Duke Universiteit beskryf GS so:
• Die kuns om einddoelwitte met alle middele tot beskikking te vermag en te rekonsilieer. Dit behels doelgerigte aksie oor ‘wat leiers dink’ en ‘wat hulle wil vermag’.
• Dit vind toepassing in vredestyd, sowel as gedurende oorlogtoestande en sluit in wat ‘n regeerder of staatshoof as sy gereedskap kan gebruik in taktiek, operasies en beleid.
• ‘n Sterk onderbou van teorie is voorvereiste, en behels dit leiers se idees oor hoe die wêreld daar uitsien (die werklikheid), hoe die wêreld veronderstel is om te wees, en ‘n land se rol in ‘hierdie wêreld’. Tog, is GS beliggaam in beleid en in praktyk en regeerderoptrede en –reaksie, op werklike (of persepsieële) bedreigings en geleenthede vir ‘n land.
• GS ontketen intense debat en interpretasie deur veral akademici, maar is realisties van aard sodat dat GS praktisyns deurentyd bydraes en insette moet lewer om GS behoorlik te laat verstaan deur almal.
Yale Universiteit beskou GS as ‘n omvattende plan van aksie, gebaseer op die berekende verhouding van middele en groot eindes. Dit is nie ‘n eksakte wetenskap nie en behoort voortdurend evalueer en aangepas te word. ‘n Sleutel tot sukses binne die Brady-Johnson Program is buigsaamheid.
Wat GS dus behels is aanduidend van aan hoe ‘n Grootse Strategie vir ons Afrikaner- en Boermense benader moet word om tot aksie te kan oorgaan en die ontevredenheid van ons mense met die huidige situasie (die “A”) aan te spreek. In ons geval hebels dit grootskaalse verandering. Selfbeskikking deur afstigting of anders gestel eksterne selfbeskikking elders in die wêreld is aanduidend van wat dit kos om sulke oplossings te gebruik om noodsaaklike verandering van ‘n volk teweeg te bring.
Wat is verandering?
Kortweg, word sulke kompleksiteit kragtig so voorgestel: A + B + C ≥ D
A – Ontevredenheid met ‘n huidige situasie
B – Gemeenskaplike visie van ‘n verlangde toekoms
C – Kennis van eerste stappe in die regte rigting
≥
D – Psigologiese en ekonomiese koste van verandering
Hoogs ontevredenheid is gemeensaak onder die oorgrote meerderheid van Afrikaner- en Boeremense. Wie tevrede is met die huidige situasie worddus uitgesluit in hierdie benadering. Hulle sal wel te doen kry met die konsekwensies wat wanneer selfbeskikking verwesenlik is. Hierdie bespreking gaan dus voort met diegene wie nou reeds besef, en aanvaar, dat implementering van enigiets ‘nuuts’, soos die strewe na vryheid, in menslike sisteme meebring dat weerstand teen verandering kenmerkend is. Ons wil almal ook altyd meer wil weet oor wat die koste van verandering is, want daar is altyd ‘n koste en ‘n prys om te betaal.
Weerstand teen verandering – wie koop in?
Sewe weerstandsvlakke, ook bekend as inkoopstappe word ondervind wanneer grootskaalse verandering aangedui is. Ek behandel kortweg die kategorieë en u die leser kan uself dus kategoriseer. Doen dit gerus in die konteks van die A+B+C≥D veranderingsformule. Dit sal waardeer word as u dit so sal aandui in u kommentaar in debat sodat andere u kommentaar meer sinvol kan evalueer. Dit is tot almal se voordeel.
VLAK 1 U mag nou die houding neem oor u huidige situasie en sê: “Ek het nie ‘n probleem nie”. Wel, waarom sal u verder lees, of kommentaar verskaf en veral afbrekend tot ons debat? U moet dus liewer nie nou kommentar lewer oor ander se ontevredenheid met ‘n huidige situasie nie. Wanneer u egter wel sover kom om saam te stem dat daar is ‘n probleem is wat u sou noop om verandering aan u huidige situasie teweeg te bring, en soos hierdie debat vorder, mag u wel so reageer: “Goed, ek sien ek het ‘n probleem, maar …”
VLAK 2 U mag nou die houding nou inneem en sê: “Jy verstaan nie my probleem(e) nie”. Dit mag so wees, maar volg eerder die debat. U sal sien dat andere wel u houding verstaan, en self deel. Waarom sal u deelneem en debateer wanneer u nie die moeite doen om ook andere se werklike probleme te verstaan nie? Die probleem wat andere ervaar en ‘n voorgestelde oplossing soos selfbeskkking vir die Afrikaner- en Boermense, mag u dalk nie nou aanstaan nie, want ‘hier’ waar u is, verstaan ander nie u probleem nie. Soos ons vorder in debat rondom hierdie saak, mag u dalk houding verander en sê: “Goed, julle verstaan wel my probleem, maar …”
VLAK 3 U mag nou van mening wees en sê: “Ek stem nie saam met die rigting van die oplossing selfbeskking nie”. Die huidige realiteit omrede u mag voel ‘n multikulturele samelewing het gekom om te bly, en wat voorgestel word as ‘n oplossing, synde slefbeskikking, is juis nie verhelderend vir u nie. U mag dus sê: “Wel natuurlik, ek weet al daarvan.” U kan dus nie aangaan met die voorstel (maar sekerlik debater daaroo) van so ‘n oplossing, totdat u saamstem met die rigting (selfbeskikking) wat ingeslaan word, en u sou dus ‘n hoë weerstandvlak teen sulke verandering handhaaf. Sodra u wel van houding verander, mag u vorentoe sê: “Goed, u verstaan my probleem, ek stem saam oor die rigting (selfbeskikking) van die probleem, maar … “
VLAK 4 U mag nou sê: “Jou / julle oplossing van selfbeskikking kan denkbaar nie die resultate behaal wat beweer word moontlik is nie …”, en “Julle moet kan toon dat selfbeskikking wat julle voorstel vir ‘n oplossing direk en onvoorsiens die negatiewe aspekte wat ek by Vlak 1 identifiseer, positief sal verander”. Sodra u insien dat andere ook u probleem verstaan, mag u sê: “Goed, jy/julle verstaan ons/my probleem en ek stem saam oor die rigting (selfbeskikking) wat ingeslaan word as oplossing, en ek sien hoe kragtig die oplossing ons / my huidige ontevredenheid sal verander na tevredenheid, maar…
VLAK 5 U mag nou sê: “Jou / julle oplossing gaan net moeilikheid vir my bring”, soos byvoorbeeld: “Die wet van onvoorsiene gevolge (the law of unintended consequences) gaan julle vang.” ‘n Eenvoudige mediese analogie verduidelik: Kankerbehandeling het newe effekte, maar die goeie nuus is dat … so die newe effekte is nie so erg nie. As u verstaan dat uitoefening van die reg op slefbeskikking wel binne die raamwerk van die Grondwet, die internasionale reg en landswette is, mag sê: “Goed, jy verstaan ons/my probleem, en ek stem saam met die rigting wat ingeslaan moet word, en sien hoedat dit kragtig die ontevredenheid kan verander in tevredenheid, en ek sien die potensiële newe effekte, maar …”.
VLAK 6 U mag nou sê: “Daar is enorme struikelblokke wat implementering van die verandering om selfbeskikking te bewerkstellig sal verhoed.” Byvoorbeeld: “Die veranderings wat julle voorstel sal ons Afrikaner- en Boeremense se lot verbeter, maar baie van ons sal ons werk verloor – en ons sal saamwerk daarin …”, of ” daar is net nie genoeg geld daarvoor nie”, of “My man/vrou sal nie daarmee saamstem nie”, ens, ens … Vlakke 4 en 5 oorvleuel is is nie diskreet nie. Beide is deurweef in die ‘inkoopproses’. Dit is belangrik vir u om te onderskei tussen die twee, omrede hulle nie dieselfde weerstand is nie, en derhalwe verskillend benader moet word. Die toets vir u is om newe effekte en struikelblokke te identifiseer en is eenvoudig as die kwessie een is van: “Die idee van selfbeskikking is doodgebore voor dit implementeer word want …”. Wanneer u met ‘n struikelblok het soos: “Na implementering sal dit erger wees want …”, het u te make met ‘n newe-effek. Dan is u amper daar. Maar, u sê: “Goed, jy verstaan my probleem, en ek stem saam met die rigting van selfbeskikking wat ingeslaan word, en ons sien hoe kragtig die oplossing ons ontevrede omstandigheid sal beïnvloed in tevredenheid, en hoe potensiële newe effekte minimaliseer kan word, en ek sien hoe ons struikelblokke gaan oorkom in implementering, maar steeds beweeg u my nie omrede…”
VLAK 7 U het ‘n nieverbale vrees vir verandering deur middel van selfbeskikking as die oplossing en einddoel. Dit is ‘n moeilike vlak waar u verkeer. Die mees logiese oorsaak is omrede u van die vorige vlakke nog nie behoorlik of volledig aangespreek het as besluitnemer nie. Dit mag wees dat al die weerstande oorkom is en u dan iets sê soos: “My man / vrou sal nie daarvoor val nie”. Dit mag dalk ‘n vlak 1 probleem wees. Almal anders saam met het al ingekoop, maar die “man / vrou’ kwessie is steeds daar. U moet u werklike probleem dan reg verstaan. Daar is ook ‘n ander moontlikheid. Dit mag wees dat u glad nie gewillig is nie, soos die metafoor dit stel, ‘to jump out of the fox hole and charge.’ U sal dan uself identifiseer in hierdie kategorie sodat andere u kommentaar hier op PRAAG in die regte konteks kan verstaan.
Unieke geleentheid
Ons het die unieke geleentheid om vooruit en baie noukeurig ons GS te formuleer en artikuleer en as’t ware alles van ‘n ideale nuwe land te beplan. Ons kan ons onderskeie magsbasis as Afrikaner- en Boeremense behoorlik definieer, formuleer, artikuleer, organiseer en mobiliseer. Dit sou wees al ons intellektuele mag, ons ekonomies mag, ons militêre mag, ons Geloofmag, ons vermoë om te oorleef (deur oorlog te voer).
Die een groot gemeenskaplikheid en ‘n magsbasis in eie reg, en waaroor ek geen twyfel het nie is ons brandende begeerte, ons hunkering om vry te wees. Vry van jukke waarmee ons nou jare reeds bekend is, die meeste waarvan oor die tyd heen deur ons eie toedoen ook geskep het.
Ons het die geleentheid om elke juk / las te identifiseer waarvan ons ontslae wil raak. Ons kan saam bepaal wat ons vryheid sal behels en wat dit vir ons almal beteken. Die Trekboere van ouds het ‘n onsekere toekoms moes ingaan om weg te kom van hulle ontevredenheid, en teen ‘n ossewapas onbekende gevare tegemoetgegaan op hul soeke na vryheid. Ons egter, kan met al ons kennis en insig en met alle middele tot ons beskikking met baie meer sekerheid en hoop die toekoms aandurf.
Ek is oortuig ‘n einddoelwit van selfbeskikking het ‘n volhoubare kans op sukses. Maar, dit behels kompleksiteit. Ons toekomsplanne verg ‘n komplekse benadering. Om ‘n onafhanklike land te stig (deur afstigting), en wat erken word deur die internasionale gemeenskap vereis heel eerste dat ons die heel beste leiers en denkers identifiseer – op elke terrein van ons Afrikaner- en Boeresamelewing – wie binne interdissiplinêre verband bereid en daartoe in staat is, om saam te werk aan ‘n Grootse Strategie vir ons Afrikaner- en Boeremense. Ons moet ‘n wêreldklas moderne staat vestig. Sulke leiers en denkers moet derhalwe oor kwaliteite beskik om volle verantwoordelik te neem vir die Afrikaner- en Boere se Grootse Strategie, en die implementering daarvan.
Sulke leiers en kundiges sal ‘n Opdrag van ons Afrikaner- en Boeremense moet kry, want dit is slegs met alle middele tot ons beskikking – en dit stel ek as voorvereiste – dat sulke omvangryke strategiese veranderings teweeggebring kan word. En u sal besef, dat ons van meet af sal moet reg wees vir enige gebeurlikheid.
Daar is persone met uitermatig belesenheid en bekwaamheid identifiseer (en die proses gaan voort) wie binne die ‘oorlogkamer’ reeds voortou neem om ons almal se toekoms te verseker. U moet nadink of u ‘n persoon is om ‘n rol te kan speel – al sou dit net ondersteunend wees.
‘n Visie van ‘n verlangde toekoms
Ek sien ‘n nuwe land waar ons Afrikaner- en Boeremense ‘n kontrak aangaan om ‘n regeerderorde te vestig met die heel beste van ons volk se manne en vroue wie net die noodsaaklike regeerderinstellings, soos 1. ‘n weermag (met gevreesde slaankrag om orals te beskerm en te kan aanval) 2. ‘n polisiemag (uiters effektief en bekwaam), 3. ‘n intelligensievermoë, 4. ‘n regsstelsel en 5. ‘n onderwysstelsel.
Ek sien ‘n nuwe land met geen ‘staatsdiens’ nie, wat ons nou ken as sulks, wat in geheel en al afgeskaf word as ‘n juk, ‘n oorlas. Ek sien ‘n nuwe land waar alles wat benodig word, synde dienste en produkte vrylik onderneem word, en markkragte alleen geld in lewering daarvan. Ek voorsien minimale belasting wat dus volle betekenis kan gee aan die kragtige konsep van ‘lewe, vryheid en eiendom’, in die klassieke liberale ekonomiese sin. Belasting mag net gehef word vir die kontrak met die regeerderorde.
Ek sien ‘n nuwe land met ‘n ‘so vry as moontlik markgerigte ekonomiese orde’ waar elkeen van ons mense vrye keuses maak, in ‘n veilige en florerende ekonomie, waar geen perke is om mense se volle potensiaal te ontsluit nie.
Ek sien ‘n nuwe land waar ons kinders, en hulle kinders, vry soos arende sweef. Waar ons met volle inbors, trots en met goeie hoop leef in ‘n Godvresende land en die toekoms ingaan met vertroue.
Wat ek hier beskryf is totaal binne ons Afrikaner- en Boeremense se vermoë om te vermag.
Ons en ons kinders sal egter moet opnuut moet besef dat, die lewe met God is soos die vlug van ‘n arend, in vryheid. [Dt. 32]
Ontsluit die Afrikaner- en Boerehart!
Ons Afrikaner- en Boereharte moet ontsluit! Ons moet ‘n gedeelde visie van ‘n verlangde toekoms vestig. Ons moet die toekoms as ‘n magtige volk aandurf.
Kom ons skep saam daardie verlangde toekoms. U kommentaar sal daartoe lei dat ek ‘n gedeelde visie van ‘n verlangde toekoms sal formuleer. Dan maak ons klaar met die B in die veranderingsmodel en beweeg ons in opvolgartikels na die C in die veranderingsmodel.
Rig u kommentaar oor die aspekte soos hierbo aangedui. Hoe wil u dat ons nuwe land daaruitsien?
Ons skryf nou die Afrikaner- en Boermense se geskiedenis. U bydrae is onmisbaar. Dus, sal u kommentaar eerlik wees, tot die been toe.
[In die opvolgende aflewerings bespreek ek verder hoe selfbeskikking vir ons Afrikaner- en Boeremense gestalte begin aanneem en sal verwesenlik en hoe ons saam ‘n gedeelde visie skep van ‘n verlangde toekoms gaan vestig, hoe ons eerste stappe gaan neem in die regte rigting om verandering wat ons na hunker, teweeg te bring.]
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.