Vyf nuwe ministers en vier nuwe adjunkministers word vandag in hulle ampte be-ëdig.
President Jacob Zuma het gistermiddag op ‘n nuuskonferensie by die Uniegebou in Pretoria bekend gemaak dat Connie September die nuwe Minister van Huisvesting sal wees in die plek van Tokyo Sexwale, terwyl Yunis Carrim, Dinah Pule as Minister van Kommunikasie sal vervang.
Die nuwe Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is Lechesa Tsenoli, wat in die plek van Richard Baloyi kom.
Die nuwe minister van Energie is Ben Martins en van Vervoer Dipuo Peters- wie se portefeuljes omgeruil is.
Die nuwe adjunkministers is John Jeffery – Justisie, Michael Masutha – Wetenskap en Tegnologie, Andries Nel – Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, en Pamela Tshwete – Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
