praag.co.za

Category: Herman Toerien

  • Grondeise voed volkstaatgedagte

    Die Grondeisekommissaris het pas sy grootste enkele eis vir restitusie teen ‘n enkele grondeienaar te laat vaar, toe die eis wat namens twee stamme op sowat 20 000 Ha van mnr. Charl Senekal in KwaZulu-Natal ingestel was, opgeskort is.

    Senekal het twee volkekundiges aangestel wat bevind het die twee stamme het nooit die grond besit nie. Boonop moes die grondeisekommissaris reeds twee keer in verband met dié saak in die hof verskyn, maar het nie opgedaag nie.

    Dit is nie die eerste keer dat eise na behoorlike historiese navorsing in die stof byt nie. Dit laat die vraag ontstaan in hoe ‘n mate die staat se navorsers in die eerste plek die geldigheid van talle eise geëvalueer het, en op sterkte van hierdie sogenaamde navorsing bereis was om sake verbete in die howe te beveg. Uiteraard op die slagoffer van die ongeldige eis en die belastingbetalers se koste.

    Grondeise is ‘n emosionele aangeleentheid, onder meer oor die regering se voortgesette verkondiging van sy doelwit om landelike armoede deur grondbesit te verlig. Dat ‘n boer in Suid-Afrika se half-woestynklimaat ‘n taamlike groot stuk grond en heelwat kundigheid nodig het om suksesvol te kan boer, is lank reeds ‘n bekende feit. Hiersonder word armoede, en nie welvaart nie, gekweek.

    ‘n Tweede aspek wat nie uit die oog verloor moet word nie, is dat ongeldige grondeise ‘n klimaat van polarisasie en selfs verbittering, skep.

    Derdens skep dit ‘n klimaat van onsekerheid, en so ‘n klimaat is nie bevorderlik vir die stabiliteit wat nodig is om voedselsekuriteit te verseker nie. Die onsekerheid het weer ‘n invloed op werksgeleenthede in ‘n omgewing – en dit skep armoede.

    Die vrotsige of bevooroordeelde navorsing werp natuurlik ‘n donker wolk oor die betroubaarheid van ander navorsing wat vir die staat gedoen word, soos die navorsing oor die geldigheid van plekname.

    Dit het onlangs geblyk dat een van die Vrystaat se plekname-komiteelede self voorgestel het dat Bloemfontein se naam na Mangaung verander word. As rede voer hy aan dat swart mense die naam Mangaung gebruik het voor die blankes die plek Bloemfontein begin noem het. Dit, terwyl reeds gepubliseerde navorsing deur historici, onder meer gebaseer op die werk van die gesaghebbende Theal, meen die naam is afgelei van die omstrede Korannahoofman, Jan Bloem, wat geleef het voor die Basothovolk nog deur Mosjesj byeengebring is.

    Wat die swart mense –Tswanasprekendes wat deel van die sogenaamde Legoya-kultuur – dit genoem het voor hulle deur uitdelgingsoorloë vernietig is, weet niemand nie. Nog minder weet iemand wat die Koi en San die omgewing of hul nedersettings daar genoem het voor daar nog swart mense in die omgewing was.

    Wat wel bekend is, is dat die naam Bloemfontein ouer is as die naspeurbare herkoms van Mangaung. Maar skynbaar moet geskiedenis vir persepsie terugstaan.

    In ‘n ander geval is selfs ‘n standbeeld laat maak van ‘n persoon wat volgens die mees betroubare geskiedskrywing nooit bestaan het nie, en die oorsprong van die naam van die fiktiewe hoofman nog in groot onduidelikheid gehul is. Volkekundiges wat meen hulle weet waar die betrokke naam vandaan kom, herlei dit onder meer na ‘n rituele bees toe.

    Om polariserende persepsies in plaas van historiese feite in ‘n gepolariseerde heterogene samelewing te laat gedy is soos petrol op die vuur. Dit maak dat die ras-koppetellery in rugbyspanne ‘n hoogs emosionele saak word, nie so seer oor die afsnypunt van getalle nie, maar oor die impak op die kollektiewe psige waar ‘n onlosmaaklike deel van die streek se bevolking soos vreemdelinge in hul eie land begin voel.

    En dan verbaas te wees as die volkstaatgedagte momentum kry.

    современное протезирование зубовtopcargo отзыв

  • Mamparralanga se gees van Mabuza

    Besonder baie moeite is gedoen om Suid-Afrikaners ‘n rat voor die oë te draai na dit rugbaar geword het dat ‘n kabinetskommeling op hande is.

    Dit herinner aan die tyd toe ‘n eertydse premier van Mpumalanga, terwyl hy sy provinsie in die grond in regeer het, gesê het dit is in die haak vir politici om kluitjies te bak.

    Wanneer ‘n verrassingsaanval op die vyand beplan word, en die suksesse en beperkte lewensverlies deur doeltreffende geheimhouding bepaal word, maar dit lek uit, is ‘n blatante leuen dalk een ding. Die slim ding is egter om die aanval af te gelas aangesien dit die vyand in die geval van ‘n lekkasie plaaslik tien teen een se ore ook sou bereik het.

    Verder deug leuens net om ‘n regering se geloofwaardigheid te ondermyn, en kan ‘n positiewe ekonomiese groeikoers by voorbaat byna vir seker op die maag geskryf word.

    Na talle regstreekse ontkennings oor ‘n kabinetskommeling, het ‘n ongewoon omvattende skommeling waartydens die snoeiskêr ook mildelik ingelê is wel plaasgevind. Sewe ministers is in die proses weggelaat, nog is geskuif en die geledere van adjunkministers is verder aangevul.

    Terwyl van die weglatings, soos Siphiwe Nyanda by kommunikasie, Mayande Sibiya by vrouesake, gestremdhede en kinders, Membathisi Mdlalana by arbeid, Buyalwa Sonjica by water- en omgewingsake en Makhenkezi Stofile by sport duidelik onvermydelik was, is dit ongelukkig so dat daar nog ministers is wat eintlik in dieselfde bootjie moes wees. Verdediging, mynwese, die staatsdiens en plaaslike regering spring in die oog, maar kenners wys daarop dat die bekleërs sulke politieke swaargewigte is dat dit ondenkbaar is om hulle die trekpas te gee.

    Of die weglatings, soos formeel verklaar is, enige impak op die regering se planne sal hê om spoedig miljoene werksgeleenthede te skep, is ‘n ope vraag.

    Minstens lyk dit of die president nou besef dat die politieke beloning van kaders, en ‘n doeltreffende kabinet nie noodwendig dieselfde ding is nie.

    Terwyl van die weglatings ook ‘n aanduiding is dat blatante nepotisme nie geduld sal word nie, is die boodskap nog verre van deeglik en omvattend genoeg verskaf. Die staat het juis vroeër die naweek ou mediasnoer-wetgewing ingespan om ‘n koerant te verbied om opvolgberigte oor beweerde nepotisme in veral die polisie se misdaadintelligensie-afdeling aan die groot klok te hang. Wat dit betref, word op die meeste ‘n gemengde boodskap verskaf.

    Kenners meen ook dat Geoff Dodge en Barbara Hogan se afdankings eerder met aandrang van Cosatu as doeltreffendheid verband hou. Trouens, sommige kenners lees in die weglatings ‘n knieval na links.

    Suid-Afrika het in die verlede al groot skade gely deur te volhard met uiters onbekwame ministers in sekere portefeuljes soos gesondheid, onderwys uit die Bengu-era, en binnelandse sake, wat agterna blyk dit bitter moeilik maak om die skip weer op koers te kry. Die tradisie van vasklou aan ‘n kader ongeag die gevolge, kan nie bekostig word nie. Minstens is daar nou ‘n kentering, hoewel nog gans te veel vrae onbeantwoord gelaat is.

    Wanneer die kiesers binnekort stembus toe opruk, kan hulle gerus ook onthou dat hulle weer eens blatant vanuit die boonste gestoeltes belieg is. Dit laat beloftes oor sake van belang se geloofwaardigheid aan ‘n bitter dun draadjie hang.

    купить насос для бассейна харьковАлександр Фильчаков

  • Cope geblus?

    “Die sowat 1,3 miljoen Suid-Afrikaners wat vir Cope gestem het, het hul stemme gemors.”

    Aan die woord is nie iemand uit regeringsgeledere nie, maar Cope se adjunk-president. Of moet ‘n mens sê, geskorste adjunk-president?

    Suid-Afrika se kiesstelsel maak dit moontlik dat selfs partye met bitter min steun verteenwoordiging in die parlement kan kry. Dieselfde geld vir van die groter provinsies, asook van die groter munisipaliteite. ‘n Kwart persent steun waarborg ‘n parlementêre setel, en selfs minder kan ‘n setel beteken afhangende van hoe surplusstemme op vol kwotas uiteenval.

    Heelwat lande se grondwette stel minimumpersentasies voor ‘n party toetrede kan kry, soos Swede.

    Die Suid-Afrikaanse stelsel verseker dat die land ‘n magdom partye het wat wel iewers verteenwoordig is. Partye sonder parlementêre verteenwoordiging, het heel waarskynlik verteenwoordiging in ‘n munisipale raad of twee. Die era van oorloopwetgewing het ook veroorsaak dat partye kortstondig op die toneel was en verdwyn het.

    En dan was – of liewer –is daar Cope.

    Cope se totstandkoming was om verskeie redes belangrik, en kon om nog baie meer redes nog belangriker gewees het.

    Die vernaamste was die feit dat die land oorheers word deur een politieke party, die ANC. Hierdie oorheersing is eintlik vreemd aan die kiesstelsel wat die land gebruik, aangesien dié stelsel meer dikwels verhinder dat een party oorheersend word, en sorg dat koalisregerings aan die orde van die dag is.

    Geen party kan daarin slaag om die ANC behoorlik uit te daag nie. Die feit dat verkiesings eerder, soos dr. Pieter Mulder dit gestel het, ras-sensusopnames is as verkiesings oor ideologie en beleid, het baie hiermee te doen.

    Soos wat in Zimbabwe gebeur het, is hier ook geoordeel dat die eerste werklike opposisie vir die ANC uit ‘n skeuring in die ANC self sal voortspruit. Met die totstandkoming van die UDM is vlugtig gehoop, maar die hoop het beskaam.

    Toe kom Cope. Baie dinge word reg gedoen, in so ‘n mate dat baie mense steeds oortuig is groot geld het ‘n rol gespeel, en betaal het vir uiters knap kundiges wat agter die skerms gewerk het.

    Selfs groot byeenkomste het betyds begin, ‘n rariteit in partye wat ‘n swart basis het en daarom nie baie blankes trek nie. Parkeer ‘n grootkop sy luukse motor in die universiteit se roosbedding, is die party gou om ‘n mediaverklaring uit te reik om te sê jammer.

    Dan, skynbaar, raak die geld op, en doen die party sy eie ding, en is dit skaars van die ANC te onderskei. Net voor dinge te sleg lyk, is die agter die skerms adviseurs skynbaar terug.

    En die party trek 1,3 miljoen stemme. Hierdie prestasie moet gemeet word teen die agtergrond dat dit teoreties taamlik maklik is om parlementêre verteenwoordiging te kry, maar ook nie so maklik nie soos partye soos die Nasionale Aksie en ander al agtergekom het. In dieselfde verkiesing waarin Cope toegetree het, het die ACDP wat sedert 1993 alomteenwoordig was en in ‘n stadium ses LP’s opgelewer het, net drie LP’s op nasionale vlak verkies gekry.

    Cope, so blyk dit, het waarskynlik minder skade aan die ANC aangerig as aan byvoorbeeld die ACDP, hoewel dit ‘n oorvereenvoudigde stelling is. Ook Patricia de Lille se ID het waarskynlik danksy Cope se opkoms gouer na die politieke ashoop beweeg.

    Cope het selfs in die Vrystaat en elders die amptelike opposisie geword – ‘n party wat nie werklik ’n beleid gehad het nie, en waarin daar reeds voor die verkiesing weens die politieke karakter van die Shilowa-kamp ‘n mate van ontnugtering onder wit Cope-ondersteuners ingetree het.

    Die res is geskiedenis, en nog deels geskiedenis in wording.

    Die kiesstelsel sal verseker dat iets as Cope sal voortbestaan, minstens tot die volgende algemene verkiesing, en dan sal die vertrapping met munisipale verkiesings weer verseker dat Cope op daardie vlak ‘n rakleeftyd gaan hê.

    Cope kan ook op ‘n manier uit die as opstaan.

    Op ‘n manier was Cope se bestaan ‘n aanklag teen die politieke mondigheid van die Suid-Afrikaanse kiesers. In beginsel gaan verkiesings oor keuses vir beleid en ideologie.

    Tog kry partye wat geen duidelike beleid het nie, steun. Die ID het ‘n paar jaar na sy ontstaan, hom tot sosiaal-demokraties verklaar, maar toe die party in die liberaal-demokratiese DA opgaan, is hierdie ideologiese onderskeid tjoepstil verswyg. Verskil die UDM se beleid werklik van dié van die ANC?

    En behalwe dat Cope homself as gebonde aan die land se grondwet verklaar het en daarom byvoorbeeld nie ‘n kwessie soos die doodstraf op sy beleidstafel wil plaas nie, is dit nog nie werklik duidelik hoe Cope oor beleid dink nie. Uit die parlement en die wetgewers, selfs waar Cope die amptelike opposisie is, kom ‘n min of meer dawerende swye oor standpuntinname. Die een Cope-faksie raas skynbaar meer oor beweerde interne korrupsie as oor korrupsie binne die ANC.

    Boonop was it nie asof Cope hom in ideologiese niemandsland hoef te bevind het nie. Word Suid-Afrika se politieke toneel met dié van Europa vergelyk, lyk die Suid-Afrikaanse toneel soos ‘n dam waar die watervoëls mekaar in die een hoek weens oorbevolking vertrap, terwyl ‘n groot deel van die dam skaars ‘n spikkel lewe bevat. Die bykans vakante area sluit die ideologiese spasie van die Christen-demokrasie in.

    En met groot haas: Hiermee word na die Europese manifestasie daarvan verwys, soos ondervang in groot partye soos die Duitse Christen-Demokratiese Unie van Kanselier Angela Merkel, die Nederlandse Christen-Demokratiese Appèl en die Vlaamse Christen-demokrate en Vlaandere. Dit verskil aansienlik in veral styl, maar ook ideologies, met die charismatiese ACDP. Die naaste Suid-Afrikaanse verwante party, is die Christen-Demokratiese Party.

    Dat Cope duidelik Christenstemme gejag het, kan nie betwyfel word nie. Eerw. Dandala is as parlementêre leier aangewys, prof. Russel Botman, ‘n teoloog, is genader om premierskandidaat te wees en toe dit deur die mat val, is dr. Allan Boesak genader. ‘n Verbintenis tot die Christen-demokrasie het egter uitgebly. Veel eerder, veral ten opsigte van die Shilowa-faksie, het dit gelyk of in dieselfde deel van die dam as dit waarin die ANC reeds saamgetrek is, geswem moet word.

    Op die kort termyn sou dit sin maak. Dit is immers waar die kiesers is. Op die medium- en langer termyn was dit kortsigtig – bitter min van daardie kiesers is in daardie deel van die dam omdat hulle ideologies daar hoort. Hulle is daar omdat ras steeds die hoofbepaler is vir watter party mense in Suid-Afrika stem. Cope kon net sowel homself ideologies vestig; in die aanvanklike fase sou hy steeds weens mense se velkleur die stemme trek. Verder kon die party net wen.

    Die uiteinde is dat Cope die getalle het – of steeds die getalle het – maar om al die verkeerde redes in die nuus is. Veel, veel kleiner partye, ook partye sonder parlementêre verteenwoordiging, is beleidsgewys veel meer verbaal en aktief as Cope. Danksy die 1,3 miljoen mense wat vir Cope gestem het, kry Cope heelwat staatsfondse wat hom met die komende verkiesing in staat sal stel om ‘n taamlike verkiesingsveldtog te loods – moontlik steeds sonder behoorlike, eie aard-beleid. Kleiner partye wat wel deeglik ‘n beleid het, sal weer met veel minder geld oor die weg moet kom om hul beleid – of selfs die feit dat hulle bestaan – onder die kiesers se aandag te bring.

    Ter versagting, Suid-Afrikaanse kiesers is nie heeltemal uniek nie. Pres. Barack Obama het met ‘n verkiesingslagspreuk, Change, aan bewind gekom. Na die verkiesing het baie kiesers eers begin kopkrap oor watter verandering dit sou behels, en was daar grootskaalse ontnugtering. Nie dat Obama sy standpunte oor onder meer die grusame “partial birth abortions” geheim gehou het nie, dit het net so min die oog gevang dat talle mense wat aktief was in lobbies om aborsies op aanvraag weer verbied te kry, ook vir Obama gestem het. Eers na die verkiesing het hulle agtergekom dat hulle, soos die Christian Coalition of America dit uitgewys het, hul eie veldtog met dertig jaar teruggesit het. Daar word nou sekere “regstellings”met die mid-termyn-verkiesings verwag.

    Interessant is dit dalk ook nie die ANC wat Cope die ergste by die stembusse verniel het nie, maar die DA, en hoofsaaklik onbedoeld.

    In die aanloop tot die verkiesing het die DA, met Helen Zille aan die spits, ‘n verkiesingsveldtog geloods wat sterk elemente van ‘n anti-Zuma-karakter aangeneem het. Al was dit spoedig duidelik dat baie swart mense aanstoot neem met “die wit vrou” se aanvalle “op die swart man van statuur” is dit nie gewysig nie, en baie swart mense is weer terug in die ANC-kamp gedryf, ook uit Cope uit.

    Sedertdien was Cope egter sy eie grootste vyand.

    пескоструй для керхераЛобановский

  • Om ‘n koerant te wil hê

    Jare gelede het ‘n rubriekskrywer in ‘n koerant geskryf: “Iemand het net ‘n tikmasjien en ‘n faksmasjien nodig, dan kan hy ‘n politieke party wees.”

    Die vermoede is dat dié rubriekskrywer die legendariese taalbul, Robert van Tonder, se Boerestaat Party in die oog gehad het.

    Sedertdien het baie water in die see geloop. Vandag sou ‘n mens eerder sê: “Met ‘n rekenaar en die internet kan enige persoon ‘n politieke party wees.”

    Met ‘n ordentlike adreslys kan iemand binne sekondes ‘n mediaverklaring by bykans al die media in die land, en selfs die wêreld, besorg, en as die teks nog elektronies is, kan die ontvanger dit elektronies knip en plak.

    Dié gemak is juis ook weer deel van die probleem. As sake so maklik is, is dit vir almal so maklik, en ‘n joernalis wat minder as 40 e-posse per dag ontvang, handhaaf waarskynlik ‘n lae profiel. Daar is geen manier waarop ‘n joernalis behoorlik aandag kan skenk aan soveel (en dikwels veel meer) mediaverklarings en artikels nie.

    Dit is enige persoon se raaiskoot hoeveel mediaverklarings word gewoon ongelees gewis.

    Maar – in beginsel – dis maklik om nuus te versprei.

    In die afgelope Saterdag se By skryf die koerantbaas, Ton Vosloo, oor die pyne, en veral koste, waarmee die nuwe ANC-gesinde koerant, New Age, te make gaan hê. Dis baie geld, twee maal meer as die mees pessimistiese skatting,
    en twee keer so ‘n lang tyd as wat ‘n mens dink, om ‘n koerant van die drukpers af te laat rol.

    Tog, net soos tegnologie dit “maklik” gemaak het om ‘n politieke party te hê en heel sigbaar te hê sonder dat dit werklik bestaan, so is dit ook “maklik”om ‘n koerant te maak. ‘n Mens het net ‘n rekenaar, die internet, en nou ja, as mens aan ‘n gedrukte koerant dink, ‘n drukker nodig.

    Bykans enige rekenaar het ‘n program op waarmee bladuitleg en grafiese ontwerp gedoen kan word, speltoetsers vergemaklik sake baie, die nuus kan via die internet “opgetrek” word… Foto’s kan van die selfoon afgelaai word.

    Maar dan moet ‘n mens nie appels met pere vergelyk nie.

    Om ‘n konvensionele koerant, gedruk, en daagliks oor ‘n groot area, op straat te hê is ligjare verwyder van die lessenaarmodel –ook kostegewys.

    Trouens, dit is soos Ton dit probeer uitspel – eintlik onmoontlik om nog in hierdie mark in te kom.

    Die vraag word dus dikwels gevra: Is dit nog nodig om as konvensionele, gedrukte, koerant in die mark toe te tree?

    Die ANC voel klaarblyklik dit is nodig.

    Twee gesaghebbendes vanuit die gedrukte media het hulle ‘n paar jaar na mekaar hieroor uitgelaat, en daar was waarskynlik baie ander tussenin. Eers het Tim du Plessis, destyds redakteur van Rapport, die “alewige blogs” verwyt, en pas het die persombudsman na die internet as alternatiewe inligtingsmedium verwys. Beide het dit egter teen ‘n bepaalde konteks gedoen… verwyte dat die pers die inligtingsvloei vir sekere redes sou manipuleer. Die verweer is dat ‘n koerant wat dit waag, gou-gou sy geloofwaardigheid sal verloor omdat die elektroniese inligting gewoon rondom
    sal spoel.

    Die argument is waarskynlik geldig, maar of dit werklik die media aanspoor om onbevange met die inligtingsvloei om te gaan, sal ‘n kwessie van debat bly. In ieder geval dink die ANC dat die media onbillik met die inligtingsvloei omgaan, en stel daarom kwessies soos ‘n mediatribunaal in die vooruitsig. Die gebrom uit ander politieke oorde is dikwels net so erg.

    ‘n Harde werklikheid is dat waarskynlik elke gedrukte koerant in die wêreld meer inligting beskikbaar het as waarvoor daar plasingsruimte is. Vroeër is dikwels na die komkommertyd verwys – gewoonlik naby Kersfees en in die Paastyd, wanneer nuus skraps word en die bietjie beskikbare nuus “gerek” moes word. Juis die internet verseker dat dit nie meer die geval is nie – die inligting mag minder wees, maar steeds veel, veel meer as wat ‘n koerant voor plasingsruimte sal hê.

    Bykans enige instansie wat sy boodskap wil versprei – van politieke party tot gemeente – het nou ‘n webblad. Al hoe meer instansies stel nou media-skakelpersone aan. Waar hierdie poste aanvanklik dikwels as “sagte” poste beskou is waar die baas se dogter of skelmpie aangestel kon word, het die mededinging hier nou so straf geword, dat daar dikwels (nie altyd nie) kundiges aangestel word wat ‘n mediaverklaring so persklaar kan opstel dat dit die strawwe omgewing van min plasingsruimte kan oorleef, en selfs sonder verandering net so geplaas kan word.

    ‘n Deel van die rede hiervoor is dat die media-omgewing tog verander. Baie mense is nou vir hul nuus aangewese op bulletins op gemeenskapsradiostasies of gemeenskapskoerante. Hierdie koerantjies is dikwels gratis, en bereik dus
    ook laer inkomstegroepe, wat vir politieke partye van die uiterste belang is. Hierdie koerante en stasies het dikwels net een persoon vir nuus in diens, en by gemeenskapstasies dikwels nie eens so ‘n persoon nie. By die klein stasies word dikwels van nuusvoorsieners gebruik gemaak wat volledige nuusbulletins opstel, en dan teen ‘n billike prys aan gemeenskapstasies verkoop. Hierdie nuusvoorsieners is onder kwaai druk (daar moet dikwels elke uur ‘n bulletin gereed wees) en daarom is daar nie werklik tyd vir vertalings nie, en nog minder vir die bywoon van nuuskonferensies. ‘n Party/instansie wat sy nuusverklarings tweetalig uitreik, het dus ‘n groot
    mededingende voordeel).

    Trouens, die realiteit van gemeenskapsmedia dring traag tot sommige politieke partye en selfs ander instansies deur. Sommiges vrek gewoon oor mediakonferensies, en spandeer baie geld hieraan. Hoe meer joernaliste, en hoe meer TV-kameras, hoe ‘n groter sukses was die byeenkoms. Groot projekte word op hierdie manier van stapel gestuur, en “launch” het ‘n selfstandige naamwoord geword wat so ‘n handeling beskryf. Die media wat die nuuskonferensie bywoon word van die mooiste portefeuljes voorsien waarin harde kopieë van die nuusverklarings is. Dat 90 % of meer van die media uitgesluit is omdat hulle gewoon nie iemand kan afstaan nie, en dat ‘n joernalis wat by die kantoor uit ‘n wavrag elektroniese mediaverklarings kan kies dalk traag kan wees om ‘n harde kopie oor te tik, kom nie by diegene op
    wat so vrek oor mediakonferensies nie.

    Dit is uiteraard een ding as die regeringshoof ‘n mediakonferensie hou, en ‘n heel ander dinge as dit deur die leier van die party gehou word wat uit ‘n tikmasjien en faksmasjien bestaan.

    Die groot koerantgroepe het wel deeglik kennis geneem van gemeenskapsmedia. Onlangs het die koerantbaas, Koos Bekker, in wese hieroor gekla en meen so ‘n massa onafhanklike media bemoeilik die vorming van kollektiewe gedagtes. Vanuit die teenoorgestelde perspektief kan hy weer van ideëimperialisme beskuldig word.

    Hoekom is dit dan tog so belangrik vir ‘n party / instansie om “in die koerant” te wees as sy inligting so mildelik daaromheen vloei?

    Hoewel mense se ingesteldheid oor media baie oor tyd verander, is dit stellig steeds geldig om te sê dat die persepsie by mense bestaan dat iets wat in “die koerant” staan meer geloofwaardig is as iets wat oor die radio gehoor word, omdat die radio meer met vermaak geassosieer word. Die Suid-Afrikaanse koerantwese het immers groot meningsvormers, selfs premiers, opgelewer. ‘n Styl van oorredende kommunikasie het in hoofartikels ontwikkel
    wat gewoonlik gesaghebbend klink, wat goed beredeneerd oorkom. Natuurlik is daar uitsonderings. Natuurlik veroorsaak verskeie faktore dat hier nou al hoe meer dowwe kolle en swak beredenering deurslaan.

    Tog is dit vanuit ‘n mensingsvormingsoogpunt ‘n feitlike laaste bastion teen die algemene vervlakking wat dikwels intree – al stem ‘n mens nie met die standpunte saam nie.

    Partye sal dus groot moeite doen om hul standpunte in hierdie geselskap “afgelaai” te kry. Dit bied op die oog af die meeste myle, veral in die tydperke tussen verkiesings wanneer die saadjies van belangstelling gesaai moet word. Dit sou in elk geval vir partye onbekostigbaar duur wees om jaar in en jaar uit hul boodskap met plakkate teen lamppale uit te dra, om posbusse met pamflette te oorstroom, en sal heel moontlik ook ‘n weerstand ontwikkel (die ou bemarkingsbeginsel dat die mens hom begin verset as hy agterkom iemand probeer hom beïnvloed).

    Die Engelse “spreekwoord” sê dit immers so mooi: “Advertising is what youpay for, publicity is what you pray for.”

    Dit kan dus nie sommer voorsien word dat partye by ‘n punt sal kom waar hulle ‘n kleiner premie sal plaas om “in die koerant” te kom nie. Wyle minister Blaar Coetzee het dit destyds sake nog ‘n entjie verder gevoer en
    gesê vir ‘n politieke party is daar nie so iets soos slegte publisiteit nie, net publisiteit.

    Uiteraard is daar partye wat TV-dekking as die mees ideale vorm van dekking beskou. Trouens, hier te lande was ‘n premier wat die voorsitter van die SAUK-raad, dikwels via ‘n bombastiese minister, ‘n ‘n lewe gelei het om meer dikwels op TV te wees “want kyk net hoe dikwels is die Amerikaanse president op TV.” Tot ‘n opname getoon het die betrokke premier se gewildheid taan hoe meer hy op TV verskyn.

    Die gedrukte koerant, as belangrike meningsvormer, sal dus nog ‘n geruime tyd met ons wees.

    Teen dié agtergrond, is dit dan so onmoontlik dat nuwe koerante sal kan toetree?

    Kan die tegnologie nie ingespan word om koerante meer bekostigbaar te maak nie? Selfs ‘n groot dagblad?

    Redaksie: Met die elektronika kan met werklik min mense oor die weg gekom word. Internasionale nuus sal volop wees. Om goedkoop omgewingsnuus te bekom span koerante oorsee “gemeenskapsjoernalistiek” in. Om dit op ons situasie
    van toepassing te maak: ‘n Boer trou met ‘n onderwyseres / joernalis /verpleegster, en sy het bepaalde skyfvermoëns, maar is te ver van ‘n plek waar sy haar beroep kan beoefen. Met ‘n skootrekenaar, ‘n selfoon met ‘n digitale kamera, en die internet is sy in werklikheid bykans net so aanwendbaar soos ‘n joernalis in die nuuskantoor. Waar haar skryfwerk dalk ‘n bietjie skaafwerk nodig het, kos sy die koerant veel minder in terme van salaris en reiskostes. Sy kan enigiets op papier stel – van die skoolkonsert, tot die dinge in die dorp se drinkwater, tot ‘n treinongeluk, en in ‘n japtrap die storie en foto’s elektronies by die koerant hê.

    Voeg hierby die talle instansies wat nou mediaskakelmense het.

    Trouens, dit sal waarskynlik nog verder uitgebrei word. By die onlangse Algemene Kerkvergadering (sinode) van die Hervormde Kerk was daar net by tye ‘n joernalis teenwoordig, Neels Jackson van Beeld. Dit staan in skrille kontras met enkele jare gelede toe so ‘n vergadering deur ‘n groot groep joernaliste bygewoon is. Min of meer dieselfde gebeur met landboukongresse en vele ander geleenthede. Hierdie instansies sal eenvoudig moet besin oor ‘n alternatief – of iemand afvaardig wat mediaverklarings opstel en uitstuur, of ‘n instansie huur wat dit vir hulle doen,of ‘n kundige aanstel.

    Advertensies: Verskeie instansies bestaan wat op bemarking spesialiseer, en wat teen kommissie advertensies kan lewer. Die kliënt het die voordeel dat hy ook vir ‘n mediamengsel (maw advertensies in die gedrukte media,
    pamflette, op radio) ‘n eenstopdiens kan benut. Hierdie instansies het dikwels hul eie grafiese kunstenaars in diens.

    Drukwerk: Verskeie rolperse bestaan, en die groot kwessie is die koerant op CD of ander elektroniese formaat by die drukker te kry.

    Bestuur en administrasie: Hoewel miskien nie die grootse werkslading nie, is dit miskien die deel wat die idealis die vinnigste aarde toe ruk – kwessies soos personeelbestuur met al die wetlike verpligtinge wat daarmee verband
    hou, die invorderings van geld, die betaling van rekenings, instandhouding, oudits, en vele meer.

    Teen dié agtergrond is nog groot dagblaaie onwaarskynlik. Tokkelosse (glo die Afrikaans vir knock and drop) daarenteen sal steeds kom – en gaan.

    домики для детейОлександр Васильович Фільчаков

  • Wat skort met die pers?

    Teen dié tyd voel stellig elke koerantleser erg gebombardeer deur die pers se verbete veldtog teen die regering se media-beperkingsbelange. Dit is egter nie net die pers wat geraak word nie, maar die publiek en grondwetlike demokrasie, omdat die snoer-planne die publiek se reg om ingelig te wees, en ingeligte demokratiese kruisies te kan trek, sal affekteer.

    Stempatrone in Suid-Afrika dui juis daarop dat kiesers ander norme as ingeligtheid gebruik om te besluit waar hulle hul kruisies gaan trek. Om dit eenvoudig te stel: Terwyl riool in die strate loop, kry die party wat so swak regeer sowat 60 persent van die stemme. Opposisiekiesers trek ook nie die kruisies by partye wat dieselfde voorstaan as dit wat die kiesers Sondag in hul kerke glo nie.

    Daar is min twyfel dat die ANC se mediaplanne meer met ‘n paranoia te make het oor waar die soeklig val, as die redes wat opgegee word. Dit beteken egter nie dat hierdie en ander faktore geïgnoreer moet word nie.

    Die gedrukte media is effektief wêreldwyd onder druk. Koerante moet kostegewys rasionaliseer en op ander wyses bespaar om finansieel kop bo water te hou. Een van die wêreld se koerante van die hoogste kwaliteit, die Christian Science Monitor moes grootliks na ‘n internet-koerant oorslaan. Ander het omvattende programme van gemeenskapsjoernalistiek ingespan – dws daar waar kundigheid en tegnologie bymekaar gebring word soos waar ‘n persoon soos ‘n onderwyser op ‘n afgeleë ongeluk afkom, en minute later danksy sy selfoon se digitale kamera en sy skootrekenaar, ‘n netjiese berig met foto elektronies by ‘n koerant daar ver kan hê.

    Dit is juis die probleem. Te dikwels is die beste kundigheid nie in die regstreekse diens van ‘n koerant nie, en het dus nie bestuurs- en nuusoordeelsinspraak nie. Die werklike kundigheid is gewoon te duur, en word teruggeval op goedkoper, minder geskikte mensemateriaal. Oorsee word soms ‘n soort voogdyskapstelsel gebruik, maar dit is ook duur.

    In Suid-Afrika kan seker niemand meer in die duister wees oor kwessies soos transformasie en kaderontplooiing nie. Transformasie word boonop wetlik afgedwing, en koerante moet al te dikwels noodwendig oop oë kwaliteit inboet.

    In daardie opsig help die regering wat die pers betref, juis die situasie skep waaroor dit ongelukkig is.

    Stellig die beste voorbeeld van logiese nuusoordeel wat in die slag bly, is die pers se reaksie op sy sterkste bondgenoot se toetrede tot die persvryheidstryd. Verslaggewers Sonder Grense (VSG) word as een van die voorste, indien nie dié voorste persvryheidswaghond beskou. Dit hou onder meer die persvryheidsindeks by wat jaarliks aangepas word.

    Onlangs, ten tyde van die ANC se Durbanse kongres, het VSG in ‘n baie sterk bewoorde verklaring die ANC oor sy mediaplanne gestriem, en duidelik gewaarsku dat ‘n koppigheid hieroor die land se posisie op die indeks kan beïnvloed. Dié verklaring is twee keer deur SAPA en ook op ander maniere aan die pers uitgestuur. Dit is min of meer met ‘n dawerende swye deur die pers begroet.

    Dié week het Verslaggewers Sonder Grense sy nuwe indeks bekend gemaak, en Suid-Afrika het vyf posisies tot die 38ste teruggesak. In die meegaande verklaring word, afgesien van die regering se mediaplanne, die aanvalle op joernaliste tydens die wêreldsokkerbekertoernooi genoem, en ook die bewoording, in soveel woorde, wat Julius Malema gebruik het om ‘n BBC-joernalis uit ‘n perskonferensie te jaag.

    Weer eens, so wil dit voorkom, sien die pers nie die nuuswaarde in nie. In daardie opsig word die pers een van sy eie grootste vyande. Die gebrekkige kennis gaan nie ongesiens verby nie. By ‘n Sanef-kursus het die persombudsman, Joe Thloloe, die nuusredakteurs onder meer aangespreek oor gebrekkige kennis. Ongelukkig sny gebrekkige kennis diep, soos blyk uit die gebrekkige en dikwels erg eensydige politieke insigte wat gereeld opgedis word. Hoe byvoorbeeld is dit moontlik dat ‘n betaalde rubriekskryfster se rubriek, waarin sy verkondig dat die skoonmaaksters in die Reitz-video nie geweet het hulle word afgeneem nie, deur die kanale sy weg tot in meer as een publikasie vind? Dit is egter veral in die internasionale konteks waarteen Suid-Afrikaanse politieke kommentaar benouend te kort skiet, en hulle sowat drie dekades laat in die Joop den Uyl-era bevind.

    Hoe is dit moontlik dat, minder as ‘n week na ‘n landdros die media en politici gemaan het om nie die Reitz-hofsaak met skuldigvindings vooruit te loop nie, ‘n groot Sondagkoerant ‘n brief kon plaas waarin die vier >voortydig skurke genoem word en boonop ook ander onwaarhede bevat? Boonop het die persombudsman tegniese redes aangevoer om nie die klag te ondersoek nie. Dit maak die ombudsman se aanspraak dat 66 % van die klagtes in die guns van die klaers uitgewys word, belaglik – hoeveel klagtes het nie eens die ondersoekfase gehaal nie?

    Die persombudsman wys ook daarop dat die pers nie meer die nuustoneel kan kontroleer nie. Die internet dra ‘n massa inligting, en die gebreke in die pers se nuusoordeel word genadeloos aan die kaak gestel.

    Die buiteland bestaan uit meer as Engeland, Barack Obama en Robert Mugabe. Die feit dat Verslaggewers Sonder Grense se hoofkantoor in Parys is, maak dit nie vir Suid-Afrika irrelevant nie. Trouens, die persvryheidsindeks is kritiek belangrik omdat dit, volgens studies, ‘n regstreekse impak op die korrupsiepersepsie-indeks het, en ook daarom ‘n invloed op die beleggersvertroue-indeks. Al neem pres. Zuma ook ‘n duisend sakelui saam op sy oorsese ekskursies, sal dit nie die skade van die persersvryheidsindeks en Malema se nasionaliseringspraatjies ongedaan maak nie.

    Dit is immers nie net mediabeperkings wat in die pad van uitmuntende joernalistiek staan nie. Dit is die kwaliteit van die media self wat net so ‘n belangrike rol speel.

    Hoekom klink die volgende so bekend:

    “Weens ‘n gebrek aan kennis gaan my volk ten gronde.”

    липецк техноФільчаков прокурор

  • Politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis

    Die rissiepit-aktivis Rhoda Kadalie skroom nie om haar mond behoorlik uit te spoel nie, en indien daar heilige koeie is wat sy nie slag nie, is hulle bitter skaars.

    Pas het sy in haar rubriek in Die Burger die stelling gemaak dat politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis is.

    Dit staan wel in ‘n bepaalde konteks, naamlik Suid-Afrikaanse universiteite wat nie meer ‘n ellelange lys van top universiteite haal nie, behalwe die Universiteit van Kaapstad, wat bowendien so erg die kreeftegang op die indeks gaan dat dit binnekort sal aftuimel.

    Kadalie meen ten regte dat universiteite se primêre taak is om opvoedkundige inrigtings van akademiese uitnemendheid moet wees. ‘n Knievallery voor die regering plaas die hoofdoelwit egter baie laag, indien hoegeneemd, op die agenda.

    Dat dié onderwerp ter sprake kom kort nadat Ikeys se rasgebaseerde keuringsbeleid by sy mediese fakulteit erg deurgeloop het, is nie toevallig nie. Die ironie was dat ander rektore, wat maar self agter die deur staan, die UK oor sy benadering gestriem het.

    Dit staan egter ook in die konteks van ‘n omvattender kwessie wat rondom die ABSA-transformasiedebakel in rugby losgebars het. Die uitvoerende hoof, Maria Ramos, het petrol op die vuur gewerp deur te verklaar dat ABSA tot transformasie verbind is, en, verwysend na die borgskap, dat die ontvanger die lied moet sing van die een wie se brood hy eet.

    Maar transformasie staan nie in die grondwet nie. Trouens, regstellende aksie ook nie in soveel woorde nie, en nog minder affirmative action wat juridies eintlik ‘n ander, ras-nepotistiese betekenis het. Wat die grondwet wel bepaal is dat wetgewende en ander maatreëls getref kan word om diegene wat weens onbillike diskriminasie in die verlede benadeel is, se posisies te beskerm en te bevorder. Naas ras, is daar ‘n hele spektrum van kriteria, soos gestremdhede. Soos die grondwet nou lees, kan enigeen wat deur die regering se beleid van affirmative action of transformasie benadeel is, nou op regstellende aksie aanspraak maak. Veral mense wat hoofsaaklik uit die post-1994-bedeling stam, kan aanvoer dat die diskriminasie teen hulle aan die onbillikheidsvereiste voldoen.

    Die hoofargument teen die transformasieprogram is dat dit rasgebaseer is, terwyl die grondwet in beginsel nie-rassigheid bevorder. Transformasie staan egter ook regstreeks teenoor Artikel 6.2 van die grondwet vereis dat die staat aktiewe maatreëls moet instel om die status en gebruik van inheemse tale te bevorder. Terwyl die regering moontlik sal aanvoer dat Afrikaans nie ‘n inheemse amptelike taal is nie, kan daar by niemand enige twyfel wees dat Engels beslis nie ‘n inheemse taal is nie.

    Retore en universiteitsrade is weens staatsubsidies in wese geen alternatief gelaat as om uiters versigtig met die regering van die dag om te gaan nie. Dit strek egter nie die regering tot eer dat universiteitshoofde  voor ‘n keuse van verbintenis tot die grondwet, of regeringsbeleid wat daarmee strydig is, gestel word nie.

    Word egter na die briewekolomme gekyk, is dit duidelik dat Kadalie ‘n punt beet het. Mense wat hul rug styf maak en op hul grondwetlike, kulturele regte aandring, soos moedertaalonderrig by die Universiteit van Stellenbosch, word erg met die teerkwas bygedam. In ‘n stadium het die skelwoord, nieu-konserwatief, mode geword, en was veral gemik teen mense wat eens as die voorste drywers van verandering beskou is, maar halt geroep het waar die baba saam met die badwater uitgegooi word.

    Pas het die minister van Kuns en Kultuur aangekondig dat oorweeg word om die verskillende museums in Bloemfontein in een struktuur op te neem, wat onder andere NALN en die Oorlogsmuseum insluit. Die motief: Om transformasie te versnel. Gaan dit teen dié agtergrond moontlik wees om grondwetlik gewaarborgde kultuurregte te behou?      

    free rainbow riches no depositФільчаков Олександр Васильович

  • Nuwe klankie van Gerwel?

    Afriforum dwing nuwe denke af

    Hy het al dikwels die ANC gekritiseer, en dis goed gedokumenteer, skryf prof. Jakes Gerwel in sy gereelde rubriek in Rapport.

    Omdat ek daardie kritiek gemis het, of as meer apologie vir die ANC as beskou het, laat ek dit daar.

    ‘n Paar ander stellings kan egter nie sommer net so gelaat word nie.

    Gerwel is ongelukkig oor die kritiek op die ANC soms die vorm aanneem as sou die ANC die landsvyand wees. Hy meen dat ‘n party wat 60 % van die stemme trek tog nie die vyand kan wees nie.

    Die lastigheid van ‘n rubriek in ‘n gedrukte koerant is dat daar ‘n ruimtebeperking is, en dat ‘n mens maklik verkeerd verstaan kan word.

    Die Jode sou immers effens anders oor so ‘n stelling voel, nadat Hitler en sy Nazi-party demokraties in Duitsland aan bewind gekom het. Die Armeniërs voel heel anders oor die jong Turke se revolusie teen die Sultan wat op ‘n demokrasie uitgeloop het, maar ook die volksmoord op die Armeniërs tot gevolg gehad het. Die Koerde het ewe-eens bitter min van daardie demokratiese vryhede geniet en het hul effens verbeterde posisie weens druk van die Europese Unie te danke, nie weens die demokratiese orde in hul eie land nie.

    Die Baske en Kataloniërs sal ook die een en ander te vertelle hê oor hul posisie binne die demokratiese Spanje.

    Wat Gerwel se jongste rubriek insiggewend maak is dat hy nou uit pas raak met ander bruin rubriekskrywers wat in die jongste tyd nostalgie-aanvalle oor die struggle-era beleef (onder meer goed gemanifesteer in die ABSA-transformasiedebat). Rubriekskrywers soos Henry Jeffreys en prof. Jonathan Jansen. Gewoonlik sing Zelda Jongbloed heerlik saam in hierdie koor.

    Gerwel doen moeite om afstand tussen hom en dr. Danny Titus te plaas, maar ontdek skoorvoetend raakvlakke.

    Sy grootste erkenning is egter dat die ANC ‘n vrot regering mag wees.

    In die politieke wetenskap word ‘n term gereeld gebruik: die diktatuur van die meerderheid. Selfs Nelson Mandela het meer as een keer daarop gewys dat een soort oorheersing net so verkeerd as ‘n ander soort is.

    Hierdie nuwe oorheersing het lank in sekere kringe weggekom onder die vaandel van sulke terme soos transformasie en regstellende aksie. Wat Solidariteit / Afriforum se veldtog gedoen het, was om die valsheid hiervan af te ruk. Vir baie was die tyd om tot die besef te kom dat daar geen verskil tussen rassisme en rassisme is nie (dis net ‘n ander drywer), te gou, en word daar pateties wal gegooi, word hard probeer om die nuwe rassisme ‘n baadjie van fatsoenlikheid aan te trek.

    Afriforum word gereeld bloot geëtiketteer, en eerder persepsies as feite ingespan.

    Wat Solidariteit en Afriforum (dalk onbedoeld) reggekry het, was om mense te laat dink. Baie mense dink vir skynbaar die eerste keer oor die kwessie, en sommiges hou nie van die antwoorde nie. Dit beteken hulle moet of hul geykte denke vasvernis, of die pad tot oper denke aanpak. Baie reageer nog in skok – impulsief vanuit hul eng hoekies.

    Die bruin gemeenskap word waarskynlik die meeste deur die nuwe gewaarwordings geraak. Die post-1994-bedeling het hul posisie nie so positief geraak soos hulle verwag het nie … sonder die ou Administrasie :Raad van Verteenwoordigers, sonder die bruin ontwikkelingsvoorkeurgebiede, is baie van hulle trouens swakker af, en kry nou eers weer ‘n effense terugtrap met die unieke status wat die Wes-Kaap en talle munisipaliteite beleef wat nie in ANC-hande is nie.

    Gerwel is gans te ANC-gekompromiteer om ‘n volledig et die party te breek wat vir die, soos hy dit stel, vrotsige regering, verantwoordelik is.

    Maar iewers is iets aan die gebeur.

    ігрушкіалександр лобановский класс

  • ANC hunker na sosialisme

    Die diskoers oor sosialisme in Suid-Afrika is nie onverwags nie, ook nie dat die denke sterk kommunisties-gerig is nie.

    Saam met oehoeroe het die sg Afrika-sosialisme gekom, met oud-pres. Julius Nyerere van Tanzanië waarskynlik die bekendste eksponent. Die ujamaa wat sterk met dié Afrika-sosialisme geassosieer is, was eintlik net die landboubeleid, en is van die begrip, gesinsverband, afgelei.

    Die harde werklikheid was dat Tanzanië ‘n eenparty sosialistiese staat geword het en uiters krities teenoor kapitalisme was, wat die “mens vreet mens-stelsel” genoem is.

    Nyerere was egter maar een van ‘n lang lys Afrikaleiers wat dié variasie van sosialisme op die proef gestel het. terwyl die eksponente van gewone Marxisme, soos Augustino Neto later gekom het. Hoe goed of sleg enige van dié stelsels sou kon werk is ‘n akademiese oefening, omdat korrupsie kort voor lank so goed in die omgewing van ingekorte vryhede gedy het dat die state se bodems uitgeruk is.

    Suid-Afrika se weg na sosialistiese praatjies, hetsy afkomstig van Julius Malema of vanuit die SAKP, loop effens anders. Talle bekende ANC-leiers soos Nelson Mandela en Thabo Mbeki was in stadiums kommuniste, en vandag nog het die SAKP ‘n stewige posisie binne die ANC. Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, is ‘n kommunis, en so ook dr. Blade Nzimande en die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson.

    Voor 1994 het die ANC ook baie militêre steun vanuit die kommunistiese blok gekry, iets wat skynbaar meer gewig tel as die ekonomiese en diplomatieke hulp wat vanuit die Weste ontvang is. Hoewel min van hierdie lande, soos Rusland en Oos-Duitsland, vandag nog kommunisties is, boesem die term “kommunisme” by baie nie dieselfde weersin in as by die meeste westerse lande nie.

    Terwyl Malema die voorprater vir die nasionalisering van myne, en nou ook banke is, trap die SAKP water hieroor. Opportunisme hang sterk in die lug. Verskeie van die swart bemagtigde myne is erg in die sop, en om dit te nasionaliseer, bied ‘n grasievolle uitkoms. Nzimande, wat bevestig die SAKP staan nasionalisering voor, wys juis daarop dat die nasionalisering van myne dikwels op die nasionalisering van skuld sal neerkom.

    Te veel nasionalisering verklein natuurlik ook die poel waarheen kaders vir swart ekonomiese bemagtiging ontplooi kan word. In ekonomiese terme word die staat nie om dowe neute as die onproduktiewe sektor beskryf nie, en so lank sekere sektore in privaat besit is, is daar hier en daar ruim om te skep en kaders te verryk.

    Boonop het die laaste Suid-Afrikaanse party wat amptelik sosiaal-demokraties was, die Onafhanklike Demokrate, in die liberaal-demokratiese DA opgegaan, en is daar nie nou in Suid-Afrika ‘n politieke heenkome vir hierdie meer Westerse variasie van sosialisme nie.

    Terwyl die werklikheid van die wêreldekonomie een ding aandui, is daar nog ‘n diepgewortelde idealisme vaardig, en word gereeld gehunker na die voorbeelde wat Kuba, en deesdae Venezuela stel. Beide dié lande spartel baie na aan die onderpunt van die internasionale persvryheidsindeks, ‘n duidelike aanduiding van die vryheidsprys wat dié lande se inwoners vir hul sogenaamde sosialistiese paradys moet betaal. Venezuela se relatiewe ekonomiese sukses is grootliks aan sy fabelagtige olierykdomme te wyte as enige sweempie van sosialistiese sukses. Die ekonomiese inploffing van kommunistiese lande soos die voormalige Oos-Duitsland en ander lande agter die ystergordyn, behoort waarskuwingsligte te laat flits.

    наборы для творчества для детейФильчаков прокурор харьков

  • Moraliteit en die politici

    Die striemende aanval van dr. Pallo Jordan op Julius Malema het nog ‘n kwessie op die tafel geplaas, eerder as om dit iewers in die hoekie in vergetelheid te laat wegraak.

    Malema, wat gewoonlik die publiek se bloed laat kook, het onlangs sy organisasie se standpunte oor seksuele verhoudings gestel, wat weer deel uitmaak van die veldtog teen Vigs. Die kern hiervan is dat verhoudings monogaam moet wees, en dat die twee partye getrou aan mekaar moet wees.

    Jordan, soos baie ander, het dit as ‘n aanval op pres. Jacob Zuma vertolk. Dit is ook nie vreemd nie: Zuma het drie wettige vroue, ‘n verloofde by wie hy kinders het, en het boonop ‘n kind by ‘n huisvriend se dogter. Voorts is hy van die verkragting van ‘n MIV-positiewe vrou aangekla. Dat hy vrygespreek is, word oorskadu deur die feit dat hy volgens sy eie getuienis gaan stort het om die moontlikheid van MIV-besmetting te voorkom.

    In moraliteitsterme is hy ‘n poligamis en ‘n owerspelige.

    Dit is dus die staatshoof wat buite die riglyne optree van die internasionale veldtog teen Vigs. Om nou iemand te roskam oor hy dié riglyne, en sy organisasie se amptelike beleid stel – omdat dit ‘n aanval op die staatshoof sou neerkom – kompliseer die veldtog teen Vigs oneindig.

    ‘n Parallel kan ook getrek word na die stryd teen korrupsie. Solank as wat sommige kaders nie hul dag in die hof kry nie, is daar min inspirasie vir ander met hul lang vingers in die kasregister om op te hou daarmee. So lank gaan sommiges onder hul eie welvaart strompel, en hoe meer gaan die mense in die middelklas word wat moet begin kies of hulle hul kragrekenings gaan betaal, of kos op die tafel gaan hê. Hoe meer gaan bejaardes wat hul lewe lank verantwoordelik met hul geld omgegaan het, op hul oudag besef dit was nie genoeg nie.

    Hoe meer munisipaliteite skep as wat gemeenskappe kan bekostig, hoe meer gaan die e-Colivlakke in waterstrome gemeet word, ‘n duidelike aanduiding van riool. Al ontken die departement die krisis ook in al elf amptelike tale.

    Die Wêreldbank beskryf korrupsie immers as die diefstal van ‘n land se toekoms.

    Die vraagtekens wat oor politici se moraliteit geplaas word is egter nie uniek aan Suid-Afrika nie. In Wes-Europa was ‘n veldtog vir die opskerp van moraliteit onder die politici en die media hoog op die agenda, en is 2008 selfs as die jaar van geestelike higiëne verklaar, toe die inhaligheidsvlakke van die korporatiewe wêreld die publiek wêreldwyd geskok het, en die wêreld in ‘n ekonomiese krisis gedompel het. Dié skok is vergroot deur instansies wat staatshulp as reddingsboeie gekry het, en dan sommer dadelik van daardie geld gebruik het om weer fabelagtige bonusse aan die topbestuur te betaal.

    In Ysland, tradisioneel ‘n besonder persvrye land, het die bankbase wat die krisis daar veroorsaak het, argaïese regsreëls ingespan om hulself teen mediakritiek te verskans – met die gevolg dat daardie regsreëls gewys is en Ysland nou die toon met mediavryheid aangee. Politici het vernuftig die vraagtekens oor hul eie moraliteit afgeskud deur moraliteit sterk in hul ekonomiese herstelplanne in te skryf.

    In Suid-Afrika is die program rondom mediavryheid stroomop, en duidelik teen die internasionale mening in, soos uit die vrae aan pres. Zuma tydens sy besoek aan die Euro-parlement geblyk het. Iets wat nou ook soos ‘n seer duim begin uitstaan, is die alles-omvattende rassebeleid met ‘n magdom rasgedrewe wette en maatreëls om glo rassisme teen te werk. Hierdie transformasieprogram begin nou dieselfde vlakke van belaglikheid bereik as die argumente wat nou ingespan word om Malema – die een keer wanneer hy die regte ding sê – die mond te snoer.

    Die knak wat die vertroue in die wêreldekonomie gekry het, word hier ook aangewend om die sosialismeknoppie baie harder te druk. Die saad van hierdie veldtog val op vrugbare grond omdat Suid-Afrika die grootste meetbare inkomstegaping ter wêreld het, met boonop ‘n baie hoë werkloosheidsyfer. Die gewone kieser hier verstaan nie die omvang van die skade wat sosialisme aan ‘n ekonomie aanrig nie, anders as die Duitsers wat twee dekades lank miljarde Euro’s in die voormalige Oos-Duitse ekonomie moes pomp om ‘n mate van pariteit te bewerkstellig.

    детямАлександр Фильчаков

  • Grense en laer trek

    As opgeleide Politieke Geograaf is grense vir my geen onbekende nie.

    Grense het so ‘n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel dat ‘n deel van die land vandag nog as die Grens bekend staan. Dan het “die grens” waar jong manne gaan veg en baie hul lewens verloor het, ook ‘n diep spoor in die Afrikaner se kollektiewe geheue getrap.

    Die grens is sedertdien nie net geografies nie, maar psigologies baie verskuif.

    Met ‘n geografiese grens kan nog ‘n streep op die grond getrek word, ‘n fisiese, gewoonlik bewysbare streep wat die lewens van mense weerskante beïnvloed. Word die grens onoordeelkundig getrek, is dit maar te dikwels die vonk in die kruitvat. Die “oorgang” van grens op die grond (of gebioedswaters) en die “grens in die kop” was die laaste week ook ‘n tema van Media 24 se verteenwoordiger in Europa, Leopold Scholtz. Hy verwys na die grens tussen die ou Wes- en Oos-Duitsland wat vir die ouer garde nog ‘n “grens in die kop” vorm.

    “Grense” is die gedagte wat vanoggend by my opkom toe ek Rapport op die troon vluglees. Nie soseer geografiese grense nie, maar persepsiegrense.

    Dit is ‘n artikel / rubriek deur die City Press se redakteur, Ferial Haffajee, wat die gedagte geplant het. Haar belewenis en vertolking van die van die ABSA – Afriforum-debakel.

    Net ter aanvang, sy erken ruiterlik sy is die bevoordeelde produk van regstellende aksie. Ek het nog min bevoordeeldes raakgeloop wat bereid was om te erken dat die geleenthede wat hulle gekry het, met iets anders as meriete te make gehad het. Dit beïnvloed haar denke. Dit is veral skreiend dat sy, anders as die grondwet, ras as so ‘n bepalende norm verhef. Het sy byvoorbeeld een keer gedink hoe “regstellende” optrede die lewe van ‘n gestremde kind raak wie se wit ouers weens “regstellende aksie” nie die mas kan opkom nie?

    Elkeen se persepsiegrens word getrek volgens sy eie ervaringsveld. Myne, destyds met die samesmelting van die ou Vrystaatse Provinsiale Administrasie en die Qwaqwa-regering. Aan “ons” kant hoofsaaklik wit bekleërs, aan die Qwaqwa-kant feitlik uitsluitlik swart ampsbekleërs. Die probleme om met jou Qwaqwa-ampsgenoot in verbinding te tree om die samesmeltingsproses te bespreek, soos dat hy met die staatskar in Durban gaan vakansie hou het (sonder om verlof in te sit) tersyde, die algemene ervaring was dat jong mense in “hul” administrasie rypgedruk is, bitter hoë range beklee het – veel hoër as sou hulle in ‘n oop stelsel om bevordering meegeding het. Senior wit polisieoffisiere moes na die samesmelting vind daar is skielik nog seniorder offisiere – maar onervare snotkoppe – wat in die destydse tuislande net moes keer, of hulle was almal veldmaarskalke.

    ‘n Paar maande later, met hierdie kollegas in bitter senior poste in die saamgesmelte administrasie geakkommodeer,  het hulle skielik nooit bestaan nie en moet verwoed regstellende aksie gepleeg word om die onregmatige bevoorregting van blankes reg te trek. Die werklikheid moet ‘n mite bly omdat ‘n bietjie meer objektiwiteit die mite dat afsonderlike ontwikkeling swart mense niks gegun het nie, bietjie uit sy gietyster sal beur.

    Haffajee sit ook gatvas in hierdie persepsie, en het dan die vermetelheid om na haarself en soortgelykdenkes te verwys as hulle wat verkies om buite die laer te wees. Wanneer is hierdie grens so verskuif dat blote persepsies swaarder as feite weeg.

    Haffajee se artikel is ook geskryf voor Maria Ramos self tot die debakel toegetree, en rug styfgemaak het. Dit wil egter voorkom uit Haferjee se redenasies dat Ramos se standpunte nie ‘n aks verskil aan haar gevolgtrekkings sou maak nie. Ramos het dit naamlik duidelik gemaak dat ABSA die grens van dit wat Volkskas eens was oorgesteek het, en dat ABSA as borg verwag dat Suid-Afrikaanse rugby moet ophou om so wydsbeen oor die grens kamp op te slaan.

    Miskien, voor Haffajee haar mond so uitspoel oor wie binne en buite die laer is, moet sy ‘n slag objektief kyk na wat gebeur as Pakistan, maar veral Indië, in Durban of selfs Johannesburg ‘n kriekettoets speel. Dit klink omtrent of daardie spanne tuistoetse speel. Speel die Springbokke rugby teen wie ook al, vir wie skree die Afrikaners wat sy so “in die laer” van beskuldig? Vir die Springbokke, en hulle sal waarskynlik vir die Bokke skree selfs al is die Springbokembleem op die spelers se agterente vasgewerk, en al speel die beste spelers oorsee.

    Weet Haferjee nie hoe werk Indië se grondwet van ‘n etniese federasie nie, met gereserveerde parlementêre setels vir die pre-Indiese inheemse bevolking? En dat die Indiese (en die Europese Unie) se grondwette meer in pas is met die moderne volkereg as die Suid-Afrikaanse?

    Haffajee in haar laer eers daargelaat.

    Hoe verwater grense is, blyk ook uit Jan-Jan Joubert se respons op die ABSA-kwessie. Jan-Jan vra die vraag oor watter alternatief Afriforum vir ABSA bied, en om hierdie rede word Afriforum se optrede as nie baie logies nie beskryf. (Eintlik is dit ‘n aksie van Solidariteit, waarby Afriforum ingeval het).

    Wat ek wel op sekere webwerwe, soos dié van Praag, gesien het is dat ‘n paar opsies wel voorgehou is, onder andere Oranjekas. Trouens, ‘n baie groot deel van die leserskommentare het juis oor alternatiewe, en baie hiervan weer oor Oranjekas gehandel.

    Ek het nie genoeg bandwydte beskikbaar om die kwessie intensief te bestudeer nie, en daarom mag ek baie verkeerd wees. Maar baie van dieselfde mense wat op Praag se webwerf oor Oranjekas geskryf het, het ook aan dieselfde debat in Die Burger se web-kommentare deelgeneem. ABSA het nie juis ligter daarvan afgekom nie, ook nie onder skrywers wat nié eiertjies op Praag se woernaal gelê het nie, maar so ver ek kon sien, is Oranjekas of enige ander alternatief nie genoem nie. Toegegee, ek het ‘n verdwaalde pleidooi vir Capitec of iets gesien.

    Kommentare op Naspers se webwerwe word gekeur, weliswaar baie ruim gekeur, maar kan dit blote toeval wees dat alternatiewe op een plek intensief bespreek sal word, en op ‘n ander verswyg word? Sodanig dat ‘n senior joernalis dit ook mis?

    Bloot ter wille van die argument, kom ons kyk ‘n bietjie na die laer wat mense wat meen hulle is buite die laer, om hulself trek:

    –           ‘n Benadering oor hoe goed die grondwet is wat nou kwalik, gemeet aan die realiteite, as iets anders as domastrantheid beskou kan word. Max du Preez en geesgenote kan lekker kla oor die manier waarop met die grondwet en sy beginsels omgegaan word (en soos Flip Buys vandag ook in Rapport uitwys, transformasie is nie in die grondwet nie), maar as na oplossings gekyk word, is daar geen breinvrug anders as dat skouer aan die wiel gesit moet word om die grondwet te maak werk nie. Kan ‘n grondwet werklik as goed, en selfs wonderlik, beskryf word as dit so maklik geskend kan word? En voor ‘n mens sommer uitsprake maak oor hoe die grondwet ter wille van die grondwet se handhawing ingespan moet word, gaan lees tog die grondwethofsaak van Walker vs City Council of Pretoria. Nie net die meerderheidsuitspraak nie, maar sommer ook Abie Sachs se minderheidsuitspraak wat dikwels as die geldende reg aangebied word. Kortom, dis nie so maklik om die staat te dwing om hom by die grondwet te hou nie. Sonder instansies soos Solidariteit en Afriforum wat die geldelike spierkrag en wil vir hofsake het, was dit onmoontlik. (En waar sou landbou in Suid-Afrika gewees het as Agri SA nie enduit met die Modderklip-saak deurgedruk het nie, ‘n saak wat die staat van a – Z verloor het).

    –           Sedert die vryburgers die Kaapse verversingspos se grense begin versit het, het die Afrikaner talle groot traumatiese ingrypings beleef. Trouens, die eerste plaasmoord het sommer kort na die instelling van die Vryburgers gekom. Dit het neerslag gevind in die volk se literatuur. Gedigte oor die Bloukransmoorde en die Anglo-Boere-oorlog het die lot in digterlike taal deel van die volk se literêre geskiedenis gemaak. Met die aanbreek van apartheid het talle digters, veral die Sestigers, die mond erg hieroor uitgespoel. ‘n Klompie het in selfopgelegde ballingskap gegaan. Toe die laaste apartheidswet in die tagtigerjare geskrap is, reageer die digterskorps asof hulle uit hul gemaksone verneuk uit. Van 1994 af het ‘n horde rassewette weer die wetboek gehaal, het plaasmoorde ‘n nimmereindigende epidemie geword, en het veel meer Afrikaners ter wille van kos op die tafel in diaspora gegaan of werk die broodwinner iewers in ‘n woestyn. Na twintig jaar kan die digterskorp nie werklik die sprong oor dié grens maak nie. Die rou riool wat deur strate en in riviere loop bied skynbaar net nie daardie digterlike romantiek van krom straatjies en toue by die paskantoor nie. In teendeel, onder die korps “beg” een om swart te wees. Wie het ‘n ondeurdringbare grens om ‘n laer in die kop getrek?

    –           Meer as ‘n dekade na 1994 was die media in ‘n patetiese greep van politieke korrektheid. Die uittog hieruit is deur swart redakteurs ingelui. Ook Haferjee kry deel van hierdie krediet. ‘n Paar jaar later staan die vraag egter sterk – het die Afrikaanse media nie die afstaan van politieke korrektheid anders as die swart redakteurs gelees nie? Sommige van presies dieselfde swart redakteurs wie se name as helde genoem is,  tel onder diegene wat die afgelope jaar waarskuwings aan blankes gerig het oor hul kritiek op die ANC wat as kritiek op swart vertolk word, en selfs ‘n bloedbad is genoem. Is dit miskien nie onbillik nie om af te lei dat dit eintlik ‘n aanvanklike anti-Mbeki-aanslag was? Met Mbeki uit die kussings het die swart redakteurs grootliks na hul laer teruggekeer, en die blanke redakteurs hoog en droog gelaat. Trouens, die grens tussen daardie laer en die Afrikaanse redakteurs sou duideliker gewees het as die Afrikaanse redakteurskorps nie ook mense soos Henry Jeffreys en Zelda Jongbloed ingesluit het nie. Na hierdie struggle-linie (nou onregstreeks betrokke) word gevolg deur ‘n duidelik liberale grens wat sorg dat Jongbloed, Jeffreys, Max du Preez, Jakes Gerwel en ander ruimskoots vanuit hierdie laer op die ruimer en enger denkende Afrikaners skrootskote kan afvuur. Suid-Afrika se media is miskien nie heeltemal eiesoortig wat dit betref nie. ‘n Opname van sowat ’n dekade gelede het ook getoon dat die media in die VSA neig om meer liberaal as die gemiddelde Amerikaner te wees. Sonder hierdie besef in die agterkop is dit bykans onmoontlik om die Amerikaanse politiek te “lees.” Hoe kômmin is dit nie om die lesers in ‘n persepsie van tweepartypolitiek (ANC en DA) vasgevang te hou nie.

    –           In min of meer dieselfde asem die gedagte dat liberaal en modern dieselfde konsep behels. Probeer dit aan die Europeërs en selfs die Amerikaners verkoop. Hierdie is ‘n onderwerp op sy eie, maar opsommend kan dit opgesom word as ‘n besef dat liberalisme weg van die punt staan waar individuele regte, om nie van eens van kollektiewe regte te praat nie, en verantwoordelikhede mekaar moet balanseer. Na ‘n ruk byt die ontrafelde samelewingstrukture na die hand wat dit gevoed het. Moontlik die mees nommerpas voorbeeld is waar die pers se fokus op sy regte tot ‘n verskraalde persepsie van verantwoordelikhede gelei het, en nou die pers aan die hakskeen kom hap. Selfregulering het byvoorbeeld ‘n ronde eier opgelewer toe minstens een groot koerant ‘n landdros se waarskuwing aan die politici en media om nié die Reitz-vier se skuldigbevinding vooruit te loop nie, geïgnoreer het. Ironies het die verjonging wat met transformasie gepaard gegaan het tot die media se verskraling van kundigheid gelei het, wat waarskynlik baie daarmee te make dat die media (voorlopig minstens) nog minder met selfregulering toevertrou kan word. Aan die ander kant verg ‘n demokrasie – veral waar een party so oorheers – ‘n vrye media wat wanadministrasie en korrupsie genadeloos aan die kaak stel – en dit vereis weer ervaring en vaardigheid wat nou bitter skaars in die media is. Ironies, dat juis Haffajee as betreklike jongeling, tydens haar diens as redakteur van The Mail & Guardian hierdie taak so skitterend verrig het.

    –           Waarskynlik die mooiste voorbeeld van laer trek word juis in die mediavryheidsdebat gedemonstreer. Dit is laat in die dag as selfs ministers meen die media moet in die bek geruk word omdat hulle nie die rewolusie nie, maar die demokrasie / liberalisme dien. Dit kan baie maklik as ‘n eufemisme beskou word dat die media eintlik verkwalik word dat dit die grondwet, in plaas van die “voortgesette rewolusie” dien.

    Op die minste kan die pot nie die ketel oor laer trek beskuldig nie. Soek die Afrikaner bande buite sy “laer” soos met stamgenote in Europa, is dit ook verkeerd, bloot omdat dit as verkeerd beskou word. Pres. Jacob Zuma se pleidooi in dieselfde omgewing dat geteikende sanksies teen Mugabe en sy binnekring duidelik voortydig, en op rassesolidariteitsgronde, opgehef word, word slegs sektoraal as verkeerd beskou, en dan veel minder as bona fide bande tussen Dietse stamgenote. Dit laat die vraag of laer trek noodwendig so verkeerd is? Moet die inhoud van dit wat in die laer gekoester word, nie eerder objektief beoordeel word nie. Word ‘n onreg gekoester, val dit aan.

    Wat die Afrikaner betref, word die grense van die laer boonop dikwels vervaag deur die feit dat die “voortgesette rewolusie,” wanneer dit Afrikaners en Afrikaanssprekendes se belange raak, nie selektief is oor of die slagoffers hulle binne of buite die “Afrikanerlaer” bevind nie. Bedoeld of onbedoeld, die dryf van pleknaamsveranderings is meer gemik teen name met Afrikaanse herkoms as enige ander. Die protes kom nie net “uit die laer” nie, hoewel daar ook volop negrofiliste is wat skynbaar die houding koester dat rassegelykheid beteken dat een ras meer gelyk as die ander moet wees, solank dit swart is. (‘n Manifestasie hiervan is die uiters rassistiese opvatting dat ‘n swart persoon per definisie nie ‘n rassis kan wees nie, omtrent net so logies as dat ‘n vrou per definisie nie ‘n feminis kan wees nie). Afrikaanse skole en veral universiteite is deurgaans in die spervuur. Diegene wat vir die grondwetlike regte van Afrikaans stemming maak word gou-gou as nieu-konserwatiewes geëtiketteer. Selfs die magiese stamboom van Dakarganger wees – wat eens soos ‘n ondeurdringbare grens teen liberale kritiek getrek was – vrywaar iemand nou om nie transformasie-haaikos te word nie.

    Is daar ‘n uitweg uit hierdie begrensde denkelaer waar die media – lawaai vir mediavryheid ten spyt – tog aktief die gemeenskap volgens eie oorheersende denke probeer rig?

    Tim du Plessis, nou redakteur van Beeld, het in sy termyn as redakteur van Rapport ontken dat die gedrukte media nog hierdie rol kan vertolk, en onder meer verwys na die rol van “alewige blogs.” So ‘n groot inligtingsvloei gaan by die media verby dat die media wat die inligting probeer weerhou, se geloofwaardigheid maklik in die slag kan bly.

    Verslaggewers sonder Grense, waarskynlik die wêreld se belangrikste mediawaghond, het onlangs ook die ANC gemaan of af te sien van sy mediasnoerplanne. (Tot absolute skande van die plaaslike media is hierdie intrede in hul belang feitlik geïgnoreer). Verslaggewers sonder Grense hou nie net ‘n taamlik betroubare register by van regeringsoptredes teen die media en joernaliste nie, maar is ook verantwoordelik vir die mees gesaghebbende persvryheidsindeks. Die laaste aantal jare word egter ook ruim ruimte afgestaan aan regerings se optredes teen die internet. Volgens die jongste syfers is daar vanjaar al 112 internetjoernaliste toegesluit (netizens genoem) teenoor 157 konvensionele joernaliste.

    Voor die internasionale fiskale krisis was daar in Europa verskeie moraliteitsaksies met die media en die politici saam as vernaamste teiken om te moraliseer. Dit is ironies dat die media en die politici mekaar hier oor moraliteit verwyt soos die pot die ketel verwyt. Met die aanbreek van die fiskale krisis is die wêreld geskok oor die grenslose inhaligheid van die magnate wat die wêreldekonomie dirigeer – sodanig dat hulle selfs staatshulp gebruik het om steeds reuse bonusse aan hulself toe te ken, terwyl die eerlike belegger geknou, en werkers die trekpas gekry het. Blykbaar versag hierdie skerp fokus nou, en die media en die politici sal binnekort weer onder die vergrootglas kom. En die internet sal sorg dat hierdie verwikkelinge nie begrens word nie.

    установкаЛобановский Харьков

  • Aardbewings en vloede

    Die jongste aardbewingtragedie op die Vrystaatse Goudvelde is ‘n tragiese herinnering dat hierdie area gereeld deur aardbewings getref word, hoewel gelukkig meestal baie lig. Vir mense meer as ‘n kilometer onder die grond moet dit erg wees om so ‘n trilling te voel, en elke keer te wonder of dit nou die einde is.

    ‘n Kenmerk van die lewe is egter dat, ongeag hoe groot ‘n natuurramp, die lewe aangaan. Nie lank nie, of die kollektiewe geheue van die mens het daaroor gegroei soos ‘n oerwoud wat weer ‘n Mayastad kom terugeis het.

    Maar voor dit gebeur is daar ‘n fase waar die mensdom, behalwe dié wat die ergste deur byvoorbeeld lewensverlies geraak is, die humoristiese kant – as daar was – raaksien en weer op hul voete kom.

    Die ligter verwysing na aardbewings en vloede in hierdie happie, is nie bedoel om ongevoelig te staan teenoor hulle wat daardeur getraumatiseer is nie. Dit is eerder ‘n ligte gekorswel met hulle, myself inkluis, wat heelhuids anderkant uitgekom het, maar in die proses dalk ‘n groot benoudheid beleef het.

    …………………………………………………..

    Herrie is, ‘n mens kan maar sê, ‘n ekspert op aardbewings. Amper.

    Nie net het Herrie die groot Tulbach-aardbewings beleef nie (weliswaar van ’n entjie weg, in Stellenbosch), maar ook die aardbewing ’n ruk daarvoor waarvan die episentrum by Swellendam was.

    Daai ene onthou Herrie goed. Dit was ’n ruk na middernag, en Herrie het om die een of ander wakker gelê en om die een of ander rede gevoel sy kop draai. Skielik het die draaigevoel in ’n geskud oorgegaan, en in ’n ander rigting.

    ’n Rukkie later tref dit Herrie. Maar daai was mos ’n aardbewing! Herrie vlieg op, en draf deur die huis. Ma was op die vibreermasjioen, en het die aardbewing nie gevoel nie.

    Pa was op die onderste verdieping in die studeerkamer besig om aan sy tweede doktoraal te werk. Hy het ook niks gevoel nie. As pa gekonsentreer het, kon ‘n bom langs hom afgaan.

    Die volgende oggend, by die skool, doen Herrie navraag, maar loop net ’n erge gespot van die kinders op die lyf. Almal meen Herrie het hom ‘n aardbewing verbeel. Dis mos nie iets van onse wêreld nie. Terug by die huis lui die hoofopskrif van Die Burger dat daar ’n aardbewing was.

    Maar toe die Tulbach-skuddings ’n rukkie later kom, het niemand meer niemand gespot nie. Selfs die naskokke maande daarna, het groot kommer vir sommiges, en groot opwinding vir ander veroorsaak.

    Een van die redes vir die opwinding was dat ‘n mens hulle kon hoor aankom. Veral by die skool was dit afwisseling, want voor ‘n mens kon sê “mes” het die hele klas buite gestaan. Geen onderwyser het dit durf waag om ‘n klas te probeer terughou nie, want aardbewings is mos gevaarlike goed.

    En iets, gewoonlik ‘n vragmotor, hoef maar net effens soos ‘n aardbewing te klink, dan staan die klas buite. Van die onnies kon al slange kou oor die tydige en ontydige ge-klaskamer-ontruimery, maar netnou is dit die ware Jacob en die spul is gemaak bly sit.

    By die huis het Herrie sy ontsnaproete gehad. By die balkondeur uit, oor die motorhuis se dak, en spring tot op die grasperk. Dan uithaal vir die sypaadjie.

    Nee, nie om weg van die gevaar te kom nie, om in die straat te kan kom. Want dit het ‘n besienswaardigheid afgegee. Dis verbasend hoe baie mense, as daar ‘n aardbewing kom, alles net so los en uithardloop. Selfs mense in die bad of stort – of veral hulle – los alles.

    Eers in die straat kry van die huismense hulle met handdoeke en ander toewikkelgoed ingehardloop.

    Maar maak nie saak hoe vinnig Herrie in die straat gekom het nie, hy was nooit by benadering die eerste daar nie. Die rede hiervoor was dat ‘n mooi jong Duitse vrou van ‘n huis daar naby wat in die bad was, een keer voor haar man, wat met die handdoek agterna gehardloop het, die straat gehaal het. Die laatslapers het dit heeltemal gemis. Van toe af was die hoërskoolseuns en die groterige laerskoolseuns almal los voor die ander mense in die straat, en naby die Duitse vrou se huis saamgetrek. Wie weet?

    Teen die tyd dat die Herrie saam met sy ouers, boet en sus Bloemfontein toe verhuis het, was die naskokke klaar geskok. Die Duitse vrou het toe al lankal geleer om in die verbyhardloop haar japon te gryp, en in die hardloop gang af aan te trek. Dit het nogtans gelyk of die aardbewings geweet het wanneer sy in die bad was.

    Jare later het Ma ‘n grondjie, Eldorado, buite Onrus gekoop. Hier was voorheen ‘n fontein, maar het die verkopers vertel, met die Tulbach-aardbewing het hy opgedroog. Op die grond langsaan het daar twee fonteine ontstaan.

    Nie lank in die Rosestad nie, drink ons by ouma in haar woonstel tee na kerk. Dis toe Herrie onmiskenbaar daai geluid hoor, en straat toe verkas. Omtrent niemand is saam nie, maar ‘n dag later kom die nuus die aardbewing het darem ‘n woonstelgebou in Welkom, genaamd Tempesthof, inmekaar laat tuimel.

    Toe verneem Herrie van Welkom wat so aardbewingwêreld is, en soms voel ‘n mens van die skuddings in Bloemfontein se noordelike en westelike woongebiede.

    ‘n Slag sit Herrie in ‘n vergadering in Welkom, toe ‘n ligte aardbewing toeslaan. Herrie gaan sit net regop, en maak bietjie grootoog. Herrie is immers ‘n ou hand met aardbewings. Maar die ander mense in die saal kyk soos een man na Herrie, sien die grootoog, en lag: “Buitestander wat niks gewoond is nie!” staan oor hul bakkiesse geskryf.

    “Julle is eintlik die mense wat niks gewoond is,” probeer ek met lyftaal weggee. Daar waar ek vandaan gekom het, was hierdie soort aarbewinkies sulke vulletjies, ons het nie eens uit die klas gehardloop nie.”

    Gou vind ek uit Welkom is nie al plek in die Vrystaat wat vir aardbewings sorg nie. In die Suidwes-Vrystaat by Koffiefontein rond, is daar ook iets, maar die geoloë raai bietjie wat dit kan wees, want dis diep. Hierdie aardbewings is ook lig, maar moes nogtans verreken word toe die Vanderkloofdam gebou is.

    Hoewel ligte aardbewings, kan ‘n mens hulle soms in Bloemfontein se suidelike en westelike dele voel. Waar Herrie bly, in die weste, kan die aardbewings van Welkom af, en van Koffiefontein af, soms gevoel word.

    By geleentheid was Herrie ook in Los Angeles en San Francisco, die twee stede wat na bewering net wag om deur aardbewings in puin gelê te word, maar tydens Herrie se besoek was daar niks om oor huis toe te skryf nie.

    Nou kan Herrie ook so ‘n bietjie eerstehands van vloede praat, soos dié in ’88. Behalwe dat Herrie se huis se dak die eerste keer begin lek het, het die vloed Herrie nie te veel geraak nie. Wel was Herrie in ‘n vliegtuig wat in Kimberley al die bagasie moes aflaai om weer te kan opstyg, oor die baie water op die aanloopbaan.

    ‘n Vroeëre vloed het ‘n groter indruk gemaak. Dit was net na die Krugersdriftdam naby Bloemfontein klaargebou was, en die Biologie-onnie gekla het oor sy mielies wat so vergaan van die dors.

    Toe begin dit saggies reën, die heel dag, en die heel nag, en weer die heel dag. So ‘n daar dae later trek daar in die reën ‘n donderbui verby, en die dominee meen dis dalk ‘n teken dit gaan ophou reën. Sommer gou was dit duidelik dat ‘n kerkkamp by Glen in die slag gaan bly, want die rivier loop kant en wal.

    Hier teen die vierde dag kla die Biologie-onnie sy mielies begin omval. Uiteindelik het dit sewe dae en amper sewe nagte gereën.

    Toe dit rugbaar word dat die nuwe dam gaan oorloop, toe reën dit steeds. Baie Bloemfonteiners het dam toe gery vir die skouspel. Die mense wat daar was, vertel sommer met die eerste oorspoelslag is ‘n bees en ‘n likkewaan oor die wal. En hoewel Herrie dit nie self gesien het nie, het dié prentjie helder opgedoen toe Herrie jare later amper met oom Pierrie se seilplank en al oor daai einste wal is.

    Die vorige Saterdag nog het Herrie heel lekker op oom Nico se plaasdam reggekom met ‘n seilplank, en toe oom Pierrie vra, is Herrie vol bravade op die seilplank.

    Dam in gaan dit te lekker, maar toe Herrie omdraai… Toe gaan kuier Herrie by die karpe en babers doer onder. En skaars is Herrie regop, ruk die wind weer en Herrie gaan soek weer sy visvriende op. Intussen sleep die siedende watermassa al nader aan die wal.

    Gelukkig het ‘n bedrewe ou Herrie en die plank kom uithaal.

    Herrie se sus het heelwat meer oor vloede te vertel, want sy bly by Kleinbak, en voor dit so droog loop word het, was daar twee vloede daar, en ‘n hele klomp huise onder water. Van haar vriende verskil oor watter vloed nou die ergste was. Die mees betroubare vergelyking is hoe hoog die modderwater die wit wasgoed op die wasgoeddraad bruin gekleur het.

    Een ou het net begin regmaak om uit sy oorstroomde huis te trek, toe hy iemand aan die venster hoor klop. Hy gaan kyk. Dis toe ‘n benoude pofadder wat verbydryf, en teen die venster pik. Hy is heel duidelik half teë daarop om skielik bietjie weg te breek see toe.

    En al het Herrie van oom Pierrie se seilplank amper ‘n selfmoord-branderplank gemaak, het Herrie darem nie soos oorle Koos aspirasies om as hy eendag in die hiernamaals aanland, vir almal te gaan vertel nie.

    Sien, met die ‘88-vloed het Koos les opgesê. Doer in die Wes-Vrystaat het hy nie veel daarvan gemaak toe daar ‘n paar jaar tevore ‘n sandduin tussen twee koppies op sy plaas gaan nesskop nie.

    En voor ‘n mens nou die dorre Wes-Vrystaat vlak kyk oor vloedvermoëns, dit kán erg oorstroom word. Met die ’88-vloed het die sersant op Jacobsdal na bewering glo eers al sy eie huisraad, hond, kat, skape en selfs ‘n vark met die polisie se boot na veiligheid geneem voor hy die ander inwoners begin wegry het.

    By die siedende Modderrivier het ‘n klomp plaaskindertjies pret gemaak deur aan hul bene aan ‘n pyp oor die rivier te hang, hul koppe rakelings bokant die bruisende water.

    Toe die een outjie se bene losglip, en die kannetjie onder die water in verdwyn, het sy maters van hom afskeid geneem.

    ‘n Ruk later daag hy papnat en bedremmeld soos ‘n spook op. ‘n Ent verder af het boere ‘n net oor die rivier gespan om te kyk wat hulle alles uit die vloedwater geskep kan kry. En was hul verbasing groot toe die knapie teen die net uitgeklim kom.

    Maar met daai vloed kry hy toe teenspoed. Tussen die twee koppies loop ook ‘n baster donga-spruitkruising, en dié had selde water, en as daar water in is, ook maar effentjies. Koos meen toe die duin sal ook mooi help dat die donga mooi met spoelgrond opvul. En so aan.

    Maar toe kom daai vloed, en die spruit is naderhand ‘n siedende rivier, en dam op en dam op teen die duin. Naderhand sien Koos van HKGK, hier kom groot kommer, want toe kom hy agter sy plaas, opstal en al, lê in ‘n kom, en daai duin lê in die uitgang. Trappie vir trappie begin die water teen sy huis styg, en kom al nader aan die voordeur.

    En net toe die watertjie die laaste trappie vat, toe hou ‘88 se vloed op, maar die afloop is nog sterk, en die water styg by daai trappie verby, duim vir duim na die voordeur toe. Maar net toe die eerste golfie huis in spoel, en Koos begin sandsakke nadersleep, toe begin die water daal.

    En Koos verwissel kort hierna die tydelike met die ewige.

    Daar by die hiernamaals gekom, is sy gedagtes nog vol van die trauma, en hy begin almal vertel. Maar nie lank nie, toe kom hy agter dit gaan hom ‘n halwe ewigheid en ‘n aks neem om vir almal te vertel.

    Na bepeinsing is Koos na Petrus toe, en stel sy probleem. Is dit nie moontlik om almal op een slag in die goue stadion bymekaar te laat kom, dat hy sy storie vertel en klaarkry nie?

    Petrus stem in, en ‘n paar dae later kan Koos sy storie vertel. Maar net voor hy begin, sê Petrus vir hom: “Koos, moet nou nie aanhou vir die mense kluitjies vertel van jou skaap het leer kameeldoringboom klim nie. Hier is ‘n liegery, selfs van groot skrik, heeltemal taboe. En vandag sal jy jou storie van die vloed moet ken, olie Noag is ook in die gehoor.”

    вертолёты на радио управлениитопкарго развод

  • Verdien Suid-Afrikaanse media hul mediavryheid?

    Om hierdie artikel te skryf, is soos om met die hande agter die rug vasgemaak te skryf omdat ek nie ‘n vertrouensposisie met ‘n paar mense wil skend nie. Ek vra dus by voorbaat verskoning vir vaaghede as dit by sekere “bewyslasse” kom.

    Dié verhaal het hom Donderdagmiddag begin ontvou. Ek het gewag vir die goedkeuring van ‘n paar mediaverklarings sodat ek dit kon uitstuur, waaronder ‘n party se Erfenisdagverklaring vir die volgende dag.

    So saam met hulle, amper ongemerk, kom ‘n verklaring in van die mediavryheidsdrukgroep, Verslaggewers sonder Grense. In Engels staan hulle as “Reporters without Borders” bekend, maar omdat hul hoofkantoor in Parys is, staan hulle meer dikwels onder hul Franse naam bekend.

    Die verklaring is in Engels, met die Frans daaronder.

    Dis ‘n stukkie geskiedenis oor hoekom die verklaring by my uitgekom het. Jare lank monitor ek hul webwerf gereeld, want onder meer hou hulle die wêreldwye persvryheidsindeks by. Hulle hou ook rekord van hoeveel joernaliste tot dusver die jaar in die uitvoering van hul werk gesterf het, en hoeveel in aanhouding is. Hulle hou afsonderlike data vir mense wat by hul regerings teenspoed kry oor internet-nuusverspreiding, ook by.

    Hul databasis is besonder akkuraat en vinnig van die merk af.

    Toe Suid-Afrika in 2006 ook mediawetgewing oorweeg het, het Suid-Afrika  van die 22ste posisie in 2003 van die 44ste posisie op die persvryheidsindeks in 2006 teruggesak. Bykans oornag het Suid-Afrika van die mees persvrye land op die kontinent by ‘n hele paar Afrikalande verby teruggesak. En hoewel Suid-Afrika geleidelik na die 33ste posisie teruggeklim het, is lande soos Ghana en Mali steeds meer persvry as Suid-Afrika.

    Maar toe die ANC nou met sy jongste beoogde mediawetgewing, waaronder die mediatribunaal, begin, toe swyg Verslaggewers sonder Grense. Toe ‘n joernalis gearresteer is, steeds.

    In ander Afrikalande kan die regering nie skuins kyk vir die media nie, of daar is berigte op Verslaggewers sonder Grense se webblad, en oproepe om sagter met die media om te gaan.

    Kan die hoof van die organisasie se Afrikalessenaar nie Engels genoegsaam volg nie, dat so op Franssprekende Afrika gefokus word? Maar Soedan is deurlopend in die spervuur. Dus raak dit nie kant of wal nie. Dit bly nog onbeantwoord.

    Ek het begin Engelse berigte oor die tribunaal aanstuur. Hieronder tel ‘n berig oor die New Yorkse Freedom House wat Suid-Afrika van ‘n mediavry land na ‘n land met gedeeltelike mediavryhied afgradeer. Naderhand maak ek ‘n “group” van alle moontlike beskikbare adresse van Verslaggewers sonder Grense, in die VSA, Switserland, Duitsland, Swede – almal. En ek stuur!

    En hier, op die vooraand van die afsluiting van die ANC se kongres, kom die mediaverklaring, en ek stuur dit op my adreslyste aan.

    Gedagtig aan hoe die media op Freedom House se herklassifisering gereageer het, verwag ek ‘n groot storie.

    Ek stel dus ook dadelik ‘n konsep-mediaverklaring vir die party op wat ek met hul mediaverklarings help, ‘n klein konserwatiewe Christen-demokratiese party. Vroeg Vrydagoggend het ek die groen lig, en stuur dit uit. Terselfdertyd stuur ek my daaglikse nuuskommentaar uit wat ek oor dieselfde onderwerp geskryf het.

    Omtrent die eerste reaksie wat ek kry, is dat ‘n streekkoerant in die Overberg vra dat hulle van my adreslys verwyder word. Heel toevallig het die KZN Witness ‘n dag of wat tevore dieselfde gevra toe die CDP in ‘n verklaring bietjie onder die ANC (met die kongres in Durban) ingeklim het. Na ek vanoggend die Witness se redakteur se kwota-artikel in Rapport gelees het, is ek nie verbaas dat sy koerant gevra het om van die adreslys af te kom nie.

    Persoonlik beskou ek dit as kleinlik, veral omdat ek vir ander instansies ook soms mediaverklarings uitstuur, gewoonlik gratis. Soos die outismevereniging, omdat my eie jongste ook outisties is.

    Dat A nie van B wil hoor nie, is ek al gewoond. Die “briljante” politieke verslaggewer van ‘n groot Afrikaanse koerant het ook al versoek dat hy van die CDP se adreslys gehaal word na ek in ‘n ander hoedanigheid die betrokke joernalis se kop bietjie deurmekaar gekrap het toe hy twak geskryf het. Selfs ‘n brief aan die redakteur om die lug te probeer suiwer, het niks gehelp nie. Daardie groot koerant ignoreer die CDP steeds soos ‘n stopstraat. En die CDP was nie deel van die onderonsie nie. Dis soos om die supermark te boikot oor hulle ook brood aan jou slegte buurman verkoop.

    Kinderagtigheid kom voor, al is die betrokke koerant hoe groot.

    Maar gegewe die groot bohaai oor die ANC se beplande media-aksies, verwag ‘n mens dat verslaggewers by die persoon agter die verklaring verby sal kyk, en die verklaring op sy meriete sal hanteer. In dié verklaring word die ANC in geen onduidelike taal nie gewaarsku om te herbesin.

    Boonop, let ek, het SAPA (wat ook op my adreslys is) die verklaring twee keer uitgestuur. Uiteraard is my naam nêrens ter sprake nie. Uit de elektroniese argiewe kom ek agter dat beide News 24 en IOL die Sapa-berig gedra het.

    Behalwe dat Praag die betrokke nuuskommentaar dra, is daar so ver ‘n mens uit die verskillende argiewe kan agterkom, nog bykans niks.

    ‘n Groot uitsaai-instansie het wel dankie laat weet, hulle gaan op ‘n gegewe tyd in hul aktualiteitesprogram oor die naweek iets daarvan maak. Saterdag luister ek, maar in plaas hiervan, word iets uitgesaai oor buitelandse joernaliste wat hul positiewe menings uitspreek oor hoe die aanbied van die sokker-wêreldbeker hul persepsies oor Suid-Afrika positief beïnvloed het.

    Het die base dalk vooraf op die voorgenome insetsel afgekom en dit laat vervang met iets wat meer in lyn met die ANC se beklemtoning, tydens sy Durban-kongres, van die sokker-eenheid is?

    Ook binne die gedrukte media spring ‘n senior persoon in om die belang te beklemtoon, maar skynbaar sonder sukses.

    Toegegee, die verklaring kon beswaarlik op ‘n slegter tyd gekom het. Ten eerste was dit die Donderdagmiddag laat, waar die Vrydag ‘n vakansiedag, en dit dus ‘n langnaweek is. Baie koerante sou dus in daardie stadium met ‘n verminderde personeelsterkte werk, en boonop meestal onervare personeel.

    Maar juis dit is rede tot kommer. Al hoe meer kom ‘n mens agter dat die nuwe generasie verslaggewers wat algemeen kennis en nuusinsig betref, net nie van dieselfde stoffasie is as die ouer mense is, wat boonop op groot skaal uitgewerk word nie.

    Dié probleem kom al ‘n ruk aan – ‘n generasie wat die produk van nuwe persepsies is waar retoriek ongelukkig te dikwels in die plek van feite geplaas word. Nuuskabouters in plaas van nuushonde, dus.

    Nuusoordeel bly subjektief. In die vroeg 80’s het ek ‘n artikel geskryf oor die olie wat op die Agulhasbank ontdek is. Volksblad het dit iewers diep in die koerant as ‘n smal kolomberig geplaas. Niks aardskuddend nie.

    Presies tien jaar later is ek toevallig in die Kaap en lees die Burger. Op die voorblad word groot aangekondig oor die olie wat op die Agulhasbank ontdek is. Trouens, die berig is amper woordeliks dieselfde as my berig van tien jaar tevore.

    Die vraag dus: Was daar onder die naweekjoernaliste nie een wat geweet het hoe belangrik Verslaggewers sonder Grense se waarskuwing aan die ANC was nie? Is almal aan diens waaragtig mediamamparras?

    Uiteraard was die ANC-kongres die groot nuus. Dit is enersyds hartseer, want dit is so simptomaties van ‘n de facto eenpartybedeling.

    Maar andersyds – juis omdat die ANC so groot nuus is, en so ook die planne van onder meer ‘n mediatribunaal – juis daarom sou Verslaggewers sonder Grense se waarskuwing hierdie berigte impetus gee. Rapport se hoofartikel handel trouens oor die ANC se mediaplanne.  Die skrywer(s) hiervan het duidelik nie van die verklaring van Verslaggewers sonder Grense geweet nie, wat beteken iemand in die pyplyn was vas aan die wakker, of het die belang onderskat, wat net so swak reflekteer.

    As die media dan self so onbevange is oor sake wat hul toekoms raak, is dit dan nodig dat ander aktiviste hulle so moet uitsit vir mediavryheid?

    Daar is inderdaad ‘n ander saak ook uit te maak.

    Kom ons laat Pallo Jordan se jongste uitsprake daar oor hoekom ‘n mediatribunaal nodig is (dis in elk geval duister hoe hy meen die mediatribunaal kan as “oplossing” beskou word vir die “probleme” wat hy identifiseer).

    Vroeër vanjaar verskyn die Reitz 4 weer ‘n keer voor die hof sodat die saak uitgestel kan word. Die landdros waarsku by dié geleentheid die media en die politici om nie die uitspraak vooruit te loop nie. En die vier prematuur skuldig te bevind nie, en rig juis die waarskuwing omdat dit in soveel oorvloed besig was om te gebeur.

    Die eerste Sondag hierna plaas Rapport ‘n brief van ‘n leser wat na die Reitz 4 as misdadigers verwys en wat nog nooit om verskoning gevra het nie. Nie alleen word die woes met die landdros se opdrag omgegaan nie, maar ook met die waarheid. Die Reitz-vier het al by geleentheid om verskoning gevra, en die berig was onder meer in Volksblad en Beeld gedra, maar nie Rapport en Die Burger nie (geoordeel aan die koerante se elektroniese argiewe nie). Sapa het dit ook gedra, en so ook minstens twee koerante oorsee, maar so ver as wat vasgestel kan word, nie ‘n enkele Suid-Afrikaanse Engelstalige koerant nie. Dit het onder andere daartoe bygedra dat die ACDP (ek het geen respek vir hierdie party nie) geweier het om te aanvaar dat die Reitz 4 wel verskoning gevra het (daar word net op die Engelse pers gereageer).

    Rapport word by die Persombudsman verkla, wat die saak afwys. Soveel vir selfregulering.

    Dit wil voorkom asof ook die gedrukte media besef dat die selfregulering gebrekkig is, want al hoe meer stemme gaan op dat dié kwessie weer onder die loep geneem moet word.

    Daar is ‘n ander dimensie. So half uit die bloute, op 23 Augustus vanjaar (2010), verskyn daar in verskeie koerante en ander media ‘n berig oor hoe wonderlik persvry Suid-Afrika is. Die skrywer gebruik die byna jaar-oue 33ste plek wat Suid-Afrika op die Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks beklee. Niks word vermeld dat Suid-Afrika ‘n paar jaar vroeër nog die 22ste plek en mees persvrye land in Afrika was nie (destyds het die regering se kommunikasiearm wel groot gewag daarvan gemaak, en die vorige jare se plasings kan op dieselfde webwerf gelees word).

    In die artikel van 23 Augustus word groot gewag gemaak van die feit dat Suid-Afrika onder die mees persvrye land op die kontinent val. (Asof die land hoegenaamd kompetisie behoort te hê).

    Oor die artikel kan ‘n mens net vra: “Vanwaar gehasie?”

    Kom ek span bietjie paranoia in en vra: “Hou dit nie miskien verband met die skade van die berig oor Freedom House se herklassifikasie van Suid-Afrika tot net gedeeltelik persvrye land nie? Het die regering / ANC nie dalk een van sy mediastringers ingespan om hierdie berig in die media te plant nie?

    Sal iemand sy joernalistieke naam so met ‘n plank slaan sonder dat hy / sy darem nie op ‘n manier ruim kompensasie ontvang nie?

    Kry ‘n mens nie hieruit dalk ook ‘n antwoord oor hoekom Verslaggewers sonder Grense se Afrikalessenaar so besonder stram was om oor verwikkelinge in Suid-Afrika in rat te kom nie?

    Hoekom is die persvryheidsindeks so belangrik?

    Ek “plak” ‘n paar stukke hieronder. Die stuk oor die vergelyking tussen die verskillende indekse is in die begin van 2009 geskryf en die data is dus effens verouderd, maar nie die beginsel nie.

    Gaan Google my naam saam met woorde soos persvryheid, mediavryheid, press freedom, media freedom, en ‘n mens kry sowat 13 000 trefslae in totaal. (Max du Preez, wat as een van die grootste persveryheidsagitators in SA beskou word, het sowat 31 000 ooreenstemmende trefslae) Ek kan dus seker as ‘n persvryheidsaktivis beskou word.

    Maar nou, jammer, g’n niks meer aktivisme van my kant nie. Daai geveg kan die media self veg. Van my kant sal ek vanuit my vakgebiede, politieke wetenskap en staatsreg, steeds wys op die verband tussen ‘n vrye, verantwoordelike media en die demokrasie, asook die stryd teen korrupsie.

    Môre is die koerante se meeste groot kanonne waarskynlik terug (al is dit nou skoolvakansie) en sal ‘n paar koerantsnotkop-agterente waarskynlik geskop word. Maar al word die nuus nou gedra, is dit in die nuusomgewing maar ‘n geval van gister se nuus wat vandag se geskiedenis is.

    In die politiek word graag gesê in ‘n demokrasie kry die bevolking die regering wat hulle verdien. As die land prulmedia wil hê, dan is dit nou maar so.

    Dan word die onus swaarder op die internet, woernale wat nie skroom om inligting te gee nie al is dit polities sensitief, politiek inkorrek, al is dit gestroop van regeringsretoriek.

    Comparison of SA’s position on different indexes, February 2009

    The position of countries, including South Africa, has a remarkable correlation between their positions on various indexes.

    Business Bulleting compared South Africa ’s position on the available indexes after the country 61st position on the Heritage Foundation’s most free economies, after improving its position slightly by 0,4 percent.

    On the latest press freedom Index of Reporters without Borders South Africa also marginally improved its position to share the 36th position with a number of countries. A number of years ago South Africa held the 22nd position, well ahead of any other African country.

    On the corruption perception index, South Africa lies 45th.

    On the free economy index South Africa is lower than Mauritius and Botswana , on the press freedom index lower than Mali , Ghana and Namibia , and on the corruption perception index, lower than Botswana .

    To complicate matters further, another recent report judged South Africa to be the 15th most violent countries in 21 evaluated on the continent. Of those countries evaluated, South Africa came out as 21st most violent country in the world. South Africa ’s murder rate of above 40 per 100 000 per annum is far in access of the world average of 5 per 100 000. South Africa , with probably the highest HIV levels in the world, is also regarded as the rape capital of the world, despite only one in ten to one in 30 rapes being reported to the SAPS. The official rate is almost 80 per 100 000 per annum.

    Recent reports also indicated stock theft to be a mayor problem, being described as “the largest money making enterprise in the country.” This adversely affects the government’s land reform policies, as black farmers are often totally whipped out by stock thieves.

    “The image of our country needs to be improved if we want to draw fixed foreign investment,” said Dennis Dykes, chief economist of Nedbank in reaction to the Heritage Foundation’s report.

    The Heritage Foundation slammed the racial nature of Law influencing South Africa ’s economy, as well as the labour laws of the country which dampens economic growth and employment levels.

    Тепловойданильченко юрій броніславович

  • Toepaslike name

    Seker die mees toepaslike naam wat Herrie in ‘n lang tyd vir iemand gesien het, is die van die burgemeester van Delhi waar die Statebondspele binnekort moet plaasvind.

    En sake haper nog erg.

    Die burgemeester, mnr. Dikshit, sê die Statebond hoef nie te komkommer nie. Hulle kan maar net kom. Alles sal reg wees en daar sal nie nog brûe inmekaar val nie, en al die kakkerlakke sal uit die baddens van die atletedorp wees.

    Of mnr. Dikshit praat boel*&t en hy is in dik s&^%t, of hier kom ‘n ligte wonderwerkie.

    Gewoonlik, skooltyd, as die onnie eers die rottang uit die kas haal voor hy nog begin kyk het of die klas hul leerwerk gedoen het, is daar in die klas gemompel hier kom diep *&#t. Sommiges het suiwerder Afrikaans, naamlik van  *&%, gepraat.

    Dit was maar moeilik om nie minstens kniediep in die *&% te wees nie. Herrie se skooltas was naderhand amper so groot soos Paris Hilton se reistas, en heelwat swaarder. Dit wou nie op die fietse se rooster pas nie, en het mens hom nog daarop vasgewoel gekry, het die rooster weggebuig. Herrie was dus gewoond om die tas voor op die fiets se dwarsyster (daai pyp wat dit van ‘n meisiefiets laat onderskei) te sit, met die helfte wat voor oor die handvatsel gesteek het.

    Maar selfs dan moes nog kopgekrap word oor watter boeke die dag by die huis kan bly, want alles wou nie in die tas pas nie. Vir biologie alleen het ons drie boeke gebruik, die een groter en dikker as die ander, en dan nog ‘n plakboek waarin afgerolde notas gekom het. En die boek waarin die huiswerk gedoen moes word. Vir wiskunde was daar net soveel boeke, alles in Grieks geskryf (want wiskunde was en is vir Herrie Grieks).

    En beplan soos mens wil, die boeke wat agterbly is juis die boeke wat die onnies daai dag wou gehad het ‘n mens moet saambring.

    Dan is ‘n mens weer in dik &%$.

    Herrie het dikwels gevoel ‘n mens beland darem heel onbillik in diep (*&.

    Maar na 1994 was Herrie darem regtig onder vreemde omstandighede in diep &^%$t.

    Die plaas met die jeugsentrum, Roodewal, is by Herrie se subdirektoraat geplaas. Terselfdertyd is ‘n horde ontslaande stakers van Botshabelo heraangestel, maar omdat daar reeds ander werkers in hul plek aangestel was, was daar nie werk vir die oues nie. Herrie kry toe ‘n klomp bome by die staatskewkery, en vra of die surplus-arbeiders nie op Roodewal by die atletiekbaan kan kom gate graaf vir die bome nie. So gesê, so gemaak.

    Na ‘n week pleit die plaasbestuurder dat Herrie die spul laat onttrek. Hulle het nog nie ‘n halwe gat gegraaf nie, en nou begin die plaaswerkers ook kopsku raak vir werk.

    En hulle het van sit op die grawe, die grawe se skepgedeeltes omgebuig! Herrie het nie eens geweet dis moontlik nie.

    Herrie gaan graaf toe self. Kyk nie eens in die rigting van die grawers nie. Wil net wys wat die term “werk” beteken. Herrie graaf drie gate, voor sy hande te veel waterblase het. Die “werkers” het so half tien op Roodewal aangekom. Toe word eers gebrekvis. Na brekvis is dit teetyd, en kort hierna, etenstyd. Na ete word ‘n uiltjie geknip, toe word die grawe so bietjie heen en weer gesleep, en toe tee gedrink, en toe opgepak sodat hulle tsjailatyd (seker so half drie) weer in Botshabelo kan wees.

    En toe is Herrie in dik *&%4. Herrie is verkla dat hy hulle gaan “optsjek” het.

    So twee jaar gelede is die plaas as restitusieplaas aan ‘n gemeenskap “teruggegee.” Herrie het nog nie gaan kyk of die drie bome wat geplant is (in die gate wat Herrie gegraaf het) nog staan nie.

    регулятор давленияФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Van spaais en agente

    SpioenHerrie lees die minister sê die inligtingswet is nodig want daar is soveel spaais en agente in die land wat dinge wil verander. En dit, sê die minister, is verkeerd en lelik.

    “Pa, beteken dit die Skerpioene was lelike spaais omdat hulle die land probeer verander het van ‘n roofdierstaat na ‘n piesangrepubliek?”

    Dit is te veel vir Herrie, en hy laai oudste in die kar, en ry na slim neef Herrie Spaai toe.

    Neef Spaai se huis is so goed gekamoefleer, Herrie ry eers drie maal verby. Gelukkig onthou Herrie neef Spaai het eendag gesê sy klokkie is waar niemand ooit kyk nie, en kry dit toe in die watermeter se kassie.

    Uiteindelik sit ons in die sitkamer, en Herrie stel sy vraag. Neef Spaai kyk oor sy skouers, loer gou agter die skilderye en onder die kussings, en fluister toe: “Julle vra na agente en spaais?”

    “Ja,” seg Herrie, “Ek dog mens kan nou alles net Google. Niks nodig om geld te mors om spaais aan te hou nie. En vandag se kinders en jong mense maak in elk geval net soos hulle wil, dis geldmors om veranderingsagente aan te hou.”

    “Dis nie die probleem nie,” fluiter neef Spaai. “Ons veranderingsagente is gewoonlik derdekolonners. Maar dis ‘n vreeslike geheim.”

    “Nou hoe bedoel jy?”

    “Maklik. Wie het ‘n studietoer na die wêreld se laaste ekonomies-kommunistiese paradys, Kuba, onderneem?”

    Die lig gaan vir Herrie op. ‘n Mens het nie ‘n “H” in houtwerk nodig om daai een uit te pluis nie.

    “En wie het ‘n studietoer onderneem om te gaan kyk hoe Bob sy grondhervorming gedoen het?” ‘n Mens het ook nie ‘n “W” in wiskunde nodig om daai sommetjie te maak nie.

    “En wie het gesorg dat die weermag meer soos ‘n hospitaal met stukkende ambulanse as ‘n weermag lyk?” Sjoe, dan sit die vyand darem in hoë plekke.

    “En wie het so baie skelms in die polisie aangestel? En faaier hulle nie as hulle uitgevang word dat hulle die armes se geld gesteel het, en so die land se plofbare klimaat opjaag nie?”

    Oudste snap gou: “En ja, wie kies die ou krokke vir die Springbokspan?”

    Herrie vang saam gees: “Ja, en Swaziland het g’n veranderingsagent in Suid-Afrika nodig om die staatshoof te inspireer om ook ‘n harem aan te skaf nie.”

    “En hoe lank was dit nodig om Gapsa ook van die spoor af te kry, en sommer ‘n  vrot pampoen op die rugbyveld te rol? Net een deplooiment.”

    Herrie en oudste is nou heel by. “Die belangrikste is natuurlik om nie paranoïes te word nie,” sê neef Spaai en hy loer gou weer oor elke skouer, “anders is mens vreeslik wantrouig. Dan begin mens aan sensoritis en tribunalitis ly.”

    Onder die dekking van die grassnyer en die weed eater sluip Herrie en oudste terug na kar wat onder ‘n kamoefleernet weggesteek is. Na ‘n kwartier kry ons die kar. Terwyl Herrie terugry huis toe speel die rillings rugby in Herrie se nek.

    “Pa, sal buitelandse agente nie dalk beter vir die land wees nie? Kyk net hoe goed het dit gegaan toe oom Sep die land onder Fifa se administrasie geplaas het. “

    Herrie kyk in die truspieëltjie voor hy fluisterend antwoord…

    игры для девочкамФильчаков Александр Васильевич