Sal Romney wit stem hou met Ryan?

Die Republikeinse party in die VSA se langtermyn-toekoms lyk onseker. Romney se keuse vir sy vise-kandidaat, Paul Ryan, is ongetwyfeld ‘n verdere risiko vir die GOP. Dit beteken dat die verkiesing soos in die verlede, oor belastings sal handel, iets waarby president Obama net kan baat in dié moeilike ekonomiese tye.

Belastingtoegewings mag op die oog af lyk na iets wat nie plofbare kwessies soos rasseverskille sal ophaal nie, maar aan die demografiese werklikheid van die VSA, gaan hierdie kandidate nie ontkom nie .

Romney, die miljardêr, het waarskynlik sy ongeërgdheid vir gewone, sukkelende mense beklemtoon met sy keuse omdat Ryan graag wil sien dat dienste aan armes – lees nie-blankes – opgeskort word. Maar Ryan se agenda sal beteken dat bejaardes – lees wittes – se toegang tot mediese sorg, kan sneuwel.

In die Goue Staat, Kalifornië, waar Nixon en Reagan eers koning gekraai het, het die party se registrasiesyfers gedaal tot 30 persent van die kiesers en is steeds besig om na benede te sink.

Daar word gesê dat Kalifornië se Republikeine uit voeling is omdat hulle sosiaal konserwatief oor kwessies soos aborsie en gay-regte is.

Maar die werklike probleem is ras, ouderdom en etnisiteit. En dit voorspel nie net die party se dood in Kalifornië nie, maar dalk sy lot in die res van Amerika.

Bykans 90 persent van al die Republikeinse kiesers in presidensiële verkiesings is wit. Byna 90 persent is Christene. Maar blankes het tot 74 persent van die kiesers in 2008 gedaal en slegs 64 persent van die bevolking. Onder die jeug is die persentasies nog veel kleiner.

Reken daarby dat die meerderheid wit vroue vir Obama stem, en die Republikeine se steun lyk nog minder seker.

Kennelik gaan die Republikeine staatsondersteuning vir “minderhede”, soos nie-blankes in die VSA heet, wegneem deur uitkerings en toegifte te besnoei en hulle hoop duidelik dat die wit kieser die onderliggende boodskap sal begryp.

Maar in hul beste jare, soos 2004, het die Republikeine die Latyns-Amerikaanse stem 3-teen-2 verloor. In ‘n slegte jaar, soos 2008, het hulle dit verloor 2-teen-1. Wittes is reeds ‘n minderheid in Kalifornië, en Spaanssprekendes sal uiteindelik die meerderheid wees. Net soos die bruines in Suid-Afrika, voel Spaanssprekendes soms swart en soms wit. As dit egter by die stembus kom, voel hulle beslis nie Republikeins en wit nie.

Swart Amerikaners verkies Obama met ‘n meerderheid van 24-teen-1. Die swart bevolking, 13% van die VSA, is steeds aan die groei. Blankes, wat ‘n minderheid in twee van die mees digsbevolkte deelstate is, sal minder as die helfte van die Amerikaanse bevolking teen 2041 wees en ‘n minderheid in 10 deelstate teen 2020.

Die meerderheid Latino’s, Afro-Amerikaners, immigrante en jongmense tussen 18-25 betaal geen inkomstebelasting nie, terwyl hulle ‘n arsenaal van voordele geniet. Dis kalkoene, nie-blankes, wat nie vir Kersfees gaan stem nie.

Die ou party, geïntimideer deur kritiek en aantygings van “rassisme”, weier om ‘n vloedgolf van immigrasie, meer as 40 miljoen mense wat baie afhanklik van die regering, aanstoot te gee.

Republikeine wat aanhoudend aangaan oor belastingbesnoeiings, het herhaaldelik gesorg dat miljoene belastingbetalers onthef word van bydraes, en ‘n groot klas geskep wat te min betaal vir die uitbreiding van die oorvloedige voordele wat hulle ontvang.

Die sosiale rewolusie van die 1960’s het veroorsaak dat Amerikaners wat ‘n geloof in geen godsdiens bely nie, verdriedubbel het sedert die 1990’s en nou een in vyf van hulle landgenote is.

Obama moes dié week Romney se keuse met ‘n glimlag aangehoor het…

Данильченко Юрий прокурор

Die nuutste Olimpiese sport: RS

Daar is 302 items by die Olimpiese Spele in Londen. Maar hierdie jaar is daar duidelik ‘n nuwe kategorie: Rasse-sensitiwiteit. Hierdie Olimpiese Spele is deurspek met voorbeelde van mense wat nog nie geskool is in politieke korrektheid nie, en swak vertonings in rasse-sensitiwiteit, RS, lewer.

Na die Switserse sokkerspeler Michel Morganella se span verloor het teen Suid-Korea, het hy op Twitter gesê dat sy teenstanders kan “gaan brand” en ‘n “spul mongoloïedes” is, En hy is huis toe gestuur vir die belediging. Dalk vir goed, as sokkerbaas Sepp Blatter sy sin kry.

NBC is oorstroom met kritiek, want die Amerikaanse uitsaaier het ‘n advertensie vertoon wat aanstoot gegee het aan aanhangers van swart gouemedalje-wenner, gimnas Gabby Douglas. Hulle het ‘n gimnastiek-tema advertensie gebruik waarin ‘n apie gimnastiektoertjies doen, net na die insetsel oor die swart gimnas.

Omdat Afro-Amerikaners soms vergelyk word met ape deur mense wat probeer om hulle te dehumaniseer, het baie kykers gekla dat die advertensie rassisties is. Die storie grens aan die belaglike, maar dis die ongelukkige waarheid dat die mensdom tot daar gedaal het in die nuwe RS-sport.

NBC het haastig ‘n verskoning aangeteken met ‘n verduideliking dat die advertensie geplaas is lank voor Douglas haar medalje gewen het.

Die Litause basketbalspan se ondersteuners se aapgeluide teen die swart Amerikaanse span, het ook aan hulle ‘n waarskuwing besorg.

Die Griekse driesprongkampioen Voula Papachristou is geskors uit haar land se Olimpiese span nadat sy ‘n grappie oor swartes getwiet het. Dis asof die wit wêreld oor mekaar val om hul toewyding aan rasseharmonie te bewys, en as die RS-kampioene aangewys te word. Deur hulleself, meesal…

Rassisme beteken ‘n geloof in die superioriteit van een ras bo ‘n ander. As Papachristou se twiet nie die paal haal nie, moet Usain Bolt se manewales en vreemde handgebare seker ook as ontoelaatbare rasse-arrogansie deurgaan.

Papachristou is ook glo skuldig vanweë haar ondersteuning vir die regse party, die Golden Dawn, ‘n anti-immigrante party. Maar dis ‘n wettige party wat 7% van die stemme gewen het in die laaste Griekse verkiesing en 18 lede het wat in die Griekse parlement sit! Demokrasie werk blykbaar net as dit anti-wit is.

Nadja Drygalla, ‘n roeier wat onder druk geplaas is om die Duitse Olimpiese span te verlaat verlede Vrydag na ‘n TV-stasie aangekondig het dat haar kêrel Michael Fischer is – ‘n kandidaat vir die ver-regse Nasionale Demokratiese Party in ‘n plaaslike verkiesing verlede jaar. Sommige het ook beweer dat Fischer betrokke was in ontwrigtende protes teen immigrante.

Drygalla was oorbluf en verskonend, maar nadat Michael Vesper, die hoof van die Duitse Olimpiese Sportkonfederasie, haar ingeroep het, was die koeël deur die kerk.

Volgens Vesper het die roeier haar trou aan die Olimpiese Handves bevestig, maar Drygalla het nogtans aangekondig dat sy “vrywillig” nie aan die Olimpiese Spele sal deelneem nie en Vesper het haar bedanking uit die span “aanvaar”.

Skokkend, om die minste te sê. Dis lankal nie meer sport nie, maar suiwer politieke afpersing.

Die behandeling van Drygalla herinner aan die klassieke “skuld deur assosiasie”, ‘n soort taktiek wat liberale gewoonlik inspan teen wanneer hulle slagoffers regs is.

Die Nasionale Demokratiese Party in Duitsland is ‘n wetlike entiteit met verkose lede in twee deelstaatparlemente.

Die Duitse media is natuurlik verbete in sy begeerte om die “regses” uit die openbare lewe te verdryf omdat hulle “onverdraagsaam” is. Hoe hulle hul eie beginsels van verdraagsaamheid en regverdigheid versoen met hul optrede, is nie seker nie.

Linkse koerante kla oor die feit dat Drygalla selfs in die Olimpiese span toegelaat is, omdat die plaaslike roei en sportfederasies ingelig is van haar verhouding met Fischer verlede jaar.

Drygalla se voormalige spanmaats in haar Rostock-roeiklub is bitter. Hulle sê die behandeling wat sy ontvang het herinner aan die praktyk van sippenhaft, wat die Nazi-regime teen die familie van andersdenkendes en verdagtes gebruik het. Dit beteken letterlik “familielidaanspreeklikheid”.

Maar Noord-Korea met sy sadistiese goelags vir andersdenkendes, Kuba en Oeganda, wat gays vervolg, Saoedi-Arabië wat vroulike egbrekers tot die dood stenig, Australië waar inheemse kinders van hul ouers weggeneem is, Suid-Afrika waar die stille uitwissing van boere ná openbare oproepe daartoe onverpoos voortgaan, is almal baie welkom by die Spele!

As mense regtig ‘n Olimpiese Spele moet hou wat moreel onkreukbaar is, behoort lande met gruwelike menseregterekords nie deel te neem nie. Brittanje se aandeel in die konsentrasiekampe behoort hulle te diskwalifiseer. Na alles kan die mensdom aankarring oor apartheid, maar meer mense het sedert 1994 gewelddadig gesterf as tydens Afrikanerbewind.

In elk geval, hoe kan ‘n paar atlete aandadig wees, hulle wat hul lewe aan hul sport wy, aan die aktiwiteite van hul regering? Die Oos-Duitse Olimpiese ysskaatser Katarina Witt, was een van die lieflinge in die 1980’s. Sy is later uitgewys as ‘n informant vir die Stasi, die kommunistiese geheime polisie, nadat die Berlynse Muur geval het. Selfs die naam van haar hanteerder is bekend.

Op een of ander manier dink die Angelsaksers dat hulle politieke mag van hul vermoë afhang om politieke korrektheid in almal se kele af te druk. Hulle sal seker ook wakkerskrik as dit veels te laat is en hulle besef dat hul gekruipery gesien word vir wat dit is: Swakheid.

лобановский александр игоревич харьков

Vrystaat-landbou se lagwekkende voorsitter

Die stem van rede sal seëvier in die debat oor grond, sê uitgaande voorsitter van Vrystaat-landbou Louw Steytler, maar daardie stem is gewis nie syne nie.

Steytler se sieninge van die beskerming wat die Grondwet bied, is só verbysterend, dat ‘n mens wonder hoe so ‘n onbekwame man tot ‘n leiersposisie verkies kon gewees het!

Steytler het sy gehoor weer getrakteer op sy “opinie” dat die Grondwet nie gewysig sal word nie.

“Die Grondwet sal nie verander word nie, dit is my opinie … As die druk kom sal ons dit beskerm met alles wat ons het,” het Steytler aan Vrystaatse boere op hul jaarlikse konferensie gesê. Het die man raadgewers, of het hy dit self uitgedink?

Dene Smuts, die DA se woordvoerder vir justisie en grondwetlike kwessies, en die enigste werklik bekwame persoon in die party, het die mite van die beskerming wat die Grondwet bied, al lankal ontbloot vir wat dit is: ‘n Bogstorie.

Dit sal nie nodig wees om die Grondwet te verander nie, omdat Artikel 25 reeds voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, aldus Smuts.

Is Steytler oningelig, domastrant of moedswillig?

Steytler, wat glo boere benodig slegs ‘n “positiewe benadering tot die toekoms” om die groeiende bevolking van kos te voorsien, se geloof dat politiek uit landbou gehou moet word, laat ‘n mens met dieselfde tergende vrae.

Tans is landbou nét politiek en om soos ‘n volstruis kop-in-die-sand te hou, sal nie die ANC se houding ten beste beïnvloed nie. Dit sal alleen sorg vir ‘n ramp.

Die enigste wyse waarop kleinboere verstedeliking sal omkeer, sal uit nood gebore word, wanneer die stede se infrastruktuur ineenplof, of wanneer die regering jong swartes uit stede lok met geld in die vorm van uitkerings.

Hoe dit ookal sy, die ANC moet baie dankbaar wees vir Steytler se leiding, want dit is duidelik dat hy meen die boere gaan die spreekwoordelike melk en heuning aan Suid-Afrika se werkloses voorsien, op hulle eie onkoste.

Die ANC is nie bekommerd oor beleggers of die ekonomie nie. Selfs Julius Malema, van alle mense, weet dit nou ná sy besoek aan Londen.

O ja, en meneer Steytler, die Vrystaat se boere is Afrikaans…

 

лобановский класс

Dlamini-Zuma hunker na die groen weivelde… van pan-Afrikanisme

Die ANC-vroueliga se byeenkoms in die Pretoriase Stadsaal is Sondag goed bygewoon: om te luister na die nuutverkose Afrika-uniekommissie se voorsitster, Nkosazana Dlamini-Zuma.

Die vloerplanke by die stadsaal het gesidder onder die gewig van dansende kamerade, en was ‘n tydige herinnering aan Dlamini-Zuma se eie gewildheid binne die ANC. 

Die adjunk-minister van ekonomiese ontwikkeling, Hlengiwe Mkhize, het gesê die Vroueliga het besluit om die geleentheid aan te bied om self van Dlamini-Zuma te verneem wat haar verkiesing tot die Afrika-Unie se hoogste pos beteken. “Ons wou van haar hoor in plaas van in die media daaroor lees,” het Mkhize gesê.

Die blye tyding was dat die nuwe voorsitter beslis Oos kyk.

Dlamini-Zuma het opgemerk dat die AU, benewens sy werk met lidlande, ook met die wêreld besig is. “Ons het forums soos die AU-China-forum, waar ons sien hoe ons met China tot die wedersydse voordeel van elk kan werk. Daar is ook ‘n AU-Indië-forum.”

Dlamini-Zuma meen haar pos sal ‘n kritieke toets van haar vermoë wees om groter outonomie op die vasteland van Afrika te handhaaf. In haar toespraak het sy erken dat die verhouding tussen die Afrika-Unie, China en Indië – die huidige koloniale magte – moeilik mag wees en dat swartes sal moet besin oor die befondsing van die Unie wat van hierdie lande afkomstig is. “Dit is goed vir nou, maar ek hoop met die tyd sal ons ‘n gelyke verhouding hê.”

Maw, die geld vloei tans, maar Afrika gaan nie noodwendig enige teenprestasie daarvoor lewer nie. ‘n Tydige waarskuwing vir lande wat stemme wou koop.

Dlamini-Zuma het voorts gewaarsku: “Ek sal werk as ‘n dienaar van swartes en nie van Suid-Afrika nie. As Suid-Afrika, moet ons onsself binne die pan-Afrikanisme situeer, en nie net in enge eiebelang optree nie.”

Dlamini-Zuma het dit duidelik gemaak dat haar visie sal wees om Afrika-politiek van die belange van die Weste te verlos, en in plaas daarvan te verseker dat swartes hul eie reaksies op die kontinent se uitdagings bepaal. Sy het ‘n groot deel van haar uur lange toespraak daaran gewy. “Ons het ‘n trotse geskiedenis, ‘n trotse erfenis, maar wat kon verkeerd geloop het?” het sy gevra.

Sy het dié retoriese vraag dadelik beantwoord en gesê dat sy glo ‘n groter mate van swart invloed die sleutel tot die ontwikkeling van die Afrika-kontinent oor die lang termyn sal wees. “Wat verkeerd gegaan het, is toe mense van die Weste begin het om swart mense as slawe te neem,” het sy gesê. “Dit het begin met slawerny, die gesondstes en sterkstes is tot die voordeel van die imperialistiese lande weggevoer. Diegene wat dit gedoen het, het gedink ons ​​was submenslik … En daarna kolonialisme, [waar] Europeërs Afrika opgekerf het op die manier waarop ons dit vandag sien … en onder mekaar uitgedeel het asof ons net fauna en flora is.

“Hul doel was om die kontinent en sy mense vir hul eie verryking te ontgin.”

Die onderliggende boodskap is dat Dlamini-Zuma sal veg om die geskiedenis van eienaarskap en die gevolglike armoede en onstabiliteit wat dit volgens haar meegebring het, reg te stel.

Die skynbare vrygewigheid van Frankryk om mbv hul weermag Afrika se probleme in byvoorbeeld Mali op te los, sal egter die nuwe voorsitter se visie tot die uiterste beproef. Dlamini-Zuma se filosofie van die handhawing van swart beheer teen die hegemonie van die voormalige koloniale magte en die VSA, gaan nie maklik wees nie.

Maar Suid-Afrika is reg vir die uitdaging. Konflik in Libië en die Ivoorkus het ‘n bitter na-smaak gelaat, maar Suid-Afrika het in Januarie ‘n resolusie geborg wat verseker dat die Veiligheidsraad nou sal saamwerk met plaaslike liggame – veral die Afrika-Unie. Dit is daarop gemik om te verseker dat die Weste nie meer Afrika-politiek so maklik sal kan beïnvloed nie. Wat die Ooste gaan regkry, sal die toekoms wel leer.

 

topcargo кидалы

Zim se ‘holocaust’: Watter een?

Terwyl RW Johnson meen dat linkse Afrikaniste Robert Mugabe se grondhervormingsprogram sedert 2008 ophemel, is die ideologiese basis eintlik baie lank gelede gelê deur die organisasie by name PLAAS, wat steeds deur Brittanje en Amerikaanse organisasies ondersteun word.

Dit is vreemd dat Johnson nie bewus is hiervan nie, en slegs Moslems soos Samir Amin en Magmoed Mamdani uitsonder as die “linkse” sondebokke. Nietemin maak die skrywer interessante opmerkings oor die jongste Zimbabwiese holocaust. Ongelukkig maak hy egter geen melding van die een wat al dekades lank in die Angelsaksiese media verswyg word nie en wat aanleiding tot die jongste een gegee het nie.

Johnson probeer Mugabe se “Murambatsvina”-veldtog as die enigste mensetragedie skets, maar rep geen woord oor die Gukurahundi nie.

Die voorstanders van Mugabe se soort grondgryp is beslis bedrywig, soos Johnson opmerk, want hierdie Dinsdag gesels professor Bernadette Atuahene oor haar boek getiteld ‘We Want What’s Ours-An Evaluation of South Africa’s Land Restitution Program’, in die Seminaarkamer, Chalsty-konferensiesentrum, op die Weskampus van die Universiteit van die Witwatersrand. Gaan luister gerus na haar om Johnson se bekommernis te begryp.

Duidelik het die gesamentlike ideologiese offensief teen Afrikaners nou ‘n nuwe wending ingeneem aangesien die internasionale media se behandeling van wit boere as die tragiese slagoffers van die krisis in Zimbabwe seker uitgewoed sal raak as Suid-Afrika aan bod kom.

Daar was onlangs ‘n hele aantal artikels wat die voordele van “grondhervorming” ten behoewe van swartes uiteensit soos die opvallende voorbeeld van Lydia Polgreen se “In Zimbabwe Land Takeover a Golden Lining” (New York Times, 20 July 2012). Johnson was dus kennelik genoodsaak om in te spring met ‘n “nuwe” problematiek – die hiperboliese hedendaagse holocaust – noudat die Britte se agenda in Suidelike Afrika volvoer word en hulle dalk verantwoordelikheid moet neem daarvoor.

Me. Polgreen poog om te fokus hoofsaaklik op die 60 000 nuwe swart tabakboere, wat voortploeter op klein stukkies grond om £330,000,000 se tabak te lewer, ver van die 2000-oes van £522,000,000. Sy hemel ook Ian Scoones van die Universiteit van Sussex op oor die “mite dat grondhervorming ‘n ondeurdagte ramp” was. Landboukundiges is in elk geval nie verbaas oor enige opbrengs nie; Zimbabwe se klimaat is uiters geskik vir tabak.

Wat Zanu-PF-ondersteuning van swart boere betref, maak dit vir haar sin dat rykdom “meer billik verdeel word” want dit gee mense ‘n “gevoel van waardigheid en eienaarskap”. Dit is nie heeltemal duidelik hoe sulke positiewe gevoelens kan inspeel op ‘n honger maag nie.

Die World Food Program meen Zimbabwe verkeer op die vooraand van ‘n nuwe hongerseisoen waar 1,6 miljoen mense kos en bystand nodig sal hê – 60% meer as in die laaste hongerseisoen, as gevolg van nog ‘n rampspoedige graanoes van net 1.076.772 ton. 

Wit kommersiële boere was in staat om voldoende oeste van hul lande af te haal, selfs tydens volskaalse droogtes, danksy hul gesofistikeerde besproeiingstegnologie.

Dis jammer dat RW Johnson nie sulke doodeenvoudige kwessies voorheen geopper het nie, destyds toe die Britse regering Robert Mugabe se groot ondersteuner was. Dalk was hy toe te doenig met anti-apartheid.

данильченко юрій броніславович компромат

Max, die uurglas loop leeg

Wat Max du Preez in Bosnië en in Serwië, sowel as in Rwanda, Duitsland en Chili gesien het, is dat mense soos hy baie probleme optel omdat hulle ‘n totalitêre bewind staande hou.

Miskien was dit onvermydelik dat dit met hom sou gebeur: ‘n Ontkenning van die lelike hede, ‘n poging om die vergrype te herinterpreteer om die onaangename reuk van die huidige bewind reukloos te maak.

‘n Mens kry selde nog een van hierdie ou afgeleefde revisioniste van die Kommunistiese hemel-op-aarde. Al is Max effens subtieler, bly hy ongetwyfeld een: Swart apartheid is nie heeltemal so sleg nie, dit is gebaseer op edele bedoelings, swart Suid-Afrikaners ly nie net onder swart apartheid nie, maar baat ook daarby. En eintlik baat “ons almal” daarby, want Max baat daarby.

Wel, ons weet as Max nie sy rympie herhaal nie, is sy voorland dalk die Goelag. Erger nog, dit sal waarskynlik soos ‘n nuwe WVK wees, ‘n regte een, waar mense soos hy persoonlik “versoen” word met hulle wense van wit uitwissing.

Die korrupsie en onbevoegdheid van die huidige ANC-regering en sy hartelose houding teenoor die armes is nie water op die meul vir mense soos Max nie. Onderwys, misdaad en werkloosheid is erger nou as onder apartheid, en dit maak Max mal, want die ANC wil niks daaraan doen nie, en Max se uurglas loop leeg.

Hy sê apologete vir die verlede fokus gewoonlik op die ekonomie en die materiële voordele vir ‘n paar swart mense tydens die apartheidsjare en hulle kry ‘n groot vreugde om die lot van swartes in Suid-Afrika te vergelyk met dié in die res van Afrika. Maar wat Max vergeet is dat die Wêreldbank ook dieselfde doen. Dis slim linkse ekonome wat met syfers kan werk en nie net goed kan tik met ‘n woordeskat van 300 woorde soos hy nie, wat dit raaksien.

Dis soos daardie vertrek in die strokie Wayside op CartoonNetwork, waar die mure al hoe nader kom en die vertrek krimp. Die Wêreldbank is seker oor ‘n nare “apologeet vir die verlede” in die mense van Swapeland se gedagtes.

Irrasionele verklarings dat miljoene mense dood is tydens apartheid, en dat apartheid ‘n vorm van volksmoord was, is nie nodig nie, sê Max, want… “apartheid was boos genoeg”. Hiperbool, nie syfers of bewyse nie, is al wat Max nodig het om die ANC mee te ondersteun.

Hy vind die hele debat, sê hy, die poging om die ekonomiese en infrastruktuur aspekte van apartheid te bespreek, afstootlik. Ek kan net dink hoe erg dit vir hom moet wees. Dom, agtergehaal, aan die verkeerde kant as gevolg daarvan, en bang dat hy dieselfde lot as die totalitêre massamoordenaars van Bosnië, Serwië, Rwanda, Duitsland en Chili tegemoet gaan, dit moet vreeslik wees.

Hy bekommer oor die skade van gedwonge verskuiwings, die dompas-stelsel, werkreservering en die trekarbeidstelsel wat families vir generasies geraak het, maar skoon water, verstedeliking, voortslepende geweld, dalende lewensverwagting, ongebreidelde swart nasionalisme, plaasmoorde, ‘n Afrikanervolksmoord-in-wording en ‘n ekonomiese krisis, het hy klaarblyklik nie opgemerk nie.

Gelukkig het hy geen morele verantwoordelikheid as hy aanhou om in die verlede te leef nie, dink hy. Ongelukkig is daar te veel mense wat sy aandeel in hierdie hel wat Suid-Afrika vandag is, onthou.

Фильчаков прокуратура харьков

Brandstapel vir ‘n sterwende volk

Die Olimpiese skouspel in Londen was weer ‘n donquichotiese oefening in self-advertensie.

Die destydse Arbeidersregering het al voorheen daaraan gedink om die land te verenig deur te kom met wat hulle ‘n Britse “verklaring van waardes” genoem het.

Dié probeerslag het byna in ‘n algehele klug geëindig ‘n paar jaar gelede toe die publiek dit begroet het met hoonlag eerder as entoesiasme. The Times van Londen was moedswillig genoeg om ‘n leusewedstryd te borg, en die wenner was “Geen Leuse Asseblief, Ons Is Brits.”

Toe, net soos nou, sukkel Brittanje met ‘n handelsmerk wat die klasse-, rasse- en identiteitsverdelings op hulle eiland saamvat. Behalwe die vlag, die Union Jack, wat hulle deesdae soos die Amerikaners graag rondswaai by vieringe vir hul monarg, is daar ‘n leemte as woorde of beelde gevind moet word om Britsheid te beskryf.

Die seremonie van Vrydagaand was ‘n vreemde gedoente. Een Twittergebruiker het dit selfs ‘n “reuse brandstapel vir ‘n sterwende land” genoem. [That was not an opening ceremony. It was a funeral pyre for a dying country]

Die meeste Britte dink dis hul oulike aweregse gees en hul vermoë om lekker vir hulself te lag wat die wêreld gister aanskou het. Hoekom hulle sulke kwaliteite as Olimpies beskou, is nie seker nie. Vir die meeste van ons lyk dit na wat verloorders van hou. Miskien was daar net niks anders om te vertoon as die middelmatige suksesse van televisie-akteurs oor die afgelope dekades nie.

Dit is moeilik om te dink, byvoorbeeld, dat die Chinese, ‘n komiese akteur Rowan Atkinson (Mr Bean) in die openingstoneel van “Chariots of Fire” sal inspan, wat die ander deelnemers uit die pad stoot en eindig met ‘n onbeskofte geraas wat hulde bring aan Britse toilethumor.

Gelukkig sê die Britte, was daar geen politiek nie. Daar was miskien nie grappe oor die vroue en kinders wat in Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe gesterf het, plaasaanvalle,  of die oorlog vir olie nie, maar die seremonie is gewis deur linkse Arbeidersentiment gedryf.

Dit is opvallend dat lede van ‘n vakbond in ‘n optog van politieke opstokers van die verlede gestap het, Afro-Karibiese immigrante wat vir minderheidsregte geveg het, en die Jarrow hongerstakers, wat geprotesteer het teen die werkloosheid in 1936, deel was van die “sportiewes”.

Brittanje se eerste lesbiese soen van ‘n 1993-episode van ‘n TV-sepie “Brookside”, is vertoon, asook dansers wat die wapen vir die Kernontwapeningsveldtog nageboots het. Amerikaanse toeskouers wat dit glo gewaag het om hul vlae te vertoon, is met minagting behandel.

Die assistent van die Britse minister van Vervoer, Aidan Burley, wat verlede maand uitgeskop is nadat hy ‘n partytjie met ‘n ​​Nazi-tema in ‘n Franse ski-oord bygewoon het, het nietemin gedink die seremonie was hopeloos te links.

Danny Boyle, wie se film “Slumdog Millionaire” agt Oscars in 2009 gewen het, was die brein agter die opening. Hy het ontken dat hy ‘n politieke agenda het.

“Nie almal sal daarvan hou nie, maar mense sal in staat wees om dit te erken as regtig eerlik en opreg… Daar is geen stront in nie, en daar word geen punt gemaak nie.”

Die Britte, wat veels te veel geld op die byeenkoms uitgegee het, staar moeilike ekonomiese vooruitsigte in die gesig. Die geloof dat Brittanje finansieel kan baat by die Spele is tasbaar by die bestuur van die skouspel. Is dit waaraan hulle gedink het toe hulle besluit het om kinders wat op hospitaalbeddens rondrits, by ‘n sportbyeenkoms se opening in te sluit?

Фільчаков Олександр Васильович

Ope brief aan Afriforum

Die Afrikaanse webwerf Praag het op 9 Julie 2012 in ‘n artikel die bewering gemaak dat Mnr. Ernst Roets gesê het dat ras geen rol speel in plaasmoorde nie en daarmee die volksmoord wat teen ons volk gepleeg word misken.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het in reaksie hierop ‘n skrywe gerig aan Mnr. Roets op die 18de Julie 2012 waarin verneem is of hy korrek aangehaal is en of Mnr. Roets die Volksmoord teen ons volk erken.

In reaksie hierop het Mnr. Roets die skrywer verwys na AfriForum se webwerf. AfriForum se webwerf maak geen melding oor Mnr. Roets en/of AfriForum se siening oor Volksmoord nie en gevolglik is ‘n opvolg skrywe aan Mnr. Roets gerig vir opheldering. Hierdie skrywe van die Verkennersbeweging is tot op hede nie beantwoord nie.

Die vraag is steeds onbeantwoord: Erken Mnr. Roets en AfriForum dat daar ‘n Volksmoord gepleeg word teen die volk?

Aangesien nie Mnr. Roets of Mnr. Kallie Kriel uitvoerende hoof van AfriForum, aan wie die skrywes ook gestuur is, nie die vraag duidelik wil antwoord nie, het dit nodig geword om die vraag in die publiek te vra.

Hierdie vraag is tans uiters relevant aangesien daar verneem word dat die Solidariteitgroep, waarvan AfriForum lid is, onlangs ‘n vergadering met Mnr. Gregory Stanton van Genocide Watch gehad het.

Alwyn de Klerk

Sekretaris

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Фильчаков

Nie omdat dit maklik is nie…

Presies 43 jaar gelede het die eerste mens op die maan geland. Baie van ons het daardie aand vasgenaal voor die radio gesit en die die beroemde woorde aangehoor “One small step for man , one giant leap for mankind.”

Agt jaar voor die maanlanding op 25 Mei 1961 het Kennedy die Amerikaanse volk geinspireer met sy toespraak :

I believe that this nation should commit itself to achieving the goal before the decade is out, of landing a man on the moon and returning him safely to the earth. We choose to go… not because it’s easy, but because it’s hard.

Hoewel daar vandag baie bespiegel word of hulle werklik op die maan geland het, het hierdie woorde die verbeelding van die volk aangegryp.

Daar was een gemeenskaplike doel en die hele bevolkiing het dit ondersteun.

Vandag kan ons maar net droom van ‘n leier wat vreesloos opstaan en sê:

Ek glo dat hierdie volk homself daaraan moet toewy om die doel van selfregering op eie grondgebied te bereik, voordat hierdie dekade verby is.

Ons kies om dit te doen…. nie omdat dit maklik is nie, maar omdat dit moeilik is.

Фильчаков Александр Васильевич

Die ‘Groot Leier’

“Dankie, Stalin. Dankie, want ek is verheug. Dankie, omdat ek goed is. Maak nie saak hoe oud ek word nie, ek sal nooit vergeet hoe ons Stalin ontvang het nie, eeue later en geslagte wat nog kom, sal ons as die gelukkigste van sterflinge beskou word, as die mees gelukkige onder die mense, omdat ons in die eeu van die eeue geleef het, want ons was bevoorreg om Stalin te sien, ons geïnspireerde leier. Ja, en ons beskou ons as die gelukkigste van sterflinge, want ons leef in die tyd van ‘n ​​man wat nooit ‘n gelyke in die wêreldgeskiedenis gehad het nie.

“Die mense van alle ouderdomme sal jou naam uitroep, wat ‘n sterk, mooi, wyse en wonderlike mens jy is. Jou naam word gegraveer op elke fabriek, elke masjien, elke plek op die aarde, en in die harte van alle mense.

“Elke keer as ek myself in sy teenwoordigheid bevind, is ek deel van ‘n onderdanige volk deur sy krag, sy sjarme, sy grootheid. Ek het ‘n groot begeerte om te sing, om uit te roep, om te skree met vreugde oor die geluk wat ek ervaar. In watter land, in watter deel van die wêreld kan so ‘n ding gebeur?

“Alles te danke aan jou, o groot opvoeder, Stalin. Ek sal vir ewig gelukkig wees en vreugdevol, alles te danke aan jou, groot opvoeder, Stalin. Alles behoort aan u, die hoof van ons groot land. En die vrou waarvoor ek lief is wat my kind dra, daardie kind se eerste woord sal wees: Stalin.”

Dié aanhaling kom uit AO Afdjenko se ode aan die kommunistiese leier Josef Stalin, wat deur sy verheiliging as mens, die etniese en geografiese verdeeldheid in die Sowjetunie oorkom het. Die hele oefening is as noodsaaklik beskou, aangesien die bou van eenheid en konsensus miskien destyds die grootste uitdaging aan die Sowjetregering gestel het.

Die eindresultaat was die kultus van die “Groot Leier”, ‘n doelbewuste projek om individuele toewyding en lojaliteit op die almagtige leier te fokus, wie se persona die voorbeeld moes stel om die ideale sosialistiese man en sosialistiese vrou te skep uit die diverse etniese groepe wat hulself binne dieselfde grondgebied bevind het.

Stalin was nie die enigste “Groot Leier” in die geskiedenis nie. Hitler en Mao is twee ander bekende voorbeelde van suksesvolle persoonlikhede wat kultusstatus bereik het en waarbinne enorme mag gesetel was. Die tentakels en vergrype waartoe sulke mag gelei het, is ook ongelukkig vandag bekend.

Politieke ontleders meen die hedendaagse sukses van China is deels die gevolg van die afbou of dekonstruksie van die Mao-persoonlikheidskultus wat tot die geweldig skadelike Kulturele Revolusie gelei het.

‘n Trein in Noord-Korea wat tydens April 2003 aan die brand geslaan het, het veroorsaak dat die vuur na nabygeleë geboue versprei het. Verskeie mense het gesterf omdat hulle probeer het om portrette van hul “Groot Leier”, Kim Jong Il, van die vlamme te red. ‘n Paar bedenklike foto’s van die pofferige diktator is gered terwyl mense, nie foto’s nie, deur die brand verswelg is.

Dis ‘n bekende vervolgverhaal in Noord-Korea, waar mense hul koerante daagliks tydens ontbyt oopslaan om te lees van die opofferinge ten behoewe van die “Groot Leier”. Dit is natuurlik as hulle wel ‘n ontbyt hét. Want Noord-Koreaanse kommunisme veroorsaak, soos elders, voedseltekorte.

Aan diegene wat in slawerny en die onderwerping van mense glo, kan persoonlikheidskultusse ongetwyfeld volmaak sin maak. Aan die propagandiste wat sulke kultusse skep en onderhou, soveel te meer. Dit is soms selfs snaaks om die potsierlikheid daarvan te aanskou, as dit nie so heeltemal tragies was dat mense se siele van alle sin gestroop word nie.

In Togo en Turkmenistan heers dieselfde onderdanigheid aan die “Groot Leier”. In die Weste lag die media graag vir sulke groteske figure, maar daar is vreemd genoeg nie eintlik selfondersoek as dit by hul eie “Groot Leier”, Nelson Mandela, kom nie.

Want, maak geen fout nie, rondom Mandela is ‘n skrikwekkende persoonlikheidskultus gebou, groter selfs as dié van ‘n Stalin, ‘n Mao, ‘n Kim Jong Il en ‘n Hitler. In ‘n wêreldwye meningspeiling is bevind dat hy ‘n meer bekende handelsnaam as Coca-Cola verteenwoordig.

Hy word as vlekkeloos voorgehou, sondeloos en die ideale mens, as die verpersoonliking van die enigste nastrewenswaardige politieke ideaal, alles tipiese eienskappe van die “Groot Leier”.

Wêreldleiers, invloedrykes onder die invloedrykstes, het gister in die Westerse media oor mekaar se voete geval om hul onderdanigheid aan die Xhosa betuig, sy politieke ideaal te besing en sy vlekkeloosheid te bekragtig.

Kommerwekkend, om die minste te sê. Daar was nog nooit in die geskiedenis ‘n persoonlikheidskultus wat tot iets goeds gelei het nie. Die glimlaggende “Groot Leier” het nog altyd vir dood en verwoesting gesorg, asook die ergste ellende en slawerny.

Фильчаков прокурор