Invoer van wolskape

De Mist en Janssens het goeie samewerking van die Afrikaners ondervind, en in ‘n proklamasie op 1 Oktober 1804 het Janssens sy waardering uitgespreek vir hul vaderlandsliefde en die wyse waarop almal saamwerk om die land in ‘n staat van verdediging te bring. Hulle het ook die belange van die Kapenaars probeer dien, onder meer deur die landbou en veeteelt aan te moedig. Skaapboerdery het al in die agtiende eeu die vernaamste bedryf van die Afrikaners geword. Aanvanklik het hulle geboer met die vetsterkskape van die Khoi-Khoi wat nie wol nie, maar hare gehad het.

Die man wat die eerste met wolskape geëksperimenteer het, was kol. R.J. Gordon, die militêre bevelvoerder wat die Kaap in 1795 so swak verdedig en toe selfmoord gepleeg het. Hy het baie belang gestel in die boerdery en in 1789 twee merinoramme en vier ooie ontvang wat die koning van Spanje aan die Nederlandse regering geskenk het. Deur die bemiddeling van die Maatschappij tot Nut van ‘t Algemeen in Nederland (vir wie volksopvoeding en -ontwikkeling die oogmerk was) is die skape na Gordon gestuur wat gretig was om met wolskape te eksperimenteer. Ná sy dood is die skape gekoop en na Australië gebring waar hulle die kern van die merinobedryf gevorm het.

Tog het die aanwesigheid van die merino’s mense in die Kaap ook op die gedagte gebring dat wol miskien die artikel kan word wat die ekonomie van die kolonie kon bevorder. De Mist het ‘n aantal vooraanstaande koloniste onder voorsitterskap van ‘n Angloman, W.S. van Ryneveld, in ‘n vereniging georganiseer om die landbou en veral die invoer van wolskape te bevorder. ‘n Paar goeie Spaanse merino-ramme is ingevoer en in September 1805 het drie lede van die vereniging die westelike kolonie deurreis om die voordele van wol te verduidelik.

Sommige boere was teen dié nuwe soort skape. Jasper Cloete van die Roggeveld het minagtend gesê: “Hulle het geen vet nie en ons kan nie die wol Kaapstad toe vervoer nie.” ‘n Groot klomp ramme is egter aan boere verkoop. Aan Jan van Reenen van De Grote Toren in die Hantam kon die kommissie niks leer nie — hy het reeds 1500 wolskape gehad. Hy was ook ‘n groot perdeboer en sy saailande het veertig- tot vyftigvoudig opgelewer. Op ‘n Roggeveldse plaas is ‘n skeerdemonstrasie gehou waarna ‘n flukse boerenooi, Christina van Wyk, haar behendigheid met die skaapskêr getoon het. Heelparty grappe is by die demonstrasies gemaak. Toe die dier sonder vag daar staan, was die pret groot. “Dit lyk na ‘n muishond”, sê die een. “Nee, ‘n bobbejaan”, antwoord ‘n ander.

Die kommissie het die wolbedryf flink aangehelp. Die wolskape was weliswaar nog ver in die minderheid in 1806 toe die Kaapkolonie al 1 254 384 skape gehad het. Maar die getal wolskape het vinnig vermeerder. In 1855 was daar in die Kolonie 2 283 232 wolskape teenoor 2 114 119 ander skape. Vir die eerste maal sedert 1652 kon die Kolonie ‘n produk lewer waarna daar ‘n groot vraag was, en in die eerste helfte van die negentiende eeu het die Kaapkolonie een van die vernaamste leweransiers van wol aan die Britse tekstielfabrieke geword.

из психоневрологическогопрокурор Фильчаков

Nuwe Afrikaanse webportaal

Leoni Benghiat, het ’n unieke webportaal, SA Vryskutskrywer, bekendgestel waarby gevestigde én aspirantskrywers, asook enigiemand wat van skrywersdienste gebruik wil maak, sal baat vind.

Met 25 jaar joernalistieke ondervinding in die koerant- en tydskrifbedryf – waarvan 16 jaar as vryskutskrywer – het Leoni besef dat daar ’n leemte in die mark bestaan wat ondersteuningsdienste vir spesifiek Afrikaanse vryskutskrywers betref. “Daar is genoeg Engelse ondersteuningsgroepe, netwerke en hulpbronne vir vryskutskrywers, maar min of geen in Afrikaans nie,” sê sy. “Dit is dus hoog tyd dat Afrikaanse vryskutskrywers ‘n eie netwerk skep.”

SA Vryskutskrywer het geen grense nie en slegs een vereiste – jy móét in Afrikaanse skryfwerk belangstel. Kortliks is dit ‘n eenstop Afrikaanse skryfportaal waar enigeen wat in Afrikaans wil of kan skryf, kan gaan aanklop.

Daar word met 20 kursusse en verskeie hulpmiddels afgeskop, maar die uiteindelike doelwit is minstens 100 kursusse van hoë gehalte deur vooraanstaande skrywers wat alle genres in Afrikaans dek. SA Vryskutskrywer roem hulle daarop dat as hulle nie op aanvraag ‘n spesifieke kursus kan voorsien nie, daar heel moontlik nêrens een bestaan nie.

Met minstens 6 miljoen Suid-Afrikaners wat toegang tot die internet het, fokus SA Vryskutskrywer uitsluitlik op aanlynkursusse. Hoewel die kursuskonsep nie nuut is nie, glo Leoni dat hulle dit vervolmaak. SA Vryskutskrywer se opleiers verskaf persoonlike opleiding aan elke student, wat tot gevolg het dat geen kursusganger ooit deel van ’n groep uitmaak nie. “Dit beteken byvoorbeeld dat ’n student wat vir ‘n geestelike- of liefdesromankursus inskryf stap-vir-stap en op ’n een-tot-een basis deur een van die land se suksesvolste skrywers, Helene de Kock, onderrig sal word.”

Elkeen van SA Vryskutskrywer se kursusopleiers is kenners op hul onderskeie gebiede en sluit ook Ilse Salzwedel, Carla van der Spuy, Ilse Ferreira, Johann Verster, Marguerite Robinson, Faan Herholdt en Martie Coetser in, met talle ander wat in die vleuels wag om hul buiging te maak.

Die kursusse is ook nie net op volwassenes gemik nie. Laer- en hoërskoolleerlinge word deur deskundiges gehelp om hul skryftalent vroeg reeds te ontgin en ontwikkel. “Ons bied selfs ‘n blitskursus in eksamenskryftegnieke aan.”

Vir studente en volwassenes is daar basiese, gevorderde en gespesialiseerde kursusse in alle joernalistieke-, nie-fiksie- en fiksiegenres, asook opknappings- en omvattende skryfkursusse. Spesiale kursusse in gemeenskaps- en allemansjoernalistiek (“citizen journalism”) is vir dowe skrywers ontwikkel sodat hulle volkome deel kan word van dié vinnig-groeiende medianeiging.

Bedryfsnuus wat slegs op die Afrikaanse vryskutmark van toepassing is, is ook beskikbaar asook korporatiewe skryfkursusse en professionele dienste deur spesialisskrywers verskaf.

“SA Vryskutskrywer het ontstaan as ‘n idee om ‘n leemte in die mark te vul. Die werklikheid is egter dat ons reeds ‘n hegte skrywersgemeenskap geword het wat mekaar bystaan, want skryf – en veral vryskutskryf – kan ‘n eensame werk wees,” sê Leoni. “Diegene wat by ons aansluit kan dus verseker wees dat hulle ‘n tuiste by SA Vryskutskrywer sal vind.”

 

 

компрессор поршневой ценаалександр лобановский супермаркет класс

Hein Willemse se voorspraak vir kreolisering

Afrikaners word nou reeds vir ’n geruime tyd deur ’n klein groepie bruin woordvoerders aan ’n politiek van beskimping, swartsmeer en belediging onderwerp. Alhoewel hierdie groepie nie naastenby verteenwoordigend van bruin Afrikaanssprekendes is nie, gee hulle politiek van beskimping aanleiding tot diepe vorme van wantroue. Daarmee word Afrikaanssprekendes gekniehalter om rondom dwingend noodsaaklike kwessies – soos die voortbestaan van ons moedertaal – op ’n sinvolle wyse saam te werk.

In die hart van hierdie politiek van beskimping staan die idee van “identiteit”. En hoe dodelik voorspelbaar het die argumente nou nie reeds geword nie! Elke aanspraak wat Afrikaners (hoe genuanseerd ook al) op ’n eie identiteit maak, word sonder uitsondering as “rassisties”, “etnosentries” en “angs vir die onbekende” afgemaak. As dit nie so skadelik vir onderlinge verhoudinge was nie kon ’n mens dit soos met Chuene se leuenagtige gebruik van die woord “rassisme” as absurd afgelag het.

Die jongste voorbeeld hiervan kom van Hein Willemse, wat op die onlangse Roots-konferensie aan die Universiteit van Wes-Kaapland slegs met die grootste moeite sy ressentiment en afsku jeens Afrikaners se aanspraak op ’n eie identiteit in bedwang kon bring. Volgens Willemse word diegene (bedoel: Afrikaners) wat hulle op die “saak van ‘die minderheid’, ‘taalregte’ en ‘ons eie’ stel” deur niks minder nie as deur “vrees en angste vir die onbekende oorheers”.

Ten grondslag van Willemse se argument lê ’n erg simplistiese beeld op die geskiedenis. Daarvolgens moet die geskiedenis as ’n soort reglynige proses verstaan word. Aan die begin van sy geskiedenis heers daar ’n angsvallige, vreesagtige en daarom ook patologiese gryp na ’n eie identiteit. Aan die einde van hierdie proses sal ons almal egter uit die kloue van laasgenoemde bevry word. Wanneer dit gebeur, sal ons ons ware menslikheid ontdek. Die feit dat hierdie droombeeld op die geskiedenis nie met die geskiedenis self strook nie, is klaarblyklik nie iets wat Willemse tot enige vorm van nadenke stem nie.

Die geskiedenis lyk inderdaad anders as wat Willemse wil voorgee. Jerry Z. Muller skryf daarom ook in ’n onlangse uitgawe van die gesaghebbende Foreign Affairs dat identiteitspolitiek as die mees dominante politieke verskynsel van die 20ste en 21ste eeu beskou moet word. In weerwil van Willemse se beeld op die geskiedenis word ons tyd eenvoudig gekenmerk deur die een na die ander kultuurgemeenskap wat op die erkenning van hul eie identiteite aanspraak maak. Is dit slegs Afrikaners wat te midde van honderde ander kultuurgemeenskappe nie op sodanige erkenning mag aanspraak maak nie?

Ingevolge sy eie vertrekpunte sou Willemse slegs vir Muller gelyk kon gee as hy tegelyk sou aanvaar dat die tydperk waarna laasgenoemde verwys juis vanweë sy identiteitspolitiek as “patologies” afgemaak moet word. Maar dit is tog gewoon absurd. Genoemde tydperk mag om verskeie redes as patologies beskryf word, maar geen regdenkende mens kan dit sonder meer aan sy identiteitspolitiek toeskryf nie. Inteendeel, daar kan met reg aangevoer word dat die identiteitspolitiek van hierdie tyd in vele opsigte juis ’n bolwerk teen sy moontlike patologieë (soos sy totalitêre bewinde, sy eenvormige massas, sy sosiale ontbinding, ensovoorts) vorm.

Willemse laat hom egter nie deur hierdie soort argumente van stryk bring nie. Inteendeel, volgens hom bestaan daar op grond van sy droombeeld op die geskiedenis ten minste twee redes waarom Afrikaners se dae as ’n identifiseerbare gemeenskap getel is (’n feit waaroor hy skaars sy opgewondenheid kan verberg):

Eerstens, vanweë demografiese faktore (“geboorte, dood en migrasie”) sal die rol en invloed van Afrikaners “met verdrag minder word”. Die Afrikaners se demografiese verdwyning sal volgens Willemse gepaard gaan met die verdwyning van dié soort Afrikaans wat Afrikaners vroeër as nastrewenswaardig beskou het, naamlik goeie Standaardafrikaans.

Tweedens, vanweë die “onomkeerbare” aard van die geskiedenis stuur ons in Suid-Afrika onvermydelik op “kreolisering” af, dit wil sê op ’n toestand waarin die veelheid van tale en kulture uiteindelik hulle gewaande puurheid sal afskud en in ’n soort Suid-Afrikaanse weergawe van die “melting pot”-ideaal deurmekaar geklits sal word. Dit is ’n toestand waarin ons einde ten laaste van die “behoudende dwang van vorme van eng nasionalisme” wat die stiksienige Afrikaners op almal afgedwing het, bevry sal wees.

Ten minste die volgende kritiese notas moet aan die adres van Willemse en sy Afrikaner-vyandige geesgenote gerig word:

  1. Willemse se beeld op die geskiedenis is so oud soos die moderne wêreld self. Vanaf die vroeë modernisme is die geskiedenis voorgestel as ’n reglynige beweging uit die primitiewe sug na identiteit na groter vorme van rasionaliteit en bevryding. Willemse sluit hierby aan, maar met die een verskil: Anders as in die modernisme is dit nie die rede van die verligte mens wat ons van die primitiewe verlede sal bevry nie, maar eerder die toestand van kreolisering. Die geskiedenis weerspreek egter beide moderne beelde op die geskiedenis, dit wil sê sowel die rasionele as die kreoolse opvatting daarvan. Anders as wat die modernisme en sy kreoolse napraters verwag het, gaan die toenemende rasionalisering van ons wêreld juis met ’n groter aandrang op ’n eie identiteit gepaard! Dit is ’n ironie wat Willemse volledig ontgaan.
  2. Willemse se toestand van kreolisering verteenwoordig nie bevryding nie, maar ten diepste ’n totalitêre benadering jeens verskille. In naam van sy idee van veelheid (kreolisering) word juis ’n verstikkende eenheid op almal afgedwing. Dit is ’n eenheid waarin daar geen ruimte vir die kultuurgemeenskappe gelaat word om hulself te bevestig of maar net gewoon te wees nie. “Kreolisering” word nou ’n hoogste plig. Enigeen wat nie aan sy eise voldoen nie, sal met die dodelike oordeel van “rassis” en “etnosentris” getref word.
  3. Willemse en sy geesgenote lewer deurgaans ’n apologie vir ’n sogenaamde “oper, ruimer” Afrikaans. Hierdie apologie het egter niks met werklike openheid uit te waai nie. ’n Oop en skeppende Afrikaans kan slegs binne die ruimte van omskrewe grense bestaan, net soos wat ’n skaakspel slegs binne die ruimte van bepaalde reëls gespeel kan word. (Of ’n Mozart-simfonie slegs binne die – buigbare – beperkinge van die musikale reëls geskryf en opgevoer kan word). Willemse se kreoolse voorspraak beteken nie groter openheid nie, maar eerder die opheffing van Afrikaans.
  4. Willemse se pleidooi vir kreolisering gaan gepaard met ’n protes teen die “behoudende dwang van vorme” en in die besonder teen die “gegermaniseerde, ‘wit’ vorme van Afrikaans” wat in die verlede op alles afgedwing is. Kreolisering daarenteen beteken om met die begrensing wat vorm oplê, weg te doen. Hierdie pleidooi staan egter in die teken van die postmoderne (’n ander woord vir ‘kreolisering’) onvermoë om grense aan te lê. Grense is daarvolgens per definisie verdag. Maar kan hierdie keuse sonder meer gehandhaaf word? Die feit van die saak is dat die postmoderne, kreoolse onvermoë om grense neer te lê met ’n onmiskenbare tendens tot die platvoerse, die onestetiese en die banale gepaardgaan. Vorm en begrensing is dít wat ons nog altyd van die banale afgeskerm het. In die mate waarin Willemse met vorm en begrensing wil wegdoen, lewer hy juis ’n apologie vir die kontemporêre heerskappy van banaliteit. Hierby moet nog die ironiese feit gevoeg word dat Willemse met sy apologie vir kreolisering self weer nuwe vorme van grense aan andere oplê. Sy beroep op die oënskynlik grenslose kreolisering weerhou hom egter daarvan om sy verbintenis tot nuwe grense openlik uit te spreek.
  5. Die kreoolse afkeer van vorm en begrensing gaan (en in weerwil van heftige gebare tot die teendeel) gepaard met ’n afkeer jeens enige vorm van taalpolitiek. Taalpolitiek wêreldwyd beteken immers om grense te bepaal of tussen verskillende grense te bemiddel. In die mate waarin Willemse homself egter van enige vorm en begrensing wil losmaak, in daardie mate stel hy homself juis buite die taalpolitiek.

Omdat Willemse nie die noodsaak van taalpolitiek in bogenoemde sin raaksien nie, word elke sodanige politiek deur hom aan vorme van delegitimering (rassisme, apartheid, ensovoorts) onderwerp. Maar so word verlamming en selfs spanning tussen Afrikaanssprekendes in die hand gewerk – juis nou terwyl daar groter vorme van inspanning, samewerking en bondgenootskap behoort te heers.

Prof. Danie Goosen is voorsitter van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) en die skrywer van Die nihilisme – notas oor ons tyd.

free no deposit pokerФильчаков прокурор