Sonde met Skutter Schutte!

Tydens die bosoorlog het my vriend, die makgemaaklte Ier, Brian MacGrath, dit nie te hotagter, of “for that matter” te “hot” van voor af ook gehad nie omdat hy teen die Zimbabwiese grens “ontplooi” is.

Ek verkneukel my nogal in die lawwerige militêre term “ontplooi” want Brian is ‘n bonkige kêrel en dit sou wragtag “some serious unfolding” kos om hom heeltemaal te kon “ontplooi!”

Nou vertel hy vir my dat hy en Faan Verster en ‘n jafeltjie daar uit die “suburbs,” ‘n klein Schutte, ‘n sekere gedeelte van die grens te voet moes patrolleer

Hulle dra hulle gewere en die res wat hulle nodig het in hulle rugsakke saam. In die rugsak is daar dan o.a. ook die berugte “rat pack,” jou mond- of pensproviand as jy dit so wil noem. Dit was kos waarvan jy sekerlik nie sou doodgaan nie, want voedsaam was dit voedsaam, maar net sodat jy dit nou nie in drie kort sessies alles gaan staan en opvreet nie, het die dieetkundiges, baie slim mense daar doer in Pretoria, dit so onsmaaklik as moontlik gemaak.

So vreksleg dat een troep beweer het hy wou dit vir ‘n rot voer, maar die het sy neus daarvoor opgetrek!

Om die voedsame maar onuitstaanbaar slegte rantsoene aan te vul, koop hulle al langs die grens by die klein boerewinkeltjies allerhande lekkernye. Heerlikhede soos kondensmelk, sondige, nuttelose witbrood met ‘n piepklein blikkie goue stroop daarby.
Soms sjokolade, lekkers, pakkies Japansuiker en op ‘n keer selfs ‘n paar pakkies versiersuiker! Hulle koop springmielies en spring dit met ‘n bietjie margarien in hulle varkpanne dat dit later self soos oorlog klink. Heerlik!

Soos ‘n “band of brothers” behoort te doen, wil hulle alles deel.
Maar nie skutter Schutte nie! Moenie glo nie.

Skutter Schutte moes eerder skutter Stoker geheet het, sê Brian, omdat hy so baie rook. En ons weet mos nou al dat ‘n roker een van die selfsugtigste goed op aarde is.
Dan is hy nou blykbaar bang dat sy twakgeld sal opraak en dan gaan hy hel hê as hy nie kort-kort in die kortstondige nirvana van nikotienverdowing kan invlug nie. En die wrede werklikheid vol en onverdoofd in die gesig moet kyk.

Wat meer was, was dat hy niks, maar niks anders ook ooit met ‘n andereen sou deel nie. Nie eers die laaste krummeltjies onderin ‘n pakkie klaargekerfde biltong nie. Nee, die skud hy in sy onversadigbare keelgat af terwyl die kwyl uit jou mondhoeke drup.
Maar daar is nog erger, vertel Brian, terwyl hy hom duidelik weer vir die selfsugtige vraat vererg, hy het verskriklik maklik van ‘n ander iets afgebedel. “Hoe lyk dit met ‘n lekkie van daai Japansuiker, hè pel?” of “Gee ‘n slukkie van daai lekker kondensmelk, my maat!”
Dan suip hy sommer die hele blik leeg!

Brian se Ierse humeur het nie vanweë sy ma se Boerebloed verdun geraak nie, verseker ek jou en hy vererg hom bloediglik vir so ‘n gebrek aan kameraderie in ‘n bos waarin die dood kan skuil.

Hy moet ‘n les geleer word, hy moet weet waarvoor hy gestraf word en daarmee ophou. Dit is die Ierse manier.

Weer ‘n boerewinkeltjie naby die grens. En wat sien Brian daar? So wragtagwaar, ‘n goeie voorraad Brooklax. Iemand hier in die eensaamheid moes sekerlik op ‘n keer erg gekonstipeer geraak het.

Daardie aand maak hy fluitend ‘n soort melkskommel wat hulle soms van poeiermelk en sjokolade aangemaak het, aan en presenteer daarvan ook gul aan skutter Schutte. Skutter Schutte is so behep met homself, hy is glad nie agterdogtig oor die skielike mededeelsaamheid nie. Buitendien is hy permanent so in die waas van ‘n Stuyvesant gehul dat hy glad nie opmerk dat sy “sjokolade” nie dieselfde as die ander twee s’n is nie.
Hulle drink aldrie ‘n hele paar bekers uit. “Hoe kry jy hierdie keer so ‘n besondere smaak daarin?” wil hy nuuskierig weet.

“Dis my geheim, mein guter Kamerad!” lag korporaal McGrath in sy ruie baard in.

Teen namiddag toe hulle slaapplek soek, sien hulle dat daar ‘n potblou weer in die suidweste opsteek. Dit is somer en reënseisoen.
Hulle span hulle biffies tussen twee kleinerige boompies oop sodat hulle daaronder kan droogbly. Maar dis toe meer ‘n elektriese storm soos die binnelanders dit so goed ken en die blitse verlig byna die omgewing permanent terwyl die donderslae kort-kort jou ore laat sing.

Toe begin skutter Schutte se probleme!

In die bos is dit ‘n onverbiddelike reël dat jy jou tol aan die natuur buite sig-, hoor-, en ruikafstand moet gaan betaal.

Skaars is skutter Schutte onder die bliksemstrale en donderslae deur terug, of die aangejaagde natuur eis weer. En weer. En weer.
Brian lag uit sy maag: “Die rits van skutter Schutte se slaapsak sing lateraan soos ‘n lugafweersirene: sjoeieee, sjoeieee, sjoeieee…!”
Boonop begin Brian en sy medepligtige agteraf, as skutter Schutte weg is, allerhande woordspelings op sy van maak, soos : “Sssskutter Sssschutte ry vanaand die nagwa! Ssskutter Ssschutte- ry nie op ‘n donkie nie!” en erger dinge wat ek nie hier kan herhaal nie.

Later bedaar die onweer en skutter Schutte se besoeke aan die bossies word geleidelik minder en hulle raak aan die slaap.

Toe die visarend die volgende môre vroegdag sy Afrika-geluid oor die rivier snerp, het hulle groot moeite om skutter Schutte wakker en op te kry. Hy lyk vaal en uitgewas en beweeg asof sy bene vol sand geloop het.

Brian vra, duiwelskind soos ek hom ken, ewe gemaak-belangstellend uit na die vrome skutter se onverdiende probleme die vorige aand en verstommend genoeg, beweer Brian, is die kêreltjie toe so sag en opreg dat dit kompleet is asof hy ‘n geestelike kentering ondergaan het!

Die skutter sê toe glo: “Man, korporaal, ek kon dit nie verstaan nie; ek was nog nooit lief vir swaar weer nie, maar dit is die eerste keer dat my máág so daarvan werk.
Weet jy, elke keer as die weer slaan, was dit so amper in my broek!”

woes

il paralumeлобановский александр фото

My oupa het dit vir my gegee

My Oupa is op sekere maniere my lewe, en hy het my dalk nie met geskenke oorlaai soos ander Oupas met hulle kleinkinders doen nie. Tog het my Oupa vir my iets beter en baie meer belangrik gegee.

My Oupa het geveg vir die land waarin ons bly. Op die grens het hy sy familie as jong man agtergelaat en baklei vir vryheid en geregtigheid in ons land. Hy was ʼn man wat my geleer het hoe om braaf te wees.

My Oupa het geveg vir die taal van Afrikaans en was by toe die Taalmonument opgerig is. Hy het my geleer om trots te wees op my taal. Om my taal te laat groei en hom te praat, al word hy ook in die grond in getrap en verdruk. Hy het my geleer om dit nie net te sien as ʼn middel van kommunikasie nie, maar as ʼn erfenis en geskiedenis van my mense. Hy het my geleer dat jy moet opstaan vir dit waarin jy glo en om aan te hou veg, selfs al lyk dit of daar gee geloof, hoop of moed oor is nie. Hy het nog altyd geglo dat sy land, taal en mense die grootste geskenk in die wêreld is. En hy het daardie geskenk aan my gegee. In sy oë, die grootste geskenk wat hy ooit vir my kon gee. Hy het my ʼn herkoms gegee en my hierdeur laat verstaan dat dit beter as geskenke is. Dis nie iets aards nie, en juis daarom kan ek dit wat hy my gegee het op ʼn daaglikse basis saam met my dra.

My Oupa het ook seker gemaak dat ek geloof het in die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hy het my geleer om kinderlik te glo. Hy het my die geskenk van geloof gegee, wat nog iets is wat niemand ooit van my kan wegneem nie. Hy het my die geskenk gegee om te glo in God, maar ook om te glo in myself.

Hy het my die geskenk gegee deur my te leer dat ʼn mens nie gemeet word aan hoeveel keer jy val nie, maar hoeveel keer jy opstaan. Hy het gesê dat al is dit ook hoe donker, en al reën dit ook hoe hard, sal die son weer skyn.

En ek is dankbaar. Dankbaar vir die feit dat my Oupa aan my geskenke gegee het wat niemand van my kan wegneem nie. Hy het my die een ding gegee wat altyd blywend sal wees. Hy het geloof, hoop, liefde, trots, geskiedenis, herkoms en kennis aan my gegee. Dankie Oupa, ek kon nie vir ʼn beter geskenk gevra het nie…

dead or alive freeтопкарго

Liewe ma

Dag ma
Ek lees dat daar ver noord in Egipte die mense weer kwaad is vir die Farao en nou loop hulle en swaai hulle plakkate en dinge. Die Egiptenare lyk my is maar mense wat alles in oormaat doen en dalk sal daar ‘n Moses kom om weer so bietjie orde te kry. Die mense het nou die kar gevang en weet nie lekker wat om daarmee te maak nie.

Maar ma, ons het ‘n probleem met die oues van dae, Matewis en Otto. Ma sal hulle nog onthou van ma se laaste kuier. Ons twee wors honde. Altwee is RSG se “Iets vir iets” honde. Matewis het ons in Johannesburg gekoop nadat hy op “Iets vir Iets” adverteer is en Ollie hier innie Kaap ok nadat hulle hom op “Iets vir Iets” adverteer het. Dit was ou jare terug ma.

Matewis is eintlik ‘n vrouhond. Haar naam kom van daardie ou toneelstuk “Matewis en Meraai” waar Meraai vir Matewis sê “Praat nou” en dan skrik Matewis hom boeglam want hy ken nie van praat nie en Meraai bedoel eigenlik sy wil vry. Toe Lenie Matewis so in die oë gekyk het, het sy gesê – haar naam is Matewis al is dit ‘n vrouhond.

Otto kry sy naam nou weer van hoeka se ou springbok rugby speler Ollie le Roux want toe ons hom sien was hy so sterk en fris hondjie en Japie het gesê sy naam is Ollie. Ollie le Roux het ok mos vir die Vrystaat gespeel as ma sal onthou. Altwee is nou al in mense jare baie oud. Die slimmense sê mos een mense jaar = aan 7 honde jare. Soms voel ek ook so asof ek in een jaar sewe jaar ouer word. Matewis is dan 14×7 = 98 en Ollie 84. Matewis en Ollie is oud ma.

Eers het Matewis se oge so grys geworre en toe sien ons hy loop in alles vas en dat Ollie hom so stamp, stamp en in ‘n koers in druk. Dis erg ma om nie te kan sien nie, want Matewis weet nie wanneer is oggend en môre nie. Toe kom ons agter dat hy ons gefluit nie meer kan hoor nie, stadig maar seker het hy toe doof geword. As ons hulle roep, dan gaan Ollie eers na Matewis se koers en druk hom met sy neus in ons koers. Hy kan darem nog so bietjie ruik en die ou tande is net sulke kort stokkies solat ons hom nou maar pap kos voer.

Maar ma, sy stertjie waai en as jy hom bad of vryf dan kreun hy van die lekkerte en dis net waar ons besluit het dat al is Matewis doof en blind, ons hom gat oppas solank Ollie ons help met die navigasie tussen die huis en hulle hok. Ma, Matewis is grys van kop tot tone, so silwer grys maar die stertjie waai en smiddae as ek hulle se koekies en BoB Martin pille gee, dan is hy so opgewonde want ek weet hy kan ons nog so in sy gedagtes sien. Ollie is ook oud ma, so om die kiewe raak hy ok al grys en deesdae is die ogies ook meer grys as blink.

Ons het toe huisvergadering gehou. Wat moet ons doen met die twee oues van dae? Hulle is so deel van ons, die twee “Iets vir Iets” honde – hoe nou? Die antwoord, solank die veearts sê dat daar nie pyn is nie, bly hulle ons twee oues van dae. Maar, wanneer Ollie nie meer hand kan bysit met die nuisdrukkery en stampery van Matewis as hy so tussen die blomme verdwaal nie, dan sal ons ‘n groot besluit moet neem.

Ma, dit gaan goed met die twee oues van dae en ons hoop dat hulle nog so 7 honde jare vir ons gespaar sal bly, want hoe maak mens sulke waaiende stertjies stil ?

(Ware verhaal van ons twee word honde)
Groetnis ma : Bart

Liewe ma – van Bart is ook in boekvorm beskikbaar. Besoek www.woes.co.za > boekwinkel

русская народная рубашка для девочкиФільчаков прокурор

Hoedversierings innie die Namakwaland in

Ouma-goed het van Mosselbaai se wêreld gekom. ‘n Somer sonder die see sou tot haar dood ondenkbaar wees.

As jong afgestudeerde is haar eerste musiekpos egter op Nieuwoudtville, waar sy kort voor lank met die bankbestuurder, oupa Harry, afhaak. Oupa Harry het nie maklik aan sy geleerdheid – bankpapiere – gekom nie, en moes hom opwerk. Kort-kort is hy onder sy meisie uit verplaas. Pa-Jan sê hy het ‘n raam gehad vir die meisie se portret. Trek hy, gaan die raam saam, en op die nuwe dorp kry hy ‘n nuwe meisie wie se portret in die raam in kom.

So was hy nie meer heeltemal vandag se kind nie toe hy met ‘n bloedjong ouma Lita afhaak. Vier kinders was gou op die toneel, maar die jongste is ongelukkig kleintyd oorlede.

Nou soos ek aan Pa-Jan verstaan het, self lankal saliger, was daar wat die see betref drie soorte Namakwalanders. Die soort wat vakansies see toe trek na plekke soos Hondeklipbaai aan die Weskus toe, ander wat nie juis erg aan die groot dam gehad het nie, en die wat na die warmer water by Mosselbaai uitgewyk het.

Maar die wegblyers was mense van hul eie. Soos oom Maans Louw wie se bure so aangedring het hy moet een kersvakansie ook saamkom see toe. Een jaar kry hulle hom omgeloop, en toe die ander nog so besig is om kamp aan die Weskus op te slaan, toe is oom Maans en sy vrou-goed, ta Mieta, en die kroos ook daar.

Ywerig help die gesoute kampenaars vir oom Maans-goed tent opslaan en die kampplek regkry.

Maar so deur die loop van die dag siet oom Maans maar hier kom mos nou moeilikheid. Die see is besig om vol te loop, en die branders spoel al nader en nader na sy kampplek toe.

Toe hy sien die bure merk nie die naderende gevaar op nie, gaan maak hy alarm. Hy het juis gehoor dit het so kwaai in Basotholand gereent en die Oranje kom so sterk af, Kanoneiland neuk al om te versuie. Die bure glimlag, en beduie van getye. Getuies is hofgedoentes en oom Maans bly lugtig.

Die aand gaan slaap almal na ‘n heerlike fees van kabeljou. Die volgende dag is die Louws skoonveld – tente, kampbedjies, die hele lot. Net die spore oor die duine binneland in verklap daar is koers huis toe gevat.

Later verneem die ander, kon die Louws glo nie rus kry met die see wat so raas nie, en het toe verkas. Sommiges het bly meen oom Maans het die see wat so volloop nie gevertrou nie.

Die benoudheid moes regtig groot gewees het, want om terug by Nieuwoudtville te gekom het, moes Van Rynspas uit. En oom Maans had ‘n Model T-Fordjie, en dié neuk met die opdraandes uitry uit. Die soort karretjies moes die pas agteruit uit “reverse” sodat die petrol met swaartekrag in die enjin kom inloop. En daai se tyd was die pas nog half soos sy agterent, en oom Maans moes goed benoud gewees het om daai pas so in die donkerte uit agteruit te ge- “reverse” het.

Maar oupa-goed het seevakansies, soos ‘n klompie ander mense, teenoorgestelde kant toe gery om by die see te kom. Almal is nou al afgesterf wat betrokke was, maar smaak my daar is so Calvinia, Matjiesfontein om Mosselbaai toe gery. Land-in.

Of Oupa Harry se kar nou ‘n Model T-Ford was, weet ek nou nie. Wat ek wel weet is dat die kar nie juis ‘n bak gehad het nie. Die bagasie is met strêppe op ‘n “carrier” op die kar se skuins agterkant vasgemaak.

Ook weet ek hoede was daai tyd hoog in die mode. Tot haar dood het Ouma nog sulke ronde kyste gehad. Vir die hoede.

Elke kys kon ‘n hele lot hoede vat, en as die “carrier” klaar gelaai is, pryk daar ‘n hele lot ronde kyste agterop. Vir elke dag omtrent ‘n hoed, en vir party dae ‘n spaarhoed of twee.

En so word die pad binneland toe aangepak. Oupa Harry en ouma Lita voor, en pa-Jan, sy kleinboet Rons en ous SC agterin, saam met nog ‘n klomp bagasie want tot haar dood het ouma Lita enige moontlike spasie gebruik as verskoning om nog bagasie in te pak.

Om binneland in te ry het egter ‘n lastigheid. Hekke. En nie sommer enige hekke nie, maar smoelslanerhekke. Oupa Harry bestuur, en hy kan nie die hekke oopmaak nie. Ouma sou nie droom om hekke oop te maak nie, en sy het eers jare na sy weduwee geword het, en die sestig al geslaan het, ‘n liksens loop kry. Die kinders is nog klein en het te min murg in die pyp om smoelslanerhekke sonder die gevaar van ernstige ongevalle oop te maak.

Maar so is daar darem geleentheid vir vakansiewerkies vir die bruin kinders, wat gelukkig nog nie deur ‘n verbod op kinderarbeid verfongfaai is nie. So ry so ‘n bruin mannetjie buite op die spatbord saam ‘n ent die binneland in, en hoop dan om weer so ‘n geleentheid terug te kry. In ruil vir die geneuk met die smoelslaners kry hulle ‘n ietsie.

Pa-Jan sê hulle was al dóér, toe oupa in die truspieël sien een van die ronde kyste moes oopgegaan het, want daar is besig om hoede te makeer. Oupa Harry slaan ankers aan, en hy en die kleingoed peul uit om die skade te gaan betrag.

Ja-nee, die een kys het oopgekom en al amper al die hoede makeer. Pa-Jan sê hy het nog so met die terugkykslag gesien hoe die naaste hoed soos ‘n tolbos die bossieveld in hol tot dit teen ‘n bossie gaan vassit het. Maar nie voor dit ordentlik ver van die pad af gerol het nie.

Oupa en die kleingoed reken daar is nog genoeg hoedens oor vir die vakansie, maar ouma Lita skop vas. Terug sal daar geterug word om die hoede te gaan bymekaar maak.

“Daai hoedens sal een een de lot getsjarra word,” het sy beslis in haar aangeleerde Namakwalands gesê

Die bruin seun op die spatbord skop egter vas. Hy mag dalk nie ‘n vakbond hê nie, maar hierdie wending, weet hy, is duidelik nie in sy werksbeskrywing ingeskryf nie. Hy staak. En hy bly ook sommer net daar.

Daar is toe g’n ander genade nie. Hulle ry terug, en pa-Jan en boet Ronsie moet saamspan om die smoelslaners oop te kry. Tot sy dood toe had pa-Jan ‘n heilige respekte vir smoelslaners. Hy kon in sy Namakwalands in die fynste besonderhede uitlê hoe so ‘n smoelslaner kan maak. Jy span al jou krag in om daai stok uit die lussie te kry. En wanneer dit gebeur moet jy klaar ‘n hand los hê om die stok stewig te vat, anders hoor jy net WOER! soos daai stok gatskoonmaak om die paal om en WAP! soos dit jou teen die kop tref. En as jy uit die stof en gruis opstaan, moet jy weer die stok vasgetrek en deur die lussie kry, met die wete jy kom netnou weer hierlangs na die laaste hoed ingehol en gevang geraak het.

Pa kon nooit met sekerte sê hoeveel myl hulle teruggery het, en hoeveel hekke hulle mee moes spook nie, maar smaak my dit was baie.

play the slotsФильчаков

Jafel se tafel

Deesdae kan aangehoudenes ook stem.  Maar stem is nie al wat dié manne kan doen nie.

‘n Koshuismaat het regte geswot, en vakansies tuis by Worcester gehelp aankla. Een van sy bekendste “kliënte” was Jafel. Dié het so gereeld in die beskuldigdebank gepryk, hulle kon daai konstruksie al “Jafel se tafel” noem.

Hoe Jafel aan sy naam gekom het, is ‘n storie op sy eie. Soos die oorlewering loop, had Jafel ‘n Slamse oupa, Jaffer. Dié naam, het Jafel geërf.

Maar hier in Worcester in val Jaffer half vreemd op die witmense se oor, en ‘n paar van die manne het, na hulle gesien het hoe vernuftig Jafel ‘n bottel kan kis maak, hom Jafel begin noem.

Daai storie eindig toe ook nie daar nie. Agter die witmanne aan, het van die bruin mense hom toe ook so begin noem, maar dit as Dzafel uitgespreek. Dié naam het weer na die witmanne toe teruggewerk, en naderhand het almal Jafel as Dzafel uitgespreek.

Op ‘n mooi dag word Jafel weer in die hof ingebring. Dié stap twee rye spore, en kan nie aangekla word nie. Die tweede beskuldigde word ingebring, maar hy het duidelik ‘n soen van die dame met die lang nek weg. Ook die derde is erg gekoring, terwyl die vierde duidelik ‘n dinee van Bachus bygewoon het. Uiteindelik moet al die sake van die manne wat in die selle was oorstaan. Op ‘n manier het van Worcester se spogprodukte in die selle beland.

Die volgende dag is dit of die aanklaers dubbel sien, want dis presies dieselfde storie.

Derde dag was egter skeepsreg. ‘n Sersant word betrap waar hy koeldrankstrooitjies aan die manne in die selle verkoop. Met dié strooitjies gewapen, kan hulle deur die venstertralies tot in die geut buite bykom, en dié is soos Sasol se spreekwoordelike pype vol brandewyn. Nie heeltemal brandewyn nie, maar daai erg gegiste doppe wat oorbly as die skoon wyn afgetap is. Dié goed is sterk – die drinkers daarvan se trots. Soos een vir Herrie se oom Rons  gesê het, hy drink petrol ook, maar dan moet dit BP wees.

Hoewel die sersant tien uit tien vir entrepreneurskap moes kry, het hy ook ‘n voltal met dwarsboming van die gereg losgeslaan.

Nooit in die annale van Worcester se hofgeskiedenis is daarna soveel manne met babelas aangekla nie. Dié keer sou ‘n grandpa-verkoper goed geld gemaak het.

Die lawaaiwater en Jafel se verbintenis daartoe lewer menige staaltjies op.

Jafel was naamlik ‘n kampioen-vingerbokser. Die gevolg was dat die bendemanne lugtig was vir die man se vingerboks-vermoë, maar hy tog gereeld iewers heel kis gelê het.

Om Jafel met die vingerboks in aksie te sien is iets besonders. Sy handspoed is verstommend, en sy reflekse, selfs wanneer hy gekoring was, uit die boonste rakke. Dis die aardigste as hy sy vernuf demonstreer, en sy vingerpunte kon ‘n millimeter van jou oë af tot stilstand. En het my kamermaat my verseker, die hofordonanse het hom verseker as Jafel jou speels met die vingers in die ribbes pomp, is jy vas oortuig jy het ‘n borskasoorplanting nodig. Nie ‘n enkele heel rib nie, glo jy vas. Die geneigdheid was dus om half wyd van Jafel te bly as hy die slag kapabel was.

Dit was chaos toe Jafel nog rugby gespeel het. Voor rustyd het die opponente al hulle reserwes opgebruik. En Jafel is ook g’n so baie gegeelkaart en gerooikaart soos mens sou verwag nie – Jafel se handspoed het daarvoor gesorg. Na oorleg tussen die klubs is besluit om Jafel van flank na vleuel te skuif, maar dit het ook gelol want Delicious het geweet om die bal net na Jafel te skuif om ‘n drie te kry. Niemand het gewaag om binne Jafel se verwoestende vingers se trefafstand te kom nie.

Maar een ding was sy baas…die lawaaiwater.

Eendag tref die eerwaarde hom toe ook aan waar hy in ‘n droë watervoor lê.

Die domineesgoed gee hom so ‘n paar stywe sole in die ribbes, en toe Jafel sy ooghe oopkry, en min of meer gefoukus kry op die kwaai bakkies wat op hom neerkyk, vra domineesgoed:

“En toe Jafel, as die Here jou nou moet kom vat?”

Jafel se instinkte is sterk, en met sy vingers wat so pons – pons die lug in, sê hy dreigend: “Dis darem ook nie sommer net vir kô vat nie.”

Nie dat Jafel onverskillig oor die godsdiens gestaan het nie. By geleentheid pik-pik hy weer straat af, met sy kompas wat heel duidelik ‘n elektriese storm beleef.

Dis net toe lat die pastoor met sy bakkie verbykom. Agterop had hy ‘n paar jong gemeentelede wat goed geesgevang het.

“Ons gaan hemel toe, ons gaan hemel toe!” sing die spannetjie so ver soos die bakkie gaan.

Jafel steek vas, oorweeg die storie ‘n oomblik, en toe brul hy agter die bakkie aan: “Vat my sjaam!”

Dié aand, op pad huis toe, is hy met twee rye spore kortpad huis toe, maar onderweg oorval die vreeslikste ramp hom. Of liewer, nie oorval nie, inval, want hy stort in ‘n leë graf in.

Heeltemal te gepleister om uitgekruip te kom.

‘n Ruk later kom Kerneels verby, wat self goed gekuier het.

“Help my, ek kry koud,” kerm Jafel uit die graf. Kerneels strompel tot gevaarlik na-aan die graf se rand en loer in: “Nou vi wat het djy djou dan ook oopgeskop?” en met dié strompel hy min gespin verder.

Dis al goed donker, en Jafel het in ‘n hoekie gaan sit so opgetrek in ‘n bondeltjie, om so warm as moontlik te bly.

Met dié kom Eric verby, ook goed gekletter, en val by Jafel in die graf in. Hy weet niks van die geselskap daar in die hoek nie, en steier regop om te begin kyk na maniere om uit die penarie en die graf uit te kom.

“Het djy dalk da’ vi’ my ‘n mêtsjie?” verneem Jafel uit sy hoek uit.

Maar sy woorde is skaars uit, toe is Eric sonder vat los by die graf uit, en reeds op vol spoed toe hy buite grondvat.

Toe hulle die oggend Jafel stokstyf uit die graf haal, toe wys sy vingers nog dreigend die lug in. Hy is nie sonder ‘n stênd gekomhaal nie.

 

компрессорылобановский александр досье

Mev. Dokter

Oom Cheese het, soos ‘n mens sou verwag, eers by ‘n kaasfabriek gewerk. ‘n Fabriek in die Oos-Vrystaat wat lank nie meer bestaan nie, in ‘n dorpie waar die stasie nog net ‘n herinnering is aan die dae toe daar nog gereeld treine geloop…en in die dorpie aangedoen het.
Toe ek jare later een aand in die dorpie oorgeslaap het, het die hotel nog bestaan. Danksy die Oog waar die manne wat die mure staande gehou het, die hotelgaste tot in die vroeë oggendure uit die slaap gehou het.

Oom Cheese se vrou, tannie Stoney, het so ver ons weet nooit by ‘n steengroef gewerk nie. Nog minder had sy in haar jeug ‘n onbesonnenheid aangevang waarvoor sy ‘n tyd lank moes gaan klippe kap. Haar nooiensvan was, volgens oorlewering, Steenkamp.

Maar of tannie Stoney nog kan onthou, is amper moeilik om te dink. Van mens maar onthou was sy met oom Cheese getroud, en sedert oom Cheese jare gelede van die aardse smarte bevry is, stap tannie Stoney nou aan om die eeu vol te maak.

Na die kaasfabriek gesluit het, het oom Cheese en tannie Stoney na ‘n groter buurdorp getrek, en oom Cheese het as makelaar gewerk om hom uit die kwaad te hou. Gepas Oos-Vrystaats was hul ruim huis vol Claerhouts en Amenbergers – ‘n kleurvolle vrolikheid.

Dis by oom Cheese en tannie Stoney wat ek van hierdie latere dorp se eertydse kleurryke karakter gehoor het. Ja, by hul beide, want so lank was hulle getroud dat hulle so ‘n storie in aflosse vertel het, elkeen het mooi geweet watter deel van watter storie het die beste by elkeen se vertelstyl gepas, ‘n kuns wat ‘n mens meer kere kry as mens mooi oplet. Nou nie daai soort waar die een die storie probeer vertel, en die ander een hom – ja hom – beterweterig probeer reghelp nie.

Omdat die uwe ‘n paar minder aangename ervarings met distriksgeneeshere gehad het, het hul storie vermoedelik gevolg op iets wat ek so in die geselskap moes genoem het.

Ja, hul dorp het ook ‘n baie kleurvolle distriksgeneesheer gehad. By geleentheid voel die tuinman olik, vertel hulle, en hulle stuur hom dokter toe.

Nie lank nie, is die tuinman terug, grootoog.

“Daai baas dogter het my sommer deur die baadjie se mou ge-inject,” rapporteer hy terug. Oom Cheese en tannie Stoney was nie verbaas nie.

By geleentheid ry hulle met kliënte om na ‘n plaas te gaan kyk. Maar oom Cheese is nie heeltemal seker waar die plaas is nie, en bedink nog waar om te gaan pad verneem, toe is die “dogter” in ‘n stofwolk by hulle verby. Net ‘n entjie verder, onder ‘n boom langs die pad, is ‘n “kliniek” en daar sal hulle stellig met die beduieslag geholpe raak.

Nog half in die stofwolk hou hulle by die “kliniek” stil, en is verstom oor die toneel wat voor hulle afspeel. Daar staan ‘n ry ma’s met hul kleingoed snotneus op die arm. Die dokter draf die ry af en so vinnig soos hy beweeg spuit hy. So vinnig, teen die tyd dat ‘n kleintjie agterkom hy is genaald en ‘n snotpsalm insit, is daar al ‘n rits na hom ingespuit. Of die naald sommer deur die doek is, en of daar ooit doeke was, het ek nou volgens my herinneringe nie verneem nie.

Agter die dokter kom sy “apteker” aan, ‘n swart man wat hy in diens geneem het om pille uit te deel. Agter in die dokter se kattebak was ‘n klomp houers met pille. Hieruit gryp die “apteker” hande vol en deel uit.

Nou bygesê, ek het ook nie verneem dat die dokter ooit ‘n pasiënt verloor het nie. Behalwe miskien ‘n paar wie se moed hulle begeef en die hasepad gekies het voor hulle ge-inject geraak kon word.

En op ‘n dag, daar is die dokter se vrou van baie jare, dood. Maar die grond anderkant die sipresse het nog molshoop gestaan, toe haak die dokter met die jarelange klinieksuster af.

En op slag is sy nie meer “suster” nie, maar mev. Dokter.

Maar haar geluk was nie vir lank bestem nie, toe lê die ou dok ook sy kop vir oulaas neer.

“Van toe af was sy mev. wyle Dokter,” sluit tannie Stoney haar en oom Cheese se storie af.

Soos gemeld, my eie ervarings van distriksgeneeshere was omtrent dieselfde as my ervaring van weermagdokters toe ek nog diensplig gedoen het. En die meeste van ons wat nog voete gestamp het, sal weet dis rof. In die dae voor daar dienspligdokters was. En soos die geluk dit wou hê, die laaste keer in die weermag wat ek gewaag het om siek te word, was die weermagdokter nog boonop ook die distriksgeneesheer. ‘n Dubbele verskrikking dus. En burgemeester ook, maar darem in die dae voor burgemeesters as ‘n reël ook ‘n slegte smaak in ‘n man se mond gelaat het.

Maar nou moet ek dadelik byvoeg, ek het goeie distriksgeneeshere geken, al was hulle nie my dokter nie.

So een was ‘n skoolvriend se pa, dokter Bester. Toe dié pa, soos hulle destyds gesê het, Medisyne gestudeer het, was hulle drie Besters in die klas. Om hulle van mekaar te onderskei, het hulle elkeen ‘n bynaam gehad. Hierdie een se bynaam was “die Goeie Bester”. 

Heel per toeval het ek nog een van die Besters ontmoet, en so van die byname gehoor.

By geleentheid vertel die Goeie Bester van sy dae toe hy nog by Wellington distriksgeneesheer was. Een nag laat, of oggend vroeg, klop die polisie hom op. By hulle het hulle ‘n man wat effe na drank ruik. Die polisie meen hy het dalk dronkbestuur, maar hulle is nie seker nie.

Hulle, die twee polisiemanne, het die nag tussen die plase patrollie gery, en toe stilgehou om bietjie Boeretroos uit ‘n warm fles te drink. En terwyl hulle so blaas-blaas oor die bekers aan die koffietjie sluk, sien hulle hoe iemand heen en weer oor ‘n smal plaasbruggie ry. Met die derde oorryslag is die man toe in die reling vas.

Die Goeie Bester trek toe die bloed, verseël dit en stuur op die trein Kaap toe om getoets te word.

Die volgende dag bel die eienaar van die boedmonster. Is daar dalk al ‘n uitslag?

Nee, sê die Goeie Bester, maar hy verwag nou enige oomblik die oproep. En, sê hy, hy het net die gehoorstuk neergesit, toe lui die telefoon weer.

Dié keer is dit toe die vampiere van die Kaap.

“Daai man wie se bloed jy gisteraand gestuur het. Leef hy nog?”

Die Goeie Bester vertel hy het dit al tevore gekry dat iemand se alkoholvlak meer as twee keer bo die dodelike was, maar nog nie dat die “oorledene” die volgende oggend al kon gebel het om na die uitslag te verneem nie, al heel nugter.

By geleentheid is daar dienspligtiges opgeroep om hul diensplig in die polisie te doen, en dan later dertig dae per jaar hul “kampe” in die polisie te doen.

So ‘n knaap is met sy “kamp” besig en terwyl dit stil in die aanklagkantoor is, trek hy sy boeke nader en studeer. Hard.

“Wat swot jy?” wil die verveelde sersant weet.

“Medies” sê die student.

“Hoeveelste jaar?” wil die sersant belangstellend weet.

“Vierde jaar?”

“O,” sê die sersant, “dan kan jy al as distriksgeneesheer praktiseer.”

“En,” sê Boet wat dié storie vertel, “toe moet hulle die knaap van die sersant kom afhaal. Want die jongeling se pa is distriksgeneesheer…en burgemeester.”

Ja, dink ek, ek kan eintlik nie die sersant baie verkwalik nie, want ek het al as hofverslaggewer ervaar hoe eers ‘n lasbrief uitgereik is aan ‘n obsent distriksgeneesheer om in ‘n dronkbestuursaak te kom getuig, en toe hy steeds nie opdaag nie, gearresteer en hof toe gebring is.

“Ja,” sê Boet wat self in die polisie was, “ek het self een nag ‘n ou wat bietjie gedrink het en ‘n ongeluk gemaak het, jammer gekry. Ons moes die distriksgeneesheer by sy huis gaan opklop. Vreeslik gesuip (die dokter), en hy het die naald ‘n paar keer heel by die slagoffer se arm verbygesteek. Die vermeende dronkbestuurder was al erg grootoog en baie wild teen die tyd dat die dokter hom toe raakgekorrel kry.”

Maar dink ek, daai moeilikheid, so weet ek, sou hulle nooit met Die Goeie Bester gehad het nie. Nooit.

Ook hy rus nou al anderkant die sipresse. En hy het ook nie ‘n mev. wyle dokter nagelaat nie.

free bets noлобановский александр дочь

Iets by die koffie?

“Ek sien,” sê oom Brokkie waar ons op die stoep sit en Boeretroos wegslaan, “die Amerikaners het nou nie net ‘n ‘tea party’ nie, hulle het nou ‘n ‘coffee party’ ook.

Oom Brokkie se algemene kennis verstom my. Ek het netnou op die internet eers gesien die “coffee party” het pas gelyktydig op 370 plekke in die VSA en selfs hier en daar oorsee, hul eerste bekers geklink.

Op pres. Barack Obama, in teenreaksie op die “tea party” wat nie so lief vir Obama is nie.

Maar as ek gedink het ons gaan gesels oor die meer behoudende “tea party” en die meer liberale “coffee party” wat weer Obama se gesondheidsplan uit die dryfsand moet sleep, had ek dit mis. Oom Brokkie het sy stoute skoene aan.

“Dink jy nie ons politiek sal ook bietjie minder gespanne wees as ons ook in ‘tea party’s’ organiseer wat veerpyltjies teen die “coffee party’ gaan speel nie?”

“Almiskie oom, maar oom weet mos wat vat die manne nou saam met hulle tee?”

“Met eisj!” sê ons geyk.

“Ja,” sê oom Brokkie. “Die slimste oplossings vir die land se probleme word saans by die Oog uitgedink. Net jammer al wat die manne die volgende dag daarvan oorhet is die vreeslikste hoofpyne.”

“Maar watter soort tee of koffie dink oom het die Prez nou die aand gedrink toe hy so saam met die Boere gedinee het?”

“Ek dink koffieaan, want die volgende dag kon hy niks onthou van sy onderneming dat hy Julius onder vier oë sou spreek en die kwessie met die ANC se ringkoppe sou opneem nie. Trouens, die ANC trek nou die streep in die grond en sê nou iets soos “julle Boere se moere, hulle gaan daai liedjie aanhou sing, want dis nou deel van hul geskiedenis.”

“Maar is die Vlaamse Blok nie oor iets soortgelyks verbied nie?”

“Ja, maar hierdie is mos nie Wes-Europa nie.”

“Dink oom nie ons moet vir die Prez ‘n paar boksies Oom Tas by die parlement laat aflewer nie?”

“Jong, netnou gaan lees sy adviseurs in die geskiedenis op en sien hoe Willem Adriaan vir oom Tas in die Donker Gat laat toesluit het oor hy nie gehou het van wat die oom oor die politiek gesê het nie. Dan kry hy idees, en word ‘n paar mense weer daar toegesluit.”

“Seker darem nie vir lank nie. Dan kry ons presidensiële kwytskelding, en intussen kon ons darem ‘n ruk van die dienste wat so agteruitgaan ontsnap – want ek verstaan daar onder is hulle Eskom so ‘n entjie voor.”

So kuier ons terwyl ons met Boeretroos en Boerbeskuit ons “koffieparty” hou.

 

купить пиджак на мальчика 12 летФильчаков Харьков

Op die bus

Daardie Dinsdagoggend diep in die tweede kwartaal van 1985 sal ek nie maklik vergeet nie.

Dié oggend was ek soos gebruiklik een van die eerste passasiers wat op die bus geklim het wat sy roete tussen die plotte deurgevind het om mense wat in die stad werk, by die werk te kry.

By die stop na ek opgeklim het, klim ‘n hoërskoolseun ook op. Vandag klim twee pikkies in hul laerskooluniforms saam op, wat vreemd is omdat die laerskoolkinders gewoonlik skool toe loop, en die skool ook nie op die busroete is nie.

Ek luister dus toe die oudste seun met die busbestuurder praat.

“Môre oom, die laerskool het mos gisteraand afgebrand, en nou moet hulle ook voorlopig stad toe gaan.” Uit ‘n afsonderlike banksakkie diep hy die busgeld vir die pikkies op.

Heel duidelik het die beheerraad deurnag gewerk om die krisis ten beste die hoof te bied, en soos gewoonlik tot in die fynste detail gesorg dat selfs die kleintjies se busgeld gereed is.

Die meeste mense hier op die plotte is brandarm, en om te aanvaar elke huisgesin sal oornag die nodige geldjies, selfs vir busgeld, bymekaar kan maak is baie gevra.

Dit word ‘n diep ontroerende ervaring.

By die volgende busstop is daar moeilikheid. Die drietjies wat moet opklim, twee boeties en ‘n sussie, is kaalvoet in hul laerskooluniforms. Hier op die plotte gaan die kleingoed kaalvoet skool toe.

Die groter seun het hul busgeld, maar in die stad is skoolskoene verpligtend. Hy skop vas.

“Ons hettie soolskoene nie,” hoor ek die stemmetjie van buite kom.

Ek staan op, en beduie hulle moet inklim. As dit nodig is, sal ek self met die skoolhoof praat. Soos dit is gaan die kleingoed genoeg getraumatiseer word oor die skoene-ding. Kinders is wreed.

Vir die groter seun sê ek: “Skoolgaan is verpligtend, Jy mag hulle nie toegang tot die skool weier nie.”

Ook ander mense klim op, en die laerskool se afbrand is ‘n groot besprekingspunt. Die hoërskool is juis ‘n jaar of twee tevore gesluit om ‘n paar onderwysposte in die stad te red wat weens kleiner blanke gesinne in die gedrang begin kom het.

Ek kry die pikkies innig jammer. Gisteraand toe hulle kooi toe is, het hulle nog geglo hulle is teen dié tyd vanoggend kaalvoet op pad skool toe. Hul eie skool.

‘n Paar uur later, terwyl hulle geslaap het, was die skool in ligte laaie.

By die volgende bushalte is daar weer moeilikheid. Die drie sussies het nie skoolklere aan nie.

“Ma het gesê ons kan nie in ons skoolklere na ‘n ander skool gaan nie,” hoor ek die stemmetjie van buite.

Die groter knaap met die busgeld kyk nou reguit na my. “Wat moet hy nou doen?” staan oor sy hele gesig geskryf. Ek beduie die kleintjies moet inklim.

My hart krimp ineen toe die drie langs mekaar op ‘n sitplek vir twee gaan neerplak. Net vel en been, en water was nie onlangs naby die drie velletjies nie. Daar is waarskynlik nie lopende water in die huis nie, en warm water, of selfs enigiets wat warm is, waarskynlik nog minder.

Ek is nie die enigste wat die erbarmlikheid waarneem nie. Ek het nog gewonder of ek iets moet doen, toe het ‘n gryskoptannie met haar handsak opgestaan en op haar hurke voor hulle gaan sit. Sy diep “dry wipes” uit haar handsak op, en ek hoor haar vir die drietjies fluister: “Siestog, dit was seker nog donker toe julle opgestaan het en hier en daar misgewas het.”

So diskreet as wat sy maar kan wees, en sy begin skynbaar die “kolletjies” skoon vee.

Ek sien die oudste selfbewus bloedrooi tot agter haar ore bloos, maar sy sit doodstil.

By die laaste busstop is daar weer moeilikheid. Ses pikkies staan en wag om opgelaai te word. Die kind met die  banksakkie is nou in die knyp: “Volgens my lysie moes hier net drie kinder opklim, en ek het net vir hulle busgeld.”

Oom Salie staan dadelik op: “Kom mense, kom ons dok iets op vir die kinders se busgeld – ook vir die terugkom vanmiddag, en as dit kan, ook sommer ietsie vir hulle om iets te ete te koop ook. Ek sien ‘n klomp het juis hul toebroodjies in die deurmekaarspul by die huis vergeet.”

Ons almal weet dat “vergeet” nie die regte woord is nie.

Ons maak ons harte en beursies oop. Vandag gaan ‘n hele klomp van die grootmense self niks by die werk te ete hê nie, maar een dag bietjie honger kan darem nie opweeg teen die poele grootogies wat ons so aankyk nie.

“Oom,” vra ‘n pikkie langs my benoud. “Gaan ek pak kry omdat ek nie skoolskoene het nie?”

Ek kyk in die benoude ogies, en net daar besluit ek klim saam met hulle by die laerskool af, en ek sal toesien dat die pikkies nie verder getraumatiseer word nie – al moet ek die skoolhoof ook aan die keel beetkry.

En al beteken dit dat ek dan nog ‘n goeie drie kilometer na my werkplek sal moet stap, en bitter laat gaan wees.

Dis my mense hierdie, en as ek dit kan verhelp ….

ЛогическиеДанильченко Юрий отзывы

Twee besoekers

Ons twee oues, ek en Vroutjie – nou ja, ons een oue dan – het onder Herrie se eikeboom gesit en mekaar se handjies vasgehou. En wanneer ek dit sê dan bedoel ek natuurlik ek het háár hand vasgehou. Tussen ons twee is dit altyd ek wat die verleë aangetroude familie is.

Ons voordeur gaan sonop se kant toe oop. So behoort ’n mens ook jou huis te bou, en as hy anders gebou is, is dit raadsaam om hom te vat en om te draai. Want as jou oggend sonder sonneskyn begin, is jou hele dag droewig en beneweld. Buitendien dan verslaap jy jou. My kamer is so vroeg warm dat ek nie ’n wekker nodig het nie. Die vlieë maak my wakker. Ek moet nog eendag ’n leersame en lesenswaardige opstel oor die vlieg skryf. Nie hier nie – ek is vereers met iets anders besig.

Agter ons huis, maar weg van die agterdeur af, skuins eenkant toe, staan die groot eikeboom waar ons olifant Herrie in die eerste dae van sy diens aan twee bokwakettings vasgestaan het; en onder die boom het ek ’n lekker gemaklike en netjiese rusbank gemaak vir my en Vroutjie om in die aande op te gaan sit en mekaar se handjie vas te hou en die sonsondergang te bewonder. Die aande, meen ek, wanneer Vroutjie in ’n digterlike en liefderyke bui is. (Ek is altyd in albei.) Want soos dit twee mense kos om te twis, al bly een ook stil, so kos dit twee mense om te vry, al bly een ook koel.

Soos ek gesê het, die eikeboom het bietjie weggestaan en Vroutjie wou koelte hê op die agterdeur teen die bloedige namiddagson. Toe het sy vir haar daar ’n peperboom geplant – een van die bome wat jy nie vir die verre nageslag hoef te plant nie. En hierdie een was gou, bo en onder. So gou dat sy wortels die derde jaar die huis begin op te lig het. Voordat die opdraand binnekant te steil geword het, het ons dan die boom afgekap. Vroutjie het gekap en ek het bygestaan en by elke hou gesê Hê! (Ons het ons werk so verdeel dat sy die buitewerk doen en ek die huiswerk – behalwe wat nou eintlik vrouelike huiswerk is.) Maar toe die boom af was, was ons opgeskeep met ’n klomp allementige lange wingerdranke, ’n Paar jaar vantevore het ek stokkies gekry om vir my ’n wingerd te plant – want wat maak ’n mens sonder ’n wingerd ? – en hulle ingelê. Planttyd was ek hier doende en daar doende en so het die stokke maar in die peperboom opgerank. Toe hy nou onder hulle uitgekap was, het ek ’n netjiese somerhuis van pale en sparre daar opgesit en sommer die ranke deurgevleg. Toe die somerhuis klaar getimmer was, was hy meteens klaar toegegroei ook. Vroutjie had haar koelte en ek sou my druiwe hê – meer as wat ek uit twee wingerde kon gekry het. Ek moet hier byvoeg, ter wille van volledigheid, dat die skema uiteindelik misluk het. (’n Mens moet ook nie ’n onderneming ’n “skema” noem nie, dan misluk hy vanself. Al is dit ook ’n besproeiingswerk.) Toe die eerste jaar se druiwe volgeswel was en hier en daar ’n trossie bont word – maar ek verseker jou dit was alte pragtig om te sien! – toe sak die somerhuis van die gewig van die druiwe inmekaar. My werk was deeglik genoeg gewees; die pale en sparre was te swak.

Maar die aand waar ek nou van praat, was nog vroeg in Desember toe die somerhuis op sy beste van sy dae was. Dit was sterk skemer. Herrie, die olifant, nes ’n yslike hansvark, altyd ongeërg en onverstoord, kalm en bedaard, maar altyd lomp woelig, was besig om rond te snuffel. Hier keer hy ’n kookpot om wat van die skuur nog daar bly staan het, om te sien of daar nie kos onder tussen die pote oorgebly het nie, terwyl die binnekant dan leeg was. Daar trek hy ’n potplant uit voordat hy proe dat dit nie eetbaar is nie. As ek weer sien, het hy ’n wingerdrank beet en hy ruk byna my somerhuis om; dan moet ek hom met ’n klip verwilder. Jakhals lê by my en Vroutjie op die bank – hy is mos één van ons twee – aan die slaap, met sy kop op ounooi se skoot. Engela is vlytig in die huis besig, vermoedelik met haar persoon.

Hier en daar begin van die ander sterretjies een vir een opgesteek te word. Maar vlak voor ons, nie van die dag nie en nie van die nag nie, tussen die westerglorie van die hemelkleure wat deur die ondergegane son ’n wyltjie agtergelaat is, en soos ’n vlammetjie op ’n bed van gloeiende kole, skyn die aandster goudblink met ’n vaste, troue glans wat straal sonder om te vonkel. Teen die berge in die verte wat ons gesigskring beperk en waar hy later ook sal ondergaan agter die son aan, en op die laer heuwels deeskant hulle, en oor die ghwarrievlakte aan hulle voet, en die landerye van ons plasie, sak die duisternis dikker en dikker toe en die omtrekke van boom en bos en muur en laning raak verlore. Van alle kante begin die stemme van die nag na ons toe aan te ruis. Nou en dan lig Jakhals die punt van sy los oor op en frons sy voorkop en kry amper een oog oop; een slag (dit was ’n kat) tel hy sy kop op. Maar hy gee ’n sug en hy slaap maar weer. Op ounooi se skoot is saligheid.

“Ek wonder, Vroutjie,” sê ek, hardop mymerend, “of daar mense op Venus woon.”

“Venus ?” vra sy, ingedagte.

“Ja, Vroutjie. Op daardie heerlike aandster. Hy moet ’n bekoorlike wêreld wees. Hy’s so te sê net so groot soos die aarde, en byna ’n derde nader aan die son.”

“Dis hier al warm genoeg,” sê Vroutjie ondigterlik.

“Ja, Vroutjie, maar Venus het sy beskerming. Hy is met ewigdurende dikke wolke bedek. Daarom kan die sterrekykers nie uitmaak of daar aanduidings van die werke van inwoners is, soos kanale en stede nie.”

“Waaroor maak jy jou tog oor sulke dinge moeg, Ouman ? Is daar nie na jou sin genoeg mense hier op die aarde nie ?”

“Genoeg nie, Vroutjie ? Hier is te veel. Oorvloediglik en oorbodiglik oorgenoeg.”

Uit: Loeloeraai 1923

свистит генератор приФильчаков Александр Васильевич

Swart Kersfees

Jan Rabie

Hierdie, waarskynlik die mees polities onkorrekte kortverhaal in Afrikaans, is in 1947 vir die eerste keer gepubliseer. Daarna het dit in die vergetelheid versink en is ook nie opgeneem in Jan Rabie se Versamelverhale wat in 1980 op die skrywer se sestigste verjaardag verskyn het nie. Dit word vandag op 24 Desember 2009 deur praag.co.za op die internet gepubliseer, gedagtig aan die simboliese en politieke betekenis wat ‘n “Swart Kersfees” opnuut in ons land verkry het. Die verhaal, wat op Kersdag 1850 afspeel, beeld ook treffend die vernietigende gevolge van ‘n geloof in ‘n “valse vrede” uit.

(Geskiedkundig waar)

Alhoewel sy nou in sonlig op die groen gras lê, kan sy nie help om te ril en haar oë te sluit nie.

Twee dae gelede het sy ‘n halfnaakte kaffer in die bergkloof gesien: brons en bewegingloos het hy in die skadu’s van varings en struike gesit, met assegaai en knopkierie in sy hand, en toe sy te verskrik om te roer, bly staan het, het hy geruisloos verdwyn. Maar toe sy vir Dick daarvan vertel het, het hy gelag en gesê die kaffer het seker ook geskrik.

Skielik sit sy regop. ‘n Groepie Gaikas het versamel aan die rivierkant van die dorpie. Niemand van die blankes om haar is verbaas daaroor nie, dit is tog ou gebruik van die kaffers om na Auckland te kom en tabak en ander snuisterye van die nedersetters te bedel of te ruil.

In ‘n rooigetrapte kol aarde is Munro, sy seun, en Gibson, besig om te onderhandel met Xaimpi en sy vreedsame volgelinge.

Sy draai na Dick en haar hand speel en vleg in sy blonde hare. Haar bruin vlegsels het effens afgeval en haar ovale gesig nog dunner en ernstiger gemaak; laer buig sy oor hom en kyk met hartstogtelike aandag in sy oë. “Die ses maande was so kort,” fluister sy.

Haar man glimlag met haar: vriendelik en kommerloos sy blou oë en gesig met klein sproetjies. “Dit gaan nog eeue duur,” antwoord hy, toegeeflik vir haar grillige buff.

“Ja, Dick, Dick, Dick …” sê sy en draai haar oë skielik weer weg asof sy gehipnotiseer is deur die versameling kaffers.

Weer roer die onverklaarbare vrees in haar: met half-geopende lippe sit sy, voor sy langsaam kan terugdraai en langs hom in die suurwarme sekerbeid van gras kan neerval. Met kinderlike skrik, lag sy toe hy haar wil soen.

Om hulle is die ander mense van die dorpie, wat ook van hierdie heerlike rusdag en die ope lug gebruik maak: vrolike, heldere stemme wat haar almal bekend is.

Dick gee ‘n lang, welbehaaglike sug. Toe hy sy hand opstrek na die lug waar die wit vlokkie van ‘n voël teen die somerhemel drywe, sien sy die haartjies op sy voorarm blink soos syige draadjies vuur. Alles is rus, warmte, vrede. Dit is 25 Desember, Kersdag 1850.

Ná die vorige grensoorlog is die klein dorpie Auckland, saam. met Juanasberg en Woburn, laer of met die vallei van die Tjumie-rivier, aangelê as ‘n tuiste vir soldate-nedersetters. Na die weste strek witmansgebied; na die ooste, oorkant die rivier en donker, beboste hange, is Gaikaland waarvandaan hordes telkemale stroom om te roof en te moor onder die voorposte van die blanke beskawing.


Getuie van die gevaarlike tye is die halfvoltooide klipgeboutjie wat in die middel van die twintigtal huise staan, en diens moet doen as fort. Dit is drie jaar gelede begin, nooit voltooi nie, omdat vrede oënskynlik gekom het om te bly, en nou staan dit daar, met klipmure en ‘n ry skietgate, maar sonder dak, terwyl welige struikgewasse van alle kante naderkruip en reeds teen die mare oprank.

Agter die huisies en landerye rys die hoogtes van die Amatola-berge, wild en geweldig, ‘n reus wat afstaar op die skuim van terrasse bome en gras.

Dit is skoon, skoon, o, sy weet, sy het haar hele lewe geweet dat ‘n plek só skoon en volmaak soos hierdie berghoekie bestaan. En na Afrika het sy gekom uit Engeland se benoude stede om dit en die bruingebrande, die vrolik laggende soldaat, Dick te vind. Hier het haar lewe eintlik begin. En nou is sy elke minuut bang om dit te verloor …

In die groot kloof ruis die stroom oor wit blokke rots, in die spekbome en geelhoute sing duiwe dromerige note, en die gras waar sy op lê, het die swaar ritseling van sonlig en groei gekry. In haar weet sy die suising van bloed, die dag self waarvan sy oplaas ook deel is. Sy is ‘n kind, ‘n dwaas.

Niks is verkeerd nie, niks mag verkeerd wees nie.

Koorsagtig dink sy net dit.

Dit is Kersfees en namiddag, ná ete.

Die merendeel van die mans en vrouens en kinders is onder die bome voor die huise versamel, en die gesprek gaan vandag oor meer dinge as die arbeid en die makmaak van hierdie wilde en vrugbare plekkie aarde. Naby lê ‘n paar byle en grawe met ysterkante blink van gister se gebruik. Na onder, by die swemgat weggesteek in die groen koelte van bome, is die geplas en gejuig van die jongere mans hoorbaar. Wanneer hulle eindelik lui-stappend terugkeer, is die wit son al oor die helfte van die hemel.

Gelyktydig hiermee kom ‘n Hottentotmeidjie uit die bosse van die suidekant gestap. Sy het haastig geloop; toe sy die Gaikas sien, sittende of leunende op skild en assegaai, vertraag sy haar pas en kom so tot by die voorste vroue.

“Dit is maar net die wasmeidjie,” brom Dick toe Jane haar oprig om te kyk. Sy antwoord nie, want die meidjie het by die vroue neergehurk en haastig, fluisterend begin praat.

Met ‘n vinnige beweging staan Jane op en gaan daarheen; nou ook gevolg deur Dick en die ander.

“Wat is dit?” vra die eerste die beste persoon. Die vrou vir wie sy gevra het, lag rukkerig en sê: “Die meidjie vertel dat sy van die dwarsrant gesien het hoe rook van Juanasberg en Woburn se kant optrek.”

Jane kyk met vergrote en verdonkerte oë na die vertelster.

“Wat sê sy verder, wat sê sy…”

“Niks meer as dit nie.” Die vrou kyk na Jane.

“Aag,” stel ‘n ander gerus, “dis seker maar weer ‘n veldbrand soos daar laas gewees het.”

“Kom, kom, my skat,” sê Dick agter haar, en vou sy arms om haar middel, “wat kan dit sodanig wees, dis mos vrede. Ek weet jy is altyd so onnodig bang en besorg.” Hy fluister in haar oor: “En in jou toestand móét jy nie.”

Sy maak sy arms stadig en vasberade van haar los. “Een moet gaan kyk,” sê sy.

“Maar kyk dan daar,” dring haar man aan, en hy wys na waar die drie witmans met die vredige groepie Gaikas onderhandel. “Kyk, die kaffers sal mos nie so sit en gesels as hulle ons wil aanval nie.” Terselfdertyd sien hulle hoe ‘n jongman brood en koffie na Munro en sy twee maats bring, hoe dit aangebied word en hoe Xaimpi en die omsittende Gaikas daarvan begin eet.


“Hulle het net gekom om te bedel, die luiaards,” besluit hy effens veragtelik. Maar daar is ‘n fronsie op sy voorkop.

Dit is onmoontlik dat die dag iets anders as Kersdag, as ‘n dag van vrede kan wees. Die son, die vleklose hemel, die groen, glinsterende gras, alles vertel dit… en nogtans gaan ‘n klein rilling deur die groepie blankes.

Want nou dat hulle oplet, is daar meer kaffers as wat hullo gedink het. Nie net voor hulle in die oop plek is die bruin gestaltes te sien nie, ook tussen die huis, na agter, in die bosse, loop of staan klein groepies skynbaar doelloos rond, blinkgesmeer met vet, diersterte om die knieë en elmboë, en hoë veerbosse om die koppe.

“Miskien is iets tóg verkeerd,” prewel Jane byna geluidloos, en gryp met ‘n gebaartjie na Dick se arm.

In die oomblik sien sy hoe al die ander verstywe het in stilte rondom haar, en hoor sy hoe die gesing van ‘n sonbesie êrens in die hitte versamel tot ‘n skreeu in haar keel…

Tog het dit onbegryplik snel gebeur. Xaimpi en sy Gaikas het opgespring, daar was ‘n skel gefluit, en die drie witmans het neergesink in ‘n maling van kieries en assegaaie. Sy kon die roof sien op ‘n assegaaipunt wat die tweede keer neergaan, toe die verstarde landskap om haar wakkerruk.

Toe hardloop sy self met waansinnige haas tussen die vroue en kinders na die klipfort. Maar voor hulle almal is die mans wat die naaste huise binnestorm en gewere en koeëls en kruit daaruit ruk. Kaffers sien sy, honderde, stormende, skreeuende barbare wat hulle probeer afsny. Voetegeklapper en rou krete vul die lug. Eerste skote val skeurend.. .

In die fort waar hulle mekaar verdring, klou sy aan die deurkosyn vas om te sien tot Dick veilig inkom.

Toe hulle almal binne is – negentien mans en dertig vroue en kinders, en die geveg in alle erns begin, buk sy reg agter hom met die sakkie koeëls en die kruithoring op haar skoot. Daar is geen tyd vir angs nie, die verskriklike is daar en nou moet sy so sterk wees soos hy.

Die eerste verwoede aanval van die oormoedige Gaikas word afgeslaan. In die helder son, in ‘n sirkel om die fort, 1ê die swart liggame in die ruïnes van hul vere en skilde. Die aanval word tydelik gestaak, en toe Dick een maal omdraai, roep hy haar toe dat die kaffers agter die huis skuilgegaan het en toegespreek word deur Xaimpi en sy indoenas.

Iemand vloek monotoon, oor en oor. ‘n Kind huil, nie hard of beangs nie, net saggies, verdwaasd, baie klein.

Toe sy opkyk, sien sy dieselfde blou lug bo haar hoof. En sy weet: Ons is klaar verlore. Sy dwing haar hande en lippe om nie te bewe nie.

Dick het vinnig na haar gedraai. “As ons lank genoeg uithou, sal hulp wel opdaag.” Sy knik en sy glimlag outomaties. Skielik buig sy vorentoe en gryp haar aan hom vas.

Hy moet haar wegstoot om na sy geweer te gryp. Die volgende aanval het begin en langs hom het ‘n man sonder ‘n kreun vorentoe gesak…

Teen die skemering het dit stil geword buite. Beangstigend stil. Die mans het haastig kajuitraad gehou en besluit om voortaan net te skiet as die kaffers tot teen die mure kom. Die vrouens het die kinders gesus, bymekaar gehurk in die middel van die nou ruimte. Een of twee van die verstandigstes het los planke wat daar gelê het tot splinters begin kap met klippe, en met stroke van hul rokke gebind in die vorm van fakkels, om oor die mure te gooi as dit heeltemal donker word. Toe het hulle gewag vir die volgende plan van die vyand; niks het hulle so uitgeput soos daardie wag nie.

Uit die duisternis het ‘n stem in Xhosa geroep: “Gee julle oor?”

Een van die mans het na die deur gespring, een oomblik oop en onbeskerm gestaan, en veragtelik teruggeskreeu. Daarna was dit weer stil.


Meteens het ‘n klip oor die muur uit die donker sterrelug gekom. Nog een. Nog… Dit het ‘n reën van klippe geword, en hulle het verbaasd en ontset hul koppe en lywe probeer beskut so goed hulle kon.

‘n Man het histeries begin lag. “Hulle wil die fort opvul!” het hy uitgeroep. Maar voor by kon byvoeg: “Almal! Uitgooi!” het Jane al die klippe naaste aan haar gegryp en met geweld teruggeslinger oor die muur. Almal het weggebuk en meegehelp, vrouens, selfs die klein kindertjies, en die mans wat nie by die skietgate waggestaan het nie.

Wanneer ‘n klip haar met ‘n dowwe slag tref, het Jane haar elmboë krampagtig omhooggeruk, voor sy weer kon aangaan. Later het sy nie meer die pyn gevoel nie, die dierlike gehyg en die kletterende hone nie meer gehoor nie, net aangehou met werk soos een in ‘n droom waar onmoontlike take verrig word met die blote gebeur van dinge.

Maar dit was vergeefse arbeid. Klippe het uit bebloede hande gegly en meer as die helfte van die vroue het later bewusteloos langs die klipmuur gelê met klein kindertjies in hul arms. Terwyl die dreuning van die klippereën nie verminder nie en die hoop in die middel langsaam groei en afrol na die kante.

Dagbreek het hulle op die rand van menslike uithoudingsvermoë gevind. Tog het enkeles nog ure wanhopig volgehou. Die son het gestyg, oor die muur geloer soos ‘n nuwe vyand, en verblindend geskitter op die klippehoop wat byna tot die hoogte van die skietgate gelê het.

Sporadiese geskiet het voortgeduur. Buite het die kaffers toegeneem in getalle, en boonop gewere bygekry. Soms het tartende krygers skreeuend en dansend tot naby die mure gekom. Maar hulle had tyd genoeg en het nie ‘n reguit stormloop gewaag nie.

Binne in die fort was die ammunisie byna gedaan en het vyf mans se dooie liggame half toegerol onder stene gelê. ‘n Vrou het onophoudelik in ‘n dun ylstem geskreeu dat sy God gesien het. Daar was groot bloedvlekke aan Dick se klere. Dors het almal gemartel.

Ook die gekerm het stil geword. Niemand het meer daaraan gedink om stene na buite te gooi nie. Vrouens en mans het in enige houding langs die mure gelê of gestaan – in uiterste moegheid en wanhoop nie eens in staat om mekaar te herken nie.

Jane het Dick se wond verbind en toe aan die ruwe klippe van die muur vasgeklou bly staan. Hullo het ure laas met mekaar gepraat. Maar met die verloregaan van alle hoop, het ook die laaste trots gekom, en daar was geen klag, geen kreun behalwe van die kant van die kinders wat nie verstand had nie.

Êrens in die middel van die dag was daar ‘n lang, lamme stilte waaruit ‘n helder kafferstem geroep het.

Een van die mans het omgedraai en vertaal: “Laat die vroue en kinders uitkom, ons sal hulle niks doen nie.”

Dit het ‘n ruk geduur voor die betekenis van die woorde tot hulle versufte breine kon deurdring. Toe het die mans gelyktydig begin praat. Ja, so moet dit wees, het hulle eenparig gese. Na die Gwali-sendelingstasie kan die vroue gaan, die ou opperhoof Gaika het gesweer dat sy manne niemand in daardie plek sal aanval nie. Met verwese gesigte het hulle na die protesterende vroue gekyk, alreeds verby begrip van liefde en wanhoop. Dit het al meteens verskriklik belangrik vir hulle geword; hulle het verstaan dat hulle eerbaar moes sterwe. En dit sou makliker wees as hulle alleen is.

Jane het Dick aan sy skouers geruk. “Ek gaan nie, hoor jy, hoor jy,” het sy gehyg en hom verwilderd aangestaar.

Hy het sy gesig weggedraai en skor gesê: “Jy moet gaan.”

Sy het haar teen hom aan gewerp, sy afwerende hande en arms gesoen, en hartstogtelik geroep dat sy hom nie gaan verlaat nie.

“Dink aan ons toekoms, dink aan ons toekoms,” het hy moeg herhaal.

Toe het hy haar ineens aangekyk met so ‘n smartlike verwyt in sy oë dat haar hande langs haar sye geval het. Want in dié oomblik het sy besef dat sy trane verskrikliker as sy dood sal wees, dat sý moet verhoed dat die lewe só gebreek word.

‘n Beeld van ‘n einde waar hulle langs mekaar sterwe, vlam voor haar op, en sy begryp oombliklik dat dit daardie vernedering is waaraan hy dink. Vir sy ontwil moet dit wees. Vir haar ontwil.

En sy het omgedraai en ver agter haar geslote ooglede die felle sonlig gevoel en gehoor hoe daar geroep word na buite.

Haar mond het oopgegaan in aaklige verbasing. Alles sal verby wees, alles, altyd, verby. ‘n Ewigheid van arbeid onder ‘n klippereën. Toe Dick se stem soos ‘n hees snik kom en hy sê: “Hulle rand nooit vrouens en kinders aan nie,” het sy omgedraai sonder om hom te mag soen of die kosbare afskeid te mag neem.

Sy het stom voortgegaan, met haar hande oor haar mond geklem, te midde van die kermende vroue, en sy moes nie soos hulle losgeskeur en uitgestoot word by die nou deur nie.

Sy het voortgegaan tussen die grynsende dromme swartes deur, regop, blind, en skaars met struikeling. Geen hand is na haar uitgesteek nie, sy het niks gesien nie, en sy het nie eenmaal omgekyk om te sien of die ander haar volg nie.

Agter die vlugtende vroue het die skote en kafferrumoer al dowwer en dowwer geklink. Toe dit aand word en die westerlug voor hulle rooi kleure soos bloed kry, het dit heeltemal stil geword agter hulle.

Van die heuwel waar hulle gaan staan het om terug te kyk, kon hulle ‘n rooi gloed en swart wolke rook sien bo die bosse en klowe in die verte. En ‘n doodse stilte. Die einde.

Jane het weer aangestap. Skaars ‘n myl vorentoe het Gwali en veiligheid gewag. En terwyl sy haar voete een vir een vorentoe dwing, kon sy net aan een ding dink; aan Dick. Sy het nie geweet waarom sy voortgaan om weg te stap uit haar eie lewe uit nie, sy kon net onthou dat iets groter as die dood nie mag sterwe nie.

каркасные бани фотоtopcargo отзыв

Duskant die longdrop

Die Afrikaanse vertelkuns loop omtrent net so gereeld by die outydse gemakkies verby soos Afrikaanse TV-stories met ongetroude meisies in die ander tyd opgesaal sit. Dis nou, soos Worsie gesê het, oor die tou geval het.

Neem nou maar die storie van die knaap wat oplet die gemakkie langs die rivier is al taamlik weggekalwe onder. So betrag, besluit hy dit gaan nie veel moeite verg om van die longdrop ‘n duikboot te maak nie.

So gedink, so gedoen.

Later kom sy pa by hom.

“Boetman, die Amerikaners het ‘n president gehad. Sy naam was Abraham Lincoln. Eendag saag hy die kersieboom af van stoutigheid. En toe sy pa vir hom vra of hy die kersieboom afgesaag het, toe sê hy ja, en omdat hy nie gejok het nie het sy pa hom nie gelooi nie.”

“Ja pa,” maar Boetman se verstand werk oortyd oor sy pa hom die verhaal so uit die bloute kom vertel.

“Het jy die kleinhuisie in die rivier laat val?”

O ja, nou sien hy, en sy pa bied sommer ‘n reddingsboei om nie geklop te word nie.

“Ja pa,” antwoord hy eerlik.

Toe sy pa hom klaar geklop het, wil Boetman in trane weet hoekom sy pa hom nou so gelooi het, terwyl Lincoln se pa nie, net oor hy eerlik was.

“Ja, maar Lincoln se pa was nie in die kersieboom toe dit afgesaag is nie.”

Dan leef die storie voort van Koos wat na ‘n goeie oes en ‘n “gesig” neffens sy huis vir olie laat boor het…teen almal se advies in.

Na ‘n kilometer en ‘n half die dieptes in is daar nog net kurkdroë ysterklip, en Koos se bankbestuurder skop vas. Koos benut toe maar die verleentheid deur ‘n lo…o…o…ng drop oor die gat op te sit. Volgens alle inligting is dit die gemakkie met die diepste gat ter wêreld, en die inwyding is ‘n groot geleentheid met die burgemeester en ‘n verteenwoordiger van die administrateur in die skare.

Uiteindelik is dit sulke tyd, en Koos is koerant onder die arm in vir ‘n ringsitting. Maar hy kom nie weer uit nie. Naderhand word plegtig geroep, en toe op die sinke gehamer, maar Koos is doodstil.

“Ek dink daar het metaangas uit die gat gekom en Koos oorval,” sê die skoolhoof en onverwyld word die deur afgebreek. Daar sit Koos potblou op die troon.

“Oom, verduidelik klein Koos aan die dokter, “my pa het die gewoonte om sy asem op te hou tot hy hom hoor val.”

Jors Troelie se oupagrootjie, oupa Pieter de Necker het op Petrusburg loop aftree, waar hy ook naderhand burgemeester was.

Toe word oupagrootjie 90, en van oor die hele land kom kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Aangevul deur die ander kennisse se kleingoed, is die groot dorpswerf vol kinders, wat eers te heerlik speel maar naderhand opgeskeep raak. Opgeskeepte gesonde kinders is ‘n tydbom.

Destyds had oupagrootjie se huis reeds ‘n binne-gemakkie, maar met so baie mense is dié vertrekkie slegs vir die dames. Die mans moes in die agterplaas die trappies op na ‘n deur doer bo, en ‘n klein deurtjie doer onder aan die agterkant, gerieflik binne bereik van die nagwa.

Nie ‘n honderd jaar nie, toe is kattekwaad uitgedink. Die jongklomp gaan sit in ‘n plaat op die grasperk reg oorkant die voorste deur. Dan, sodra daar ‘n slagoffer binne is, glip die “afgevaardigde” na die klein deurtjie, maak dit saggies oop en laat loop met ‘n handvol gruis die hoogtes in. Dan moet die “toeskouers” in detail aan die “afgevaardigde” verslag doen van die reaksie.

Naderhand bly die “afgevaardigde” sommer agter, en doen sy ding. Die terugvoer was te identies om elke keer te kom verneem, en dis snikheet warm.

Toe kom daar fout. Ta’ Hannie kon nie meer wag vir die een wat almal in die binne-gemak ophou om klaar getittewyt te raak nie, en sy durf die trappies in die agterplaas aan.

Nou is daar ‘n probleem, want die “afgevaardigde” het agter vir sy volgende slagoffer gewag, en was salig onbewus daarvan dat die jongste slagoffer buite perke was.

Die kort en die lank is dat ta’ Hannie die huis in is, en nog voor mens kon sê “mes” toe gaan die deur soos ‘n koekoekhorlosie se deurtjie oop en ‘n stroom grootmense storm met enige denkbare slaanding by die deur uit.

Nooit in die heugenis van Petrusburg het so baie kinders op een slag so erg siepsop gekry nie soos op oupa se negentigste verjaarsdag.

Maar Herrie had nog ‘n oupagrootjie. Dié het ook in die negentig geword, maar is kort daarna oorlede net mooi toe ma met my in die kraamsaal gelê het.

Ma sê sy het pa baie jammer gekry, want hy was baie erg oor dié oupa van hom, maar toe hy van die begrafnis terugkom, is hy dik van die lag.

Die begrafnis was in Mosselbaai, en voor die ter aardebestelling het die kis op bokkies op die stoep gestaan. Dié stoep het oor die see uitgekyk.

Maar merk pa, oupa se seun, oom Tienie, loop wye draaie om die bokkies, ook na die begrafnis toe ‘n klomp begrafnisgangers op die stoep kuier. Daar was inderdaad min dinge waarvoor oom Tienie nie bang was nie … trouens, hy was legendaries daarvoor.

Maar die stoep het nie net oor die see uitgekyk nie. Die stoep het ook oor die agterplaas uitgekyk, en heel onder op die verste hoek, die buitegemakkie.

Seker oom Tienie se ergste vrees was engtevrees.

Toe dit dan sulke tyd is, en oom Tienie die gemakkie moes opsoek, moet sy wederhelf, tannie San, saamgaan. Omdat die deur weens oom Tienie se vrees nie heeltemal toegemaak kon word nie, moet tannie San buite kywie hou.

Maar soos oom Tienie, was tannie San ook ‘n opperste platjie. Met oom Tienie gemaklik op die troon, glip tannie San terug stoep toe, gryp die twee bokkies, stap terug gemakkie toe, en druk die twee bokkies by oom Tienie in die gemakkie in, druk die deur toe en skuif die buiteknip in.

Dit alles gebeur ten aansigte van die mense op die stoep wat so gepak soos die skou se pawiljoen is.

Pa sê dit was so ‘n rukkie doodstil, toe skiet die deur heel uit sy skarniere ui dat dit doer trek. Toe vlieg die bokkies uit die gemakkie uit, gevolg deur oom Tienie wat histeries, broek op die enkels, die bokkies fyn en flenters spring.

 

crown graphic vs speed graphictopcargo отзывы

Die dag toe Kersvader sy baard aan die brand steek

Alles was gereed vir Kersfees. Hier vroeg in die nuwe jaar sou Pa en Ma vir die sesjarige Veronica die slegte nuus breek dat daar geen Kersvader is nie, want Veronica gaan aanstaande jaar skool toe en die ouers wil nie hê die maatjies moet haar straks spot nie.

Maar hierdie Kersfees is nog vir oulaas ‘n regte een op die plaas met Kersboom en Kersvader. Ma, Veronica en die driejarige tweelingsussies, Bianca en Madré, werk al weke lank om alles in orde te kry vir Kersaand.

Selfs ‘n ete soos min word vir Kersvader aangelê, want, verduidelik Veronica, dis ver van die Noordpool af en Kersvader sal al baie moeg en honger wees.

Sy het immers al met vorige Kersaande gesien hoe Kersvader aan die kossies kan weglê.

Want oom Koos wat al ‘n paar jaar vir Kersvader instaan, het nie daai bierpens gekry van min eet nie. Trouens, Veronica is al so geleerd oor Kersvader dat sy al ‘n ensiklopedie sou kon skryf as sy al kon skryf. Sy ken al Kersvader se takbokke se name op ‘n streep, maar by Blitzen trek sy die streep. “Ek noem hom sommer Donderweer want ‘n mens mag nie vloek nie.”

“En pa, hoekom is Rudolf se neus rooi? Het hy nie sy draai mooi gekry toe Kersvader esse gegooi het nie?”

Met al haar navorsing oor Kersvader het die lyne ook met St. Nicholas en Swarte Piet gekruis, en die twee heel inmekaar geklits. Die volgende jaar wou sy knaend huilerig by ma weet of sy, Ma, dink sy, Veronica, was soet genoeg, want so blyk dit uit haar navorsing, St. Nicholas bring net vir die soet kinders geskenke. Vir die stouters neem hy ‘n lat saam waarmee hy die stouterts sy boude vreeslik seer piets.

Ma verseker haar Kersvader meen sy is soet. Hy het self so vir ma geskryf.

Toe wonder Veronica nog net oor Bianca wat soms so onmoontlik kan wees. Oor oom Gert-hulle se stoute seun Japie het sy nie twyfel nie. Siepsop is Japie se voorland, en as Japie nie oppas nie, doen Kersvader sommer met sy terugreis Noordpool toe wéér by die huis aan.

“Ma, is Kersvader getroud?” wil Bianca weet.

“Natuurlik,” snip die alwetende Veronica. “Sy vrou se naam is Mary Christmas.”

Maar die oggend van die 24ste begin al die planne skeeftrek. Dit begin reën.

Eers is niemand bekommerd nie, trouens, almal is baie bly, want dit is droog. Later stortreën dit, en die SMS’e begin vlieg, want die telefoonlyne is af en die kinders kan alles hoor wat oor die tweerigtingradio gesê word.

Dis ‘n groot organisasie wat vergelyk kan word met die boere se operasionele vermoëns as hulle vir ‘n veldbrand of plaasaanval uitgeroep word.

Eers word die planne net aangepas. Pa en Ma diep ‘n ou Kersvaderpak uit die kas op, want oom Koos kan nie dié weer op ‘n trekker met sy Kerspak aandurf nie.

Ma besluit die baard is te gekoek, en spuit haarset aan en kam dit mooi uit. Die Kersvaderuitrusting word tussen die oorpakke in die melkstal gehang, en van toe af moet die glimlaggende melkers buite reikafstand van die spantou bly, want Pa is iesegrimmig.

Toe kom die regte slegte nuus. Van die reënery het oom Koos nou ‘n hoes en die tante sê aikôna, g’n niks trekker-ryery in die reën nie. Met die spruite wat al vol loop, is dït al manier. Pa moet vir Kersvader instaan.

Synde Pa nie ‘n pens soos oom Koos het nie, word ‘n kussing ook melkstal toe gesmokkel.

Kort voor Kersvader met sy slee, aldus Veronica, op die huis se dak sou land, word die afgespreekte SMS ontvang dat daar ‘n jakkals by die skape is, en Pa is vort. Eintlik sit hy af na waar die Kersvaderpak tussen die melkers se oorpakke hang.

Teen daardie tyd het Veronica lankal verklaar dat die weerstoestande van so ‘n aard is dat Kersvader nie met die koets en Swarte Piet die geskenkaflewerings sou doen nie.

Pa is skaars in die Kerspak, toe gaan die krag uit. Eskom is weer die ene Eisjkom. In die huis, sien hy, word kerse aangesteek. Die Lister loop al jare nie, en in daai reën gaan dit ook nie help om hom aan die loop te probeer kry nie.

Pa durf die reën aan, en val behoorlik met die sak geskenke in die huis in.

Die geskenkuitdelery by kerslig verloop goed. Veronica verduidelik van Pa wat moes gaan jakkalsjag.

“Dis ‘n tragedie,” vertel sy grootoog vir Kersvader, want pa is so ‘n yster met die kalkoensnyery. Nou sal Kersvader dit self moet doen. “Kan Kersvader met ‘n mes werk?”

Toe word aangesit. En dis waar dinge weer verkeerd loop.

By geleentheid moet Kersvader ‘n bietjie oorleuen om die kalkoen te sny, toe die baard te na aan ‘n kers kom. Ma se haarsproei laat dit soos petrol brand. Kersvader ken toe ‘n paar woorde wat die meisietjies dog net Pa ken as hy met die trekker-enjin sukkel. Veronica onthou dit ook nog vaagweg uit die Listerdae.

Pa laat waai na buite, waar hy die brandende baard onder ‘n lekkende geut druk, en toe verkas hy na die melkstal toe.

‘n Rukkie later is pa terug van sy “jakkalsjag” af. By die huis tref hy sy dogters ontroosbaar aan, want, verduidelik Veronica, hulle het nou dié Kersfees vir seker honderde ander kinders, by wie Kersvader nog nie was nie, verongeluk.

“En al is hy nog in staat om self verder te gaan, is hy nou seker so kwaad die lat gaan vreeslik praat, al was die kinders nie eens so stout soos Japie en Bianca nie.”

Ma is dik van die lag, maar steek dit weg.

Pa kry ‘n blink gedagte: “Nee wat, teen dié tyd het Kersvader lankal vir Swarte Piet gestuur. Hy gooi mos sommer die presente in die skoorstene af. “

Ingedagte stap pa die gang af. Tog jammer onskuldige pret, ook kinderpret, moet so in die slag bly. Tot ‘n paar jaar gelede het ‘n paar onnutsige boere nog middernag Oujaarsaand ander se hekke met draad gaan vasdraai. Dis nou die hekke van boere wat gaan dans het in plaas van Middernagdiens toe is.

‘n Boer wat met Bacchus in sy lyf op die plaas aankom, sukkel vreeslik met so ‘n toegedraaide hek. Soms word ‘n paar klappers gestel om die sukkelende boer te help om bietjie nugterheid te herwin.

Nou maak plaasaanvalle dit net te gevaarlik.

Selfs Kersfees is nie meer wat dit was nie.

 

пескоструйный рукавФильчаков прокурор харькова

Renosterstories

Neef Ferdie is ‘n wildboer, en renosters is sy ding.

Ferdie is nie sy regte naam nie, maar die leser sal teen die einde besef hoekom ‘n nom de arnoster aangewese is.

Boonop verkies neef Ferdie swart renosters. Dit het glo niks met kleur te make nie, maar eerder met die humeur. Die swart renoster, so verstaan dié stadsjapie, is effens kleiner as die wit renoster, maar die swart humeur van die swart renoster het ‘n paar opspraakwekkende historiese aantekeninge tot gevolg gehad.

Soos die ene wat kort na die Engelse ‘n spoorlyn Kenia se binneland ingebou het, besluit het hy soek net niks sulke raserige indringers nie en die lokomotief bestorm het. Die slag was so hard dat die lokomotief onklaar bly stoom afblaas het, terwyl renoster se kind sy kop ‘n slag of wat geskud en weggestrompel het.

Neef Ferdie se gunsteling renoster het ook sy naam gekry. Ferdie die renoster was naderhand half mak vir neef Ferdie, maar versigtigheid is nooit oorboord gegooi nie. Soos dié slag wat neef Ferdie skielik gesê het: “Laat waai!” Ons laat waai.

Veilig in die trok verduidelik neef Ferdie: “As daai renoster sy ore begin wikkel en sy stert swiep…”

Kort hierna is Ferdie saam met ‘n paar ander renosters verkoop. Die laaiery is nie al te maklik nie, veral nie as dit swart renosters is nie. Hulle moet verdoof word en dan is dit ‘n liederlike stuk bedremmelde gewig om te laai.

Neef Ferdie kyk die storie so. Ferdie die renoster wei nog heel rustig te midde van die rumoer en neef Ferdie wonder of soveel drama regtig nodig is.

Ferdie die renoster was legendaries bekend hoeveel hy van lemoene hou. Meer as een keer het die wildsheining dit ontgeld as ‘n lorrie met ‘n vrag lemoene verbyry mark toe, want Ferdie kan iets vreesliks ruik. Veral lemoene.

Neef Ferdie gaan haal ‘n paar lemoene, en a la Hansie en Grietjie word lemoene tot agter in die trok ente uit mekaar gesit. Ferdie vat die buit, en stap al loemsop-spuitend heel rustig tot agter op die bak. Toe word gespring, en die trok toegemaak.

“Toe leer ek hoekom renosters, in elk geval swart renosters, nie so getrok word nie.”

Die trok was net toe, toe strip daai swart renoster sy moer iets allerverskrikliks. Sommer gou is dit duidelik as daar iets van die trok moet oorbly, moet Ferdie daar afkom. Die bak word oopgemaak en almal laat spaander, want nie eens ‘n ton lemoene sou nou Ferdie se bui gou laat sak nie.

Ou Pula het ‘n mank been, en Ferdie pik op hom. Net, net betyds haal Pula ‘n stewige karee, en soos neef Ferdie sê, met die afkomslag gryp Pula een van die boonste takke vas.

Maar Ferdie die renoster se briekse en belyning is nie heeltemal skerp genoeg om betyds op Pula se “disappearing act” te reageer nie, en hy dryf daai lang neushoring tot by die neusgate in die karee in.

Neef Ferdie sê almal wil nog verlig raak, want ‘n karee laat so ‘n neushoring soos ‘n bajonet vassuig. Maar watwou, Ferdie die renoster is gans te die hoenders in om hom so te laat vang. Hy begin ruk, met die gevolg daai boom werk soos ‘n kleilat en hy slinger vir Pula in ‘n blinkblaar in. Almal wou nog wonder of Pula dit oorleef het, toe trek hy al vyftig meter verder, met die helfte van sy oorpak wat in die blinkblaar agtergebly het.

Nou moet ek darem ter versagting bysê as ek nou dalk half wyd met die waarheid omgaan, neef Ferdie las partykeer dinge by sy stories om dit interessanter te maak – nie lieg nie, maar ‘n stadsjapie kan dalk nie agterkom dis spekskiet nie en dit vir die waarheid opdis.

Vertel neef Ferdie, daai karee staan toe op klipperige grond, en met die gespook lig Ferdie die renoster die boom met wortels en tak uit daai losserige bodem. Hy skud sy kop ‘n slag of wat woes, en daar trek die boom.

Nou moet ek eers weer ‘n draai gaan maak om die storie te kan vertel soos dit is.

Ma het in haar dae voor sy met pa getroud geraak het, vir ‘n Engelse klas Afrikaans gegee. By geleentheid moes die klompie opstel skryf oor ‘n jagervaring. Bygesê, destyds is renosters nog gejag, en nie net gestroop nie.

Die een knaap se storie handel oor sy pa wat gaan renosterjag het. Maar toe “wond” hy die renoster. En toe gaan soek daai renoster die man wat hom gewond het.

“Die renoster is so kwaad, hy kyk agter hierdie boom, en hy kyk agter daardie boom.”

Die probleem is, sê ma, die Engelse kinders raak soms vreeslik deurmekaar met die Afrikaanse “y”, en die “a” wat in Engels mos ook as “y” uitgespreek word.

Dit was dus nie soseer ge-“kyk” wat die renoster so agter die bome gedoen het nie.

Dié storie het al lankal by neef Ferdie uitgekom, synde hy ook so met renosters deurmekaar is.

“Daai Ferdie was so kwaad, hy het nie eens gebodder om agter die bome te gaan kyk nie. Dis net die ene bolle.”

Nie lank na Ferdie die renoster se vertrek nie, kry neef Ferdie ‘n beter aanbod en verhuis na ‘n ander provinsie. Ook hier word op die wildsplaas met renosters gespesialiseer.

“Ons koop toe ‘n plaas by om uit te brei, en natuurbewaring kom doen inspeksie. Terwyl hulle die kamp inspekteer wei daar ‘n klompie springbokke in die kamp wat maar daar was toe ons die plaas gekoop het.

“Een van die Natuurbewaringsmense bekyk die springbokke skepties, en vra toe vir neef Ferdie: ‘Dink jy daar is genoeg springbokke vir die renosters om te eet?’

“Nou kan ‘n man ook nie eens lag nie, want of hulle nou iets weet of nie, hulle het wye magte en kan ‘n man se aansoek afkeur.”

“Ja’” lag ek saam. “Soos almal weet vreet renosters eintlik rooibokke.”

“Ja, nie springbokke nie.”

Gelukkig nie want daar het juis ‘n ruk gelede ‘n klompie uitgediende springbokke uit Europa aangekom.

 

кухни цена украинаФильчаков прокурор харькова

Die Bul en die BMW

“Dit moet seer sekerlik moeilik wees om te leef met jou een voet in die moderne wereld en jou ander in die Middeleeue.”

Dink vir een oomblik watter sielewroeging jy moet deurgaan, Gucci pak aan die lyf, nuutste selfoon in die hand, BMW sleutels wat bult in jou sak, wanneer jy die oproep tot aksie kry: ‘n Bul moet sterf. Jy moet hom kom help doodmaak met jou kaalhande. As jy dit nie doen nie, gaan die voorvaders die oes verwoes.

Dink net – jy stap deur Sandton se winkels met jou duur Europese voorkoms, werk in elke winkel met elke assistent hard aan jou regte Engelse aksent. En jy kry die oproep om Afrikaan te kom wees by die huis die naweek, doer in die voetheuwels van Tjaka se ryk. Kom verspil bloed met jou kaal hande, of die oes misluk.

Jy wil-wil vir jouself begin vra: “Watter oes? Wat wie geplant het?” Jy dink-dink aan jou kollegas by ‘n groot batebestuurder, en wonder wat hulle sal sê as hulle jou moet sien in jou stertvelletjies, al dansende tussen die vet hoofmanne en kaal maagde.

Jou gemoed stoei met jou wanneer jy jou swart Nazisedan se neus by die winkelsentrum se uitgang uitstuur. Links of Regs? Links is huis – oftewel jou meenthuis in ‘n sekuriteitskompleks. Regs is ook huis – die voetheuwels van Kwa – Zulu.

Jy draai regs. Huis toe. Afrika toe. Soos wat die paar honderd kilometer onder jou wiele verbyrol voel jy al hoe meer bevry van jou eurosentriese gedagtes. Die gedagte aan die bul wat brul, die bloed wat spuit, die maagde wie se borste wip en wieg terwyl hulle jil van bloedlus laat ‘n warm gevoel in jou opstoot – ‘n primitiewe afwagting neem in jou oor en in jou lendene roer dit.

Jy arriveer by jou kraal, net so voor drie in die oggend. Jy weet jy is tuis, fisies en psigies.

Saterdag breek aan. Jy verlaat jou hut, trots geklee in jou diervel deurtrekkertjie, en blink van die Vaseline gesmeer. Die Gucci-klere is in ‘n tas in die BMW se kattebak, geparkeer tussen jou hut en die bokke se kraal.

Die seremonie begin drie ure laat, maar die wag was vir jou die moeite werd. Die hoofmanne praat vir ‘n uur of twee oor die politiek, die halfnaakte maagde dans ‘n vrugbaarheidsdans – en dan, skielik – gaan ‘n gejil op.

Die bul is hier. ‘n Horde oemfaans jaag hom in die kraal in. Die gejil word al skriller, en so ook jou manlikheid. Jy wil bars van opwinding en afwagting.

Dan begin dit. Die bloedlustigheid, die wreedheid, die gejil, alles, alles meng vir jou saam in ‘n opwinding wat jy nie later kan onthou nie. Die jong impi’s slag die iul. Hulle steek hom, terg hom, lag vir hom, dans om hom. Die wit glimlagte skitter soos hulle spring van opgewondenheid, en elkeen probeer meer pyn aanrig as die vorige. Toe die bul lê, spring hulle op sy testikels tot dit bars, en skaterlag vir die pynlke gebulk. Die maagde spring en bons en jil. Jou siel neem oor en jy spring vorentoe, jy dans in die bloed, jy skop en steek en lag en smeer jouself met die warm lewensbloed. Jy is tuis.

Jy kan nie veel onthou van Saterdagaand nie. Dis laat Sondagoggend en jy is oppad terug Gauteng toe. Jou kop is te seer om op iets anders as die pad te probeer konsentreer. Rondom sewe – uur die aand kom jy moeg aan by jou meenthuis, val in jou Europese bed, stel jou wekker en slaap.

Maandagoggend breek aan. Jy besef die naweek is verby toe jy jou duur Europese pak en skoene aantrek. Die gedagtes oor die 14-jarige meisie in jou hut vervaag terwyl jy die snelweg aanvat in jou swart Duitse voertuig. Jy groet ‘n uur later die wit ontvangsdame by die batebestuurder waar jy werk met ‘n perfekte glimlag in perfekte Engels.

‘n Halfuur later sit jy in die raadsaal, en luister verveeld na die wit uitvoerende hoof se relaas. Terwyl jou ooglede begin swaar word, dink jy terug aan die naweek in die voetheuwels van Kwa -Zulu en ‘n lui glimlag speel om jou mondhoeke.

Toe die uitvoerende hoof jou skielik vra vir jou weeklikse verslag – wat jy nie opgestel het nie – verskreef jou oë, jy kyk hom aan met haat, en hy verander in jou geestesoog in ‘n bul. ‘n Wit bul wat geslag moet word. Jy voel skielik baie tuis.

 

пескоструйный компрессорДанильченео