Zille krabbel terug oor ‘vlugtelinge’

DA-leier, Helen Zille het teruggekrabbel oor haar “vlugteling”-uitspraak nadat haar volgehoue “eurosentriese” vertolking van die term te veel swartes ontstel het.

Lukhona Mnguni, ‘n jeugaktivis, het haar intussen by die Menseregtekommissie gaan aankla omdat haar twiet “grondwetlike demokrasie ondermyn”. Hy het gesê haar opmerking klink asof sy meen hierdie mense het nie dienste en ondersteuning nodig nie en dat daar daarom teen hulle gediskrimineer sal word.

Zille het ‘n week gelede om verskoning gevra en getwiet dat sy “onnosel” was om die woord te gebruik. Sy het dit só gestel ná kritiek van die Sunday Times: “I’ve read Marvin’s [verwysende na adjunkredakteur Marvin Meintjies] piece. He’s right. I was a chop. Using language too loosely. Opened myself to this without thinking”

Dié beskrywing van Xhosas wat uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap trek agter beter geleenthede aan as “vlugtelinge”, was die tweede in ‘n kort rukkie wat haar ongewildheid ‘n hupstoot gegee het. Sy het voorheen in haar twis met die swart sanger Simphiwe Dana na “professionele swartes” verwys.

Zille het onlangs gesê dat niemand politieke storms akkuraat kan voorspel nie. Miskien nie, maar sy moet seker begin besef dat as die eerste swart donderweer dreun, die kanse beter as goed lyk.

Haar selfvoldane houding dat sy die swart psige beter as enige ander wit politikus gepeil het, is dus net dit: ‘n Houding en sonder substansie.

Zille bring blykbaar baie ure per dag op haar Twitter-rekening deur as leier van die DA. Haar voorliefde vir die soort hoofopskrif-, kort en bondige politieke slagspreuke pas natuurlik by Twitter. Dis net dat sy uit die oog verloor dat sy in haar omhelsing van digitale media nie besef dat daar denkende mense ook daarbuite is nie.

Dis net Hollywoodsterre en klatergoudsangers wat floreer op sulke leë klankgrepe en verlede week is die heesstem-DA-leier weer terug aarde toe gebring.

Met meer as 10 000 tweets en 129 000 volgelinge op die sosiale netwerk-webwerf ly haar pogings om ‘n politieke debat te stimuleer meer skade as wat sy enige noemenswaardige invloed op die huidige verwikkelinge uitoefen.

Meer kommerwekkend nog is dat sy onbesonne kommentaar lewer oor ‘n kwessie wat so sensitief en gevaarlik is soos openbare geweld oor dienslewering. 

Die stilte daar by Media24 oor Zille se blapse is dawerend. Haar onverantwoordelike opportunistime moes die bestuur ook opgeval het. Of dalk het hulle weer ore toegedruk vir die swaar donderweer.

Фільчаков Олександр Васильович

Ope brief aan die DA oor Pretoriase straatnaamsveranderinge

In ‘n berig deur die dagblad ‘Beeld’ 29 Maart 2012, ‘DA stem nie oor name’ het mnr Johan Jansen volgens die berig gestel: ‘Mnr. Johan Jansen (DA) het gesê hy sou wou sien dat Kerkstraat eerder na Nelson Mandela-rylaan verander word.’

Die uitlating of standpunt kan nie sondermeer gelaat word nie en die Kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria sal mettertyd ‘n amptelike skrywe hieroor aan die toepaslike persone/instansies rig.

In my persoonlike hoedanigheid beskou ek mnr Jansen se mening as onsensitief en ‘n ontkenning van die historiese waarde van die betrokke gemeente wat twee maande voor Pretoria se stigting , op 8 en 9 September 1855, onder leiding van ds Dirk van der Hoff gestig is.  Gedurende November 1855 het die Volksraad van die Z.A.R. besluit om die Republiek se hoofsetel na Pretoria te verskuif en tereg dui die navorser/argivaris, Dr HM Rex, dit met die titel van sy boek (1960) aan: Pretoria- Van Kerkplaats na Regeringsetel.

Teen dié agtergrond het die betrokke gemeente en lidmate ‘n rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika gespeel ondermeer in die konstitusionele gang, onderwys, en infra-struktuur.  Ten opsigte van laasgenoemde word verwys na die eerste kerkgebou wat in 1857 op Kerkplein opgerig is, in 1865 is die kerkgebou vergroot en na ‘n verwoestende brand in 1882 is ‘n sierlike kerkgebou op 23 Januarie 1885 ingewy en hier het president S J P Kruger met geleentheid besoek by die Hervormers afgelê.

Die gebou het ‘n belangrike rol gespeel in die godsdienstige- en kulturele lewe van die Afrikaner en nadat dit deur die Britse owerheid gesloop is, is die vierde en huidige kerkgebou in Du Toit str gedurende 1905 deur Genl. Louis Botha ingewy. Tydens die geleentheid het die Nederlandse hoogleraar, prof P J Muller, die inwyding van die nuwe kerkgebou gepas met  die teks uit Openbaring 21:5 ingelui; die preekteks is voorhande in die gemeentegeskiedenis: Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria 1855-1955 (prof S P Engelbrecht).  Behalwe laasgenoemde, was die gemeente dekades lank ‘n geestelike tuiste vir Nederlandsprekende Suid-Afrikaners, trouens die gemeente was van die laastes wat Nederlands as kanseltaal gebesig het.

Die verbintenis met die Nederlandse minderheid in Pretoria strek egter ook na die slagveld en word bevestig deur die gedenkplaat vir Nederlanders wat tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog (1899-1902) gesneuwel het; onder andere Cornelius van Gogh (1867-1900), broer van die impressionis, Vincent Willem van Gogh (30 Maart 1853-27 Julie 1890). Die gedenkplaat is teen die Oostelike wand van die kerkgebou aangebring en gedurende sy besoek aan Suid-Afrika, het Prins Bernard van Nederland die verbintenis erken deur ‘n krans by die gedenkplaat te lê.

Die rol wat die Kerk/kerk, in die besonder die Hervormde Gemeente Pretoria, in die gang van Pretoria gespeel het, word deur ‘Kerkstraat’ gehuldig.  In die verband wil ons u, mnr Jansen en belanghebbendes nooi om die S P Engelbrecht-museum, wat tans op die Oostelike en Noordelike galerye van die Kerkgebou ingerig is, te besoek – en die betekenis van dié kulturele sieraad, soos dit in ‘Kerkstraat’ weerklink, ontdek.

Ek sien uit na u besoek.

Met dank,

Dr Christo Pretorius

Pastor loci

Ned Herv Gemeente Pretoria

лобановский александр игоревич

PRAAG ondersteun Nederlands-Afrikaanse samewerking in stryd om straatname

PRAAG ondersteun die oproep deur die Nederlandse Partij voor de Vrijheid dat Nederlanders en Afrikaners moet saamstaan. om ons gedeelde kultuurerfenis te beskerm soos dit in Pretoriase straatname beliggaam word.

Koningin Wilhelmina word onthou vir haar dapper steun aan die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog toe koloniale Brittanje ons land verwoes en ons vroue en kinders in konsentrasiekampe laat sterf het. Net so het koningin Beatrix veel gedoen om die aansien van die Afrikaanse kultuur in Nederland te bevorder en ons onthou haar heerskappy as ‘n tyd toe warme verhoudinge tussen ons twee volkere gegeld het.

Deur sy naamsveranderings is die ANC besig om die ergste aspekte van die koloniale Britse tradisie te omarm. Vir die eerste keer in die geskiedenis word ‘n inheemse Westerse volk, die Afrikaner, deur ‘n koloniale organisasie soos die ANC verdruk en kultureel verneder.

Ons doen ‘n beroep op alle Afrikaners en Nederlanders om teen die nuwe lords in Munitoria en die Uniegebou weerstand te bied.

лобановский александр интервью

Die perfekte WB-president is dalk die laaste

Jim Yong Kim se verrassende nominasie vir die posisie van Wêreldbankpresident is ‘n deurdagte ideologiese besluit deur die Amerikaanse president. Die genomineerde is van Oosterse afkoms, besit ‘n Amerikaanse paspoort en bekommer homself oor Afrika.

President Obama het die mediese dokter en Dartmouth College se president uitgesoek want hy is ‘n Koreaan. Dit rym met die VSA se strategiese sorge oor China. Maar meer nog is die dokter saam met Paul Farmer mede-stigter van ‘n liefdadigheidsorganisasie wat gevorderde mediese sorg in Haiti, sub-Sahara Afrika en ander verarmde streke lewer.

Die lande sluit Lesotho, Malawi en Rwanda in. Dit is lande wat die VSA ook toevallig as sleutelande vir Afrika sien in die politieke speelveld.

Soos die lowende hoofartikel in die Financial Times dit stel, is dr. Kim bewus van allerlei “antropologiese” kwessies. Kennelik is die woord “etnies” nie een wat inslag gaan vind by die lesers van die koerant nie.

Partners in Health (PIH) fokus glo nie soseer op medisyne as “ondersteuning” van gesondheid nie, dws die kulturele en etniese aspekte van sorg en voorkoming.

Een uitdaging vir dr. Kim sal wees om ekonomiese groei daadwerklik te stimuleer asook menslike vooruitgang. Baie van sy biljoene in jaarlikse lenings vloei na lande soos China, Indië en Meksiko wat maklik toegang tot krediet kan kry in private kapitaalmarkte. Die bank het ‘n neiging om korrupte regimes op allerlei maniere te ondersteun wat ontwikkeling striem en soms aktief ondermyn ter wille van politieke doelwitte.

Kim het min ondervinding in die ekonomie, beleid of ontwikkeling, maar met die Bank se swak rekord in ontwikkeling, is die belangrikste argument vir Amerikaanse ondersteuning dat die instelling Amerikaanse belange dien.

‘n “Globale” kandidaat soos die Nigeriese minister van finansies, Ngozi Okonjo-Iweala, sal dus nooit die pyp rook nie, al ondersteun Suid-Afrika en die Afrikavasteland haar aanstelling ywerig.

Haar ongewilde optrede om weg te doen met die petrolsubsidie het onlangs tot opstande in Nigerië gelei.

Nog steeds sal van die VSA se belastingbetaler verwag word om meer geld as enigiemand anders te voorsien om die instelling relevant te hou terwyl die multinasionale elite die meeste voordeel daaruit sal trek.

Dalk is dr. Kim die perfekte kandidaat, maar die moontlikheid bestaan ook dat hy die laaste een kan wees.

Олександр Васильович Фільчаков

ANC-hemp nie welkom in die Wes-Kaap nie

Ek was onlangs in St Helenabaai tuis, en wou ‘n kroeg besoek.

Ek het ‘n ANC T-hemp aangehad. Die eienaar het na my gekom en gesê ek moet van T-hemp verander want hy soek nie ‘n bakleiery nie.

Mag ‘n mens nie dra wat jy wil as jy uitstap by jou deur nie? Wat maak die kroeg as Marthinus van Schalkwyk daar kom kuier?

Toe verlaat ek maar die kroeg en gaan na die winkel toe. Toe ek by die winkel kom, is dit gesluit en ek besluit om maar weer kroeg toe te gaan want my baadjie en drankie was nog daar.

Toe ek die kroeg wil ingaan, is die hek gesluit. Ek roep toe en vra of ek kan inkom want my goed is nog binne. Die jong wit meisie sê toe ek moet nie inkom nie en sy gee als wat myne is deur die hek aan. Die drankie bly agter.

Ek voel ek is nie welkom in hierdie Wes-Kaap nie. Ek is hier gebore en het hier groot geraak.

данильченко юрий брониславович прокурор

Dis nie meer ‘n struggle nie

Inwoners in Ratanda, oos van Johannesburg mag dalk teen hoë pryse vir elektrisiteit, verkeerde rekeninge en kragonderbrekings opstaan, maar wit joernaliste het op die harde manier geleer dat die swart betogers uiters vyandig is en net met die burgemeester of die president wil praat. Swart, dankie.

Die jeug van Ratanda dra openlik wapens en tuisgemaakte petrolbomme. Selfs linkse joernaliste beïndruk hulle nie en ‘n wit verslaggewer, Greg Nicolson, is Dinsdag deur mense gewaarsku dat hy doodgemaak sal word. Dis ‘n turfoorlog in die lokasie en die inwoners het nie-rassigheid vaarwel geroep en kleurblindheid afgesê.

‘n Wit motoris is deur Nicolson van ‘n gewisse dood gered nadat sy motor se bande gebars het toe hy moes uitswaai en gebots het onder ‘n klippereën. ‘n Woedende swart skare het op hom toegesak. Nicolson het die geskokte man na veiligheid gelei.

Ratanda is naby Heidelberg, oos van Johannesburg en die Lesedi-munisipaliteit luister glo nie na klagtes nie. Hoe dié versuim wittes raak, is onduidelik.

Die mense protesteer as gevolg van die elektrisiteitspryse, en dis al, sê ‘n lid van die Ratanda Community Forum (RCF). Die totale opportunistiese chaos, openlike anti-wit klimaat en xenofobie wat heers, pla die forumlid min.

Die “regmatige griewe” gaan hulle blykbaar in rookseine aan die owerhede oordra want hulle dreig om al wat ‘n regeringsgebou is af te brand.

Dit is ongehinderde plundering en beskadiging van eiendom net soos in die dae van die struggle, ‘n hele twintig jaar na die einde van apartheid. Die jeugbendes wat nou die strate ingevaar het, was toe nog nie gebore nie.

Die griewe van destyds en die griewe van nou spreek boekdele. Voorheen was dit ‘n bepaalde stel ideologiese misdrywe wat swart inwoners na “geoorloofde” geweld gedryf het. Vandag is dit werklike kwessies, danksy ‘n vervallende swart staat. Die sondebokke bly steeds, vreemd genoeg, wit.

Die jeugdige betogers het beloof om alles af te brand totdat hulle deur die burgemeester Lerato Maloka toegespreek word… of comrade Jacob Zuma. Die burgemeester steur haar nie aan sulke nonsens nie. Sy het nog nooit haar gesig gewys in haar gemeenskap nie en sy gaan beslis nie nou nie.

Me Maloka het kennelik ‘n geleentheid laat verbygaan om apartheid vir dit alles te verkwalik, maar bygesê, dis deesdae die DA se voorliefde met uitsprake soos die “misdaad van Bantoe-onderwys”.

Dis geen wonder dat die mense van Kimberley en masse opgedaag het vir Malema en so entoesiasties geraak het nie. Hy daag ten minste, soos die grootste opposisieparty, op.

Die SAPD het bevestig dat 80 mense Maandag en Dinsdag in hegtenis geneem is vir aanklagte wat wissel van openbare geweld, opsetlike skade aan eiendom, diefstal en brandstigting. Hulle het bevestig dat twee raadslede se huise afgebrand is, saam met die biblioteek en twee sale.

Munisipale kantore is ook in puin gelê terwyl ooggetuies sê ander geboue is eweneens aan die brand gesteek.

Daar was verslae van grootskaalse plundery van winkels wat deur buitelanders besit word. Hulle kan dit maar op hulle magies skryf, die arme buitelanders, want daaroor gaan geen regerings- of opposisieparty ‘n woord rep nie. Hulle is nie so dom om kiesers te gaan staan en vervreem nie.

‘n Gemeenskapskliniek is Dinsdag leeggemaak en munisipale kantore afgebrand. Inwoners het gesê Woensdagaand het betogers probeer om die polisiestasie oor te neem.

Dis nie meer ‘n struggle nie, dis oorlog.

 

Лобановский

Die geval Trayvon Martin

Verlede naweek in die swart Amerikaanse stad Chicago alleen, is tien mense vermoor en nog veertig gewond. Die jongste slagoffer was net ses jaar oud. Die jongste persoon wat gewond is, is een jaar oud. Baie van die slagoffers was voetgangers wat met koeëls besaai is in bendegeweld. Die nasionale nuus in die VSA sê niks hieroor nie.

Waarom is Florida se skietvoorval nasionale nuus? Waarom het daar duisende artikels reeds verskyn, vir die laaste vier dae nou al, oor ‘n enkele skietery?

Byna al die nuusberigte oor George Zimmerman en Trayvon Martin bevat ‘n kombinasie van valse bewerings, menings wat aangebied word as feite, ooglopende verdraaiings, en ‘n volledige afwesigheid van sommige van die mees relevante besonderhede.

Dit is hoe nuus uit die VSA lyk as dit ‘n “witte” is wat die sneller getrek het en die dood van ‘n “onskuldige swart slagoffer” veroorsaak het. Dit lyk soos Suid-Afrika se gedrukte nuusaanslag.

Hier in Suid-Afrika het ene Rebecca Davis nie teleurgestel nie en ‘n verleentheid van ‘n prul aan haar gemengde gehoor opgedis.

Byna al die nuusitems word slegs uit een invalshoek geskryf. Die media verkies ou babafoto’s van Trayvon. Niemand weet dat hy oor die ses voet in ou taal in sy sokkies gestaan het nie. Of dat sy “moordenaar” George Zimmerman nie wit is nie, uit selfverdediging opgetree het en eintlik bruin is.

Is die media regtig besig om die nuus te rapporteer, of is hierdie ‘n klassieke propaganda-oefening om ‘n politieke agenda te bevorder? Wel, president Obama het dadelik ‘n geleentheid raakgesien en gesê as “hy ‘n seun gehad het sou hy soos Trayvon gelyk het” en dat “sielsondersoek” behoort plaas te vind.

Letterlik duisende artikels bevat ten minste ‘n valse verklaring in die eerste paar reëls: “George Zimmerman, ‘n wit man” of “deur ‘n wit man geskiet.”

Zimmerman is bruin. Maar, die media wil ‘n wit man hê, want dit pas beter in die politieke verhaal wat hulle probeer skep. Baie nuusberigte het ook beweer die omgewing is “meestal wit.”. Die omgewing is eintlik nie-blank.

Op 16 Maart het die Sanford se polisiedepartement nuwe besonderhede aan die Orlando Sentinel-koerant vrygestel. Weereens is hierdie amptelike weergawe deur die owerhede geïgnoreer of verander deur die media.

‘n Getuie beweer dat George Zimmerman op die grond was, en Trayvon bo-op hom, besig om hom te slaan.

Die getuie sê George Zimmerman het aanhoudend geskree vir hulp.

Zimmerman het volgens die polisie bloeding op sy gesig en die agterkant van sy kop gehad. Hy het ook grasvlekke op sy rug gehad het. Dit bevestig die storie vertel deur Zimmerman én die getuie.

Polisie speel die 911-oproep vir Trayvon Martin se pa, wat die polisie vertel dat die stem wat om hulp roep nie die stem van sy seun is nie.

Nie een van die duisende artikels en nuussegmente het gedink dit is belangrik om te noem hoe misdadigheid in die buurt oor die algemeen toegeneem het nie.

Trayvon is volgens die media ‘n “rolmodel”. Hy was vir vyf dae geskors uit sy skool toe die skietery plaasgevind het. ‘n Prokureur vir Trayvon se familie het intussen toegang tot sy skoolrekords geblokkeer om te keer dat die rede vir sy skorsing rugbaar raak.

Ons weet nou dat die 24-jarige Jonatha Carr oor Trayvon Martin se geval ‘n gewelddadige uitbarsting tydens ‘n evolusie-klas by die Universiteit van Florida Atlantic gehad het.

Zimmerman is nie aangekla vir die tiener se dood nie en Carr noem dit ‘n uiterste onreg.

Trouens Carr was heeltemal buite beheer in haar evolusieklas Dinsdagoggend, het op haar professor gevloek, mede-studente geslaan, en moes uitgesleep word uit die klas deur veiligheidspersoneel.

Rebecca Davis en haar soort “joernaliste” kan trots wees op Carr.

лобановский александр дочь

Zuma se vervolging swart DA-lede se hoop

Die beslissing van die appèlhof dat die DA toegang mag kry tot alle inligting wat gelei het tot die besluit om pres. Zuma se vervolging te staak, gaan van Malema en die DA goeie bedmaats maak.

Albei groepe soek Zuma se bloed, en het nou saamgespan om vir die president voor die ANC se benoemingstryd in Desember ‘n probleem te veroorsaak.

Dié beslissing mag beteken dat die hof bevind dat die vervolging onregmatig gestaak is, en dat dit hervat mag word.

Net Zuma se betoog, wat op voorwaarde van vertroulikheid verskaf is, sal nie oopgestel word nie. Indien die saak egter hervat word, mag Zuma besluit om dit wel voor te lê.

Zuma sal waarskynlik na die konstitusionele hof appelleer teen die appèlhofbeslissing.

Dit sal aan swart DA-lede se verwagtinge om magsposisies te bekom, ‘n nodige hupstoot gee.
лобановский александр харьков

‘Menseregtedag’

Op 21 Maart het ons die gebeure herdenk wat 52 jaar gelede in Sharpeville afgespeel het.  Die meeste van ons was skaars gebore of in die fleur van hul lewens.

Verwoerd was aan bewind en het so pas ‘n aanslag op sy lewe oorleef.

Apartheid was die beleid van die dag. Dit was ‘n tydperk van ongeëwenaarde ekonomiese groei.

‘n Groot deel van die bevolking was egter van die poletieke proses uitgesluit en het daarteen geprotesteer.

Op daardie dag, 52 jaar gelede, het duisende opstandiges na die Sharpeville-polisiestasie opgeruk.

‘n Mens kan jou kwalik indink wat deur die gedagtes van handjie vol polisiemanne gegaan het op daardie dag.

Die tragiese gebeure van daardie dag het die internasionale mening oor Suid-Afrika dramaties beïnvloed.

Vandag 52 jaar na die gebeure word die dag herdenk as Menseregtedag.

Ons gedenk dus vandag ook die reg van elke boer om in vrede kos vir sy medelandsburgers te produseer.

Ons gedenk insgelyks die reg van elke mens om in vrede in sy geboorteland te mag woon.

En bo alles gedenk ons die reg van diegene wat oor hulself wil regeer en nie in n getalleoutokrasie verswelg wil word nie.

Данильченко Харьков

Ope brief aan FW de Klerk

Philip van StadenDie oudstaatspresident, FW de Klerk, het die afgelope week ‘n skrywe van stapel gestuur waarin hy gepraat het oor die 1992-referendum van 20 jaar gelede en die tydperk daarna.

Graag wil ek namens jong Afrikaners op mnr.de Klerk se skrywe kommentaar lewer.

Geagte meneer de Klerk

Dit is vir my en mede-Afrikaners van my ouderdomsgroep, en selfs agtien jaar jonger, duidelik dat u dink dat ons nie weet van u dade wat u twintig jaar terug teenoor die Afrikaner gepleeg het nie. Ek wil u graag inlig dat, tydens die 1992-referendum, ons ouderdomsgroep wat nou tussen 35 en 40 is die groep was wat op daardie stadium tieners en jeugdigdes was wat teen u dade in opstand gekom het.

Ons het gesien en beleef waarop u hierdie land afstuur en in u skrywe die afgelope week is dit duidelik soos daglig dat u nie weet wat tans in Suid-Afrika op grondvlak aan die gang is nie. Uit u skrywe kan ek en ander Afrikaners net vermoed dat u sekerlik op u eiland sit, in uiterse veiligheid, en probeer kommentaar lewer op gebeure wat tans in Suid-Afrika aan die gang is. Gebeure waarvan u in die media lees en deur u stigting onder u aandag gebring word. Eerstehandse ervaring van vandag se politieke gebeure? Ek betwyfel dit sterk.

U moet verstaan dat ek myself nie die afgelope 18 jaar, sedert 1994, uit die politieke bestel onttrek het nie maar deel daarvan gebly het om my mense, die Afrikaner, te beskerm teen die daaglikse aanslae van die ANC wat u ontketen het. U verbrousel probeer ons daagliks met baie bloed en sweet regstel.

Daarom meneer de Klerk, gun my nou asseblief die geleentheid, op hierdie openbare forum, om u skrywe van die afgelope week uitmekaar te trek en om die waarheid aan ons jeug te ontbloot.

In die algemene verkiesing van 6 September 1989 het die Nasionale Party, waarvan u die leier was nadat u vir wyle PW Botha as staatspresident vervang het, aan die blanke kiesers ‘n valse boodskap uitgestuur wat geheet het: “NP vir eie skole en eie woonbuurtes”, “Magsdeling Ja – Totale oorgawe Nooit!”. Reeds met hierdie verkiesing het u politieke leuens kop uitgesteek. Daarom dat die Konserwatiewe party beduidende en groeiende steun getoon het en op die punt gestaan het om by ‘n volgende algemene verkiesing u regering by die stembus te verslaan. Daarom dat u by die tussenverkiesings van Virginia en Potchefstroom besef het dat u die volgende algemene verkiesing definitief sou verloor. Die Afrikaner het u verraad finaal agtergekom en u is ontmasker. U het dus nie meer ‘n mandaat van die blanke kiesers gehad om voort te gaan met die grondwetlike onderhandelings nie.

Inteendeel het u regering glad nie meer enige mandaat hoegenaamd oorgehad nie en is u verplig om as staatspresident te bedank. Dus was die Konserwatiewe Party se aansprake uit en uit geregverdig.

Kan ek net u aandag daarop vestig dat die land toe reeds op daardie stadium deurgeloop het onder erge geweld nadat u minder as ‘n jaar gelede vir Nelson Mandela vrygelaat het en die ANC, SAKP en ander verbode organisasies ontban het. Die slag van Boipatong was een van hierdie voorvalle.

Met u besef dat u ‘n volgende blanke verkiesing sou verloor met die sterk steun wat die Konserwatiewe Party getrek het en dat die Afrikaner vir die tweede keer in die geskiedenis sedert 1948 begin saamstaan het, het u besluit om eerder ‘n referendum uit te roep wat u in staat sou stel, om met die kook van uitslae, die land finaal tot oorgawe te dwing.

Meneer De Klerk, u het erge verset onder Afrikaners met uiterste geweld onderdruk. Een goeie voorbeeld hiervan was die slag van Ventersdorp waar u die lewens van verskeie protesgangers daardie aand geneem het. Ek was daardie aand een van die protesgangers en maar net sestien jaar oud. Ek het daardie aand amper my lewe danksy u verloor.

U het met ‘n uitslag van ‘n referendum wat gekook is met ‘n C-span onderhandelinge aangeknoop teen ‘n uiterse opgewasse A-span van die ANC. Kodesa was ‘n plek waar u van alle politieke mag ontslae geraak het en terselfdertyd geonderhandel het om daardie selfde mag weer terug te kry. Hoe onnosel het u nie net te werk gegaan nie? U het om daardie tafel ‘n groot onreg teenoor alle Suid-Afrikaners gepleeg deur elke volk in Suid Afrika van sy magte te stroop en om almal in een nasie in te dwing. Dit alleen was ‘n gruwelike skending van mense regte.

Met u valse verkondiging tydens die 1992-referendum het u inderdaad ‘n blanko tjek ontvang maar die handtekening op daardie tjek het u laat vervals. U het gedink dat die Nasionale party die ANC by die stembus in 1994 kon verslaan maar die ontnugtering het u duidelik oorval. U het op daardie tyd aangekondig dat u binne vyf jaar weer president van die land sou wees. Dit het egter ook nooit gerealiseer nie. U en u span het weer ‘n verdere flater begaan deur in 1996 van die regering van nasionale eenheid te ontrek. Dit was die laaste spyker in die NP se kis. Daarom dat Marthinus van Schalkwyk en Pik Botha hul by die ANC gaan aansluit het. Geld en persoonlike belange was hier ter sprake en nie die toekoms en belang van die Afrikaner of enige ander volk in Suid-Afrika nie.

Mnr. De Klerk, ek is egter vandag oor een ding baie bly en dit is dat u daagliks u flaters en verraad teenoor die Afrikaner kan ervaar en beleef. Die bloed van onskuldige mense wat daagliks vermoor word is aan u hande. Die ineenstorting van infrastrukture, swak dienslewering, korrupsie, misdaad, verkragtings, geweld en die bestaan van ‘n onchristelike land is aan u te danke.

Met u skrywe die afgelope week het u uself probeer verontskuldig aan misdade wat deur u ontketen is. Maar as u gedink het dat die jong Afrikaners, wat vandag moet swaar kry as gevolg van hul velkleur, u as ‘n held gaan beskou maak u ‘n baie baie groot fout. Dit is deur u toedoen dat ons moet deurloop onder regstellende aksie en dat ons nie onderrig in ons moedertaal kan ontvang nie.

Geen poging wat u gaan aanwend om die ANC aan te val of om uself te probeer veronskuldig gaan slaag nie. Geen Afrikaner,veral jong Afrikaners, sal u ooit vertrou nie en daarvoor kan u net uself bedank.

Die Nobelprys vir vrede wat u destyds saam met mnr. Mandela ontvang het moet egter teruggeneem word want dit is met die bloed van miljoene Suid-Afrikaners van alle rasse bevlek.

U is die oorsaak daarvan dat hierdie land vandag in ‘n totale volksmoord gedompel is en u is die oorsaak dat hierdie land afstuur op ‘n kommunistiese regering. Indien u destyds geluister het, en nie agter geld aangehardloop het nie, en elke volk sy selfbeskikkingsreg laat uitleef het, sou Suid-Afrika vandag nog ‘n eerstewêreldland gewees het met ‘n sterk ekonomie, werksgeleenthede en geen armoede en misdaad nie.

Elke volk – Afrikaners, Zoeloes, Sotho’s, Xhosas, Engelse, Tswanas, Vendas, Ndebele ens – sou vandag vrye volke in Suid-Afrika gewees het met volle politieke magte, elkeen met sy eie regering.

Ek sluit af met die volgende.

Mnr. De Klerk, indien u gaan reageer en dit gaan afmaak dat ek ou koeie uit die verlede opper wil ek u graag daarop wys dat u nie daagliks by gevegte op voetsoolvlak betrokke is en u wandade eerstehands ervaar en beleef soos wat ons doen nie.

Indien ons dit gaan regkry om weer om ‘n onderhandelingstafel te gaan sit, sal u defnitief nie weer namens die Afrikaner kan kom onderhandel nie.

Ons jonger geslag sal u nooit kan vertrou of kan vergewe nie.

Baie dankie vir ‘n baie blink toekoms wat u vir Suid-Afrika geskep en tot stand gebring het.

Groete

Philip van Staden
Aktivis en politikus

Die skrywer is ook ‘n Pretoriase raadslid en leier van die VF Plus in die party se Pretoriastreek

лобановский депутат