Gehoorsaamheid sal misdaad verminder

Gesien in die lig van wat reeds in briewe aangedui is soos ons moet buiteland toe, weg met regstellende aksie, moenie met die regering praat nie maar lui die saak aan die "groot klok" ens., wil ek 'n alternatiewe voorstel maak waar ons ons algehele samewerking met die ANC moet oorweeg.

Ons moet in briewe aan die regering soos wat nou gebeur het met die misdaadsituasie voor die "State of the Nation"-toespraak, nie net vir Mbeki vertel hoe vrot dit gaan nie, maar ons moet hom vertel hoe ons agter hom sal staan – dat ons hom sal ondersteun en dat ons wag vir sy opdragte wat ons sonder verwyl sal uitvoer.

Ons moet hierdie mening dan ook landswyd in al die koerante en blaaie uitsaai en uitdruk. Mbeki sal natuurlik verwonderd wees oor hierdie ommeswaai, maar ons kan dit maklik verduidelik deur te verwys na nie net die IK(intelligensiekwosiënt) of na die EI (Emosionele kwosiënt) nie maar meer spesifiek na die SK (spirituele kwosiënt).

Die spirituele benadering is nie net 'n geloofsbenadering nie, maar dit is terselfdertyd 'n effektiewe benadering tot probleem oplossing sonder om die persoon aan te val.

Dit sal die deurbraak wees waarvoor die wêreld  wag, en dit sal deur die Afrikaner bewerk word. Net soos wat PW die demokratisering begin het en die ANC saamgewerk het, nou word daar weereens uiterste kreatiwiteit verwag van die Afrikaner en ek glo hy sal daarna in ere herstel word.

what are casino gamesАлександр Фильчаков Васильевич

Mbeki druk ‘n mes in publiek se gesig

In ‘n koue tegnokratiese toespraak wat weereens sinspeel op “die lelike en afstootlike verlede” het Thabo Mbeki vandag ‘n mes in die publiek se gesig gedruk. Verwagtinge dat hy oplaas die erns van die misdaadsituasie in die land sal besef, is wreed teleurgestel.

Al wat Mbeki kon aanbied, was beloftes dat nog 30 000 polisiemanne oor die volgende drie jaar aangestel gaan word om hul geledere op 180 000 te staan te bring. Gegewe die korrupsie, onbekwaamheid en misdaadgeneigdheid (25% van alle polisiemanne beskik oor misdaadrekords) wat in die polisie heers, gaan dit kwalik enige effek op misdaadvlakke uitoefen.

Mbeki het nie die boodskap gekry nie. Die smeekbedes van die sakesektor, die koerantredakteurs, burgerlike aktiviste, maar bowenal die pyn van die derduisende misdaadslagoffers, het nie tot hom deurgedring nie.

Net gisteraand het die BBC se Newswatch ‘n program oor misdaad in Hillbrow en ander stedelike gebiede aangebied. Suid-Afrikaanse misdaad is besig om berugter as apartheid te raak. Terwyl die anti-apartheidspropaganda ruimskoots van hiperbool gebruik gemaak het, word die misdaadvlak in die land tans grotendeels onderskat.

Ons leef in anargie en ly elke dag onder die aanslag van moord- en roofbendes.

Soos min ander presidente voor hom, het Mbeki in sy amp gefaal.

хамам этодепутат лобановский

15 000 wit polisiemanne moet waai

’n Interne dokument van die SAPD wat onlangs uitgelek het, bepaal dat ongeveer 15 000 blanke polisiemanne voor 2010 uit die SAPD geskop moet word ten einde plek vir swartes te maak ingevolge die ANK-regering se beleid van “gelyke indiensneming”.

Die inhoud van die verslag is glo deur Jackie Selebi goedgekeur. Gegewe die huidige misdaadgolf wat oor Suid-Afrika spoel, is dit weereens ’n duidelike teken van die absurde rassebeleid wat die ANK volg. Daar is absoluut geen logika daarin om wetstoepassers met 10 jaar en meer ondervinding met persone met geen ondervinding te vervang nie. Dit is verder duidelik dat die ANK-regering nie ernstig is om plaas- en huisrooftogte te bekamp of te voorkom nie. Ongelukkig is dit die gewone, hardwerkende en eerlike man op straat/plaas wat die wrange vrugte van die ANK se rassebeleid gaan proe.

 

no deposit winФільчаков Олександр Васильович

Fort Hare weier om sy naam te verander

Die Pan African Congress (PAC), het onlangs ‘n beroep op die Universiteit van Fort Hare gedoen om die instelling se naam te verander na dié van Robert Sobukwe, die stigter van die PAC en ‘n alumnus van die instansie.

Die naam van die universiteit verwys na ‘n Britse soldaat van koloniale tye, ene Generaal Hare. Die universiteit het die versoek egter van die hand gewys en sal die naam Fort Hare behou, ten spyte van die presedente wat elders met naamsveranderings geskep is. Bogenoemde universiteit kan kwalik van rassistiese motiewe of weerstand teen transformasie beskuldig word, siende dat dit ‘n tradisioneel swart universiteit was en is, en ‘n sleutelrol in die "Struggle" gespeel het.

 

Dit is andersyds uiters insiggewend dat Afrikaanse name soos Pietersburg, Potchefstroom, Pretoria en die RAU, op groot skaal verander word, onder die voorwendsel dat sulke name die sogenaamde euwels van kolonialisme of apartheid sou vergestalt, maar dat name soos Queenstown en Fort Hare wat terugverwys na Britse kolonialisme, onaangeraak bly, selfs al word daar voorstelle gemaak soos in hierdie geval.

 

Uit hoofde van bostaande moet die gevolgtrekking noodwendig spruit dat naamsveranderings absoluut niks te make het met kolonialisme nie. Britse kolonialisme en koloniale name is klaarblyklik heeltemal aanvaarbaar vir die regime. Daar is weliswaar ‘n spesifieke, politieke doel met die verandering van Afrikaanse name, naamlik om Afrikaans en Afrikaners stelselmatig etnies uit die sogenaamde reënboognasie te reinig.

game of thronesФільчаков Олександр Васильович

Kommunikasie maak weerbaar

Die eerste en belangrikste stap tot weerbaarheid is kommunikasie.

1) Spoed. Om vinnig en doeltreffend te kan kommunikeer is van kardinale belang. Kommunikasie moet uiters vinnig kan geskied want in situasies van nood is tyd krities en ons praat van sekondes nie minute nie.
2) Effektiwiteit. Om met die regte mense te praat is net so krities. Dit help nie jy kontak die polisie nie want hulle is die beskermengele van die bende in die buurt. Dit help nie jy kontak jou familie nie want hulle bly te ver. Jy moet al jou buurmanne kontak.

Die beste oplossing vir altwee hierdie kriteria bly maar die tweerigtingradio. Nie selfoonoproepe of SMS'e kan kompeteer met die spoed en doeltreffendheid van 'n radio nie. Met die druk van een knoppie kan jy tegelykertyd met al jou bure praat.
Stap dus vanaand oor na jou Afrikanerbuurman en oortuig hom om ook 'n tweerigtingradio te kry.

подкатные пневмногидравлическиелобановский александр игоревич

Misdaad is nie ‘n natuurverskynsel nie

Misdaad is een van die woorde wat gebruik word om menslike aksie te beskryf. Dus is misdaad nie ʼn natuurverskynsel nie.


Om oor misdaad te dink in terme van metafore dien geen doel en misdaad moet gesien word as die gevolg van menslike aksie. Die enigste oplossing is dus om of daardie mens wat jy glo ʼn misdadiger is tydelik of permanent uit jou gemeenskap te verwyder.


демисезонная одежда для девочки непромокаемаяФильчаков прокуратура харьков

Buiteland toe!

Die Afrikaner het geen bedingingsmag in hierdie land nie!

Ek is van mening dat ons Afrikaners geen inspraak by die huidige regering het nie. Ons gaan ook vorentoe geen inspraak hê nie. Om as Afrikaners of wat ook al met hulle te gesels, is 'n mors van tyd.

 

Die ANC-hiërargie se ideologiese denke is destyds deur hul Marxistiese leermeesters in veral Rusland en Oos-Duitsland gevorm. Hulle het nog nooit afgesien van die uitgediende denke en metodes wat hulle in Moskou en Leipzig aangeleer het nie.

Die revolusie wat die diktatuur van die proletariaat vooraf moes gaan, is gefrustreer met die oorgawe van  De Klerk, Wessels, Meyer en die ander patete.

Daardie rewolusie is egter tans besig om te ontwikkel met die moorde op boere en al die ander besittersklasse ("have's"). Die verwoesting wat tans aan die gang is, sal voortgesit word en sal vererger – met die stilswyende goedkeuring van die regering. Die uitsprake en optredes van siele soos Mbeki, Selebi, sy minister en die ander klomp bevestig die feit dat daar niks van hul kant sal kom om die verwoesting te stop nie, inteendeel.

 

Wat kan ons doen? Ek dink ons kan baie doen om die proses te vertraag en hopelik om dit uiteindelik tot stilstand te dwing. Ons kan egter dit nie doen deur ons na die regering te wend nie. Ons redding is slegs by diegene te vinde wat die politieke, maar veral die ekonomiese spiere het wat hierdie regime dermate kan bedreig dat hulle geen ander keuse het as om gehoor te gee nie.

As voorbeeld. Indien die Duitse regering en/of BMW, VW en Siemens sou sê dat hulle verdere beleggings en betrokkenheid hier gaan beëindig, tensy die volksmoord en verwante misdrywe gestaak word, is ek oortuig dat die klokke hier sal begin lui.

Dieselfde tipe druk kan positiewe gevolge inhou op die internasionale politieke terrein. Dit is 'n baie sensitiewe gebied vir enige swart leier, soos ons duidelik kan sien met Mbeki se beheptheid oor sy buitelandse beeld en om altoos sy neus oral in te druk. Indien die lede van die internasionale politieke gemeenskap begin om vir die vent die deur te wys, omdat hy o.a. die misdadigheid, vigs, ens., in sy eie land nie kan beheer nie, sal daar myns insiens deeglik van kennis geneem word.

Hoe bereik mens die punt waar sulke druk op die regime geplaas word? Die enigste manier is deur toegang te bewerkstellig tot die teikenstate en die groot maatskappye, die internasionale media, politieke groeperinge en partye in die state wat politieke en ekonomiese invloed in die NSA het.

Dit sal ook noodsaaklik wees om die steun, finansieel en ,te verkry van rolspelers in die NSA, soos Johan Rupert en soortgelyke invloedrykes. Sulke mense se insette, veral wat toegang en finansiële spiere betref, is bykans onontbeerlik.Die strategieë, taktieke en metodes is omvangryk en moet haarfyn beplan en geesdriftig ten uitvoer gebring word. Terugslae moet omskep word in welslae en toegewydheid is 'n ononbeerlike vereiste.

Makliker gesê as gedaan?

Nee, vir seker nie! Die huidige regering het met groot vrug van hierdie metodes gebruik gemaak. Ek weier om te aanvaar dat ons nie opgewasse is vir so 'n taak is nie. Ons land en die buiteland is vol wonderlike Afrikaners wat hierdie taak op verskillende wyses en met kundigheid kan verrig. Ons het reeds duisende vrywillige werkers in al die state wat saak maak! Wat ook kundiges is en van groot hulp kan wees om benaderingswyses te bepaal en selfs om toegang tot teikens te bewerkstellig.

Kan Praag nie asb die voortou neem en so 'n inisiatief aan die gang kry nie? Dit is myns insiens ons enigste hoop. 

Bismarck

установка радиаторов отопленияАлександр Фильчаков

Nasiebou: die verlies van ‘n volk

Die verlies van ’n volk toe ons ’n nasie wou bou!

 

Ek skryf die brief as 'n nuweling by die Afrikanerselfbeskikingsveldtog. Rapport verlede Sondag (28012007) was 'n baie goeie weerspieëling van die Afrikaanssprekende blanke Suid-Afrikaner se frustrasie met ons huidige situasie. Ek is geen politikus, leier, regse militant of doemprofeet nie, maar net 'n doodgewone Afrikaner.

Lees asseblief die brief tot op die einde en as jy saamstem met wat ek te sê het, stuur dit aan sodat ons as ’n volk kan aanbeweeg!

In Rapport lees ek vir die eerste keer Lets Pretorius se naam raak. Onmiddellik is ek op die net om te sien of die man nie dalk die leier is waarna ons op soek is nie. Jammerlik vind ek, wat ek glo sy webtuiste is met ‘n argument tussen hom en ene Frikkie. In een gesprek word uit die Bybel aangehaal en later sommer gevloek. Nee regtig, die mense gee ons ’n swak naam – word wakker manne! Haal daai snert asseblief van die net af, ons het baie mense in die land leer lees!!!!!

Ek kry ook ander webtuistes wat handel oor die Boerebevryding en vra myself die vraag af – wie het ons volk in aanhouding? (Dit is nou hier wat dit belangrik raak om tot die einde van die brief te lees.) Sover ek weet is ek vry om my huis te verlaat, oorsee te gaan, kos te koop en die internet te besoek. Nou vir wat skryf ons ’n hele koerant vol stories en
doen 'n beroep op mense om saam te staan?

Ek glo ons volk het sy probleme by die vorige regering geërf. Ander groepe in die land het destyds nie die regering van die dag as hulle leiers beskou nie. Die Indiërs, Zoeloes en Jode byvoorbeeld, het hulle kulturele leierskap behou. Gewoonlik was die leiers van die kerk sommer ook die leiers van die volk. Met ons was dit anders. Dit was ons wat die land regeer het, en al was ons ’n paar partye wat van mekaar verskil het, was hulle tog ons leiers. Hulle het vir ons op alle vlakke gesorg: kultuur, geloof, opvoeding ens. Nie noodwendig so goed vir die ander groepe nie. Ons sou seker dan nie die probleme gehad het wat ons vandag het nie. Ek moet byvoeg dat nie almal in die Afrikanervolk het die regering 100% ondersteun nie. Ek glo ook nie dit kan so wees nie. Moet asseblief nie dink dat dit beter gaan by die ander volke nie. Ons Afrikaners is baie gou om ons eie volk af te takel oor die feit dat ons nie kan saam staan nie. Ek glo dit bring balans as ons ’n leierstruktuur in plek het (chaos as ons dit nie het nie). Dit is ook afgesaag as almal altyd ja en amen.

Met die vervanging van ons vorige regering is ons volksleiers toe ook daarmee heen. Hier kry ons toe ’n groep volksvreemdes om oor ons volksake te besluit. Mense wat vandag nog sukkel om oor die wel en wee van hulle eie volke te besluit! Nie te min het ons nie ons probleem besef nie en het aangehou kla oor die verandering van alles wat eie aan ons volk was. Die grond wat ons besit, die taal wat ons praat, ons geloof, ons skole, ons kerke, ons kultuur en ons besighede. Die bitter pil het al hoe erger geword om te sluk, tot vandag toe.

Vandag wil ek vra, watter volk, man, ouer, besigheidsman sal toelaat dat iemand anders oor die welslae van sy besgiheid, kinders en alles eie aan hom te besluit. Hoe het ons onself in so ’n gemors laat beland? My voorstel is: neem beheer terug oor ons eie sake, nie stop transformasie nie. Ek glo nog steeds dat daar vir elkeen ’n plekkie in die son is. As daar 25% van ons grond weggegee moet word, waarom besluit ons nie self oor watter, hoe en vir hoeveel nie. Ek glo ons is volwasse genoeg om regverdig te wees, slim genoeg om toe te sien dat die persone wat dit ontvang weet hoe om dit te bewerk en dan het ons ook nog genoeg dryfkrag om toe te sien dat dit alles voor die sperdatum sal gebeur. Die arme dame wat nou in beheer is daarvan sal nooit die pyp kan rook nie en dit klink vir my of sy daarby ook verskuilde agendas het.

Hoe het dit gebeur dat ek vandag in ’n stad met meer as 1 miljoen Afrikaanse gesinne met die naam van Tshwane bly, terwyl daar miljoene swartes in ’n plek met die naam Vosloorus bly? Plus ons bure van Diepsloot is nog vreeslik gelukkig met hulle dorpie. Wie gee hulle die reg? Die antwoord is ONS. Ons het hulle die reg gegee om oor ons te besluit, daar was niemand anders om dit tedoen nie.

Vandag moet dinge maar verander. Ons moet beheer terugneem oor ons leierskap. Ons moet self besluit oor ons skole. Hoe kan hulle ’n skool waarin daar net Afrikaanssprekende kinders is, in ’n woonbuurt waar daar slegs Afrikaanssprekende mense bly na ’n Engelsmedium verander? Net omdat daar dalk ’n swarte in die gemeenskap bly wat dalk Engels verkies. Basta met dit. As die Duitsers in die land hul kinders in ’n Duitse skool wil sit, dan sorg hulle dat hulle in Pretoria bly naby die Duitse skool. As jy vandag ’n huis soek, is die feit dat daar ’n goeie skool vir jou kinders is die eerste oorweging!. Ons probleem is wel weer dat ons verwag van die regering om die skole aan ons te verskaf wat ons kultuur ondersteun en dit gaan nie gebeur nie. As ons wil he ons kinder moet in Afrikaans skoolgaan, in Afrikaans aan ’n universiteit studeer is dit mos ons plig om dit te verskaf. Die regering kan sorg vir die res. Koop die verdomde skole en universiteite. As Afrikaner sal ek nie skroom om soos die Jode 10% van my salaris aan ons leiersbeweging te gee om toe te sien dat dit wel gebeur nie. Moet net nie van daardie Indiër verwag om dit vir ons te doen nie, hulle moes al die jare dit vir hulle eie nasie doen. Sou daar nou een Zoeloetjie in Afrikaans wil leer, is hy welkom. Betaal die skoolfonds en daar gaan ons.

Besluit wat ons vir ons kinders wil leer. Ek stel geensins belang in wat die Zoeloe- of Vendamoeder vir haar kinders wil leer van hulle leiers, geskiedenis of toekoms nie. So behoort hulle ook geen insae te hê in wat ons ons kinders leer nie. Dit behoort in ons hande te wees.

Almal gaan nou sê, maar ons betaal belasting, wel hulle ook. Stig ’n Afrikanerbelastingbetalersvereniging. Kontroleer die besteding van belasting, nie noodwendig op ons nie, maar op die Reënboognasie. Maak die struktuur ons tradisionele leiers en dan kan hulle ook uit belastinggeld betaal word! As die staat die belasting mors of wanbestee betaal ons nie meer todat hulle die kriminele toegsluit het nie. Ek glo ons betaal nog die meerderheid van belasting so ons behoort tog nog ’n sê te hê!

Ons radio en TV. Jy weet, maak die hele SAUK 1 tot 20 swart dis reg met my. Ek is seker daar is ’n Boer daar buite wat ’n satelliet in die ruimte kan sit. Die arme radio. Van Springbok Radio, Radio Jakaranda tot RADIO JACARANDA. Meeste omroepers is Afrikaans, meeste luiteraars is
Afrikaans, maar arme Maartin en Reeva moet spook met die Engels, dag in en dag uit. Daar is nou wel RSG maar daar kan jy net na Afrikaans luister as ’n swarte of ’n kleurling dit aan jou oordra. O ja en daardie ongeskikte man van "Sê wie". Regtig, ek sweer hulle hou hom aan as marteling om ons te laat betaal vir die apartheidsondes. Dis definitief ’n komplot! Wel, bring
Springbok Radio terug en bied daardie oulikke mense van Jacaranda poste aan. (Gaan maak ook ‘n peiling van hoeveelkeer Bok Van Blerk se treffer oor die stasies gespeel is, gemeet aan die verkope daarvan).

Swart ekonomiese bemagting en PDI-aanstellings is rassisties, geen tese meer daaroor nie. Die regering moet die geld gebruik wat hulle sou spaar op ons skole om die mense op te lei. Dis nie ons taak nie. Ons het nie soveel tyd nie. Selfs ’n wel opgevoede man soos Mbeki steier onstabiel sonder rede met een uitspraak!

Beskerm onsself. Ontwerp 'n stelsel waaraan ons almal behoort wat blitsvinnig hulp by ons kan uitbring. Ons weet waar die probleme lê, ons grense en binnelandse sake. Irriteer hulle todat hulle gehoor gee of maak ’n sperdatum. Sou hulle nie luister nie, dan neem ons beheer oor dit ook totdat die situasie stabiel is, soos ’n EU mag!

Wel om op te som, Afrikaners, leer om vir julleself te sorg en julleself te lei en hou op teem omdat die regering dit nie doen nie. Dis nie hulle plig nie, hulle is nie Afrikaners nie. Hulle motief is anders. Dit het Mbeki nou die dag met sy stellings bewys. Staan op julle eie regte en neem beheer terug en besluit self oor julle toekoms. Hou op inmeng in die toekoms van die ander volke. As ons onself eers op die been het, kan ons hulle help. Dis in elk geval ’n taak wat ons in 400 jaar nie kon baasraak nie.

Al wat oorbly, is die 22 manne in die tronk. Ek glo nie aan geweld nie en sal dit nooit goed praat nie. Ek sê, laat die ouens in die tronk sit vir dieselfde tyd persentasiegewys vir hul oortredings, gemeet aan die oortredings wat ons huidige parlement aangerig het. Lewe vir lewe, bom vir bom en ontwrigting vir ontwrigting. Ek is seker almal het dan al baie jare te lank in die tronk gesit. Regtig, kan ’n mense tronk toe gaan oor 'n uitspraak wat jy maak? Wat is die waarde van ’n grondwet?!!

how to play slots at a casinoтопкарго кидалы

Mense moet hulleself weerbaar maak

Mense moet hulleself weerbaar maak. Mans moet self uitgaan en woongebiede patrolleer, verdagtes aftrek, deursoek, agtervolg, ens. As ons nie die verassingselement van hierdie ouens af wegvat nie, gaan ons slagoffers bly.

Dit is 'n gewapende stryd, al het ons dit nie gekies nie; dit help nie ons beveg vuur met swart strikkies nie.

Terloops, het julle gesien dat die DA oopgelvlek het dat 'n klomp vuurwapens wat die wetsgehoorsame inwoners van die land goedsmoeds by polisiestasies gaan inhandig het (a.g.v. 'n vyandige wapenwet), op geheimsinnige wyse in die hande van kriminele beland het?

Seef le Roux

подкатные пневмногидравлическиеАлександр Фильчаков прокурор

Misdaad is vrug van transformasie

Ons moet eerstens besef dat misdaad nie tussen kleur onderskei nie. Almal kan modder oor en weer gooi, maar dit sal nie die probleem oplos nie.

Die probleem is sonder twyfel die vrugte wat gepluk word van die transformasie in die SA Polisie!!  Alle goeie blanke polisielede het reeds die mag verlaat of gee in elk geval nie meer om nie, omrede hulle nie bevorder kan word nie a.g.v. hulle velkleur!! Daar moet druk op die regering geplaas word om van alle vorme van rassisme of soos hulle dit noem "regstellende aksie" in die polisiemag ontslae te raak. Die polisiemag moet uitgesluit word van alle vorme van regstellende aksie!!! Die persoon wat presteer, moet bevorder word en beloon word of hy blank, pienk of pers is.
 
Kry dan die opgeleide blanke polisiemanne (speurders, forensiese kundiges, ens.) terug en gee vir hulle meer regte en geld om misdaad effektief te bekamp.
 
Miskien moet ons maar emigreer!!!

online casino offersФільчаков прокурор