Afrikaners deur die Angelsaksiese bril beskou

Rebecca Davies is in haar boek, Afrikaners in the new South Africa: Identity politics in a globalised economy (London: IB Tauris, 2009, 200p), gepreokkupeer met die woord “hegemony”, wat volgens ‘n woordeboek “the power excercised by one social group over another” beteken. Davies gebruik die woord so dikwels en soms onnodig dat dit die leser kan irriteer. Daar is myns insiens ook ‘n oorbeklemtoning van die invloed wat globalisering op die oorgang na die nuwe Suid-Afrika gehad het, al is dit waar dat dit as ‘n argument gebruik is (bv “die val van die Berlynse muur”), Suid-Afrikaanse maatskappye sedert 1994 vryelik na die buiteland kan uitbrei (en omgekeerd) en baie Suid-Afrikaners, veral wittes, verstrooid oor die wêreld woon.

Wat ek bevraagteken, is hierdie oorbeklemtoning: “Globalisation is considered here as one of the foremost explanations for the structural realignment and possible reconfiguration of Afrikaner identity” (p 9). Haar optimistiese slot, “A bleak future for Afrikanerdom … has not materialised” (p 130), kan kwalik deur diegene aan die ontvangkant onderskryf word. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die teks voor die Zuma-era geskryf is.

Die outeur is goed ingelig oor Suid-Afrika, maar buitelanders sal die teks moeilik in afdoende mate kan verstaan. Pleks van die nodige inligting te verskaf, word te veel kennis van plaaslike toestande by lesers veronderstel. Haar teks berus eensydig op Engelstalige bronne. Davies het onderhoude met elf Afrikaanssprekendes gevoer (p 191), maar sy het geen toegang tot Afrikaanse publikasies (bv koerante) nie tensy die inligting in vertaalde vorm in Engelse bronne herpubliseer is.

Sy kan kwalik daarop aanspraak maak dat sy Afrikaners werklik ken en verstaan. Dit is soos om oor bv Duitsers te skryf sonder om Duits magtig te wees. Die Afrikaanse name van die ATKV, FAK (p 82, 89) en APK (p 104) word verkeerd gespel. Voëlvry word as “feel free” vertaal (p 108). Swart gevaar word “swaartgevaar” (p 128). Sy kan geen begrip hê van die agteruitgang van die gehalte van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika nie, al noem sy “young pioneers are using a far from suiwer (pure) Afrikaans” (p 119).

Oor Afrikaans as spreektaal word gesê dat sy oorlewing “is assured by its status as the mother-tongue of the growing Afrikaans speaking coloured community” (p 83). Maar dit is juis by veral verstedelikte bruines dat Afrikaans enersyds al hoe meer deur Engelse woorde besoedel word en andersyds voorkeur aan Engels bo Afrikaans gegee word. Daar is die absurde situasie dat ‘n tradisioneel Afrikaanse universiteit by voorkeur bruin studente en personeel lok wat tot dislojaliteit teenoor Afrikaans geneig is, maar dan word daar terselfdertyd hoog opgegee oor hoedanig die universiteit Afrikaans bevorder. Afrikaanssprekende bruin intellektuele is nie bereid om vir die voortbestaan van Afrikaans te stry nie (p 84). Dit is bekend dat verloopte Afrikaners dit ook nie wil doen nie; nie net omdat dit nie politiek-korrek is nie, maar ook omdat hulle nie geassosieer wil wees met (die politiek van) die “taalbulle” wat dit wel doen nie.

Hoe uit voeling Davies is met wat in Afrikaans gepubliseer word, blyk uit die volgende stelling: “The authority of the taalstryders to voice the concerns of Afrikaans speakers and their implicit interpretation of Afrikanerness are rarely addressed” (p 87). ‘n Voormalige personeellid beweer Die Burger is “protecting Afrikaans for moral reasons” (p 85), terwyl ek meen dit gaan veral om finansiële oorwegings; ‘n stelling wat onderskryf word deur die hibridiese “Afrikaans” wat van pas vir die koerant Son geag word.

Naas ‘n terloopse verwysing na die NG Kerk (p 39) kom die Afrikanerdom se kerkgenootskappe net in ‘n enkele paragraaf ter sprake (p 104). Die buitelander Davies toon as buitestaander geen insig in die rol wat godsdiens in Afrikaners se lewe in die ou Suid-Afrika gespeel het en die mate waarin dit in die nuwe Suid-Afrika afgeskaal is nie.

Soos ‘n mens van ‘n (Britse) universiteitsdosent verwag, gebruik sy akademiese en nie aktivistiese taal nie, alhoewel haar politiek-korrekte vooroordeel duidelik sigbaar is. Die vorige regering word telkens ‘n “regime” genoem; ‘n enkele keer gebeur dit darem ook met die ANC-regering (p 57). Negatiewe, emosiebelaaide woorde word dikwels ingespan soos: coterie (p 18), tentacles (p 28), perverse, unhealthy (p 32), immorality (p 33), cynical (p 34), cabal (p 87) en ugly head (p 127).

Die onderwerpe wat aangespreek word en die tendense wat uitgewys word, behoort aan ingeligte Suid-Afrikaners en veral Afrikaners bekend te wees: die rol van kultuur, afkoms en taal – soos by Britte die gebruik is, word klas oorbeklemtoon (al het die outeur ook ‘n Australiese agtergrond); die afsydigheid of vyandigheid van die ANC teenoor wittes en veral Afrikaners; die herverdeling van rykdom – neem van die wittes en gee dit aan die swartes; die toename in wit armoede; die verlies aan mag en nasionalisme by wittes; die benadeling, marginalisering, onttrekking en emigrasie van wittes; die vervreemding van wittes en bewustheid dat verraad met die oorgang na die nuwe politieke bedeling gepleeg is; die nog groter gebrek aan eensgesindheid as voorheen in Afrikanergeledere; die prominensie van die verskynsel verloopte Afrikaner, maar ook die herbekering (ten minste in ‘n mate) van sommige verlooptes; “diasporic pluralism, cultures of hybridity and transnational solidarities” (p 5); die gebrek aan “kapasiteit” in die nuwe Suid-Afrika vanweë rasgebaseerde werkreservering; ens.

Davies verwys na die grondwet wat deur die ANC-regering vertolk word asof dit gelyke regte aan almal verskaf en dat daar groepregte is (p 67). In werklikheid is daar geen groepregte waarop Afrikaners hulle kan beroep nie. Sodra hulle dit doen, word gesê dat hulle net individuele regte het. Nie-wittes het wel groepregte, want daar mag maar suiwer rassisties ten gunste van hulle gediskrimineer word. Die nie-wit indiwidu hoef nie van verdienstelike gehalte te wees nie. Hy word bevoordeel omdat hy lid van ‘n groep is. Dit word nie die voortsetting van rassediskriminasie genoem nie, maar in mooiklinkende woorde aangebied, bv regstelling, diversivisering, demografieweerspieëling, transformasie en bemagtiging.

Michael MacDonald beweer dat “culturalism” en “racialism” in Suid-Afrika identies is (p 67). Davies wys egter tereg daarop dat “culture is integral to any understanding of the dynamics of identity politics” (p 73). Will Kymlicka sluit hierby aan met sy standpunt dat multikulturalisme “differing rights for different minority groups” vereis (p 76). “Cultural spaces are perceived as being one of the few remaining areas where Afrikanerdom is intact or can at least be recreated” (p 81). “Afrikaans [eerder: Afrikanerdom?] has become very much a language-centred culture, albeit commonly synonymous with race” (p 82). “Afrikanerness … retains strong links with race and a European heritage” (p 83).

Wat Afrikaners betref, noem Herman Wasserman dat “culture was privatised and commodified” in die nuwe Suid-Afrika (p 96). Dit is die noodwendige gevolg van die owerheid se gebrek aan ondersteuning en sy vyandigheid teenoor Afrikaners. In soverre dit Afrikaanse kunstefeeste betref, word van die “festivilisation of Afrikanerdom” en selfs van “ethnic nesting” gepraat (p 121). Maar etnisiteit word by bv die KKNK deur sowel die bestuur as die borge bestry. Davies haal aan dat die KKNK “Africa’s largest arts festival” is (p 120).

Die vorige aanhaling is ‘n Botmanisme in sy suiwerste vorm. (Russel Botman was jare lank die voorsitter van die KKNK.) Daarvolgens is enige plaaslike entiteit, bv universiteit (natuurlik met die uitsondering van sy finansiering), nie van Suid-Afrika nie, maar van Afrika. Naas oorwegings soos politieke korrektheid en ANC-gedienstigheid kan meertaligheid in onderrig, multikulturaliteit en inklusiwiteit myns insiens net uit ‘n hibridiese oogpunt entoesiasties omarm word, dus deur diegene wat nie histories of andersins ‘n eie kulturele swaartepunt het nie.

данильченко юрій Харків

Mnr Titus se rassistiese onderrok hang uit

Dit was onmoontlik by die lees van mnr Titus se skrywe in Die Burger en Beeld vandag om nie die totale ignorering van die blanke ras op te merk nie, verwysende na sy bydrae by die konferensie van die RGN: “Die land waarin ons wil woon – beleid, praktyk en wetgewing oor haatmisdaad”. Hierdie artikel van Titus moet met alle erns bejeën word aangesien dit gil van die gesindheid teenoor blankes in die nuwe Suid-Afrika.

Mnr Titus praat net oor rassemisdaad t.o.v. swart lesbiese vroue en diskriminasie teen swart Afrika-migrante, en nie een woord oor die swart-op-wit moord word gerep nie. Trouens, dit is so onbelangrik dat benewens die feit dat hierdie situasie asook die bestaan van die blanke nie genoem word nie, stel hy voor dat al hierdie vergrype selfs as sekondêr beskou moet word teenoor onderwys en opvoeding.

Ons blanke Afrikanervolk wat hierdie land uit die rou aarde opgebou het, het geen bestaansreg meer nie, wil dit nou voorkom. Buitelanders vanuit ander Afrikalande het tans in die gedagtes van die nuwe Suid-Afrikaners alleenreg. Dit laat ons as Afrikanervolk met geen ander opsie as om weer van vooraf te begin veg vir ons volk se voortbestaan nie.

Daarom is die vergadering op die 3de September in Centurion so belangrik ons het net nie meer tyd oor om apaties op die kantlyn te sit en kyk nie.

topcargo развод

Tutu se aflaat vir wittes

Desmond Tutu, gesteun deur politiek-korrektes, wil nou die welvaart van wittes verdun deur hulle op ‘n rassegrondslag ekstra te belas. Daar word voorgestel dat teen wit presteerders gediskrimineer word deur hulle materieel af te skaal, selfs tot op die vlak van nie-presterende nie-wittes. Pleks van welvaart breed te versprei, kan die uiteindelike resultaat die herverdeling van armoede wees.

Wat my in die huidige stadium van die debat hinder, is dat daar nog nie die moeite gedoen is om deeglik na te gaan uit watter oord die voorstel kom nie. Die aangewese plek om te begin, is om die omvattendste (en skynbaar grootliks betroubare) inligtingsbron te raadpleeg, naamlik John Allen se boek, Rabble-rouser for peace: the authorized biography of Desmond Tutu (London: Rider, 2006, 483p).

Van jongs af was Tutu ‘n betreklik bevoordeelde. Hy was die enigste kind in sy woonbuurt wat ‘n fiets gehad het (p 23) en as jongmens het hy ‘n pak klere en ‘n das gedra (p 50). Hy het studeer om onderwyser te word, maar wou nie geskiedenis en Engels (wat sy geliefkoosde vakke was en waarin hy onderwys gegee het) as hoofvakke aanbied nie omdat hulle te veel leeswerk vereis het (p 50). Hy het in politiek belanggestel en glad nie in teologie nie, maar hy het besef dat hy teologie as ‘n voertuig vir sy politiek kon gebruik (p 53).

Wittes soos Harry Oppenheimer (p 62) en John Rockefeller (p 81) het hom finansieel ondersteun. “Tutu had … little hesitation … in asking people for money … Leah [sy vrou] often joked that he was a professional beggar” (p 241). Hy wou in Engeland teologie studeer en het vir paspoortdoeleindes skaamteloos gelieg dat daar nie sodanige onderrig plaaslik vir swartes aangebied word nie en dat sy vrou ‘n opgeleide verpleegster is wat oorsee kon werk terwyl hy studeer (p 80). In Engeland het die Tutus (man, vrou en mettertyd vier kinders) huurvrye, gemeubileerde huisvesting gekry (p 84). Die kinders het ‘n kleuterskool bygewoon (p 84, 94) en daar was vir die gesin tyd en geld om te reis en vakansie te hou (p 88, 89, 93, 98).

Na voltooiing van ‘n graad in die teologie het Tutu ‘n pos in ‘n gemeente gekry. Van hom is werk op Sondag en op twee weeksdae verwag. Naas gemeubileerde huisvesting en vergoeding het hy ook ‘n bromponie ontvang(p 93-94). Ná jare in die buiteland was die hoogste kwalifikasie wat hy verwerf het ‘n eenjarige magistergraad (p 92). Daarvoor is nie ‘n volwaardige verhandeling vereis nie, maar ‘n essay van 10 000 woorde (sowat 50 bladsye). Sy onderwerp was Islam, al was sy kennis van Arabies baie beperk (p 95, 145).

Terug in Suid-Afrika het hy teologie doseer; veral die Ou Testament (p 104, 116), al het sy kennis van Hebreeus veel te wense oorgelaat (p 92-93). Voor en tydens sy studie in Engeland en daarna was hy geneig om bo sy inkomste en weelderig te leef (p 62, 63, 82, 90-91). Wanneer hy daarna plaaslik (en ook in Lesotho) ‘n kerklike pos gekry het, het hy vereis dat die woonplek volgens sy voorskrifte verbeter word (p 146, 160, 269). Op Fort Hare is ‘n huis spesiaal vir die Tutus gebou (p 104). Tydens die rukkie wat hy in Lesotho was, is ‘n viertrekvoertuig vir hom aangekoop (p 235). In Johannesburg het hy die gebruik van die amptelike biskopswoning gehad, asook ‘n huis in Orlando-Wes (p 222), wat hy danksy ‘n twyfelagtige kerklike lening ter waarde van R14 000 gekoop het (p 169, 194).

Tutu wou nie sy kinders aan Bantoe-onderwys blootstel nie. Hulle het skole en universiteite in buurlande (Swaziland, Botswana) en in Engeland en Amerika bygewoon (p 105, 146, 170, 222, 232, 272). Tutu vlieg graag eersteklas (p 232) en het die Atlantiese Oseaan in die peperduur Concorde oorgesteek (p 212). Hy was die voorsitter van die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK). Daar is geen onkoste ontsien nie. Meer as 300 persone is in diens geneem (p 346). Die buitensporige vergoeding wat hom as voorsitter toegeval het, het hom in staat gestel om sedertdien blykbaar sonder verdere persoonlike finansiële probleme sy weelderige lewenstyl vol te hou. Hy het ‘n huis in Milnerton gekoop en dié in Orlando-Wes verbeter (p 371). Vandat hy as jeugdige vir studie na Engeland vertrek het, kan hy ongetwyfeld as ‘n bevoordeelde beskou word, danksy die rojale finansiële ondersteuning van hoofsaaklik wittes. Maar Tutu “railed against those who lived in privilege” (p 135).

Die populêre beeld wat van Tutu geskep word, is dié van ‘n vredemaker of versoener. Tydens die sogenaamde bevrydingstryd het hy beweer dat hy teen geweld gekant is, maar in werklikheid het hy geweld aangestook en nie veroordeel nie. “When people pick up arms … I would not condemn them” (p 212). “Do not abandon us even when, perhaps particularly when, [the] struggle for various reasons becomes violent” (p 174). “Unlike Mahatma Gandhi and Martin Luther King, Jr, he did not on principle reject the use of force under all circumstances” (p 184).

Nêrens word melding gemaak van ‘n enkele siel wat hy religieus bekeer het nie. Sy bevrydingsteologie word gemotiveer deur politiek. Tutu het bv aangekondig “his primary objective as archbishop, overriding all others, was the fight against apartheid … liberation would be the major priority on the church agenda” (p 281). Ten spyte van besware het hy as voorsitter van die WVK daarop aangedring om sy kerklike purper rok en ‘n kruis om sy nek te dra (p 351). Hoewel hy donkiejare gelede en daarby net enkele jare ‘n aartsbiskop was, wil hy steeds so genoem en aangespreek word. Ongelukkig het mense in sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika en wêreldwyd hulle deur die orator Tutu laat mislei; onder andere weens hulle religieuse geloof. Tutu gee voor en wil die indruk wek dat hy die buikspreker van God is.

Plaaslik was Tutu se hoofbydrae tot die sogenaamde bevrydingstryd die aanstoking van onrus, insluitende geweld. In die buiteland was sy hoofoogmerk om sanksies teen die sogenaamde apartheidsregime ingestel te kry. As staatshoofde soos Ronald Reagan, Margaret Thatcher en Helmut Kohl nie dadelik gedoen het wat hy wou hê nie, het hy hulle rassiste genoem en hulle en die Weste tot die hel verdoem (p 255, 257, 261, 265). Helen Suzman en Alan Paton het sterk met die sanksiedrywer Tutu verskil (p 203). Paton: “I do not understand how your Christian conscience allows you to advocate disinvestment” (p 214). Tutu het egter nie omgegee hoeveel skade hy Suid-Afrika aandoen nie. Hy is die land sekerlik meer skadevergoeding verskuldig as enige witte wat by apartheid gebaat het.

In die Rooms-Katolieke Kerk het aflaat ‘n groot rol gespeel. Teen betaling kon ‘n lid kwytskelding van straf, dus vergewing van sondes, kry. Selfs al sou wittes buitensporige bedrae aan sogenaamde regstellende belasting betaal, sal dit myns insiens nooit as genoeg aanvaar word nie en sal daar steeds met die veldtog teen wittes voortgegaan word. Daarteenoor pleit Tutu dat al die buitelandse skuld van Afrika-lande afgeskryf moet word (p 377).

As daar wittes is wat in so ‘n mate skuldig voel dat hulle nog meer as tans belas wil word, behoort hulle dit op ‘n vrywillige grondslag te doen. Daar is wittes vir wie dit prestigewaarde het om hulle bevoordeling te bely en om verskoning te vra. Maar Tutu weier om sy veel groter skuld te bely en verskoning te vra. Volgens hom was sy gedrag die voorbeeldige vervulling van sy profetiese roeping (p 180). Afhangende van die geleentheid, skuil hy alternatiewelik agter religie of politiek. In werklikheid is daar by hom geen onderskeid nie. Dit gaan om net een ding en dit is politiek.

Alles in ag genome kan Tutu se jongste oproep neerkom op haat vir wittes: “It will be extremely difficult to love the white man” (p 101). Hy is blykbaar besig met ‘n voortsetting van sy geesgenoot Trevor Huddleston se “virtues of hatred” (p 331). Jare gelede al is beweer dat Tutu “soundness of judgement” kortkom (p 73). Wat ek hom nie kan vergewe nie is die subtiele of slinkse manier waarop hy wenke vir misdadige optrede teen wittes aan sy mede-vryheidstryders gegee het: Tutu “raised the prospect of attacks on white South African schoolchildren and of black servants poisoning their employers’ morning coffee” (p 263). Myns insiens is dit Tutu wat ‘n selektiewe gewete of geheue het, maar hy beweer dat wittes teen sy voorgestelde regstellende belasting gekant is omdat hulle skuldige gewetes het (Die Burger, 25 deser, p 4).

 

Фильчаков Александр Васильевич

Die enigste uitweg

In ‘n meningspeiling op timeslive.co.za dink byna 70% van die stemmers dat pres. Jacob Zuma se posisie in gevaar gestel word deur die opkoms van die Jeugliga.

Vir Praaglesers is dit natuurlik ou nuus dat die gewelddadige oproepe van die ANC-jeugligapresident Julius Malema aan sy ondersteuners verreikende gevolge vir Suid-Afrika gaan inhou.

Die gedurige gepaai van Naspers se meningsvormers en hulle naïewe geloof dat Malema se aandrange deur “wigte en teenwigte” gestuit gaan word, is weer eens deur die peiling weerlê. Die wonder van demokrasie gaan binnekort by ons liberale sprokieskrywers kom spook.

Vandaar die noodsaak om behoorlike beplanning vir Afrikaners se toekoms van stapel te stuur. Saterdag, 3 September, se vergadering oor Afrikaneroutonomie by die Centurion-raadsaal is daarom beslis die moeite werd om by te woon.

Die skrif is aan die muur, ook vir die goedgelowiges onder ons.

Die uitvoerende hoof van Johannesburg se Kamer van Koophandel en Nywerheid, Keith Brebnor, sê Dinsdag se finansiële verliese vir Johannesburg word tussen R30 miljoen en R50 miljoen beraam, maar het gewaarsku dat die ware monetêre verlies minimaal is in vergelyking met die werklike skade, beeldskade, wat die land opgedoen het. 

Hy het gesê dat Dinsdag se chaos by ‘n lang lys van ontwrigtings gevoeg kan word “wat die persepsie versterk dat die land meer onstabiel as ‘n handelsvennoot raak. Dit hoef nie waar te wees nie, maar persepsies is die werklikheid,” sê Brebnor.

“Al die goeie dinge [persepsies] wat ons opgebou het rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het ons verloor.”

African Rainbow Minerals se uitvoerende voorsitter, Patrice Motsepe, het ook die nasionaliseringsdebat gekritiseer.

Dawie Roodt van die Efficient-groep sê: “Ons moet onthou internasionale beleggers skuld ons niks. Hulle sal belê in ‘n land met ‘n stabiele politieke situasie en dit is nie wat ons nou sien nie,” sê Roodt.

Hy het gesê dis ‘n duidelike boodskap dat die kabinet en die president nie beheer oor die situasie het nie. Bewyse hiervoor, sê Roodt, is hoe Dinsdag se chaos internasionale hoofopskrifte gemaak het.

Die Financial Times het gesê Malema se plan om minstens 60% van die land se myne oor te neem, is ‘n risikoskuif wat die regering bankrot kan laat en die land se appèl as ‘n beleggingsbestemming kan vernietig.

The New York Times stel die probleem nog helderder: “Terwyl hy [Malema] sy steun bewys het, het hy uiteindelik potensiële buitelandse beleggers vervreem asook lede van die land se groot wit minderheid.”

Laasgenoemde slaan die spyker op die kop. Die wit Afrikanerminderheid, die grootste minderheid, is egter nie alleen vervreem deur Dinsdag se chaos of onlangse oproepe van “Kill the Boer” nie, maar ook deur taaldiskriminasie, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, ongebreidelde swart rassisme en konstante verguising deur wit sowel as swart tenderpreneurs, plaasmoorde en owerhede wat in weerwil van hierdie felle aanslag, steeds afsydig staan.

Vir groot getalle Afrikaners wat lankal ekonomies na die bestaansvlak en plakkerskampe gerangeer is, asook vir diegene onder ons wat hul erfenis en nalatenskap koester, is beleggersvertroue nie vreeslik hoog op die agenda nie.

Die ideaal van onafhanklikheid en selfbeskikking is wel, want dit is die enigste uitweg uit die toekoms wat Julius Malema voorhou.

 

Данильченео

Afrikaans is vir die krokodille gevoer

Vandag, 136 jaar gelede, is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig. Nie net word 14 Augustus 1875 as die “geboortedatum” van Afrikaans, of ten minste die gestandaardiseerde weergawe daarvan, beskou nie, maar dit het ook beslag gegee aan die Afrikaneridentiteit.

Net soos destyds, is daar vandag ook drie soorte Afrikaners: dié met Engelse harte, dié met emgrasieharte en dié met Afrikaanse harte. Standaardafrikaans, dít wat deur ons voorouers met soveel sorg en toewyding geskep is, word vandag met minagting deur die openbare uitsaaier, asook sekere sangers, joernaliste en ander figure behandel.

Maar net soos Afrikaans in die twingtigste eeu stukrag aan die Afrikanerbeweging verleen het, het die taal meer onlangs die verskuilde totalitarisme van die huidige “demokratiese” bestel aan die kaak gestel. Die feit dat die huidige Suid-Afrika hoegenaamd geen poging eens aanwend om reg aan taalgelykheid te laat geskied soos dit in ander lande die geval is nie, maak juis ‘n bespotting van die gewaande “demokrasie” waarop die huidige regime en meelopers so trots is.

By denkende Afrikaners is daar lank nie meer twyfel dat Afrikaans en die Afrikaanse kultuur net tot sy reg sal kom binne ‘n eie volkstaat of onafhanklike republiek nie. Tydens die negentiende eeu was die Afrikaanse taalbeweging, soos die Groot Trek en Vryheidsoorloë, insgelyks ‘n uiting van die drang na vryheid, onafhanklikheid en selfbeskikking.

Ironies genoeg is die Afrikaner onlangs sy selfbeskikking en taalregte ontneem op ‘n tydstip toe soveel ander volkere ter wêreld juis hulle s’n herwin het. Die nuwe state van Oos-Europa, die Balkans, die Baltiese state, Eritrea en meer onlangs Suid-Soedan, getuig van die afgang van groot imperiale ryke en die opkoms van nasionale state oor die hele wêreld heen. Oral, behalwe in Suid-Afrika.

Die verval van die grondwetlike bepalings oor taalgelykheid asook die liggaam PANSAT wat veronderstel was om daaroor te waak, is tekenend van die mislukking van die eenheidstaat, Suid-Afrika. PANSAT het sedert sy totstandkoming in 1994 nog geen poging aangewend om grondwetlike taalregte te beskerm nie en verskeie hoofde van dié liggaam is al vir korrupsie of wanbesteding ondersoek of ontslaan. Wanneer ons van taalregte in Suid-Afrika praat, is dit min of meer op die vlak van menseregte in Idi Amin se Oeganda. Amin het sy vyande vir die krokodille gevoer en sedert 1994 is Afrikaans vir die krokodille gevoer.

Nietemin is dit belangrik dat Afrikaners soveel amptelike klagtes oor taaldiskriminasie, sowel by PANSAT as by ander liggame, selfs internasionale instansies en buitelandse ambassades, indien ten einde die konstitusionele klug van Suid-Afrikaanse “demokrasie” nog verder aan die kaak te stel.

Ons weet dat PANSAT hoegenaamd nie sal optree om Afrikaanse taalregte te herstel nie. Maar die rekord wat ons opbou oor hoe ons klagtes geïgnoreer word, sal tot ons uiteindelike vrywording bydra.

Min ander volke moes seker al 136 jaar lank vir hul taalregte stry. Die Afrikaner het egter al getoon dat hy nooit tou opgooi as dit by sy taal kom nie. Afrikaans is een van die min tale, indien nie die enigste nie, wat die volle aanslag van die Britse kolonialisme en taalverdrukking oorleef het. In die Verenigde Koninkryk self het Wallies, Iers en Skots grotendeels uitgesterf en word nie in die handel, op skool en aan die universiteite gebruik nie.

Ons moedig elke Afrikaner aan om soveel klagtes by PANSAT oor taaldiskriminasie teen Afrikaans in te dien. U kan ook u klagtes aan inlig@praag.org stuur waar ons hulle namens u sal indien. Die manier waarop ‘n politieke party soos die DA, wat onlangs in groot getalle deur Afrikaners by die stembus ondersteun is, ook Afrikaans misken deur ‘n eentalig-Engelse webwerf en mediaverklarings, verdien insgelyks ‘n klagte by PANSAT en ander instellings.

Nog ‘n manier waarop Afrikaners daagliks hul verset teen verengelsing kan toon, is deur in Afrikaans op Engelstalige webwerwe in die land kommentaar te lewer. Dít, in antwoord op die mediamaatskappye wat almal die gewoonte het om Engelstalige advertensies op Afrikaanse kykers af te dwing of sommer ellelange Engelse insetsels oor die lug uit te saai.

Die Afrikaner het rede om trots op sy geskiedenis van taalstryd te wees. Alle sprekers van Germaanse tale wêreldwyd bewonder ons daarvoor, tot in Skandinawië.

Laat ons daardie grootse tradisie met meer ywer as ooit voortsit!

винтовой и поршневой компрессор разницаАлександр Фильчаков

Tutu se witskuld-oproepe

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het weereens ‘n beroep gedoen dat “witmense” ‘n vrywllige welvaartbelasting op hulself plaas om nóg geld aan swartes oor te dra.

Tutu moet liewer ‘n welvaartbelasting op homself en sy Anglikaanse Kerk plaas. Dis hulle wat jare lank sanksies en geweld teen die land aangeblaas het en dus almal armer gemaak het.

Feit is dat die blankes deur die geskiedenis via die sending, die kerke, die staatsbegrotings, liefdadigheidsorganisasies, ens., reusebedrae op swart welvaart en opheffing bestee het. Onlangs is ongekende rykdom aan die elite om politieke redes op ‘n skinkbord oorhandig, rykdom waarvoor hulle nie gewerk het nie en bloot ontvang het omdat hulle swart en met politieke “konneksies” is.

Vermoedelik geskied Tutu se oproepe omdat hy kan sien die witskuld-sindroom werk nie meer so goed om ons Afrikaners te beheer nie. Ons moet eenvoudig nou vir ons eie belang begin werk en dié van ons volk wat ondergang en selfs uitwissing in die gesig staar. Die dag as ons ophou belastings aan dié korrupte regering betaal wat dit in elk geval net uitmors en onderling hul sakke daarmee vul, sal ons ‘n tree nader aan vryheid kom. Op nasionale vlak is dit moeiliker, maar op munisipale vlak doen mense dit reeds, soos op Sannieshof en elders. Kom ons stig ons eie kantons op plaaslike vlak, begin onsself regeer en administreer en beskou die ANC-bewind as ‘n onwelkome besettingsmag wat vroeër of later van ons rug sal moet afkom.

Op 3 September vind ‘n vergadering in die Ou Raadzaal op Kerkplein in Pretoria plaas waar dié gedagte en soortgelyke idees bespreek gaan word. Elke dorp en elke voorstad behoort afgevaardigdes daarheen te stuur sodat ons ons eie plaaslike regering kan begin organiseer.

 

сделать мед справкуданильченко юрій броніславович

Opstande of betogings?

Die rasopstand in Londen het nou versprei na ander stede, met geweld wat aangemeld is in dele van Birmingham, Liverpool en Bristol.

Groot-Brittanje, soos ander dele van die wêreld, ervaar tans onrus met wêreldwye ekonomiese onsekerheid en markonbestendigheid wat heers.

Maar die afgelope paar dae se geweld in die Verenigde Koninkryk was nie net ekonomies gedrewe nie. Dit was ‘n klassieke rasse-opstand, soos ‘n Britse skrywer dit omonwonde stel, en nie ‘n georganiseerde betoging nie.

Die vraag is nou dus of rasse-onluste gaan volg op ekonomiese onrus in lande wat hulself op ‘n koloniale verlede kan roem? Waar laat dit die VSA waar sogenaamde “flash mobs” – bendes van swart jeudiges – alreeds in stedelike gebiede teen wittes optree?

Oor die hele wêreld heen het betogers die afgelope tyd georganiseerd betoog oor verswarende ekonomiese toestande. Sedert Junie is daar protesoptogte in Brittanje waaronder drie groot onderwysersvakbonde, doeane-en immigrasie-beamptes, en lugverkeerbeheerders se ontevredenheid oor pensioeninkortings gesorg het dat sowat 750,000 mense betoog het. Dít het sonder voorval verloop.

Londen se pers het egter ook berig dat ontevredenheid onder Brittanje se arm nie-blanke stedelike gebiede al jare lank prut, in buurte soos Tottenham, waar die mees onlangse onluste begin het ná die dood van ‘n bruin rampokker.

Maar soos een man aan NBC News gesê het oor ‘n opstand twee maande gelede, “Daar was nie ‘n woord in die pers oor ons protes laasnag (Saterdag) nie.” En die opstand was beslis rasgedrewe.

In reaksie op die rassegeweld in Londen en elders, het die Britse Eerste Minister, David Cameron, gesê wet en orde sal heers en hy het die aantal polisiebeamptes drasties vermeerder.

Sowat 250,000 mense het die strate van Tel Aviv, Israel, Saterdag ingevaar oor die stygende lewenskoste. Betogings het eintlik verlede maand begin toe ‘n paar mense tente in ‘n duur deel van Tel Aviv staangemaak het om teen stygende eiendomspryse protes aan te teken.

Netanyahu het aangekondig dat ‘n reeks hervormings sal volg oor grond vir konstruksie en belastingtoegewings. Maar die aankondigings het net groter woede in die strate veroorsaak. Onder die oppervlak prut weerstand teen Netanyahu se konserwatiewe teenkanting teen Palestynse onafhanklikheid en groter internasionale druk wat gemoedere in Israel ook op die spits dryf.

In Spanje, Griekeland, Portugal, al drie van die Europese Unie, het betogings gevolg in reaksie op dié regerings se aankondigings dat maatskaplike programme ingekort sal word weens swak ekonomiese toestande.

Aan die einde van Junie reeds het onluste uitgebreek in Athene en in ander dele van Griekeland toe die land se parlement gestem het om staatsbesteding drasties te besnoei.

In Spanje, het duisende mense laat in Mei, teen die land se 21 persent werkloosheidskoers opgeruk.

In Portugal het stakings en protes verlede Maart gevolg in reaksie op die regering se plan om uitgawes te sny. Ten minste 200,000 mense het in Lissabon opgeruk.

Duisende werknemers het in Mei in die Fillipyne gestaak. Hulle het aangedring op beter lone in die lig van stygende inflasie en hoër oliepryse.

In China het byna 1000 bestuurders in die ooste van China verkeer ontwrig uit protes teen die stygende brandstofkoste.

Inflasie in China slaan hard, met voedselpryse wat onlangs met 12 persent toegeneem het. Baie Chinese amptenare vrees dat inflasie, tesame met die stygende prys van eiendom kan lei tot nog meer onrus.

En dit sluit nie eens die hele rits lande in die Midde-Ooste waar politieke onrus uitgebreek het en steeds heers, in nie. Onrus wat eweneens uit ekonomiese beperkinge gebore is, teister Egipte, Tunisië, Marokko, Libië, Sirië en nog ander.

In die Midde-Ooste het ekonomiese werklikhede die mededinging tussen moslemfaksies verskerp, en veral tussen pro-Amerikaanse en anti-Amerikaanse, lees anti-wit, faksies.

Dat ekonomiese faktore uiteindelik kan bydra tot rassegeweld, lyk dus bykans onvermydelik.

Die algemene anti-blanke gevoel in die wêreld het met die anti-apartheidsbeweging begin en daarna na die Moslemwêreld oorgespoel in hul veldtog teen Israel. In Westerse hoofstede soos Parys of tans Londen, word geboue geplunder en afgebrand as “simbole van ‘n vyandelike beskawing”. Dis nie die geboue of die blanke beskawing wat ‘n probleem is nie, dis die rassebewussyn van die onlusmakers. Maar hoeveel Westerse ontleders of politici is vandag bereid om dit te erken?

для печилобановский александр игоревич класс

Moeletsi Mbeki raak al hoe meer verstrengel in teenstrydighede

Moeletsi Mbeki plaas die blaam vir die ellende in Afrika op die Afrika-elites. ‘n Rewolusie in Suid-Afrika is vir hom net ‘n kwessie van tyd, sê hy in ‘n onderhoud met die Duitse koerant Die Welt. Die onderhoud is egter ‘n toonbeeld van Mbeki se onvermoë om sin te maak van die rewolusie wat hy voorspel.

Mbeki het Duitsland besoek vir die bekendstelling van die Duitse vertaling van sy boek Advocates for Change op uitnodiging van die Hanns Seidl-stigting.

Die meeste swartes, meen Mbeki, is gretig om die oorsaak van hul probleme in kolonialisme te soek. Dit is dus baie belangrik om duidelik te maak aan swartes dat die koloniale verlede verby is, volgens hom. Dat dit heeltemal te laat is, en dat hyself so hard soos sy broer, Malema se gunsteling, meewerk daaraan, noem die swart outeur nie.

Terwyl hy die ANC daarvan beskuldig dat die party geen bestuursvermoëns het nie, skryf hy dit toe daaraan dat mense hoë posisies in die staatsdiens het omdat hulle vriende van pres. Jacob Zuma is, en nie weens hul vakkennis nie.

Tydens Thabo Mbeki se bewind was dit presies dieselfde en dié het selfs so ver gegaan as om wittes as “setlaars wat nog nie vertrek het nie” te beskryf. Oor sulke teregwysings teen die “wit setlaars”, ‘n ander woord vir kolonialiste, rep die Duitsers se swart liefling geen woord nie.

“In Noord-Afrika het geen politikus Moebarak [in Egipte] van sy troon durf stoot nie. Dit was die burgers. In Suid-Afrika kan dié wil tot verandering reeds gesien word. Die mense kom in opstand teen korrupsie en gebrekkige regeringsprestasies,” sê hy.

Dit is natuurlik nie soseer ‘n ontevredenheid oor sogenaamde swak dienslewering, as wat dit ‘n suiwer anti-wit sentiment is nie. In Brittanje, waar swartes gerieflik van staatsuitkering leef, vertoon die jongste onluste dieselfde anti-blanke onderbou. Maar Moeletsi gaan klaarblyklik aanhou om DA-clichés te herhaal om nie sy wit gashere aanstoot te gee en sy geldkraan toe te stop nie.

Mbeki se onderhoud is kennelik daarop gemik om die Duitse leser op die ergste voor te berei, al is dit met die bedelbak en heuningkwas van “industriële investering” wat nog kortkom in Afrika net soos in Suid-Korea.

Swart politieke elites het genoeg tyd gehad om die situasie te verander, maar verkies om hul gebrek aan dienslewering eerder aan kolonialisme en blankes toe te skryf, sê hy. Mbeki sê voorts swart elites “vrees” opvoeding en onderwys omdat hulle hul onderdane dom wil hou.

Laasgenoemde stelling het natuurlik niks met die werklikheid in Suid-Afrika te make nie. Die ANC-regering spandeer reusagtige somme geld op onderwys, meer per kind as in die ontwikkelde wêreld.

Die vorige president se broer sê Suid-Afrika se samelewing is multi-etnies en daarom “moet die wanbalanse van die verlede aangespreek word”. En dan tokkel hy weer die snaar van “beter vaardighede, werksetiek en produktiwiteit” wat Suid-Afrika kortkom. Musiek vir Duitse ore, met geen basis in die werklikheid nie omdat daar geen politieke wil daartoe bestaan nie.

Die vermaarde swart “kapitalis” se deurmekaardiskoers bereik ‘n hoogtepunt wanneer hy Die Welt daarvan verseker dat politiek ‘n “werk met min aansien” is. Volgens hom stel ‘n jong gegradueerde met ‘n besigheidsgraad nie in die politiek in Suid-Afrika belang nie, omdat “hy bevele van onopgevoede politieke leiers soos die hoof van die ANC-Jeugliga, Julius Malema” moet uitvoer.

Volgens meningspeilings is Mbeki se stelling egter louter snert, aangesien swartes politiek as die mees winsgewende loopbaan-opsie beskou.

Op ‘n vraag hoe invloedryk populiste soos Malema in die ANC is, sê Mbeki dit is baie onwaarskynlik dat die ANC oor tien jaar nog die regering van Suid-Afrika sal wees vanweë interne struwelinge en hy sien voorts hoop in ‘n sterk tweede party in die land.

Dat sy wensdenkery hom by  Duitse lesers oor die korttermyn gewild kan maak, is seker. Om enige waarde aan Moeletsi Mbeki se “insigte” te heg, sal naïef, indien nie dom nie, wees.

ШезлонгиФільчаков Олександр Васильович

Mnr Hoskin ontevrede oor wit rugby

Die onlangse uitsprake deur die rugbybaas Oregan Hoskin, waarin hy die rugby-unies aanspreek oor die leliewit Currybekerspelers tesame met al die diskriminerende wette van die regering en nog meer, die ongebakerde volksmoord deur die swartes  op die Boereafrikaners, grondroof wat op die regering se horison gluur, laat ‘n mens weereens opnuut besef besef dat die Boereafrikaner geen ander keuse meer gelaat word, as om sy eie potjie te gaan krap nie.

Die mense van kleur het n probleem met die blanke se velkleur en dit gaan nie verander nie, eerder net eskaleer soos ‘n mens dit toenemend ervaar.

 

Met ons welvaartskepping en kundigheid hou ons hierdie brutale diskriminerende regering in die posisie om die Boereafrikaner al hoe meer te onderdruk en ons bestaan te tot dié van ‘n slaaf te verlaag.

 

Hierdie situasie kom daarop neer dat daar sonder meer deur die Boereafrikaner ‘n besluit geneem moet word oor sy voortbestaan en die opoffering wat dit van ons gaan verg.

 

Ons bloed is duur – hoe duur beskou u dit?

 

Ons kinders se toekoms is kosbaar – hoe kosbaar beskou u dit?

 

Ons volk se toekoms is op die spel – hoeveel waarde plaas u daarop?

 

Wat gaan ons daaromtrent doen en wanneer?

яхта мореФильчаков прокуратура харьков