Soms is die waarheid op jouself van toepassing!

Ek verwys na Helen Zille  se oorleg  oor swart stemme  vir die ANC in  die Noordelike Provinsie, vandag  in Beeld  11/11/2010. As jy ook na wit Afrikaners  kyk wat ewe gedwee vir die DA stem al is regstellende aksie, grondonteining, aborsie, verwyder Afrikaanse plekname in Kaapstad, Engels in alle gebruike voorstaan, die DA se beleid! Maar steeds sal Afrikaners soos slapende wandelaars steeds vir die DA stem…WORD WAKKER!!!

цена циклевка паркетатопкарго развод

Kultuurimperialisme en die jeug

Afriforum Jeug se reaksie op die ANC-jeugliga se aandrang dat pres. Paul Kruger se standbeeld van Kerkplein verwyder word, en deur een van Chris Hani, omring van MK—lede vervang word, fokus op die kwessie van waar die vlakke van polarisasie in die land, en in besonder, die jeug staan.

Op dieselfde dag as waarop Afriforum Jeug op die Kerkplein-debakel reageer, het dié organisasie ook ‘n klag van haatspraak teen Sasco gaan lê oor ‘n plakkaat met bedenklike inhoud. (Teks hieronder).

Voeg daarby dat die ANC-Jeugliga in dieselfde asem die kwessie van Pretoria se naam op die spits wil dryf.

Dit beklemtoon dat gesindhede in ‘n heterogene samelewing nie deur wetgewing en selfs die grondwet gewaarborg kan word nie. Die talle klagtes van haatspraak wat al gelê is, te midde van ‘n stroom aansprake van nog veel meer wat nie bereg word nie, versterk dié opvatting.

Daar word graag gespog oor hoe die nuwe generasie – die post apartheid-generasie – ‘n voorbeeld vir die ouer generasie stel van hoe tussengroep-verhoudings moet werk. Word egter na sake soos hierdie gekyk, lyk die prentjie taamlik anders. Dit lyk eerder of die polarisasie op minstens sekere terreine onder die jeug aan die verdiep is.

Om ‘n alternatiewe geskiedenis as die werklikheid op te dis los nie probleme op nie. Dit verskuif gewoon die grense waarlangs die loopgrawe gegraaf word. Dit word gevoed deur die persepsies wat ongehinderd toegelaat word om te ontwikkel, en wat al te dikwels met feite niks te make het nie. Persepsies slaan selfs in wetgewing neer, soos regstellende aksie (wat in Suid-Afrika die karakter van affirmative action aangeneem het waarvoor die grondwet nie voorsiening maak nie) en transformasie. Onlangse gebeure onderstreep hoe hartlik siek die transformasieslagoffers en ander mense met selfrespek vir dié gogga is. Die boodskap uit senior regeringskringe is egter dat affirmative action en transformasie nog lank – selfs onbepaald – met ons gaan wees, wat in die praktyk beteken dat voortgesette diskriminasie sekere mense se voorland gaan bly.

Dit word verdiep wanneer die proses in kultuurimperialisme oorloop. Dié kultuurimperialisme is boonop nie deur ‘n werklike kultuur onderlê nie, maar ‘n kultuurkarikatuur van die kulture waaruit dit ontwikkel het. Baie onstabiliteit en uitrafeling, kom gewoonlik voor wanneer kultuur in transito is. Onder die newe-produkte, in baie lande, is die ontstaan van ‘n sogenaamde subkultuur van bandeloosheid wat weer ‘n subkultuur van geweld voed. Juis hierdie aspek is pas in die parlement bespreek, en is hard probeer om ter wille van politieke korrektheid die probleem te ontken.

Die vraag is egter: Presies waar op die kultuur-barometer kan enigeen die plakkaat se inhoud hieronder plaas? Daar kan nie maar aangevoer word dat dit aan ‘n paar heethoofdige snotkoppe toegeskryf moet word nie – Sasco as organisasie het botweg geweier om hom hiervan te distansieer en die ANC self swyg dawerend hieroor.

Intussen gaan al hoe meer stemme vir ‘n volkstaat of die behoorlike beskerming van minderheidsregte op. Durf iemand regtig verbaas te wees?

“A vote for SASCO is a vote for ANC and

a vote for anc [sic] is a vote for Julius

MALEMA

“One Boer one bullet”

Viva Julius malema [sic] viva!!!

Students please vote for SASCO 100%

BLACKS ONLY ORGANISATION

(STRICTLY SOUTH AFRICANS)

Amandla!!” (Siek)

игрушка лунтиклобановский александр жена

Ag dankie vir dié ‘navorsing’!

Wat ‘n voorreg was dit nie as belastingbetaler om drie en ‘n half miljoen rand op te dok vir die Sentrum vir die Studie van Geweld en Geregtigheid (SSGG) se sogenaamde studie na die oorsake van geweldsmisdaad nie. In dié sogenaamde studie maak die sogenaamde navorsers ‘n aardskuddende, verbysterende, ongehoorde gevolgtrekking: Geweldsmisdaad is toe te skryf aan, ja, reg geraai: Kolonialisme en apartheid. Slaat vir my plat met ‘n veertjie!

Dis witmense se skuld, dus, dat skoolmeisies verkrag word deur ‘n bende skoolseuns.

Hoe dan anders? Het enige iemand, in die era van polities-korrekte waansin, verwag dat diegene wat skoolmeisies verkrag en dit afneem op selfone, sestienjarige burgers van Lesotho wat dokters verkrag of sub-menslike barbare wat vrouens vir ure lank martel tydens plaasaanvalle en huisbesettings, dan sélf die blaam moet dra? Kom, wees nou redelik! Dit sou mos absurd wees om toerekeningsvatbaarheid vir hul eie optrede van swart geweldenaars te verwag. Watter deel van: Alles wat verkeerd gaan, is immer, altyd die witman en sy rassisme se skuld, verstaan julle nie?

As iemand wat nie ‘n aanhanger van die religie van nie-rassigheid was nie, egter totaal onredelik wou wees, kon hy die ganse sogenaamde studie met groot gemak aan flarde ruk met eenvoudige feite.

  • Die blamering van apartheid en kolonialisme kom uiteraard neer op ‘n ongeskrewe bekentenis dat dit juis nie blankes is wat buitensporige vlakke van geweldsmisdaad pleeg nie, en is een van die min geldige gevolgtrekkings in die sogenaamde studie. Dit is nie bendes blankes wat huise in Soweto binneval en die inwoners vir ure lank martel, en hulle dan met ‘n tuinvurk doodsteek nie.
  • Daar was geen trekarbeid, myne, apartheid of kolonialisme tydens die grootskeepse volksmoord in die 1830’s bekend as die Dikafane nie. Daar was in der waarheid vóór 1835 bitter min blankes wat ooit in die binneland gekom het, buiten ‘n paar verdwaalde sendelinge. Tydens die Dikafane is ‘n onbekende aantal swartes, maar waarskynlik in die honderde duisende, voor die voet uitgewis deur Sjaka se impi’s. Dit was inteendeel die aankoms van die Voortrekkers wat waarskynlik bygedra het tot die beëindiging van die Dikafane. Binnelandse stamme soos die Sotho’s behoort na regte vir Piet Retief en Andries Pretorius as hul volkshelde te sien.
  • Die bende wat na bewering die skoolmeisie by die Jules-hoërskool in Johannesburg verkrag het en die aanval op selfone verfilm het, het nooit apartheid beleef nie, omdat hulle ná 1994 gebore is. So ook was daar nooit apartheid in Lesotho nie, en was een van die verkragters van die dokter in die Pelonomi-hospitaal op 16 te jonk om self apartheid te beleef het. Apartheid het vir alle praktiese doeleindes teen 1990 glad nie meer bestaan nie. Nietemin bieg die sogenaamde studie dat een-derde van alle moorde gepleeg word deur diegene wat ná 1990 gebore is.
  • Die sogenaamde studie blameer trekarbeid en spesifiek die myne vir die kultuur van geweld. Baie van die trekarbeiders wat wel op myne gewerk het, het ook uit lande soos Malawi gekom. Malawi het egter ‘n veel  laer gewelddadige misdaadkoers as Suid-Afrika. Hoe verklaar die sogenaamde navorsers Malawi se onvergelykbare misdaadkoers?
  • Daar is gebiede met veel erger armoede en werkloosheid as Suid-Afrika, byvoorbeeld die krotbuurte van Moembaai, waar die geweldskoers ‘n fraksie van Suid-Afrika s’n is. Die Nobelpryswenner Amartya Sen wys byvoorbeeld daarop dat daar geen duidelike verband tussen armoede en geweldsmisdaad is nie.

Iemand wat egter dapper genoeg is om bostaande feite hardop te uiter, sal ongetwyfeld deur die kranksinnige linkses, en veral die blanke linkses, as ‘n rassis uitgekryt word, indien hy nie van haatspraak aangekla sal word nie. Die waarheid is duidelik ‘n gevaarlike ding vir die fanatici in die kerk van anti-rassisme.

Dus sal ek, as ‘n goeie, toegewyde burger van die Nuwe!, Verbeterde! Suid-Afrika, my hande saamslaan, my kop knik en saam met die res van die blankes bieg dat geweldsmisdaad eintlik my en my mede-blankes se eie skuld is. Ja, ons, ons kinders, hulle kinders en hulle kinders se kinders is en bly vir ewig skuldig aan die misdade van apartheid en kolonialisme.

casino registerЛобановский

Fisiologie van misdaad

Dit is dié week internasionaal bedrogweek. ‘n Internasionale instansie van gesertifiseerde bedrogondersoekers meen tot 5 % van ondernemings wêreldwyd se omset word deur bedrog gesteel. Met ‘n bekende politieke kommentator wat dié week hardop gemeen het korrupsie in Suid-Afrika het endemies geword, sou dit glad nie onvanpas wees dat Suid-Afrika bietjie hierop fokus nie. Trouens, volgens die jongste polisiestatistiek het bedrog in Suid-Afrika vinnig toegeneem te midde van ‘n afname in baie misdaadkategorieë.

In Suid-Afrika val die fokus dié week egter elders – die gewelddadige aard van misdaad hier te lande, en ‘n walgooiery uit regeringsgeledere hieroor.

Die grondslag vir hierdie fokus is ‘n verslag van die Sentrum van Geweld en Versoening wat 18 maande na dit voltooi is, in die parlement bespreek word.

Van die kant van die polisiesekretariaat word aangevoer dat die vlakke van geweld in misdaad in Suid-Afrika nie uitsonderlik is nie. Suid-Afrika vergelyk goed met lande soos Jamaika, Meksiko en Columbia.

Die Sentrum voer weer aan dat ‘n moordsyfer van 16 000 per jaar die boodskap onomwonde stel.

Om Meksiko en Columbia as voorbeelde te gebruik, is kwalik gerusstellend. Hierdie lande het te kampe met magtige dwelmkartelle waar menselewens nie ‘n halwe tiekie werd is nie. Veral Meksiko kom gereeld in Verslaggewers sonder Grense se verslae aan die bod weens die skrikbewind wat dwelmbase teen joernaliste voer wat durf waag om in hul bedrywighede te krap.

Boonop is moord nie die enigste vorm van geweldsmisdaad nie. Suid-Afrika is die verkragting-hoofsetel (capital) van die wêreld. Volgens die polisiestatistieke is die amptelike verkragtingskoers in Suid-Afrika 138 per 100 000 per jaar. Welsynsinstansies meen die amptelike syfer moet met tussen tien en 30 maal vermenigvuldig word om die werklike verkragtingskoers te bepaal. Voeg hierby dat Suid-Afrika se hemelhoë MIV-Vigs-besmettingsyfer maklik vir iemand wat nie betyds anti-retrovirale behandeling kry nie, ‘n doodsvonnis kan beteken en die erns raak duidelik. Dat die meeste verkragtings binne gesinsverband plaasvind en dat die herhaalde verkragting van dieselfde slagoffer die syfer opjaag is niks minder ontstellend nie.

Voeg nog hierby die gevalle van aanranding met die opset om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede, huisrooftogte, poging tot moord, strafbare manslag en kindermishandeling en sake lyk sleg.

Die Sentrum se doodsonde was skynbaar om na ‘n kultuur of subkultuur van geweld te verwys, en dit onder meer na aspekte soos bendebedrywighede te herlei. In die proses het die Sentrum kwalik die gravitasieteorie ontrafel, dit word gewoon in provinsiale moordsyfers en verkragtingsyfers weerspieël soos in die Wes-Kaap en Noord-Kaap.

Die polisiesektretariaat skram weg van ‘n verpolitisering van misdaad, en die koppeling daarvan aan spesifieke bevolkingsgroepe. Terwyl die statistieke waarskynlik ou bekende faktore reflekteer soos dat die moordsyfer onder bruin mans in die Wes-Kaap as die hoogste onder ‘n identifiseerbare groep ter wêreld gereken word, naamlik meer as 90 per 1000 000 per jaar teenoor die land se gemiddeld van ongeveer 30 per 100 000 per jaar – juis weens die bendebedrywighede, is die regering se fokus waarskynlik meer gerig op die statistieke vir plaasmoorde. Volgens Interpol is die moordsyfer onder boere tot 300 per 100 000 per jaar, en dit kan nie aan ‘n moordery onder mekaar, of dronknes-bakleiery toegeskryf word nie.

‘n Walgooiery oor syfers wat stereotipes en polarisering tot gevolg het kan moontlik verstaan word, maar dan maak dit nie sin dat vanuit dieselfde geledere dawerend geswyg word wanneer Sasco rassistiese plakkate met haatspraak vertoon nie. Dan maak dit nie sin dat die ANC appèl aanteken teen ‘n hofbeslissing wat die liedjie, “Skiet dood die Boere” tot haatspraak verklaar het nie.

‘n Belangrike oorweging is of ‘n probleem by die wortels aangespreek kan word as die simptome so verpolitiseer word dat die fisiologie daarvan verdoesel word.

влагостойкие светильники для ваннойФільчаков Олександр Васильович

Misdaadverslag ‘n teleurstelling

“Die lang verwagte verslag deur die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening oor die ondersoek na die redes vir die wreedheid van geweldsmisdade, is ‘n teleurstelling, sê niks nuut nie en was ‘n vermorsing van belastinggeld,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

”Die verslag spreek geensins die oorsake van die wreedheid van geweldsmisdaad aan nie en toon die algemene sosio-ekonomiese en sosio-politieke probleme van geweldsmisdaad aan. Selfs die Polisie het erken dat die verslag niks nuuts bevind het nie. R3,5 miljoen was spandeer om die kultuur van geweld te wyte aan opvoeding, armoede, werkloosheid en apartheid, toe te skryf. Armoede en werkloosheid is swak verskonings vir geweldsmisdaad, aangesien daar baie ander lande is met meer armoede en werkloosheid as Suid-Afrika, maar met baie minder geweldsmisdaad. Hierdie verslag is net nog ’n voorbeeld van ‘n vrugtelose uitgawe van belastingbetalers se geld,” het Groenewald gesê.

лечить зубыпрокурор Фильчаков

Met ‘n Aprilgek-grap gevang?

Op 1 April vanjaar het die regering litigasie vrygespring deur ‘n ooreenkoms met Vrystaat Landbou te onderteken. Aan die hart van hierdie ooreenkoms was ‘n onderneming dat veral die Lesothogrens voldoende beskerm sal word sodat landboubedrywighede in vrede, en veilig voortgesit kan word.

Na ‘n volgehoue stroom vee- en weidingdiefstalle en selfs lewensverlies, is verskeie grensboere al in die media aangehaal dat daar van die regering se ondernemings dadels gekom het.

Dit is blykbaar so endemies dat veld selfs aan die Vrystaatkant aan die brand gesteek word sodat vee uit Lesotho later op die groen uitloopsels kan kom wei.

Een van die verdagtes wat aangekeer is in verband met die verkragting van ‘n dokter in Bloemfontein se Pelenomi-hospitaal is ‘n sestienjarige Lesothoburger wat hom skynbaar moeiteloos in Suid-Afrika kom vestig het. Ook hier het die regering nie te alle tye met die nodige sorg gereageer nie, en die LUR vir Gesondheid is erg gestriem omdat sy nie ‘n krisisvergadering oor veiligheid in die hospitaal bygewoon het nie.

Onder die staatkundige begrippe wat politieke wetenskaplikes gebruik, is dié waar die burgery van ‘n land en die regering ‘n sosiale kontrak sluit. Dié kontrak behels onder meer dat die staat verantwoordelikheid vir die veiligheid van sy burgers waarborg. Kabinetslede lê ook ‘n eed af vir die instandhouding van die grondwet.

Voorts bepaal internasionale demokratiese konvensie dat ‘n regering in algemene belang sal regeer, nie net in belang van die regerende party se ondersteuners nie – of dan in belang van ‘n buurland se burgers se roofsug nie.

Dit sluit ook in dat die staat streng teen korrupsie sal optree omdat, in die woorde van die Wêreldbank, korrupsie ‘n land van sy toekoms beroof.

Selfs al is daar geen kwade bedoelings by die wyse waarop die regering sy ooreenkoms met Vrystaat Landbou eerbiedig nie, kan die regering nie sy verantwoordelikhede ontsnap nie. Doeltreffende regering word bewerkstellig deur kundigheid en ‘n ingesteldheid tot dienslewering.

Word onbekwame kaders egter ontplooi, is die skade net so groot of selfs groter as om skelm kaders te ontplooi. Kort voort lank staan die beste stuurlui deeglik aan wal, en as hul kantlynadvies geïgnoreer word, sal daar noodwendig ‘n mate van foutvindery ontstaan – ‘n doodgewone demokratiese reg en plig, wat nie deur die muilband van die media gesmoor durf word nie. Al hoe meer politieke waarnemers begin koppe tel namate die Zuma-kabinet in ‘n KZN-klub ontwikkel.

Behoorlike demokrasie beteken ook dat die owerheid nie onnodig in die burgerlike lewe inmeng nie – trouens, die staat se hooftaak wat dit betref is juis om ‘n veilige klimaat te skep waarbinne ekonomiese groei kan plaasvind.

Word na Suid-Afrika se posisie op internasionale indekse gekyk, veral die sogenaamde piesangrepublike-indeks, kan die vraag gevra word hoeveel van die sosiale en selfs juridiese kontrakte is by wyse van spreke op 1 April geteken?

no deposit bonusлобановский александр интервью

Zim-ekonomie loop klopdisselboom

Zimbabwe se ekonomie sal vir die tweede agtereenvolgende jaar in 2010  groei as gevolg van positiewe beleid en sterk kommoditeitspryse, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gister gesê, terwyl die organisasie ‘n beroep doen vir meer hervormings om die herstel te onderhou.

Die land se ekonomie, wat deur hiperinflasie van 500-miljard persent in 2008 geteister is, het 5,7% in 2009 gegroei – die eerste keer in ‘n dekade – onder ‘n magsdelingsregering deur die bittere vyande president Robert Mugabe en eerste minister Morgan Tsvangirai.

‘n IMF-span wat die land tussen Oktober 25 en November 3 vir roetinegesprekke met die regering en die private sektor besoek het, het gesê Zimbabwe sal vanjaar ‘n begrotingsoorskot aanteken, onder andere tekens van beter ekonomiese toestande.

“Ondersteun deur hernieude pogings om beleid te versterk, asook gunstige skokke, het die Zimbabwiese ekonomie sy tweede jaar van lewendige ekonomiese groei voltooi ná ‘n dekade van ekonomiese agteruitgang,” het die IMF gesê.

“Die begroting is geprojekteer om ‘n kontantsurplus in 2010 te genereer, beheer by die Reserwebank van Zimbabwe is besig om te verbeter en die regering werk aan die bevordering van die ekonomiese klimaat.”

Die IMF verwag dat die ekonomie met 2,2% in 2010 sal groei, terwyl die minister van finansies Tendai Biti sê dit is op koers vir 8,1% groei hierdie jaar en 10% in 2011.

Die IMF het gesê daar moet meer geld vir infrastruktuur en maatskaplike behoeftes in die 2011-begroting wees en het aanbeveel dat die regering kontantbegrotingsuitgawes tot $2,5-miljard beperk.

Hoër goud- en platinumpryse het uitvoere en regeringsinkomste in 2010 opgestoot, terwyl gunstige weerstoestande tot ‘n hoër opbrengs van landbouprodukte bygedra het.

Ontleders het gesê Zimbabwe se wankelrige koalisieregering, wat oor sleutelregeringaanstellings en die tempo van die hervormings gekibbel het, was besig om die hersteltempo te vertraag.

“Politieke stabiliteit is ook die sleutel tot die konsolidering van winste in makro-ekonomiese prestasie,” het die IMF gesê en bygevoeg dat meer hervormings nodig is om die potensiaal te verwesenlik.

“Prioriteitsgebiede sluit in die vermindering van arbeidsmarkregulasies, om sekerheid betreffende grondbesit te vestig, om eienaarskapsvereistes onder die verinheemsingswetgewing op te helder, en om kommer oor bestuur in die diamantsektor aan te spreek.”

Die IMF het ook gesê streng regulering het risiko’s in die bankstelsel sedert die begin van 2010 laat afneem. Dit het bygevoeg dat hulp aan Zimbabwe, wat multilaterale finansiële instellings byna $7-miljard skuld, tans beperk tot tegniese bystand sou bly.

интернет магазин диагностического оборудования для автомобилейДанильченео

Wanneer korrupsie endemies word

“Suid-Afrika het die punt bereik waar korrupsie endemies geword het.”

Hierdie harde woorde is deur prof. André Duvenhage, bekende politieke kommentator van die Pukke op RSG se program, Kommentaar gebruik.

Dit staan in die konteks van die nuus dat die Britse Accountancy and Actuarial Discipline Board (AADB) weer met ‘n fyn kam na aspekte van die omstrede wapentransaksie kyk, en dat sowat ‘n miljard rand se omkoopgeld aan Suid-Afrikaners betaal is.

Dit volg kort nadat die hoof van die Valke, lt.genl Anwa Dramat aangekondig het die ondersoek na die transaksie is gestaak.

Aan die positiewe kant, tel die Noord-Kaapse LUR, John Block, se arrestasie as verdagte in korrupsie. Block was al lank vir die ANC ‘n Block aan die been met volgehoue bewerings dat sy lei nie skoon is nie. Hy is egter elke keer deur die ANC omarm, en nou ook het die ANC sy volle vertroue in Block herbevestig.

Om ‘n land te tipeer as een waar korrupsie endemies geword het, is nie maar bloot ‘n stelling nie. Dit het ‘n gelaaide betekenis, hoewel verskillende kenners nie dieselfde fynskrif daarby voeg nie. Dit behels meestal ‘n begrip waar ‘n staat nie meer funksioneer sonder dat gunslone, hanteringsfooie, tsjôtsjô, koeldrankgeld of welke eufemisme gebruik word, ‘n rol speel nie. Dit dra in wese die kenmerke van ‘n disfunksionele staat.

Die staat se erns om korte mette te maak met hierdie euwel, wat deur die Wêreldbank as die diefstal van ‘n land se toekoms beskryf word, word ook gebruik om te bepaal of ‘n land disfunksioneel is, of nie. In hierdie opsig stuur Suid-Afrika ongelukkig ‘n gemengde boodskap uit. Dikwels word die indruk geskep dat verkeerdheid van die daad eerder afhang van die politieke kamp waarin iemand verkeer as die omvang van die korrupsie waarby iemand betrek word.

Korrupsie en morele verval is ten nouste verweef, en teen dié agtergrond is dit onrusbarend dat pres. Jacob Zuma reeds aangedui het dat hy ‘n debat oor die herdefiniering van moraliteit voorstaan. As agtergrond het hy gemeld dat een deel van die bevolking gif spoeg oor korrupsie oor sake wat ‘n ander deel nie as verkeerd beskou nie.

Waarskynlik die sterkste wapen teen korrupsie is ‘n knap media in ‘n omgewing van afdoende persvryheid. Ook hier begin die spoke loop.

Skoor het intussen ook aangedui dat die Valke op die rooi tapyt is oor sy besluit om die wapenondersoek in die doofpot te plaas.

As daar dan gemengde seine moet wees, moet die land duime vashou dat die regte boodskap die botoon gaan voer.

Volgens aanduidings gaan die Britse ondersoek nou name oplewer. Dit sal al ‘n belangrike stap wees. Die regering se reaksie op hierdie onthullings word afgewag.

справка освобождениелобановский супермаркет класс

Tegnologie, kommunikasie en die natuur

Moderne kommunikasie het so vanselfsprekend geword dat die samelewing daarop staatmaak. Onder die gebruike van die internet is elektroniese bankdienste, ouers wat met hul kinders oorsee gesels en werkgewers wat baie aan kantoorhuur bespaar deur personeel van hul huise af te laat werk.

So afhanklik het die samelewing hiervan geword, dat ‘n diensverskaffer wat gereeld van lyn af gaan of ander probleme ervaar, gewoon nie lank in die mark hou nie.

Tog, waar instansies dit kan bekostig, en waar diensonderbrekings rampspoedig is, sal nie net van meer as een diensverskaffer gebruik gemaak word nie, maar van verskillende tegnologie soos om landlyntegnologie, soos ADSL, met radiogolwe aan te vul. Waar instansies nie ‘n gordel, kruisbande en ‘n stywe rek aanwend nie, moet kliënte gereeld gefrustreerd aanhoor dat transaksies nie kan plaasvind nie omdat die instansie van lyn af is.

Wanneer ‘n rugsteunstelsel nie bekostig kan word nie, word na die mees betroubare diensverskaffer gesoek – wat in Suid-Afrika gewoonlik beteken dat iets gesoek word waarin die staat nie ‘n stewige hand het nie.

Maar selfs die heel beste is kwesbaar, en het pas geblyk toe baie kliënte van waarskynlik die mees betroubare luggolf-diensverskaffer bykans twee dae lank van die lug af was nadat stormsterk rukwinde ‘n paar torings omgewaai het.

Presies hoeveel geld die diensverskaffer se kliënte wat grootliks of geheel vir hul inkomste van ‘n werkende internet afhanklik is, kan net geraai word. Die skade is waarskynlik enorm. Die frustrasievlakke sou net in die horrieskaal uitgedruk kon word.

люстры 5 рожковые подвесныеФільчаков прокурор

Nog meer van dieselfde asseblief!

Die nuwe Audi A4Ons het onlangs die geleentheid gekry om die Audi A4 2.0 TFSi Quattro onder hande te neem. Nou as jy al enigsins enige van VWSA of Audi SA se voertuie gery het, sal jy sommer dadelik tuis voel. Dit is ‘n baie goeie ding, maar aan die ander kant hou ‘n ou soos ek van iets spesiaals. Veral as dit by ‘n Audi kom. Ek het self so ‘n paar jaar gelede ‘n Audi A4 1.8 T besit, en hy was anders as ander motors, solied en met ‘n spesiale gehalte aanmekaar gesit. Moenie my verkeerd verstaan nie: die nuwegeslag-Audi’s is baie goed aanmekaar gesit en ook van ‘n uitstaande kwaliteit, maar dit voel vir my of hulle die “spesiale” gevoel wat ‘n Audi anders maak as ‘n Volkswagen laat vervaag het. Dit is nou amper of al die VW en Audi produkte van die dieselfde material en vakmanskap gebruik maak. Weereens, dit kan ‘n baie goeie ding vir VW wees, maar aan die ander kant kan dit juis die Audi’s bietjie soos ‘n VW laat voel.

As ‘n mens na die soveelste generasie Corolla kyk, is dit ook ‘n baie goeie motor wat baie goed verkoop en alles gaan altyd reg, maar hy is nou al vir amper 20 jaar nie meer opwindend of spesiaal nie. Dit is net ‘n kwaliteitryding wat betroubaar is. Die Audi’s van vandag begin vir my daardie gevoel aanneem.

Enjin

Net soos die materiale wat gebruik word in die Audi en die Golf en die Polo word van die enjins ook in omtrent al die modelreekse ingespan. Die enjin in die Audi 2.0TFSi is so te sê dieselde as wat in die Golf GTi en die VW Scirocco en die VW Passat ingespan word. In sekere ander wêrelddele word die enjin selfs in die grote VW Pheaton en die Seat Leon asook die Tiguan en die Touran ingespan; die TT en die A5 het ook die gebruik van dieselfde enjin.  Dit is nie net meer ‘n Audi- of ‘n GTi-enjin nie. Die 2.0-liter-eenheid is ‘n baie goeie enjin met 155 Kw en 350Nm wringkrag. Dit is baie spiere en veral in die motor voel die krag besonder bruikbaar. Ons toetsmotor was natuurlik met Quattro-aandrywing toegerus wat beteken dat hy met al vier wiele trek. Sy versneltyd van rus tot by 100km/u is dan ook net so oor die 7 sekondes waar die VWGolf GTi met dieselde enjin net so onder die 7 sekondes is. Natiuurlik is dit die massaverskil tussen die twee, die Quattro-aandrywing weeg nogal ‘n lotjie. Kraglewering is sonder moeite en glad en die 7-spoedratkas verplaas die krag soomloos na die teerpad.

Hantering is soos verwag is omdat dié ‘n Quattro is – ongeëwenaard in die klas, maar ons kon nie ophou wonder hoekom ‘n mens nou eintlik vierwielaandrywing vir ‘n gesinsmotor wat 99,9% van die tyd op mooi voorstedelike teerpaaie gaan rondry nodig het nie. Ons kan in elk geval nie die perke van dié of enige ander motor op ‘n openbare pad toets nie, dus hoekom daarvoor betaal? Uitlaatgasse is mos deesdae een van die belangrikste syfers op die voornemende koper se lysie en hier stel die Audi ook nie teleur nie. Hy is nou wel amper 60 g/km oor die staat se groen perk, maar vir ‘n motor met die verrigting en van dié grootte is die 172g/km uitstekend. Brandstofverbruik word aangegee as 7.4L/100km maar ons het ietwat meer, 8.2L/100km, gehandhaaf. Audi gee sy maksimumsnelheid aan as 245km/h en dié het ons ook getoets as 242km/h, ‘n heel onwettige syfer.

Binneruim

Binneruim van die A4Alles binne die Audi A4 lyk en pas goed. Die sitplekke is baie gemaklik en ondersteunend en die instrumentpaneel is logies soos net die Duitsers dit kan doen maar tog duidelik en klassiek uitgelê. Wanneer jy in die motor inklim, gaan sit jy baie laag en dit voel knus en reg wanneer jy sit, maar probeer uitklim veral as jy oor die ses voet is. Die deure maak groot en wyd oop en is ook nie swaar nie. Vergelyk die A4 se binneruim met dié van die 3-reeks-BMW of die C-klas-Mercedes, dan voel die Audi net te knus vir waarvoor hy gebou is. Dit is asof Audi alles om die bestuurder ontwerp het, wat nie sleg is nie, en so bietjie van die passasiers vergeet het, maar hierdie bly ‘n vierdeurgesinsmotor wat gemaklike plek vir die gesin moet bied. Die reusebegasiebak maak darem op vir die res van die spasie wat na ons mening nog kan verbeter. Soos ‘n mens verwag van ‘n primavervaardiger, is die motor gelaai met die luukshede en alles van leersitplekke tot verhitte sitplekke en ingeboude navigasiestelsel pronk hier. Mens moet net baie vesigtig wees wanneer jy enige Audi bestel, soos met die ander twee Duitse luuksevervaardigers betaal jy ekstra vir meeste van die tegnologie. En daar is net soos in die ander twee heelwat hiervan, enige iets is beskikbaar, van radartogbeheer wat die spoed aanpas soos die verkeer voor jou stadiger of vinniger beweeg, tot by ‘n stelsel wat jou waarsku wanneer jy oor die witlyne ry of uit jou baan uit dryf op die snelweg. Daar is al die gewone veiligheidstoerusting soos ABS en lugsakke aan die kante en voor wat standaard is, maar al die ekstra tegnologie gaan jou ‘n klomp geld kos as jy nie noukeurig kies nie.

Opsomming

Teen R440 000 vir die standaard-Audi A4 2.0 TFSi Quattro sonder al die tegnologiese veiligheidstelsels soos genoem en lekker goedjies soos ‘n Bang en Olufsen-klankstelsel, elektriese vestelling vir die sitplekke, ens., is die Audi nie goedkoop nie. Dit bly ‘n baie goeie motor wat baie goed aanmekaar gesit is en duidelik heelwat kopers lok. Sou ons in die segment met ons eie geld ‘n motor moes koop, sou die VW Jetta 2.0TSi met dieselfde enjin en 147Kw dalk meer sin gemaak het teen meer as R100 000 goedkoper. Volvo se splinternuwe S60 2.0T teen R360 000 is ook beter toegerus en stink nog van nuutgeit. En Volvo is lankal nie  meer die stiefbroer van oor die see nie. Die Sweed kan nou al drie die Duitsers in die hoofligte kyk wat tegnologie, bougehalte en rygerief aanbetref. Die Audi is ‘n baie goeie motor wat sy man ordentlik kan staan in hierdie geselskap, maar daardie iets spesiaals wat ‘n Audi altyd gebied het, is weg. Dit is asof die nuwegeslag-Audi’s ‘n kopié van ‘n baie goeie ding is; die eiesoortige karakter van die verskillende modelle ontbreek.

Syfers

Audi A4

Model: 2.0T FSI Quattro S tronic

Prys voor ekstras: R 436 000

Enjinkapasiteit: 4 sil/1984cc

Krag: 155Kw

Wringkrag: 350Nm

Ratte: 7

Versnelling 0 to 100 km/u: 7,2 sek

Maks. spoed: 242 km/u

Brandstoverbruik/100km: 8.2l/100km

Tenkinhoud: 65L

панель светодиодная круглаялобановский харьков