ANC-Alliansie gaan kook in eie Eksdompot!

Vir 15 jaar, vanaf 1994 tot 2008, was daar geen groot ekonomiese druk op die ANC-regering nie.

Vanaf 2013 tot 2027, gaan die huidige ekonomiese druk egter nie wyk nie, maar teen Nkandla eskaleer.

Vir die volgende 15 jaar kan die Suid-Afrikaanse ekonomie net nie vinnig genoeg groei nie.

Pleks van ekonomiese groei groter as die inflasiekoers, gaan Suid-Afrika se ekonomie oor die volgende 15 jaar teen ongeveer twee-derdes van die inflasie groei, en dit ook maar net danksy groei in die res van Suider-Afrika – op sy beurt te danke hoofsaaklik aan China se behoefte aan voedsel- en hulbronsekuriteit, en waarskynlik lebensraum ook!

Hierdie langdurige gebrek aan reële groei gaan ongetwyfeld lei tot die einde van die ANC-alliansie, en waarskynlik ook die einde van die eenheidstaat van Suid-Afrika.

Die grondoorsaak van bogenoemde gebeure lê natuurlik in die Apartheidsera!

Die “Afrikaner-regime” in Pretoria het die kapitaalintensiewe Suid-Afrikaanse ekonomie en industrie op goedkoop krag gestruktureer. ‘n Afrikaner, ene Meneer Van Eck, Voorsitter van beide Eskom en die Nywerheids-Ontwikkellings-Korporasie, het dit destyds in dier voege gestel: Ons wil die ekonomie en industrie nie op goedkoop arbeid bou nie (soos China nie), maar op goedkoop krag.

Danksy sulke intelligente Afrikaners het Pretoria algaande die goedkoopste krag op aarde geproduseer, dog vanaf die laat sewentigerjare het ekonomiese groei desnieteenstaande agter geraak met inflasie. Die gevolg was die einde van die Afrikanerstaat en die Nasionale Party.

Hoekom, met ‘n oorvloed goedkoop krag, kon Pretoria nie die nodige groei lewer wat Beijing vandag wel doen nie?

Die rede daarvoor was nie Westerse sanksies nie, maar wel Afrika-isolasie.

Suider-Afrikaanse streeksintegrasie en gepaargaande hoër reële groeikoerse, het vir Suid-Afrika ten einde geloop met die regeringsveranderings wat begin het in Angola, Mosambiek, en ge-eindig het by Zimbabwe, Suid-Wes en daarna die TBVC-lande en Suid-Afrika self.

Apartheid-Pretoria se hoë reële ekonomiese groei van die Sestiger- en vroee Sewentigerjare was deels te danke aan Afrika-streeksintegrasie.

Beide HF Vewoerd en PW Botha se Onafhanklike-State oftewel Tuisland- en Konfederasie-beleid was gepas vir die ekonomies-politieke streeksintegrasie van Suider-Afrika.

In kort: Die NP se Groot-Apartheid was ‘n wetenskaplik-sosiale konstruk vir ‘n VSSA oftewel: Verenigde State van Suider-Afrika.

Nadat Fidel Castro gedurende 1975 en daarna Pretoria se Suider-Afrikaanse streeksintegrasieprojek persoonlik gestuit het ten gunste van Sjina se globale belang, het Afrikanerintelligentia die imperiale imperatief verwerp. Tog het die NP-Koukus vir PW Botha in die plek van BJ Voster verkies: om Afrika-streeksintegrasie vir ekonomiese en politieke oorlewing met militere mag af te dwing as dit moet.

Pik Botha en sy baas PW Botha het egter verskil en gebots: PW Botha se eerste prioriteit was Afrika-Integrasie. Uit die aard van sy werk was Pik Botha se prioriteit eerder Westerse-Integrasie. As hoofleier was dit PW se plig om Pik se impak te elimineer. Toe hy dit nie gedoen het nie, het die Pik-kragte vir PW ge-elimineer. Danksy Pik se oorwinninng is Suid-Afrika by die globale Westerse magte ge-herintegreer, totaal ten koste van PW se noodsaaklike streeks-Integrasiestrategie van Suider-Afrika.

Om op te som: Suid-Afrika se kapitaalintensiewe ekonomie vereis twee faktore vir volhoubare reële ekonomiese groei, en dus sosiaal-politieke stabiliteit om ‘n “Nasionaal Demokratiese Rewolusie” te voorkom:

1. Goedkoop en surplus krag.

2. Suider-Afrikaanse streeksintegrasie.

Afrikaners het hulle staat en politieke mag verloor, as gevolg van die faling om streeksintegrasie in Suider-Afrika te bewerkstelling. Ons kan PW Botha nie daarvan beskuldig dat hy nie probeer het nie. Sou PW nog 5 jaar pleks van FW regeer het, sou hy totale Suider-Afrikaanse streeksintegrasie bereik het deur middel van die uiters strategies gelee UNITA en Josef Savimbi.

Die ANC gaan alliansie-eenheid en die eenheidstaat verloor, as gevolg van hul blindheid om die gesofistikeerde Afrikanerstelsel van goedkoop krag te beskerm en te bewaar.

Die Suid-Afrikaanse Parlement het die Afrikanerstelsel van goedkoop krag met nuwe Eskomwette en Mynhandveste vernietig. Kragpryse sal vir die volgende 15 jaar aanhou om ver bo die inflasiekoers te eskaleer, en so ekonomiese groei struktureel beperk. ‘n Nasionaal-Demokratiese-Rewolusie is dus besig om teen die ANC te broei.

Die selfgekonstrueerde strukturele kragkrisis dwing Nkandla om Suider-Afrikaanse streeksintegrasie te versnel, ter wille van hoër ekonomiese groei en politieke oorlewing in Suid-Afrika.

Logiese spoor- en kraglyne tussen die Demokratiese Republiek van die Kongo en Suid-Afrika dryf Nkandla se korrekte streeksintegrasietrategie. Pres Jacob Zuma het persoonlik na die DRK gevlieg om ‘n amptelike vennootskap van uiters strategiese, militere en ekonomiese waarde met President Josef Kabila te onderteken gedurende November 2012. PW se politieke instink was korrek oor die deurslaggewendheid van die DRK, Angola en Luanda.

Alhoewel die oordrewe kapitalistiese China die nodige streeksintegrasie en infrastruktuur-kapitaal vir Nkandla uit eiebelang sal finansier, sal Kwazulu-Natal se Zoeloe-regimente en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die grondwerk in Suider-Afrika doen. Geen Suider-Afrikaanse streeksintegrasie is moontlik sonder plaaslike militere mag en innovering nie.

Sou Zoeloe-Nkandla met streeksintegrasie misluk soos Afrikaner-Pretoria het (en Afrikaner-Pretoria het militere mag, innovasie, kernkrag en kernbomme bemeester), is daar hierdie keer geen goedkoop Afrikanerkrag om sosiaal-politieke stabiliteit te bestendig nie.

Die ANC se Nasionaal-Demokratiese-Rewolusie bedreig Zoeloe-Nkandla die meeste, vandaar Zuma se neiging om die gebrek aan die noodsaaklike ekonomiese groei ook op blankes, veral Brits-gebasseerde multi-nasionale mynmaatskappye, te blameer.

Die huidige krisistoestande en gebrekkige vermoëns van die SANW en Eskom dui daarop dat Nkandla as die politieke hoofstad van Suid-Afrika amper onmoontlike uitdagings in die gesig staar. Slegs die huidige spesiale strategiese bondgenootskap met ‘n belang-gedrewe Beijing gaan ‘n hoogs beveiligde fort Nkandla in die volgende 15 jaar laat oorleef.

 

данильченко юрий брониславович прокурор

Afrikanervryheid

“Sonder ‘n eie taal, kultuur en identiteit, is enige praatjies oor selfbeskikking, eie skole, universiteite en ander instellings, selfs grondgebied, doodgebore”. Dit is die mening van dr Dan Roodt soos weergegee in die laaste Praag-nuusbrief. Die werk van dr Roodt en Praag is prysenswaardig. Daar is egter ander perspektiewe ten opsigte van die Praag stem peiling oor wat ons wil hê Praag moet doen. Ongeag van die wetenskaplike waardekwalifikasie wat die peiling empiries sal diskwalifiseer dink ek veral aan Feyerabend se siening “anything goes”.  Sonder om uit te brei op Feyerabend se wetenskap navorsings sienings kom dit daarop neer dat peilings van die aard nie ignoreer behoort te word nie en wel wetenskaplike waarde inhoud het.

Die peiling dui duidelik dat die meerderheid van die deelnemers verwag dat Praag meer aktief moet wees by die bereiking van Afrikanerselfbeskikking. Afrikanerselfbeskikking dui uiteraard op politieke selfbeskikking binne konteks van ʼn onafhanklike Afrikanerregering in ʼn soewereine Afrikanerstaat. Die kwessie is al holrug gery maar gegewe die eskalerende politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele onstabiliteit in Suid-Afrika, kan ons nie bekostig om die oorlewingsideaal te verwaarloos nie. Dit is nie vreemd dat Praag wegskram van intensiewer aksies ter bereiking van selfbeskikking nie want Praag het reeds sy rol binne taal-en-kultuurverband gevestig.

Tegnies kwalifiseer die Afrikaner in terme van verklarings en deklarasies van die Verenigde Nasies en Internasionale Menseregtkommissie om selfbeskikking te eis. Alhoewel uitsprake van die Internasionale Geregshof inkonsekwent is, word die beginsel van die reg op selfbeskikking wel onderskryf. Alle eise vir selfbeskikking begin by ʼn magsbasis. Politieke partye en organisasies vorm ʼn magsbasis en word gemeet aan die ondersteuning vir die spesifieke groepering.  

Op die stadium blyk dit ʼn nuwe Afrikaner elite sal na vore moet tree om kohesie onder Afrikaners te bewerkstellig, andersins sal die bereiking van selfbeskikking moeilik haalbaar te wees. Afrikaner taal, kultuur en identiteit is reeds gevestig.  Praag speel in die verband ʼn belangrike rol om dit te onderhou en uit te brei.  Dit is egter nie ʼn voorvereiste wat eers ontwikkel moet word alvorens daar gepraat of gedoen word om Afrikaner selfbeskikking te bereik nie. Aspekte soos digitalisering van Afrikaner kultuur en ekonomiese oorlewing is vanselfsprekende aksies.

Die vraag is egter watter organisasie(s) is besig met selfbeskikkingsaksies en wat word bereik. Die gepratery stu voort. Die meerderheid Afrikaners is steeds en toenemend onder die DA sambreel. Kleiner Afrikanerpartye en -organisasies plaas klem op die behoud van Afrikanervolkswaardes. Dit is goed en wel maar die partye reflekteer nie ʼn magsbasis nie. Sonder ʼn magsbasis is alle pogings vir vryheid futiel. Die verskil tussen ʼn Afrikaneparty en die Demokratiese Alliansie is dat die DA op party politieke gronde meeding om die volgende regering van ʼn gedoemde staat te word terwyl die verwagting vir ʼn Afrikanerparty sal wees om hoofsaaklik buite parlementêr aktief te wees om ʼn magsbasis te bou ter bereiking van Afrikaner selfbeskikking.

Mens kan net hoop dat die nuut verrysde Nasionale Strategiese Komitee wel gaan waag en alle aspekte vir Afrikanervryheid sal koördineer en met ʼn werkbare plan en uitvoering daarvan vorendag sal kom. Daar is diepte in Afrikanerkennis en -vaardighede wat substansie aan die vryheidsproses kan gee.

Hoekom wil ons vry wees? Dit is bloot ʼn kwessie van assosiasie. Om op alle terreine eienaarskap en bemanning te hê, van en deur jou eie. Om ʼn Christelik-nasionale waardestelsel te handhaaf, om Afrikaans te praat, om met jou eie te assosieer. Dit kan alleen gebeur in ʼn Afrikanervolkstaat. Dit beteken nie xenofobie of anti-swart of isolasie nie.

Александр Фильчаков Васильевич

Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie

Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het.

Saoedi-Arabië is die wêreld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah ‘n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl ‘n rewolusie in Saoedi-Arabië nog steeds nie waarskynlik is nie, het die Arabiese Lente moontlik vir die eerste keer ‘n opstand moontlik gemaak, en dit kan president Obama se tweede termyn in ‘n krisis dompel.

Egipte kan maar nie tot bedaring kom nie, en die ontevredenheid met die uitkoms van die opstand wat tot die val van Hosni Moebarak gelei het, smeul net onder die oppervlak.

Revolusionêre verandering in die koninkryk sal ‘n ramp vir Amerikaanse belange beteken. Saoedi-Arabië is Amerika se oudste bondgenoot in die Midde-Ooste, ‘n vennootskap wat dateer uit 1945. Die Verenigde State het geen ernstige opsie vir die koms van ‘n rewolusie nie, want hulle is reeds te diep en onherroeplik verbind aan die lot van die koninkryk.

Obama se enigste kans om gebeure te beïnvloed, is om die beste moontlike intelligensie beskikbaar in te samel om ‘n dreigende krisis akkuraat te voorspel en om dan te probeer om enige vloedgolf te oorleef.

Die koninkryk van Saoedi-Arabië beskik dalk oor ‘n sekere oorlewingskrag. Twee vroeëre Saoedi-koninkryke is verslaan deur die Ottomaanse Ryk en uitgeroei. Hulle het opgestaan.

Die land het ‘n golf van revolusies teen Arabiese monargieë oorleef in die 1950’s en 1960’s, asook ‘n staatsgreeppoging in 1979 om beslag te lê op die Groot Moskee in Mekka.

Osama bin Laden en Al-Kaida het ‘n vier-jaar-opstand gevoer om die Saudi’s omver te werp en misluk, minder as ‘n dekade gelede. Die kaders is steeds in die koninkryk en in die buurland Jemen.

Dieselfde demografiese uitdagings wat rewolusie in Egipte en Jemen ingedra het, naamlik ‘n baie jong bevolking en baie hoë werkloosheid, geld in Saoedi-Arabië. Die plofbare potensiaal is daar.

In erkenning van hulle kwesbaarheid, het die Saoedi-koningshuis meer as $130 miljard sedert die Arabiese Lente spandeer om verdeeldheid te besweer en allerlei kosmetiese hervormings ingebring soos ‘n magtelose raadgewende raad vir vroue.

Terwyl hulle opstande in Bahrein en Jemen onderdruk, het hulle Jordanië en Marokko genooi om by die koningsklub aan te sluit. Maar hulle steun terselftertyd rewolusies in Libië en Sirië, saam met hul Anglo-Amerikaanse vriende. Dit kan tot feller teenstand lei.

Vreedsame en gewelddadige optogte teister reeds die olie-ryke Oostelike Provinsie vir al meer as ‘n jaar. Dit is Sjia-protes en dus atipies van die res van die koninkryk. Sjia-andersdenkendes in Aramco, die Saoedi-olie-maatskappy, het ook kuberaanvalle gebruik om rekenaarstelsels aan te val, en meer as 30.000 werkstasies in Augustus gekraak. Hulle het moontlik hulp ontvang van Iran.

Veel meer ontstellend is die protes in Soennie-dele van die koninkryk. Sodra dit momentum kry en sneeubal, is die groot stede van die Hejaz, met inbegrip van Jeddah, Mekka, Taif, en Medina binne bereik. Die Saoedi-opposisie het ‘n lewendige inligtingstegnologiekomponent wat vinnige kommunikasie van die verdeeldheid binne die koninkryk na die buitewêreld kan stuur.

Die kritieke mag waarop die konings reken is die National Guard. Hulle is in die Verenigde State opgelei en toegerus met miljarde in helikopters en gepantserde voertuie.

Maar sal die Guard op broers en susters in die straat skiet?

Die opvolgkwessie voeg nog ‘n laag van komplikasies by. As die koning sterf sal onrus ‘n werklikheid word en die koninkryk selfs meer kwesbaar vir rewolusie. Net soos Mandela het hy ook nie meer lank oor nie. Die kroonprins ook nie, weens siekte.

Terwyl die VSA kan leef sonder Saoedi-olie, kan China, Indië, Japan, en Europa nie. Onrus sal ‘n groot impak op die globale ekonomie hê. Daarbenewens, is die CIA se oorlog teen al-Kaida baie afhanklik van die koninkryk. Die Amerikaanse militêre opleidingmissie daar, gestig in 1953, is die grootste van sy soort in die wêreld, ‘n teenwoordigheid wat Iran vir vier dekades al in toom hou.

Bahrain, Qatar, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate is nie in staat om hulself te verdedig teen ‘n revolusionêre regime nie. Jordanië sal waarskynlik wankel en slegs Oman is geïsoleer en sterk genoeg om staande te bly.

Amerika sal stilletjies moet begin beplan vir die ergste. ‘n Verrassing soos Iran in 1978 kan Obama tref voor sy termyn om is, en dit gaan ‘n demokratiese verrassing wees.

Александр Фильчаков Васильевич

Zille, FNB staan self agter die deur

‘n Suid-Afrikaanse bank het geen amptelike redes verskaf vir waarom hulle ‘n reeks advertensies verwyder het nie en net gesê dat die bedoelings is verkeerd opgeneem.

Die nuutste relletjie is ‘n advertensiefoefie wat weereens baie Suid-Afrikaners gevang het.

ENB, deesdae FNB, se veldtog Jy kan Help het verlede week in Soweto met ‘n reeks aanlynvideo’s begin, waarin ‘n aantal Suid-Afrikaanse tieners hul standpunte oor die land deel.

Korrupsie, die gebrek aan werksgeleenthede en 17-jariges wat wil stem in die volgende verkiesing was van die onderwerpe

Die ANC-jeugliga, duidelik daarop uit om president Jacob Zuma se guns terug te wen, het beswaar gemaak.

Dit het gewerk. FNB het die video’s wat kritiek teen die regering uitspreek, verwyder.

Die Demokratiese Alliansie het “apartheid-sensuur” weer afgestof, ‘n Nuus24-leser wou FNB tot president uitroep en ‘n Twitter-golf het natuurlik gevolg. Die leserskape het blykbaar nog nie hul tropinstink verloor nie.

Ons land staar ernstige uitdagings in die gesig, soos erg ongeërgde politici, die Limpopo-handboekskandaal en, natuurlik, Nkandla. Die bank self is jammerlik genoeg nie heeltemal skuld-vry nie.

Teen die einde van verlede jaar het die Mail & Guardian die verdoemende Zuma-storie gebreek. ‘N KPMG-verslag het getoon hoe ons president ver bo sy vermoë leef omdat befondsers en organisasies wat politieke gunste verwag, gereedstaan met die spreekwoordelike tjekboek.

Een van daardie organisasies is die einste FNB. Volgens KPMG se 2006-forensiese verslag, het FNB vir Zuma ‘n R900 000-verband vir Nkandla toegestaan nadat ‘n senior bankamptenaar geskryf het: “Ek is seker dat die heersende magte ons sal help waar ons nodig het om die reëls ‘n bietjie te buig.”

Dié verskriklike en eties gebrekkige besluit val dalk saam met die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj se ampstermyn as ‘n direkteur van FirstRand, die houermaatskappy vir FNB. Dit wys hoe diep die problematiek van magsverhoudings tussen die regering en die sakewêreld is, en dit dateer nie van gister of Zuma se termyne nie.

Ander finansiële instellings is insgelyks besmet deur die verslag, en die feit dat ons banke gereeld in twyfelagtige en onetiese maniere optree, is nie nuus vir enigiemand nie.

Zille kan haar hoogheiligheid oor die Guptas ook maar temper. Sy het voorheen nooit ‘n sprook gesprak oor hoe die banke en die myne belastingbetalers stroop ten behoewe van politieke voordeel en invloed nie.

Фильчаков прокуратура харьков

‘n Swart mag in Afrika: Africom

Die Britse premier David Cameron, het dié naweek dit duidelik gemaak dat “die Weste vir dekades lank in Noord-Afrika teenwoordig sal moet bly” om probleme in die streek die hoof te bied.

Wat eers gelyk het na uitsluitlik ‘n Franse uraanbeheer-kwessie met die eise van Islamiste in Mali, het pas uitgebrei na Algerië toe ‘n eenoog-krygsheer Britse belange van die oliereus BP onder druk geplaas het met ‘n aanval op een van hulle petroleumaanlegte in die suide van die land, en op die koop toe die Franse militêre teenwoordigheid in Mali as rede aangebied het.

Dis trouens dalk nie eens uraan óf olie wat die konflik aanmoedig nie. Volgens die VN-kantoor vir die Beheer van Verbode Middels, word 60% van Europa se kokaïen deur Mali vervoer. Met die hoë pryse wat op straat in Parys se geld, is dit seker die moeite werd om meer as $11 miljard se handel te beheer.

Al glo die voormalige koloniale magte dat hul toewyding aan “nie-rassige harmonie” aanklank sal vind by die vele plaaslike bevolkings wat soewereine regte oor minerale hulpbronne kan uitoefen, dui die mees onlangse verwikkelinge dat anti-wit sentimente nie eersdaags gaan verdamp nie. Die Franse is reeds ‘n paar jaar gelede deur ‘n soortgelyke oefening in die Ivoorkus, waar hulle operasie Licorne swart faksies teen die koloniale wit heerser verenig het.

Wat is dan die rol wat die VSA op die vasteland met Africom wil speel?

Ontsnapte swart slawe het aan die Britse kant geveg tydens die Amerikaanse Rewolusie, wat beloof het om hulle te bevry. Tot 30% van slawe het tydens die oorlog in die Suide gedros om by die Britte aan te sluit en plantasie-eienaars het hul bedrywe tot niet sien gaan in die chaos wat die Britte met hul beloftes geskep het.

Afro-Amerikaners is weer ingesluit in die VSA se militêre magte tydens die Tweede Wêreldoorlog, in gesegregeerde eenhede, en dikwels in eenhede waar hulle agter die linies moes diens doen. Die voorwendsel was dat hulle nie sou kon veg nie en liefs nie sulke ervaring moes opdoen nie.

Soos ‘n Afro-Amerikaanse soldaat in 1942 dit self treffend opgesom het: “Laat my grafsteen lui: Hier lê ‘n swart man wat gesterf het om teen ‘n geel man te veg vir die beskerming van die witman.” Die swart soldate het nooit gevoel dat hulle in ‘n stryd vir hul eie voortbestaan betrokke is nie.

Rassegroepe in die Amerikaanse weermag was eers geskei. Franklin D. Roosevelt het tewens daarop aangedring dat swartes nie meer as 10 persent van die mag uitmaak nie en streng in gesegregeerde eenhede dien.

As Afro-Amerikaanse soldate in die Tweede Wêreldoorlog nie die Duitsers of die Japannese moes trotseer nie, was die grootste risiko steeds gewelddadige aanranding deur wit Amerikaanse soldate. In Guam het Amerikaanse bevelvoerders toegelaat dat wit troepe voorberei vir die aanvalle op Japannese magte deur lewendige handgranate op swart soldate te gooi.

In April 1945, is sestig swart offisiere wat ‘n verbod op die gebruik van ‘n wit offisiersklub uitgedaag het, in hegtenis geneem. Nog twee sulke probeerslae het elke keer met arrestasies geëindig.

Ten spyte van die afkeer teen hulle, is Afro-Amerikaners buite verhouding in die weermag verteenwoordig. Dit is en was die beste beskikbare manier om ‘n salaris of enige soort geskoolde werk te bekom.

In 1948 het A. Phillip Randolph die Amerikaanse Senaat sarkasties gewaarsku dat “die Kongres en die Amerikaanse volk deur steeds Jim Crow te aanvaar, ‘n massa burgerlike ongehoorsaamheidsbeweging in die trant van die pragtige stryd van die Indiese volk teen die Britse imperialisme, in die gesig kan staar.”

Met die oorlog in Suid-Korea, is na integrasie oorgeskakel en rassekwotas is afgeskaf. Met die toetrede van swartes, het die gewetensbeswaardes onder hulle ook toegeneem.

Viëtnam was dieselfde verhaal: Steeds meer Afro-Amerikaners in die weermag, en nog sterker aktivisme daarteen. Tussen 1966 en 1971 het 400 000 Amerikaners in die weermag gedien, 40 persent van hulle Afro-Amerikaans.

Die ironie is dat Afro-Amerikaners buite verhouding gekant is teen oorloë, maar eweneens in groot getalle – heeltemal buite verhouding tot hul demografiese profiel – in die weermag dien. Iets wat soortgelyk is aan hul blinde lojaliteit jeens die Demokratiese Party.

Met ‘n wit Republikeinse president wat die eeuwending se groot oorloë gelei het, het die rassekwessie nóg neteliger geraak. Tussen 2000 en 2005 het swart indiensneming in die weermag met 40% gedaal, en swart teenwoordigheid in die militêre magte met 25% gekrimp. Hierdie tendense het in 2008 egter met die koms van ‘n swart president omgeswaai.

Miskien is dit die ekonomie se skuld. Miskien is dit wanpersepsies dat die oorlog verby is. Of miskien is dit dat die 2009-Nobelprysontvanger vir Vrede baie na hulle lyk, al maak hy steeds onverpoos oorlog.

Die VSA se militêre magte is tans met die uitbreiding van Africom op Afrika gerig. Natuurlik is die VSA ook op Asië en die Midde-Ooste gefokus, maar in Afrika gaan swart Amerikaners dalk huiwer om hul swart broers aan te vat. Sal die ander twee fokusgebiede ‘n swart muitery oorleef?

Die man wat die staatsgreep in Mali gelei het, is kapt. Amadou Haya Sanogo. Hy het sy vier maande lange basiese infanterie-opleiding in Fort Benning, Georgia, met komplimente van die Pentagon in 2010 verrig. Dis sommer nou die dag nog.

Sanogo is ook deur Africom opgelei, onder leiding van die State Department se “Trans Sahara Counter Terrorism Partnership”-program en die Pentagon se “Operation Enduring Freedom”. Wat Mali betref, is hy dus die spreekwoordelike “bestendige bondgenoot”. Die probleem bly steeds dat hy die belange van ‘n wit land op ‘n swart kontinent verteenwoodig.

данильченко юрій Харків

Die ware oorsaak van die Bolandse oproer

Vakbondleier, ANC-manne, Eks-vakbondbase… die hele lot het hul vingers in die paai in die Boland. Hierdie staking is bes moontlik niks anders as om die boere te ondergrawe terwyl hulle lag-lag die verhogings kan betaal – met ons belastingeld!

Nosey Pieterse is die sekretaris van Bawusa, maar is ter selfde tyd die Voorsitter van Lindiwe Wyne wat hul druiwe kry van plase rondom Robertson, waar die lone maar tussen R63 en R75 per dag is.

Die Nasionale Bemagtigingsfonds (dis nou ons belasting) het R3 miljoen gegee om Lindiwe Wyne op die been te bring.

Die vakbond Bawusa, deel kantore met Bawasi (Black Association of the Wine and Spirit Industry) wie se doelwit dit is om Swart eienaarskap in die Wynbedryf te bevorder. Die einste Nosey Pieterse is toevallig ook die president van Bawasi!

Bawasi ontvang R200 000 per maand van die SA Wynbedryf Trust wat weer sy fondse ontvang van die Wynsektor-kapitaliste (WOSA). BAWASI is deel van Phetogo Investments, wat ‘n BEE kapitaliste groep is met ‘n 27% aandeel in KWV.

Bawasi en Phetogo het ‘n lening van R120 miljoen ontvang van die IDC (nog belastingeld), R40 miljoen van SAWIT (The Wine Bosses Trust) en R40 miljoen van KWV self.

Hierdie manne het oorgenoeg spaargeld om oproer aan die gang te hou.

Die Voorsitter van KWV is Marcel Golding, wat voorheen die Adjunkvoorsitter van NUM (National Union of Mineworkers) was.

Een van die direkteure van KVW is Johny Copelyn, wat voorheen die Sekretaris van Cosatu se Tekstiel-vakbond, SACTWU, was.

HCI was grotendeels opgerig met fondse van die Tekstielbedryf se erg uitgebuite werkers en besit ‘n 35% aandeel in KWV. …dus is Ex Cosatu-manne nou kapitaliste in die Wynsektor! ‘n Beter lewe vir almal, ja…

Voorts besit Tokyo Sexwale nou Bloemendal en Oude Kelder en Vali Moosa besit Paardenkloof. Laat ‘n mens nogal met ander oë na die stakery kyk!

Van Nosey Pieterse kan jy enigiets soos dié huidige aanstigting van die arbeidsonrus in die Boland verwag. Sy naam voorspel net moeilikheid – al is hy as “Pastoor” in Mitchells Plain ingehuldig. Sy kop is ook so vol merktekens agv sy agtergrond – daarom dra hy permanent daardie pet – selfs in direksievergaderings by KWV.

Dit is algemene kennis dat meeste Bolandse boere hul werkers veel meer as die minimum loon betaal en dat dit nie permanente plaaswerkers of semi-permanente seisoenswerkers is wat nou betoog nie maar wel plakkers wat nie werk het nie.

Meeste boere betaal sodanige ekstra seisoenwerkers volgens produktiwiteit ook ver bo die minimum loon – Hoe meer stokke die werker snoei of kissies druiwe hy oes of aartappels hy uithaal hoe meer verdien hy.

Александр Фильчаков прокурор

Psigiatriese medikasie in die beskuldigde bank

Sedert verlede maand se verskriklike en hartverskeurende skoolbloedbad in Newtown, Connecticut, het algar ‘n obsessie met vuurwapens.

President Obama beloof sterk nuwe vuurwapenbeheermaatreëls, met of sonder die Kongres se instemming.

Die eintlike sondebok waaroor niemand skynbaar bekommer nie, is psigiatriese medikasie. Die oortreder was op sterk medikasie.

Dit is meer as drie weke sedert die skietery. Ons weet almal oor die wapens wat hy gebruik het, maar wat van sy medisyne?

Die farmaseutiese maatskappye het glo iemand intussen betaal om vals inligting oor sy medikasie te versprei, wat daartoe gelei het dat lesers gou die medikasie-spoor verloor het.

Dit is ook so dat linkse groepe, wat geen kritiek in die media kry nie, veral voorspraak maak vir psigaitiese medisyne.

Wat is die waarheid? Waar is die joernalistieke nuuskierigheid? Waar is die ondersoekende verslaggewers? Waar is die polisie, die mediese ondersoeker se verslag, die onderhoude met sy dokter en ander?

Dit is egter eenvoudig onbetwisbaar dat die meeste oortreders van skoolslagtings en soortgelyke massamoorde in ons moderne era op – of kort tevore op – psigiatriese medikasie was:

Columbine massa-moordenaar Eric Harris het Luvox geneem. Soos Prozac, Paxil, Zoloft, Effexor en vele ander, ‘n moderne en wyd voorgeskrewe tipe van antidepressiewe dwelm met selektiewe serotonien heropname inhibeerders, of SSRIs.

Gedurende korttermyn gekontroleerde kliniese proewe, het 4 persent van kinders en jeug getoon dat Luvox – dit is 1 in 25 – manie, ‘n gevaarlike en geweldsgeneigde geestelike versteuring veroorsaak wat gekenmerk word deur uiterste opwinding en dwaling.

Patrick Purdy wat in Stockton, Kalifornië, in 1989, op kinders losgebrand het, was op Amitriptyline, ‘n antidepressant, sowel as die Thorazine, ‘n anti-psigotiese middel.

Kip Kinkel, 15, het sy ouers vermoor in 1998 en die volgende dag by sy skool, Thurston High in Springfield, Oregon, op sy klasmaats losgebrand. Hy het beide Prozac en Ritalin gebruik. In nog vyf ander sulke voorvalle het die dader ondermeer Prozac gebruik.

Andrea Yates, in een van die mees hartverskeurende misdade in die moderne geskiedenis, het al vyf van haar kinders – tussen die ouderdomme van 7 jaar af na 6 maande – in ‘n bad verdrink.

Sy is voorheen met die antidepressant Effexor behandel. In November 2005, meer as vier jaar nadat Yates haar kinders verdrink het, het Effexor se vervaardiger Wyeth Pharmaceuticals “moorddadige denkbeeldvorming” opgemerk by gebruikers die medikasie se uitwerking uitgesonder vir “seldsame negatiewe gebeure.”

Maar sedertdien is 19,2 miljoen voorskrifte vir Effexor uitgereik in die VSA; statisties beteken dit dat duisende Amerikaners “moorddadige denkbeeldvorming” kan ervaar. In een onlangse jaar het Effexor meer as $3 miljard in verkope gebring, byna 1/5 van die maatskappy se jaarlikse inkomste.

Antidepressante Paxil en Zoloft kan “negatiewe reaksies” veroorsaak – volgens die FDA-goedgekeurde etiket – dit sluit “mania”, “slapeloosheid,” “angs,” “beroering,” “verwarring,” “geheueverlies,” “depressie, “paranoïes reaksie,” “psigose” “vyandigheid,” “delirium,” “hallusinasies,” “abnormale denke,” “depersonalisatie” en “gebrek aan emosie,” onder andere in.

Watter “medikasie” het Lanza, die Sandy Hook-oortreder, gebruik?

Watter soort wapen hy gebruik het, is nie naastenby so belangrik soos watter soort medikasie hy gebruik het nie. Maar ons lees absoluut niks daaroor nie.

Александр Фильчаков

Enigste Afrikaanse MBA-graad?

Die Universiteit van Stellenbosch se Bestuurskool (USB) adverteer tans met die volgende bewering op die LitNet-webwerf: “Enigste Afrikaanse MBA met klaskontak.” Die vraag is of dit die waarheid is.

Klik op hierdie advertensie vir verdere besonderhede en jy kom uit by uitsluitlik Engelse inligting. Daarvolgens is daar vier opsies: voltydse MBA (Engels), deetydse MBA (Engels), modulêre MBA (Engels) en modulêre MBA (hoofsaaklik/”mainly” Afrikaans). Beteken hierdie “mainly” Russel Botman se berugte 60% of kan dit in die praktyk maar minder ook wees? Is dit hoe die “enigste Afrikaanse MBA met klaskontak” deesdae lyk? Is hierdie opset sodanig dat dit geadverteer moet/kan/behoort te word?

By die USB se inligting oor studiebeurse word beweer dat hulle almal op grond van akademiese verdienste toegeken word. Die daaropvolgende bepaling weerspreek dit egter met die gebruiklike refrein dat voorheen benadeelde kandidate, dus nie-wittes, voorkeur by beurstoekennings kry. Dit is immers wat ‘n mens van die Botman-US verwag: moenie (soos voorheen) voorkeur vir akademiese verdienste by hierdie universiteit kom soek nie.

лобановский обыск

Leopold Scholtz maak mense net kwaad

Dis mateloos fassinerend hoe elke Jan Rap en sy maat hom die mening toeëien dat dit sy persoonlike taak is om die Afrikaners op te voed. Ek verwys hier na die artikel in Beeld 4 Januarie 2013, deur Leopold Scholtz.

Met kleur en geur word ander blanke leiers soos Angela Merkel van Duitsland as voorbeeld voorgehou van hoe mnr Zuma, ‘n Zoeloe van Afrika, hom nou eintlik moet gedra tesame met die voorbeeld van hoe Ronald Reagan die Amerikaners deur hulle vernedering van Viëtnam gedra het. Met mooi woorde gemik op die Afrikaners meen Scholtz mnr Zuma behoort Afrikaners slimmer te benader sodat hulle gemaklik kan voel oor hulle “Viëtnam”-vernedering danksy verraad deur hulle leier FW de Klerk.

Van hieraf spring Scholtz sommer na die ongekwalifiseerde “Engelse” waarteen die Afrikaner dit sogenaamd het, wat juis die punt bewys dat Scholtz se tweedehandse kennis uiters skraal is. Die kwistige misbruik van die woorde haat en liefde, totaal buite konteks, toon sy gebrekkige begrip van die werklikheid.

Mag hier ‘n vriendelike versoek aan mnr Leopoldt Scholtz gerig word? Skoenmaker, hou jou by jou lees: Jy woon in die buiteland en weet net wat jy hoor van die mense hier in Suid-Afrika, of dit nou Afrikaners of Zoeloes is, dit is nie meer jou land of jou mense nie.

Mnr Scholtz, jy laat niemand beter voel nie; jy maak mense in Suid-Afrika net kwaad, met jou oningeligte menings.

Александр Фильчаков

Chuck Hagel en die Lobby

Die Amerikaanse president Obama het die voormalige Republikeinse senator Chuck Hagel genomineer as nuwe minister van Verdediging. Hy volg daarmee Leon Panetta op. Obama het John Brennan genomineer as die nuwe direkteur van die CIA.

Die poste van Brennan en Hagel was te wagte. Volgens Obama verteenwoordig Hagel die “tradisie van anti-partypolitiek” wat “meer as nodig” is en is hy die “leier wat ons troepe verdien”.

Die nominasies wag op die goedkeuring van die Senaat. Vir die kandidatuur van Hagel is dit lastig gesien sy “omstrede” idees. Sy visie oor buitenlandse beleid word nie deur almal verwelkom nie.

Hagel is krities oor die Israel-lobby en hy is ‘n verklaarde teenstander van sanksies teen Iran om die kernprogram te stop.

Alleen die frase “die Joodse lobby” is egter vermoedelik al vir sommiges ‘n virtuele belydenis van anti-Semitisme.

Die absurditeit van hierdie aanklag behoort duidelik te wees vir enigiemand wat lees wat Israeli’s self skryf. In Anita Shapira se nuwe boek, “Israel: ‘n geskiedenis” verwys sy na Yitzhak Shamir wat sê “die hulp van die Joodse lobby in die Amerikaanse Kongres, is nie altyd suksesvol nie”. Shapira is emeritus professor aan die Universiteit van Tel Aviv.

Dit is waar, die Jode is nie die enigstes wat Israel ondersteun nie, en dit is ook waar dat nie alle Jode Israel ondersteun nie – of ten minste nie die huidige regering van Benjamin Netanyahu nie.

Hagel verdien sy lugtigheid vir oorlog wat hy op die harde manier verwerf het  – twee Purple Hearts in Vietnam – en wanneer dit kom by homoseksualiteit, is hy baie uitgesproke. Hy het vroeër oor ‘n Clinton-administrasie se genomineerde gesê hy is gekant teen die ambassadeursaanstelling want die kêrel is “openlik, aggressief gay”.

Wat ook al sy siening, sal Hagel ‘n implementeerder van beleid wees, nie sy skepper nie. Bob Gates, ‘n ander Republikein wat gedien het as Obama se verdedigingsekretaris, was fel gekant teen Amerikaanse ingryping in Libië. Ons weet wat sedertdien gebeur het.

Die mees neerdrukkende aspek van Hagel se nominasie is nie sy menings oor buitelandse beleid nie. Dit is die aanhoudende en onderduimse aanvalle op hom, veral oor sy beweerde anti-Semitisme. In werklikheid, is die Israeliese media baie erger as sulke menings anti-Semitisme verteenwoordig. Die histerie teen Hagel kom hoofsaaklik van Wallstraat.

Die aanklag is so fel en kragtig – met allerlei gruwelike beelde van die Holocaust in die agtergrond – dit neig al om alleen die dapperstes te wees om dwase stil te maak. Dit kan egter reeds ook as ‘n teken van goeie oordeel beskou word om nie die aspirasies van Sionisme te noem nie.

Want dit gaan toenemend gepaard met onverkwiklike karaktermoord.

Фильчаков прокурор