
Kategorie: Feuilleton
Die (onder)myner

Tony se twiet aan Tutu

Brittanje se ondergang is ‘merkantilisme’
‘n Boek wat eersdaags verskyn, Merchant, Soldier, Sage: A New History of Power, deur David Priestland, gee ‘n siening van die geskiedenis as ‘n ewige stryd tussen mededingende klasse en belangegroepe.
Dis nie ‘n nuwe gedagte nie. Max Weber en Karl Marx, die stigters van historiese sosiologie, het ‘n leër van dissipels gehad. David Priestland, die skrywer van ‘n breë geskiedenis van die kommunisme en leraar by Oxford, het ook hiermee sy intellektuele skuld erken. Nietemin argumenteer hy dat hierdie siening van die geskiedenis die belangrikheid van die manier waarop mense in mag dink, onderskat.
Priestland se tesis is dat daar regdeur die geskiedenis drie “kaste” is, naamlik die soldaat, die handelaar en die wysgeer wat meeding om die werker te beheer. Wanneer een van hierdie kaste onbetwiste beheer oor die ander verkry, skryf hy, is die resultaat oorlog, revolusie of ‘n ekonomiese ramp.
Die doel van hierdie boek is om die lesse van die geskiedenis te gebruik “om die huidige finansiële krisis te verstaan”. Priestland argumenteer dat die Weste nou die prys betaal omdat hulle aan die waardes van die handelaars toegegee het, aan hulle wat glo in die geregtigheid van die mark, pryse, die nastreef van korttermyn-wins, en ook krediet en risiko aanbid.
Die meeste samelewings is gebaseer op ‘n informele alliansie tussen twee van hierdie drie kaste. Agrariese ryke is dikwels gelei deur aristokrate met kryger- en grondeienaarwaardes (soldate) in noue alliansie met die priesters (wysgere), wat ‘n geestelike regverdiging vir hul heerskappy kon voorsien. Die handelaar is geduld vir rykdom deur middel van handel, maar ook verkwalik vir die feit dat hulle slimmer en dikwels ryker as die tradisionele elites was.
Handelaars deur die grootste deel van die pre-moderne tyd, was nog altyd afhanklik van die beskerming van die vegterkaste. Dit was nie tot en met die laat 17de eeu dat handelaars die eerste keer na vore gekom het as ‘n dominante kaste in Engeland en Holland nie.
Die 19de eeu het oënskynlik die onverbiddelike opgang van “sagte merkantilistiese waardes” gebring, toe Brittanje sy groeiende Ryk gebruik het as ‘n krag vir die bevordering van vrye handel en globalisering, oënskynlik in die belang van almal. Brittanje se mededingers, het hierdie imperiale projek natuurlik as minder gunstig gesien.
Soos die heer Priestland dit stel, was die 19de eeu “se kosmopolitiese handelaars besig om een van die mededingendste sakekartels, toenemend gerugsteun deur die mag van nasiestate, op te rig.” Bismarck se Duitsland, gedugte mededinger hiervoor, het tot die Eerste Wêreldoorlog gelei asook uiteindelike begraafplaas van daardie stelsel.
Na die oorlog, het Amerika na vore getree as die rykste nasie en dominante uitvoerder van kapitaal. Dit het gelei tot die verspreiding van ‘n nuwe vorm van die handelaarsmag oor groot dele van die ontwikkelde wêreld in die vorm van skuld-aangevuurde verbruikerskapitalisme. Die massiewe finansiële en handelswanbalanse het gelei die Groot Depressie van die vroeë 1930’s. Die jare van fiskale soberheid en sosiale onrus wat gevolg het, skryf die heer Priestland, het bygedra tot die militarisering van Duitsland en Japan.
Die bloedvergieting van die Tweede Wêreldoorlog het uiteindelik ‘n nuwe alliansie van “wysgerige tegnokrate” en “sagte handelaars” geïnspireer. Hierdie vennootskap het ‘n nuwe wêreldorde geskep, skryf Priestland. Die resultaat, was die na-oorlogse goue era van welvaart en sosiale harmonie.
Maar met die ineenstorting van Bretton Woods in 1971, as gevolg van fiskale probleme, stygende inflasie en unie-militante, het die harde handelaar oorheers. Gelei deur Ronald Reagan en Margaret Thatcher, het hierdie tydperk die opkoms van “Davos-man” en die sogenaamde Washington-konsensus beleef.
Priestland meen die bank- en soewereine skuldkrisis van die afgelope vyf jaar is geheel en al “voorspelbare” gevolg van merkantilistiese waardes wat tans die etos van die Westerse beleidmakers bepaal.
Priestland het ‘n paar interessante dinge om te sê het oor waarom magsverhoudinge skuif en wat gebeur wanneer hulle dit doen, maar sy oproep vir ‘n beter verlede, is te naïef om oortuigend te wees. Die Angelsaksiese imperiale projek is in gevaar, en juis agv kulturele marxisme. Die ironie sl heeltemal verlore wees op een van Brittanje se “groot” denkers.
Xhosa Nostra-rassisme in die ANC
Dit het alles begin met saaknr. A474/08: Minister van Verdediging teen Phiri. Regter Neil Tuchten is voorsittende beampte in die Suid-Gauteng hoërhof. In die hof as beskuldigde is Goodman Manyanya Phiri, ‘n veteraan van die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, en ‘n luitenant-kolonel in die SANW.
Manyanyana Phiri word daarvan beskuldig dat hy geheime dokumente in sy besit gehad het en word voor ‘n militêre hof gedaag is op 9 Maart 2001. Die dokumente waarna verwys word is:
– Die Direkteur-generaal se verslag oor Brigadier-generaal Mashaola van die SA Army College soos aangevra deur Goodman Manyanya Phiri;
– Die B Matt Intervention Report van Britse Militêre adviseurs aan die Suid Afrikaanse Nasionale Weermag. Die SANW beweer dat daar geen so ‘n dokument bestaan nie, maar voorsien die nodules van ‘n vergadering wat hulle beskryf as “ a meeting of a body called the JCSD Assessment Board”.
Regter Neil Tuchten bevind dat die militêre hof verkeerd opgetree het deur Phiri onskuldig te bevind. Hy handhaaf die appèl van die Ministrie van Verdediging. Regter Tuchten bevind dat Phiri nie kan bewys dat daar wel sulke dokumente bestaan nie. Die militêre Hof kan dus voortgaan om teen Luit-kol Goodman Phiri op te tree.
I. Maar wat het agter Phiri se klag gelê?
Goodman Manyayana Phiri ken Jacob Zuma reeds vanaf hulle dae as Umkhonto we Sizwe-lede toe Zuma as intelligensiehoof van die ANC gruweldade gepleeg het in die ANC se oorsese strafkampe teen veral ANC-lede van Sotho- en Tswana-oorsprong. Phiri het nou ‘n appeltjie te skil met ene Luitenant-generaal Temba Matanzima (Xhosa) en Brig-generaal Bobelo Zini (Xhosa – en ‘n niggie van oud-president Nelson Mandela). Phiri self lig die sluier in ‘n brief aan Zuma op 5 April 2011 oor wat hy noem “swart-op-swart rassisme” in die SANW.
Phiri gaan ook op rekord dat Zuma sy en Mandela se niggie Zini Bobelo beskerm in opdrag van die “swart Nguni-rassis (Zoeloe en Xhosa) Nelson Mandela”. Hy voer ook aan dat alle militêre sake se oorsig gedoen word deur net een regter; Bernard Ngoepe. Phiri onthul dat hy een van die slagoffers was van Zuma en sy “Nguni-rassiste” in die Dakawa-Morogoro-kamp in Tanzanië in die middel-80’s.
– Phiri maak dan die onthulling: Bernard Ngoepe was een van Zuma se helpers tydens die aanvalle op Sotho’s en Tswanas in dakawa in 1985 “where wives and daughters of other South Africans were, objectified by Zuma’s gendarmerie all in pursuit of black racism pro-Mandela’s Eastern Cape. Wives were per Zuma’s knowledge and say-so raped, husbands even buried alive while everybody who had come from the Eastern Cape was treated as mini-god or goddess as the uneducated 100% Zuluboy Intelligence Chief of ANC and MK was used by Mandela’s black to put a stamp on racial superiority of the Xhosa-speaker or anybody born in the Eastern Cape, particularly from Mandela’s own Thembu tribe”.
– Intussen word ‘n beëdigde verklaring van Majoor Anna Cecilia Gertruida Bam van Durban bekendgemaak:
• Hierin beweer sy dat Majoor Kgotso Edmund Matli verantwoordelik was vir “rassespanning” wat “gereeld gebeur het” by die SA Leërkollege in Pretoria. Sy verwys spesifiek na Matli se opmerkings tydens ‘n besoek van Swede “wat wit weermagoffisiere ongemaklik gemaak het”. Matli maak ook rassistiese aanmerkings teenoor wit offisiere en veral luitenant Rentia Deiner by die Wildebees Offisiersmenasie. Maj Bam meld verder dat Matli geesdriftig ondersteun word deur die Ngunis (Xhosa en Zoeloe) en dat die ander swart weermaglede hom vermy.
• Majoor Bam lewer in haar verklaring ook kommentaar oor Mandela en Zuma se niggie, Majoor Winnie Ntombizodwa Bobela Zini. Sy verwys veral na die “seksuele verhouding” tussen Majoor Zini en die instrukteur Luit-kol Lentsoe en haar weeklikse ekskursies met generals van die SANW. Bam opper die problem in die klas by SA Leërkollege en word stilgemaak deur Lentshoe. Tydens die Desember-eksamen merk Bam dat Zini geen voorbereiding gedoen het vir haar voorlegging aan Lentshoe nie. “To our great surprise, Zini obtained very high marks for her exam, almost as good as the best student on the course, an armour guy who had much more in his presentation and on his maps and walls than anyone of us had”. “There were also certain times that I got the impression that Zini could be very involved in stirring up some of the racial tensions that flared up from time to time”.
Die probleem wat onder Zuma in die ANC kop uitgesteek het is weer die stamgebonde Nguni se swart-op-swart en swart-op-wit rassisme. In die ou ANC strafkampe is hulle in Zoeloe die “amamemba wamamemba” genoem – diegene wat uit stam- en familieverband voorkeur kry by tenders, aanstellings en promosies ongeag hulle kwalifikasies.
II. Phiri se pleidooi vir Boere maak ANC kwaad
Goodman Manyayama Phiri is gebore uit die koninklike Pedi-familie. Sy grootste fout was om te verwys na sy kleintydse vriend Theunis Groenewald van Barberton en daaruit die gevolgtrekking gemaak het, in sy prinses-ma se woorde: “Die Boere is nader aan ons as die witmense van Brittanje wat net ons rykdom kom steel”. “You see, the British consider themselves a superior race to Africans whereas the Boers see themselves as Africans whose survival depends on the survival of their darker-skinned fellow Africans”. “This is not to say that Boers were and are a terribly good people. They cannot have been so when all the evil programs colonial Britain dreamt of were to be largely implemented by the Boer. Shouldn’t the blue-print producers for Apartheid bear the blame?”
En dan kom Julius Malema in die prentjie vanuit Limpopo. Die halfgeskoolde Pedi wat die land se rykdom uit die hande van die Nguni/Britse konneksie (Lonmin-myn in Marikana byvoorbeeld) wil neem.
Tydens die tugverhoor stuur Phiri die volgende boodskap aan Derek Hanekom: “In that vein and for your benefit, Honourable Mr Hanekom, if for one moment, Mr Julius Malema actually meant to massacre the Boer with his rendition of Dubul’iBhunu, you can trust me to do the honours of the dubuling or shooting of Mr Malema in defence of the Boer. If you believe that darker-skinned Africans are well capable of defending the sanctity of Boer national life without the assistance of native Europeans, you as Honourable Mr Hanekom did not have to stick like Velcro on the disciplinary chair over Mr Malema only to make those snide and smart-Alec comments about a supposedly malingering brother trying to chicken out from facing the music of your Disciplinary. Honestly, Honourable Mr Hanekom, I think your actions throughout this Disciplinary have been a disgrace to the great Boer Nation; and if this is what is all what attitude you have learned from your many years as a supposed member of the ANC, I am sure you joined the wrong ANC, but not the one formed 100 years ago by The Great Moroka, Pixley Isaka Seme in collaboration with Swazi Queenmother Labotsibeni.”
“Fifty years from now, blacks who understand the difference between so-called South African whites on one hand and the so-called South African whites on the other, may not care about that difference anymore even though, right now, there is to thinking blacks not a white grouping revered, honoured and fraternized more than the Boer, notwithstanding proscribed songs like Dubulibhunu.”
Op 5 April 2011 snoer Lindiwe Sisulu, Minister van Verdediging en lid van die Themba-stam, finaal Phiri se mond deur in haar hoedanigheid as minister ‘n hofbevel aan te vra dat Phiri geen mediaverklarings mag maak, geen vergaderings mag toespreek of enige seminare mag bywoon waar die SANW of enige van sy lede bespreek word nie. Regter George Webster bekragtig die hofbevel in die Noord Gautengse streekhof.
III. Julius Malema raak ook te groot vir sy skoene
Julius Sello Malema, die Pedi van Limpopo, word in April 2008 verkies tot president van die ANC Jeugliga tydens ‘n chaotiese kongres in Bloemfontein. Hy het gematrikuleer aan die Mohlakaneng School in Seshego op 21-jarige ouderdom. Hy is dus nie die skerpste potlood in die pakkie nie – maar Malema is van ‘n jong ouderdom grootgemaak in die politiek van voormalige Umkhonto we Sizwe-soldate van Pedi oorsprong. Hy weet baie goed van die spanning tussen die etniese groepe in die ANC.
Binne die bestek van net ‘n jaar word die charismatiese Julius Malema ‘n saamtrekpunt vir die Tswana, Pedi en Venda in die ANC. Winnie Madikizela-Mandela, nog ‘n slagoffer van die “Xhosa Mandela-stam” gooi haar gewig vierkantig agter Malema in; sowel as die MK-veterane organisasie (oud-Umkhonto we Sizwe-lede) en die ANC Vroueliga.
Die Zuma/Nguni-kamp raak ongemaklik. En dan begin een van die grootste mediakampanjes in die Suid Afrikaanse geskiedenis:
Op 6 Julie 2009 lui ‘n amptelike toespraak van Malema as volg: “Why is it that South Africa should be criminalised for nationalising our mineral wealth, whilst the big capitalists’ States like the United States are nationalising their corporations in their countries. We should refuse to be controlled by imperialist forces whose interests will never converge with the interests of the South African population. Theirs is to make big profits at the expense of South Africans’ labour and mineral resources, and this is historically the root of racial oppression. Racial oppression in South Africa is a direct consequence of colonialists’ control of South Africa’s mineral resources, and we have a responsibility to reverse such phenomenon”.
Let daarop dat Malema – nes Goodman Phiri – praat van BUITELANDSE/Britse imperialiste wat die minraalrykdom van Suid Afrika besit. (Sien Marikana/Lonmin later). Dit is ook nes Phiri ‘n dwarsklap na die Britse stelsel van rassisme teenoor Afrikane. Hy gaan selfs so ver om te sê dat die “liberals” daaragter sit.
Dit is egter die Naspers-koerant, City Press, met redaktrise Ferial Haffajee, wat die eerste berig plaas asof sou Malema gesê het “wit myne moet genasionaliseer word”. Van City Press vind die berig weerklank in ander koerante in die Naspers-stal en die wit lesers eet dit vir soetkoek op, sonder dat daar ooit ‘n verwysing is na die werklike woorde van die toespraak.
Op 3 April 2003 tydens ‘n besoek aan Zimbabwe, is Malema se amptelike woorde: “Tsvangirai is an ally of imperialists”, en hy doen ‘n beroep op Suid Afrikaners om beslag te lê op die landbougrond en myne van buitelanders. Weereens is dit City Press wat Malema se woorde verdraai na “wit landbougrond en wit myne”. En weer val die liberaliste en pragmatiste vir die mediakampanje se verdraaide woorde.
Op 8 April 2010 vind die onsmaaklike insident plaas met Jonah Fisher, ‘n Britse joernalis van die BBC. Op televisieskerms word die woedende Malema gewys waar hy die Brit uitskel as “a bloody agent”. Geen televisieskerm wys egter wat vooraf gebeur waar Fisher Malema se opmerkings oor die MDC en Britse imperialiste luidkeels afmaak as “rubbish!” nie.
Malema self, nou onder groot druk, begin opruiende toesprake maak en speel so in die hande van die Themba-faksie van die ANC.
Die pragmatiese Afriforum is selfs so opgeklits met Malema se rassisme dat hy voor die hof gedaag word op grond van ‘n video waar hy “Skiet die Boer” sing, maar gerieflikheidshalwe word vergeet van videomateriaal waarop Joe Slovo, Chris Hani en Jacob Zuma self dieselfde lied sing.
So word Julius Malema deur die ANC geoffer as die “groot rassis teen wittes” om die aandag af te lei van hul eie swart-op-swart en swart-op-wit rassisme.
• Die ANC se Nguni-faksie besluit nou op ‘n groot skoonmaakaksie. Lindiwe Sisulu, intelligensie-offisier onder Zuma in die ANC-strafkampe en deel van die uitgebreide Xhosa-“familie” is die Minister van Verdediging. (NB. Jackie Selebi was ook een van Zuma se ANC-intelligensieoffisiere
“Leaders,
Attached is the information on the payout to struggle veterans
I request that you circulate this to former MK and APLA members and their dependants if they are deceased.
This info was posted VC early this year and the YCL discussion forum posted it and I feel it should be communicated and populated to all our structures so that our comrades, who qualify, benefit”.
Van die veteraan is dan verwag om byna al sy bewegings op ‘n vorm in te vul, tesame met afskrifte van sy ID, huweliksertifikaat, egskeidingsertifikaat, woonadres, bankbesonderhede plus geboortesertifikate van al sy/haar kinders.
• Die destabilisasie van Malema, Sotho, Venda en Tswana sterkpunte. Die provinsiale ANC-regering van Limpopo stel ‘n 10-bladsy dokument op oor die huidige ANC-leierskap en maak geen geheim daarvan dat hulle takke sal vra om ontslae te raak van Jacob Zuma en sy Nguni-kliek nie. Premier Cassel Mathale wys in die dokument “ANC Leadership in the Current Phase of the National Democratic Revolution”, daarop dat daar reeds mede-ANC-lede doodgemaak is omdat hulle verskil van die leierskap.
In Desember 2011 plaas die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, summier vyf staatsdepartemente in Limpopo onder direkte beheer van die nasionale regering en skaal al hulle pligte af. Die ouditeur-generaal beweer dat grootskaalse korrupsie en nepotisme in Limpopo voorkom en al Malema en Mathale se sakevennote word na Pretoria ontbied waar hulle deur die Inkomstediens in geheim ondervra word oor “belastingontduiking”.
• Daar word op nasionale vlak besluit dat ‘n konfrontasie afgedwing moet word tussen NUM (die Nguni-beheerde vakbond geaffilieër by die ANC-vennoot Cosatu) en die AMCU-vakbond van Joseph Mathunjwa wat Sotho, Tswana en Venda-wekers op groot skaal afrokkel van NUM in Limpopo en Mpumalanga.
IV. Die aanloop tot Marikana: Marikana en Lonmin
Joseph Mathunjwa, voorvegter teen kommunisme in die swart vakbondwese, is die president van AMCU (Association of Mineworkers and Construction Union) met sowat 50000 lede. Mathunjwa, wat geen eie motor besit nie en sy geliefkoosde kos aangee as “pap en melk” was ‘n laboratorium-assistant by Rand Coal voordat hy die vakbondwese betree het. Sy pa was ‘n Christelike priester en hyself speel gospelmusiek op die trompet vir die Salvation Army.
AMCU is in 2001 gestig met sy hoofkantoor in Witbank, Mpumalanga. Mathunjwa maak van die begin bekend dat AMCU “a-polities is, anti-kommunisties en teen ‘n stelsel van nepotisme waar mense posisies beklee wat hulle nie kan hanteer nie”.
Die Woensdag voor die skietery by die Lonmin-myn in Marikana is Mathunjwa meegedeel dat Lonmin gladnie belangstel om met sy unie te onderhandel nie en dat hulle slegs NUM aanvaar. Die werkers gooi die NUM-president Senzeni Zokwana uit hulle protesvergadering.
Ongeveer 3000 werkers wat lede van AMCU is gaan sit op ‘n koppie by Nkanini en wag op onderhandelinge met Lonmin en die polisie. Die polisie daag egter op in ‘n Casspir met lede van NUM en dring daarop aan om die Sotho- en Tswanasprekers in Fanagalo toe te spreek.
Teen laat Woensdagmiddag besluit die AMCU-werkers om op die koppie te bly eerder as om na die Lonmin-mynperseel te gaan nadat twee van hulle lede deur NUM-sluipskutters doodgeskiet is. AMCU-lede noem aan die media dat hulle vrees dat hulle geskiet en gearresteer gaan word as hulle van die koppie afgaan.
Die skietery wat daarna gebeur het en waartydens 35 lede van hoofsaaklik AMCU deur die polisie doodgeskiet is, is nou verwys na ‘n Kommissie van Ondersoek – aangestel deur dieselfde Jacob Zuma wat in die eerste plek verantwoordelik is vir wat Phiri “swart-op-swart rassisme” noem. Geen wonder dat ministers weggejaag is by die gedenkdiens van die mynwerkers nie en dat Malema en Mathunjwa hulle bestempel het as “varke wat kom rondsnuffel om ons kos te eet”.
Slaaf

Skiet-die-boer-treffer vind byval in Londen

PRAAG breek deur na 140 miljoen mense
Gisteroggend het PRAAG se Engelse webblad www.praag.org die nuus oor die grusame marteldood van Amaro Viana op Walkerville begin versprei, met skakels wat op Facebook en Twitter geplaas is. Teen gisteraand het die feite oor Amaro Viana die wêreld se twee grootste nuuswerwe, Huffington Post en Mailonline met gesamentlik 140 miljoen gebruikers bereik. Enkele reëls vanuit PRAAG se berig is woordeliks deur albei webwerwe gebruik.
In die loop van gister het die daaglikse verkeer op www.praag.org met twintig vermenigvuldig. Webwerwe wêreldwyd het skakels na die PRAAG-storie geplaas en daar was ook terugpiengs in tale soos Sweeds en Italiaans.
PRAAG se skakelbeampte, Rike Bosman, het vanoggend met Dan Roodt oor hierdie internasionale deurbraak en ander kwessies gesels.
Word deel van die avontuur! Sluit by PRAAG aan
Rike Bosman: Dan, waaraan skryf jy hierdie ongelooflike deubraak toe, waardeur PRAAG die anti-blanke geweld in Suid-Afrika wêreldkundig gemaak het?
Dan Roodt: Ek dink dis ‘n kombinasie van tydsberekening, taalbeheer, ideologiese insig, begrip van internasionale politiek en nogmaals tydsberekening. En geluk! Toe praag.org gisteroggend die storie in Engels gebreek het, was dit nog nie op News24, The Sowetan of enige ander Engelstalige webwerf nie. Selfs nie eens SAPA, die groot Suid-Afrikaanse nuusagentskap, het dit gehad nie.
RB: Watter rol het PRAAG se internasionale netwerk hierin gespeel?
DR: ‘n Taamlike groot rol, sou ek sê. Ons het aanvanklik skakels op Twitter en Facebook geplaas, veral op die Facebook-profiele van mense en organisasies oorsee wat ons goedgesind is. Van daar af het dit begin sneeubal.
RB: Het PRAAG erkenning ontvang vir sy aanvanklike verspreiding van die grusame voorbeeld van Suid-Afrikaanse geweld?
DR: Ja. Die Mailonline, wat die wêreld se tweede grootste nuuswerf is, met 70 miljoen gebruikers, het wel na praag.org as een van die bronne vir hul storie verwys. Sommige van die kleiner webwerwe het ook skakels na praag.org geplaas, maar nie die Hufpost nie. Die feit dat hulle sommige reëls uit ons storie woordeliks gekopieer het, toon egter dat hulle ons gelees het, regstreeks of onregstreeks.
RB: Wat is die groter betekenis van hierdie gebeurtenis? Hoe bevorder dit ons Afrikanerstryd?
DR: Ons moet verstaan dat die Afrikaner vóór 1994 deur propaganda en leuens oorwin is. Vandaar die uitbuiting van Sharpeville, Soweto en veral natuurlik die foto van die dooie Hector Pieterson wat rondom 16 Junie 1976 deur die Britse koerante die wêreld ingestuur is. Soos ek egter vanoggend getwiet het, het Hector Pieterson gister ‘n tweede dood gesterf, want hy is vervang deur ‘n twaalfjarige Portugese seun, Amaro Viana, wat deur twee jong swart mans doodgemartel is. Vandag se geslag onthou nie meer Hector Pieterson nie, ook nie as simbool nie. Die nuwe simbool is Amaro Viana, wat ons gister geskep het.
RB: Jy het in jou onlangse rubriek en op Twitter gesê dat PRAAG daarna kyk om plaaslike verteenwoordigers in 50 groot Amerikaanse stede aan te stel, en van daar af ‘n globale kommunikasiestrategie in werking te stel? Jy het ook gesê dat Eschel Rhoodie oorspronklik so ’n idee gehad het, maar dat die destydse Inligtingskandaal hom daarvan weerhou het om dit toe te pas… Hoe kan PRAAG as Afrikaanse organisasie egter slaag waar die ou regering met miljarde rande aan geheime fondse, ambassades in al die luuksebuurte dwarsdeur Westerse hoofstede, asook die geheimediens, weermag, ens., misluk het?
DR: Net voor sy dood het ek by twee geleenthede met mnr. P.W. Botha gesels, die tweede keer saam met joernaliste van die grootste Japannese dagblad en die grootste gedrukte koerant ter wêreld, die Asahi Sjimboen. Mnr. Botha was natuurlik in beheer van daardie magtige organisasie, die staat van die ou Suid-Afrika. Maar ek hou nog al die tyd vol dat dit nie organisasie of hulpbronne is wat ‘n mens in staat stel om te oorwin nie, maar denke en begrip. Ek dink ons het dit gister gedemonstreer. Dis net jammer dat Oom P.W. dood is, anders kon ek hom daarvan vertel het.
RB: Wat gaan PRAAG volgende doen?
DR: Gister het ons ook die perskonferensie van dr. Gregory Stanton bygewoon. Daar het hy verduidelik dat die Amerikaanse regering nou ‘n amptenaar met ‘n hoër rang as ‘n ambassadeur by die ambassade aangestel het, wat dui op kommer oor Suid-Afrika by die Amerikaners. Die gedagte dat daar ‘n dreigende volksmoord in Suid-Afrika is, soos Stanton dan gister bevestig het met sy klassifikasie van Suid-Afrika as ‘n kategorie-5-land, word ook in die Amerikaanse buitelandse diens ernstig opgeneem.
PRAAG sal sorg dat die Afrikaner as slagoffervolk die ou en uitgediende ANC-propagandabegrip van ons as “dadervolk” en as ‘n klomp neo-Nazi’s en rassiste, in die internasionale media vervang word. Ons beplan om geweldige internasionale steun vir ons saak te werf.
RB: Wat is “ons saak”?
DR: Ons saak is Afrikanervryheid, Afrikanerselfbeskikking, die reg om oor ons eie onderwys, veiligheid, gesondheid en kultuur te mag besluit. Ook om self beheer oor ons tradisionele grond wat ons al dekades en eeue besit, uit te oefen.
RB: Benewens die verspreiding van inligting en nuus op die internet, wat doen PRAAG nog om die Afrikanersaak te bevorder?
DR: As mense moet weet watter ingewikkelde geostrategiese debatte ons in die binnekringe van PRAAG voer, sal hulle nogal verbaas wees! Dikwels praat ons meer oor oliepyplyne in die Midde-Ooste of Mitt Romney se mees onlangse uitlating oor Brittanje as oor Afrikaanse taalsake. Maar soos ek reeds onlangs te kenne gegee het, is ons besig om namens PRAAG, maar ook namens Afrikaners, vyf lande te nader omdat ons in hulle potensiële bondgenote en vriende sien. Dis geensins die gewone lande waaraan mense sal dink wat nie ons unieke perspektief en visie vir ‘n onafhanklike, herbore Afrikanervolk deel nie. Ook is ons natuurlik besig met klagtes by internasionale organisasies oor Afrikanermenseregteskendings. En binnekort enkele grondwetlike hofsake in Suid-Afrika.
RB: Onlangs op Twitter het jy laat val dat jy, Steve Hofmeyr en Pieter Mulder ‘n hele middag lank saam geëet het. Wat was die doel van die ete of was dit net sosiaal?
DR: Nee, natuurlik het ons ‘n doel gehad. Daar was ook ‘n vierde persoon van een van die groter Afrikaanse organisasies teenwoordig wat tans nie sy naam genoem wil hê nie. Ons het gesels oor die Afrikaner se hede en toekoms en natuurlik was daar plek-plek meningsverskil. Aan die einde het ons al vier egter ooreengekom dat ons eksterne selfbeskikking vir die Afrikaner nastreef. Ons enigste verskille gaan oor hóé dit bereik moet word.
RB: Maar hoe gaan PRAAG vryheid vir die Afrikaner verwesenlik?
DR: Presies soos die ANC en SAKP hierdie land verower het, met behulp van internasionale politiek.
RB: Maar die ANC het die Anti-apartheidsbeweging, Trevor Huddleston van die Anglikaanse Kerk en die Sweedse regering, om nie van die Sowjetunie en Oos-Duitsland te vergeet nie, agter hom gehad. Watter land gaan hom vandag oor ‘n onbenullige minderheid blankes in Suid-Afrika ontferm?
DR: Politiek gaan oor mag. Daar is twee maniere om ‘n rots op te tel: met brute krag óf deur middel van ‘n hefboom. Ek hou van die hefboomidee. Ons as Afrikaners kan só slim en goed georganiseerd raak, met al die tegnologiese middele tot ons beskikking, dat ons wel daardie rots gaan oplig.
RB: Goed en wel. Maar Stalin het mos gevra: “Hoeveel divisies het die Pous?” Mnr. P.W. Botha het die ou weermag opgebou van die dae toe hy minister van verdediging was tot die vierde of vyfde magtigste ter wêreld. Nogtans moes ons die knie buig voor die ANC en sy terreur, asook sy magtige propagandamasjien, Nelson Mandela as internasionale ikoon, ens. Stalin sou ook vra: “Hoeveel divisies het PRAAG?”
DR: Haha, ja. PRAAG beskik oor geen enkele divisie nie. Anders as die Pous of die Anglikaanse Kerk, het ons nie eens priesters in uniforms nie! Maar Huntington het tussen “sagte mag” en “harde mag” onderskei. P.W. Botha se fout was dat hy te veel op die harde mag gekonsentreer het en die sagte mag buite rekening gelaat het. Gister na afloop van die perskonferensie met Gregory Stanton, het ek by iemand gehoor dat die AWB steeds aan die gang is en oor 94 000 lede beskik, dus is daar iewers nog ‘n bietjie harde mag onder Afrikaners oor. Ons brei die Afrikaner se sagte mag en sy internasionale slaankrag in die media, by regerings en internasionale organisasies, geweldig uit.
RB: En soos PRAAG so pas gedemonstreer het: die pen is dikwels magtiger as die swaard…
DR: Inderdaad.
Word deel van die avontuur! Sluit by PRAAG aan
Selflose stryd met Duitse ondersteuning
Die omstrede rubriekskrywer David Bullard het dié foto verlede week in Johannesburg geneem van Duitse ondersteuning aan die ANC in die vorm van ‘n Mercedes E500 wat meer as ‘n miljoen Rand kos. Let op dat die “parkeerplek” nie een is nie.
Die toekoms in
Duke Universiteit beskryf GS so:
• Die kuns om einddoelwitte met alle middele tot beskikking te vermag en te rekonsilieer. Dit behels doelgerigte aksie oor ‘wat leiers dink’ en ‘wat hulle wil vermag’.
• Dit vind toepassing in vredestyd, sowel as gedurende oorlogtoestande en sluit in wat ‘n regeerder of staatshoof as sy gereedskap kan gebruik in taktiek, operasies en beleid.
• ‘n Sterk onderbou van teorie is voorvereiste, en behels dit leiers se idees oor hoe die wêreld daar uitsien (die werklikheid), hoe die wêreld veronderstel is om te wees, en ‘n land se rol in ‘hierdie wêreld’. Tog, is GS beliggaam in beleid en in praktyk en regeerderoptrede en –reaksie, op werklike (of persepsieële) bedreigings en geleenthede vir ‘n land.
• GS ontketen intense debat en interpretasie deur veral akademici, maar is realisties van aard sodat dat GS praktisyns deurentyd bydraes en insette moet lewer om GS behoorlik te laat verstaan deur almal.
Yale Universiteit beskou GS as ‘n omvattende plan van aksie, gebaseer op die berekende verhouding van middele en groot eindes. Dit is nie ‘n eksakte wetenskap nie en behoort voortdurend evalueer en aangepas te word. ‘n Sleutel tot sukses binne die Brady-Johnson Program is buigsaamheid.
Wat GS dus behels is aanduidend van aan hoe ‘n Grootse Strategie vir ons Afrikaner- en Boermense benader moet word om tot aksie te kan oorgaan en die ontevredenheid van ons mense met die huidige situasie (die “A”) aan te spreek. In ons geval hebels dit grootskaalse verandering. Selfbeskikking deur afstigting of anders gestel eksterne selfbeskikking elders in die wêreld is aanduidend van wat dit kos om sulke oplossings te gebruik om noodsaaklike verandering van ‘n volk teweeg te bring.
Wat is verandering?
Kortweg, word sulke kompleksiteit kragtig so voorgestel: A + B + C ≥ D
A – Ontevredenheid met ‘n huidige situasie
B – Gemeenskaplike visie van ‘n verlangde toekoms
C – Kennis van eerste stappe in die regte rigting
≥
D – Psigologiese en ekonomiese koste van verandering
Hoogs ontevredenheid is gemeensaak onder die oorgrote meerderheid van Afrikaner- en Boeremense. Wie tevrede is met die huidige situasie worddus uitgesluit in hierdie benadering. Hulle sal wel te doen kry met die konsekwensies wat wanneer selfbeskikking verwesenlik is. Hierdie bespreking gaan dus voort met diegene wie nou reeds besef, en aanvaar, dat implementering van enigiets ‘nuuts’, soos die strewe na vryheid, in menslike sisteme meebring dat weerstand teen verandering kenmerkend is. Ons wil almal ook altyd meer wil weet oor wat die koste van verandering is, want daar is altyd ‘n koste en ‘n prys om te betaal.
Weerstand teen verandering – wie koop in?
Sewe weerstandsvlakke, ook bekend as inkoopstappe word ondervind wanneer grootskaalse verandering aangedui is. Ek behandel kortweg die kategorieë en u die leser kan uself dus kategoriseer. Doen dit gerus in die konteks van die A+B+C≥D veranderingsformule. Dit sal waardeer word as u dit so sal aandui in u kommentaar in debat sodat andere u kommentaar meer sinvol kan evalueer. Dit is tot almal se voordeel.
VLAK 1 U mag nou die houding neem oor u huidige situasie en sê: “Ek het nie ‘n probleem nie”. Wel, waarom sal u verder lees, of kommentaar verskaf en veral afbrekend tot ons debat? U moet dus liewer nie nou kommentar lewer oor ander se ontevredenheid met ‘n huidige situasie nie. Wanneer u egter wel sover kom om saam te stem dat daar is ‘n probleem is wat u sou noop om verandering aan u huidige situasie teweeg te bring, en soos hierdie debat vorder, mag u wel so reageer: “Goed, ek sien ek het ‘n probleem, maar …”
VLAK 2 U mag nou die houding nou inneem en sê: “Jy verstaan nie my probleem(e) nie”. Dit mag so wees, maar volg eerder die debat. U sal sien dat andere wel u houding verstaan, en self deel. Waarom sal u deelneem en debateer wanneer u nie die moeite doen om ook andere se werklike probleme te verstaan nie? Die probleem wat andere ervaar en ‘n voorgestelde oplossing soos selfbeskkking vir die Afrikaner- en Boermense, mag u dalk nie nou aanstaan nie, want ‘hier’ waar u is, verstaan ander nie u probleem nie. Soos ons vorder in debat rondom hierdie saak, mag u dalk houding verander en sê: “Goed, julle verstaan wel my probleem, maar …”
VLAK 3 U mag nou van mening wees en sê: “Ek stem nie saam met die rigting van die oplossing selfbeskking nie”. Die huidige realiteit omrede u mag voel ‘n multikulturele samelewing het gekom om te bly, en wat voorgestel word as ‘n oplossing, synde slefbeskikking, is juis nie verhelderend vir u nie. U mag dus sê: “Wel natuurlik, ek weet al daarvan.” U kan dus nie aangaan met die voorstel (maar sekerlik debater daaroo) van so ‘n oplossing, totdat u saamstem met die rigting (selfbeskikking) wat ingeslaan word, en u sou dus ‘n hoë weerstandvlak teen sulke verandering handhaaf. Sodra u wel van houding verander, mag u vorentoe sê: “Goed, u verstaan my probleem, ek stem saam oor die rigting (selfbeskikking) van die probleem, maar … “
VLAK 4 U mag nou sê: “Jou / julle oplossing van selfbeskikking kan denkbaar nie die resultate behaal wat beweer word moontlik is nie …”, en “Julle moet kan toon dat selfbeskikking wat julle voorstel vir ‘n oplossing direk en onvoorsiens die negatiewe aspekte wat ek by Vlak 1 identifiseer, positief sal verander”. Sodra u insien dat andere ook u probleem verstaan, mag u sê: “Goed, jy/julle verstaan ons/my probleem en ek stem saam oor die rigting (selfbeskikking) wat ingeslaan word as oplossing, en ek sien hoe kragtig die oplossing ons / my huidige ontevredenheid sal verander na tevredenheid, maar…
VLAK 5 U mag nou sê: “Jou / julle oplossing gaan net moeilikheid vir my bring”, soos byvoorbeeld: “Die wet van onvoorsiene gevolge (the law of unintended consequences) gaan julle vang.” ‘n Eenvoudige mediese analogie verduidelik: Kankerbehandeling het newe effekte, maar die goeie nuus is dat … so die newe effekte is nie so erg nie. As u verstaan dat uitoefening van die reg op slefbeskikking wel binne die raamwerk van die Grondwet, die internasionale reg en landswette is, mag sê: “Goed, jy verstaan ons/my probleem, en ek stem saam met die rigting wat ingeslaan moet word, en sien hoedat dit kragtig die ontevredenheid kan verander in tevredenheid, en ek sien die potensiële newe effekte, maar …”.
VLAK 6 U mag nou sê: “Daar is enorme struikelblokke wat implementering van die verandering om selfbeskikking te bewerkstellig sal verhoed.” Byvoorbeeld: “Die veranderings wat julle voorstel sal ons Afrikaner- en Boeremense se lot verbeter, maar baie van ons sal ons werk verloor – en ons sal saamwerk daarin …”, of ” daar is net nie genoeg geld daarvoor nie”, of “My man/vrou sal nie daarmee saamstem nie”, ens, ens … Vlakke 4 en 5 oorvleuel is is nie diskreet nie. Beide is deurweef in die ‘inkoopproses’. Dit is belangrik vir u om te onderskei tussen die twee, omrede hulle nie dieselfde weerstand is nie, en derhalwe verskillend benader moet word. Die toets vir u is om newe effekte en struikelblokke te identifiseer en is eenvoudig as die kwessie een is van: “Die idee van selfbeskikking is doodgebore voor dit implementeer word want …”. Wanneer u met ‘n struikelblok het soos: “Na implementering sal dit erger wees want …”, het u te make met ‘n newe-effek. Dan is u amper daar. Maar, u sê: “Goed, jy verstaan my probleem, en ek stem saam met die rigting van selfbeskikking wat ingeslaan word, en ons sien hoe kragtig die oplossing ons ontevrede omstandigheid sal beïnvloed in tevredenheid, en hoe potensiële newe effekte minimaliseer kan word, en ek sien hoe ons struikelblokke gaan oorkom in implementering, maar steeds beweeg u my nie omrede…”
VLAK 7 U het ‘n nieverbale vrees vir verandering deur middel van selfbeskikking as die oplossing en einddoel. Dit is ‘n moeilike vlak waar u verkeer. Die mees logiese oorsaak is omrede u van die vorige vlakke nog nie behoorlik of volledig aangespreek het as besluitnemer nie. Dit mag wees dat al die weerstande oorkom is en u dan iets sê soos: “My man / vrou sal nie daarvoor val nie”. Dit mag dalk ‘n vlak 1 probleem wees. Almal anders saam met het al ingekoop, maar die “man / vrou’ kwessie is steeds daar. U moet u werklike probleem dan reg verstaan. Daar is ook ‘n ander moontlikheid. Dit mag wees dat u glad nie gewillig is nie, soos die metafoor dit stel, ‘to jump out of the fox hole and charge.’ U sal dan uself identifiseer in hierdie kategorie sodat andere u kommentaar hier op PRAAG in die regte konteks kan verstaan.
Unieke geleentheid
Ons het die unieke geleentheid om vooruit en baie noukeurig ons GS te formuleer en artikuleer en as’t ware alles van ‘n ideale nuwe land te beplan. Ons kan ons onderskeie magsbasis as Afrikaner- en Boeremense behoorlik definieer, formuleer, artikuleer, organiseer en mobiliseer. Dit sou wees al ons intellektuele mag, ons ekonomies mag, ons militêre mag, ons Geloofmag, ons vermoë om te oorleef (deur oorlog te voer).
Die een groot gemeenskaplikheid en ‘n magsbasis in eie reg, en waaroor ek geen twyfel het nie is ons brandende begeerte, ons hunkering om vry te wees. Vry van jukke waarmee ons nou jare reeds bekend is, die meeste waarvan oor die tyd heen deur ons eie toedoen ook geskep het.
Ons het die geleentheid om elke juk / las te identifiseer waarvan ons ontslae wil raak. Ons kan saam bepaal wat ons vryheid sal behels en wat dit vir ons almal beteken. Die Trekboere van ouds het ‘n onsekere toekoms moes ingaan om weg te kom van hulle ontevredenheid, en teen ‘n ossewapas onbekende gevare tegemoetgegaan op hul soeke na vryheid. Ons egter, kan met al ons kennis en insig en met alle middele tot ons beskikking met baie meer sekerheid en hoop die toekoms aandurf.
Ek is oortuig ‘n einddoelwit van selfbeskikking het ‘n volhoubare kans op sukses. Maar, dit behels kompleksiteit. Ons toekomsplanne verg ‘n komplekse benadering. Om ‘n onafhanklike land te stig (deur afstigting), en wat erken word deur die internasionale gemeenskap vereis heel eerste dat ons die heel beste leiers en denkers identifiseer – op elke terrein van ons Afrikaner- en Boeresamelewing – wie binne interdissiplinêre verband bereid en daartoe in staat is, om saam te werk aan ‘n Grootse Strategie vir ons Afrikaner- en Boeremense. Ons moet ‘n wêreldklas moderne staat vestig. Sulke leiers en denkers moet derhalwe oor kwaliteite beskik om volle verantwoordelik te neem vir die Afrikaner- en Boere se Grootse Strategie, en die implementering daarvan.
Sulke leiers en kundiges sal ‘n Opdrag van ons Afrikaner- en Boeremense moet kry, want dit is slegs met alle middele tot ons beskikking – en dit stel ek as voorvereiste – dat sulke omvangryke strategiese veranderings teweeggebring kan word. En u sal besef, dat ons van meet af sal moet reg wees vir enige gebeurlikheid.
Daar is persone met uitermatig belesenheid en bekwaamheid identifiseer (en die proses gaan voort) wie binne die ‘oorlogkamer’ reeds voortou neem om ons almal se toekoms te verseker. U moet nadink of u ‘n persoon is om ‘n rol te kan speel – al sou dit net ondersteunend wees.
‘n Visie van ‘n verlangde toekoms
Ek sien ‘n nuwe land waar ons Afrikaner- en Boeremense ‘n kontrak aangaan om ‘n regeerderorde te vestig met die heel beste van ons volk se manne en vroue wie net die noodsaaklike regeerderinstellings, soos 1. ‘n weermag (met gevreesde slaankrag om orals te beskerm en te kan aanval) 2. ‘n polisiemag (uiters effektief en bekwaam), 3. ‘n intelligensievermoë, 4. ‘n regsstelsel en 5. ‘n onderwysstelsel.
Ek sien ‘n nuwe land met geen ‘staatsdiens’ nie, wat ons nou ken as sulks, wat in geheel en al afgeskaf word as ‘n juk, ‘n oorlas. Ek sien ‘n nuwe land waar alles wat benodig word, synde dienste en produkte vrylik onderneem word, en markkragte alleen geld in lewering daarvan. Ek voorsien minimale belasting wat dus volle betekenis kan gee aan die kragtige konsep van ‘lewe, vryheid en eiendom’, in die klassieke liberale ekonomiese sin. Belasting mag net gehef word vir die kontrak met die regeerderorde.
Ek sien ‘n nuwe land met ‘n ‘so vry as moontlik markgerigte ekonomiese orde’ waar elkeen van ons mense vrye keuses maak, in ‘n veilige en florerende ekonomie, waar geen perke is om mense se volle potensiaal te ontsluit nie.
Ek sien ‘n nuwe land waar ons kinders, en hulle kinders, vry soos arende sweef. Waar ons met volle inbors, trots en met goeie hoop leef in ‘n Godvresende land en die toekoms ingaan met vertroue.
Wat ek hier beskryf is totaal binne ons Afrikaner- en Boeremense se vermoë om te vermag.
Ons en ons kinders sal egter moet opnuut moet besef dat, die lewe met God is soos die vlug van ‘n arend, in vryheid. [Dt. 32]
Ontsluit die Afrikaner- en Boerehart!
Ons Afrikaner- en Boereharte moet ontsluit! Ons moet ‘n gedeelde visie van ‘n verlangde toekoms vestig. Ons moet die toekoms as ‘n magtige volk aandurf.
Kom ons skep saam daardie verlangde toekoms. U kommentaar sal daartoe lei dat ek ‘n gedeelde visie van ‘n verlangde toekoms sal formuleer. Dan maak ons klaar met die B in die veranderingsmodel en beweeg ons in opvolgartikels na die C in die veranderingsmodel.
Rig u kommentaar oor die aspekte soos hierbo aangedui. Hoe wil u dat ons nuwe land daaruitsien?
Ons skryf nou die Afrikaner- en Boermense se geskiedenis. U bydrae is onmisbaar. Dus, sal u kommentaar eerlik wees, tot die been toe.
[In die opvolgende aflewerings bespreek ek verder hoe selfbeskikking vir ons Afrikaner- en Boeremense gestalte begin aanneem en sal verwesenlik en hoe ons saam ‘n gedeelde visie skep van ‘n verlangde toekoms gaan vestig, hoe ons eerste stappe gaan neem in die regte rigting om verandering wat ons na hunker, teweeg te bring.]
Droogte
Die swartman dra blokke steen aan en die witman plaas hulle in die muur. Die witman staan binne die mure waar daar effens skadu is. Hy sê: “Jy moet buite werk. Jou vel is swart, jy kan die son beter verdra as ek.”
Die swartman lag teen sy spiere se geglinster in die son. ‘n Honderd jaar gelede het sy voorouers donker oeste met hul assegaaie gemaai en die drif van die swart son in hul ledemate, in die Ngoma-dans uitgetrap. Nou lag die swartman terwyl hy begin frons.
“Waarom praat jy altyd van my swart vel?” vra hy.
“Jy is vervloek”, sê die witman. “Lank gelede het my God jou met duisternis vervloek.”
“Jou God is wit”, verweer die swartman kwaad. “Jou God lieg! Ek is lief vir die son en ek vrees die nag!”
Die witman praat dromerig voort: “Lank gelede het my voorvaders oor die see gekom. Van ver het hulle gekom, in wit skepe hoog soos bome, en op die land het hulle waens gebou en met die seile van hul skepe oordek. Ver, ver het hulle gereis en hul kampvuur-asse wyd oor hierdie groot en barbaarse land versprei. Maar nou is hul kinders moeg, ons wil huise bou en julle swartes leer om in vrede met ons te
lewe. Dis hoog tyd, selfs al sal julle velle altyd swart bly…”
Trotsig verset die swartman hom: “En my voorouers het hul assegaaie
in die bloed van joune gedoop en gesien dat dit rooi is soos ons s’n.”
“Dis tyd dat jy die bloedige verlede vergeet,” sê die witman verdrietig, “kom, jy moet leer om saam met my te werk. Ons moet hierdie huis bou.”
“Jy kom om my te leer dat God wit is, dat ek ‘n huis vir die witman moet bou!” Die swartman staan met gevoude arms.
“Swartman!” roep die witman, “sal jy nooit niks verstaan nie! Doen wat ek sê!”
“Ja, Baas,” brom hy.
Die swartman dra blokke steen en die witman plaas hulle in die muur. Hy maak die mure sterk. Die son blaak moorddadig neer. Ver, soos ‘n enigste boom in die dorsland, loop ‘n hoë pilaar stof op die bewende horison.
“Verdomde hitte!” brom die witman, “as dit maar wil reën.”
Hy vee die sweet vererg van sy voorkop weg en hy kom styf regop om weer te sê: “Jou voorouers is dood. Dis tyd dat jy hulle vergeet.”
Swyend kyk die swartman hom aan met oë wat antwoord: Jou voorouers is ook
dood. Ons is alleen hier.
Alleen in die dorre en verlate vlakte bou die witman en die swartman ‘n huis. Hulle praat nie met mekaar nie. Hulle bou die vier mure en dan die dak. Die swartman werk buite in die son en die witman binne-in die skadu. Nou kan die swartman slegs die witman se kop en skouers sien. Hulle lê die dak.
“Baas,” vra die swartman oplaas, “waarom het jou huis dan geen deure en
vensters nie?”
Die witman het treurig geword. “Dit, ook, kan jy nie verstaan nie,” sê hy sag. “Lank gelede in ‘n ander land het my voorgeslagte mure gebou om die see uit te hou. Dik, waterdigte mure. Daarom het my huis ook geen deure en vensters nie.”
“Maar hier is g’n groot water nie!” roep die swartman uit, “die sand is droog soos ‘n skedelbeen!”
Jy is die see, dink die witman, sonder om verder te praat.
Hulle lê die dak. Hulle spyker die laaste plank, die laaste sinkplaat, die swartman buite en die witman binne. Nou kan die swartman die witman nie langer sien nie.
“Baas!” roep hy, maar hoor geen antwoord.
Die Inkoos kan nie uitkom nie, dink hy met skrik, hy kan nie die lug sien of weet wanneer dit dag of nag is nie. Die Inkoos sal sterf in sy huis!
Die swartman hamer met sy vuiste op die huis en roep: “Maar Baas, geen groot water sal ooit hierheen kom nie? Hier sal dit nooit veertig dae en veertig nagte reën soos die Boek van jou wit God sê nie!”
Hy hoor geen antwoord en hy skreeu: “Kom uit, Baas!”
Hy hoor geen antwoord.
Met sy vuiste nog steeds gelig asof om weer te klop, staar die swartman verwilderd op in die hemel sonder ‘n enkele wolk, en rondom hom na die horison waar warrelwinde rooi-warm stof die vreeslike Ngoma van die droogte dans.
Dan stamel die swartman verlate en beangs:
“Kom uit, Baas … Kom uit na my …”
“Kernbeeld van die Afrikaanse kortverhaal (saamgestel en toegelig deur F.V. Lategan)” 1951. [Dié boek saam met duisende ander Afrikaanse boeke is sedert 1994 uit biblioteke verwyder en vernietig]
Die groen gras van multikulti

Interne selfbeskikking vir Afrikaners – Oplossing of selfmoord?
Minderheidsgroepe is realiteite van die wêreld waarin ons leef en nasionale en internasionale doktrines en beginsels ontneem die volke, of maak dit ten minste moeilik, om hul selfbeskikkingsreg op te eis. (Seton 1999:2).
Minderheidsvolke is ʼn nie-dominante gedeelte van die samelewing wat poog om hul voormalige territoriale gebiede te herwin en etniese identiteit te onderhou en te ontwikkel om hul voortbestaan as volk te verseker binne die raamwerk van hul kultuur, sosiale instellings en geregtelike stelsels. In hierdie verband kan argumenteer word dat die Afrikaners, ten minste vir die periode van 1948 tot 1994, wel as ʼn volk in ʼn soewereine onafhanklike staat bewoon het en oor hulself regeer het. In die periode was Suid Afrika onder blanke beheer en ook erken as ʼn de jure soewereine staat in die internasionale arena.
Menige wêreld volke is vasgevang in nasiestate. Volgens Seton poog state in die algemeen om die geskiedenis en geografie van volke uit te wis wat hulself binne ʼn nasiestaat bevind. Dit vind plaas deur sogenaamde nasiebou programme gebaseer op politieke, kulturele, territoriale integrasie, ontwikkeling en opleiding en gemeenskaplike of algemene simbole soos vlae en volksliedere. Wanneer state hul beroep op nasiebou, is hulle in werklikheid besig met die vernietiging van volke (Seton 1999:4).
Kontemporêre neigings vir selfbeskikking onderskei tussen interne en eksterne selfbeskikking en suggereer ʼn onderlinge verband. Interne selfbeskikking verwys na politieke en sosiale regte terwyl eksterne selfbeskikking verwys na volle wettige onafhanklikheid van die groter politieke staat.
Volgens Gregan is die beskerming van taal, kultuur, en godsdienstige regte binne ʼn grondwetlik verskanste handves van menseregte, beperkend op die Afrikaner se strewe na selfbeskikking. Die argument kan ontleed word binne die verband dat selfbeskikking nie geselekteerd kan plaasvind nie.
Geselekteerde selfbeskikkingsregte sal die aspirasies van die verskillende kulture in Suid Afrika tot ʼn sekere mate paai, maar die praktiese uitvoerbaarheid daarvan grens aan die onmoontlike. As die vergunning aan een of twee kultuurgroepe toegestaan word sal daar vinnig eise deur ander kultuurgroepe gestel word vir byvoorbeeld ʼn universiteit en skole binne etniese en of taalverband. Selfbeskikking vir Afrikaners sal in ʼn afsonderlike konsititusioneel-staatkundige bestel verwesenlik moet word. Dit kan slegs deur sesessie verkry word. (Gregan 2008:453).
Wetgewing van ʼn staat staan nie noodwendig in die pad van sesessie nie. Daar is reeds aangedui dat die internasionale reg ʼn reg op sesessie sal erken indien sekere faktore aanwesig is soos onderskeidende kultuur, taal, etniese afkoms, onderskeidende gebied, onderdrukking, die feit dat versoening onmoontlik blyk te wees, ensovoorts. Die Afrikaner voldoen aan meeste van hierdie vereistes vir eksterne selfbeskikking, maar ʼn onderskeidende grondgebied ontbreek. (Gregan 1995: 459). Potensiële gebiede is geïdentifiseer maar nie geëis nie.
Enige vorm van interne selfbeskikking sal ook onderhewig wees aan die aanvaarding van die regering se wette en reëls. Met ander woorde regstellende aksie, SEB en grondgryp word ondersteun. Enige eis vir interne selfbeskikking dui dus op aanvaarding van die ANC regering beleid in Suid Afrika. Dit is selfmoord. Hoekom betoog teen bv. plaasmoorde en terselfdertyd deelneem aan selfmoord van die Afrikaner Volk? Hoe kan betoog word teen die verwydering van Afrikaner simbole en terselfdertyd goedkeuring gee vir nasiebou wat ten doel het om volkswaardes te vernietig?
Wat is kulturele selfbeskikking in ʼn nasiestaat? Dit kan nie bestaan nie. Hoe gaan bv. Afrikaner kinders geleer word van die politieke, ekonomiese artistieke en ander aspekte van die Afrikaner kultuur. Intussen word meer skole gedwing om te verengels om in te pas by die nasiebou program van die ANC regering. Die kanse dat Afrikaans as huistaal gaan sterf is onwaarskynlik. Wat wel kommerwekkend is dat Afrikaans stelselmatig verdwyn in die formele samelewing. Dit is egter vanselfsprekend binne konteks van nasiebou. Interne selfbeskikking gaan dit nie laat herlewe binne die nasiestaatkonsep van Suid Afrika nie.
Hoeveel akademici lewer nog artikels in Afrikaans? Wanneer mens navorsingsmateriaal soek vind jy hoofsaaklik net Engelse artikels. Waarom word tesisse, verhandelings en artikels minder en minder in Afrikaans geskryf? Soek geleerdes en outeurs net egoïsties blootstelling in die internasionale mark of wil hulle die NSA beïndruk met hul poging tot nasiebou? Dit is skreiend. Franse, Duitsers, Finne, Chinese en talle ander nasionaliteite skryf hoofsaaklik in hul eie taal. As die artikel noemenswaardige betekenis het word dit vertaal vir wie dit nodig het. Vertaling skep opsigself ander probleme en vind mens dikwels aanhalings in die taal van oorsprong. Elke taal het binne sy spesifieke kultuur ʼn betekenisskeppende aspek. My oproep aan die “taalbulle” is, red die taal waar dit saak maak. Veg vir eksterne selfbeskikking.
In ʼn onafhanklike Afrikaner Republiek sal knelpunte soos hierbo genoem vanself herstel. Die enigste vorm van selfbeskikking is eksterne selfbeskikking. Selfbeskikking word as oppergesag oor ʼn gebied en oor die Afrikaner se eie beskou, enigiets minder word as ʼn negering van die reg op selfbeskikking gesien. Hierdie groep Afrikaners (wat interne selfbeskikking bepleit) sien deelname aan die huidige bestel as ʼn afstanddoening van die reg op eksterne selfbeskikking (Gregan 2008: 458). Die enigste aanvaarbare alternatief is sesessie binne federale verband gebaseer op etnisiteit.
‘n Gewone dag by my township-skool

deur Latashia Ray
Jou ma se poes!
Ek sit by my lessenaar en tuur uitdrukkingloos oor die rommelbestrooide skoolwerf uit. My vinger trommel liggies op die natgeswete pen in my hand. ‘n Siniese glimlag speel-speel om my mondhoeke. Ek dink terug aan die eerste keer toe ek hierdie gruwelwoorde moes aanhoor.
Dit was drie jaar gelede. Ek het met trane in my oë my eerste dag by hierdie township-skool begin. God het my gestuur. Soos ‘n Jona van ouds sou ék die verskil kom maak. Ek kan nog die bewoënheid in my gemoed onthou toe die eerste klas ingestap het. Drie en sewentig (‘n klas met hierdie afmetings akkommodeer gewoonlik so dertig kinders) nuuskierige paar oë op my gerig, ons almal in die kleinste klassie in die hoek ingeprop. Drie-drie by ‘n bank. Behalwe een dogter, Taslin. Sy was so groot soos vier en het alleen in die voorste bank gesit.
Ek was besig om ‘n emosiebelaaide eerste toespraak in my kop op te sê, toe ‘n seun sonder tande in sy mond, terwyl hy nuuskierig na my kyk, Taslin aan haar boud beetkry.
Jou ma se…, het Taslin verwoed gegil terwyl sy die tafel met woede opgelig het en vorentoe gestamp het. Die spoeg het drooggeword in my keel. Die tafel het in twee stukke verby my kuite gespat. Die seun het skaterend agtertoe gehol, sommer so bo-oor die tafels. Die klas het saam gelag. Dit was toe dat ek gesien het hoe min van hulle eintlik voortande het. Ek het die klas probeer kalmeer. Tevergeefs. Die toespraak moes maar eers in my kop bly: Ek is hier. (Juffrou, die heldin… moes ek seker op daardie oomblik gedink het.) Juffrou is hier om julle onder haar vlerk te neem. Juffrou wil julle leer, van die taal, maar ook van die lewe. Juffrou wil vir julle die weg wys. Juffrou wéét die meeste van julle bly in tweevertrekkaias saam met hope ander familielede, maar maak nie saak nie. Juffrou wéét baie van julle het dae laas geëet. Maak nie saak nie. Juffrou gaan vir julle die pad na sukses wys: Hoe om uit hierdie rookgehulde sinkhokkienes met sy baie rondloperhonde en rommel en walgreuke en vloekgraffiti los te kom. ‘n Sinvolle lewe te begin. Juffrou kom julle hande vat… want Juffrou is deur God gestuur.
Dit is drie jaar later. Ek het tot vandag toe nog nie my toespraak gemaak nie. Om die waarheid te sê, daar was min kere in hierdie afgelope drie jaar wat dit stil genoeg was om enige iets in enige van my klasse te sê. Jou ma se… is woorde wat ek ten minste tien keer ‘n dag hoor. Niks skok my meer nie.
‘n Klip beland op my tafel. Al weer my wang rakelings gemis. Ek staan verveeld op en klap die venster bokant my toe. Ek doen nie eers meer moeite om af te kyk om te sien wie die klipgooier is nie. Deur te kyk, vermeeder ek net sy plesier. Toe my eerste ruit, drie jaar terug, in die middel van ‘n les stukkend gegooi is, het ek nog so ewe moeite gedoen om ‘n kind met ‘n dringende brief na die adjunkhoof toe te stuur: Naam. Van. Klas. Tyd. Ooggetuie. Alles netjies volledig aan Mnr. Booysen gerapporteer. Siestog, hoe naïef en onskuldig was ek toe nog nie. Mnr. Booysen het my nie eers iets terug laat weet nie. Hoekom moes hy ook? Daar is buitendien so min vensters in die skool oor. Hoekom nou so ‘n groot bohaai oor een venster maak?
Ek sit my nat pen neer en gaan verwissel die transparant. Daar is darem so drie uit die sestig kinders wat vandag moeite doen om af te skryf. Terwyl ek truprojektor toe loop, sien ek hoe ‘n geel urinekol onder deur my deur begin vloei. Iemand klop tergend aan die deur en ek hoor hoe ‘n jillende klomp seuns weghardloop. Twee kinders in die voorste bank sien dit, spring skreeuend-laggend op, hardloop deur toe om te sien of hulle die skuldige kan uitvang. Die res van die klas sien nie eers die klein dramatjie afspeel nie. Hulle is almal êrens in hulle eie hoekie besig om uittand uitspattig te lag oor hulle eie grappe, of oor die tafels weg te hardloop vir ‘n gekke gestoei.
Die klas vol agterkoppe, dink ek sinies. Niemand kyk eers meer bord toe nie. En ek probeer hulle nie eers meer stil maak as ek die nuwe transparant begin verduidelik nie. Te veel strategieë al probeer. Alles in die boek. Geen pedagogiese, dissiplinêre steen onaangeraak nie. (Behalwe met die lat inklim. Maar díé mag ek buitendien nie doen nie. Teen die wet. Sal my werk verloor. Tien duisend rand per maand is immers tien duisend rand per maand.)
Een of ander pedagogiese drukgroep het mos gesê pakslae verneder die kind. Hulle sê, julle sê, almal sê, sê, sê, sê, praat, praat, praat… ons is vasgepraat… sê ek!
Die klok lui. Ek groet. Drie van die jillende hansworse groet terug. Die ander stamp verby ons, gooi my klas se deur hard oop en spring vloekend-laggend oor die urine. Passop vir die pis! skree een dogter vir ‘n seun wat besig is om sy broek se gulp op te trek.
Het dít nou weer in my klas gebeur? wonder ek stil terwyl ek probeer herroep watter dogter hierdie periode naby hom gesit het.
So agt maande terug, tydens eksamen, het ek dít vir die eerste keer gesien. Ek het ek op die boonste verdieping gestap toe ek ‘n dogter benoud op die onderste verdieping hoor gil: Los my, Lappies! Nee, Lappies! Ek het onder toe gehardloop en die seun op die dogter gekry. Besig met dít. Op en af. Terwyl sy hom probeer afstamp van haar lyf af. Voor die meisiestoilet. Sommer so in die middel van die stoep. Ek was histeries… maar ek het sedert daardie insident ook maar geleer, om nie eers oor só iets ontsteld te raak nie. Die skoolbestuur was nie veel gepla nie. Ook nie die speurder nie. Ook nie die staatsaanklaer nie: “Nee wat, ons gaan die saak laat vaar. Daardie dogter…” Ek weet wat ek gesien het , maar my weet het tot dusver nie veel in hierdie skool gehelp nie.
Weer. Twee maande daarna. In een van my kollegas se klas. ‘n Ander seun. Sommer so voor die klas. Gooi die dogter teen die bord. Kry haar van agter af beet. Ook niks van gekom nie.
Die volgende klas kom in en ek kyk moeg na my horlosie om te sien hoe lank dit nog voor huistoegaantyd is. Dalk kom die skool vandag vroeër uit. ‘n Seun het vanoggend die hoof se kar se ruit stukkend gegooi, miskien…
Ek sien Petro inkom, die stil dogter van doer êrens agter in die klas. Ek het al aan die begin van die jaar agtergekom dat sy nie ‘n enkele woord kan lees of skryf nie. Graad agt. Ek het haar belowe dat ons haar gaan help. Sy het soos ‘n sluis oopgebars toe ek haar daardie dag se pouse agtergehou het. Rou seer van jare se vernedering, het snikke uit haar keel laat skeur.
Ek tel my pen van my tafel af op. Ek kon nie my belofte aan Petro hou nie. Ek het haar situasie gaan aanmeld waar ‘n onderwyser ook al maar kon dink om so ‘n geval aan te meld. Niks het daarvan gekom nie. Ek self was ongelukkig elke liewe middag sedertien besig met matriek-mondeling, matriek-ekstraklasse, matrieks dié, matrieks daai… En as dit nie matrieks was nie, hierdie vergadering, daardie vergadering, merk, modereer, opleiding hier, opleiding daar… Ons onderwysers op voetsoolvlak is al blink opgelei! Ek wonder of die klomp daarbo nie sal skrik as hulle ons reekse kwalifikasies moet sien nie. Maar nee, al wat hulle kan uitdink vir ons brandende skoolstelsel, is nóg ‘n opleidingsessie hier en nóg ‘n opleidingsessie daar! Iemand maak geld.
In elk geval, my hart is stukkend en ek is verleë, maar ek kon regtig nie my belofte aan arme, hartseerogie-Petro hou nie. Sedertien het ek buitendien ontdek dat veertig ander kinders van dieselfde klas aan dieselfde probleem – sommige in ‘n mindere, andere in meerdere mate – as sy ly. Deur die skoolsisteem gepomp, sonder dat hulle ooit leer lees of skryf het! As ek lank genoeg aanhou met die rapportering van hierdie haglike situasie, kan ek maar die gewone verwag: Ek word verantwoordelik gehou vir hierdie kinders se swak prestasie. As ek stilbly – soos die meeste van my kollegas al ter wille van oorlewing in die onderwysstelsel aangeleer het – sal die probleem darem op een of ander stadium iemand anders s’n word.
Petro gaan sit in haar hoekie, haal ‘n boek en pen uit en begin so ewe iets neerskribbel: Sani banti kranti santi banti, ek weet dit is die woorde wat sy skryf, want dit is dieselfde woorde wat sy op elke liewe antwoordstel neerskryf.
Ek gaan staan by my klas se deur en sien dat hulle dit weer met swart kokipen bekrap het: Fuck… Ek lees nie verder nie. Ek het net twee dae terug weer al die vloekwoorde en graffiti toegeverf.
Wat dóén ek by hierdie plek? Wat ek hier doen en hier wíl doen, is twee verskillende dinge. Ek sou graag die klas stil wou laat instap, vriendelik groet en entoesiasties my les wat ek (soos ‘n aap) gisteraand voorberei het (met media en al), wou aangebied het, maar dit is my weer eens nie beskore nie.
Ek gaan staan voor die klas. Niemand luister na my nie. Hulle kyk nie eers na my nie.
Al praat ek op my hardste en al fluister ek geheimsinnig op my sagste, niemand slaan ag nie.
Ek gooi ‘n transparant op en gaan sit maar weer by my tafel. Ek kyk na die sirkus wat hom weer histeries voor my afspeel: Skreeu-gil, oor die tafels, lag, gooi, lag, skreeu-harloop… vyftig minute lank… sestig gesigte…
Die hoof se stem probeer êrens onder die gedonder deur iets oor die interkom sê. Nie een klas in die skool is stil nie. Ek staan stadig op en loop interkom toe. Ek gaan staan reg onder die interkom en hoop om darem een woord te hoor… Ja, soos ek gedink het: Iets van die geraasvlakke is te hoog… Ek lag in my mou. Dit is die naaste wat hy ooit aan skoolbestuur kom: Blaf soos ‘n siek hond oor die interkom ‘n streng dissiplineles uit…
Ek is skielik naar en wil dameskleedkamer toe gaan, maar ek weet ek moet maar uithou. As ek nou my klas verlaat, kom ek terug en niks is oor nie. Nie die pepermentjie in my laai nie, ook nie die skryfboeke in my rak nie. Niks. Buitendien wat wil ek in ‘n kleedkamer gaan maak waar die een toilet nie werk nie en die ander toilet so besmeer is dat ’n várksog twee keer sal dink voor sy daaraan sou raak. Ek hou uit.
‘n Dogter met ‘n ver swanger boepie, kom lui-lui die klas ingestrompel. Sy het ‘n papier in haar hand. Sy vra my nie eers toestemming nie en begin sommer met die klas te praat: “Juffrou Samson wil weet hoeveel van julle ook swanger is…” Die ses wat haar hoor, steek almal laggend hulle hande op. Sy ignoreer hulle, kyk self rond vir boepies en skribbel ‘n getal op die papier neer.
Ek gaan sit maar weer by my tafel. Ek grou in my laai vir my dagboek en begin skryf. Op die eerste bladsy waarby ek oopmaak, in groot rooi letters, skryf ek: Ons skole brand en ons kinders skree en hulle verkoolde kadawers ruik in donker hole by die verdroogde trane van ‘n verlore geslag…
En skielik weet ek glashelder: Die uurglas loop leeg!
Latashia Ray is die skuilnaam van ‘n gewese onderwyseres in die Wes-Kaap. Sy het onlangs ‘n reeks artikels oor haar wedervaringe geskryf, waarvan hier die eerste gepubliseer word.
