review Network (MRN) en die Palestynse Solidariteit Alliansie (PSA) te verkry.

Maar die wet vereis dat Livni ondersoek word oor die bewerings van oorlogsmisdade teen haar indien sy in die land is.

Livni sou Suid-Afrika hierdie week op uitnodiging van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes besoek. Haar reis is Woensdag uitgestel.

Die MRN en PSA wou haar in hegtenis laat neem en vervolg vir die rol wat sy gespeel het in die 2008/2009 Gaza-oorlog.

Na die oorlog het die MRN en die PSA ‘n dossier opgestel van sowat 3000-bladsye lank, en dit voorgelê aan die Nasionale Vervolgingsgesag. Livni word aangehaal in die dossier as een van die “sleutelargitekte” van die aanslag op Gasa se burgerlike bevolking.

Polela het gesê die bewyse wat gelewer is, was egter nie genoeg om voort te gaan met ‘n ondersoek nie.

“Dit bevat baie aannames en nie veel feite nie.”

Polela het gesê dat die ondersoek sou vereis dat die Valke Israeliese Kabinetrekords verkry om Livni se rol in die Gaza-oorlog duidelik te belig.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het Woensdag aangekondig dat Livni haar Suid-Afrikaanse besoek agv ‘n arbeidstaking in Israel uitgestel het.

Kommunikasie hoof Charisse Zeifert gesê Livni se reis sal uitgestel word tot later vanjaar.

“Die Suid-Afrikaanse Joodse leierskap het Livni uitgenooi en haar reisprogram gereël.”

Zev Krengel, SAJBD-voorsitter, het beklemtoon dat die uitstel “niks te doen het met dreigemente deur die plaaslike anti-Israel aktiviste nie”.

“Eerder was dit geheel en al te danke aan tegniese administratiewe struikelblokke wat veroorsaak word deur Israel se arbeidsuniestaking wat verhoed dat die nodige reëlings gemaak kan word,” het Krengel gesê.

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het gesê dat die besoek uitgestel is as gevolg van die oproepe vir Livni se arrestasie.

“Terwyl die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie sê dit [die uitstel] is as gevolg van probleme om te reis, is dit ook as ‘n gevolg van die toenemende druk van die pro-menseregte-aktiviste se oproep vir haar arrestasie,” het Samwu-woordvoerder Tahir Sema in ‘n verklaring gesê.

“As die koalisie vir ‘n Vrye Palestina, sal ons alles moontlik doen om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en skendings van menseregte nie voet in ons land sit nie, ongeag of die oortreder uit Israel of Swaziland kom.”

оборудование для диагностикипрокурор Фильчаков

Geen kaaskoppe hier

Die inwoners van Eindhoven in Nederland tel onder die slimstes ter wêreld. Dit blyk uit ‘n bevinding van die Intelligent Community Forum, ‘n internasionale dinkskrum. Ander streke met slim mense, wat by die kongres van Pacific Telecommunication Council in Hawai bekend gemaak is, is Chattanooga in Tenessee, Dublin in Ohio, Riverside in Kalifornië, Windsor-Essex in Kanada en Issy-les-Moulineaux in Frankryk.

компрессоры насосы беккер комплектующиеОлександр Васильович Фільчаков

Malema moet op VF-klag internasionaal vervolg word

Dr. Dan Roodt van PRAAG vra dat Julius Malema in terme van die Roomse statuut vervolg word op die klag wat verlede jaar deur dr. Pieter Mulder van die VF+ en adjunkminister van landbou by die Brooklyn-polisiestasie gelê is.

Dié versoek van Roodt geskied in reaksie op ontkennings deur die nasionale vervolgingsgesag aan Sapa dat Malema ondersoek word ná sy herhaalde gesing van die “Skiet die Boer”-liedjie. Aanvanklik het die vervolgingsgesag ontken dat hy hoegenaamd ‘n skrywe van dr. Roodt of PRAAG in dié verband ontvang het.
In reaksie het Roodt intussen die korrespondensie in PDF-formaat vrygestel. (Klik hier om af te laai.) “Óf die linkerhand weet nie wat die regterhand doen by die vervolgingsgesag nie, óf ons het hier te make met pogings om Malema te beskerm of om hom straffeloos te verklaar.”

Volgens Roodt beskik amptenare van die staat, soos veral die Nasionale Vervolgingsgesag, oor die verantwoordelikheid om toe te sien dat die internasionale verdrae wat die land oor menseregte gesluit het, nagekom word. “Daar bestaan ‘n prima facie-saak van aanhitsing tot volksmoord teen Julius Malema. Verlede jaar op 10 Maart het dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus ‘n strafsaak teen Malema by die Brooklyn-polisiestasie geopen. Wat het intussen van dié klag geword? Ons is van mening dat Malema hiermee die volkereg oortree het en daarom internasionaal strafbaar is. Maar sowel die polisie as die nasionale vervolgingsgesag moet nou wet 27 van 2002 toepas en Malema vir aanhitsing tot volksmoord op Afrikaners vervolg. Die betrokke wet het die Roomse statuut by Suid-Afrikaanse wetgewing ingelyf, daarom is aanhitsing tot volksmoord ‘n misdaad in ons land.”

Dr. Roodt poog tans om die saaknommer van die Vryheidsfrontklag teen Malema te bekom. Dr. Pieter Mulder was gisteraand laat onbereikbaar omdat hy ‘n regeringslekgotla bywoon. “Sodra ek die saaknommer verkry het, sal ek weer met die vervolgingsgesag in verbinding tree en dit aan hulle oordra, asook ‘n skrywe aan die minister van polisie rig. Indien die Suid-Afrikaanse owerheid nie optree nie, sal ons genoodsaak wees om ons na die internasionale strafhof in Den Haag en die Verenigde Nasies te wend waar volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wel as ernstige misdade beskou word,” het Roodt gesê.

игрь длядевочекtopcargo отзывы

‘Lost in translation’

Chinese president Hu Jintao, moes ‘n tweede keer oor menseregte tydens ‘n nuuskonferensie Washington uitgevra word.

Hu het nie Woensdag gereageer op ‘n aanvanklike vraag oor menseregte gedurende die Withuis-nuuskonferensie met die Amerikaanse president Barack Obama nie. Hy het die tolke en tegniese probleme blameer vir sy versuim om te antwoord.

Hu het gesê: “Baie moet nog gedoen word” in China aangaande regte terwyl hy aangedring het daarop dat enorme vordering reeds gemaak is.

“China bly voortdurend verbind tot die beskerming en bevordering van menseregte,” Hu gesê.

Hu is gevra oor die onderwerp nadat Obama tydens sy openingsverklaring by die nuuskonferensie gesê het die Verenigde State ondersteun dialoog tussen China en verteenwoordigers van die Dalai Lama en wil sien dat Beijing die godsdiensregte van die Tibetaanse volk respekteer.

Hu gesê China respekteer die “universaliteit van menseregte,” en het gesê dat hy reeds talle kere openlik met Obama oor die onderwerp gepraat het.

Hy het gesê: “Baie moet nog gedoen word” oor menseregte in China en hy het gesê China is bereid om ‘n dialoog oor die kwessie op die basis van wedersydse respek en nie-inmenging in China se interne sake aan te knoop.

China verwerp dikwels kritiek van sy menseregterekord as inmenging in sy interne sake.

машинка мультикиФильчаков прокурор харькова

Angolese ‘sportvroue’ glo mans

Namibië sal amptelik beswaar maak dat bewys van die geslag van drie spelers van die Angolese vrouesokkerspan gelewer moet word voordat die herontmoeting met die Brave Gladiators oor twee weke in Windhoek plaasvind, het mnr. Barry Rukoro, sekretaris- generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NSV), gister teenoor Republikein bevestig.

Rukoro het gesê hy skaar hom by die Gladiators se tegniese span en glo dat hulle geldige redes het vir hul aantygings teen sekere spelers van die Angolese span wat die naweek in Luanda met 2-2 teen Namibië gelykop gespeel het.

Rukoro het ook die Gladiators se kommer gedeel dat die drie Angolese spelers onder verdenking – Patricia Seteco, Flora Lacho en Veronica José – se paspoorte eers drie dae voor die eerste kwalifiserende wedstryd vir die 2012 Olimpiese Spele uitgereik is.

“‘n Soortgelyke voorval was die Nigeriese Sokkervereniging wat verlede jaar ‘n protes oor die geslag van een van die spelers van Ekwatoriale Guinee in die sewende Afrika Vrouekampioenskap in Suid-Afrika ingedien het,” het Jacky Gertze, uitvoerende raadslid van die NSV gesê.

Lees die berig hier.

децкие игрылобановский александр игоревич класс

Skokverslag oor reeksverkragters dui op nood in SAPD

“Die verslag van die Polisie se Nasionale Sielkundige Ondersoekeenheid waarin gewaarsku word dat ondersoeke na reeksmoordenaars en –verkragters die Polisie in ‘n verleentheid kan stel as gevolg van swak en patetiese ondersoekwerk, is ‘n bewys dat spesialiseenhede heringestel moet word in die Polisie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Dit is duidelik uit die verslag dat ondersoekbeamptes nie die nodige kennis het om hierdie tipe misdade behoorlik te ondersoek nie en dat die sake spesialisopleiding vereis van ondersoekers. Hoewel kommissaris Bheki Cele gesê het daar moet weer gekyk word na spesialiseenhede, gebeur dit nie in praktyk nie. Die hoë misdaadvlakke in Suid-Afrika vereis spesialiseenhede om te verseker misdadigers word suksesvol opgespoor en vervolg. Spesiale eenhede, soos die destydse moord- en roofafdeling het verseker dat misdadigers suksesvol vervolg word omdat die ondersoek behoorlik was. Te veel misdadigers in Suid-Afrika loop vry rond en pleeg meer misdaad as gevolg van gebrekkige polisie-ondersoeke wat nie die toets in die howe slag nie,” het Groenewald gesê.

Die Polisie se Nasionale Sielkundige Ondersoekeenheid het ‘n verslag saamgestel en aan verskeie polisie kommissarisse gestuur. Gauteng se kommissaris, lt.genl. Mzwandile Petros, het ook die verslag ontvang. Die verslag verwys na 160 sake die afgelope drie jaar in Gauteng en vra dat die ondersoeke bespoedig moet word. Dit verwys na patetiese ondersoeke en waarsku dat dit ‘n verleentheid vir die Polisie kan word.

домашние тапочки для мальчика купитьлобановский обыск