Die geval Trayvon Martin

Verlede naweek in die swart Amerikaanse stad Chicago alleen, is tien mense vermoor en nog veertig gewond. Die jongste slagoffer was net ses jaar oud. Die jongste persoon wat gewond is, is een jaar oud. Baie van die slagoffers was voetgangers wat met koeëls besaai is in bendegeweld. Die nasionale nuus in die VSA sê niks hieroor nie.

Waarom is Florida se skietvoorval nasionale nuus? Waarom het daar duisende artikels reeds verskyn, vir die laaste vier dae nou al, oor ‘n enkele skietery?

Byna al die nuusberigte oor George Zimmerman en Trayvon Martin bevat ‘n kombinasie van valse bewerings, menings wat aangebied word as feite, ooglopende verdraaiings, en ‘n volledige afwesigheid van sommige van die mees relevante besonderhede.

Dit is hoe nuus uit die VSA lyk as dit ‘n “witte” is wat die sneller getrek het en die dood van ‘n “onskuldige swart slagoffer” veroorsaak het. Dit lyk soos Suid-Afrika se gedrukte nuusaanslag.

Hier in Suid-Afrika het ene Rebecca Davis nie teleurgestel nie en ‘n verleentheid van ‘n prul aan haar gemengde gehoor opgedis.

Byna al die nuusitems word slegs uit een invalshoek geskryf. Die media verkies ou babafoto’s van Trayvon. Niemand weet dat hy oor die ses voet in ou taal in sy sokkies gestaan het nie. Of dat sy “moordenaar” George Zimmerman nie wit is nie, uit selfverdediging opgetree het en eintlik bruin is.

Is die media regtig besig om die nuus te rapporteer, of is hierdie ‘n klassieke propaganda-oefening om ‘n politieke agenda te bevorder? Wel, president Obama het dadelik ‘n geleentheid raakgesien en gesê as “hy ‘n seun gehad het sou hy soos Trayvon gelyk het” en dat “sielsondersoek” behoort plaas te vind.

Letterlik duisende artikels bevat ten minste ‘n valse verklaring in die eerste paar reëls: “George Zimmerman, ‘n wit man” of “deur ‘n wit man geskiet.”

Zimmerman is bruin. Maar, die media wil ‘n wit man hê, want dit pas beter in die politieke verhaal wat hulle probeer skep. Baie nuusberigte het ook beweer die omgewing is “meestal wit.”. Die omgewing is eintlik nie-blank.

Op 16 Maart het die Sanford se polisiedepartement nuwe besonderhede aan die Orlando Sentinel-koerant vrygestel. Weereens is hierdie amptelike weergawe deur die owerhede geïgnoreer of verander deur die media.

‘n Getuie beweer dat George Zimmerman op die grond was, en Trayvon bo-op hom, besig om hom te slaan.

Die getuie sê George Zimmerman het aanhoudend geskree vir hulp.

Zimmerman het volgens die polisie bloeding op sy gesig en die agterkant van sy kop gehad. Hy het ook grasvlekke op sy rug gehad het. Dit bevestig die storie vertel deur Zimmerman én die getuie.

Polisie speel die 911-oproep vir Trayvon Martin se pa, wat die polisie vertel dat die stem wat om hulp roep nie die stem van sy seun is nie.

Nie een van die duisende artikels en nuussegmente het gedink dit is belangrik om te noem hoe misdadigheid in die buurt oor die algemeen toegeneem het nie.

Trayvon is volgens die media ‘n “rolmodel”. Hy was vir vyf dae geskors uit sy skool toe die skietery plaasgevind het. ‘n Prokureur vir Trayvon se familie het intussen toegang tot sy skoolrekords geblokkeer om te keer dat die rede vir sy skorsing rugbaar raak.

Ons weet nou dat die 24-jarige Jonatha Carr oor Trayvon Martin se geval ‘n gewelddadige uitbarsting tydens ‘n evolusie-klas by die Universiteit van Florida Atlantic gehad het.

Zimmerman is nie aangekla vir die tiener se dood nie en Carr noem dit ‘n uiterste onreg.

Trouens Carr was heeltemal buite beheer in haar evolusieklas Dinsdagoggend, het op haar professor gevloek, mede-studente geslaan, en moes uitgesleep word uit die klas deur veiligheidspersoneel.

Rebecca Davis en haar soort “joernaliste” kan trots wees op Carr.

лобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae