Godsdiens nie altyd gesofistikeerd, nugter

ImageNa ‘n paar maande se gewik en geweeg het ek besluit om Richard Dawkins se omstrede The God delusion aan te skaf, hoofsaaklik om te sien of ek saam sal stem met sommige van Dawkins se standpunte. Tot my verbasing is sy betoog meer genuanseerd as wat ek gedink het, en met hierdie boek wil hy juis die vergrype van fundamentalisme van alle gelowe aan die kaak stel. Soos Dawkins dit self stel, as alle teologie op ‘n gesofistikeerde en nugtere wyse beoefen was, sou hy nooit The God delusion geskryf het nie.

In die eerste hoofstuk beskryf hy die waarheid agter die Deense spotprent-massahisterie wat nogal aandag verdien. Die hele opstand is veroorsaak deur twee imams wat asiel in Denemarke verkry het. Hulle het die twaalf spotprente – wat eintlik nogal heel gematigd was – aangedik met verhale oor die Deense regering wat Moslems sleg behandel. Tesame met die spotprente het hulle drie ander prente toegevoeg wat as beledigend ervaar mag word vir Moslems, wat niks met die spotprenttameletjie te make het nie. Een daarvan was ‘n foto van ‘n man met ‘n baard en ‘n plastiese varksnoet op sy neus. Hierdie foto was egter ‘n koerantfoto wat op op ‘n Franse dorpie tydens ‘n kermis geneem is, waar die betrokke persoon ‘n kompetisie gewen het vir die persoon wat die beste ‘n vark se snorkgeluide kon na-aap.

Die imams het sowat die hele Moslemwêreld afgereis en hierdie dossier met spotprente en anti-Deense propaganda aan almal uitgedeel. Hierdie aksie het gesorg vir die nodige ellende soos kerke wat afgebrand word, ‘n miljoendollarlosprys vir diegene wat die spotprenttekenaar sou vermoor (terwyl daar twaalf tekenaars was), proteste met "God bless Hitler" (geen idee hoe hulle die verband tussen Denemarke en Jode lê nie), "slag vyande van Islam", ensovoorts. Selfs in Nigerië is kerke afgebrand en ‘n swart Moslem het ‘n halssnoermoord op ‘n swart Christen toegepas. Die Moslemwêreld het van die Deense regering ‘n verskoning geëis, sonder om te besef dat die media in Westerse lande los van die staat funksioneer.

En dan kry ons mense soos dr. Leopold Scholtz wat vir ons in Die Burger probeer oortuig het dat Westerlinge diegene is wat nie tolerant is teenoor Moslems nie.

Let wel, die boosdoeners was imams wat in Denemarke asiel verkry het.

оборудование для мойкиФильчаков

Is die Afrikaner steeds koning?

ImageSedert 1994 is verbete pogings aangewend om die Afrikaner uit die SA geskiedenis uit te skryf, Afrikaans en die Afrikaneridentiteit te onderdruk en ons stelselmatig na die rand van die openbare lewe te verdryf. Onlangse verwikkelinge toon egter dat dié strategie besig is om te faal. In ’n hoë mate lyk dit asof die besef besig is om te terug te keer dat die Afrikaner die sleutels van Suid-Afrika se toekoms in sy hand hou.

Waarop grond ek so ’n stelling? Onlangs was ek ’n paneellid by die Mail & Guardian se debatsaand oor Bok van Blerk se “De la Rey”-lied. Dié koerant was natuurlik in die tagtigerjare die belangrikste mondstuk van die linkse beweging wat uit die buiteland gefinansier is en uiteindelik geseëvier het om die ANC en SAKP aan bewind te plaas. Daarom is dit nogal ’n belangrike barometer van die verskuiwende magspersepsie in die land as die M&G ’n onskuldige Afrikaanse liedjie oor ’n Boeregeneraal belangrik genoeg ag om vir hul kwartaallikse debatsaand in aanmerking te kom.

Ook die ander Engelstalige media is besig om minder in verwondering na die meteoriese opgang van die Xhosas en hul swartbemagtigde miljardêrs te staar en kennis te neem van wat in Afrikaans bespreek word. Enkele weke gelede is ek juis toegelaat om oor Afrikanervervreemding in die Sunday Times geskryf.

Maar verreweg die belangrikste aanduider van die Afrikaner se hermobilisering om sy regmatige plek in landsake in te neem, is te vinde in die toestand van amperse paniek wat daar by die redaksies van sommige Afrikaanse koerante in die Naspersstal heers. Terwyl Die Burger en veral Beeld streng sensuur handhaaf oor menings wat die hele suiweringsprojek teen ons bevraagteken, word dit tans op ’n negatiewe manier belig in die vorm van verbete propaganda-artikels wat die publiek wil oortuig van die minderwaardigheid van Afrikanerskap, ons historiese skuld, asook ons morele en selfs godsdienstige plig om biologies, taalkundig en kultureel met die “reënboognasie” te versmelt.

Donderdag braak professor Amanda Gouws van Stalinbos gal oor Afrikaners in Die Burger en vandag is dit FW de Klerk se broer se vorige vrou, Nina Overton-de Klerk wat ons in Beeld oproep tot ideologiese suiwerheid. Kenmerkend van elke linkse revolusie in die geskiedenis, asook ’n paar regse revolusies, is die aandrang op ideologiese suiwerheid.

Die opskrif van Overton se stuk in Beeld se By sê alles: “As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek”. Die gedagte is dat dit nie genoeg is vir die Afrikaner om die huidige revolusie te ondergaan, sy instellings soos skole, universiteite en museums, asook sy landbougrond, af te staan nie. Ons moet ons eie ondergang met oorgawe en blydskap beleef! Soos dienaars van Baäl wat in ’n beswyming rondom die goue kalf dans, moet ons uiterlik en innerlik die geloof van transformasie en Afrikanerselfmoord aanneem.

Teenoor Overton wat meen dat mens tegelyk polities korrek en Afrikaner kan wees, staan die meer ekstreme standpunt van Amanda Gouws wat meen dat die Afrikaner ’n “breër identiteit” moet verkry  en soos sy self reeds gedoen het, geheel en al van homself afstand doen. Wat hierdie “breër identiteit” sou wees, word nooit vir ons gedefinieer nie, maar mens kan aanneem dat dit ’n soort Afrosentriese Britsheid soos dié van Mbeki moet wees.

’n Eeu gelede is die Afrikaner deur die Engelse verguis omdat hy kwansuis dom en agterlik sou wees. Vandag is dit die Engelse in dié land of diegene wat Engels praat wat grotendeels dom en agterlik is terwyl ons nou op morele gronde aangeval word.

Die vraag is egter: waarom die intense behoefte om die Afrikaner af te kraak, sy selfvertroue te knak en hom as die monster van die geskiedenis voor te stel? Wel wetende dat ons die meeste onder die Britse Ryk gely het, net soos ons tans die ergste gebuk gaan onder die uiters gewelddadige Afro-revolusie wat die Xhosas en hul bondgenote (waaronder natuurlik die Britte wat steeds vanuit Londen die toutjies trek) op ons losgelaat het.

Maar natuurlik wéét almal dat die karikatuur wat daar van die Afrikaner gemaak is deur die Angel-Saksiese media en wat ons eie Naspers maar net navolg, net dít is: ’n karikatuur, ’n oordrywing, ’n stuk onwaarheid wat deur Britse joernaliste op die eiland en vanuit Johannesburg en Kaapstad die wêreld ingestuur is. Almal bly egter steeds, soos Gustav Venter redelik onlangs geskryf het, “geïntimideer deur die skrander, taai, vindingryke Afrikaner”. Vandaar die volgehoue propaganda, die onophoudelike sielkundige oorlog wat nou ook deur die vyand se meelopers in ons eie taal teen ons gevoer word. Nie omdat die Afrikaner so “dom en agterlik” is nie, maar omdat ons gevrees word! Die Britte, die Xhosas, die pas bekeerde liberaliste en linkses wat Naspers se koerante vol skryf, vrees ons komende opstand teen hierdie korrupte, onregverdige orde. Soos Van Wyk Louw dit in sy beroemde versetvers gestel het:

Julle is die oorheersers en júlle die vertrappers
van ons wat sterk is, maar magteloos verneder;
julle maal ons soos koring; julle eet ons soos brood.
…
Daarom moet julle tot needrigheid genees word,
gebreek word deur ons in ons magtige opstand
tot eenvoudig vreugdes, tot die heilige lye,
tot ’n nuwe onmiddellikheid van die heldere aarde;

Dis reeds duidelik, veral ná Bok van Blerk se “De la Rey”-lied die land soos ’n storm getref het, dat Afrikaner se “magtige opstand” reeds met ons is. Dis iets wat met liedere en patriotiese gevoelens begin het en stadig maar seker besig is om stoom op te bou. Dit borrel en prut veral op die internet, maar landwyd word vergaderings gehou waar ons mense hul misnoeë en hul frustrasies uitspreek, en waaroor die SAUK of Naspers nooit sal berig nie. Doodswyg het in 1968 teen die HNP gewerk, maar in die tydvak van selfone en skootrekenaars het mens nie meer ’n drukpers of TV-kanaal nodig om te kan kommunikeer nie.

Teenoor Winnie Mandela se barbaarse slagkreet, “Met ons vuurhoutjies en ons halssnoere, sal ons die land bevry” staan die hedendaagse Afrikanerslagspreuk: “Met ons selfone en ons skootrekenaars sal ons onsself bevry”.

Deur hul lafhartige vrese en kleingeestige beledigings, spreek ons vyande eintlik ’n vorm van erkenning uit. Hulle erken dat ons dié belangrikste volk in dié wêrelddeel is, sonder wie se drif en skeppende ywer daar nooit ’n Suid-Afrika sou gewees het nie. Selfs al is ons doeltreffend en met groot sinisme gestroop van alle politieke, ekonomiese en kulturele mag, bly ons ’n faktor.

Dis tyd dat ons moed skep uit dié “negatiewe erkenning” wat toenemend rojaal op ons uitgestort word, sy dit dan deur mindere geeste soos Amanda Gouws of Nina Overton-de Klerk.

Stel dit so: indien ons so min, onbenullig en deur die tyd agtergehaal was as wat almal voorgee, sou niemand dit nodig geag het om oor ons kommentaar te lewer nie.

подъемникидляшиномонтажа

Фильчаков прокуратура харьков

Naspers se plan met die Afrikaner

Image

Naspers se aartsvyand?

Die aanslag op Bok van Blerk in onlangse uitgawes van Beeld en ander koerante het betrekking. Die feit dat Naspers besluit het om Bok te verguis, verbaas my geensins nie. Om die waarheid te sê, dit verstom my eerder dat dit hulle so lank geneem het om daarmee te begin.

Naspers bevind hom in ’n geweldige dilemma. Terwyl daardie mediahuis die ANC en lg. se beleid vooropstel moet dit terselfdertyd sy koerante aan sy oorwegend Afrikanermark verkoop.  Die krisis waarin Naspers verkeer, is dat sy ideologiese sentrum, nl. die ANC, aktief die blanke, maar veral die Afrikaner, probeer ondergrawe. Soos wat Afrikanernasionalisme te midde van die groeiende anargie in die NSA ontwaak, word hierdie tameletjie toenemend taai.

Aangesien die mediagroep nou volledig onder die beheer van ’n handjievol bruin Marxiste en (eertydse?) Broederbonders staan, is daar geen voorneme om die Afrikaner se belange te bevorder nie. Inteendeel, Naspers het ’n renons in Afrikaners en sou seker, as hulle kon, eerder vir die swart mark publiseer. Die probleem is egter dat die swart mark nie so winsgewend soos die Afrikaanse mark is nie. Die bruin Marxiste in Naspers haat die Afrikaner met venynigheid,  soos wat keer op keer in hul skrywes en optredes na vore kom. Die Broeders en kie. is egter soos gewoonlik manteldraaiers wat daarna sal streef om enige regime, ongeag hoe immoreel en korrup, te ondersteun solank hulle sake kan doen. Dit is dus uiters belangrik vir hierdie paradoksale bende van Marxistiese fanatici en die geldgierige bloedsuiers (die Broeders) om die kroon op die ANC se kop te hou. Sodoende voldoen dit aan eg. se ideologiese oortuigings en lg. se ekonomiese vereistes, want solank die ANC nie uitgedaag word nie, is dit business as usual sonder enige magsbalansversteuring.

Vir Afrikaners om dus nou ontevrede te wil raak met die NSA en boonop hul trotse identiteit te herontdek, is ’n gevaarlike onkruid vir beide Naspers en hul politieke base in Lethuli-huis, wat ten alle koste uitgeroei moet word.  Soos sydissels brand die nuwe Afrikanernasionalisme hulle genoeg om op te tree. Die laaste ding wat Naspers nou wil hê, is dat ’n nuwe geslag kunstenaars met ’n trotse nasionale gees die ou (en afgeleefde) proteskunstenaars van die tagtigerjare as die volk se keuse vervang. Dit is dus baie belangrik vir Naspers dat die Afrikaner bv. eerder na Anton Goosen as na Bok van Blerk luister, dat ons eerder Max Du Preez as Dan Roodt lees. Die tagtiger jare se hasbeens  sal ten minste ons voortdurend bewus maak van ons “skuld” en “agterlikheid” en hoe “wonderlik” dit in die ANC-SA is.

Vir Bok en andere om nou die mense die kans te gee om hul diepgesetelde emosies uit te druk en te voel, pas nie in die Naspers-agenda nie. “Nee, hierdie Bok moet doodgeskiet word. Hy moet vrek! As ons nie sy musiek onpopulêr kan maak nie, kom ons pleeg dan karaktermoord op hom. As niemand van hom hou nie sal hulle ook nie na sy musiek luister nie…”so werk die Naspersbrein. Dus neem hulle ’n paar gerugte oor hoe “moeilik” Bok kwansuis is en oordryf dit tot die mag 100. Noem hom dan sommer ook ’n Diva en siedaar! dis bok-in-die-pot. Dat Bok soos alle populere kunstenaars oorval word deur promotors en organiseerdes wat allerhande leë beloftes maak en dikwels ondergemiddelde diens lewer, word verswyg. Dat Bok bloot daarna streef om  uitmuntende vertonings aan sy ondersteuners te lewer en dus organiseerders wat ondergemiddelde diens lewer en ander kansvatters moet vasvat, is immers ’n goeie vermaaklikheiskunstenaar se plig.

Karaktermoord kom egter natuurlik vir Naspers.  Weens die mediahuis se fanatiese oortuigings en die moeite wat dit verg om op gereelde basis die immorele ANC-regering te regverdig, is dit somtyds baie makliker om bloot net  teenstanders uit te wis. Aangesien Naspers se argumente nie opgewasse is teen andersdenkendes nie, speel hulle dikwels die man eerder as die bal.  Max du Preez is sekerlik die een wat die mees bedrewe is met karaktermoord (of ten minste pogings daartoe). In eg Stalinistiese styl voer hy pogroms teen sy teenstanders se karakters sodat lesers moet glo dat sy opponente ongeloofwaardige en illegitieme skurke is.

Om iets van Max se eie taktiek te volg, wil ek darem byvoeg dat dit sekerlik te verstane is dat daar so ’n daling in Naspers se joernalistieke standaard sou plaasvind. Deurdat Naspers die Marxistiese opdrifdels van die tagtigerjare (soos Max du Preez, Koos Kombuis, Jakes Gerwel e.a.) in beheer van hul “Propagandadepartement” gestel het, lyk Nasperskoerante deesdae meer soos die ou Sowjetkoerante, Prawda (“Die Waarheid”) en Isjwestia (“Nuus”). So het die Sowjetpubliek dan ook gereeld gespot met: “In Prawda is daar geen Isjwestia nie en in Isjwestia is daar geen Prawda nie”.  Ek dink egter dat Naspers se koerante aan beide nuuswaardigheid en die waarheid ontbreek.  Voorbeelde is Max se holocaustontkenning van die Britse verkragtings van Boerevroue, terwyl lesers tot vervelens herinner word aan die kamstige “wonderlike demokrasie” waarin ons leef.

Onwillkeurig begin mens jouself afvra waarheen Naspers met die Afrikaner op pad is. Wat is die strategie en toekomsvisie te Heerengracht 40?  Hul propagandablaaie poog gedurig om die Afrikaner se bestaan te ontken, om sy selfbeeld af te breek en om sy huidige swaarkry weg te redeneer, asook enige vorm van Afrikanernasionalisme te beveg. Die Afrikaner word tot ANC-onderdanigheid gebreinspoel. Die sinistere waarheid is egter dat die komplot in alle waarskynlikheid heelwat verder gaan as onderdanigheid aan die ANC. Deur die Afrikaner se identiteit te probeer ontken en aktief te probeer ondermyn, gaan dit ook daaroor om die Afrikaner se etniese karakter so te ruïneer dat hy homself nie meer herken nie. Wanneer die Afrikaner sleng praat, sosio-ekonomies in die Afrikamassa wegsmelt, met ander rasse ondertrou, geen unieke karakter of bewussyn meer het nie en nie meer aandring op sy regte nie, dan het Naspers sy doel bereik. Dan is die Afrikaner ’n Afrikaan en sal hy doelloos in ’n Afrikadiktatuur voortleef sonder om die magsbalans te versteur. Dan is die Afrikaner (altans diegene wat nie die land verlaat het nie) die onintellektuele, ongekultiveerde en ondergeskikte ghwar wat geen weerstand bied nie.

Vir ’n tyd lank het Naspers baie hard gepoog om met die ultra-linkse kwasi-intellektuele tydskrif, Insig, die Afrikaner met halfgebakte argumente te oortuig om met die swart massa te versmelt. Daardie projek het met die geleidelike ontwaking van die Afrikaner so liederlik gefaal dat Insig sy deure moes sluit. Nou slaan Naspers ’n ander koers in. Die teenoorgestelde word nou aangewend deur op die Afrikaner se mees basiese instinkte aanspraak te maak. Die weg word voorberei vir daardie doelwit deur die sistematiese loodsing van ’n hele flotilla poniekoerante wat die Afrikaner se verghwarring moet fasiliteer. Hierdie tipe publikasies sal dan ook eendag Naspers se hoofbesigheid raak. Die koste verbonde aan die uitgee van sulke koerante is baie laer, omdat dit aan geen nuuswaardigheids-, joernalistieke of taalkundige gehaltevereistes hoef te voldoen nie, terwyl uit-die-duim-gesuigde stories soos “Non verwag ruimtewese se baba” dan die trant van die “nuus” word.

Wanneer die Afrikaner se identiteit dood is en hy deel van ’n smeltkroes is, dan sal hy ook elemente van homself aan die Afrikamassa oordra sodat dit ’n totale mengelkultuur word. So ’n mengsel sal ’n baie meer toeganklike mark vir Naspers wees as die huidige etnies en taalkundig seksionele mark. Ek het egter nuus vir Naspers. Selfs die dinamiese VSA se sogenaamde melting pot kon tot vandag toe met bitter min sukses die onderskeie rasse in daardie land versmelt. Hoe meer jy mense van hul karakter probeer ontneem, hoe meer veg hulle vir die behoud daarvan en gevolglik ontwaak hul nasionalistiese sentimente. Hierdie visie, nl. Afrikaneroplossing in ’n “groter Suid-Afrika”, wat blyk dié van Heerengracht 40 te wees, sal nooit verwesenlik word nie. Lord Milner het die Afrikaner probeer verengels en liederlik misluk. Naspers wil die Afrikaner verafrikaan en gaan nie alleen misluk nie, maar iewers in die toekoms, saam met die ANC, net so gehaat soos Milner wees.

хамам в квартиреФильчаков прокурор харькова

Max du Preez se hoepelsin

ImageRegtigwaar, ons behoort nou vir Max du Preez uit te los. Selfs al is hy een of ander spesie van joernalistieke masochis wat blykbaar skryf vir die perverse vreugde om karwats te kry, moet ‘n mens een of ander tyd sê, genoeg is genoeg. Om hom skriftelik pak te gee is ‘n minderwaardige uitdaging. Dit is soos vir die Bulle om teen die Queensland Reds te speel: Net te maklik. Die waarheid is, as daar een iemand is wat nie naby ‘n pen toegelaat behoort te word nie, is dit Max du Preez. ‘n Pen in sy hand is soos ‘n skerp mes in ‘n baba se hand – baie gevaarlik vir homself.

‘n Groot deel van die skuld is Henry Jeffreys, regstellend aangestel as kleurlingredakteur van Die Burger, s’n. In plaas daarvan dat hy vir Maxie as’t ware ‘n skoon vel papier en ‘n paar vetkryte gee sodat hy in die hoek kan sit en met tongtippie wat by sy mondhoek uitsteek in konsentrasie, stokmannetjies teken en uit almal se pad uit bly, gee Jeffreys vir Max gereeld morge se kolomsentimeters om ‘n gek van homself in te maak.

Ja, ons moet nou regtig vir Max begin uitlos. En ek sal, ek sal, ek belowe ek sal. Nog net hierdie een keer. Asseblief. As ek soos vanoggend lees wat die arme, simpel drommel weer te skrywe het – ek kan myself nie help nie; ek is ‘n swakkeling – dan helder sy sotlikheid ‘n reeds helder dag verder op en ek moet – móét! – hom eenvoudig net nog ‘n keer afransel.

Eintlik sal dit beter wees om daarvan te praat om Max te “rol.” Dit is hoe ons as kinders vir mekaar ‘n ellende belowe het: “Ek gaan jou rol.” Maar in hierdie geval het dit nog ‘n sterker toepassing. Sien, Max is van daardie spesie wat ons vandag ‘n “liberalis” noem. Maar dit is ‘n onbevredigende uitdrukking want ons is almal, in ‘n klassieke of ander sin, liberalisties. So moes daar ‘n ander benaming vir Max se soort gevind word. My voorstel is om hulle “hoepels” te noem; mense wat so ver weg van die waarheid af probeer agteroorleun dat hulle met hulle koppe in hulle agterwêrelde opeindig sodat hulle so hoepelvormig staan. Wanneer dit te donker en bedompig word, trek hulle hulle koppe uit en daar is ‘n klapgeluid soos ‘n sjampanjeprop wat losskiet. Max du Preez is ‘n hoepel en gemaak om te rol.

In hierdie naweek se By in Die Burger, sien ons die hoepel in aksie. (Die naam van die rubriekskrywer word aangedui as “Max du Preex,” maar dit help niks. Jy kan die regte Max du Preez en sy gebrekkige logika nie wegsteek nie.) In sy tipiese deurmekaar hardopmymerstyl – meer verwarrend vir homself as enige iemand anders – wonder die voorsitter, president en penningmeester van die Max du Preez-bewonderaarsklub of hy ‘n Afrikaner of nie ‘n Afrikaner is nie. Wat hom so verwar is dat hy blykbaar nie weet wat ‘n Afrikaner is nie. Hy bied aan om homself as Afrikaner te skors maar, sê hy, hy moet “net gou uitwerk wat dit is waaruit ek geskors word”. (Let op na Max se gekondisioneerde behoefte om ‘n slagoffer wees. In die vorige sin bied hy aan om homself te skors en dan – kul jou hier, kul jou daar – nou wórd hy geskors – seker deur daardie onbedagsame Afrikaners, ás daar so ‘n iets soos ‘n Afrikaner bestaan.)

Die rede hoekom die Afrikaner vir Max so ‘n enigmatiese element is, is omdat hoepels soos hy in die verlede die Afrikaner se aanspraak op erkenning, regte en ‘n selfstandige geskiedenis probeer omseil het deur…  deur eenvoudig aan te voer dat daar nie so iets is soos ‘n Afrikaner nie! Hoekom sal jy, byvoorbeeld, Afrikaner-gevoelens oor die beoogde verandering van Pretoria se naam in ag neem as daar nêrens ‘n Afrikaner bestaan nie? En die hoepel se grootste vrees is dat die Afrikaner sy goed gaan vat, vir homself ‘n deel van die land gaan afbaken, daar gaan bly en vir Max en die ander hoepels uitlos om die vreugde van Azaniese verval alles op hulle eie te beleef. Maar daar kan nie sprake van Afrikanerselfbeskikking wees as daar nie Afrikaners ís nie! Terselfdertyd wéét Max goed wat ‘n Afrikaner is. Selfs al slaap hy alleen, is daar elke aand een in sy bed.

En net hier kry ons ‘n eienaardige verskynsel wat ons die “hoepelsin” kan noem. Ons kry dit wanneer ‘n hoepel iets sê wat hy vas glo maar wat dan selfs in sy eie oë heeltemal onsinnig is, waarna hy die teendeel aanvaar sonder om van sy oorspronklike stelling af te sien. So sal Steven Friedman selfvoldaan aanvoer dat regstellende aksie ‘n volslae sukses is en geen negatiewe invloed op dienslewering in Suid-Afrika gehad het nie. Dan onthou hy van kragonderbrekings, verkrummelde paaie, vervalle hospitale en ‘n vasgebrande onderwysstelsel, alles regstreeks terug te voer na regstellende aksie. Nou goed dan. Die rede hoekom regstellende aksie nie werk nie, verduidelik hy, is: blahblahblah… die Afrikaner… waflawaflawafla… armoede… piffelpiffelpiffel… rassisme… As jy Friedman se hoepelsin, wat die hoepel in een vinnige sin, eintlik in een lang woord, aframmel voordat hy sy kop terugstoot tussen sy boude, herkonstrueer, sê hy in effek: “Regstellende-Aksie-is-‘n-sukses-dit-is-‘n-mislukking-en-dis-die-Afrikaner-se-skuld.”

Max se hoepelsin van die dag is: “Daar-is-nie-so-ding-soos-‘n-Afrikaner-nie-ek-is-‘n-Afrikaner.”

Syne is darem nie die enigste hoepelsin van die dag nie. Hy haal ‘n prima een van “regsfilosoof” Loammi Wolf aan: “Om tot die etniese of kultuurgroep ‘Afrikaners’ te behoort maak jou tog nie eintlik ‘n ‘etniese Afrikaner’ nie, of hoe dan?” Plaas koppeltekens tussen die woorde en jy het ‘n klassieke voorbeeld van ‘n hoepelsin.

Want – gee nou aandag Max, Loammi – ja, as jy tot die etniese of kultuurgroep “Afrikaners” behoort, ís jy ‘n “etniese Afrikaner net soos, sou jy tot die etniese of kultuurgroep “Russe” behoort, jy ‘n “etniese Rus” sou wees of, as jy tot die etniese of kultuurgroep “Zoeloe” behoort… Julle kry die idee, vertrou ek? Nie? Kom ek help:

“’n Etniese groep of entnisiteit is ‘n bevolking van mense wie se lede met mekaar identifiseer, gewoonlik op grond van ‘n veronderstelde, gemeenskaplike herkoms of voorgeslag. Herkenning as ‘n afsonderlike etniese groep deur ander mense, is dikwels ‘n bydraende faktor om hierdie identifikasieband te verstewig.” (Vry vertaal uit Wikipedia.)

Hier’s ‘n eenvoudige toets: Wys foto’s van Geo Cronjé, Bryan Habana, Hasim Amla en Akona Ndungane vir enige inwoner van Suid-Afrika, vra vir hulle om die Afrikaner vir jou te wys en hulle sal – as hulle nie dronk, gerook, bedwelm, moronies of ‘n hoepel is nie – onmiddellik en sonder om kop te krap na Geo Cronjé wys.

Blykbaar het Max nie regtig ‘n probleem om ‘n Afrikaner te herken nie en om selfs te erken dat hyself een is nie. Maar sy kapasiteit om sy naam te nqakula het skynbaar geen perke nie: “Ek is dalk etnies gesproke ‘n Afrikaner,” sê hy in die tweede deel van sy hoepelsin, en kan homself dan blykbaar nie nog ‘n onsinnigheid ontsê nie. “Ek is beslis nie deel van die ‘Afrikanervolk’ nie – daaruit het ek al as jong man bedank.”

Ûmmm, ja… sien, Max as jy ‘n lid van ‘n etniese groep is, is jy –  of jy wil of nie en of húlle wil of nie (en glo my, ons wíl nie) – deel van daardie groep. En jy en Kombuis en Landman en die res sal dit moet aanvaar. Ons wil julle net so min hê as wat julle deel van ons wil wees. Maar, soos ‘n boggel of ‘n haaslip, ís julle deel van ons.

Ja, Max en Kombuis en Landman is deel van die Afrikanervolk, maar daar is ‘n afsonderlike klassifikasie binne hierdie groep vir hulle, ‘n versameling van Afrikaners wat ons so afstootlik vind dat ons vir hulle nie eens die waardigheid van ‘n Afrikaanse woord as benaming het nie. Ons noem hulle sommer – joiners.

компрессор воздушный поршневой ценаАлександр Фильчаков Васильевич

Klaargepraat

Politiek is eintlik maklik. Daar hóéf nie ‘n algehele ineensmelting van die land se strukture te wees nie. ‘n Algemene bloedstorting is nie onafwendbaar nie. Thabo Mbeki kan dit in een oomblik voorkom. Al wat hy hoef te doen is om, hoed in die hand, saggies aan die Afrikaner se deur te gaan klop en vir hom te vra om ‘n deel van die land uit te soek vir ‘n Afrikaner Republiek. Daar kan die Afrikaner doen wat hy wil: Hy kan ‘n welvarende, veilige land bou wat ‘n bate is vir die streek om hom. En die Bantoe kan doen wat hy wil: Hy kan die res van Suid-Afrika na smaak afbreek en ‘n las vir die streek en die wyer internasionale gemeenskap word.

Of Mbeki kan dinge ‘n eie loop laat neem en die uiteinde van dit alles sal wees dat die Afrikaner hom tog in sy eie Republiek sal vestig en die swart regeerders van die Res van die Republiek van Suid-Afrika sal die land tog uiteindelik mugabe. ‘n Afrikaner Republiek is ‘n onafwendbaarheid en by PRAAG hoop ons om dit deur vreedsame maar robuuste verset te bekom deur met veral ekonomiese druk die A.N.K. se gorrel toe te druk. Anders gaan hierdie vryheid deur die loop van die geweer van kom – ‘n nagmerrie-opsie wat ons glad nie voorstaan nie. So, dis die Rand of dis die Roer. Al wat ons moet doen om ons vryheid en veiligheid te vier, is om die regmatigheid van ons saak en die haalbaarheid van ons doelwit te verkoop aan ‘n miljoen mense: Almal van hulle Afrikaners.

Daar is wel ‘n swaksinnige spannetjie Afrikaners wat teen logika, ervaring en die getuienis van hulle eie oë in nog aandring dat ‘n Afrikaner Republiek nie haalbaar of gewens is nie. Vir hulle is die Afrikaner se oorlewing nie in die Roer óf die Rand nie maar, en om ons “R”-rympie voort te sit, in die Rede. Hierdie is die naïewe narre wat nog in die utopie van die Nuwe Suid-Afrika glo. Hulle – mense soos Max du Preez, Tim du Plessis, Antjie Krog en Ton Vosloo– reken ons kan alle rasseklosse uitpluis as ons net met mekaar práát. Hulle het ‘n oordrewe vertroue in onderhandelinge met die Bantoe, nugter alleen weet hoekom, want elke keer wat die Afrikaner dít probeer het, is hy verneuk en verraai en het die son as’t ware sy gebeendere aan die voet van ‘n Aasvoëlkoppie gebleik.

Maar miskien lees hierdie slappols Afrikaners wel die komende uitdelging in hulle private dolosse raak maar, in ‘n eiesoortige interpretasie van die Stockholm Sindroom, is hierdie voorstaanders van onderhandelinge vas oortuig dat hulle die tipiese Afrika bloedfees kan vryspring dat deur net met swartes te praat en hulle kultuur na te doen. As jy praat van “isi-Zulu” in plaas van “Zoeloe” en as jy Madiba-hemde dra, dan is jy mos ‘n Afrikaan? En hoekom sal die swart massas jou harspan dan met ‘n tradisionele wapen inmekaar wil slaan? As hulle passasiers op die Titanic was, sou hierdie arme simpel drommels geredeneer het dat al wat hulle moet doen om hulleself van verdrinking te red, is om ysberge na te boots. Hulle het ‘n oordrewe vertroue in onderhandelinge.

Inderwaarheid durf ons nooit weer met die A.N.K. en hulle kultuurgenote onderhandel nie. Wanneer die tyd kom, sal ons hulle inroep en vir hulle instruksies gee. Ons is, in elke opsig en op elke manier, klaargepraat.

Om die swart revolusioniste van ons tyd in ‘n debat te betrek, is om jou eie posisie te ondergrawe. ‘n Sinvolle debat vereis die vooropstelling van reëls en die Westerling en die Afrika-inboorling kom na die podium met uiteenlopende waardes wat hulle aan riglyne heg. Die Westerling het erg aan logika, ontwikkeling van gedagtes, sinvolheid van gevolgtrekking, nougesetheid in die uiteensetting van feite en ontsag vir die waarheid. Die Bantoe kan nie minder deur enige van dié waardes geroer wees nie. Vir hom is daar net een sinvolle opvatting – sy eie –  en dit is sy metode en sy gemeenskapsplig om hierdie standpunt so driftig, ongekompliseerd, luidkeels en aanhoudend uit te blaker dat sy opponent uit pure radeloosheid sal bes gee. Die Westerling sien die debat as ‘n arena waarin ontsag vir ‘n ander se standpunt geld. Die Afrikaan beoordeel sy vertoning volgens die volume en stemtoon van sy aanbieding en die verbetenheid waarmee hy by sy opvattings staan en sy debatsgenoot s’n ignoreer.

‘n Volkekundige en Afrika-spesialis – ‘n professor wat sy naam verswyg wil hê uit vrees vir ‘n ander Afrika-debatsmetode: Die uitwissing van jou teenstander en sy gesin – verduidelik die meganiek van onderhandelinge in die tradisie van Afrika: “Dit is konsensus deur uitmergeling. Dit gaan nie oor die begrip van jou teenstander se opvatting en oor om saam te stem iewers op ‘n kontinuum van redelikheid nie. Wat letterlik gebeur is dat die voorstaanders van verskillende opvattings in ‘n stam mekaar die stryd in onderhandelinge sal aansê. Die oorwinnaar word nie bepaal deur die gehalte of logika van sy argumente nie maar, letterlik, deur wie die langste aanhou. Hierdie indaba kan oor weke strek. Soos wat ‘n onderhandelaar se ondersteuners moedeloos word, dros hulle eenvoudig uit die gesprek uit totdat sy posisie so uitgekalwe is dat hy heeltemal sonder verwyt en heeltemal klakkeloos oorslaan na ‘n ander onderhandelaar se posisie by wie hy dan aansluit. So word die groepe uitgedun totdat net die mees verbete onderhandelaar staande bly. Hy is dan die wenner, ongeag van die inhoud of gehalte van sy standpunt of posisie.”

Vir die Westerling, vir wie tyd deel is van die formule waarvolgens prestasie uitgewerk word, is hierdie styl van onderhandeling ‘n ondeurkruisbare moeras. ‘n Oom van my, onlangs oorlede, was in die tagtigs ingesleep in so ‘n proses. Hy het vir die destydse “administrasieraad” aan die Oos-Rand gewerk. Die gedagte was om algemene bestuur van die swart woongebiede aan die inwoners daarvan te oorhandig. ‘n Skikking rakende verantwoordelikhede, bevoegdhede en pligte moes met die nuwe bestuur uitgetrap word. Die swart raad is verteenwoordig deur ‘n span van twaalf gesiene inwoners onder aanvoering van ‘n bonkige, selfversekerde Venda uit die vakbondbeweging. 

My arme oom se lewe het in ‘n nagmerrie verval. Sy opdrag was eenvoudig maar, getrou aan die aard van Westerse instellings, was daar die verwagting dat hierdie beraadslagings afgehandel sou word in ‘n “redelike tyd.” Die Bantoe het geen erg aan rede of tyd nie en die proses wat gevolg het, was die burokratiese weergawe daarvan om soos ‘n brommer in goue stroop te swem. Elke lid van die swart afvaardiging het ‘n lang uitgebreide relaas oor elke item, ongeag hoe beuselagtig, op die agenda. Elkeen van hulle se  verklarings moes noukeurig genotuleer word en elkeen van hulle het daarop geregtig gevoel om sy standpunt uit suiwere wispelturigheid ter enige tyd aan te pas of selfs heeltemal mee weg te doen. Waarna dít weer opgeteken moes word. Met die volgende vergadering was dit nou nie net die agenda nie maar die notules wat tot in die uitputtendste besonderheid fyngemaal is, wat natuurlik langer notules vir die volgende vergadering veroorsaak het wat dán weer in fyn besonderheid uitgepraat moes word en… en voor die blanke onderhandelaars se oë het ‘n eenvoudige proses uit beheer uit getol en ‘n kolossale, onontknoopbare kraaines geword.

Hierdie span onderhandelaars het voorts geensins uit een mond gepraat nie en het die forum aangegryp om breedvoerig met mekaar te verskil. Alliansies binne hierdie party is aangegaan en verbreek. Die Administrasieraad se onderhandelaars durf ook geensins ongeduldig met die proses geraak het nie. Die swart span was oorsensitief aangaande protokol en enige pogings om hulle aan te jaag, is as ‘n belediging gesien wat tot ‘n krisis opgekook is.

Na amper twee jaar van hierdie proses, uiteindelik!, is ‘n konsepskikking bereik. ‘n Datum is bepaal waarop hierdie ooreenkoms met ‘n sekere feestelike formaliteit onderteken sou word. Alles was gereed en in plek… behalwe… die oorspronklike span onderhandelaars van die dorpsgebied. Dit was nie hulle wat by die plegtigheid opgedaag het nie. In hulle plek was daar twaalf spiksplinternuwe onderhandelaars. En hulle weier om ‘n ooreenkoms, by die opstel waarvan hulle nie betrek was nie, te onderteken.

Die moderne Westerling het nie pantser teen hierdie slinkse aanwending van tyd as ‘n wapen nie. Die oomblik wat die veelparty onderhandelinge by Kempton Park aan die tirannie van ‘n sperdatum vir afhandeling onderwerp is, het die Meyer-de Klerk stoeispan klaar verloor. Naderhand was hulle so onbehoorlik oorhaastig om tog net om vadersnaam nie van sloerdery beskuldig te word nie, dat hulle die land en veral die Afrikanervolk nie vinnig genoeg verraai kon kry nie.

In die post-verraad era van 1994 af, het proponente van “deelnemende politiek” en ander onderhandelaars en debatteerders geensins beter gevaar nie. Die Bantoe en die Marxis en veral die marxistiese Bantoe, het die polities nuttige vermoë om sy eie propaganda te glo. Hulle onderskryf deesdae, met ‘n gulsige soort pathos, hulle self-ontwerpte geskiedenis as die adel van Afrika – die wêreld! – wat voorheen onderdruk is. Hulle beskou nie net meer die Suid-Afrika wat deur Afrikaner skranderheid gebou is as ‘n ontsaglike meevaller wat wonderbaarlik in hulle skote geval het nie. Nee, al het hulle nie ‘n sweetdruppel gestort, ‘n handboek oopgeblaai, ‘n vouer geliasseer, ‘n rekenaar aangeskakel nie, is die land en die volheid daarvan hulle swaarverdiende oorwinnaarstrofee en weë die arme sot wat met dié opvatting sou stry. Baie blanke redevoerders, ernstige en opregtemense, het met selfvertroue feite, statistieke en logika na ‘n debat met hierdie comrades gebring en is met verleë grinnike daar weg. Selfs Steve Hofmeyr.

Ek beskou meneer Hofmeyr as die beste Afrikaanse demagoog in die land, selfs wanneer hy nie sing nie. Hy het ‘n slag met woorde, ‘n aanvoeling vir ‘n sekere gevoelsgedrewe metrum en ‘n instink vir klem wat van hom ‘n formidabele spreker maak. ‘n Wyle terug het hy, apropos die Pretoria-naamkwessie, homself sterk en doeltreffend op een van sy konserte uitgespreek:

“Jy vernoem ‘n stad na iemand wat iets daar gebou het,” rasper hy, na wat vertel word, in daardie sinkplaat-wat-oor-klippe-gesleep-word stem van hom. “Jy vernoem dit nie na iemand wat daar verbygetrek het met drie bokke en net gestop het om teen ‘n boom te pis nie!”

Hei! Nou luister, hiérdie is taal wat ‘n swart debatteerder teen die bors sal stuit, wat maak dat hy na jou luister en, na dit alles, dat hy respek vir jou sal hê.

Maar sny die toneel na:

SABC televisie-ateljee. Twee spanne debatvoerders gluur rondom ‘n aanbieder na mekaar, reg om mekaar te pak oor dieselfde vraagstuk van Pretoria se naam. In die een hoek: Kallie Kriel van Afriforum en Steve Hofmeyr, albei gewapen tot die tande met feite, lyste, statistieke, uitsprake, aanhalings en wat nog, alles ter verdediging van die naam “Pretoria.” In die ander hoek, ‘n onbekende swart regsgeleerde met die venynige arrogansie van ‘n kaalwangvalk en saam met hom ‘n onbeduidende swart lid van een of ander obskure naamgewingsliggaam van die nuwe regime. Tussen die twee van hulle het hulle nie een soliede, samehangende geskiedkundige of geografiese feit om in hulle slingervelle te laai nie.

Dit was ‘n ongelyke stryd. En die wenners, en nog steeds onbetwiste debatskampioene van Afrika – die swart span! Terwyl Kriel en Hofmeyr ewe beleefd en stemmig, vol ontsag vir protokol, hulle netjiese en intellektueel verantwoordelike argumente aangebied het, het die swartes hulle aangekyk asof hulle iets onwelriekend en giftig is. Met hulle beurt was dit asof hulle die rakke vol breekware in ‘n eksklusiewe winkel omgooi. Hulle het twee punte en net twee punte in die gesprek ingedra: Hulle (die swart mense) was die eerste daar (in die Pretoria omgewing) en daar is meer van hulle (as van Kriel en Hofmeyr se bleek, beleefde soort.)

Daarom mag hulle, kan hulle en sál hulle Tshwane van Pretoria maak. So, voeg hulle by sonder om dit hardop te sê, moer weg! En Kriel en Hofmeyr kry daardie wasige uitdrukking in die oë en daardie verbysterde grinnike van mense wat met harde en onaanvegbare feite oor die streep op die grond getrap het en wat toe aangeveg en verslaan is deur opponente sónder feite, sónder logika en sónder redelikheid.

Steve sou baie beter gedoen het om sy berugte moer te strip en hulle brutaal in die rede te val met: “Luister julle vir my! Stil! Julle het duidelik nie die vaagste benul waarvan julle praat nie, so gee aandag: Iets kan nie ‘n naam kry voordat dit gemaak is nie. En die een wat dit maak, sê wat die naam daarvan is. Óns het Pretoria gebou en terwyl óns dit gebou het, het júlle ‘n entjie daarvandaan ‘n paar takke op mekaar gepak en dit ‘n kraal genoem. Nou ek gee nie om as julle elke takkraal wat julle al ooit gemaak het, van hier tot in Lagos, ‘Tshwane’ noem nie maar ons, omdat óns Pretoria gebou het, sal besluit wat sy naam sál wees en sál bly.

En as julle nie van die naam ‘Pretoria’ hou nie, die goeie nuus vir julle is dat daar nie meer ‘n groepsgebiedewet nie en julle het die volste konstitusionele reg om nie naby die Afrikaner-stad Pretoria te kom nie!” Sy “drie-bokke-en-pis-teen-‘n-boom” toespraak sou soveel meer effektief as al sy beleefde argumente gewees het.

Selfs Eddy von Maltitz, regse politieke osdrywerstok van die Vrystaat, kan by tye te beleefd wees ten koste van ‘n geldige standpunt. Die uitsaaibedryf was nog nooit in die Nuwe Suid-Afrika so opgeblase van selftoegedeelde belangrikheid as tydens die Spitskonferensie op Volhoubare Ontwikkeling wat in 2002 in Johannesburg aangebied is nie. Tim Modise het die A.N.K. se voete gewas met sy radioprogram deur elke oggend ‘n polities geheiligde ateljeegas te hê. Een oggend was dit ‘n swart historikus met ‘n onuitspreekbare naam uit ‘n onbenullige diktatorsdom iewers uit Wes-Afrika. Hy het gerapsodieer oor die Bantoe se plig en geleentheid om “sy eie geskiedenis” te maak en oor te vertel in die utopie van die Nuwe Afrika waar net sensitiewe, skrander, diepsinnige Bantoes in woon sonder ‘n anaal-retentiewe bleeknerf insig.

Von Maltitz bel toe in en vra, o so beleefd, of die waardige gas Keith Richburg se “Out of Ameria” gelees het. Dis ‘n goeie vraag. Richburg se boek gaan na alles oor sy persoonlike ontnugtering as swart Amerikaner wat Afrika geïdealiseer het totdat hy daarheen oorgeplaas is en hy gekonfronteer moes word met, onder andere, die duisende en duisende lyke wat rivieraf dryf uit Rwanda toe dié sensitiewe en diepsinnige Bantoes hulle bure met die grootste uitgelatenheid uitgedelg het.

Modise se ateljeegas sou moes bontstaan om te verduidelik hoe hierdie boek in sy visie van ‘n nuwe Afrika historiografie moontlik geakkommodeer sou kon word. Maar, getrou aan die redenasiestyl van die Bantoe, het die ateljeegas nie eers die ordentlikheid gehad om te bevestig of te ontken of hy die boek gelees het nie. Hy het bloot ‘n rits titels van boeke deur skrywers uit die skool van Afrika nasionalisme afgerammel en gevra of Von Maltitz dít gelees het. En Eddy, baie beleefd en eerlik, val in die strik deur te erken hy het nie. In die tradisie van die Afrikaner stel hy homself onderhewig aan reëls wat hy nie van ander verwag om na te kom nie.

Wat hy moes gedoen het was om in wese te sê: “Hei, luister, jý is die ateljeegas. Ek is nie. Jy is daar sodat ék vir jóú vrae kan vra. As jy vir mý iets wil vra, wag totdat ék die ateljeegas is en dan vra jy vir my net wat jy wil en ek sal die ordentlikheid hê om jou eerlik en volledig te antwoord. Intussen tyd, wees darem net gemanierd genoeg om te antwoord, ja of nee, het jy “Out of America” gelees en indien jy het, wat dink jy daarvan?”

Die beste is om natuurlik nie vir die opponent vrae te vra of antwoorde te verskaf nie. Ons is dikwels te ordentlik vir ons volk se beswil. Die enigste hoop vir ons oorlewing is om onsself in ons eie Republiek te regeer. Ons gaan dit nie deur goeie maniere bekom nie. Jy sê nie asseblief wanneer jy vir iemand skree om uit ‘n brandende huis te hardloop nie. Onderhandelinge met ‘n Bantoe-regering sal enige oplossings net uitstel. Dit het Afriforum, die DA, Vryheidsfront + en ander gelowiges in deelnemende politiek reeds vir ons tot vervelens toe gedemonstreer.

Nee, sê ek. Kom ons laat die Tien Plae op die Nuwe Suid-Afrikaanse regime los en wanneer hulle ons die dag skuifelvoet benader, dán praat ons en ons praat net genoeg om instruksies uit te vaardig. En dan vat ons wat ons s’n is.

игрушки лунтикаtopcargo отзывы

Konsensus is dood: konfrontasiepolitiek is al uitweg

Toe Piet Retief Dingaan se kraal vir die laaste keer binnegegaan het, was dit met die naïewe verwagting dat daar ’n ooreenkoms staande gemaak is wat sowel sy afvaardiging as sy trekgeselskap sou respekteer en beskerm. Waarmee Retief nie rekening gehou het nie is dat hy onvoeldoende kennis van die swart kultuur gehad het om te aanvaar die ooreenkoms sal staande bly. Retief, met sy Calvinistiese waardes, sou sekerlik ’n ooreenkoms met dieselfde tipe toewyding en dissipline toepas as wat hy in alle ander terreine van sy lewe sou nastreef.

Piet Retief se aanname en tragiese finale besoek aan die Dingaan-kraal omvat die kern van die Westerling se onvermoë om die Afrikaan te begryp. As Calvinis het die rasionaliteit daarvan om ’n ooreenkoms toe te pas sin gemaak, want alleen deur ’n nuwe ooreenkoms suksesvol en met toewyding te implementeer sou ’n vertrouensfondament tussen trekker en inboorling tot stand kom. So ’n verhouding sou dan vrede en samewerking moontlik maak. Retief se naïewe geloof in die inboorling se begrip van kontraktuele verbintenis sou tot die gewelddadige lewensverlies van onskuldige mans, vroue en kinders lei.

Die Afrikaan wat in ’n pre-historiese samelewing was, het geen ervaring van ’n objektiewe regstelsel en dus ook geen etiese konsep, wat in enige vorm van kontrakreg beslag sou vind, gehad nie. Toe Retief en sy manskappe hul wapens buite die kraal laat, het die kontrak verval. Vir die Afrikaan wat nie kan onderskei tussen die begrippe respek en vrees nie, sou daar geen rede meer wees om die kontrak te respekteer nie. Die afwesigheid van die witman se vuurwapen, lei tot ’n afwesigheid vir vrees en dus respek teenoor hierdie “indringer”. Daar is dus geen rede om die blanke langer te duld nie… Deur onrealistiese verwagtinge t.o.v. die Afrikaan te koester, sou die witman op die mees dramatiese wyse betaal. Die ontnugtering was ontsaglik. Dieselfde ontnugtering as wat Afrikaners toenemend vandag beleef.

Afrikane verstaan hul eie kultuur en sou anders as Retief handel. Geen Afrikaan sou ’n ooreenkoms sluit en dan sonder wapens in ’n (eertydse) vyand se teenwoordigheid verkeer nie. Geen Afrikaan sou in so ’n deursigtige strik gelei word nie. Dingaan het die Westerling se swakheid gouer besef as andersom. In die stamverband van die primitiewe mens waar geen onafhanklike regstelsel bestaan nie, is die stamhoof die wet. Hy is die sterkman, die een wat sy leiersposisie deur oorerwing en die vertoon van mag verkry en behou. Dingaan wat self van die heersende familie was het immers sy posisie behaal deur Sjaka te vermoor.

Helaas, die Westerling se gevorderde denkwyse, sy onderskrywing van die etiese en die voortreflike, sy formulering van ooreenkomste en wette, dit is wat tot sy naïwiteit lei. Dit is sy kennisstelsel wat daartoe lei dat hy die prehistoriese, die eties gebreklike, met vertroue omhels. Hoeveel vertrouende boere, werkgewers, sendelinge, simpatiekes en verskeie ander weldoeners het al hul laaste asem uitgeblaas aan die gewelddadige hand van die Afrikaan? Te veel… “Goedertrou”: Die Westerling beskou dit as ’n deug , maar die Afrikaan beskou dit as swakheid.

Goedertrou is die witman se swakheid. Dit is die basis vir konsensuspolitiek.  Goedertrou: dit is wat die Afrikaner in die Kemtonparkse kraal laat val het en dit is wat maak dat die Afrikaner vandag nog aan statutêre politiek deelneem. Daar bestaan ’n naïewe geloof in die redelikheid van die sisteem.  Is goedertrou ’n Christelike beginsel? Is dit die rede waarom die Joodse staat nooit soos ons die pad van oorgawe sal loop nie? Is dit die etiek van medemenslikheid en vergifnis wat maak dat ons die onbetroubare vertrou? Ek is nie ’n teoloog nie, maar wat ek wel weet is dat die kerk in die tagtigs tot vandag nog van die Afrikaner verwag om die Afrikaan as medemens te omhels.    

Tog, die Afrikaan van vandag is nie die Afrikaan van 200 jaar gelede nie. Of is hy? Het die Afrikaan verander? Sou dit moontlik wees dat hy in die tweede helfte van die vorige eeu Westerling geraak het? Sou die karige blootstelling wat hy aan seep, paraffien, geblikte kos, derdeklastreinwaens, sendinggenootskappe, etniese televisie en Bantoe-onderwys gehad het, van hom ’n Westerling maak?  Is hy ’n nuwe aankomeling in die ontvangslokaal van Westerse moderniteit? Of nie? Was sy blootstelling daaraan nie dalk te yl en te kort nie?

En indien die vorige eeu nie die verskil gemaak het nie, wat van die bemagtigende nuwe millenium van die “medemenslike” Nuwe Suid-Afrika?  Wat van vandag se nuwe swart middel- en elite klasse? Sou hierdie hoofsaaklik ondergemiddelde presteerders met bedenklike (of geen kwalifikasies) wat “bemagtig” word tot posisies wat hul karige vermoëns oorweldig, nou reeds Kitswesterlinge wees?  Sou ’n lewe van statuur, hoë posisie, Mercedes-Benz, Gucci, Rolex en Hennessey beteken dat hy nou die rug keer op die slagding in die agterplaas, die gebrek aan betroubaarheid, die wil om te neem wat nie aan hom behoort nie en voortplanting by verskeie vroue?. Of is dit eerder ‘ n geval van die Rolex en die vrypostige seks, die slagding en die Hennesey, die hoë posisie en lang vingers, statuur en onbetroubaarheid wat eklekties en sinkretisties met mekaar vermeng word?

Roelf Meyer en FW de Klerk het geglo in konsensuspolitiek. Of altans dit is wat hulle die Afrikaner wou wysmaak. Was dit werklik in goeder trou of eerder blatante verrraad vir een of ander vorm van vergoeding? Wie sal ooit weet…? Wat ons wel weet, is dat met elke gesin wat aangeval word, pa wat voor sy gesin doodgemartel word, vrou wat verkrag word, kind wat vermink of vermoor word, met al die vorme van trauma wat die Afrikaan op die blanke laat manifesteer, elke keer, verloop Bloukrans en die vele ander moorde stukkie vir stukkie, weer van voor af. So gebeur dit, oor en oor, totdat daar nou al ’n hele aantal Bloukranse se bloed gevloei het. Meyer en De Klerk se vertroue in die Afrikaan het ons onderwerp aan ’n Afro-fascistiese regime waar ons taal en kultuur verdruk word, ons uit die ekonomie gewerp word, geen politieke mag meer het nie, die land uitgedryf word en sistematies uitgemoor word. Dit is die resultaat daarvan om die wapens buite die kraal te laat en op die Afrikaan se goeie voornemens te vertrou. Dit is wat gebeur omdat ons die mag, polities en millitêr, aan die onredelike en venynige oorhandig het.

Ons het konsensuspolitiek bedryf, ons het goedertrou die ooreenkoms binnegegaan. Vir baie blankes het dit die “regte boodskap” aan die swarte gestuur wat dan toekomstige vrede en samewerking sou waarborg. “Elkeen kry sy plekkie in die son…” Die boodskap wat die Afrikaan ontvang het, was egter heel anders as die blanke se voorneme. Vir die Afrikaan was dit die blanke wat aan sy eie swakheid, nl. om te vertrou, oorgee. Dit is vreemd dat so baie Afrikaners na minder as 200 jaar weer ’n ooreenkoms met die Afrikaan goedertrou sou aanvaar. Mens sou verwag ons weet van beter, maar miskien moet ons so ongeveer elke  tweede eeu daaraan herinner word dat ons in Afrika en nie in Europa leef nie. Soos Retief en sy mense het ons onsself deur Meyer en De Klerk ter slagting laat lei.

Laat ons nooit weer hierdie fout begaan nie. Laat ons nooit weer die Afrikaan vertrou nie. Vir eens en vir altyd moet ons besef dat die Afrikaan alleen die vertoon van mag verstaan. Laat ons finaal ons rug op konsensuspolitiek draai. Vir eers sou dit beteken dat ons deelname aan alle gesprekke met swartes staak. Ons sal onsself ’n guns bewys deur van alle forums (bv. die parlement), waar die Afrikaan domineer, te onttrek.

Die Afro-facsistiese regime respekteer glad nie ons menswaardigheid nie. Dit soek geen konsensus met ons nie en forseer sonder huiwering hul wil op ons af.

In hierdie situasie maak dit geen meer sin vir ons om konsensus met die regime te probeer voer of enige ander vorm van samewerking te bied nie. Konsensus kom nie net van een kant nie. Konsensus is dood!

Die regime voer konfrontasiepolitiek met ons, want hulle het geen rede om anders te doen nie. Ons deelname en gekruipery in die raadsale gee vir hulle alleen rede om ons met disrespek en veragting te hanteer.

Die Afrikaner sal nou ’n ander strategie moet volg as hy in Afrika wil oorleef. Geen meer mooi woordjies nie, geen meer kruipery nie, geen meer konsensus nie. Voortaan moet ons die Afrikaan alleen d.m.v. konfrontasie benader. Laat ons hom konfronteer met vreedsame protes, met konfrontasie in die ekonomie, in die nie-statutêre politiek, in sportadministrasie, kulturele en taalsake, onderwys, letterlik oral waar ons kan. Laat ons die regime verneder op sportstadions, in die kuberruim, in die buiteland, in die gedrukte media, op geselsforums,  in die werkplek, op straat, op skouterreine en oral denkbaar.

Alleen konfrontasie sal die regime in sy spore stuit.

оборудование для автосервисалобановский депутат

Amateur-antropoloë en opposisiepolitiek

ImageIn hierdie rubriek reageer ek op die debat oor die opposisie-politiek wat na aanleiding van Jan-Jan Joubert se artikel in die Johannesburgse dagblad Beeld ontstaan het. Ten eerste word gehandel met die “antropologiese” perspektief op die ANC as ‘n Afrika-beweging wat nie vir adversatiewe politiek vatbaar is nie. In die tweede plaas word die posisie van die opposisie behandel teen die agtergrond van die strukturele probleem wat deur Suid-Afrika se sentralistiese grondwet teweeg gebring is.

Die ANC

In die beste tradisie van adversatiewe politiek en in gemaklike geselskap met enige Engelse of Amerikaanse hofpraktisyn het Bulelani Ngcuka se regsverteenwoordiger, advokaat Morame met aggressiewe en vyandige kruisverhoor korte mette met Mac Maharaj en Mo Shaik voor die Hefer-kommissie gemaak.

Die Hefer-kommissie self bied ‘n sprekende aanskouingsles van hoe Thabo Mbeki hoogs doeltreffend en met die minimum van kritiek wat hy vir homself op die hals haal, sy opponente binne die ANC uitoorlê. Dit bied ‘n handboekgeval van doeltreffende politieke (en militêre) strategie, van hoe om met die minste moontlike energie-besteding en risiko jou opponent te elimineer. (Onthou dit gaan eintlik oor Jacob Zuma, wat, soos beplan, ná Hefer behoorlik aan Ngcuka – een van Mbeki se vertrouelinge – uitgelewer sal wees.)

Oor die afgelope dekade het die ANC met Mbeki aan die voorpunt sy Kommunistiese Party- en Cosatu- bondgenote onder andere deur ‘n mengsel van openbare vernedering en private afknouery gedissiplineer en behoorlik onder die duim van die party gebring. Die twee liggame – blote skadu’s van wat hulle eens was – het as gevolg daarvan grootliks hulle politieke relevansie verloor.

Die ANC het in 1994 die IVP met ‘n ooreenkoms onder andere oor beloofde federalisme, groter magte vir die Zoeloe-koningshuis, ens., tot deelname aan die verkiesing oorreed. Die IVP en Mangosuthu Buthelezi by name is op velerlei wyses daarna deur die ANC-leierskap verneder. Buthelezi, onder die bedreiging van hernieude geweld in Kwazulu-Natal, in die aangesig van aggressiewe adversatiewe politiek in Kwazulu-Natal onder die leierskap van Mbele, en ten spyte van die feit dat die federalisme-oorenkoms verbreek is, het in weerwil van sy klaarblyklike onvermoë om ‘n beduidende invloed op die breë gang van die politiek uit te oefen, het geen keuse nie as om steeds deel van die regering te bly.

Die NNP het ‘n ooreenkoms met die ANC bereik, wat aldus die NNP moes help om beter vir die minderhede te beding. Adriaan van Niekerk, taalombudsman van die party, moes toekyk hoe die verengelsingsbeleid in die openbare sektor onder die aanvoering van die ANC onverpoos voortgaan, ondanks aanhoudende klagtes daaroor. Van die voldoening aan die belange van die minderhede wat die NNP deur sy ooreenkoms sou bewerkstellig het, kom duidelik niks tereg nie.

Die Vryheidsfront het op die vooraand van die 1994-verkising ‘n ooreenkoms met die ANC bereik, wat in beginsel die deur vir ‘n volkstaat oopmaak. Die grondwet is te dien effekte gewysig. Elke keer as die Vryheidsfront met die regering praat, bevestig laasgenoemde by navraag dat die ooreenkoms wat na die volkstaat moet lei, steeds van krag is. Toe Orania se munisipale status twee jaar gelede ter sprake gekom het, het die regering die kwessie vermy en moes dit met hoë koste vir Orania (en die Vryheidsfront) in die hof verder gevoer word. Orania is steeds sonder munisipale status en die regering vermy dit om hierdie by uitnemend politieke kwessie in die gees van die ooreenkoms wat hy met die Vryheidsfront het, te hanteer.

Solidariteit het aanvanklik by monde van die voorsitter van die parlementêre arbeidskomitee, Salie Manie, gunstige seine van die ANC gekry oor die beoogde gelykheidsakkoord. Sedertdien hou die ANC Solidariteit nou reeds bykans twee jaar aan ‘n lyntjie oor die saak. Ons is tans net so ver weg van ‘n gelykheidsakkoord as toe die gedagte die eerste keer genoem is,

Hierdie voorbeelde (en nog ander kan genoem word) dui oorweldigend daarop dat ons in die ANC ‘n politieke beweging het met ‘n deurtrapte vermoë om sy doelwitte te bereik en om in die proses sy opponente met afdreiging, intimidasie, delegitimering, koöptasie, misleiding, onbepaalde uitstel van die hantering van vraagstukke, verontagsaming van ooreenkomste ens. te neutraliseer.

In hierdie opsigte onderskei die ANC hom nie as ‘n tipiese Afrika-beweging, of Westerse beweging of Kommunistiese beweging of regse of linkse beweging nie. Hy plaas hom bloot in die kategorie van tipiese politieke beweging wat soos die talle ander oor die eeue heen in Afrika, Europa, of waar ook al die vermoë om mag te maksimaliseer en opponente te neutraliseer, verfyn het.

Laat ons dus tog maar gerus die amateur-antropologie laat vaar dat ons eintlik die ANC as ‘n besonderse Afrika-verskynsel moet hanteer en dus noodwendig in terme van ‘n anti-konflikmodel versigtig en deurlopend vriendelik moet benader. Die ANC se rekord van politiek beoefen demonstreer duidelik dat daar geen rede is om die ANC as ‘n beweging van swartes te tipeer nie, maar juis as by uitstek as ‘n beweging wat stewig onderlê is in die logika en die strategie van magsmaksimalisering. Onderliggend aan die antropologiese kategorieë wat die afgelope paar dae die rondte gedoen het, is boonop ‘n verbysterend onrealistiese aanname dat die ANC in tradisionalistiese Afrikaterme vertolk moet word. ‘n Meer ongegronde lees van die ANC is nouliks denkbaar. Die ANC is ‘n tipies modernistiese beweging, wat hom bowendien konsekwent van Westerse denkbeelde bedien het. Die Freedom Charter is ‘n tipies Westerse dokument waarin die waardes van die moderne Westerse liberale staat omhels is. Die ANC het hom daarna in die grondwetlike onderhandelings met al die wesenskenmerke van die liberale staat vereenselwig: ‘n grondwet met fundamentele regte, ‘n konstitusionele hof, sekularisme, skeiding tussen kerk en staat, ens. Trouens, die ANC is waarskynlik in vele opsigte sterker met Westerse denkbeelde vereenselwig as sommige van die Westerlinge self wat die ANC Afrikanisties lees. In dié verband is dit noodsaaklik om daarop te let dat die gedagte van Afro-nasionalisme self (in terme waarvan ek die ANC vertolk) nié tradisionalisties nie, maar juis modernisties is aangesien dit ‘n nasionalistiese politieke denkbeeld verteenwoordig, soortgelyk aan die nasionalismes van negentiende-eeuse en twintigste-eeuse Europa wat rasioneel bedink is.

Die opposisie en die wentelbaan-verskynsel van eenparty-dominasie

Die opposisiepolitiek bevind sigself klaarblyklik toenemend in ‘n krisis. Bowendien word die krisis al hoe meer as sodanig beleef. Waar Peet Kruger byvoorbeeld drie jaar gelede bykans leedvermakerig gevra het watter haas vriend Tony uit die hoed gaan pluk om die ANC te troef, het Jan-Jan Joubert, ofskoon daar natuurlik van hom verskil kan word, sekere van die onderliggende probleme van die opposisiepolitiek en van die gevare wat dit vir demokrasie in Suid-Afrika inhou, aangespreek.

Die onderliggende probleem van die opposisie in Suid-Afrika is struktureel van aard. Meer spesifiek behels dit ‘n grondwetlike probleem wat al hoe duideliker voelbaar raak in die toenemende krisis van die opposisie. Dis ‘n saak wat trouens al herhaalde kere deur myself en ander opgehaal is. Juis daarom vind ek dit jammer dat deelnemers aan die debat na aanleiding van Joubert se artikel hulle geredelik tot oppervlakkighede gewend het soos om Tony Leon van arrogansie te beskuldig, of die DA van opportunisme ens. ens. Dit mag inderdaad so wees dat Leon arrogant is en dat die DA nie vry van opportunisme is nie. Dit sou egter ‘n heel maklike taak wees om in soortgelyke persoonlike terme ander partye en hulle leiers van arrogansie, opportunisme, geïntimideerdheid, oppervlakkigheid, kruiperigheid, ruggraatloosheid ens. ens te beskuldig. Die DA het nie ‘n patent op dié soort dinge nie. Dis egter nie ter sake nie.

Wat wel ter sake is, is dat Suid-Afrika ‘n sentralistiese grondwet het, en dat die ANC weens die rasseaard van ons politiek en met die swart steun waarop hy kan reken, van beheer oor dié magsentrum verseker is. Ál die opposisie-partye én die ANC deel dit tans met mekaar dat hulle òf nie die strukturele posisie as ‘n probleem beskou nie, òf verkies om dit nie aan te spreek nie, hetsy omdat hulle nie weet hóé nie, hetsy te lugtig is om dit te doen omdat die ANC dalk sal aanstoot neem en die toegang tot die president as gevolg daarvan in gevaar gestel sal word.

Die DA is weliswaar histories federaal gesind en het in die afgelope tyd weer enkele kere federale geluide gemaak. Tog sien die party skynaar nie die sentralistiese situasie as ‘n baie ernstige probleem nie en meen dat dit mettertyd genoeg steun sal kan monster om die ANC te verslaan. Die DA beskou die Suid-Afrikaanse politiek dus as basies bipolêr met die ANC as die een pool teenoor die DA (en moontlike bondgenote) as die ander pool. Aangesien hy homself as die teenpool van die ANC en as ‘n potensieel alternatiewe regering beskou, is sy optrede uitgesproke en selfstandig. Met die ANC as sy teenpool gee hy min om wat die ANC van hom dink. Trouens, wat die ANC en die regering van hom dink is nie vir hom ‘n faktor nie. Hy is per slot van sake ‘n selfstandige pool. (In dié opsig is die DA se optrede in pas met die optrede van sy voorgangers teenoor die Nasionale Party gedurende die vorige bedeling, asook soortgelyk aan die optrede van die groot Duitse, Britse of Franse partye teenoor mekaar. Let op dat die optrede nie bepaal word deur die vraag of die stelsel oor ‘n Westminster- of ‘n proporsionele aard beskik nie. Die optrede van die partye is in beginsel bedingend en mededingend.)

Die NNP en die VF Plus ens. het egter aanvaar dat die ANC se oorheersing van die politieke orde gekom het om te bly en beskou hulself derhalwe nie as selfstandige pole binne ‘n bipolêre of ‘n multipolêre politieke orde nie. Hulle beskou die politiek dus as unipolêr anders as die DA se bipolêre siening. Dienooreenkomstig word die verhouding met die blywende magsentrum – die ANC – as van deurslaggewende belang gesien. Dit word as ‘n nodelose oefening beskou om met die ANC mee te ding omdat sodanige mededinging per slot van sake nie die uitwerking kan hê om die ANC as enigste (dominante) pool van die politieke orde te ontsetel nie. Maar nog veel meer as dit, is dit bowendien uiters riskant om met die ANC te beding omdat die ANC kan aanstoot neem en alle moontlikhede om iets te bewerkstellig tot die voordeel van die belange wat die partye graag wil dien daarmee in gevaar gestel word. Die verhouding met die ANC kán derhalwe nie mededingend met dié wees nie omdat die partye net heeltemal te swak in vergelyking met die ANC is. Bowendien durf dit ook nie bedingend wees nie omdat dit die vriendelike verhouding in gevaar stel op grond waarvan die belange wat daardie partye verteenwoordig, bepleit word.

Die sentrale verskil tussen die DA en die gemelde opposisie-partye is dus dan die locus van oriëntasie. Die DA is sy eie oriëntasie-locus. Hy wentel as’t ware rondom homself want hy voorsien dat hy moontlik nog kan regeer. (Hoe realisties dit is, is natuurlik ‘n ander saak.)

Die ander partye se oriëntasie-locus is die ANC, want hulle sien die ANC as die permanente regeerder en gevolglik bepaal die ANC hoe hierdie partye hulle hulself moet oriënteer, naamlik in die gunstigste moontlike verhouding met die ANC om op ‘n vriendelike wyse die ANC om ‘n gunstige kopknik te mag vra. Hierdie partye oriënteer hulleself in ‘n wentelbaan rondom die ANC-sentrum. Dit beteken nie dal hulle die ANC ondersteun nie, maar wel dit hulle van die ANC afhanklik is en hulle eie posisie in terme van die ANC se verwagte reaksies inrig.

Laasgenoemde partye bevind hulle in ‘n dilemma in die volste sin van die woord. Hulle het moontlik strategiese doelwitte wat hulle graag wil bevorder. Dit kan hulle egter nie doen nie omdat dit hulle in spanning met die ANC kan bring en hul noodsaaklike nabye verhouding met die ANC kan bedreig. Hulle word dus in ‘n keuse ingedwing om óf hulle eintlike doelwitte te laat vaar, óf die noodsaaklike verhouding met die ANC op te offer. As hulle die strategiese doelwit ‘n hoë profiel gee, is die noue verhouding met die ANC daarmee heen en kan hulle hoegenaamd niks bepleit nie. Aan die ander kant, beteken die aanknoop en kultivering van die noue verhouding met die ANC, wat noodsaaklik is om minstens iets te bepleit, dat die strategiese doelwitte daarmee heen is. Dit leef moontlik as vae en swak geartikuleerde sentimente voort maar verskyn nie meer op die politieke agenda nie.

Die noodsaaklik noue verhouding met die ANC het tegelyk ‘n regstreekse uitwerking op die verhouding jeens die aspirerende teenpool, naamlik die DA. Die ANC het ‘n hewige renons in die DA, nie omdat die ANC so ‘n Afrika-organisasie is nie, maar omdat hy met afsku vervul is teen diegene wat hom voortdurend aanval. Dit word natuurlik vererger deur die feit dat die ANC as die prima morele agent plaaslik en in die buiteland lank daaraan gewoond was om op die hande gedra te word en geensins daarvan hou om voor stok gekry te word nie. Diegene wat dus naby die ANC wil bly en oortuig is dat hulle die oor van die president moet hê, moet gevolglik hulle bona fides bewys, deur die ANC se afkeur in die DA te deel en te artikuleer. Gevolglik vind ons toenemend die verskynsel dat die nie-DA-opposisiepartye in hulle afkeur in die DA verenig is en saamstem oor die DA se beweerde arrogansie, kritieklewering ter wille van kritiek, opportunisme en dat die DA met al hierdie dinge tog niks regkry nie. Eersgenoemde aantygings is soos reeds gesê irrelevant. Laasgenoemde dat die DA niks regkry nie, (behalwe natuurlik om ‘n eenpartystaat te verhoed) is moontlik grootliks korrek. Dit doen egter nie afbreuk aan die feit dat die nie-DA-opposisiepartye op hierdie manier onbedoeld saam met die ANC teen die DA verenig, in plaas van wat die DA graag sou wou hê, naamlik dat die opposisie teen die regering moet verenig. Die effek van hierdie vereniging téén die DA in omstandighede waar ons reeds ‘n sterk eenpartydominante stelsel het, is dat die konsep van opposisie as sodanig verdag gemaak word met die gevolg dat die bestaande eenparty-oorheersing slegs verder verskans word.

Wanneer die posisie van die opposisiepolitiek aan die bod kom, is dit noodsaaklik dat ons die onderliggende strukturele oorsake van die krisis van die opposisie, die penarie vir minderhede en die gevaarligte vir demokrasie blootlê. Die bylê van die probleem is natuurlik ‘n taak en ‘n half (om die minste te sê.) Maar laat ons minstens ooreenkom om nie agteruit te boer met oppervlakkige persoonlike beskuldigings en verdagte “volkekunde” nie.

free games no download no registration slotsалександр лобановский класс

Is parlement?re opposisie “ongesond”?

ImageDie stof wil nog nie gaan lê oor mev. Helen Zille se verkiesing as leier van die DA nie. Pleks van ’n intellektuele of politieke debat oor Zille se toekomstige beleidsrigtings, gaan dit egter oor ’n taamlik onsmaaklike sms wat mnr. Pat Hill na bewering rondgestuur het en waarin daar verwys word na Zille as “die laaste spyker in die Afrikanerdoodskis”.

Veral die politieke korrespondent van Die Burger en Beeld, Jan-Jan Joubert, tree op as selfaangestelde openbarebetrekkingekonsultant vir Pat Hill, Robin Carlisle en sommer elke ander geriatriese Prog wat nog droom van die dae toe mens spreekwoordelik “Prog gepraat het, VP gestem het en God gedank het dat die NP aan bewind was”.

Gerugte wil dit hê dat mnr. Tony Leon deur Zille uit die party gewerk is. Indien Leon nie bedank het nie, sou hy in elk geval sy leierskapspos kwyt gewees het, want Zille het ’n paleisrevolusie teen hom beplan. Hoe waar dit is, weet ’n mens nie.

Toevallig verskyn daar vandag ’n interessante artikel in Die Burger waarin die redakteur ’n sug van verligting slaak dat Leon nie meer leier is nie. Ons lees die volgende:

“Dat ’n regering en die opposisie verskillend oor sake dink, is vanselfsprekend en selfs gesond. Dat hulle ’n robuuste politieke debat voer, eweneens.

Tog is daar ’n grens wat liefs nie oorskry moet word nie. Te veel polarisasie is ongesond.

[…]

Mbeki en Leon pas albei in die Angel-Saksiese politieke kultuur, waar verskille op die spits gedryf en die politieke debat by wyse van spreke met die skerpte van die swaard gevoer word. Dit in teenstelling met die vastelandse Europese politieke kultuur, waar die ergste venynigheid vermy en daar makliker na konsensus gesoek word.

Tiperend van die Suid-Afrikaanse situasie is die feit dat Mbeki en Leon mekaar eers reg aan die einde van laasgenoemde se leierskap van die DA onder vier oë gespreek het. In die meeste demokrasieë is dergelike gesprekke gereeld op die agenda.

Daarom is dit verblydend dat Mbeki en Leon se opvolger, me. Helen Zille, reeds onmiddellik ná haar verkiesing ’n afspraak wil reël. Dis soos dit hoort.”

Behalwe dat die skrywer hiervan hom gruwelik misgis met die hewige woordgevegte wat daar op die Europese vasteland woed, die vele hofsake en venynige opmerkings wat daar oor en weer in Nederland, België, Frankryk, Duitsland en Italië gemaak word, om nie van die sluipmoord op Pim Fortuyn te vergeet nie, kan ons sien waarom Die Burger so baie van Helen Zille hou.

Zille soek konsensus, nie polarisasie nie. Hoor ons iewers die klokkies van ’n eenpartystaat lui? Jan-Jan Joubert het self enkele jare gelede ’n taamlike debat aan die gang gesit oor die verskil tussen die DA en die Vryheidsfront. Op daardie stadium het Pieter Mulder gepraat van “samewerkende opposisie” en dat sy party min of meer aanvaar dat die ANC vir altyd aan bewind gaan wees. Hierop het Koos Malan ’n insiggewende repliek gelewer wat destyds op die Praagwebwerf gepubliseer is. Dit word vandag geherpubliseer omdat hierdie kwessie nog steeds met ons is. Sekere mense in die land, veral diegene wat dweep met “demokrasie”, hou nie van demokratiese opposisie nie en wil eintlik hê dat ons in ’n soort eenpartystaat met ’n “mak” opposisie of sónder enige opposisie moet verval.

Dit bring my nou by ’n gesprek wat ek enkele jare gelede met Tony Leon gehad het by die Hyatt-hotel in Rosebank op die stadium toe die DA uitmekaar gespat en die NNP weer sy eie paadjie begin loop het omdat hy met die ANC wou saamwerk. Volgens Leon het hy eintlik destyds ’n goeie verhouding met Marthinus van Schalkwyk gehad, maar iewers het “groter magte” in die vorm van FW de Klerk en die base van Naspers besluit dat ’n sterker opposisie die ANC net verder gaan antagoniseer en die land gaan “polariseer”.

Vandag lees ons dit weer in Die Burger waar Helen Zille gelukgewens word met haar “sagte styl” van opposisie. Wat sê dit vir ons? Tony Leon moes padgee omdat hy wou opponeer en nie wou saamwerk nie.

Dus is die hele debat rondom die aard en funksie van parlementêre opposisie in ’n eenpartydominante staat soos Suid-Afrika nog lank nie uitgeput nie.

Hoe lyk die Suid-Afrika waarvoor Helen Zille haar beywer? wil ’n mens vra. In ’n onlangse radio-onderhoud op RSG se “Praat saam” het mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront Plus haar die volgende vraag gevra:

Wat is u standpunt oor die DA se verhouding met ander opposisiepartye, gaan die DA homself/haarself beywer vir samewerkende opposisie of gaan die DA voort met sy "DA alleen"-opposisiestyl, inaggenome die feit dat Suid Afrika nie ’n homogene land is nie, maar wel ’n diverse land.

Hierop het Zille geantwoord:

"My posisie teenoor ander opposisiepartye is dit: Die DA is in koalisie met die VF Plus in Kaapstad, ons het vir mnr. Dirk Smit as Speaker en dit werk goed, baie goed. Mnr. Smit staan my by in woord en daad met baie goeie raad.

Die DA staan vir ’n opegeleentheid-gedrewe samelewing. Ons moet weg beweeg van identiteitspolitiek na ’n rigting van die politiek van aangeleenthede, knelpunte en issues. My boodskap aan alle minderhede is dat ons deel kan wees van iets baie groots, nie van ons klein groepies of laertjies nie.

My rol is ook nie om ander opposisiepartye te ondermyn nie, maar om met hulle saam te werk. Ek is baie in my skik oor hoe die VF Plus met my in Kaapstad saamwerk.”

Jacob Zuma se woorde aan ons Afrikaners by die onlangse braaivleis wat ons saam bygewoon het, was: “die Afrikaner is nie net nog ’n minderheid nie”. Wil Helen Zille die Afrikaner, sy taal, geskiedenis, identiteit, die totale geestelike bouwerk wat oor 350 jaar in dié land tot stand gekom het, reduseer tot ’n “klein groepie” of “laertjie”? Ek hoop nie so nie.

Wat sommige geskiedskrywers die “imperiale mistiek” noem, loop soos ’n goue draad deur die Engelse politiek in Suid-Afrika. Die gedagte om ’n groot ryk (“iets baie groots” in Zille se woorde) tot stand te bring met miljoene mense wat maar alte graag van hul identiteit sal afstand doen om hul lojaliteit teenoor die ryksideaal te bevestig, is nog altyd as byna vanselfsprekend geag.

Daarenteen verstaan die ANC egter baie goed hoe om etniese antagonismes en veral rassegevoelens te gebruik om sy kiesers by die stembus te kry. Deur etnisiteit as ’n politieke faktor in Suid-Afrika te ontken, ontneem die DA hom van ’n belangrike wapen in sy arsenaal as opposisieparty. Indien daar ’n land in Afrika bestaan waar etnisiteit geen rol in die politiek speel nie, sou ek graag die naam van daardie land wou verneem.

Aan die ander kant lyk dit, as mens kyk na die onlangse uitsprake van mnre. Pat Hill en Robin Carlisle, asof daar in die DA tóg plek vir die meer negatiewe aspekte van etnisiteit soos dit in Boerehaat manifesteer, sou wees…

аппарат для мойкиФільчаков Олександр Васильович

ESSA?s sal uiteindelik soos Rhodesi?rs verdryf word

Die huidige penarie waarin die DA verkeer, nadat dit op die lappe gekom het dat daar ’n aktiewe anti-Afrikanerstrategie binne die party gevoer word, is veelseggend. Hierdie skandaal wat slegs enkele dae na die verkiesing van die party se nuwe leier uitgelek het, kan die party se doodskoot beteken, tensy die party se spindokters dit suksesvol kan toesmeer, soos wat tans gepoog word. Die party beweer nou dat die sms ’n eksterne smeerveldtog is en dat forensiese ondersoeke gedoen word “om die oorsprong te vind”. Mens wonder onwillekeuring of die “forensiese getuienis” ooit aan die publiek bekend gemaak gaan word.

Selfs al word bo alle twyfel bevind dat dit ’n eksterne veldtog is (wat te betwyfel is), dan verander dit nog nie die wesentlike anti-Afrikanersentimente binne die DA-bestuur nie. Ongeag dat meeste Afrikaners vandag  die volksverraaier, Kortbroek, verag, was hy reeds die eerste slagoffer van die DA se anti-Afrikanerkultuur. Die rede waarom Van Schalkwyk van die  “Alliansie” weggebreek het, was weens die uitlek van Tony Leon en die Engelsprekende Ryan Coetzee (Leon se spindokter), se komplot om Van Schalkwyk (’n Afrikaner), na die NP/DP-huwelik, “uit te werk”.

Gegewe dat die DA deur oud-Progge, almal Engelssprekendes, en hul jonger rekrute oorheers word, is dit te verstane dat die party ’n anti-Afrikanerkultuur sou hê. Heelwat kommentators het al beweer dat Engelssprekende Suid Afrikaners (ESSA’s) se afkeur in apartheid nie gegaan het oor werklike morele oortuigings nie, maar dat dit eerder gemotiveer is deur hul haat vir die Afrikaner.

Die feit dat daar nog steeds so ’n haat binne die ESSA-gemeenskap teenoor Afrikaners bestaan, wys daarop dat die samesyn van die twee groepe binne die DA ’n kunsmatige situasie is. Hierdie situasie het noodgedwonge tot stand gekom wees ’n desperate poging deur albei groepe om swart dominansie af te weer. Die DA , as mikro-politieke party, is daartoe verdoem om nooit enige noemenswaardige invloed op die ANC-regering se politieke rigting uit te oefen nie. Slegs deur ’n onstabiele alliansie met ’n paar bedenklike nano-partytjies in Kaapstad te vorm, kon die DA op daardie lae owerheidsvlak en in daardie geïsoleerde geval, ’n vorm van statutêre beheer verkry. Alhoewel die party in daardie geval “beheer” het, is dit minimaal aangesien dit met drie magsbeperkende faktore te make het:

§         Plaaslike owerhede het betreklik min mag en word deur die provinsiale regerings (almal ANC-beheerd), sowel as deur die ANC se sentrale regering oorheers.

§         Aangesien hulle die stadsregering kan maak of breek, is die nano-partytjies in die DA-koalisie tot groot mate die stert wat dikwels die hond swaai.

§         Weens die Kaapse Metropool se swart bevolkingsontploffing, wat uit die Oos-Kaap gevoed word, sal die DA in die volgende verkiesing nie hond haar af maak nie. Dus, as hulle wil aanbly, sal die DA-“beheerde” stadsregering, terwille van swart steun, ’n ANC-tipe beleid moet voorop stel. Die DA se beleid sal dus deur ’n ANC-gesinde bevolking se belange bepaal word.

Veral lg. punt verteenwoordig vir die DA ’n landwye probleem. Vir die DA om uit sy mikro-partydop te breek na iets groters, sal dit ’n deurbraak onder die swart kieserspubliek moet maak. Die toestand van fragmentasie, tussen “Boer en Brit”, wat reeds in die party heers, is dus op die punt om met rasse skrede te kompliseer. Die party se verklaarde beleid om ’n breëbasisparty te word, beteken dat swart verteenwoordigers voortaan voorkeur sal moet kry (soos Zille reeds bevestig het) en dat swart prioriteite die beleid sal bepaal. In die NSA is politieke verteenwoordiging na gelang van ras verdeel, deels weens inherente afkeur tussen rasse, maar ook omdat die rasse se belange so radikaal verskil. Die belangeverskille vloei voort uit ’n verskeidenheid faktore waarvan onder andere kultuur, taal en sosio-ekonomiese klas belangrike aspekte is.

Dit sou dus prakties gesproke onmoontlik wees om binne dieselde politieke party die belange van alle groepe te huisves, omdat sulke belange meermale bots. D.w.s., indien die DA daarna wil streef om ’n hoofstroomparty te raak, dit effektief blanke belange sal moet versaak of ten minste afskaal. Weens die blanke se minderheidstatus in SA sal sy belange dus nooit op die  nasionale agenda geplaas word nie. Die blanke se voorland is dus agteruitgang en verval. Die DA se fantasie om ’n veelrassige party te word, is dus gedoem om te faal. Die party sal óf wit bly óf swart word. In ieder geval bly die blanke buite die hoofstroompolitiek. 

Die blanke se toekoms in die NSA lyk dus nie rooskleurig nie. Nogtans is die situasie vir die Engelssprekendes, hoewel hul minder deur die regime geviktimiseer word, op lang termyn baie slegter as vir die Afrikaner, wat tans die ergste die onderspit moet delf. Die  ESSA’s bestaan uit ’n geroesemoes van versaakte afstammelinge van eens magtige Europese ryke en ander laatkommers. Lg. “groep” het dus geen vorm van groepsbewussyn nie. Andersyds is die Afrikaner merendeels ’n homogene volk met ’n sterk etniese identiteit en bewussyn wat boonop tans aan die herleef is. Afrikaner-nasionalisme was dan ook die eerste suksesvolle nasionalisme op die Afrikakontinent. Die ESSA’s beskik egter oor geen saambindende faktor behalwe hul jaloesie teenoor die Afrikaner nie.

Met die huidige herlewing van Afrikanernasionalisme, tesame met die verval van die NSA, beweeg Afrikanernasionalisme onvermydelik in die rigting van een of ander vorm van geografiese selfbeskikking. Die ESSA’s, wat met die totstandkoming van ’n Afrikanerrepubliek in die NSA (as dit nog sal bestaan) agtergelaat sou word, sal dus dieselfde voorland hê as die eens selfversekerde Rhodesiërs in vandag se Zimbabwe. Die enigste kans op menswaardige oorlewing vir ESSA’s is om nou reeds te begin verafrikaneriseer en te hoop dat die Afrikaners bereid sal wees om hulle te assimileer. 

игрушка лунтикФильчаков прокурор харькова

Suid-Afrika se geestelike Berlynse Muur

ImageDan Roodt antwoord Loammi Wolf wat op Litnet onder andere beweer het dat die Britse koloniale magte hulself nie aan volksmoord teen die Boere skuldig gemaak het nie. Soos Max du Preez glo sy dat hulle slegs "nalatig en ongevoelig" was, terwyl die Afrikaner soortgelyk aan Duitsers aan "kollektiewe skuld" ly.

Terwyl die Berlynse Muur in 1989 in Duitsland afgebreek is, is die geestelike Berlynse Muur kort daarna in Suid-Afrika herbou in ‘n poging om kommunisme, Stalinisme en alles wat daarmee saamhang te rehabiliteer. Nie waar nie, kameraad Loammi Wolf?

Geen denke is onskuldig nie en is altyd "betrokke". Die blote noem van apartheid en Nazisme in dieselfde sin of in dieselfde boek soos Loammi Wolf probeer doen, impliseer dat Afrikaners "skuldig" aan ‘n kollektiewe misdaad sou wees. Hierdie "skuld" verskaf die regverdiging vir die huidige uitwissingsprojek waardeur Afrikaans, Afrikaanse plekname, skole, universiteite, geskiedenis, asook Afrikaner-individue vernietig word. In die aangesig van ons mense wat verkrag, geskiet of doodgemartel word, behoort ons "verdraagsaam" en "onbitsig" te bly, die ander wange te draai; kortom, soos ek dit voorheen al gestel het, ons behoort "vrywillig op die trein na Auschwitz te klim".

Lord Milner se gestelde oogmerk was: "om die laaste oorblyfsels van Afrikanerisme uit Suid-Afrika te weer" (eradicate the last vestiges of Afrikanerism from South Africa). Is hier nie ‘n merkwaardige kontinuïteit wat as’t ware die diverse mense en groepe in Suid-Afrika met ‘n Engelse bewussyn – teenoor die gewraakte "Boerebewussyn" – aanmekaar bind nie? Soos ek dit voorheen in Mad Marxists and Englishwomen gestel het: "Wat ons daarom behoort te verstaan, is dat "Engels", of ‘n sekere soort "imperiale Engels" in Suid-Afrika sy begrondende ontologie in volksmoord het."

Geen Engelsman het nog ooit om verskoning gevra vir enige van Engeland se koloniale vergrype nie, die ABO inkluis. Die vraag is waarom die Afrikaner hom moet uitsonder deur om verskoning te vra vir ‘n stelsel wat nie tot volksmoord gelei het nie, maar tot bevolkingsuitbreiding, die wonderbaarlike vervierdubbeling van die swart bevolking tussen 1950 en 1990, ‘n ongehoorde gebeurtenis wat nog nooit vantevore plaasgevind het nie en waarskynlik in die toekoms nooit weer sal gebeur nie?

Pleks daarvan om vir sy vyande konsentrasiekampe op te rig, soos byna elke Europese moondheid op een of ander stadium gedoen het, het die Afrikaner vir hulle skole, hospitale, biblioteke, universiteite, huise, biblioteke en parlementsgeboue gebou.

Soos ‘n Pretoriase mediese spesialis in ‘n swart hospitaal eenkeer aan my gesê het: "Ek het al meer swart lewens gered as enige swarte in die land. Indien daar iets soos blanke skuld bestaan, het ek myne afbetaal." In dieselfde trant: Geen blanke volk in die geskiedenis (en dit sluit die Skandinawiese lande in) het nog ooit meer hulp van allerlei aard aan die swartes van Afrika verskaf as die Afrikaner nie.

Paradoks: die Afrikaner word gehaat, nie omdat hy sleg is nie, maar omdat hy goed is. Hy word verguis, nie omdat hy misdade gepleeg het, maar weens sy weldade.

купить воронеж грузаданильченко юрий брониславович прокурор