praag.co.za

Category: Feuilleton

  • Die ANC het in 2003 ‘alternatief’ vir plaasveiligheid belowe

    Die oudste kommando in die land, Soutpansberg Kommando, is op 28 Augustus 2005 finaal ontbind tydens ‘n openbare parade.

    Dr. Phillip Venter het tydens die parade ook vir die laaste keer as Kapelaan van die kommando gepreek, waarna die vaandel neergelê is.

    In Februarie 2003 het die regering die eerste keer aankondiging dat die land se kommandostelsel afgeskaf gaan word. Daar is egter belowe dat dit nie sou gebeur alvorens daar ‘n “alternatief in plek is nie”. Selfs president Thabo Mbeki het bekommerde landbou- en gemeenskapsleiers gerusgestel dat die proses deeglik deurdink is, dat die gemeenskap nie onbeskerm gelaat sal word nie en dat daar ‘n nuwe beveiligingseenheid in plek sal kom.

    Gemeenskaps- en landbouleiers het samesprekinge met die regering gevoer om hulle daarop te wys dat die kommandos ‘n baie belangrike doel dien om die hele gemeenskap te beskerm. Uit die bron Geskiedenis vir SA blyk dit dat die Soutpansberg kommando die oudste in die land was. Hul ontstaan was aanvanklik te danke aan die Tweede Vryheidsoorlog. Onder leiding van Stephanus Schoeman, kommandant-generaal vir Soutpansberg, was hul pligte toe al, afgesien van die oorlog, om die veiligheid van die nedersetters in die uitgestrekte gebied van die Soutpansberg te beskerm. Met verloop van jare het die kommando gegroei. Sy struktuur het aangepas, maar sy wesenlike plig het altyd die beskerming “van huis en haard” gebly.

    Die kommando het die polisie, en soms die weermag, bygestaan in spesiale operasies en was ook baie ingestel op misdaadvoorkoming. Hulle het uitsonderlike werk verrig tydens natuurrampe en ander noodtoestande.

    Op Dinsdag, 24 Mei 2005 het Beeld ‘n artikel gehad waarin berig is dat 55 kommandos reeds vir alle praktiese doeleindes hul deure toegemaak het.

    Meer as tweederdes van die kommandolede was nie wit nie en volgens dr. Venter, meestal afhanklik van die kommando vir ‘n inkomste.

    Meeste van hierdie lede is steeds heeltemal sonder ‘n inkomste. Twee opsies is aan hulle gegee. Hulle kon aansluit by die SANW of by die SAPD as reserviste. Dit het egter nie gebeur nie want hulle kon nie as reserviste geakkommodeer word nie. Die kantore wat deur die kommando gebruik is, behoort aan die Kommando trust. Dit sal voortaan gebruik word as ‘n noodsentrum.

    “Die sluiting van die kommando was ‘n hartseer dag. In hierdie tyd wat verby is, lê groot boeretradisie en -geskiedenis,” sê Dr. Venter aan Zoutnet gesê. “Dit was deel van ons kultuur.”

  • Steve: ‘Apartheid was nie oorsaak van Afrika-agterstand’

    Terwyl die Afrikanermening tot onlangs as onbelangrik en nie-tersake in Suid-Afrika geag is, ontlok Steve Hofmeyr se uitsprake en optrede soos die sing van Die Stem toenemend reaksie by die heersende Engelse media en meningsvormers, sy dit dan dikwels negatief. Ná sy uitspraak dat swartmense die eintlike “argitekte van apartheid” is, het die sosiale media, webblaaie en koerante gegons van reaksie. Daarom het praag ‘n onderhoud met Steve Hofmeyr gevoer en hom verder oor sy sienings uitgevra.

    Waarom word jy tans so heftig gekritiseer? Dink jy daar is ‘n georkestreerde veldtog?

    Steve Hofmeyr: Ek gebruik my ruimtes op sosiale media om die wegholperd so af en toe in die bek te ruk. As my pleidooi vir gedeelde aandadigheid aan die verlede nie slaag nie, gaan ons en ons kinders les opsê in die afsienbare toekoms. Moontlik vir ewig.

    Hoe moet mens jou twiet dat swartes die “argitekte van apartheid” was, interpreteer?

    Steve Hofmeyr
    Steve Hofmeyr

    SH: Ek dink swartes dra ook skuld vir die feit dat ander, nie net Verwoerd nie, wetgewing gebruik het om aparte ontwikkeling te bevorder. Soos ek altyd sê, as niemand met jou wil speel nie, is dit nie altyd ander se skuld nie.

    Apartheid was nie die oorsaak van Afrika-agterstand nie. Apartheid het ‘n bestaande agterstand moontlik net besweer. Apartheid was as gevolg van daardie agterstand onder buurvolke. Daar is beslis ‘n georkestreerde veldtog om my mond te snoer terwyl ek bykans oral geboikot word. Ten spyte van die nasionale banvloek, is my nuwe CD en boek tog bo-aan die treffersparades. Ek en my vriende daar buite se goeie verhouding word onderskat deur ‘n klomp kloekende middelmanne wat ek nou weet, altyd oorbodig was. Ek praat nie af na die publiek nie; ek praat uit hulle uit, en as ek nie meer verwoord wat hulle hartslag verraai nie, sal hulle my sê en sal ek weggaan.

    Die Mail & Guardian se adjunk- digitale redaktrise beskryf jou as ‘n “right-wing Afrikaner nationalist”. Wat is jou kommentaar daarop?

    SH: Ek is ‘n nasionalis bloot omdat hulle nasiebouprojek liederlik gefaal het. Mens “bou nie nasies” nie. Nasies kom met eeue se momentum. Hulle moet kom dat ek hulle die regte “right wing” wys, dan sal hulle weet dat ek nog van die laaste regses is wat enigsins met hulle wil redeneer. Uiteindelik is ek eintlik gematig, selfs liberaal in sekere opsigte, en dan weer deeglik behoudend daar waar dit nodig sou wees, soos ons erfenis, asook ons vooruitsigte. Hulle grootste twee foute is: om my te sien as ʼn eensame stem in die wildernis en om my tipe van reaksie nie te identifiseer as ʼn simptoom van hulle eie gebrekkige beleid en ideologie nie. Hulle wiskunde is maar sleg en ná twintig jaar se proeftydperk, vertrou ons hul eksperiment nie meer nie.

    In Suid-Afrika tref mens dikwels die sondeboklogika aan. Gegewe die vele mislukkings wat Suid-Afrika tans op soveel gebiede ervaar, het jy die indruk dat daar ‘n sondebok van jou gemaak word?

    SH: Ja! Die onversadigde wraaklus wat swartes het ten opsigte van die verlede sou hulle so graag op iemand tasbaars wou vel. Die liberale media hou ook daarvan om my te blameer vir huidige mislukkings, die skielike skeiding tussen rasse en die wanprestasie van die ANC, asook ou bagasie van baie lank voor my tyd. Dit is ‘n groot eer, maar nee, dit is ʼn stokou wond wat hulle by magte was om te heel, en daartéén gekies het. Ek is maar net die simptoom van hul grootste probleem aan hierdie kant – hulle het ons lank terug vervreem. En al wat hulle ons kan toesnou, is hoe ons dom is.

    Deur jou landwye toere kom jy met baie mense in aanraking. Wat is die algemene gevoel tans onder Afrikaners? Moedeloos? Gedwee? Polities korrek? Aanvaar hulle die huidige toestande of is daar tog ‘n kritiese bewussyn?

    SH: Soos baie van ons, skop die Afrikaner daar buite nog teen die nuwe norm. Hy wag vir Godot, vir lig, maar begin tekens toon van uitputting. Die uitputting verminder hoe verder suid jy reis, eksponensieel. Dis byvoorbeeld steeds gerieflik om aan Gautengers voor te skryf vanuit Tamboerskloof en Stellenbosch.

    Dit verander egter. Die Afrikaner en Boer gryp na die laaste strooihalms van trots, soos om tartend en uitdagend op te staan en Die Stem te sing, uit volle bors. Om sy hart te stort in sosiale media en om saam te kloek om braaivleisvure waar jy net weer mag sê wat jy wil, voel wat jy wil en trots wees waarop jy wil. Jy sal flou neerslaan as jy weet hoeveel Engelse Suid-Afrikaners vandag eens is met hoe ons voel. Ons is ‘n kultuur in neurose. Al wat ons nog stamina bied, is vlae paranoia en die feit dat as jy wegkyk en ophou konsentreer, jy en jou familie kan uitbloei daar onder in die gang. Ons is so omdat ons goeie mense is. Ons wil vertrou, wil glo in die beste van ons medemense, ons gee maklik alles oor omdat ons Christene is, mededeelsaam is en meesal die goeie in almal sien.

    Dis duidelik dat die sosialistiese narratief seëvier oor logika en oorlewingsdenke.

    Die nuwe norme (moord- en verkragstatistiek, lae standaarde betreffende gesondheid, opvoeding, werkloosheid, water- en kragtekorte, ontlasting in die strate, bejaarde- en kleuterverkragtings) is iets waartoe ons moeilik akklimatiseer. Ek is net so verlig soos elkeen as ek soggens ongedeerd wakkerword terwyl ek telkens stom van skok lees wat daagliks gebeur. Mag ons dit nooit as normaal “internaliseer” nie. Ons wend ons tot howe en grondwette, ons protesteer vreedsaam, tel selfs vullis op na optogte. Ek is trots om te sê ons verteenwoordig onder haglike omstandighede, kultuurbedreiging, volksuitwissing, taalmarginalisering en armoede, nog steeds ʼn mate van beskawing.

    Siende dat die Mail & Guardian met jou boekerak spot, kan ons jou seker vra: Wat lees jy graag? Wie is jou gunstelingskrywers?

    SH: Ironies het die M&G die uitdrukking nie verstaan nie. “In my boeke…” (In my books…) het eintlik niks met fisiese boeke te make nie. Daar gelaat, ek lees graag. Ek kry tyd en maak tyd. Ek lees tans Anthea Jeffreys se BEE – Helping or hurting? en dit lees soos Cronjé se Our next ten years en Dawie Roodt se Tax, lies and red tape, naamlik, ‘n ekonomiese grafskrif. Ek is stomgeslaan dat alle scenariobeplanners en ekonome ons onmiddellike verlossing uitspel, maar dat dit in géén partye (die DA en verder links) se manifeste opgeneem word nie. Dis duidelik dat die sosialistiese narratief seëvier oor logika en oorlewingsdenke. Kortom, ons lewe in ‘n waan en selfs ons tragiese projeksies en toenemende indeksnederlae dien geensins as waarskuwing nie. Ons was nog nooit so blind nie en die katarak se naam is politieke korrektheid. Starsug.

    Toe jy in Australië was, watter soort indruk het jy van die diaspora-Afrikaners gekry? Sou hulle wou terugkom as hulle werk hier kon kry?

    SH: Ek loop af en toe ‘n kwynende groepie “ekspats” raak wat vra of ek dit sou doen (terugkeer). Ek sê altyd ja, maar ons weet dit is ‘n persoonlike besluit. Oorwegend verdien mense minder oorsee, maar as jy vastrapplek kan kry, sal jy seker altyd verlang, maar nooit weer terugkeer nie. Soos in die verlede, reis ons goed, pas ons goed aan en maak ons mooi waar ons aanland. Ons werksetiek is in aanvraag op alle kontinente. Ek bedank die bedenklike prestasies van die ANC dat ek vir enorme Afrikaanse gehore in Amerika, Kanada, Nieu-Seeland, Australië, Dubai en Londen mag optree. As dit so aangaan sal ek binnekort konserte in Groenland kan doen.

    Hoe sien jy die toekoms van Suid-Afrika?

    SH: Lang termyn, bedroewend. Dis afskuwelik om ‘n pa te wees van wit kinders. Ons moet op ‘n daaglikse basis vir ons kinders lieg oor hulle mooi jongmensdrome en die vooruitsigte daarvan, bloot oor hul pigmentasie en rasgebaseerde beleid teen hul voorkoms. Soos jy wag ek vir ‘n wolkie op die horison. Kort termyn sou ek reken dat burgerregtekokonne ons heil is, maar alleen solank ons ons kan beroep op ‘n redelike regbank. Uiteindelik streef ons na ‘n 21-ste-eeuse Reddingsdaadbond, want maatskaplik kan ons ons eenvoudig nie meer op die regering beroep nie.

    Het jy al ooit oorweeg om die politiek te betree?

    SH: Ek sou seker politiek dadelik oorweeg het as ek seker was dat dit sleg genoeg gaan dat Afrikaners en ander nugterdenkendes uit hul enklaves en skulpe sou kruip om en masse te kom stem, maar ek twyfel daaraan. Jammer as ek pessimisties is, maar ek het nog geen fatsoenlike bestemming waarheen ek mense sou wou help lei nie (behalwe Perth natuurlik). Ek volhard tans graag as gatvlieg bloot omdat skeurings in die regerende party oornag alle scenario’s kan herskryf. Dit is nie buite bereik nie, maar ek kan doen met hulp. Skrou. Protesteer. Kla. Eis. Eis diens. Enige diens. Plaas druk. Do not go gently into that good night. Moet niks substandaards aanvaar nie. Laat weet almal jy is beter gewoond en moenie ophou voordat jy dit kry nie. Ek het steeds hoop vir Afrikaners en Suid-Afrikaners. Alle Suid-Afrikaners.

    Naskrif: Terwyl die maatskappy Williams Hunt in Port Elizabeth Steve Hofmeyr se borgvoertuig tot groot vermaak van die liberale hoofstroommedia teruggeneem het, het hy op 28 Oktober getwiet:

    Beeld se spontprent oor die Williams Hunt-episode
    Beeld se spontprent oor die Williams Hunt-episode
  • Fotoverhaal: Op soek na Jacques Derrida

    1. Le programme
    Dít wat hier volg, is nie gegrond op die werklikheid nie. Dit is geen ironiese, wysneusige stelling nie, maar bloot ’n apologie. Ook moet ek om verskoning vra vir die gebruik, vir die misbruik, van Monsieur Derrida se naam in die bogaande titel. Dit kom neer op ’n skending van kopiereg, om ’n prestige-volle Franse eienaam (onwettiglik) te verleen aan, nou ja, ’n plaaslik-gefabriseerde produk van twyfelagtige gehalte. Waarskynlik klink die titel presieus, selfs pretensieus, wat dalk ’n poging tot Afrikaanse letterkunde mag veronderstel — die prof se Hush Puppies sit nog lekker — maar die pretensie, indien enige, is nie dáárin geleë nie. Die pretensie, of dan die bedoeling, is iets geweldiger, so groot dat dit aan waansin grens. Dit is iets soos die bekende frase, “Ek is Napoleon”, wat die rasionele antwoord veronderstel, “Ha-ha, hy dink hy is Napoleon”. Die rasionele antwoord is goed en wel, na gelang van omstandighede. Want daar is een geval waar die Napoleon-spreker miskien verdien om ernstig opgeneem te word, al glo mens vir geen oomblik dat hy wel die kort Korsikaanse generaal is nie: as hy so pas jou stad aan die hoof van sy leërmag ingeneem het. Eer ek nou ’n grootse beskrywing verskaf oor die inval in Milaan, ’n voorgereg van Parmaham en dalk spanspek, my gunsteling, laat my liewer terstond met die hoofdis wegval.

    EHESS_et_MSH_Paris,_05239’n Man, hy is nogal lank en skraal met gryswordende hare, ietwat bleek, stoot die glasdeure van die E.H.E.S.S. oop. Oomblikke lank is die rumoer hoorbaar van die boulevard Raspail wat hierdie tyd van die middag vol ongeduldige toeters en ronkende dieselbusse van die R.A.T.P.[1] is, voordat die toeswaaiende deur agter hom die geraas verdemp. ’n Oomblik lank kyk hy ondersoekend rond, dan gewaar hy verlig die ontvangsdame wat agter ’n korterige lae toonbank sit, en stap hy oor na haar toe.

    “Bonjour.”

    “Bonjour. Je peux vous aider?”

    “Oui. Auriez-vous peut-être un programme des séminaires?”

    “Je suis désolée, Monsieur. Je n’en ai aucun. Il faudra monter au sixième étage, au bureau des inscriptions. Ils en ont, normalement. Mais, il faut vous dépêcher, ils ferment à quatre heures. Vous trouverez l’ascenseur à votre gauche. Allez au sixième.”

    “Merci, Madame.”

    monoprix-parisHy is nog altyd verstom deur oorgange. Lank gelede was hy in Suid-Afrika, nou is hy in Frankryk. ’n Rukkie gelede het hy in die groen kafee in die rue de Rennes skuins oorkant Monoprix gesit en kyk na die alomteenwoordigende middagverkeer, sweterige meisies in somerse rokke wat oorbewus van hul sjarme op die sypaadjie verbystap, die gekletter van koppies en pierings, die stemme van kelners wat “un demi!” of “deux express!” uitbulder, die brandreuk van sigarette in sy neusgate, en nou is hy op pad na die sesde vloer in ’n afgeleefde grys hysbak, staatsdiensmodel. Van die cliché van die Paryse kafee na die kille realiteit van die hysbak, die gevoel om opwaarts teen swaartekrag na bo gekatrol te word, dit is ook ’n oorgang. Langs hom in die hysbak staan ’n jongman met ’n swartraambril, oënskynlik ’n student. Ook hy is op pad na die sesde vloer, blyk dit. Verrassing: die bureau des inscriptions is gesluit. Sy metgesel mor. Hy aanvaar hierdie Kafkaeske toertjie na bo met die gelatenheid wat langdurige blootstelling aan die onvoorspelbare weë van die Franse administrasie by ’n mens kweek. Dit help nie om jou te vervies nie, dit is maar so.

    Terug by die ontvangsdame. Sy metgesel spring hom voor.

    “C’est fermé en haut. Je cherche un programme. Vous en avez sûrement ici!” Dan volg ’n lang geredekawel, met hom as toeskouer. Eintlik behoort hy te loop, want sy is besig om die jongman fatalisties aan te maan om môre terug te kom vir die program, en gaan presies dieselfde aan hom sê, maar soos ’n masochis bly hy staan, wagtend op sy beurt om die afgemete stem aan te hoor. Uiteindelik loop die student, al brommende, die gewone toneelspel. Waarom wag hy nog? Wel, dit is ’n kwessie van ervaring. ’n Mens moet nooit te gou tou opgooi nie, het hy al geleer. Al lyk alles hopeloos, al dui alles daarop dat jy nou presies dieselfde teleurstellende boodskap as die persoon voor jou in die tou gaan hoor, handel jy soos ’n beroepstennisspeler wat steeds sy raket outomaties swaai, al lyk dit asof dit onmoontlik nog by die bal kan uitkom. Daarom lieg hy.

    “Eh bien, moi aussi, je suis monté en haut, et je cherche toujours un programme. Je me permets de vous le dire: je suis venu dix mille kilometres, de Johannesbourg en Afrique du Sud, pour chercher ce programme. En effet, il me faut absolument le programme du séminaire de Monsieur Jacques Derrida qui enseigne ici.”

    En die wonderwerk gebeur. Sy haal ’n wit boekie vanonder die toonbank uit. Op die voorblad staan daar in ligte pers letters:

    Ministère de l’Enseignement Supérieur et de la Recherche
    Ecole des Hautes Etudes en Sciences Sociales

    54, boulevard Raspail 75006 PARIS
    tél. 49.54.25.25 — télécopie 45.44.93.11

    PROGRAMME
    DES ENSEIGNEMENTS
    ET SéMINAIRES

    Enseignements principaux
    Conférences complémentaires

    1994-1995

    Dit blyk dat persone vanuit die buiteland (étranger), die DOM (départements d’outre-mer) en TOM (territoires d’outre-mer) as ’n spesiale vergunning programme op die grondvloer by die ontvangstoonbank mag afhaal, op voorwaarde dat hulle nie inwoners van Frankryk is nie, sy dit dan tydelik. En so, dink hy verlig, verkry selfs my Suid-Afrikanerskap ’n waarde.
    Die program veilig in sy hande, probeer hy nog vir oulaas vasstel,

    corse“Et la Corse, Madame, est-ce un DOM ou un TOM?”

    “La Corse est un département français, Monsieur.”

    “Vraiment?”

    “Mais oui.”

    2. Le rendez-vous

    renault_citybus_ratp_58Op pad huistoe op die 58-bus, lees hy op bladsy 131 van die program waaroor die seminaar van M. Jacques Derrida, Directeur d’Etudes aan die E.H.E.S.S., vanjaar sal handel. (Geheim.) Hy lees elders op dieselfde bladsy:

    “Aucun rendez-vous ne sera accordé sans l’envoi préalable d’un projet de recherche d’une dizaine de pages.”
    ’n Tien-bladsymotivering vir ’n afspraak! Dis gewigtig. Hy probeer sy bes om in die bus te dink aan ’n onderwerp waaroor hy tien bladsye sou kon volskryf, maar verniet. Hy dink, nie noodwendig in dié volgorde nie, aan:
    1. Die verkeer op die périphérique [2].
    2. galeries_lafayette1000Die verskillende vorme wat borste kan aanneem van vroue wat bra’s aanpas in die lingerie-afdeling by Galeries Lafayette.
    3. ’n Kraan wat drup.
    4. Die kuslyn van Brettanje.
    5. Hoeveelhede 5-centîmes-munte wat inwoners van Lyon in hul sakke ronddra.
    6. Die prys van Banque Suez se aandele op die Bourse de Paris.
    7. Die effek wat Catherine Deneuve se glimlag op kopers van Banque Suez-aandele gehad het in die privatiseringsadvertensie wat tydens 1987 op televisie uitgesaai is.

    Jacques-Derrida-01a428e2f07476d3d212b913f4c153a8Dit was alles interessante onderwerpe waaroor ’n mens heelwat sou kon navors, maar hy was onseker of dit Jacques Derrida genoegsaam sou beïndruk om aan hom ’n afspraak toe te staan. Maar iets moes hy doen om die afspraak te kry. Miskien kon hy iewers buite sy huis gaan kampeer, soos ’n joernalis of ’n betoger — hy woon iewers in ’n suidelike voorstad, ongewoon vir ’n intellectuel parisien wat per definisie in Parys self behoort te woon. Maar selfs indien hy dit sou regkry om met hom te praat, “Pardonnez-moi, Monsieur Derrida, mais je suis venu spécialement de l’Afrique du Sud pour vous parler, pourriez-vous m’accorder quelques briefs instants …” sou dit nog geen afspraak wees nie, geen rendez-vous nie. ’n Toevallige ontmoeting sou nie tel nie. Dit moes ’n afspraak wees, ’n gereëlde afspraak wat in ’n aantekeningboek opgeteken is, verkieslik deur ’n sekretaresse of ander helper of assistent, om dit nog ampteliker te maak. Miskien moes hy probeer om eers ’n brief te skryf, om die afspraak aan te vra. Maar natuurlik sou dit vergesel moes wees van die tienbladsye-projek. Ineens voel hy moedeloos. Toe dink hy aan die Sjinese spreuk, “ ’n duisendmylreis begin met die eerste tree”, en het hy nie reeds die eerste tree gegee, en só die program bekom nie, al moes hy dan lieg om te sê dat hy pas van Suid-Afrika af gekom het? Terwyl die ander reisigers op die moltrein hom uit die pad uit skouer, die geure van baie liggame vermeng met die asbes- en staalreuk van die moltreinremme — die parfuum van Parys — om hom hang, raak hy skielik baie vasbeslote, soos ’n bittereinder. ’n Afspraak sal hy kry.

    Word vervolg (miskien)

    (Oorspronklik gepubliseer op LitNet rondom 1998.)

    ____________________________

    1. Régie autonome des transports parisiens.

    2. Boulevard périphérique, die sirkelvormige snelweg rondom Parys.

  • Ateïste het goeie plan met staatskole

    Deur Jan Viljoen.

    So hulle wil alle verwysing na geloof en Christenskap uit die staatskole uithaal. Hulle wil God uit die skole verwyder. Ek wonder of dit so ‘n slegte ding is.

    Miskien moet ons eers kyk wie “Hulle” is. Ek neem aan “Hulle”, soos wat die webblad “Hulle” aandui, die kerngroep van die beweging is wat hulleself “Skepties Suid Afrika” noem, en hulle is volgens inligting, voorstanders van logiese denke. Volgens bronne was professor George Claassen die vorige voorsitter van die skeptiese beweging en hy het in ongeveer 2009, as ek reg onthou, presies dieselfde aksie probeer loods.

    Nadat hy verskriklik oorval is met allerhande soorte haatboodskappe en dreigemente, het hy van sy plan afgesien, en hy het selfs sy webblad verwyder en half en half stert-tussen-die-bene in die vergetelheid verdwyn.

    Maar sy haat vir Christenskap het blykbaar nie getaan nie, want hier probeer hulle weer, die keer onder die vaandel van Pietersen, sodat Pietersen skynbaar hierdie keer die toorn van die klomp onchristelike Christelikes moet verduur. Dit is die eerste ding wat hulle doen wanneer hulle met Christene te doen kry wat net nie meer lus is om weer die ander wang te draai nie, en ook nie meer lus is om ‘n p..s en ander soortgelyke skeltaal toegesnou te word wanneer die sogenaamde “logiese denkers” die bekgeveg begin verloor nie. Dit is soos om die rassismekaart te skiet, of om iemand as ‘n anti-semiet uit te skel. Dan begin hulle luidkeels kerm dat hulle gedreig word en dat dit blykbaar nie Christelik is nie, want Christene is dan veronderstel om stil te bly en dit te aanvaar. Wel, ek is ‘n Christen en ek sal ‘n sn.tklap uitdeel as dit moet, want hoekom nie?

    Niemand het nog ooit van ‘n Christen verwag om soos ‘n kruiwa behandel te word nie, en as daar fisiese klappe uitgedeel moet word, is dit seker maar so. As jy daarvoor soek moenie staan en kerm wanneer jy dit gekry het nie.

    Hoekom sal ons gedweë staan en toekyk hoedat ons geestelik en fisies aangeval word? Die Bybel stel ‘n lys waardes voor waarvolgens jy jou moet rig, en nie om jou breins te vervang nie, en die Bybel negeer ook nie jou vermoë om terug te veg nie. As die Jode hulleself fisies mag verset en die hele wêreld staan en hande klap, hoekom mag die Christene dit doen nie? Van wanneer af moet Christene uitgesonder word as ‘n groep wat nie die reg of die vermoë het om hulleself te verdedig nie?

    Maar George Claassen is, netsoos Tim du Plessis, ‘n tipiese meningsvormer. Daardie verwaande tipe individu wat glo dat net hy reg is, en dat geen ander opinie behalwe sy eie enige bestaansreg het nie, en dat hy homself selfs tot die hof sal wend om sy opinie te probeer afdwing.

    Hy was jare een van die Burger se hoofbobbejane en vanuit sy amp het hy sy anti-Christelike waardes deur die Burger verkondig, veral met sy pseudo wetenskaplike rubrieke oor die teorie van evolusie. Vandaar die mening wat hy huldig dat slegs sy opinie een is wat aangehoor behoort te word en dat hy enige iemand anders se opinie uit hulle uit sal dwing.

    Dit word by die dag duideliker dat Naspers heel moontlik die grootste bydraer van die verval van die Afrikaner is, met die kaliber werfbobbejane wat al stoele daar volgesit het. Dit is dan ook geen wonder dat hierdie groep van Pietersen en Claassen sulke groot aanhangers van manne soos Richard Dawkins en Thomas (Darwin’s bulldog) en Aldous Huxley is nie, want hulle het ‘n ander geloof gekry wat vir hulle sin maak, een waarin daar nie plek vir ‘n Skepper is nie. Wanneer ‘n mens kan glo dat alles uit niks uit onstaan het, en dat die mens, al die diere, al die plante, al die virusse, kieme, bakterieë uit dieselfde klip uit kon evoleer dan wys dit jou wat logiese en vrydenke beteken.

    Die padda sal nie in ‘n prins verander nie, en ‘n houtpoppie sal nie in ‘n seuntjie verander nie, dis absurd, dit is feëverhale. Maar ‘n klip kan in ‘n mens verander want dit is evolusie. Hulle sal enigeiets glo wat deur die Dawkinse en die Huxleys van die wêreld aan hulle vertel word, tot so ‘n mate dat dit vir hulle ‘n de facto geloof word.

    Daar is ‘n rede hoekom dit ‘n geloof genoem word, en dit is omdat jy net daarin kan glo. Hierdie geloof moet ten alle koste in plek van die Christen geloof in skole aangebied word, en alhoewel baie skole deesdae evolusie as vak aanbied, is dit nie genoeg nie want daardie skole mag nie Christelike waardes ook verkondig nie.

    As ‘n kind nie altwee gelowe oor die ontstaan van die mens mag hoor nie, is dit bloot indoktrinasie en nie onderrig nie. Deur indoktrinasie moet skole deesdae goeie werkers voortbring en nie iemand produseer wat dalk die nuwe wêreldorde gaan kritiseer nie. Praat van logiese en onafhanklike denke.

    ‘n Skepper moet ten alle koste deur die evolusieteorie vervang word en dit is waaroor dit hier gaan. Nie oor die aantas van menseregte nie, dit is slegs die dekmantel en die argument wat gebruik wil word. Dit gaan oor indoktrinasie. Die geloof van evolusie moet die enigste geloof wees wat in skole aangebied moet word, want die teorie van evolusie is veel, veel meer as net om nie in ‘n Skepper te glo nie.

    As jou kind kan glo dat hy van ‘n klip af kon evoleer wat in oersop opgelos was, kan hy nie glo dat daar ‘n Skepper is nie, en dan kan hy ook nie glo dat hy ‘n siel het nie, want ‘n siel is ‘n Godgegewe ding. Hoe kan een eensellige diertjie wat die produk van ‘n weerligstraal en chemikalieë is en in oersop rondspartel aan al die mense in die geskiedenis van tyd elkeen ‘n siel verskaf, maar nie aan ‘n kiem nie, of aan ‘n boom of mossie nie, alhoewel die mens en al die ander lewensvorme volgens evolusie van presies dieselfde een eensellige diertjie af ge-evoleer het?

    Sodra jy aan ‘n kind vertel dat hy geen siel het nie, het die lewe geen doel nie en is die lewe maar net ‘n toestand waarin hy verkeer terwyl hy wag om dood te gaan en dan vir ewig te verdwyn. Want slegs sy dood het dan enige nut vir sy nageslag en dit is sodat hy sy gene wat volgens die teorie van evolusie, ‘n klein bietjie anders as sy ouers s’n is, kan skenk.

    As hy nie kinders gehad het nie was sy lewe totaal nutteloos want sy gene het nie tot die volgende evolusiepoging bygedra nie. Hy kon miskien dalk ‘n kar in sy lewe uitgevind het, of ‘n nuwe medisyne of hy kon pragtige musiek skryf of hy kon ander belangrike nalatenskappe gehad het, maar dit is vir die doel van evolusie totaal nutteloos, want slegs sy gene wat hy kon bemaak en kon oordra na die volgende generasie toe is van enige waarde.

    Volgens die Skepper is jou lewe op aarde en jou lewe na die dood van onskatbare waarde, maar volgens evolusie het jou lewe geen doel nie, behalwe om seksuele plesier na te jaag (Aldous Huxley se eie woorde) en gemuteerde gene na te laat en dan het slegs jou dood enige voordeel. ‘n Mens se lewe is dus totaal doelloos (meaningless). Morele en etiese waardes is nie op jou van toepassing nie want dit meng in met jou soeke na seksuele vryheid.

    “For myself, as no doubt for most of my contemporaries, the philosophy of meaninglessness was essentially an instrument of liberation. The liberation we desired was simultaneously liberation from a certain political and economic system and liberation from a certain system of morality. We objected to the morality because it interfered with our sexual freedom.” – Aldous Huxley, (oor hoekom evolusie vir hom belangrik is) “Confessions of a Professed Atheist,”

    “Theory must be piled on theory in order to keep the whole thing from crashing to the ground. Evolutionary theory is a tottering mass, around which little men run with poles trying to prop it up here and there.”- Carl Sagan, “Cosmos”, p. 256.

    Die skynbare aantas van menseregte, soos reeds gesê is bloot net die nuttige voertuig om die Skepper uit die skole te verwyder, maar die regte rede is om die teorie van evolusie as die enigste geloof in die skole aangebied te kry. Die bestaan van doelloosheid. Dit sal insiggewend wees om agter te kom wie vir hierdie hofsake gaan betaal. Ek is seker Pietersen of Claassen doen dit nie met hulle eie geld nie, hulle het verseker ‘n finansier wat agter die hele storie sit en Pietersen en Claassen is net weer die nuttige idiote wat die bal aan die rol moet kry.

    Maar nou kom ek terug na my heel eerste stelling daarbo, en dit is dat ek wonder of dit nie maar die beste ding gaan wees om Godsdiens in Staatskole af te skaf nie. Oftewel om die bestaan van doelloosheid in te faseer nie.

    Daar is in elk geval ‘n algemene verval in omtrent alle lande wat morele en etiese waardes aanbetref en hierdie is waardes wat deur goed soos geloof en Godsdiens daargestel word. En dit is so dat daar ‘n al hoe meer feller aanslag teen hierdie waardes is, wat tradisioneel deur die media gedryf word. Ateiste soos Pietersen is lief om voor te gee dat die afbreek van geloof en Godsdiens nie ‘n aanslag teen waardes is nie, maar dat dit skynbaar vrydenke en verligting en logika by kinders bewerkstellig. Wat natuurlik ‘n mite is, maar dit is ‘n maklike argument om te gebruik want dit is net ‘n strooiman tipe argument wat los in die lug hang, en dis nie eers ‘n argument nie maar bloot ‘n ongegronde stelling.

    Dit klink mooi vir hulle en dit klink asof dit gewig kan dra maar is so tipies van baie van hulle argumente; dis net ‘n los stelling wat hulle as ‘n argument wil probeer voorhou. Soos die stelling dat hulle nie kan glo dat kinders in hierdie verligte eeu nog steeds aan middeleeuse en primitiewe bygelowe blootgestel moet word nie. Wat hulle natuurlik vergeet is dat die Wetenskappe soos wat ons dit vandag het, nie moontlik sou kon wees sonder die bydrae van Christendenkers nie en dat Christene baie van die hooftakke van die Wetenskap gestig het.

    Om hulle aanslag te regverdig haal hulle gedurig ouens soos Richard Dawkins en die Huxleys aan, blykbaar om ‘n punt te staaf, maar as ‘n mens by al die retoriek verbykyk is daar maar bitter min argumentwaarde in hulle aanhalings oor. “’n Kind word nie as ‘n ateïs gebore nie. Hy word slegs as die kind van ateïstiese ouers gebore, en sal eendag ‘n geloof begin aanhang, of nie.”

    Wie het dit gesê? Wel ek het so gesê, na aanleiding van een van die aanhalings van Dawkins wat hulle so lief is om te gebruik, maar ek het die woord “Christen” in Dawkins se stelling met die woord “Ateïs” vervang, net om te wys watse belaglike tipe stellings hulle as hulle mantra beskou. Dit klink oulik maar dis maar net retoriek op sy beste. En dit komende van ‘n groep af wat glo dat logika en vrydenke die produk van ateïsme is.

    As jy ‘n Christen is, volgens Pietersen se organisasie, beskik jy nie oor dieselfde tipe logika as hulle nie, en kan jy ook nie vir jouself dink nie. Maar soos wat Christene die Bybel aanhang vir leiding, is hulle die ouens wat die Huxleys en Dawkinse van die wêreld aanhang vir leiding. So het elkeen maar sy godsdiens, maar hulle erken nie dat hulle siening ook maar net ‘n alternatiewe geloof is nie, met Dawkins en andere as die profete van hulle geloof.

    Maar hulle is besig met ‘n aksie wat lankal reeds begin het, en wat nou tot volvoering gebring moet word. Elkeen van hierdie ouens, Hans Pietersen, George Claassen en die ander in die groep gaan na die beste van sy vermoë spartel om sy weergawe van ‘n geloof in die skole ingestel te kry, en as hulle dit nie vandag of more of oormore gaan regkry nie, gaan iemand anders maar weer die rol van nuttige idioot oorneem en oor ‘n jaar of tien van nou af maar weer probeer.

    Miskien gaan hulle weer en weer gekeer word maar ek het so ‘n idee dat hulle soort dit een of ander tyd gaan regkry, want dit is die verloop van die wêreld tans. Daar is ‘n ongelooflik aanslag teen alles wat Christelik is, en dit is reg so want anders is die Bybel verkeerd. Die Christene gaan meer as net ‘n paar klappe moet uitdeel, maar ons gaan slegs die oorlog wen wanneer en op die manier wat dit in die Bybel voorspel word.

    Intussen word ons skole eintlik maar hole van morele en etiese verval en ons as ouer generasies kyk na die skole asof dit nog dieselfde is as wat dit in ons tyd was. Dit is nie. Ons kinders word blootgestel aan allerhande volksvreemde invloede maar ouers probeer maar net vasbyt en hoop dat sy kind nie tot verval kom voordat die kind met skool kan klaarmaak nie. Skole word deur sulkes soos Pietersen en Claassen gedwing om hulle leerders aan hierdie tipe verval bloot te stel maar intussen het ander met ‘n bietjie toekomsvisie daarin kon slaag om ander skole op die been te bring wat wel waardes het. Intussen het daar in bykans elke dorp ‘n Christenskool ontstaan.

    ‘n Skool wat geskoei is op Christenwaardes waar die mense wat nie hulle kinders aan die verval van Staatskole wil onderwerp nie, hulle kinders na toe kan stuur. Waar kinders nie aan die mantra van doelloosheid en toevallige bestaan onderwerp word nie, waar slegs die dood iets is wat ‘n doel het nie. Daar sal natuurlik ouers wees, soos Pietersen en Claassen wat nie hulle kinders na hierdie skole toe wil stuur nie, en eerder hulle kinders aan die verval van openbare skole wil onderwerp.

    En dit is hulle goeie reg. Dit is ook hulle goeie reg om CVO skole te vermy vir die onding wat dit skynbaar is. Ek kan nie sien dat enige CVO hulle na ‘n hof toe gaan wend om vir Pietersen en Claassen te dwing om hulle kinders na ‘n CVO skool toe te stuur nie. Want dit sal hulle menseregte aantas.

    My voorstel is dus om vir Pietersen en Claassen gelyk te gee. Voer hierdie nuwe geloof in die skool in en los die mense om hulle kinders uit daardie skole uit te haal en hulle in skole te plaas wat Afrikaans en Christelik is, waar daar waardes is, waar kinders geleer word dat hy meer as ‘n bosbok of ‘n daggaplant of enige ander ding is wat ook uit daardie mitiese eensellige organisme uit ge-evoleer het. Dat daar morele en etiese waardes is en dat die lewe daarom draai om jou op ‘n Hiernamaals voor te berei. En dat jy oor iets beskik waaroor mense wat ge-evoleer het skynbaar nie beskik nie, en dit is ‘n Godgegewe siel.

    Jou lewe is belangrik, jy is belangrik en jou dood is nie die einde van ‘n leeftyd nie, dit is die begin. As daar ooit enige rede was vir ouers om hulle kinders uit die skole uit te haal, is dit die geleentheid wat Pietersen en Claassen nou bied. Dit is eintlik ‘n uitkoms vir Christene wat hulle kinders besluitloos in openbare skole gelos het en sodat hulle nou met werklikheid kan weet dat dit die regte ding is om jou kind in ‘n CVO te plaas.

    Wanneer die openbare skole genoegsaam leeggeloop het sal die CVO op die nuwe skolieregetalle gedy. Baie mense gebruik sport as die enigste rede hoekom sy kind nog in ‘n openbare skool is, maar dit is ‘n baie dun argument. In die eerste plek hoef jou kind nie aan sport onderwerp te word om ‘n aanwins in die lewe te wees nie.

    Maar mense het hierdie wanopvatting dat sy kind dalk eendag vir die Springbokke kan speel, en baie geld kan maak. Hy sal geld en aansien en roem verdien. Ek het nuus. Daar is ‘n baie, baie beter kans dat dit nie sal gebeur nie, en mense sal tien teen een nie eendag jou kind as’n sportgod kan aanbid nie. Maar leer eerder jou kind om ‘n goeie mens te wees en om ‘n goeie besigheidsman te word, dan sal daar miskien dalk nog ‘n groter kans wees dat hy sy eie sportspanne kan besit. Hy kan later miskien sy eie sportgodjies besit.

    Waar sal jy in elk geval jou kind aan sport wil laat deelneem? In sterk CVO skole of in skole wat deur volksvreemdes en vreemde tale oorheers word, met spesiale reëls vir die wat skynbaar nie geleenthede gehad het nie, maar wat tog op dieselfde skoolbanke as jou kind sit?

    Pietersen en Claassen bied eintlik nou ‘n baie goeie geleentheid vir ouers om CVO skole en CVO sport tot nuwe hoogtes te neem en ek glo dit is ‘n goeie ding.

  • ‘n Oorlog van aftakeling

    Deur Jan Viljoen

    Dit verbaas my gladnie dat daar so vreeslike bohaai geskep word rondom die twee meisies wat hulleself as swartvrouens aangetrek het nie. Ons moet dit net begin sien vir wat dit werklik is.

    Hierdie voorval is ‘n mikropoging binne ‘n makro-aanslag en ek gaan probeer om dit te verduidelik soos ek dit verstaan. Hierdie voorval is deel van ‘n reeks poginkies om ‘n baie groter einddoel te bereik, en as ons dit kan insien en ons kan dit verstaan, dan sal dit vir ons makliker wees om dit te verwerk en om dit te negeer. Skadeloos te stel met ander woorde.

    Ek het in ‘n ander skrywe verwys na die “war of attrition”, die oorlog van aftakeling, en hierdie is ‘n goeie voorbeeld daarvan. ‘n Reeks klein aksies wat daarop gemik is om die slagoffer se moreel uit te put, en om hom uiteindelik te oorwin. Dit is daarop gemik om die slagoffer te ontstig, te ontstel en kwaad te maak sonder dat daar vir hom ‘n uitlaatklep aangebied word om van daardie frustrasies ontslae te kan raak. Soos ‘n stoompot wat stoom opbou maar nie ‘n veiligheidsklep het nie. Iets moet een of ander tyd gaan. Hierdie aanslaggies word keer na keer, sonder ophou geloods en die slagoffer weet later nie meer hoe om die morele aftakeling te verwerk nie. Daar is nie regtig ‘n vyand waarmee handgemeen geraak kan word nie want die regte vyand kan nie gedefinieer of geidentifiseer word nie, al wat die slagoffer weet is dat daar onreg teen hom gepleeg word en hy kan homself nie verdedig nie, want hy het niks om aan te val nie. Om dit verder te kompliseer is die aanvallers wat die slagoffer so meedoënloos aanval, skynbaar iemand wat aan sy eie groep behoort, met ander woorde, verraad wat uit sy eie geledere uit kom.

    Slegs ‘n baie sterk slagoffer kan ‘n meedoënlose aanval keer op keer die hoof bied sonder die luukse om te kan terugbaklei of selfs net effektief te kan verdedig en dan ook nog die bykomende onreg verwerk van die feit dat dit jou eie mense is wat jou so meedoënloos aanval. Dit neem of ‘n baie spesiale tipe mens, of dit neem iemand wat hoop op ‘n groter uitkoms en om dit te probeer illustreer moet ek eers die volgende vertel.

    Ek het jare terug as kind iets gelees wat my vir ‘n hele klomp redes nog altyd bygebly het, en dit is die manier van hoe een of ander Indiaanstam in die Amasone hulle gevange vyande vermoor het. Ek kan onthou hoe ongelooflik wreed, maar tog in dieselfde asem, hoe ongelooflik fassinerend dit vir my was. Ek kan vandag die ooreenkoms tussen daardie Amasone wreedheid en wat vandag teen die Afrikaner gepleeg word, duidelik waarneem. Dit werk so. Wanneer een stam tydens ‘n skermutseling met ‘n ander stam een van daardie stam se krygers kon gevange neem, is die kryger kaal uitgetrek en in ‘n bamboes- of riethok waarin hy nie kan juis kan beweeg nie, ingehok. Die hok is dan in die middel van die oorwinnaars se nedersetting in die lug opgehys totdat dit ‘n paar meter bokant die grond gehang het en die kryger het dus kaal in die hok gehurk gesit sodat hy aan alle kante, selfs van onder, deur die tralies ontbloot was. Die slagoffer was dus totaal weerloos in teenstelling met sy martelaars wat totaal in beheer was. Hulle het al die mag gehad, en die enigste mag wat die slagoffer gehad het was om vir genade te smeek of gedweë te aanvaar wat met hom gebeur.

    Almal, mans, vrouens en kinders het aan die marteling deelgeneem, en dit het die gevoel van verslaentheid en hulpeloosheid nog net verder by die slagoffer versterk; die feit dat hy hom selfs nie eens teen die normaalweg hulpelose kinders kan verdedig nie. Hy kon miskien een van die mees gevreesde krygers van sy stam wees, wat normaalweg vir homself ‘n pad sou kon oopbaklei, maar hier is hy hulpeloos oorgelaat aan die grille en drange van selfs die hulpeloosste en laagste op die sosiale ranglys van sy teenstanders, wat sonder enige provokasie of verduideliking hulle wrewel op hom kon uithaal. Min of meer soos wat die Afrikaner, met ons trotse geskeidenis van verset, nou gedweë moet toekyk hoedat ‘n vet kleptomaan met ‘n verhewe ego, kan besluit of watter bates ons moet prysgee en watter nie en hoe die land tussen hom en sy vriende opgedeel gaan word, want dit is wat op die ou einde gaan gebeur.

    Almal in die Indiaanse nedersetting sou vir hulle ‘n lang riet sny en die een punt daarvan skerp maak deur dit skuins af te sny. Die skerp punt was dan soos ‘n baie dun lemmetjie, net ‘n sentimeter of so breed. Enige tyd wanneer enige persoon so gevoel het kon hulle oorstap na die hok toe en die slagoffer, van ‘n afstand af, ‘n paar klein stekies met die riet gee, op enige plek waar sy liggaam ontbloot is, rug, bene, voetsole, gesig, enige plek, sonder dat die slagoffer kon keer, of sonder dat hy dit soms verwag het. Net ‘n paar klein diep stekies, keer op keer op keer. Hy het net genoeg vloeistof gekry sodat hy nie aan dors kon beswyk nie, en soms het hy een of ander vorm van verdowing in sy water gekry sodat dit die pyn net genoeg verswak het sodat hy nie kon uitpaas van die ewigdurende pyn nie. Hy moes regdeur die foltering by sy verhaal kon bly. Dit het dae en honderde of selfs duisende stekies geneem voordat die slagoffer aan trauma gesterf het. Tot groot vermaak en genoegdoening van die martelaars. Dit was meestal die kinders wat later aan die pret deelgeneem het terwyl die ouer garde in die agtergrond net die aanspoorwerk gedoen het. Die slagoffer het hulpeloos vir sy traumatiese dood gesit en wag terwyl hierdie onreg op ‘n daaglikse basis aan hom gepleeg is.

    Kan ons die ooreenkomste begin insien?

    As ons terugdink aan al die voorvalletjies by die Universteite, die Reitz voorval, die Nazi saluut en ander, elkeen van hulle ‘n oënskynlik onskuldige daad, wat deur mense gepleeg het sonder dat daar enige haatlikheid of kwaadwilligheid bedoel of betrokke by was. Dit was nie iets wat nog nie ‘n duisend keer, tot groot vermaak, op ander plekke gedoen is sonder dat daar enige iets anders as poetsbakkery of pret in gelees is nie. Youtube het letterlik duisende sulke voorvalle en in die flieks lag ons al te lekker daaroor. Of ons trek onsself soos Chinese aan en gaan hou Chinese braaie, of soos Mexikane, of soms soos iemand van die teenoorgestelde geslag. Dis pret en dis onskuldig, maar dit is skynbaar nie iets wat jy mag doen as jy op Universiteit is nie. Maar elkeen van hierdie onskuldige dade is deur die vyand gekaap en in ‘n skynbaar haatlike en kwaadwillige onreg teen die mensdom verander sodat dit ‘n skerp riet kon raak waarmee die Afrikaner gesteek kon word en vyande wat uiterlik ‘n Afrikaner is maar wat deur pandoere en volksverraaiers, soos Naspers, in die agtergrond beinvloed en beheer word, doen lustig mee. Dit word teen die mees weerlose van ons, ons dogters gemik, deur tiranne wat te veel mag het wat saam met die stoel kom waarin hy of sy vir die huidige sit. Teen wie moet daar nou baklei word? Is Nicolize Mulder, soos in die laaste geval, ‘n Afrikanerhater of is sy net ongelooflik stupid en ook maar net ‘n stuk gereedskap wat ‘n maandelikse inkomste verdien? In al hierdie gevalle is ‘n daad wat regtig nie eers die moeite werd was om in ‘n gesprek opgehaal te gewees het nie, geneem en tot ‘n nasionale ramp verklaar. Met ‘n baie goeie en voorbedagte doel, een waaraan Naspers en die media en ander volksvyande ewe hartlustig deelneem, en dit is die aftakeling van alles wat blank en baie spesifiek Afrikaans is.

    Voorval na voorval, wat elkeen op sy eie omtrent geen impak sal hê nie, word aanmekaar gesnoer en voorgehou as die totale prentjie waarmee die Afrikaner gekonfronteer kan word. As ‘n mens kyk na die storms wat hierdie niksseggende dade ontketen het, sê dit meer van die vervolgers as wat dit van die daders sê. Hoe op aarde die volksvyande dit kan regkry om so ‘n bohaai te kan maak oor iets wat bloot as pret en onskuldige aksies in enige gesprek gesien sal kan word, is iets om net oor verwonderd te wees. Hoe die volksvyande dit kan regkry om hierdie dade tot die hoogtes van rassisme en verraad teen die mensdom verhef te kry is net ongelooflik. Dit sou nie gedoen kon gewees het as die media en veral Naspers nie sorg dat dit die daaglikse blootstelling en afkeur kry, wat hulle glo dit behoort te kry nie. Deel van die doel om hierdie dade uit verband te ruk, is om die Afrikaner as ‘n ongerehabiliteerde rassis te kan brandmerk, en ons weet almal hoe ernstig die klag van rassisme is, want Naspers herinner ons elke dag daaraan, en verder is dit om ‘n meganisme te skep sodat Universiteite verder en vinniger kan “transformeer”, skynbaar om die Universiteit te probeer red van die rassistiese Afrikaner. Die blote feit dat die spul wat die Universiteit dan op die ou einde gaan erf, dit nie werd is nie, dat hulle geen aandeel aan die oprigting van daardie Universiteit gehad het nie, dat hulle dit met soveel gemak sal afbreek as wat dit hulle sal vat om middagete te eet, dat die Universiteit sal moet verander om by hulle gestremde fakulteite aan te pas en nie andersom nie, dat die Universiteit gaan verval in ‘n hool van korrupsie en onderprestering is egter nie ter sprake nie. Wat wel ter sprake is, is dat dit ‘n Afrikanerbate is wat weggeneem moet word van die regmatige eienaars deur onskuldige voorvalle op te hef as rassistiese dade teen die mensdom. Wanneer hierdie instelling dus tot ‘n Afrikanerbastion van rassisme verdoem is kan die steel van hierdie bate geregverdig word. Klein diep stekies. Aftakeling wat ongesteurd en sonder ophou voortduur, aangevuur deur leuens en verdraaiings, gepleeg deur volksvreemdes en wat regverdiging geniet in Naspers se poniekoerante. Die oorlog van aftakeling gaan ongestoord voor terwyl die Afrikaner magteloos toekyk hoedat een na die ander bate, skole, kerke, banke, weermag, polisiediens, poskantore, hospitale te veel om op te noem, stadig in die moeras van swart onkbeholpenheid en korrupsie wegsink.

    Ons sit in ons hok vasgekeer en ‘n spul kinders, die meeste van hulle, het die reg verkry om ons na willekeur te kasty soos wat hulle wil. Ons sit in ‘n hok wat vir ons gebou is en in stand gehou word deur Naspers.

    Wanneer ‘n volk onder hierdie tipe van druk verkeer, waar ons daagliks moet hoor hoedat ons doodgemaak gemaak word, retoriek wat deur enige iemand selfs die president van die land op ‘n gereelde basis, sonder enige vrees vir vervolging, in die openbaar ge-uiter word, is dit baie moeilik om gedissiplineerd en konsekwent te handel. En wanneer hierdie daaglikse moordmantras selfs nog verder gaan en in moordtogte wat teen meestal ongewapende en onskuldige volksgenote gepleeg word, manifesteer, is dit bykans onmoontlik om nie ontakties op te tree nie. Maar ons sal die riete vir eers moet verduur, want die omstandighede is nog baie vêr van reg af voordat ons enigsins daaraan kan begin dink om op te tree.

    Maar wanneer gaan die omstandighede dan uiteindelik reg wees, want hoe lank gaan ons nog die moordaanslag teen ons moet verduur voordat ons uiteindelik kan optree?

    Ek het nuus. Die omstandighede gaan nog vir so lank aangaan as wat dit ons gaan vat om dit te verander. Ons kan dit skynbaar net nie regkry om te begin verstaan dat die vyand nie die omstandighede vir ons gaan verander nie, ons sal dit self moet doen. En ons sal dit op die regte manier moet doen. ‘n Span speel slegs so goed as wat die ander span hulle toelaat om te speel. Ons sal vir ewig wag, of totdat ons heeltemal uitgeroei is as ons dink dat ons enige hulp van ‘n politieke kant af gaan verkry. Ek dink ons moet begin besef dat die politieke toneel vir ewig vir die Afrikaner verby is. As jy ‘n Afrikaner is, en jy neem aan die skynproses van demokrasie deel, dan doen jy dit as ‘n burger van Frikkie se Nuwe Vervalle Suid Afrika, ongelukkig nie as ‘n Afrikaner nie. Jou Afrikaner identiteit is dan in die kookpot van Jood, Kleurling, Engelsman en Swarte ingemeng in ‘n mengsel wat hulle Democratic Alliance of COPE of AGANG of so iets noem. Jy is dus ten volle deel van die groep wat kruisies trek in ‘n skynproses waar kruisies getel word om ‘n nuwe groep korrupte en kleptomaniese egomaniakke aan te stel wat met al die mag tot sy beskikking oor jou as Afrikaner sal heers.

    En dan het jy geen reg om te sê dat jy nie van die manier hou hoe daar oor jou geheers word nie, want jy was deel van die skynproses wat die heersers daargestel het. Dit is ongelukkig net so, en daar is te min Afrikaners, al sou almal saamstaan, om polities teen die oormag te kan stem. Ek sê weer, dis in elk geval nie hoeveel kruisies getrek word nie, dis hoeveel kruisies getel word. Politiek is vir ons verby.

    Hoe gaan ons dan uit die hok uitkom? Daar is twee maniere. Een is om die hok van binne af oop te breek en die ander een is om die hok van buite af oop te breek. Om die hok van binne af oop te breek het ons ‘n gesamentlike poging nodig. Een waar ons op almal in die hok kan staatmaak om saam te werk en dit, soos ek in my vorige skrywe genoem het, kan net gedoen word as ons leiers begin toenadering tot mekaar soek. Soek raakpunte en hou om om verdeelpunte as verskoning vir kohesie aan te voer. Daar is meer wat ons saamsnoer as wat daar is wat ons verdeel, soek dit en brei uit daarop. Ek is moeg om te hoor dat ons al vir mekaar sê dat die Afrikaner nie kan saamstaan nie, want dit is deel van Naspers se breinspoeling. Kom bymekaar in julle onderskeie splintergroepe en bring julle mense saam. Kyk of julle vriende, familie of vreemdes kan oortuig om van Sewende laan af weg te breek, of om minder rugby te kyk.

    Om die hok van buite af oop te breek moet ons kyk wat dit is wat ons nog beheer wat buite die invloed van die swart massas is. In Engels noem hulle dit “leverage”, in Afrikaans noem ek dit ‘n koevoet. Ons het baie koevoete wat ons as “leverage” kan gebruik. Dink aan hoeveel geld daar nog in Afrikaanse gemeenskappe is. Begin met jou geld praat. Naspers het so ryk geraak met Afrikanergeld. Die banke is met Afrikanergeld gestig in dae toe die Afrikaner bitter min gehad het. Kry ouens wat ekonomies geskool is om planne te maak. Daar is baie kennis daarbuite.

    Verder is daar buitelandse simpatie. Begin wyer as die grense van Frikkie se vervalle staat dink en maak planne om afvaardigings te loods. Ek wil nie eers hierop ingaan nie, want daar is te veel om te sê. Daar is soveel groepe regoor die wêreld wat absoluut gatvol is vir die stadige verval in hulle eie omgewings wat eintlik maar ‘n wêreldtendens is, nie net hier in Suid Afrika nie. Die blankes is ‘n minderheidsgroep in terme van wêreldbevolking, dink daaraan.

    Pas druk toe deur byvoorbeeld hierdie dogters wat nou in die moelikheid is op ‘n manier te probeer steun, geldelik, wetties of andersins. Die internet is daar, youtube is daar; gebruik dit.

    Die ironie is dat ons buite die boks waarin ons is moet begin dink. Daar is soveel om te sê dat hierdie spasie nie geskik is nie.

    Maar dat die volksvreemdes en die nuttige idiote enige riet gaan gebruik om ons mee te steek is so, en as daar nie ‘n riet is nie, sal hulle van enige onbenulligheid ‘n riet probeer maak.

  • Hoe werk die kleurrewolusie?

    Eva Colinger voer in ‘n artkel op 11 Oktober 2011 op Global Research aan in 1983 het ‘n strategie waarvolgens Amerika van ongemalike regerings ontslae raak genaamd “demokrasie-bevordering”, die lig gesien. Met behulp van ‘n reeks kwasi-private stigtings soos die Albert Einstein-Instituut (AEI), die National Endowment for Democracy (NED, die Internastional Republican Institute NRI), die National Democratic Institute (NDI) en Freedom House, en nog later die Center for Non-Violent Conflict CNVC), het Washington geld beskikbaar gestel en raad aan politieke partye en groepe buitelands gegee ten einde Amerika se agenda te bevorder maar terselfdertyd die betrokke lande en nasies te onderwerp.

    Agter al hierdie stigtings en institute is die US Agency for International Development (USAID), die geld-arm van die Amerikaanse departement van buitelandse sake. In 2009 het die sogenaamde “Interagency Counterangency Initiative” amptelike leerstellings van Amerika geword.

    Buitelandse sake se onderdepartemente is gerig op “oorgangsinisiatiewe”, heropbou (ook die SA Heropbou en Ontwikkelingsprogram, HOP), konflikbestuur, ekonomiese ontwikkeling, administrasie en demokrasie, hierdie aksies is die hoofkanale waarlangs miljoene dollar gefiltreer word na politieke organisasies, nro’s, studente-organisasies en bewegings ter wille van die wêreldwye Amerikaanse agenda.

    Waar ook al ‘n staatsgreep gebeur, is daar ‘n sogenaamde kleurrewolusie of regimeverandering ten behoewe van Amerika en is USAID en ‘n stroom Amerikaanse dollars aan die werk.

    Hoe werk ‘n kleurrewolusie? Die resep stem oral ooreen. Studente en jeugbewegings is aan die voorpunt, met ‘n vars gesig wat sy verskyning maak, en sodoende word volgelinge aangetrek asof ‘n mode skielik posgevat het.

    Daar is altoos ‘n embleem of logo, ‘n kleur en bemarkingstrategie. In Serwië het die groep OTPOR, wat meegehelp het om Slobodan Milosvich te onttroon, die strate ingevaar met t-hemde, plakkate en vlae in swart en wit as hul simbool van verset.

    In die Oekraïne was die kleur oranje, in Georgië ‘n rooskleurige vuis, in Venezuela oop hande in swart en wit om vir ‘n mate van verskeidenheid te sorg.

    Kleurrewolusies gebeur in state met strategiese en natuurlike hulpbronne: Gas, olie, militêre basisse en andersins van geopolitieke belang. En hulle gebeur altyd in lande van sosialistiese, anti-imperialistiese oortuigings.

    Die bewegings waaragter die Amerikaners sit is gewoonlik anti-kommunisties, anti-sosialities, pro-kapitalisties en pro-imperialsities. Verset en destabilisasie word gewoonlik rondom verkiesingsveldtogte beplan ten einde spanning te skep en vrae oor moontlike bedrog word op die voorgrond gebring ten einde die verkiesings te diskrediteer sou die opposisie verloor.

    Dieselfde agentskappe is altyd teenwoordig: USAID, NED, IRI, NDI, Freedom House, AEI en ICNC. Laasgenoende twee sorg vir die opleiding en toerusting aan jeugbewegings, soos aan die ANC-jeugliga. Die strategie beoog ontwrigting van die pilare van die staatsmag, die neutralisering van regeringsmagte en die skep van ‘n gevoel van sensasie, wanorde en onveiligheid.

    Kol. Robert Helvey, een van die grondleggers van die strategie en direkteur van AEI, verduidelik die oogmerk is nie die vernietiging van die gewapende magte en die polisie nie, maar eerder hul “bekering” – om hulle oor te haal om die heersende regering te verlaat en hulle aan die verstand te bring “daar is vir hulle plek in die regering van more”.

    Die jeug word ingespan ten einde die magte te verswak en dit moelik te maak vir die vasvat van oproer. Sordja Popovic, stigter van OTPOR, het onthul dat Helvey hulle geleer het “. . . om mense soos polisielede in die steslel te kies en aan hulle ‘n boodskap te stuur dat almal slagoffers is, hulle en ‘ons’, deurdat dit nie die werk van ‘n polisieman is om `13-jarige in hegtenis te neem deurdat hy ‘n versetter is nie, byvoorbeeld’…”

    In 2003 het AEI hom in Venezuela gevestig. Helvey self het ‘n negedaagse intensiewe kursus aan die Venezuela se opposisie aangebied oor hoe om “demokrasie” in die land “herstel”. Volgens AEI se jaarverslag, het opposisie politieke partye, nie-regeringsorganisasies, aktiviste en vakbonde deelgeneem aan die werkswinkel, om te leer van die tegnieke om ‘n “diktator omver te werp”.

    Dit was ‘n jaar ná die mislukte staatsgreep, waar straatgeweld, konstante destabiliseringpogings en ​​’n herroeping van die referendum plaasgevind het. Die opposisie het 60-40 verloor, maar gehuil oor bedrog. Die poging was nie suksesvol nie aangesien honderde internasionale waarnemers, insluitend die Carter Center en die OAS, die proses deursigtig, wettig en bedrog-vry verklaar het.

    In Maart 2005 het die opposisie en AEI weer kragte saamgesnoer, maar hierdie keer is die ou politieke partye en leiers vervang deur ‘n uitgesoekte groep studente en jeugdiges. Twee voormalige leiers van OTPOR het gekom van Belgrado, Slobodan Dinovic en Ivan Marovic, om Venezuela se studente in te lig oor hoe om ‘n beweging te bou om hul president omver te werp.

    Terselfdertyd, het USAID en NED se befondsing vir die groepe in Venezuela die hoogte ingeskiet tot sowat $9 miljoen. Freedom House het vir die eerste keer ooit aangeland, om saam met USAID en NED te help om die opposisie te konsolideer en voor te berei vir die 2006 presidensiële verkiesings.

    ICNC, gelei deur die voormalige Freedom House president Peter Ackerman, het ook begin om die jeug opposisie beweging op te lei, in intensiewe kursusse en seminare in regimeveranderingtegnieke.

    Daardie jaar, die nuut-opgeleide studente hul beweging geloods. Die doel was om die verkiesingsproses te belemmer deur ‘n scenario van bedrog, maar dit het misluk. Chavez het die verkiesings met 64% van die stemme ingepalm, ‘n groot oorwinning.

    In 2007 is die beweging hervat in reaksie op die regering se besluit om nie die uitsaailisensie van ‘n private TV-stasie, RCTV en ‘n stem van die opposisie, te hernu nie. Die studente het die strate met hul logo ingevaar en saam met die hulp van die hoofstroommedia, internasionale aandag getrek.

    Verskeie is deur die Amerikaanse agentskappe gekies en gestuur vir opleiding in Belgrado in Oktober 2007. ‘n Studenteleier Yon Goicochea het selfs ‘n halfmiljoen dollar ontvang vir opposisie-opleiding van die Cato-instituut.

    Vandag, is dieselfde studente die gesigte van die opposisie politieke partye, ‘n bewys van die bedrieëry om plaaslike bewegings te gebruik vir ander doeleindes. Die gekleurde revolusies in Georgië en die Oekraïne vervaag en die ontnugterdes se oë begin oopgaan. Die oënskynlike “outonome” bewegings se agenda is ontbloot en hulle besef hulle is geflous.

    Die gekleurde revolusies is niks meer nie as die rooi, wit en blou van Amerikaanse agentskappe, wat nuwe en innoverende maniere probeer vind om die Anglo-Amerikaanse Ryk af te dwing.

  • Ses sinnetjies, die kruks van Afrikaners se probleem

    deur Jan Viljoen

    ‘n Swart pamflet wat tans die rondte doen, bevat ses sinnetjies wat eintlik die kruks van die Afrikaner se probleem is.

    Die sinnetjies gaan een van die dae moontlik weer vergete wees, maar die ses sinnetjies is die oorsprong, die omvang en die manifestering van die vervalle Suid Afrika waarin die Afrikaner homself bevind. Hierdie pamflet beskryf presies waar ons is en hoekom ons hier is.

    In die pamflet – glo van SASCO – word swartes aangemoedig om die Universiteit van Noordwes terug te neem en om in die proses die Afrikaner en Afrikaans dood te maak.

    Die pamflet spreek boekdele en elke enkele sinnetjie is vir ‘n baie spesifieke doel gekies en is so bewoord dat dit klink asof dit reguit uit die ANC se Freedom Charter kom. Die mense wat die pamflet geskryf het weet wat hulle doen, en daarom is dit vir my moeilik om te glo dat dit deur ‘n paar halfgeletterde kwotastudente gedoen kon gewees het.

    Kom ons begin by die oproep tot geweld, die heel boonste sin en die sin wat gekies is om die aandag te trek naamlik, “ATTENTION COMRADES”.

    nwukill

    Ons is al ‘n bietjie meer as twintig jaar in Frikkie se Nuwe Suid-Afrika en daar is baie min van ons wat sal kan sê dat die mishoop van barbaarsheid en wetteloosheid waarin ons vandag verkeer, die utopie is wat Frikkie en sy trawante of NASPERS en sy mak werfbobbejane hulleself so angstig voor be-ywer het en wat hulle so bedrieglik belowe het. Ons lewe nou al twintig jaar of so onder die juk van die swart massas, en soos wat elke jonger generasie swartes hulle toetrede tot die samelewing maak, so word die eise en die afguns meer, die totale gevoel dat hulle al meer en meer geskuld word en dat hulle daarom op al meer en meer geregtig is sonder om ‘n teenprestasie te lewer word deel van hulle daaglikse mantra.

    Hulle het begin agterkom dat Bantu Education baie meer as vandag se skoolopleiding vermag het, want met Bantu Education was daar voorsiening gemaak dat hulle teen hulle eie pas en in hulle eiesoortige omstandighede vordering kon maak. Hulle het nie nodig gehad om teen blanke kinders te moes kompeteer nie, en voordat iemand sê dat BE ‘n ondergeskikte skoolopleiding was, hou net hierdie bietjie insig ingedagte. BE het tydens die donker jare van apartheid meer swart miljoenêrs en professionele swartes opgelewer as wat die skoolopleiding van al die swart Afrika lande saam kon oplewer.

    Dit is nie meer vandag so nie, want skoolopleiding in Frikkie se Nuwe Suid-Afrika het tot so ‘n aard verswak dat sommige lande op die swart kontinent hulle kinders eenvoudig net beter oplei. Maar ten spyte van, en nie as gevolg van die swak skoolopleiding nie, vaar blanke kinders deur die bank nog steeds beter as swart kinders. Vandaar die besef onder swart studente dat hulle nie vandag die mas kan opkom nie en dat enige omstandighede waar hulle nie op hulle eie fakulteite kan staatmaak om te kan kompeteer nie, as rassisties ge-ag kan en moet word. Die Universititeite skuld hulle een of ander vorm van nagraadse kwalifikasie want dit is wat nodig is om ‘n goeie werk te kan kry, waar ‘n mens baie geld per maand kan verdien en dan duur whiskies kan drink en elke dag Kentucky kan eet. Blanke kinders wat tot die Universiteite toetree het skynbaar nie ‘n probleem om kwalifikasies te kry nie, en dit is rassisties. Universiteite skuld hierdie kwalifikasies aan die swart studente, ongeag of hulle dit verdien en of hulle daarvoor gewerk het.

    Liberation before education het nie beter studente opgelewer nie, dit het swakker skoolopleiding tot gevolg gehad en dit skep ‘n reuse probleem. Wit studente neem die voortou op elke vlak en die swart massas staan hulpeloos en toekyk hoedat die sisteem net nie vinnig genoeg tot hulle oproep gehoor wil gee nie. Wat nou nodig is, is om die sisteem te verander, nie om die gesindheid te verander of deursettingsvermoë aan die dag te begin lê nie, of om te besef dat nagraadse kwalifikasie nie iets is wat jy kry net sodat jy ‘n goeie werk kan kry nie; dis iets wat jou toekom slegs as jy die inherente vermoë het en die toets en eise wat dit aan jou stel met sukses kon voltooi. Kortom, dit kom jou slegs toe as jy dit verdien.

    Om die sisteem te dwing om selfs vinniger te verander is daar dus drastiese stappe nodig. ‘n Ommekeer is nodig om die stelsel te verander, ‘n rewolusie dus. Suid Afrika het nog nie die rewolusie gehad waarop daar voor 1994 gehoop is nie, nie omdat die Mandelagod oorgeneem het nie, of omdat Frikkie en sy trawante ons land so skaamteloos en bedrieglik weggegee het nie om die swart massas te paai nie, maar omdat die Afrikaner destyds fisies, geestelik en ekonomies te sterk was en hulle net nie oor die vermoë beskik het om ons in ‘n rewolusie of gewapende opstand te kon verslaan nie. En ons is nog vandag nog steeds. Die rewolusie moet op een of ander manier afgedwing word en die generasies swartes van vandag, so militant, blatant skoorsoekerig, alwetend, agressief en domonnosel wat nooit die skerp kant van die Afrikaner beleef nie, raak by die dag meer oortuig dat hulle die Afrikaner met geweld kan verslaan. Iets wat hulle voorouers kon regkry nie.

    Volgens die huidige generasies swartes is die Afrikaner min of meer ‘n verslaande en oorwonne volk, en hulle oproepe tot vergelding en magsvergrype raak elke dag meer dringend en uitdagend. Daar is ‘n nodigheid dat die militante agressie wat voor ’94 geheers het, tot alle prys behou moet word en dat dit selfs versnel moet word, want die laaste van die Afrikaner is nog nie uit Frikkie se Nuwe Suid-Afrika verdryf nie, en ons het nog te veel oor waarop die swart massas graag hulle gretige hande wil lê.

    Om die rewolusie en die militansie aan die lewe te hou, is dit dus nodig om die taalgebruik van die terroriste van pre-’94 te gebruik want dit het toe gewerk en dit sal vandag weer werk. Daarom is dit van uiterste belang om die eerste sin, die oproep tot geweld, met “Attention Comrades” te begin. Om studente as “comrades” aan te spreek skep onmiddellik die indruk dat daar weer ge-struggle moet word en dat hulle almal deel van die nuwe struggle uitmaak.

    Die ou strategie word gebruik om die nuwe rewolusie tot lewe te roep. Die eerste sin is dus nie om dowe neute so verwoord nie, anders kon die skrywers van die pamflet bloot die woord “attention” of “attention fellow students” gebruik het. Maar om die woord “comrades” te gebruik, dui op ‘n oproep tot militansie, so reg uit die Karl Marx-manifes van hoe om ‘n rewolusie byeen te kry. Die eerste sin skep dus al klaar die toestand van dit wat gaan volg.

    Dan kry ons die volgende sin, “Time to take back the NWU.” Hierdie sin spreek boekdele, en dit impliseer dat die Universiteit van Potchefstroom by die massas gesteel is. Ons gaan nie in die geskiedenis van Potchefstroom Universiteit ingaan nie, bloot omdat dit nie nodig is nie, daarom sal ek net hierdie enkele sin uit Wikipedia aanhaal, sodat ons darem ten minste weet waar ons staan.

    “Potchefstroom University developed out of the Theological School of the Reformed Churches in South Africa (Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in Afrikaans, abbreviated as GKSA), which was founded on 29 November 1869 in Burgersdorp, Cape Province.” (Toevallig op my familie se familieplaas staan die klipkerkie as gedenkteken vandag nog steeds. So entjie met die grondpad af, verby die grondtennisbaan waar die boere in my kleintyd altyd kom tennis speel het.)

    Die blote feit dat dit nie waar is dat die Universiteit by die massas gesteel is nie, is nie van toepassing nie. Dit is slegs nodig om dit te sê, want dit rui die emosies onmiddelik op en ons weet dat massa-emosie ‘n verskynsel is wat maklik gebruik kan word om ‘n skare idiote tot uiterste geweld te kan opsweep. As die spul eers in ‘n massakranksinnigheid geraak het, word alles voor die voet afgebreek, vernietig en geplunder, soos ‘n skool pirhanas op ‘n vreettog.

    Die sin is dus gekies vir sy waarde om die massa op te sweep. Dit is presies dieselfde taktiek wat Malema gebruik; om sy massas met leuens en retoriek op te sweep en opgesweep te hou. Hierdie is ‘n ou foefie wat regdeur die wêreld gebruik is om rewolusies en omverwerpings van orde en wettigheid te berwerkstellig, en dit verbaas my nie dat hierdie retoriese leuen gebruik word om die emosies van die nuttige idiote te manipuleer, sodat die individue in een enkele redelose dier kan verander nie.

    Kyk wat sê die ANC se freedom charter. … “that our people have been robbed of their birthright to land, liberty and peace by a form of government founded on injustice and inequality;” Alles is skynbaar gesteel en die persepsie moet ten alle koste lewend gehou word. Die magte agter die ANC het jare terug al die taktiek gebruik om die massas met retoriek op te sweep, soos wat Malema vandag nog steeds doen en soos wat die skrywers van die PUK-pamflet ook doen. Die sin impliseer dat die Afrikaner alles wat hy het van die vreedsame swartes gesteel het en dit impliseer verder dat die swartes dit kan terugvat, met geweld indien nodig want die geweld was eerste teen hulle gepleeg. Dit verontskuldig hulle dus indien hulle tot geweld oorgaan en dit is al wat hulle nodig het om ‘n geweldsorgie te pleeg. Volgens die sin is geweldadige optrede regverdig omdat die onreg eerste teen hulle gepleeg het, en verder is dit nodig om die Universiteit terug te vat want dit is histories hulle s’n. Die skrywers van die pamflet weet dat dit ‘n leuen is, en verder weet hulle ook dat dit nie tot die voordeel van die swart studente is dat die Universteit in ‘n swart mishoop van wanbestuur en korrupsie verval nie. Die doel is slegs om die Universiteit te vernietig sodat dit nie meer Afrikanerstudente kan oplei nie en sodat dit nie meer ‘n Afrikaner-bate is nie. Die leuen is dus nie tot voordeel van die swart studente nie, dit is uitsluitelik tot nadeel van die Afrikaner. Dit bevestig verder die vermoede dat hierdie pamflet nie deur halfgeskoolde swart studente geskryf is nie, maar deur iemand wat konflik wil veroorsaak om Afrikanerbates te vernietig.

    Dan kom ons by die sin, “KILL the Boer.”, met die woord “kill” in hoofletters, met ander woorde ‘n opdrag. Ons hoef nie veel te sê oor hierdie sin nie, behalwe dat dit bewys dat die pamflet nie soseer teen die Universiteit gemik is nie, maar teen die hele Afrikanervolk, en let wel, slegs die Afrikaner. Nie die Jood, of die Engelsman of enige ander volksgroep nie, slegs die Afrikaner, anders sou daar gestaan het, “Kill the Whites.” Maar dit is teen die vernietiging van die Afrikaner gemik en slegs die Afrikaner.

    Nie dat dit veel sal help om te probeer proklameer dat jy ‘n liberale Engelsman is wanneer die geweld teen jou as persoon gepleeg word nie, want wanneer massasotlikheid eers beheer van die skare geneem het, raak die vernietigingsdrang iets wat alleen met ewe veel teengeweld gestop kan word. Dan is dit altyd lekker om te sien hoedat die spul mekaar doodtrap om te probeer wegskarrel, elkeen ewe skielik vir homself, en elkeen ewe skielik ewe veel onskuldig in die geweld van flussies. So die doodmaak word teen ‘n groep, die Afrikaner, verkondig en nie teen studente nie en dit bewys dat die totale aanslag teen die Afrikaner verskerp word en elke geleentheid word benut om die Afrikaner te probeer vernietig.

    Dit bring ons by “KILL the Racist.” Weer ‘n opdrag. Om die woord rassis in ‘n sin te gebruik is om die argument te wen, of om die aksie wat teen “rassiste” gemik word te regverdig. Soos wat dit deesdae gaan, danksy Naspers en die media se voorliefde van gonswoorde wat nie uit volksgeheue mag verdwyn nie, want om as ‘n rassis gebrandmerk te word is ‘n oortreding skynbaar erger as moord. Die terme “rassis”, “Boer” en “Afrikaner” is natuurlik onderling uitruilbaar. Dit verleen dus regverdiging aan die aksie, sou dit plaasvind, om die rassistiese Afrikaner uit te moor, want deur slegs net ‘n Afrikaner te wees verdien jy dus die geweld teen jou.

    Ons moet onthou dat die gemiddelde swart student nie noodwendig die room van die studentemassa is nie. Hierdie tipe taalgebruik en opsweping is gerig op diegene wat vatbaar is daarvoor. Dit kos nie veel inspanning van ‘n paar beswaarde swart enkelinge nie om in ‘n een tierende organisme te verander wat daar en dan van alle rede afsien.

    Dan kom ons by “KILL Afrikaans.” Nie “Stop Afrikaans,” of “Reduce Afrikaans” of “Out with Afrikaans” nie, maar om die taal dood te maak. Om dit te vermoor. Regte rewolusietaal en ‘n taal waarmee die politiek en die sogenaamde demokrasie in Suid Afrika te gemaklik mee omgaan. En ook ‘n taal wat heeltyd net teen een bevolkingsgroep gemik word. Waar in die ganse wêreld moes een klein minderheid al ooit gedweë staan en toekyk en elke dag in die publiek moes aanhoor dat hulle vermoor moet word?

    Selfs die Presidente van die land, die Mandelagod inkluis het dit op een of ander stadium bepleit. Die blote absurditeit en totale surrealitiet van die situasie en hoe ons dit elke dag gedweë aanvaar sou lagwekkend wees as dit nie so ‘n ongelooflike bedreiging ingehou het nie.

    Maar ten minste is daar nog rugby, en af en toe, soos wat ek in ‘n vorige skrywe gesê het, een of ander vorm van minderwaardige erkenning wat ons weer stertswaaiend na ons swart oorheersers toe laat terugkruip. Of eintlik moet ek sê, soos wat Naspers dit wil hê ons moet doen. Nee, Afrikaans moet vermoor word, dit is al waarmee die komende rewolusie tevrede gaan wees, tesame met die totale uitwissing van die Afrikaner en alles wat vir hom kosbaar en dierbaar is. Hierdie pamflet gaan nie soseer oor die Universiteit van Potchefstroom nie, hierdie pamflet is ‘n teken van hoe donker dit nog vir die Afrikaner in sy eie land gaan word.

    Ons sal iets anders as Kumbaja om die kampvuur moet begin sing. As ons sogenaamde leiers dan nie in staat is om ons in die regte rigting te lei nie, moet ons van hulle begin ontslae raak. Die tyd begin aanbreek waar ons nie meer die luukse het om sotlike leiers en hulle brose ego’s te probeer pamperlang nie. As jy nie die vermoë het om ‘n verskil te maak en jou groep op die regte manier en in die regte rigting in te lei nie, moet jou groep van jou ontslae raak en vir hulle ‘n leier gaan soek wat wel iets werd is.

    En verder moet ons sogenaamde leiers nou begin besef dat die Afrikanergroepe nie hier is sodat elke groep sy leier kan verafgod en sy persoonlike mishoop beskerm nie. Dis tyd om die groepe in een groterwordende groep met ‘n gesamentlike visie te begin saamsnoer, en daar is net een manier om dit te doen. Dit is om jou eie oogklappe ‘n bietjie wyer te maak en die groter prentjie te begin raaksien, want alleen gaan ‘n klomp verskillende groepies nie die toets deurstaan nie. As jy dit nie wil of kan doen nie, gee die leisels vir iemand wat toenadering tot ander groepe kan soek, wat raakpunte eerder as verdeelpunte tussen die groepe kan raaksien, sodat daardie een die groep na ‘n beter posisie toe kan lei. As jy dit nie kan of wil doen nie, hoort jy in dieselfde kamp as verleiers soos Naspers. Ons verbeel ons dat ons jare se tyd het om iets te doen en dat iemand anders dit in elk geval sal oplos. Die tyd om verward rond te kyk het opgehou. Leiers moet begin lei, in die regte rigting.

    Ek kan hoor hoedat mense vra, maar hoe sou jy dit gedoen het? Dis maklik, ek is nie ‘n leier nie, maar ‘n mens hoef nie ‘n kok te wees om te weet dat iemand se kos lekker is nie, so ek kan sien wat gedoen moet word. Begin ten minste by die begin, en kry groepe wat naby aan jou groep is eerste om te probeer bepaal wat julle namekaar toe kan bring. Begin om rolle en funksies vir die onderskeie groepe, onder die sambreel van ‘n gesamentlike inklusiewe liggaam af te baken. Trek groepe in en behou hulle identiteite as dit moet, maar reik hande uit. Doen dit eers en wanneer daar kohesie is, bring jou ondersteuners, al is dit skoppend en skreeuend in die proses in. As hulle nie hou van waarmee jy besig is nie, moet of hulle of jy die groep verlaat sodat iemand anders kan kyk of hy die mense kan oortuig. Afrikaners is hardkoppig en onafhanklik, maar het nog altyd na wyse en sterk leiers geluister. Die tyd het aangebreek dat ons wyse en sterk leiers begin ondersteun. Ons oorlog gaan nie teen halfgeskoolde kinders op ‘n vergete Universiteit wees nie, hulle gaan slegs die kanonvoer wees. Ons oorlog gaan teen ‘n baie slinkser en agterbakse gebroedsel wees en alhoewel almal dit kan insien kan ons blykbaar nie die vrymoedigheid en wil bymekaarskraap om in die regte rigting te begin trek nie.

    Dit bring ons by die laaste sin, “Uhuru Anakuja.” Vryheid is aan die kom. Die swart massas in Suid-Afrika se gemiddelde lewensduur is baie hoër as die res van Afrika, maar skynbaar is die vlak van beskawing wat hulle in Frikkie se mislukte land verduur, nie goed genoeg nie. Hulle wil nog vryer wees, vry van die Afrikaner se ekonomie, vry van wette en reëls wat sy kreatiwiteit aan bande lê, vry van relatiewe eens goeie mediese sorg, vry van moraliteit en vry om te vat en te gebruik wat hy wil. Hierdie vryheid gaan skynbaar ‘n onuitputlike bron van genietinge en oorvloed van wêreldse genot beteken. Almal gaan na hartelus kan steel, moor en roof terwyl die leiers in die minderwordende oorvloed van die koloniale tydperk baai. Wanneer dit op is gaan die werkilikheid begin posvat. Wanneer die een diktator na die ander van al hoe meer geweldadige metodes gebruik begin maak om aan ongebreidelde mag te probeer vasklou, gaan die werklikheid van Frikkie se Nuwe Suid Afrika tot selfs die gehardste vrygewordende begin deurdring. Maar dit is nie my probleem nie.

    My probleem lê daarin om te probeer keer dat dit nie gebeur nie, want hierdie sogenaamde vryheid gaan slegs ten koste van die Afrikanervolk en ons eens geliefde land gebeur.

  • Bouval

    Bouval

    Waar eens gewoel en gewerskaf
    is, staan nou gras, geel soos kakie
    knapsekêrels ‘n olieboom of twee
    ‘n akkedis huiwer en skarrel weg

    Dakloos gloei die wit mure nogtans
    teen twaalfuur in die snikheet son
    swart krake rank na bo en onder
    soos versteende plante naamloos

    Geskend die grafstene iewers teen
    die randjie, graniet en kruis weggedra
    herwin vir ‘n beter doel as om
    die verdwene stamlede te gedenk

    Die windpomp het verroes
    die dam is leeg en gebars
    die leë krip ‘n simbool van gebrek
    aan sowel skaapskare as herder

    As die son laatmiddag water trek
    verdonker geleidelik elke venstergat
    en iewers glim spatsels lig
    soos oë agter grynsende maskers

  • Om deur stroop te beweeg

    Deur Jan Viljoen.

    Ek het redelik baie gesê in die vorige stuk wat ek geskryf het, maar om die waarheid te sê het ek maar eintlik net aan die oppervlak geraak. Daar is soveel meer om gesê te raak en dit sal meer as net een skrywe vat om die boonste lagie van Frikkie en sy trawante se Nuwe! Verbeterde! Suid Afrika weg te krap om te sien wat alles daaronder weggesteek word.

    Ek onthou nog baie goed hoedat die koerantplakkate teen die lamppale belowe het dat die Afrikaners hulle skole, kerke, woongebiede en kultuur gaan behou. Ons moes almal ja stem vir Frikkie se Nuwe! Verbeterde! Suid Afrika, en vandag weet ons dat dit net ‘n set was. Die leuen is so maklik verkondig, dit is so gemaklik belowe sonder om eers te vrees vir die gevolge van wat sou gebeur, twintig jaar later, as ons almal agterkom dat alles ‘n infame rugstekery was. Die Afrikaner is doelbewus bedrieg, soveel so, dat hy twintig jaar later omtrent al alles aan die swart massa afgestaan het. Net soos wat dit belangrik is om te weet waar ons tans is, is dit belangrik om te probeer verstaan wat dit is wat ons so gedweë in hierdie omstandighede vashou.

    In my vorige skrywe het ek gepoog, op my manier, om ‘n bietjie lig te werp oor waar ons staan. Ek sê nie dat ek reg was in my analise nie, maar te oordeel aan die kommentaar wat op my skrywe gelewer is, voel ek dat ek dit miskien op ‘n manier reggekry het om te kan verwoord wat soveel van ons eintlik maar geweet het.

    Waar die eerste stuk gegaan het oor wat met ons besig is om te gebeur, wil ek hierdie skrywe wy aan die hoekom ons voel dat ons in stroop beweeg, asof ons dit nie kan regkry om te ontsnap nie. En ook hoe en hoekom die vyand dit reggekry om ons land weg te gee sonder dat ons eintlik veel opposisie gepleeg het. Hoe het hulle daarin geslaag om ‘n hele volk sonder slag of stoot sover te kry dat alles wat dierbaar en kosbaar is, self die lewens van vrouens en kinders, goedsmoeds sal gaan staan en weggee? Want dink mooi daaraan. Ons het eintlik maar net opsy gaan staan en ons staan gedweë en toekyk hoedat die grootste onregte teen ons gepleeg word, sonder dat ons dit kan regkry om eers naastenby ‘n plan van teenaksie te kan formuleer.

    Ons sien elke dag hoedat dinge gebeur wat in ons wildste drome van twintig of dertig jaar terug, soos ‘n nagmerrie sou lyk. Maar vandag aanvaar ons hierdie dinge asof dit normaal is en ons trek ons skouers op. Ons besef nie meer dat ons in ‘n barbaarse mishoop van ellende en verval bly, waar moord, verkragting, diefstal en onreg die norm is nie. Ons hoor elke dag hoe gelukkig ons moet wees, want dit kon erger gewees het. As Frikkie skynbaar nie die land weggegee, en van die polisie en weermag ontslae geraak het om die Afrikaner weerloos teen die swart massas te laat het nie, kon dit klaarblyklik erger gewees. Erger op watter manier? Hoe kan dit enigsins erger wees as was dit nou is, met weerlose Afrikaners wat met gereelde klokslag op die wreedaardigste maniere vermoor word? Is ons bly omdat daar nog televisie is, of sport, of winkelsentrums, of die skyn van ‘n beskaafde land? Kan ons nie sien dat hierdie vergunnings, soos om nog steeds ‘n springbok op ‘n rugbytrui te kan dra, wat af en toe soos krummels goedgunstiglik wanneer dit ons swart oorheersers behaag, na ons toe uitgestrooi word, nie naastenby vergelyk kan word met wat ons verloor het, en wat ons nog steeds gaan verloor nie? As ons by die illusie van ‘n beskaafde land kan verbykyk, sal ons sien hoedat die land stadig maar seker in ‘n maalkolk van derdewêreld standaarde verval, waarin die Afrikaner stadig maar seker na derderangse burgers toe gereduseer word. Anders as wat die lamppale dit twintig jaar terug uitbasuin het, het ons nie meer eie ons skole, woongebiede of kerke nie.

    Om die waarheid te sê is dit teen die wet om ‘n patriot teenoor jou eiegoed soos jou taal, kultuur, opvoeding en lewensstyl te wees, en die wat my nie glo nie, probeer gerus maar om ‘n voorstad af te baken waar net blanke Afrikaners mag bly, of ‘n hospitaal op te sit waar net blanke Afrikaanse doktors mag werk vir blanke Afrikaanse pasiënte. Jy is ook nie geregtig om jou lewe of die lewens van jou familie met geweld te probeer beskerm nie want die een wat op sy aanvallers skiet sal in hegtenis geneem word soos wat ons telkemale sien gebeur. Jy is selfs nie eens geregtig om eers kapsie te maak teen die onregte wat teen jou gepleeg word nie, want dan is jy ‘n “verregse rassis wat hunker na apartheid”.

    Dieselfde ou papegaaitaal en gonswoorde waarmee die wêreldoorheersers alles wat teen hulle opstaan mee wil verdelg, word daagliks teen ons gebruik. Intussen gaan die moord, verkragtings en barbaarsheid ongestoord voort terwyl ons maar net groter mure en sterker heinings bou en hoop dat ons nie geteiken word nie. Ons hoop dat die laaste bietjie Afrikaans wat op televisie is, nie ook weggevat word nie. Ons hoop teen alle hoop dat die Springbokspan nog ‘n bietjie langer die kwotastelsel gaan vryspring. Ons hoop dat ons kinders tog net hulle skoolloopbaan kan klaarmaak voordat die skole gedwing word om net Engels, of erger nog, net swart tale, in die klaskamer te gebruik. Ons het twintig jaar terug ooit gedroom dat so-iets miskien eendag kan gebeur nie en die van ons wat destyds gesê het dat dit ons voorland is, is uitgekryt as doemprofete en rassiste wat nie ons pragtige nuwe grondwet die kans wil gee om te ontluik nie.

    Vandag is dit meer so vêrgesog nie en baie mense sê vandag prontuit dat hulle bitter jammer, skaam en spyt is dat hulle ooit ja gestem het. Ons hoop vir dit en ons hoop vir dat terwyl die land besig is om rondom ons inmekaar te stort, maar ons kan of ons wil dit nie raaksien nie. Ons word opsetlik aan die slaap gehou en ons word opsetlik met mooi woorde gesus en gepaai en ons weet nie wat regtig besig is om te gebeur nie. Ons is weerloos want ons weet nie dat ons weerloos is nie, en ons is totaal onbewus van alles waarvan ons onbewus is. Ons weet nie hoeveel is al van ons af weggeneem nie, en erger nog ons besef nie eens naastenby wat alles nog weggeneem gaan word nie. Ons weet nie dat uiteindelike doel die totale uitwissing van die blanke Afrikaner is nie. Om dit te besef hoef ons net te besin oor waar ons slegs ‘n klompie jare gelede was tot waar ons nou is, en teen die pas waarmee die vervolging plaasvind, waar ons oor nog ‘n twintig of dertig jaar van nou gaan wees.

    As alles aangaan soos wat dit op die oomblik aangaan, sonder dat daar een of ander vorm van intervensie gaan wees, dink ons dat die Afrikaner nog oor twintig of dertig jaar nog in die land gaan wees? Die liberaliste en die met geld sal eenvoudig net wegtrek. Die van ons wat agterbly sal eenvoudig net geen politieke of ekonomiese mag oorhê nie, en sal slegs ‘n onderskrif iewers op papier wees. Die Afrikaner is al klaar ‘n derderangse burger in sy eie land en die sterkste moondheid op Afrika, slegs ‘n paar jaar gelede, het die muishond van Afrika geword, en dit gemeet teen Afrikalande met Afrikastandaarde. Selfs net om so ‘n stelling te maak, alhoewel dit waar is, is genoeg om jou die grimmigheid van die polities korrekte brigade op die hals te haal. Politieke korrektheid, die muilband waarmee patriotte se monde stilgehou moet word, is slegs gonswoorde so reg uit die woordeboek van die internasionale geldmag, en wat deur die politieke korrektes gepapegaai word wanneer hulle iets hoor waarvan hulle nie hou nie.

    As jy nie dink soos hulle wil hê jy moet dink nie is jy verkeerd, jy is nie korrek nie, jy is polities inkorrek en ‘n ongerehabiliteerde rassis wat nog steeds na apartheid hunker. As apartheid dan kos op die tafel gesit het vir die hele bevolking, as dit beteken dat almal, wit en swart, beter daaraan toe was gemeet aan die ellende van vandag, as dit beteken dat mense nie op die wreedaardigste manier vermoor word nie, as daar wet en orde is, die lewensverwagting vir wit en swart hoër is, as daar werksgeleenthede en goeie hospitale en skole is, as ons met die bestes in die wêreld op verskeie gebeide kan meeding, as daar nie korrupsie en verval in die heersersklas is nie, hoekom sal dit dan die nie-korrekte opsie wees? Omdat dit vir ons so vertel word. Omdat ons nie meer anders weet nie want ons het nie meer die vermoë om vir onsself te kan dink nie. Ons dink dat ons vry is en dat ons vir onsself dink, en dit is presies hier waar die groot gevaar lê. Niemand is so gebonde soos die wat valslik glo dat hulle vry is nie.

    Een van Amerika se grootste liberaliste en anargiste, Emma Goldman, het eenkeer gesê : “The most unpardonable sin in society is independence of thought.” Die grootste sonde wat nie vergewe kan word nie is om onafhanklik te kan dink. Om vir jouself te kan dink met ander woorde. Mense wat vir hulleself kan dink is nie goeie skape nie, en dit kan nie toegelaat word nie, want hulle kan nie beheer word nie. Die ironie is dat ons wat onsself as stemmig en konserwatief beskou, met hierdie liberalis moet saamstem, maar dit wys ons hoedat die situasie 180 grade omgekeer het.

    En dit bring my by hoe ons dit kon toelaat dat alles met ons kon gebeur, hoe het die situasie so ‘n groot ommeswaai beleef het en hoe op aarde dit gebeur het dat ons eenvoudig net opsy gestaan het en gedweë begin aanvaar het dat die grootste onregte teen ons gepleeg kan word sonder dat ons ‘n plan van teenaksie kan formuleer.

    Dit is omdat ons persepsie verloor het. Ons het geen teeninligting om die propaganda wat elke dag deur soveel kanale aan ons gevoer word, aan te toets nie. Ons het nie ‘n teenpool nie omdat ons nie aan ‘n ander opinie as die huidige wêreldmag Naspers-opinie blootgestel word nie, want die Afrikaanse dagblaaie en tydskrifte word almal deur dieselfde geldmag beheer. Ons verwysingsraamwerk maak nie meer voorsiening dat ons krities na ‘n situasie kan kyk nie, “independent thought” soos Goldman sê, en ons veronderstel onmiddelik dat ons verkeerd is wanneer daar ‘n opinie anders as ons s’n in die media verskyn. Ons bevraagteken nie die media of inligting nie, maar ons bevraagteken ons eie persoonlike persepsie van die inligting. Wanneer ons geen waarde meer heg aan ons eie oordeel nie, is iemand anders se oordeel en insig altyd beter as ons eie. Ons het gekondisoneer geraak om die abnormale omstandighede rondom ons as die norm te aanvaar.

    Naspers het ons bron van inligting geword en het ons denkwyse en ons opinies totaal ondergrawe. Ons kry nie ‘n ander weergawe van die waardheid as slegs dit wat Naspers aan ons as die waarheid voorhou nie. En onmiddelik kan ek hoor dat daar mense is wat sê dat hulle al lankal opgehou het om die Beeld of die Burger te koop, want hy kry sy inligting op die internet. Maar dieselfde persoon het Multichoice, of lees die Huisgenoot en lees sy daaglikse nuus op News24 of hy lees sosiale nuus en sport op Mediazone. Net vir interessantheid, kyk ‘n bietjie in die lys hieronder of die publikasies, of tydsktifte wat jy so graag lees, of websites wat jy so graag besoek, hierin voorkom. Want hierdie is die inligtingsbronne wat elke dag deur miljoene Suid Afrikaner gelees word om te weet wat rondom hulle in die land aan die gang is. Dit is om die waarheid te sê makliker om die publikasies en dienste wat nie aan Naspers behoort nie, te lys, want daardie lys sal korter wees. Kan ons nou begin insien hoekom ons sekere omstandighede nie meer bevraagteken nie?

    DIT
    Drive Out
    Drum
    Fair Lady
    FINWEEK
    Fit Pregnancy (South African Edition)
    Golf Digest (South African edition)
    Huisgenoot
    InStyle
    Kick Off (magazine)
    Maxpower
    Men’s Health (South African edition)
    My Week
    Runner’s World (South African edition)
    Sarie
    Shape (South African edition)
    Sports Illustrated (South African edition)
    TOPbike
    True Love Babe
    True Love Magazine
    Weg!
    Woman’s Value
    YOU
    Beeld
    Die Burger
    City Press
    Daily Sun
    Rapport
    Volksblad
    The Witness
    24.com
    ACL Wireless (India)
    Allegro.pl
    Ancestry24
    Avito
    Bixee.com (India)
    BuzzCity (Singapore)
    Fin24
    Food24
    Gadu-Gadu S.A.
    GoTravel24.com
    Health24
    ibibo.com (India)
    kalahari.com
    LIVECHAT Software
    Mail.ru
    MediaZone.com
    Movile
    MWEB
    Mxit Lifestyle (South Africa)
    News24
    Nimbuzz (Netherland)
    OLX
    Prom.ua
    Property24
    QQ
    Auksjon Norge AS
    redbus.in
    Sanook (Thailand)
    Souq.com[13]
    Tradus (UK & Switzerland)
    Vatera (Hungary)
    Wheels24
    Women24
    yourbus.in

    Ons het nog nie eers begin praat van Mail.ru, Tencent, Groupon, Zynga en Facebook waarin Naspers of al die aandele of ‘n gedeelte van die aandele besit nie. Maar hierdie is ‘n oefening vir mense met meer insig en kennis as ek. Hierdie katnes van volksvreemdes agter Naspers is ‘n onaardigheid om te probeer uitpluis en iemand soos Albert Brenner wat al uitstekende skrywes hieroor gehad het, moet maar uithelp. Kortom, Naspers is nie meer ‘n Afrikanerinstansie met die Afrikaner se heil op die hart nie. Dit is ‘n internasionale konglomeraat met ‘n wêreldvisie en die Afrikaner is nie deel van daardie visie nie. Die enigste eienskap wat die Beeld en die Burger met Afrikaners deel is die feit dat die koerant in Afrikaans uitgegee word, dit is al. Die feit dat hierdie geldmagmondstukke Afrikaans praat, beteken nie noodwendig dat dit ‘n koerant vir die Afrikaner is nie.

    As ‘n mens die Afrikaner wil breinspoel gaan jy tog nie vir hom ‘n Xhosa koerant of ‘n Engelse koerant gee om te lees nie. Die breinspoeling moet in sy eie taal wees anders gaan hy dit nie lees nie. Maar die “Beeld en die Burger” soos wat ons lief is om na Naspers te verwys, is keffertjies wat deur werfbobbejane beheer word, gemeet teen die magtige internasionale Naspers en is slegs net ‘n klein gedeelte van die Naspers portfolio. Maar dit is die klein jakkalsies wat die wingerd opvreet.

    Maar dit is nie altyd die propaganda wat deur die media gevoer word, wat mense se opinies en denke beinvloed nie.

    Wat baie meer gevaarlik is die goed wat nie in die koerante genoem word nie, of net bolangs aangeraak word en wat stelselmatig, nadat dit gelees is, in die geheue verdwyn. Ek het drie kategorieë vir media breispoeling. Die goed waarop elke dag op gehamer word, die daaglikse boetedoening, soos dat dit rassisties is om patrioties teenoor jou kultuur te wees. As Steve die Stem sing word elke Afrikaner, die saamsingers en die wat daarvan hou, op ‘n platvloerse, kras en totaal onbeskaafde manier aangeval en verguis. Terloops, moenie probeer om dieselfde platvloerse woorde ter verdediging kwyt te raak nie, want anders gaan die die normale sangkoor van “…tipiese verregse brandewyn-en-coke-taalgebruik en ongeskiktheid…” aangehoor moet word, tot vervelens toe.

    Dit is net die verligte, liberale, jenewer-en-vodka suiplappe soos Zietsman byvoorbeeld wat die soort taal mag gebruik omdat sy ‘n ander dimensie aan sulke taalgebruik verleen. ‘n Tipe van gesofistikeerdheid aan sulke woordeskat wat sy blykbaar daaraan kan verleen omdat sy “spesiaal” is. Omdat sy deel is van die Spesiale Groepie nuttige idiote, wat soos wat ek vroeër gesê het, spesiaal vir daardie doel aangehou word. Dit is die daaglikse mantra van boetedoening-tipe van propaganda, en ook van hoe gelukkig ons moet wees om die Nuwe! Verbeterde! Suid Afrika te kan lewe met ‘n skynbare oorvloed van alles.

    Soms word daar liggies toegegee dat alles nie honderd persent pluis is nie, maar dit word onmiddelik gebalanseer met hoe erger dit kon gewees het as FW nie die land vir die swart massas gegee het nie. ‘n Ander voorbeeld is om iemand, ‘n persoon of groep, heeltyd in die nuus en op die voorblaaie te hou sodat daardie persoon of groep later nie anders as belangrik ge-ag kan word nie.

    Malema is ‘n goeie voorbeeld en dit is al ‘n uitgemaakte saak dat Malema een of ander tyd die presidentskap sal oorneem, want as ‘n mens so baie in die nuus is, moet daar mos substansie aan sy uitlatinge wees. Die media berig dat hy al selfs as “meneer die president” aangespreek word. Kan ons die subtiele breinspoeling hierin sien? Hy het sy eie spesiale platform waarmee hy, amper daagliks, sy volgelinge kan opsweep en met hulle kan kommunikeer. Hy bly op almal se lippe omdat die media hom op almal se lippe hou.

    Daar is geen Afrikaanse leier van statuur wat ooit kan hoop of droom om dieselfde blootstelling te kan geniet nie.

    Dit is die daaglikse breinspoeling en daar is legio meer voorbeelde, te veel om op te noem. Ons noem dit maar ons daaglikse gonswoorde, papegaaiwoorde of clichés. Hiermee saam gaan die briewekolom waar briewe selektief geplaas word sodat daar ‘n skewe indruk geskep kan word om die koerant se opinie te ondersteun. As die media ons leer om met ‘n aangeleerde gemaklikheid in die verval en barbaarsheid van die oomblik te kan lewe, is daar niks om voor te droom te nie en daar is niks beters om na uit te sien nie. Ons het dan in alle totaliteit slawe van ons media en die base daaragter geraak. Ons kan dit mos nie toelaat nie. Wat gaan van ons nageslag word?

    Verder is daar die inligting wat eenvoudig net nie weggesteek kán word nie, soos plaasmoorde en ander uiterste vergrype wat teen Afrikaners gepleeg word, en koerante moet dit ongelukkig berig, maar dit word gewoonlik iewers in ‘n onopvallende beriggie êrens in die koerant obskuur geplaas. Malema se volgelinge wat rooi oorpakke dra sal op die voorblad wees. Dit is die tweede kategorie van breinspoeling. Om slegte nuus of nuus wat die vyand in ‘n swak lig kan stel of nuus wat die Afrikaner mag ontstel, met voorbedagte rade onopvallend weg te steek, en as daaroor kommentaar gelewer word, word daar gewoonlik geprobeer om dit te temper of af te water, of as dit nie help nie, word dit in die briewekolom verswelg deur selektief geplaaste briewe van ander sogenaamde “Afrikaners”, en selfs hier is daar ook altyd net ‘n paar name wat gewoonlik baie te sê het, en wie se briewe amper daagliks in die koerant verskyn. Nog ‘n paar nuttige idiote. Ons moet begin leer wat die verskil tussen ‘n opinie en ‘n feit is. Naspers se koerante by uitstek, is amper net opinies en ‘n opinie is nie beter as die enkele persoon wat daardie opinie geskryf het nie.

    Papier is geduldig. Tim du Plessis, Leopoldt Scholtz of Ferdi Greyling se opinies is dikwels nie die papier werd waarop dit geskryf is nie en ons vergeet dat dit maar die opinie van ‘n enkel persoon is, wat ‘n betaling ontvang om sy opinie te uiter. Die feit dat hy anti-Afrikaner is maak van hom die geskikste persoon om daardie opinie te lewer en die feit dat hy eintlik nie veel het om oor te gorrel nie, is nie die oorweging nie.

    Die laaste kategorie is wat in Engels “omission” genoem word. Hierdie is ‘n uiters laakbare manier van nie-beriggewing, want sekere belangrike nuus word eenvoudig net doodgeswyg. Nuus wat elke persoon raak of wat, as daaroor berig word, ernstige skade aan die vyand se agenda kan beteken. Die regering, groot besighede en banke se ernstige vergrype val gewoonlik in hierdie kategorie, en sekere groepe en mense beweeg vêr bokant die wet en word met opset weggehou van enige nadere ondersoek. Wanneer hierdie groepe aksies of dade pleeg wat die burgery nader daaraan bring om totaal oorwin te word, die gekonkel agter die skerms en in die donker vertrekke, word dit met opset van die gewone mens weggehou sodat hulle ongestoord kan voortslaap.

    Op hierdie noot, hoekom is Suid Afrika nie meer ‘n Republiek nie? Is ons nog, en hier sal iemand met meer kennis dalk moet uithelp? Ek dog ons is ‘n demokrasie met ‘n grondwet en elke ding, maar hoekom is Suid Afrika op die U. S. Securities and Exchange Commission as ‘n maatskappy saam met ander maatskappye soos Barloworld Ltd, ABSA, Anglo American, BOE Ltd, en ander maatskappye geregistreer? Hier is die amptelike benaming. “REPUBLIC OF SOUTH AFRICA CIK#: 0000932419 (see all company filings)”.

    Is ons nog ‘n demokratiese republiek of is ons ‘n maatskappy en wie is die aandeelhouers? Wie kan aandele koop? Daar is ‘n miljoen vrae en ek wil die Praaglesers vra om uit te help met hierdie ondersoek. Ek het nie die nodige maatskappykennis om die ding tot op die been oop te vlek nie. Hoekom was hierdie toedrag van sake nie in die media uitgelig nie? Ons moet vir geen oomblik dink dat daar nie dinge gebeur wat gewone mense raak, en waaroor daar nie berig word nie. Dit is hoekom weglating so ‘n laakbare vorm van nie-beriggewing is, want dinge wat uiters noodsaaklik is om te weet, word nie oor berig nie, en die mense word gerustellend aan die slaap gehou. As ons nie weet nie, weet ons nie dat ons nie weet nie. En daarom is dit so belangrik dat elke persoon hom of haarself moet oplei om verder te gaan soek na inligting en informasie wat nodig is om te weet. Ons moet wakker skrik en ons moet die mense rondom ons wakker maak.

    As ons nie uit ons salige droomwêreld waarin die media en veral Naspers ons gevange hou uit wakker skrik nie, gaan dit dalk te laat wees. En as ons weet wat met ons gebeur en ons kan ons eie opinies vorm, gaan ons dalk net een van die dae daartoe in staat wees om ons eie teenstrategieë te kan uitwerk. As ons weet van die planne wat teen ons gesmee word kan ons optree, en as ons goed ingelig is, sal ons weet wat die gekonkel teen ons behels.

  • Die ongelooflike en vreesaanjaende Duitsers

    Die Brit Max Hastings beskryf sy “Europese neefs”, hul industrie en hul drinkgewoontes.

    Lees verder.

  • Bodem II, 21: Die motorfietsbobbejaan

    ‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

    Bodem I is reeds volledig.

    Lees eers Bodem boek II, 20.

    Hoe is dit dan dat ons om die reghoekige gate staan en na die lang liggame daarin kyk en genoop voel om ʼn goeie verslag van die lewe, en soms dood, van die afgestorwene te gee? Is dit ons manier om desperaat ʼn kontrak te probeer vestig, sodat wanneer dit ons is wat in die laaste loopgraaf lê, ons so aangeprys sal word, dat dit ons oorgang na die doderyk meer sussend sal maak?

    Dit was maklik om die verdrag gestand te hou met Tabitha – sy het goed gelewe en dapper gesterf. Wat ook al die gehalte van Dermot se bydrae in die lewe, sy laaste optrede en lafhartige sterwe het dit doodgetrek. Die mense om sy graf sou hom altyd onthou as die een wat gevlug en geval het. Selfs Reginald, wie se spraak kleurvoller en driftiger deur sy huldeblyk aan Tabitha geword het, moes diep grawe vir mooi knipsels uit die lewe van Dermot.

    “Eintlik was hy ʼn timid mannetjie,” het hy stroef gesê. “Nie eintlik security guard material nie, sou ek sê. Ma’ hy’t ʼn relative gehad by head office, en beggars can’t be choosers is mos wat hulle sê. Sy secret ambition was om DJ te wees, eintlik nogals strange vir ʼn introvert soos Dermot, ma’ in ʼn perfect world, sou hy da’ oppie stage gewees het, besig om disks te spin. Sy family sal hom miss, arme Dermot… poor chappy.”

    Dermot wou ʼn platejoggie wees. Dermot was ʼn sekuriteitswag. Dermot het weggehardloop. Dermot is in die agterkop geskiet. Dermot, arme jong donner. Kom ons beweeg aan. Ons het skuifelvoetjie versit na die laaste graf, die langste reghoek in die aarde waarin Solly se
    liggaam toegedraai was in ʼn grys kombers. Die motorfietsers se stroefheid het diep en stil geword. Dit sou soveel makliker en selfs redeliker gewees het om maar net die grawe wat regop in die sandboggel gesteek het te vat en die gat op te vul sodat die letsel in die aarde kon begin heel, sodat die liggaam in sy elemente kon verdeel en die koolstof van Solly die koolstof van die Kaapse bodem kon aanvul. Maar daar was dinge om te sê, mooi woorde oor Solly, nie vir Solly nie, dink ek; vir ons, sodat ons elkeen die versugting kon hê van ʼn graf waarrondom mense staan en mooi dinge oor ons sê.

    Ek, Joachim en Micki het hom nie juis geken nie; Reginald nog minder, so ons moes vir sy
    motorfietskamerade wag. Ylbaard was duidelik hulle woordvoerder, maar vir eers bly hy stil en
    niemand praat nie.

    Uiteindelik kug Ylbaard, roggel en rasper aan die slym in sy keel. Hy lig sy kop en die bries roer in die rooi tentakels op sy ken. Hy sluit sy oë vir ʼn oomblik asof hy die woorde van ʼn gedig in sy kop repeteer en die son skyn op sy gesig. Dan kantel sy kop vorentoe en sy ooglede trek oop.

    “Moer,” sê hy gewigtig. “Moer. Ek wil nie hier wees nie; nie hier langs ʼn gat in die grond met Solly daarin nie. Dit voel vir my asof dit nie waar is nie, asof hy vir ons ʼn poets bak. Dit voel vir my as ek opkyk sal ek hom daar sien, by sy Groot Fiets, sy boude op die saal maar sy bene dié kant, voor hom, staan-sit hy so. Ek het hom tienduisend keer so gesien, skyf op die lippe, branna in ʼn beker, dáái beker van hom, in die hand.

    “Hy was ʼn eenkantmens, was Solly, selfs in die Sunriders. Maar hy was altyd deel van alles wat ons gedoen het, veral as daar stront gestook is.

    “Ek het…” Ylbaard se stem verhees tot onhoorbaarheid. Hy trek diep, sidderend aan asem en
    probeer weer. “Ek het dié foto in sy beursie gekry.”

    Hy hou ʼn gelamineerde, dowwe volkleurfoto op.

    “Shortcut,” sê hy.

    Daar is ʼn beroering van verbasing onder die motorfietsers en hulle leun in die rigting van die foto.

    “Shortcut,” beaam Lance.

    “Shortcut!” bevestig Kip.

    Ek kyk na die foto en is self verras. Dit is van ʼn bobbejaan op ʼn motorfiets, ʼn bonkige ou Kawasaki Z1100 op sy staander. Die primaat sit bedrewe op die saal, een arm reguit voor hom, vingers geklem om die handvatsel en die ander hand wys hy in die rigting van die kamera, vuis gebal met die middelvinger parmantig, blatant regop in die universele “vatjouweg”-gebaar, terwyl die bobbejaan uitdagend en slu oor dit na sy gehoor korrel.

    “Die Sunriders hier weet alles van Shortcut af. Dis die bob’jaan se naam. Maar ek gaan die storie van Solly en Shortcut vertel vir die ander.”

    Die ander is ek, Joachim, Micki, Boeta die reus en Reginald.

    “Solly het op ʼn kleinhoewe in die Langkloof gebly. Ons het hom net gesien as die klub gaan ry het, breakfast runs, rallies, toy runs, so aan. Hy was getroud, ʼn paar keer, en het ʼn kind of twee by elke vrou gehad. Sy plekkie het ʼn boord vrugtebome gehad en dis hoe Solly geld gemaak het. Elke somer het hy appelkoos- en perskerolle gemaak en aan die plaasstalletjies en groentewinkels verkoop. En die res van die jaar het hy aan sy motorfietse gewerk.

    “Hy het vandat ek hom ken net twee fietse gehad, twee Kawasakis, sy elfhonderd wat hy sy ‘Klein Fiets’ genoem het en ʼn 1300 wat sy ‘Groot Fiets’ was. Die twee het nooit op dieselfde tyd geloop nie. Elke jaar het hy een van hulle uitmekaar gehaal, boute en blaaie tot op die laaste moertjie, skroewe en waster. Dan het hy hom stukkie vir stukkie weer aanmekaar gesit totdat alles perfek was. Die oomblik wat die ‘fiets loop, het hy ʼn draai gaan ry en wanneer hy terugkom, begin hy die ander een uitmekaar haal.

    “Eendag, as ek reg onthou het ons Paternoster toe gery, of dit kan die slag wees wat ons Williston toe is, daag hy met sy Klein Fiets op en by hom het hy ʼn bababobbejaan. Shortcut. Dit was net nadat sy tweede vrou hom gelos het.

    “Solly en Shortcut het mekaar verstaan. Shortcut was eers baie oulik, so ʼn nuuskierige klongetjie, maar soos hy ouer geword het, het hy ʼn bliksem geword. As Solly en Shortcut naby was, het jy gesorg jou goed is mooi weggesit want hy het geleef om te steel en as hy eers in jou goed was, was alles stukkend of rondgestrooi of stukkend.

    “Een van sy dinge was om honde te byt. As daar honde naby was, moes ons hom goed in die oog hou, want netnou-netnou sit die kak wit. En hy was bliksems skelm daarmee. As daar ʼn hond naby is, eers ignoreer hy hom soos ʼn stopstraat. Ou Shortcut sal homself eenkant hou en maak asof hy gʼn brak sien nie. Hy sal homself besig hou met die soek van goggas onder klippe of stompe, of homself krap en vlooie soek of sommer net sit en balbak, sy oë toe, maar nie heeltemal toe nie… totdat die hond naby genoeg is, en dan waai die hare. Dis ʼn geskree soos ʼn mal vark, en ʼn gebyt en ʼn gestoei en ʼn aanganery, totdat die hond lê of tjank-tjank daar weg is. Dan boggom Shortcut en hy het hierdie grinnik op sy gesig, baie tevrede met homself, soos ʼn standerdsessie wat sy maatjie se ma sonder klere gesien het.

    “Vir, ek weet nie, vier, vyf jaar was Shortcut altyd saam met ons Sunriders as ons gaan ry het. Die moeilikheid wat hy gemaak het! Hoe groter hy geword het, hoe kwaaier het hy geword. Dis net Solly wat hom regtig kon hanteer as hy moeilik was, en dan het hy dit met sy sambok gedoen. Shortcut was skytbang vir die sambok want as Solly hom gebliksem het, het hy hom geblíksem. En dan agterna, dan sit hulle styf teen mekaar en Shortcut is so mak soos ʼn lammetjie.

    “Shortcut het net een baas gehad. As ons gery het, het hy agter Solly gesit en vasgehou, maar vas-vas, want hy het eenkeer afgebliksem.

    “Dit maak nie saak hoeveel ‘fietse daar was nie, vyf, tien, vyftig, hondered, Shortcut het hom nie aan een ander een gesteur nie. Hy sal daar eenkant loop en peuter, dan skop die manne die ysters aan die brand. Die hele aarde bewe naderhand van ‘fietse wat raas, maar Shortcut is min gespin… totdat Solly sy Kwacker opstart, enige een, die Groot Fiets of die Klein Fiets, dan is dit soos turboweerlig en Shortcut sit agterop.

    “Naderhand het Shortcut ʼn probleem geword. Van kleins af het hy gesuip. Die manne het gou geleer om vir hom ʼn dop te gooi. Jy kon dit vir hom so in die bottel aangee of in ʼn beker en hy drink vir hom soos asof hy die vliegste van kroegvlieë is. Niemand het ooit tuiser agter ʼn Black Label-bottel of ʼn Klip-en-Coke-glas gelyk nie. Die manne het natuurlik te ver gegaan en dan word Shortcut dronk soos ʼn lord, en eerlikwaar, dan was hy éérs snaaks. Daar is niks snaakser as ʼn dronk bobbejaan op ʼn motorfiets-rally nie.

    “Die moeilikheid is, die volgende dag is hy siek, dan as hy agter Solly ry, bekots en beskyt hy hulle altwee én die ‘fiets waarop hulle ry.

    “Toe eendag kom Solly sonder Shortcut by ʼn breakfast run aan. Al wat hy wou sê is dat Shortcut dood is. Wou nooit oor hom praat nie. Eers baie jare later het hy, toe hy goed gesuip was, my vertel wat gebeur het. Hy het geweet hulle kan nie so aanhou nie. As die manne en Shortcut bymekaar is, maak hulle hom suip en dan mors hy en is hy bakleierig. So, na een rally, een nag in die Langkloof op sy plot, gee Solly vir Shortcut drank en laat hom suip tot hy poepdronk was, en toe die bob’jaan uitpaas… toe slaan hy hom met ʼn vierpondhamer dood.

    “En nou begrawe ons vir Solly. Ek kyk na hierdie foto en ek weet dat Solly se beste paar jaar dáárdie jare was saam met Shortcut. Ons het hom nooit voor dit en nooit ná dit so gelukkig gesien nie. Dit was sy goue jare. Maar toe moet hy kies, kies tussen ons en die bobbejaan. En toe slaan hy hom dood.

    “Hierdie is nie ʼn goeie tyd vir ons nie. Die wêreld het mal geword. Nie een van ons weet wat met ons gaan gebeur nie – miskien weet die kommandant,” en hy knik in Joachim se rigting, “- maar ons ander weet nie. Ek weet net dít, ek wens Solly was hier, Solly en Shortcut saam. Dit sou alles makliker gemaak het.”

    Die motorfietsers se skouers hang, hulle gesigte trek pynplooie deur al die herinneringe en die
    strakheid van die werklikheid. Vir eers sê niemand iets nie.

    “Solly was nie eintlik ʼn musiekou nie,” gaan Ylbaard dan voort. “Maar daar was een song wat uit sy weermagdae kom en hy het altyd gesê dit moet op sy begrafnis speel.”

    Hy knik vir Kip wat ʼn musiekspeler by hom het. Die motorfietser haal diep asem en druk die
    “speel”-knoppie. Nie een van ons ander was voorberei op wat uit die luidsprekers galm nie. Dit is ʼn tagtigsliedjie, Pierre de Charmoy met sy heserige stem wat hy in die nasale holtes masker soos Neil Diamond en hy sing: “Moments shared with you are in a dream… How I’d like to have you here right now, to share my feelings and to reason why, live on!”

    Ons is nog meer verbyster toe die motorfietsers in alle stemme van die noot af raserig begin
    saamsing: “Live on!”

    Terwyl hulle sing haal Ylbaard ʼn geduikte, goedgebruikte blikbeker uit sy sak en Lance skink dit
    plegtig vol goedkoop brandewyn en hulle sing nog steeds reeds nadat die opname tot ʼn einde
    gekom het, en terwyl hulle die koortjie vir die sesde keer herhaal – “Live on!” – slinger Ylbaard
    die drank in die graf in sodat dit in ʼn lang ry druppelplasse oor die uitgestrekte liggaam onder die
    kombers val en donker kolle in die dik, grys weefstof maak.

    Solly en Shortcut. Geen motorfietser en bobbejaan is ooit plegtiger gehuldig nie. Hierdie moes die eerste begrafnis in die geskiedenis gewees het waar die teraardebestelling begelei is met Pierre de Charmoy en brandewyn. Maar uit sulke opregte eenvoud kan kosbare tradisies ontstaan, en tot vandag toe, wanneer ons ʼn makker in die reghoekige gat uitlê, sing ons “Live on!” en gooi ons brandewyn in die graf.

    Dis maar net hoe ons dit doen.

    Daarna het ons die gate met die grond gevul en toe aangegaan met die uitputtende werk van
    oorlewing.

    (word vervolg)

  • Bodem II, 20: Die langgate

    ‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

    Bodem I is reeds volledig.

    Lees eers Bodem boek II, 19.

    Nie een van ons het regtig geweet wat die protokol vir ʼn tuisgemaakte begrafnis is nie. Uiteindelik het ons maar, dink ek, dat Hollywood en goedkoop literatuur ons inlig. Ons het by die grafte gestaan en een vir een die liggame, toegedraai in seil, in die langgate laat insak en toe het dié wat die oorledenes geken het, mooi dinge oor hulle gesê. Dit het beteken dat Reginald die meeste aan die woord was, want hy het uiteraard twee kollegas verloor.

    “Tabitha Paulson was ʼn gentle soul met ʼn strict side,” het hy gesê.

    bodemIIDie plegstatige aard van die geleentheid het hom blykbaar laat verval in Kaaps. Ek het Joachim se frons opgemerk en nog altyd agterna gewonder of dit bygedra het tot die besluit wat hy later in verband met Reginald sou neem.

    “Sy was ʼn kerkmeisie, ʼn pentacostal, in die choir gesing en almal daai dinge, ʼn stem so soet soos die soetste, soetste soetmoskonfyt. Haar secret ambition was om ʼn sous chef te gewees het by een van die groot hotelle. Sy het daai courses en alles gedoen, after hours. Ons het almal gebenefit want óf sy bring vir ons van haar petit fours op ʼn Maandag, of ons kry quiche of oxtail of whatever sy mee ge-experiment het.

    “Sy was net ʼn nice girl, a genuinely nice person, en alles. Maar jy kon haar ook trust om haar job te doen, en laasnag het sy haar job gedoen, dit weet ons, almal van ons hier by haar final resting place. Toe die vyand ons defences gebreach het, waar was sy? Da’ langs ons, shoulder to shoulder, met haar paintball gun. En dit was crazy, crazy, jy weet? Want waar sien jy nou dat ʼn paar security guards met paintball guns moet contend met die satanic horde en hulle se firearms? Ma’ sy’t’ie gehesitate ‘ie. Sy’t haar job gedoen.”

    “Ah, ah, ahhh!” het iemand oorkant my gekreun en ek het opgekyk en kon nog steeds nie gewoond raak aan wat ek gesien het nie.

    Boeta Ericson het in die nag verskyn soos ʼn gesant uit ʼn ander wêreld. Hy het dwarsdeur die geveg in ʼn stoorkamer geslaap, goed gewierook met die beste boom in die Kaap en gemarineer met Olof Bergh. Hy was die vierde wag waarvan die ander drie in die kolking van die gebeure vergeet het. Hy het doodluiters in die kantoor waar ons na die slag ons wonde gelek en probeer sin maak het van die kronkels van die nag se gebeure, ingeskuifel, gegaap, sy ribbes gekrap en die vaak uit sy gesig gevee. Hy het die atmosfeer besnuif en gepraat:

    “Wat eet ons?” het hy gevra.

    Vir die gewone mens is dit onmoontlik om ʼn groot verskyning te maak, babelas, krappend, snuiwend en geklee in slegs ʼn kortpyponderbroek. Maar vir Boeta Ericson was dit nie ʼn prestasie nie. Hy is groot, sien, nie soos in die gewone “groot”-kategorie nie; groot soos mense-draai-in-die-straat-om-en-kyk groot, digby 2,1 meter op sy kaalvoetsole; groot maar in presiese proporsie met breë skouers, nou heupe en lang bene, alles onder ʼn gespierde nek en ʼn aandagrowende gesig met ʼn volbaard en geelrooi hare wat agteroor in dik deinings tot net bo sy skouers val. Hy is ʼn plakkaatmodel van ʼn Hollywood-Viking. Kleur sy hare swart en hy kon ʼn ekstra gewees het op die stel van “300” as een van Koning Leonidas se Spartane.

    Nie een van ons het onmiddellik geantwoord nie, nie ek of Lance of Ninja wat teen die oorkantste manier ineengesak gesit het weens uitputting nie; nie Micki of Joachim wat by die toonbank waarop Tabitha uitgestrek was, gesit het nie; nie een van die ander motorfietsers of Reginald die oorblywende wag nie.

    Ooglopend onbewus van die beroering wat sy verskyning veroorsaak het, het hy weer diep geruik-ruik.

    “Kos,” het hy verklaar.

    “Ûhm, pap en bredie,” het Joachim gesê en na die tafel met die twee potte op beduie. “Help jouself.”

    “Moerse!” het die groot jongman gesê. “Moerse.”

    Die slagveld maak dors, maar nie noodwendig honger nie en daar was verbasend baie kos oor. Boeta het die pap in ʼn indrukwekkende hoë hoop op ʼn plastiekbord geskep en dit toe bedek met die dik, rooi bredie. Dis eers toe hy begin rondkyk vir ʼn sitplek wat hy die liggaam op die toonbank gesien het.

    “Dit Tabitha?” het hy gevra. “Hoekom lê sy daar? So?”

    “Sy’s geskiet,” het Reginald gesê.

    “Rêrig?” Hy het rubbernekkerig nader gestaan terwyl hy die eerste groot skeppe kos in sy mond geskopgraaf het. “Hoekom?”

    “Hier was mense,” sê Reginald. “Hulle wou ons roof. Hierdie menere het ons gehelp.”

    “Woes. Woes.

    “Gaan sy orraait wees?”

    “Nie soos ons dink nie. Sy gaan gaan.”

    “Waarheen?”

    “Weg, jy weet… sy sterf.”

    “Woes. Sjô. Woes.”

    Boeta het nie geweet hoe om na dié nuus op te tree nie en het rondgekyk na die res en hulle stemmigheid gesien. Die ander was bloot te moeg om emosioneel te wees, te verwilder en innerlik te besig om die gebeure van die nag in hulle gedagtes te rangskik. Daarom het Boeta maar net groot skeppe kos in sy mond gestoot en in gespierde kieste gekou.

    Ek ken Boeta Ericson dus van Nag Een af en ek het nog nooit iemand anders teëgekom wat sy bui so geredelik kon instem op die atmosfeer van die heersende situasie nie. As daar gelag moes word het hy geskater, as daar geween mos word, het hy hartlik getjank, as die algemene bui ʼn ontspanne een was, het hy behaaglik versmelt. Ek dink nie hy het in sy lewe ʼn oorspronklike gedagte gehad nie en hy is op ander aangewese om te weet wat in sy gemoed moet aangaan. Solank as wat hy weet wat die regte emosie vir die geleentheid is, is hy die meester van hulle almal. Daar is net een gevoel wat totaal aan hom onbekend is: Boeta Ericson weet nie wat vrees beteken of hoe dit voel nie.

    “Is ek reg as ek sê,” wou Joachim weet en ek kon sien dat die gedaante hom gefassineer het, “dat jy dwarsdeur alles geslaap het. Ek bedoel, hier was ʼn opgeskote veldslag meters van jou af, met kleingeweervuur, botsings, hand-tot-handgevegte en gille. En jy het die hele tyd geslaap?”

    “Ja,” het Boeta met sy mond vol kos gesê, gesnorklag en toe gefrons. “As ek slaap… slaap ek.”

    Boeta Ericson het in sy gekreukelde blou sekuriteitswaguniform by die grafte gestaan en snik tydens Reginald se huldeblyk aan Tabitha.

    “Net voordat sy finally gefade het,” het Reginald gesê, “het Tabitha opgekyk na my.

    ‘Reggie,’ het sy gesê, ‘Reggie, toe ek anderdag werk toe gekom het, was dit die ou  wêreld wat ek geken het. Nou is dit ʼn nuwe een. Reggie, ek hou nie van hierdie nuwe een nie. Ek resign.’

    “En toe raak sy net weg.”

    In die glansende, erbarmlike sonskyn van die dag het die groot druppels uit die hoeke van Boeta Ericson se toegeknypde oë kronkelpaadjies in sy geel baard ingeloop.

     (Lees vervolgens Bodem, boek II, episode 21.)

  • Bodem II, 19: Die uniform

    ‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

    Bodem I is reeds volledig.

    Lees eers Bodem boek II, 18.

    Die weer is ʼn omgewing se grimering en as daar ooit ʼn bewys was van die natuur se ongeërgdheid oor die lotgevalle van die mens, is dit ten toon gestel dáárdie dag ná die verskriklike Nag Een toe die Chaos in Kaapstad opgedaag het, want dit moes ʼn sombere dag gewees het, vol nukkerige windvlae, skerpkoue reëndruppels en vaal miswolke. Dit moes begrafnisweer gewees het sodat roubeklaers in dik, donker klere nat aan die buitekant nader aan mekaar sou staan by die langgate in die aarde.

    bodemIIMaar nee, die dag het opgedaag in volle songlorie, soos ʼn glinstertandvaudevillester wat met ʼn uitbundige “ta-DAA!” oor die verhoog samba. Wit pofferwolke in ʼn helderblou lug, windloos en geurig, die volmaakte herfsdag in die Kaap.

    Ons het die drie grafte netjies in ʼn ry gespasieer in die Noordoostelike hoek van die terrein in die skaduwee van ʼn vyftal bloekombome wat in ʼn halfmaan gestaan het. Daar het ons ons drie gesneuweldes begrawe en soveel as moontlike seremoniële tyd aan al drie afgestaan.

    Aan die linkerkant is die oorskot van Dermot, die wag, in die aarde gesit. Ons het hom buite die hek gevind waar hy geval het. Dit was Joachim wat gedemp opgemerk het dat die groot vormlose plas bloed waarin die liggaam gelê het, ʼn aanduiding was dat Dermot nog ʼn rukkie geleef het nadat hy getref is.

    “Natuurlik kan ons nie sê of hy by sy bewussyn was, al dan nie,” het Joachim gesê. “Ons kan eenvoudig nie weet nie.”

    “Nou watse verskil  maak dit?” het Micki gevra. “Of hy bewusteloos daar gelê het totdat hy uitgebloei het en of hy opslag dood is, watse verskil maak dit?”

    “Geen verskil nie. Geen verskil hoegenaamd nie.”

    “Nou hoekom staan ons daaroor en wonder? Dit help nie, help net mooi niks.”

    Maar detail was en is steeds vir Hans Joachim Marseilles Bekker belangrik, net soos wat dit vir hom is om eerlik oor bevindinge te wees. As jy weet wat die feite is, en jy is dapper genoeg om eerlik daaroor te wees, dan kan jy begin om ʼn greep op ʼn situasie te kry. Ek het hierdie benadering van hom in ʼn duisend gevalle in werking gesien.

    Ons het Dermot se liggaam op ʼn stuk plastiekseil gerol en ek, Ninja, Lance en Reginald het elkeen ʼn hoek daarvan geneem en ons het hom tot by sy laaste halte gedra.

    Die vier van ons het die reghoekige gate gegrawe, en dit was nie moeilik in die klam, sagte grond nie.

    Die begrafnisse was eers in die middag. Ons het eers voorbereidings getref en begin om deur die stooreenhede te gaan, op soek na lewensmiddele. Ek het onder andere klere nodig gehad. My klerevoorraad is met my gesteelde rugsak weg en die klere wat ek aangehad het was gehawend ná die oorlewingsworstelinge van die vorige aand. Ek het in een van die eenhede ʼn laaikas gevind en daarin was onder andere ʼn vlootblou koordfluweelbroek en ʼn paar T-hemde in my grootte en was besig om dit aan te trek toe Reginald met ʼn lys op ʼn knipplank verskyn het.

    “Eenheid 101 tot 104. Kliënt Cape Protective Wear.

    “Ek dink ons moet daar kyk.”

    Die vier stooreenhede van CPW was ons eerste groot skattevonds en ons kon nie ʼn beter een bestel het nie. Vier wonderlike, groot, diep vertrekke vol bokse en bokse netjies opgevoude oorpakke geseël in plastieksakke en nog meer skoendose met enkelhoogte leerveiligheidstewels met staalversterkte punte, benewens veiligheidsbrille, plastiekhardehoede, voorskote, handskoene en oorjasse.

    Die oorpakke was eenstukke en almal van dieselfde donkergroen kleur. Tot vandag toe kan ek, as ek konsentreer, die sensasie herleef van die dik weefstof toe ek een aangeglip het. Dit was droog en dig en skoon. Vir die eerste keer sedert ek van die stoep by Le Amici afgetrap het in die nat straat in agter Joachim aan, het ek begin glo dat iets van my menswees behoue gebly het.

    Ek het vir my ook ʼn paar swart veiligheidstewels toegeëien. Wat die dag en die dae daarna vir ons ingehou het, kon ek nie met sekerheid sê nie, maar ek was seker dat blinkleeruitgaanskoene nie die regte skoeisel daarvoor was nie.

    Die motorfietsers se klere was ewe verweer en hulle het elkeen ʼn soortgelyke stel oorpak-en-stewels as ek ontvang en aangetrek. Ons het dieselfde klere aangehad. Ons was, om presies te wees, onbepland sekerlik, in uniform. Die effek is versterk deur Micki wat iewers ʼn rol swart katoen gekry het en daarmee vir ons elkeen ʼn serp geprakseer het om vir lyfbande te gebruik. Dit is afgerond met swart breërandhoede van seil gemaak, waarvan ons 2 500 in ʼn promosieklerasiebesigheid se eenheid gevind het.

    Swart hoed, groen oorpak, swart serp om die middellyf, diepgroen oorpak, swart stewels: Dit het die uniform geword, berug by sommiges, beroemd onder veel meer, van alles wat ons sou word in die komende dae, weke, maande… Die drag van die Maarskalk se Leër.

    Hy het self soos ons aangetrek – met enkele verskille: Benewens die serp om sy middellyf het hy nog een diagonaal vanaf sy skouer oor sy borskas gedra en op sy kop – hoe dit behoue gebly het, weet ek nie – was sy operakuil, hoog en glinsterend en nagswart soos ʼn raaf se vlerk. Meer nog as ons uniforms, sou daardie kuil die kenteken van ons broedersbende word. Joachim het deurgaans die waarde van vertoon besef en gebruik. En daar was hy, soos ons en tog ook verhewe. Sy instink om naatloos te wissel van een van ons tot enig in sy soort was een van sy uitstaande eienskappe.

    Ylbaard het sorgvuldig nog ʼn stel klere bymekaar gemaak.

    “Om te wat te?” wou Lance weet.

    “Vir hom, jy weet,” het Ylbaard gesê en skielike trane het sy oë volgeskiet.

    “Vir Solly?”

    “Ja. Ek sou hom in sy colours wou begrawe,” het hy deur ʼn toe keel gesê. “Maar ons het dit nie hier nie. Ek het gesoek en ek het ʼn suit – ʼn pak klere – gekry. So ʼn bloue. Maar Solly was nie eintlik ʼn pakklere-ou nie, so toe ek hierdie sien…

    “Dis orraait, is dit nie?” het hy vir Joachim gevra.

    “Dit sal my trots maak,” het Joachim gesê, “trots om dieselfde klere te dra as waarin ons hom gaan groet.”

    Die motorfietsers het self die liggaam in die kantoor gaan was, sy lang hare natgesproei en gekam, sy baard netjies geknip, en hom toe aangetrek in kraaknuwe groen oorpak, swart serp, swart stewels.

    Peter “Solly” Martins was die eerste van ons broers wat in die uniform begrawe sou word.

    Hy was nie die laaste nie. By verre nie die laaste nie.

    (Lees vervolgens Bodem, boek II, 20.)

  • Bodem II, 18: Die teregstelling

    ‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

    Bodem I is reeds volledig.

    Lees eers Bodem boek II, 17.

    Man sit op die vloer. Sy rug rus teen die muur, sy knieë is voor hom opgetrek en sy voorarms rus op hulle, die hande hang ondertoe en sy vingers is pap, soos uitgemelkte spene. Hy dra nie skoene nie en het nie ʼn hemp aan nie want die leersole van sy uithangskoene het bros en hard op die teer geklap toe hy die voortvlugtende agterna gesit het, en sy spierwit hemp het omtrent geskyn in die nag. Toe trek hy skoene en hemp uit en rol broekspype op en sit sy vyand in die nuwe reën van die nag agterna op breë voete met vereelte sole. Sy ligte borselhare is donkernat, die kleur van eikehout, en staan in pylpuntjies regop. Hy is so nat dat ʼn oneweredige soom water om sy sitvlak versamel, pienk omdat die reënvog die bloed van sy slagoffer op sy borskas verdun het. Voor sy voete lê ʼn tuisgemaakte kapwapen, ʼn kru lem van ʼn voertuigbladveer gemaak en aan ʼn kort pyp vasgesweis. Sy gemoed is so leeg soos ʼn huis sonder meubels.

    bodemIIDis ek wat daar sit, en ek is vol nuwe kennis wat jy nie in boeke kan lees of in lesings kan hoor nie. Ek dink aan Dawid, Koning Dawid van die Bybel. Hy was die Here se Generaal, God se Koning, maar hy is nie toegelaat om die tempel te bou nie weens die bloed aan sy hande. Hoe kan dit wees? Hy het weinig verkeerd gedoen. Die bloed wat hy getrek het, was in opdrag van die Here, of ten minste in alle redelikheid weens die aansprake van sy oorlewingsdrang.

    Dit is nie skuld of onskuld wat aan Dawid gekleef het nie, verstaan ek nou. Dit is dat hy anders is, nie omdat hy verander hét nie, maar omdat hy verander ís. Om ʼn mens – daardie wonderlike biomasjien van vel en vesel en spiere en senings en been en siel – dood te maak, al is hy jou vyand, geregverdig of nie, is die vreeslikste handeling van een  mens teenoor ʼn ander. Jy kan dit nie doen   en ongeskonde bly nie. Jou siel krul vol kreukels op soos plastiek wat te na aan ʼn oop vlam kom. Daarna is jy nie skuldig of onskuldig nie. Net anders. Onherroeplik.

    Ek het met veterane van die Grensoorlog gepraat wat met uitgelatenheid doodgeslaan het, maar agterna dit nie in hulle kon vind om oor ʼn miskruier te ry nie.

    Ek is nie alleen op die grond teen daardie muur nie. Links van my sit Ninja en sy oë knip nie. Hy is ʼn tor in sy eie pot stroop. Niemand het deur die nag doodgemaak soos ek en hy nie. Dit was hy wat die stormgeweer leeggeskiet het in die omgeslaande bakkie in. Dit was ek wat doodgekap het met my kapknuppel rondom die Ford en by die muur. Dit was ek wat die aanvaller op sy hande en knieë tereggestel het. En ek is die een wat ʼn laaste slagoffer met ondeurdagte ywer in die donker perseel agterna gesit het.

    “Sy is nou rustig,” sê Joachim. “Dis nie meer  lank nie.”

    In die lig van die batterylantern kom hy orent van die liggaam wat op ʼn kombersoorgetrekte deur op die ontvangstoonbank lê. Reginald maak ʼn smoorklank in sy keel wat hom laat klink of hy verwurg word.

    Na dit alles verby was, het ons vir Tabitha agter die betonbladskerm gaan haal. Ek, Ylbaard, Reginald en Ninja het ʼn los deur in die gereedskapkamer gekry en dit vir ʼn ongemaklike draagbaar gebruik. Niemand was bereid om die  kermende vrouewag te ondersoek nie, so dit was Joachim self wat haar nat hemp opgestoot het terwyl ek lig verskaf het met ʼn flits.

    Die koeël het haar ʼn handbreedte onder die borsbeen getref en ʼn ronde gaatjie deur haar vel en in haar buik in geboor. Haar maag was besmeer met bloed en Joachim het dit probeer skoonvee met papier van ʼn groot rol af, maar maak nie saak hoe vinnig hy gevee het nie, die bloed het in ʼn dik rooi sous uitgewel soos melk wat oorkook. Joachim het die papier in ʼn dik kussing gevou, dit op die wond gedruk en vir Reginald beveel om dit daar te hou waarna hy vir my en Micki eenkant toe geroep het vir kajuitraad.

    “Sy bloei inwendig,” het hy verduidelik. “Dis hoekom haar buik so geswel is.”

    “So gaan sy…” het Micki skor gefluister.

    “Sy gaan uitbloei. Ek weet nie baie van skietwonde nie, maar ek neem aan van haar organe is geperforeer. Haar lewer miskien, of milt of pankreas. Ek weet net nie wat nie. Maar sy moes al op ʼn teatertafel gewees het vir ʼn noodoperasie. Dis net ʼn kwessie van tyd, ek is bevrees.”

    “Wat gaan jy doen?”

    “Die enigste menslike ding. Ek het slaappille, sterkes, in my noodhulpstelletjie.”

    “Jy bedoel… Joachim! Sy’s nie ʼn hond nie! Jy kan haar nie sommer uitsit soos ʼn poedel wat te oud geword het nie.”

    “Sy het een ding oor om te doen in haar hele lewe, my dier, en dit is om te sterf. Sal ons haar nie help om dit so maklik en so waardig as moontlik te doen nie?”

    “Dis nie jou besluit nie! Dis God sʼn!”

    “En Hy het klaar besluit. Hy het besluit sy moet raakgeskiet word, en sy was. Dis verby, mooiste Micki, haar lewe is verby en sy moet nou nog net doodgaan. Dis al wat oorbly.”

    Micki het haar arms voor haar borste gevou en haar onderlip vasgebyt. Die nag het diep getrek uit haar reserwes. ʼn Paar ure tevore was sy by ʼn pasta- en opera-aand en daarna het die wêreld nog nie opgehou kantel onder haar nie. Dit is nie ver van Le Amici Ristorante in Tamboerskloof tot die stooreenheidperseel in Killarney nie, maar dit was ʼn lewenstog van die een na die ander en in daardie tyd het die hele wêreld verander. Die ou reëls is opgelos in die geweld van die nag en nou is daar nuwe, in geheel meer primitiewe, wette. Sy het niks verder gesê nie.

    Tabitha het in- en uit bewussyn gedryf. Wanneer sy weggesink het, was haar asemhaling vermoeid en borrelrig en wanneer sy by was, het sy gekreun. Joachim het vir haar tien sterk slaappille in drie dosisse ingegee, die hele tyd koerend dat dit haar “beter sal maak”, dat sy oor  niks bekommerd moet wees nie, dat sy net slaap nodig het. Hy het langs die lessenaar, aan haar kopkant op ʼn kantoorstoel gaan sit. Reginald was by haar voetend.

    Niemand sê iets nie en die hoofgeluide is dié gesug van die ketel op die gasvlam en die geklingel van teelepel teen koffieblik en bekers. Dennis, gretig om vir sy wanprestasie in die pantserkar te vergoed, is besig om homself te rehabiliteer deur algemeen nuttig te wees.

    ʼn Skaduwee sweef oor my en ek kyk op.

    “Joggie,” sê Micki, “kyk hoe lyk jy. Jy is papnat.”

    Sy hou ʼn effe verlepte, blou handdoek na my uit.

    “Maak jouself droog!”

    Ek kyk na die handdoek. Dit hang van ʼn groot hoogte af, asof Micki ʼn toring is. Ek weet wat om daarmee te doen, ek weet net nie hoe nie, asof my liggaam se sensors wat so goed gewerk het toe ek moes koes en slaan en terugdeins en kap, nou defektief is. Die toring vou grasieus op en Micki kom saggies op haar knieë voor my.

    “Ek weet wat jy gedoen het,” sê sy en druk die handdoek oor my gesig.

    Ek is verbyster. Die dinge buite in die nag moes vergete in die donker gelos gewees het. Ek wil iets sê, dit alles net wegpraat, verduidelik dat niks verduidelik moet word nie, maar hoewel my mond oopgaan, het my verstand blykbaar een of ander spraakmeganisme verlê en geen woorde word geuiter nie.

    “Dit was… vreeslik,” sê sy terwyl sy my nek afvee.

    Ek verdien die aanklag. Dit was ʼn genadelose jag.

    Die twee wat regsom in die perseel ingevlug het, het al langs die buitemuur afgenael, die elf rye stooreenhede links van hulle. Regs en voor hulle was tweemeterhoë betonmure met kronkels lemmetjiedraad bo-op dit. Een van die plunderaars, gedryf deur desperaatheid en moontlik ʼn oorskatte begrip van sy eie ratsheid het probeer om oor die agterste muur en eenvoudig deur die lemmetjiesdraad te spring en ʼn sekonde later was hy vasgestringel in die draad, een arm regop getrek in die draad en die koorde onder sy armholte deur en swaartekrag het die lyf ondertoe getrek en die kil lemmetjies het aanhoudend dieper in geskeur. Hy was hulpeloos en het ten hemele geskree in ʼn rou stem van verontwaardiging.

    Die ander een het regs geswenk in een van die lang rye in. Hy moes vir ʼn oomblik betreklik veilig gevoel het, maar die twee voertuie het hom begin jag. Weereens het Joachim die taktieke in ʼn sekonde uitgepluis en weereens was dit dodelik. Hy het Ylbaard in die Volkswagen linksom gestuur om die rye af te sper en het self met die Merk IV regsom beweeg, al langs die betonmuur af met die rye aan sy linkerkant. Hy het ʼn nuwe drywer gehad – Kip, die een wie se neus ek verfomfaai het en wie se ribbebeen ek gebreek het. As daardie aand helde opgelewer het in ons desperate oorlewingstryd, moet Kip genoem word. Ek het vroeër die pantserkar bestuur en weet hoe hewig ʼn man aan die stuur moet trek om die voertuig te laat draai. Om dit met gebreekte ribbes te doen, moes ʼn kleine hel op sy eie gewees het, maar Kip het dit gedoen en daarna sou hy Joachim se drywer wees tot lank nadat hy die Maarskalk geword het. Ninja was agter op die Merk IV.

    Joachim en Kip het die voortvlugtende in die derde ry opgespoor. Die pantserkar het swaarlywig om die draai geleun en geleidelik spoed opgetel agter die man aan. Hy het in die naelloop van en vir sy lewe die resies net-net gewen en skerp regs geswenk. Die Volkswagen was ʼn twee stooreenheidlengtes agter hom, maar die versnelling van die potsierlike motor was sodanig dat Ylbaard-hulle hom ingehaal het voordat hy weer regs in die volgende ry kon afhardloop.

    Ylbaard het bereken dat hulle teen omtrent 40 kilometer per uur gery het toe hulle hom getref het. Dit klink nie na ʼn besondere hoë snelheid nie, maar dink aan die geweld van ʼn 1,500-kilogram renoster met harde blik vir ʼn vel en toegerus met botsstawe. Dink hoe vernietigend dit die menslike liggaam sal tref teen vinniger as wat Osain Bolt ooit kon hardloop. Die VW het die man net onder die knieë getref en sy liggaam het agteroorgeklap en toe skerp vooroor waarna die kar met ʼn effense bokspring oor hom is. Hy het vollengte vooroor geval. Iets aan die onderstel het sy een voet gehaak en hom soos ʼn mat opgerol. Maar die menslike liggaam is nie gemaak om opgerol te word nie en werwels is losgetrek, bene gebreek, senings middeldeur gepluk en lede

    mate ontwrig. Nadat Ylbaard die Volkswagen met ʼn driepuntdraai omgeswaai het, het hulle die man op sy rug aangetref. Hy was duidelik opslag dood.

    Die ander twee vlugtendes het intussen langs die rye stooreenhede rieme neergelê. Een van hulle het die twee meter hoë muur bereik en in die desperaatheid van doodsvrees oor die muur probeer spring, voluit in die rolle lemmetjiesdraad wat bo-op dit vas. Die sluwe draad het met swaartekrag saamgespan om sy arms en bolyf vas te trek en die skerp plaatjies in hom in te ruk sodat hy hulpeloos soos ʼn groteske insek in ʼn spinnerak vasgewoel was. En dis waar die Merk IV op hom afgekom en die hoofligte op hom geskyn het. Hy het gewoel teen die greep van die draad en die lemmetjies het hom meedoënloos opgekerf.

    Joachim het uit die toring geklim en voor die man gaan staan, die pantserkar se ligte agter hom. Hy het tot onder die man gestap. Dié het hom hoor kom en daarin geslaag om sy  kop so ver te draai dat hy vir Joachim in die oog kon kry.

    “Help my!”  het die man gepleit.

    “Dis nie hoekom ek hier is nie,” het Joachim gesê.

    “Nou wat dan?”

    Joachim het die een haan van die Lupara teruggetrek en die min het die geluid herken en driftig begin wriemel.

    “Jy gaan my nie skiet nie! Gaan jy my skiet?”

    “Dit is my plan.”

    “Nee. NEE! Jy moenie! Jy hoef nie! Luister man, dis verby! Dis alles verby! Ek kan niks aan julle doen nie! Fok man, ek is aan stukke gesny. Ek gee oor. Dink man, dink! Dit is nie nodig nie!”

    “O, dit is.”

    “Neeneenee… Luister, LUISTER! Ons het ʼn fout gemaak, ʼn fout! Ons moes nooit hierin gedraai het nie.”

    “Julle hét ʼn fout gemaak. Julle het nie al die reëls verstaan nie.”

    “Reëls? Watse fokken reëls?”

    “Die reëls sê dat as julle hier kon inkom en ons doodmaak, soos julle wou, kon julle alles hier gevat het. Die res van die reëls sê as julle dit nie regkry nie, maak ons julle dood.”

    “Nee man! NEE! Dit was nie ek nie. Dit was my pelle! Hulle wou hier in…”

    “So jy sê dit was nie jou skuld nie. Ek wéét dit was nie myne nie. En jy weet, reëls is reëls.”

    En daarmee het Joachim die Lupara teen sy skouer gebring en die man deur die kant van sy kop geskiet.

    Die laaste voortvlugtende was myne. Hy het na die spoorvraghouers gevlug. Teen die einde van hulle bedrywighede het Sentinel Storage slordig begin raak en die hoë, lang metaalhouers is soos ʼn kind se speelgoedblokkies rondgestrooi. Dit het ʼn uitstekende doolhof saamgestel en hy moes gedink het hy  kan daarin verdwyn. Maar ek het my skoene met die harde leersole uitgetrek, my broekspype opgerol en tot bo-op ʼn vraghouer gewip – nie ʼn moeilike takie vir ʼn gebreide stoeier nie. Ek het van die een na die ander gewip en hom aangejaag na die hoek van die werf toe tussen die houers deur.

    Hy het ʼn handwapen by hom gehad en elke keer as hy ʼn kykie van my gekry het, het hy oorhaastig op my geskiet. Die knalle het tussen die houers gesimbaal. Net een trefskoot sou my gestuit het, maar ek was so vasberade en kwaad dat ek baie seker was dat hy my nie sou tref nie. Hy het nie en dit het alles geëindig toe hy by ʼn doodloopgangetjie tussen ʼn paar houers in is en sy pistool gestoor het. Hoog bo hom, op ʼn vraghouer, het ek stelling ingeneem, die lang kapknuppel se steel in albei hande.

    Hy het my gewaar, die nuttelose pistool na my geslinger, op die grond neergesak, op sy sy, en sy een hand se palm na my gehou in ʼn futiele gebaar om die einde af te weer. Toe spring ek van die vraghouer af, die kapper ver oor my kop teruggetrek, en toe my voetsole weerskante voor hom die grond tref… kap ek.

    “Ek is… jammer… dis net…”

    Micki frons in die dowwe lig van die elektriese lantern in die kantoor. Dis asof my gedagtes en stem nie gesinchroniseer is nie, asof ek nie kan sê wat ek dink of kan dink wat ek moet sê nie.

    “Dis… dis…” My stem is hees.

    Want hoe vertel jy vir ʼn meisie van wat jy gedoen het? Ek kom uit ʼn wêreld waar foute reggestel word met ʼn druk van die agteruitknoppie op ʼn  tikplank, of waar jy  kan sterf en dan net die rekenaarspeletjie weer kan begin. Maar as jy ʼn opgekrulde man met jou kru kapknuppel tereggestel het, hoe ontdoen jy dit? Dit is nie ʼn video wat jy agteruit kan speel sodat bloedvate weer heg, vliese heel word, skedelbrokke weer terug in mekaar pas nie. Dit wat ek stukkend geslaan het, kan nooit weer heel word nie. Hy kan nooit weer leef nie.

    “Ek is jammer,” sê ek uiteindelik sag.

    Micki wieg weg van my af, die rooinat handdoek in albei haar hande.

    “Jammer?” sê sy. “Jy sê vir mý jammer?”

    “Ja…”

    “Joggie,” sê sy. “Joggie… jy het niks om voor jammer te sê nie!”

    “Wat?”

    “Joggie, nadat ek die lig in die bakkie se drywer se oë geskyn het, moes ek in die kantoor ingegaan en die deur agter my gesluit het. Dis wat Joachim gesê het. Maar ek het nie. Ek het net daar agter die drommetjie bly sit en bo-oor dit geloer. En ek het gesien wat gebeur het.”

    “Ek wens jy het nie.”

    “Kyk na my! Kyk na my. Luister. Vandat dit alles begin het, was ek soos ʼn katjie wat verdrink en dit, dit alles wat gebeur het, dit was soos ʼn rivier in vloed om my. Ek was seker dit alles gaan my wegspoel. En toe is dit asof die katjie teen ʼn bloekomboom vasspoel en ek klou, ek klou en ek klou en ek klou aan die boom vas, en solank hy bly staan, sal ek niks oorkom nie.

    “Jy, Joggie, jy is my bloekomboom. Ek het gesien hoe jy veg. Ek het gesien hoe jy aanhou en aanhou selfs toe dit lyk asof hulle jou net gaan… uitwis. Hulle was so baie, en gewapen, en jy het niks gehad nie, net jou hande. Maar ek het geweet, gewéét!,  hulle sal jou nie wen nie. En solank jy nog staan, dít het ek geweet, dit weet ek nou, hier en nou, solank jy nog staan kan niks met my gebeur nie. Ek sal altyd, altyd, altyd dankbaar wees.”

    Sy sit die handdoek neer, vat my kop tussen haar twee hande en soen my saggies, deeglik op die lippe, en sit weer terug.

    “Dankie,” fluister sy. “Dankie.”

    “Bly by my,” sê ek.

    Sy glimlag effens.

    “Ek kan nie,” sê sy.

    Micki staan op, geluidloos, moeiteloos, kyk weer vir ʼn oomblik na my en draai om en stap na Joachim wat langs die toonbank sit waarop Tabitha lê.

    Twee figure strompel van die kleedkamer af na my toe. Dit is kort Ninja en lang Lance. Die een gaan sit aan die een kant van my en die ander een aan die ander kant van my. Hulle sê niks.

    ʼn Mens kan nie jou familie kies nie en soms, wanneer manne saam veg vir oorlewing, kan jy ook nie kamerade kies nie.

    Dis hoekom hulle “broers” genoem word.

    (Lees vervolgens Bodem, boek II, 19.)