Godsiens misbruik vir politiek

Onlangs het pres. Jacob Zuma daarop aanspraak gemaak dat die Here van die ANC se stigting af deel van die party was. Hierdie aanspraak volg op ander verstommende aansprake soos dat die ANC tot die Wederkoms sal regeer, en dat mense Zuma moet volg soos hulle Jesus gevolg het.

Soos te wagte sal wees, was daar heftige reaksie hierop.

‘n Christen word egter aan sy vrugte geken, en op die oog af klop sake nie hier nie. Oor die kwessie van Zuma se veelwywery is daar binne teologiese kringe ‘n effense verdeeldheid, maar oor sy buite-egtelike kinders kon hy uiteindelik nie agter sy kultuur skuil nie, en moes hy die land om verskoning vra.

Pas het Zuma egter sy jongste verklaring gedoen oor hoe God as’t ware lid van die ANC is, of hy verklaar by ‘n vergadering dat die voorvadergeeste diegene wat die ANC verlaat aan die kaak sal stel en dat hulle siek sal word. Dit volg nie lank nie nadat Zuma gesê het swart mense is moreel verplig om vir die ANC te stem.

Hierdie bontpratery oor Godsdiens staan voorts in die konteks dat pres. Zuma ‘n nasionale debat aangekondig het waar oor moraliteit besin gaan word, en moontlik herdefinieer gaan word want tans word te veel sake as verkeerd beskou wat sommige kulture as aanvaarbare praktyke beskou.

Suid-Afrika is egter nie ‘n ekonomiese en kulturele eiland nie, en die norme wat internasionaal geld, gaan op Suid-Afrika van toepassing bly. Die belangrikste aanduider is dat die Wêreldbank korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms beskou.

Kritiek op Zuma om as’t ware die tokkolossie in te span om te keer mense dros van die ANC, beteken allermins dat Suid-Afrikaners die Here uit die politiek kan sluit. Die Christen is immers ‘n instrument van God – in sy kerk, sy gesin, die skoolbeheerraad en so ook in die parlement. God is egter nie die mens, ook nie die Christen, se instrument nie.

Dit geld ook Zuma, selfs nie eens as hy die onvoorwaardelike steun van die Inter Faith Leadership Forum het nie, wat volgens aanduidings in ieder geval van die ANC se godsdienslessenaar af beheer word.

Zuma se optrede is egter nie net vanuit ‘n moraliteits- en godsdiensoogpunt ontstellend nie. Dit plaas bedenkinge oor sy begrip oor wat die demokrasie behels. ‘n Regerende party probeer sy bewindslewe rek deur so goed as moontlik in algemene belang te reageer.

In verskeie opsigte faal die ANC, sodat selfs prominente lede sê die ANC het sy morele kompas verloor. Tydens die ANC se bewind het die grypsug en tenderpreneurskap beduidende afmetings aangeneem, en het die inkomstegaping tot die hoogste meetbare vlak ter wêreld gestyg.

Die regering voel die gevolge nou wel deeglik. Op die vooraand van die Fifa-sokkertoernooi sukkel die land om vervoerstakings die hoof te bied. Hierdie stakings is hoofsaaklik die gevolg daarvan dat, na voorheen met die vakbonde ooreengekom is op ‘n enkelsyferverhoging vanjaar, die bestuur ‘n 14 % verhoging aan homself gaan toeken het.

In Europa en elders het hierdie grypsug, wat mildelik tot die onlangse wêreld ekonomiese krisis bygedra het, veroorsaak dat lande belangrike moraliteitsbeginsels in hul herstelplanne ingeskryf het. Die ontsteltenis was dus groot toe dit rugbaar word dat een van die Amerikaanse maatskappy wat staatshulp ontvang het, van dié geld gebruik het om van sy top-mense bonusse van miljoene dollar betaal het.

Om die slagoffers van grypsug met die tokkolossie bang te maak – dit gaan in geen moraliteitsboekie die pyp rook nie – maak nie saak hoe dit herdefinieer word nie.

хамам в квартирелобановский александр отзывы

Peres ontken dat Israel kernkoppe aan SA wou verkoop

President Shimon Peres van Israel het Maandag ten sterkste ontken dat sy land ooit atoomkoppe aan Suid-Afrika se apartheidsregering wou verkoop het.

Die ontkenning volg op ‘n berig Maandag in die Britse koerant Guardian wat beweer Peres wou persoonlik drie kernplofkoppe aan oudpres. P.W. Botha beskikbaar maak in 1975.

Peres was toe Israel se minister van verdediging.

Guardian se berig was gebaseer op die notas van ‘n reeks hoogs geheime vergaderings tussen die twee lande.

Indien die dokumente eg is, sal dit die eerste werklike bewys wees dat Israel wel oor kernwapens beskik.

“Daar bestaan geen Israeliese dokumentasie of handtekeninge wat bewys dat sulke onderhandelinge ooit plaasgevind het nie,” het ‘n skerp bewoorde verklaring deur Peres se kantoor gelui.

паркет купить ценаtopcargo

Pik sê kernstorie is onwaarskynlik

Dit is hoogs onwaarskynlik dat die Israeliese regering formeel aangebied het om kernwapens aan Suid-Afrika te verkoop in die apartheidsjare, het voormalige Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake Pik Botha Maandag gesê.

“Ek betwyfel dit sterk,” het hy gesê. “Ek twyfel of so ‘n aanbod ooit gemaak is. Ek dink ek sou geweet het.”

Hy het op ‘n verslag gereageer deur die Britse Guardian-koerant Maandag.

Botha het gesê hy was destyds ambassadeur in die Verenigde State en die Verenigde Nasies, sodat hy nie betrokke kon gewees het by so ‘n vergadering nie. 

Maar as minister van buitelandse sake vanaf April 1977, en aan die einde van sy termyn, as onderhandelaar met die Verenigde State oor die ondertekening van die kernsperverdrag, was hy bekend “met wat aan die gang was.”  

“Ek was baie nou bande met ons Raad op Atoomkrag en latere Korporasie gehad. Ek sou geweet het,” het hy gesê.

Hy het Peres en ander senior Israeliese leiers ook geken.

Dit is natuurlik moontlik dat ‘n aanbod gemaak is op’ n lae vlak, tussen amptenare.

Maar vir dit om enige betekenis te hê, moes dit gerig gewees het aan die Suid-Afrikaanse ministers wat die land se eie wapenproduksie hanteer het.

“As ‘n ernstige aanbod van’ n regering na ‘n ander, my antwoord is nee. Beslis nie,” het Botha gesê.

Agence France Presse het vroeër berig dat die bewering in Die Guardian ‘n sterk bewoorde gevra reaksie van Peres se kantoor ontlok het.

“Daar bestaan geen basis in die werklikheid vir die beweringe deur The Guardian dat Israel in 1975 onderhandel het met Suid-Afrika oor die uitruil van kernwapens nie,” het hy gesê

“The Guardian het die stuk geskryf op grond van ‘n “selektiewe interpretasie van die Suid-Afrikaanse dokumente en nie met harde feite nie,” het hy bygevoeg.

Daar word wyd gespekuleer dat Israel die enigste kernmoondheid in die Midde-Ooste is, met sowat 200 koppe, maar het tot dusver ‘n beleid van doelbewuste dubbelsinnigheid gehandhaaf.

In September 1979, het Israel en Suid-Afrika na bewering ‘n geheime kerntoets in die suidelike Indiese Oseaan uitgevoer.

Dit het aan die lig gekom in ‘n ander dokument wat vrygestel is in Washington in 2006 op versoek van die sentrum by die Universiteit van Georgetown.

Die dokument, wat vir die Wit Huis voorberei is, het gesê Israel en Suid-Afrika het saamgewerk op militêre aangeleenthede, insluitende kernnavorsing.

Suid-Afrika het later sy kernwapenprogram onder VN-toesig afgebou.

брекеты инвизилайналександр лобановский харьков класс

Australië sit Israelse diplomaat uit

Die Australiese regering het voet dwars gesit en ‘n Israeliese diplomaat uit die land gesit, volgens wat die BBC berig.

Die stap volg nadat Israel se regering vals Australiese paspoorte aan geheime agente verskaf het wat met die sluipmoord in Januarie op ‘n Hamas-leier in Dubai verbind word. 

Australië se minister van buitelandse sake, Stephen Smith, het Maandag aan die land se parlement gesê dit is “nie die optrede van ‘n vriend nie.”

Brittanje het in Maart ook ‘n Israeliese regeringsbeampte uit die land gesit. Israel het Australië se besluit ‘n teleurstelling genoem

‘n Regeringswoordvoerder Yigal Palmor sê die besluit was nie gepas in die lig van die “belang en kwaliteit van verhouding” tussen die twee lande nie.

Ten minste vier vervalsde Australiese paspoorte is in Januarie vir die sluipmoord gebruik. Die oorspronklike paspoorte behoort aan Australiërs wat in Israel woon.

slots play forлобановский депутат

Byna 80 vas vir openbare geweld

Inwoners van Ikgomotseng in Soutpan het Maandag paaie afgesper en bande aan die brandgesteek terwyl hulle daarop aangedring het om in ‘n ander munisipale-area ingesluit te word.

Volgens kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder in Bloemfontein, is sowat 78 mense tydens die betoging in hegtenis geneem vir openbare geweld en omdat hulle aan ‘n onwettige byeenkoms deelgeneem het. 

“Die betoging het vroeg Maandagoggend begin maar was teen middagete onder beheer. Die polisie monitor die situasie,” het Nagel gesê.

Sommige van die inwoners wou glo nie deel wees van die Masilonyana-munisipaliteit (Brandfort) nie. Hulle wou eerder deel uitmaak van die Mangaung-munisipaliteit (Bloemfontein).

suckers slotФільчаков Олександр Васильович прокурор

Kaper kry kopskoot

‘n Bejaarde egpaar wat by hul huis wou inry, is onlangs deur drie gewapende swartes in ‘n wit Audi met vuurwapens gekonfronteer.

Ongelukkig vir die boosdoeners was hul seun op daardie tydstip tuis. Hy kon die hele toneel gadeslaan deur een van vensters en het blitsvinnig gereageer. Hy het met sy persoonlike vuurwapen op die rowers losgebrand. 

Die egpaar se seun, ‘n uitstekende skut, kon die eerste rower met ‘n dodelike kopskoot buite aksie stel. ‘n Tweede rower is gewond, en die derde rower is ook getref, maar kon daarin slaag om weg te kom.  Die seun het sy hele magasyn van 17 patrone op die motor leeggeskiet.

Die Audi het weggejaag, maar is kort daarna in ‘n parkeergarage gevind. Die gewonde kaper is daarna na die hospitaal geneem.  Die derde is steeds spoorloos.

Volgens die polisie het die egpaar, wat naamloos wil bly, se seun ‘n motorkapingsbende kortgevat wat die omgewing reeds ‘n maand lank terroriseer.

knights gameФильчаков прокуратура харьков

Chaos heers by ANC-Jeugliga se kongres

Chaos het by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard-kollege uitgebreek toe die uitslag van die ANC-jeugliga se kongres Maandagoggend bekend gemaak is.

Sommige afgevaardigdes het uit die saal gestap en gekla oor knoeiery tydens die verkiesing.

Gedurende die verkiesingsproses is afgevaardigdes in twee groepe verdeel. Een van die groepe is deur Bheki Mtolo gelei. 

Mtolo is ‘n getroue ondersteuner van Julius Malema en het teen Wandile Mkhize gestaan vir die posisie van sekretaris.

Die Mtolo-faksie het al vyf die top-posisies ingepalm met ‘n voorsprong van slegs enkele punte. Die afgevaardigdes wat uitgestap het, meen dat sommige kandidate opsetlik gediskwalifiseer is om dit makliker te maak vir die Mtolo-faksie om te wen.

Dit sal nou bykans onmoontlik wees om met die kongres voort te gaan, aangesien sowat 20 addisionele lede steeds verkies moet word.

Leiers van die ANCYL het Maandagoggend hulle hande vol gehad om almal gelukkig te hou en die afgevaardigdes terug in die saal te kry.

loveФільчаков прокурор

Geheime kerndokument openbaar

Geheime Suid-Afrikaanse dokumente toon dat Israel aangebied het om atoomkoppe te verkoop aan die regering van PW Botha. Dit is die eerste amptelike dokumentêre bewys van die Joodse staat se besit van kernwapens.

Die “uiters geheime” notules van vergaderings tussen senior amptenare van die twee lande in 1975 toon dat Suid-Afrika se minister van Verdediging, PW Botha, vir die kernkoppe gevra het en Shimon Peres, Israel se minister van Verdediging en nou sy president, gereageer deur hulle “in drie mate” aan te bied. Die twee manne het ook ‘n breë ooreenkoms onderteken wat wissel van militêre bande tussen die twee lande, wat ‘n klousule bevat wat verklaar dat “die bestaan van hierdie ooreenkoms” geheim gehou moet word.

Die dokumente, ontbloot deur ‘n Amerikaanse akademikus, Sasha Polakow-Suransky, in navorsing vir ‘n boek oor die noue verband tussen die twee lande, toon aan dat Israel oor kernwapens beskik ten spyte van sy beleid van “dubbelsinnigheid” wat nie bevestig of ontken dat sulke wapens in sy arsenaal wel bestaan nie.

Die Israeliese owerhede het probeer om Suid-Afrika se post-apartheid-regering te keer om die dokumente op Polakow-Suransky se versoek vry te stel en die bekendmaking sal ‘n verleentheid wees, veral omdat kernspergesprekke in New York dié week fokus op die Midde-Ooste.

Die onthullings sal ook pogings van Israel ondermyn wat hulle eie arsenaal kernwapens as ‘n “verantwoordelike” mag wat hulle wil nie misbruik nie, voorstel, terwyl lande soos Iran nie vertrou kan word nie.

Suid-Afrikaanse dokumente toon dat die apartheid-era militêre die missiele as ‘n afskrikmiddel wou gebruik en vir moontlike aanvalle teen buurstate.

Die dokumente toon dat beide kante op 31 Maart 1975 ontmoet het. Polakow-Suransky skryf in sy boek wat hierdie week in die VSA verskyn, The Unspoken Alliance: Israel’s secret alliance with apartheid South Africa, dat die Israeliese amptenare “formeel aan Suid-Afrika aangebied het om van die Jerichokernmissiele in sy arsenaal te verkoop”.

Onder diegene wat die vergadering bygewoon het, was die Suid-Afrikaanse militêre stafhoof, luitenant-generaal RF Armstrong. Hy het dadelik ‘n memorandum opgestel waarin hy al die voordele vir Suid-Afrika oor die verkryging van die Jerichomissiele uitgespel het, maar slegs as hulle toegerus sou wees met kernwapens.

Die memorandum, gemerk “uiters geheim” en gedateer dieselfde dag as die vergadering met die Israeli’s, is in die verlede is geopenbaar, maar die konteks is nie ten volle verstaan nie, want dit was nie bekend dat dit direk verband hou met die Israeliese aanbod op dieselfde dag nie en dat dit die basis vir ‘n direkte versoek aan Israel was nie. Armstrong skryf daarin: “By oorweging van die meriete van ‘n wapenstelsel soos die een wat aangebied word, word sekere aannames gemaak: a) Dat die missiele gewapen sal word met ‘n atoomkop vervaardig in die RSA (Republiek van Suid-Afrika) of verkry elders.”

Maar Suid-Afrika sou nog ‘n paar jaar neem om kernwapens te bou. ‘n Bietjie meer as twee maande later, op 4 Junie, het Peres en Botha ontmoet in Zürich. Teen daardie tyd het die Jericho-projek die kodenaam Chalet gehad.

In die top geheime notule van die vergadering staan: “Minister Botha het belangstelling in ‘n beperkte aantal eenhede van Chalet uitgespreek onderworpe aan die korrekte loonvrag wat beskikbaar is.” Die dokument sê dan: “Minister Peres het gesê die korrekte loonvrag is beskikbaar in drie mate. Minister Botha het sy waardering uitgespreek en gesê dat hy vra vir advies.” Die “drie mate” verwys glo na konvensionele, chemiese en kernwapens.

Die gebruik van ‘n eufemisme, die “korrekte loonvrag”, weerspieël Israeliese sensitiwiteit oor die kernprobleem.

Daarbenewens is die enigste loonvrag wat die Suid-Afrikaners nodig sou hê van Israel se kernwapens. Die Suid-Afrikaners was in staat om ander konvensionele wapens te vervaardig.

Botha het nie voortgegaan met die transaksie nie ten dele as gevolg van die koste. Daarbenewens sou ‘n ooreenkoms die finale goedkeuring deur Israel se eerste minister benodig het en dit is onseker of dit wel sou deurgegaan het.

Suid-Afrika het uiteindelik sy eie kernbomme gebou. Maar die samewerking op militêre tegnologie het gegroei daarna. Suid-Afrika het ook glo ‘n groot deel van die verwerkte uraan wat Israel vir sy wapens gebruik, voorsien.

Die dokumente is bevestig deur ‘n voormalige Suid-Afrikaanse vlootbevelvoerder, Dieter Gerhardt – wat in 1983 tronk toe gestuur vir spioenasie vir die Sowjet-Unie. Na sy vrylating met die ineenstorting van apartheid, het Gerhardt gesê daar was ‘n ooreenkoms tussen Israel en Suid-Afrika by name Chalet wat ‘n aanbod van die Joodse staat was om 8 Jerichomissiele te bewapen met “spesiale koppe”. Gerhardt sê dit was atoombomme. Maar tot nou toe was daar nooit dokumentêre bewys van die aanbod nie.

Volgens Polakow-Suransky het “die Israeliese Ministerie van Verdediging probeer om my toegang tot die geheime dokumente te weier omdat dit sensitiewe materiaal is, veral die handtekening en die datum.”

“Die Suid-Afrikaners het nie omgegee oor die bekendmaking nie, hulle het ‘n paar reëls uitgekrap en dit aan my oorhandig. Die ANC-regering is nie so bekommerd oor die beskerming van vuil wasgoed van die apartheidsregering se ou bondgenote nie.”

игры для девочикытопкарго

Polisiebeamptes vir plaasaanval vas

‘n Polisie konstabel is Sondag in hegtenis geneem vir poging tot moord, het Noordwes polisie gesê.

Luitenant-Generaal Lesetja Beetha van Efraim sê die konstabel, 34, is na bewering deel van ‘n groep wat probeer het om ‘n plaas buite Schweizer-Reneke te beroof Vrydag.

Die boer het glo geweerskote op sy perseel gehoor en het drie mense gesien deur die hek kom.

 Na nog ‘n skoot, het die boer sy eie vuurwapen uitgehaal en teruggeskiet. 

Die verdagtes het te voet gevlug.

Naburige boere het ‘n soektog na die rowers op tou gesit.

Hulle het ‘n swart vrou in ‘n bakkie op die grondpad na Hartsfontein gestop.

Die polisie het op die toneel aangekom en die voertuig deursoek.

 “In die besit van die bestuurder het die polisie  haar polisie-identifikasiesertifikaat gevind.” 

‘n Geweer, ‘n polisie-uitgawe fakkel en twee-rigting radio’s was onder die items wat deur die polisie gevind is.

‘n Polisiebeampte se aanstellingsertifikaat wat bedank het uit die mag in Februarie, is ook gevind.

Die voertuig is geregistreer in die naam van die polisiebeampte wat bedank het.

Die konstabel, gestasioneer in Florida se misdaadvoorkomingseenheid, is onmiddellik in hegtenis geneem en word aangehou.

 Saterdag het die polisie toegeslaan op ‘n ander persoon wat na bewering deel van die roofbende is. 

“Ons is in kennis gestel dat die derde verdagte – [die] polisiebeampte wat bedank het – oorhandig sal word aan die polisie met verloop van tyd deur sy regsverteenwoordiger.”

Die twee gearresteerdes sal Maandag verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord in Schweizer-Reneke se landdroshof.

Dit is nie bekend of die polisiebeamptes om politieke redes die plaasaanval beplan het nie. 

mga gamesФильчаков Александр Васильевич

Grondoudit al uitweg

Uit ‘n ellelange artikel deur die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson die naweek in Rapport, is dit duidelik dat persepsies oor grondbesit in die land nou so ver van mekaar verwyder is dat ‘n grondoudit die enigste manier is om dit op te klaar. Tot dusver het die regering vierkantig vasgeskop daarteen en met feite volgehou wat net die regering nog glo.

Joemat-Pettersson het haarself in die artikel boonop geen guns bewus nie deur ‘n geykte stelling wat maklik weerlê kan word. Sy het naamlik gesê buite die 13 % oppervlak van die voormalige tuislande, kon swart, bruin en Indiër geen grond besit nie.

Of sy bloot moedswillig of per abuis vergeet het van die bruin landelike gebiede wat saam, volgens sommige bronne, sowat 2 miljoen Ha beslaan het, is nie bekend nie. Dit is egter ondenkbaar dat sy nie van die lang geskiedenisse van gebiede soos Genadendal, die Richtersveld, die Oppermansgronde en talle ander sou weet nie. Indiërboere besit al baie lank suikerplase.

Boonop is die bevolkinsgsregistrasiewet en die groepsgebiedewet in 1991 afgeskaf nadat die instromingsbeheerwet reeds in 1986 afgeskaf is. Die staakundige hindernisse vir ander groepe het dus voor 1994 verval en swart mense, ook uit die buurlande, het hierna begin grond koop. Hulle is later deur magnate soos Tito Mboweni gevolg.

Haar syfers is dus nie net foutief nie, maar verouderd.

Hierteenoor dui sommige opnames dat swart mense reeds in die orde van 40 % en selfs meer landbougrond besit.

Die groot verskil tussen die syfers is deels daaraan toe te skryf dat die minister se syfer van 87 persent in wit boere se besit in 1994 nie net grond in swart, bruin en Indiërbesit insluit nie, maar ook staatsgrond soos staatsplase en weermaggronde, natuurparke, lughawens, paaie stede en vele meer.

Dat die oordrag teen ‘n tempo plaasgevind het wat vir die regering onaanvaarbaar is, is egter ook so. Oor wie die skuld hiervoor moet kry, is daar meningsverskil. Terwyl die owerheid die skuld op boere plaas, het selfs adjunk-minister, wyle Dirk du Toit, tydens ‘n vergadering van landboubedrywe gevra dat georganiseerde landbou ‘n versoek moet rig vir die instelling van ‘n klagtedirektoraat in die Departement van Grondsake. Hy het, toe hy gemeen het die media is nie teenwoordig nie, gesê sy eie kantoor kan nie voorbly om al die klagtes te hanteer nie.

Meer onlangs het die Grondeisekommissaris verskeie hofsake verloor veral omdat die kommissarisse geweier het om van feite kennis te neem en volhard het om met ongeldige grondeise hof toe te gaan. Bykans geen boer het nie al ‘n dik pak korrespondensie met Grondsake wat gewoon nie beantwoord is nie.

Die regering se reaksie op die onverkwiklikheid is ook kommerwekkend. Nie alleen is die regering uiters suinig met die veroordeling van plaasaanvalle nie, die regering stel maatreëls voor asof dit in reaksie is op die landbou se beweerde halstarrigheid – waaronder gereelde uitsprake en selfs ‘n gesneuwelde wetsontwerp om plase te onteien, of tot nasionale bate te verklaar en so in effek te onteien, en nou die gedagte van 40 % swart aandeelhouding. Dat artikel 25 van die grondwet grondeienaarskap beskerm, veral omdat dit boonop deel van die handves van menseregte uitmaak, word blykbaar nie as hindernis vir grondgrypplanne beskou nie.

Die tragedie is dat min van die oorgedraagde grond nog produktief is. In die Vrystaat het amper ‘n 100 eens produktiewe plase na oordrag sedert 1994 in onproduktiewe eenhede verval.

Steeds word surrealistiese uitsprake gemaak soos dat landelike armoede aangespreek word deur onder meer bestaansboerdery, of die uitdeel van plasies waarvan die oppervlaktes van tussen een en tagtig hektaar genoem word. Enige landbou-ekonoom sal uitwys dat hierdie oppervlaktes, tensy uiters intensief en teen hoë koste aangewend word, nie armoede gaan teenwerk nie maar in die hand gaan werk.

Joemat-Pettersson het goed begin, maar sake lyk nou minder belowend. Soos sy selfs skryf: Die wittebrood is nou verby.

 

no depositлобановский александр жена