Nuwe ministers sal vandag beëdig word

Vyf nuwe ministers en vier nuwe adjunkministers word vandag in hulle ampte be-ëdig.

President Jacob Zuma het gistermiddag op ‘n nuuskonferensie by die Uniegebou in Pretoria bekend gemaak dat Connie September die nuwe Minister van Huisvesting sal wees in die plek van Tokyo Sexwale, terwyl Yunis Carrim, Dinah Pule as Minister van Kommunikasie sal vervang.

Die nuwe Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is Lechesa Tsenoli, wat in die plek van Richard Baloyi kom.

Die nuwe minister van Energie is Ben Martins en van Vervoer Dipuo Peters- wie se portefeuljes omgeruil is.

Die nuwe adjunkministers is John Jeffery – Justisie, Michael Masutha – Wetenskap en Tegnologie, Andries Nel – Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, en Pamela Tshwete – Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Mandela bracht de hel op aarde

Nelson MandelaWe worden nog steeds geacht te denken dat de Apartheid in Zuid-Afrika de hel op aarde was. Blanken hadden Zuid-Afrika tot het enige welvarende deel van het Afrikaanse continent gemaakt. Ja, een wereld, waar niet iedereen dezelfde rechten had. Dat is fout. Mensen horen wel dezelfde rechten te hebben. Dat had anders gemoeten. Maar dat het er nu voor iedereen alleen maar heel veel erger op is geworden, daar hoor je dan weer niemand over.

Mandela wordt in de wereld vereerd als een heilige. Niemand wil weten dat de man een communist was, die toestond dat er ook onder zijn eigen ANC gelederen gemarteld werd voor de ‘goede zaak’ en dat het oké was om samen te werken met de Oost Duitse Stasi, alles voor het goede doel.

Nu kan ik daar nog wel mee leven. Oorlog is een smerige zaak, en zeker in de periode van de Koude Oorlog had je je vrienden niet voor het uitzoeken.

Maar hij was dus geen heilige. Vandaag de dag worden in de media de namen ‘Obama’ en ‘Mandela’ gelispeld als de nieuwe heiligennamen, een eindeloos herhaalde mediamantra, zeker nu de man daar in dat ziekenhuis dood ligt te gaan.

Maar wat voor land laat hij achter? Dankzij deze heilige Mandela is Zuid-Afrika veranderd in de hel op aarde. En het gedweep van de hele westerse wereld heeft daar niets aan kunnen veranderen.

Elke 17 seconden wordt er in Zuid-Afrika een vrouw verkracht. Een vrouw in Zuid-Afrika loopt een grotere kans verkracht te worden dan een opleiding te krijgen.

Elke dag worden er in Zuid Afrika 50 mensen vermoord. Dat is een getal wat mijn bevatingsvermogen te boven gaat. Niet elk jaar. Elke dag.

Met meer dan 15 procent van de bevolking heeft Zuid-Afrika het hoogste AIDS percentage in de wereld.

Het ANC, kortom slaagde erin om het meest welvarende land van Afrika, te veranderen in de hel op aarde. En het gezicht dat hieraan verbonden wordt is Mandela. Maar we hebben hier het gezicht van een heilige van gemaakt. Dit bewijst alleen maar dat we een totaal verblinde, totaal verziekte, totaal amorele samenleving zijn geworden.

Nu al wordt in stukken in The New York Times, schaamteloos beweerd dat we Mandela eigenlijk niet verdienen. Dat bewijst alleen maar dat mensen in een multiculturele massapsychose verkeren. Zwart is het mooiste wat er is. Blank is het slechtste wat er is. Zwart aan de macht is vooruitgang, is vrede op aarde. De werkelijkheid is dat Mandela verantwoordelijk is voor een van de grote menselijke destructies in de wereld.

Hitler. Stalin. Pol Pot. Mao. Mandela.

We weten het best. We weten dat de Zuid-Afrikaanse regering niets doet om de AIDS epidemie te stoppen, niets doet aan de moorden, de verkrachtingen. In een normale wereld stel je een regering verantwoordelijk voor dit soort gruwelen. Maar wij leven in een gestoorde wereld. De altijd goedlachse, altijd mild ogende Mandela, we maakten een God van hem. Een multiculti God. We zien Mandela en we denken aan verdraagzaamheid. Wetend hoe Zuid-Afrika ervoor staat. Tot wat voor soort mensen maakt ons dat?

Waar ‘we’ niet van weten, omdat er niet over bericht wordt, is de genocide op de blanken die er plaats vindt. Er zijn nog maar 4,3 miljoen blanken over in Zuid-Afrika, en zij zijn de meest gehate mensen van allemaal. Niet alleen in Zuid-Afrika, ook in de wereld. Ze verdienen het om te sterven in naam van de heilige Mandela.

Tussen half 2012 en half 2013 alleen al waren er 309 het slachtoffer van een aanval, werden er 170 vermoord. Alleen omdat het blanken waren, geofferd voor ‘ons’ schuldgevoel.

Neergestoken, omver gemaaid, door het hoofd geschoten. Oude mensen vaak. Eenvoudige, oude mensen met winkeltjes of boerderijen. Met opvallend Nederlands klinkende namen. Een blank meisje van zestien, gekidnapped en als sekslavin verhandeld. Een trofee, want blank. Een zeventigjarige vrouw en haar tachtigjarige man stonden de tuin te besproeien. Een zwarte overvaller sprong naar binnen, viel de vrouw aan en schreeuwde: “I will fucking kill you white bitch!”

Dat is het Zuid-Afrika dat de heilige Mandela nalaat. En geen woord van kritiek.

Waar moet dat heen als onze hersenen zo massaal verweekt zijn?

Uit: Dagelijkse Standaard

DA gaan glo EFF teen ANC befonds

Die DA gaan help om die EFF te befonds. Raadslede van die regerende party wat die burgemeester in Tlokwe ontsetel het, het City Press berig, is ook ondersteuners van Julius Malema se nuwe politieke groepering.

Annette Combrink van die DA is intussen herkies as burgemeester na die afsetting van die ANC se Maphetle Maphetle.

Haar terugkeer is grootliks te danke aan die ANC se eie raadslede wat onder mekaar baklei.

‘n Groep van 16 ANC-raadslede is aanvanklik geskors nadat ‘n mosie van wantroue met opposisiepartye teen Maphetle in November geslaag het. Die ANC se NUK het tussenbeide getree en Maphetle is drie maande later weer herstel.

Maar toe die raadslede ontdek dat die ANC van plan is om hulle te dissiplineer, ten spyte van beloftes om dit nie te doen nie, het hulle weer teen Maphetle gestem. Nou is 14 van die raadslede afgedank deur die ANC.

Nege van hulle wil ​​as onafhanklike kandidate in die tussenverkiesings staan en die DA is glo bereid om hulle te befonds.

Die raadslede is ook ondersteuners van die voormalige ANC Jeugliga-leier, Julius Malema se ekonomiese vryheidsvegters (EFF). Ten spyte daarvan sal die DA hul verkiesingsplakkate befonds.

Julius Malema gaan aanstons glo landwyd toer om ook ander ontnugterde ANC-ondersteuners vir sy Economic Freedom Fighters (EFF) te werf.

Sy eerste byeenkoms is Saterdag in Sasolburg, waar oproer reeds verskeie kere ferm polisie-optrede genoop het.

Die EFF sal in die Vrystaat, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Noordwes ondersteuners mobiliseer in aanloop tot hul nasionale vergadering wat einde Julie in Soweto gehou word.

Die EFF sal die onstabiliteit in die mynsektor en die opstand in die ANC in Noordwes waar die DA weer die Tlok­we-munisipaliteit oorgeneem het weens binnegevegte onder ANC-raadslede, uitbuit en sal op die DA se ondersteuning in Potchefstroom kan staatmaak.

 

Gefladder in Beeld-hoenderhok na transformasie-toespraak

Hoofregter Mogoeng Mogoeng se toespraak by die jaarvergadering van die organisasie Advocates for Transformation (AFT) in Kaapstad, het gesorg vir ‘n gefladder in die Beeld-hoenderhok.

Dit blyk dat die koerant skielik vir die eerste keer ontdek het dat die ANC anti-wit transformasie as beleidsrigting aanvaar het, nadat die hoofregter ‘n beroep op AFT en organisasies soos die Black Lawyers Association (BLA) en die National Democratic Lawyers (Nadel) gedoen het om die transformasie-agente te wees.

Mogoeng het ‘n beroep op “ware progressiewe organisasies” gedoen om teen “organisasies en individue wat wit oorheersing van die regbank wil behou deur volgehoue aanvalle op die RDK” te veg.

“Ek is hier om julle en ander ware progressiewe organisasies uit te daag om alle pogings te beveg wat gemik is op wit manlike oorheersing van die regbank.

“Ontwikkelings dui daarop dat oorlog al verklaar is teen transformasie. Mense gryp na strooihalms om die RDK te diskrediteer. Hulle wil ‘n RDK hê waaraan hulle kan voorskryf.

“Julle mag nie toelaat dat dié stem die enigste stem in die openbare domein is nie.”

Hy het die AFT gemaan dat die RDK nie moet slaag in hul anti-transformasiepogings nie.

“Lede van die georganiseerde regsberoepe “moet die geveg lei vir transformasie van die regsberoepe en die regbank”, het Mogoeng gesê.

Beeld het Prof. Marinus Wiechers, regsgeleerde van Pretoria, genader vir kommentaar. Wiechers sê Mogoeng se toespraak grens aan “haatspraak”. Wierchers het egter geen kommentaar gelewer op Beeld en Naspers se eie volgehoue, rasgedrewe transformasiebeleid nie.

“Dit lyk na ‘n oproep om oorlog te verklaar. Snaaks genoeg sê hy niks oor gehalte wat belangriker is as transformasie nie. Hy sê ook niks oor die beswaarmakers teen die RDK se aanstellings se verklaarde beleide dat hulle teen die feit is dat gehalte die knie moet buig voor transformasie, tot nadeel van die regspraak en die mense van die land,” het Wiechers gesê.

Prof. Tom Coetzee, regskenner van Potchefstroom, is ook deur Beeld genader. Coetzee het sy groot onkunde bewys deur aan die die koerant te sê hy kan “amper nie glo dat ‘n hoofregter so ‘n uiters militante toespraak lewer nie”, terwyl die ANC al herhaaldelik aangedui het dat hulle anti-wit transformasie nastreef en dit luid van alle openbare platforms verkondig.

Kurt Darren: Breinskandering, ribbes af, bloeding op die longe

Die sanger Kurt Darren se broer, Darren van Heerden, het aan Huisgenoot gesê die sanger verduur baie pyn nadat hy in ‘n motorongeluk betrokke was. Die ongeluk het enkele kilometer van sy huis in Pretoria gebeur.

“Dit gaan goed met Kurt, maar hy het verskriklik pyn. Hy het vandag selfs meer pyn as gister,” het Darren gesê.

Kurt en twee vriende, Marnus Bisschoff en Nadia van Rensburg, was Sondagoggend in ‘n motorongeluk toe hulle met ‘n Toyota Fortuner in ‘n rivierbedding beland het. Kurt is per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem nadat daar aanvanklik vermoed is dat hy sy rug gebreek het.

Die gewilde sanger het agt ribbes gebreek en bloeding op sy longe opgedoen.

‘n Breinskandering sal op die sanger uitgevoer word nadat hy gekla het dat sy oë sukkel om te fokus.

Daar is aanduidings dat Darren waarskynlik ook ‘n hou teen die kop gekry, al is daar geen merk te sien nie.

“Kurt se oë trek skeef en ‘n neurochirurg het gevra dat breinskanderings gedoen word om die aard en tydsduur van die skade vas te stel.

Sy agent, Louis van Wyk het aangedui dat Darren se optredes vir ten minste ses weke afgestel sal moet word.

“Kurt het bloeding op sy longe. Hy gaan minstens ses weke buite aksie wees. Ons wag vir die mediese span om ons te adviseer oor hoe lank hy buite aksie sal wees.”

Mandela by sy volle bewussyn, verjaarsdagboodskappe stroom in

Mense wat oudpres. Nelson Mandela in die Harthospitaal besoek het, sê hy is aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel met ‘n pyp in sy keel, berig Eyewitness News.

Volgens van sy besoekers is Mandela by sy volle bewussyn en reageer wanneer daar met hom gepraat word.

Makaziwe Mandela het by die hospitaal in Pretoria opgedaag, waar haar pa steeds in ‘n kritieke toestand is.

Sy het Maandag alleen by die hospitaal opgedaag en geen ander familie is gedurende dag die by die hospitaal gesien nie.

Bantu Holomisa, UDM-leier, het ‘n rukkie later by die hospitaal opgedaag.

Die Nelson Mandela-­sentrum van Herinnering het vroeër briewe en boodskappe van beterskap wat die afgelope paar weke buite ‘n muur by die hospitaal neergesit is, gaan haal.

“Ons neem die briewe en boodskappe van ondersteuning na die [Mandela]-familie en indien daar kontakbesonderhede is, sal die familie reageer,” het David Sithole, ‘n beampte van die sentrum, gesê.

Hy het gesê die familie is dankbaar vir diegene wat boodskappe vir Mandela gestuur het.

Die 94-jarige voormalige staatshoof, wat Maandag sy 31ste dag in die hospitaal deurgebring het, word vir ‘n herhalende longinfeksie behandel.

Intussen het die voormalige Amerikaanse president, Bil Clinton, die Dalai Lama, Aartsbiskop Desmond Tutu en die sakeman, Richard Branson ‘n spesiale boodskap aan Mandela gestuur vir sy verjaarsdag op 18 Julie.

Die leiers loof Madiba in die videoboodskap vir sy lewenslange toewyding aan ander.

Die leiers sê in die boodskap hulle is almal geraak deur Mandela se diensbaarheid.

Daar was volgens hulle nog nooit in die geskiedenis iemand wat so universeel erken word vir versoening as Nelson Mandela nie.

Verkiesingsdatum in Egipte aangekondig

Die tussentydse president van Egipte, Adly Mansour, het aangekondig dat parlementêre verkiesings vroeg aanstaande jaar gehou sal word.

Mansour het ‘n dekreet uitgevaardig waarvolgens ‘n paneel, wat die grondwet moet wysig, binne 15 dae gevorm moet word.

Die grondwetwysigings moet oor ‘n tydperk van vyf maande plaasvind. Die verkiesing word vir Februarie beplan, hoewel ‘n presiese datum nie bekendgemaak is nie. Voor die verkiesing kan plaasvind moet die Islamitiese grondwet van die uitgesette president Mohamed Morsi gewysig en in ‘n referendum bekragtig word.

Die aankondiging volg nadat 51 mense, waarvan die meeste ondersteuners van Morsi is, gister buite hul barakke doodgeskiet is.

Morsi is vermoedelik in die barakke in aanhouding.

Aardbewing by Badplaas rig nie veel skade aan nie

Die aardbewing van vier komma sewe op die Richterskaal wat gisteraand naby Badplaas in Mpumalanga voorgekom het, het angstigheid veroorsaak, maar geen beduidende skade aangerig nie.

Die dagblad Beeld berig die aardbewing is tot so ver as Komatipoort en dele van Swaziland gevoel.

Volgens die eienaar van die bekende Sudwala-grotte, Phillip Owen is die grotte nie beskadig nie.

Die episentrum van die aardbewing was reg langs die Vygeboomdam by Badplaas.

Volgens die Europees-Meditereense Seismologiese Sentrum in Frankryk het die aardbewing sowat vyf kilometer onder die aardoppervlak voorgekom.

Mandela is nie bewusteloos nie, medici weier om masjiene af te skakel

Oudpres. Nelson Mandela se medici het die gedagte om die lewensondersteuningsmasjiene af te skakel, verwerp. Hulle sou dit net oorweeg in die geval van massiewe orgaanversaking.

Denis Goldberg, ‘n anti-apartheidsaktivis wat Mandela al langer as 50 jaar ken, het gesê die kwessie om die lewensondersteuningsmasjiene af te skakel is bespreek, maar uiteindelik verwerp.

“Die dokters het aangedui dat hulle eers dié opsie sal oorweeg indien sy organe begin ingee,” het Goldberg Vrydag aan AFP gesê. “Aangesien dit nog nie gebeur het nie, gaan hulle hom stabiel hou totdat hy herstel.”

Die 80-jarige Goldberg is in 1964 saam met Mandela gevonnis vir hul stryd teen apartheid. Hy het Mandela Maandag in die hospitaal besoek.

‘n Hofdokument wat nege dae gelede namens Mandela se familie ingedien is, het aangedui dat die 94-jarige voormalige staatshoof “in sy asemhaling bygestaan word deur lewensondersteuningsmasjiene”.

“Mediese praktisyns het die Mandela-familie aangeraai om die lewensondersteuningsmasjiene af te skakel,” het die hofdokument gelui. “Die familie oorweeg hierdie opsie baie sterk om seker te maak dat sy lyding nie uitgerek word nie.”

Die dokument, wat opgestel is om ‘n hof te noodsaak om ‘n dringende uitspraak in ‘n familietwis oor die oorskot van Mandela se kinders te lewer, het ook aangedui dat Mandela “in ‘n permanente vegetatiewe toestand” is.

Die presidensie het intussen aangedui dat dit nie die geval is nie, maar weier om verdere besonderhede oor sy toestand te verskaf, omdat dit Mandela se privaatheid sal skaad.

President Jacob Zuma en familielede van Mandela het intussen aangedui dat sy toestand verbeter het.

“Hy is duidelik baie siek, maar hy is by sy volle positiewe en hy het probeer om sy mond en oë te beweeg toe ek met hom gepraat het,” het Goldberg vroeër verduidelik. “Hy is definitief nie bewusteloos nie, hy het geweet wie ek is.”

Mandela is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem met ‘n herhalende longinfeksie.

Makaziwe Mandela lieg glo in hof

Die Sunday Times berig dat David Smith – ‘n advokaat wat die oudpresident se Amerikaanse dogter, Makaziwe, en 15 ander verdedig – valslik aan waarnemende regter Lusindiso Pakade gesê dat die familie aangeraai is om die siek staatsman se lewensondersteuningsmasjiene af te skakel, aangesien hy in ‘n “permanente vegetatiewe toestand” was.

Die koerant het sedertdien vasgestel dat daar nooit so ‘n mediese beëdigde verklaring opgestel is nie.

Die gejaagde hofbeslissing om drie van oudpres. Nelson Mandela se kinders op Qunu in die Oos-Kaap te herbegrawe, is glo op ‘n leuen gebaseer.

Waarnemende regter Pakade het geweier om sy beslissing met die Sunday Times te bespreek. Smith het nie die koerant se oproepe en boodskappe geantwoord nie. Makaziwe het aan die koerant gesê om haar nie weer te bel nie.

Die bewering dat die oudpresident se dokters in ‘n beëdigde verklaring sou getuig dat hy in ‘n permanente vegetatiewe toestand was, het die waarnemende regter genoop om Makaziwe se eis teen haar neef Mandla te bespoedig.

Prokureur Wesley Hayes, aangehaal deur Smith as die bron van die verslag oor Mandela se “haglike toestand”, het geweier om te sê wie die verslag dat die dokters die gesin aangeraai het om Mandela te laat sterf, verskaf het.

Dit blyk uit verskeie bronne, insluitend Mandla Mandela, sowel as mediese personeel verbonde aan die span wat die voormalige president in die MediClinic Hart-hospitaal in Pretoria behandel.

Die valse bewering dat Mandela se dokters sal getuig in ‘n beëdigde verklaring dat hy in ‘n permanente vegetatiewe toestand is, het Pakade genoop om Makaziwe se eis teen haar neef, Mandla, vir beheer oor die liggame van haar drie broers en susters te versnel.

Die Amerikaanse Makaziwe het reeds ingestem dat die Amerikaanse uitsaaier CNN die begrafnis eksklusief dek, glo in ruil vir ‘n groot som geld.

Die voorsitter van die Oos-Kaapse Balieraad, Gerald Bloem, het gesê Smith se gedrag sal ondersoek word as ‘n formele klag gelê word.

Hy het gesê dit is “ontstellend” en “vreemd” dat dringendheid ‘n kwessie was, op die basis van ‘n mediese verslag wat nie verstrek is nie.

Mandla Mandela se prokureurs sal blykbaar ‘n klag by die raad indien.

Die Sunday Times het probeer om oor ‘n paar dae kommentaar te kry van Makaziwe. Al wat sy wil sê is: “Ek wil nie kommentaar aan die Sunday Times gee nie en ek het gesê julle ouens moet ophou om my te bel.”

‘n Militêre bron, wat toesig oor Mandela se sorg hou, het gesê dit is “hoogs onwaarskynlik” dat die betrokke medici die beëdigde verklaring sou verskaf.

Hoewel haar naam op die aansoek vir dringendheid verskyn het, het Winnie Madikizela-Mandela glo nie die dringendheidsaansoek ondersteun nie.

“As dit is bewys word dat Madiba se gesondheidstoestand misbruik is om die regstelsel te mislei, dan is dit ‘n hartseer dag vir ons almal,” het Mandla gesê.

Mandla se prokureur, Hymie Zilwa, bevraagteken hoe die regter ‘n finale bevel kon uitgereik het sonder hulle teenwoordigheid.

“Daar was ook geen bevestigende beëdigde verklarings van die res van die aansoekers nie, wat basies sê dat Makaziwe gemagtig was om die res van die aansoekers te verteenwoordig,” sê Mandla se regsverteenwoordiger.