Praaglidmaatskap vir 1 jaar via Paypal:
Praaglidmaatskap vir 1 jaar via Paypal:
Die Reitz-kamerwoning-video oorheers nou al weke lank nuuskommentaar.
In inter-persoonlike gesprekke word verskillende menings daaroor gehuldig, toegegee dat diegene wat die video in sterk taal verwerp, klaarblyklik die oorgrote meerderheid is.
Die kritici van die video maak dit af as morsig, platvloers en onfatsoenlik. Dit is van ʼn lae intellektuele peil.
Diegene wat – soos die Hollanders sê – “genuanseerd” daaroor probeer dink, verdedig die video oor die boeg van die reg van ʼn persoon om selfs kru “kuns” te lewer. Die video val in die kategorie van spot, die satire, ironie en is ʼn protes teen “politieke korrektheid”.
Wat in die debat gemis word, is die besef dat hierdie video baie skerpsinnig gebruik is as wapen in sielkundige oorlogvoering om die blanke teen ʼn skandpaal te slaan.
Dat die strategie van verdagmaking en assosiasie van ook die Afrikaner met die video baie suksesvol is en was, is die feit dat Afrikaanse meningsvormers eintlik geen verweer het nie.
Wesenlik gaan die video as sielkundige instrument om ʼn groter saak.
Dit is transformasie.
Die groot fout wat liberaliste maak is om te glo dat transformasie net die uitskakeling van rassisme beoog.
Met rassisme word dan bedoel dat ʼn persoon of groep persone met ʼn bepaalde pigmentasie ʼn ander persoon of groep met ʼn ander kleur as minderwaardig ag, voorstel, beskou en hanteer.
Die liberale standpunt kan kortliks ontmasker word deur ʼn eenvoudige stelling, naamlik dat die volle mens (nie net sy kleur nie) in sy gene vervat is, dat die genetiese samestelling van ‘n mens honderde (ja, duisende) jare terugreik in die geskiedenis en ook moontlikhede – maar helaas ook beperkinge – oplê wat as grense funksioneer. Grense wat moeilik oorgesteek kan word. Die liberalisme maak hom gewoon skuldig aan ‘n sosiokulturele determinisme. Hiervolgens is en word alle mense gelyk as die sosiaal-kulturele konteks maar gelyk gemaak kan word.
Die probleem met die liberalis is dat hy die transformasiepolitiek volledig verkeerd sien as ‘n poging van die voorstanders van transformasie om alleen maar die sosiokulturele speelveld gelyk te maak.
Wat ons egter stelselmatig sedert 1993 in SA waarneem, is dat transformasie eerder ʼn omvorming van die voorafgaande stelsel is.
Met ander woorde: die Westerse samelewingsorde moet fundamenteel afgebreek en vervang word met die Afrika-kollektivistiese stelsel.
In Afrika-kollektivisme is die owerheid die staat, ag die owerheid homself bevoeg om ‘n staatsideologie op die burgery af te forseer (bv. die skole-eed), mag die owerheid inmeng op elke en alle terreine (soos in georganiseerde sport en die onderwys), word etnisiteit en kulturele andersoortigheid as bedreiging vir nasie-bou gesien … ens.
Word die Reitz-kamerwoning-video teen bg. agtergrond herbeoordeel, is dit duidelik dat dit eintlik die spot dryf met die geforseerde transformasiepolitiek van die universiteitsraad en sy kruppel rektor.
Soos daar reeds in ander dokumente uitgewys is, is ʼn geforseerde sosiale integrasiebeleid eintlik ʼn waarborg vir rassespanning, polarisasie en haat.
Wat ons dus op Kovsies sien, is die werking van sosiale antitese. Die bedoeling is geforseerde integrasie, maar die onbedoelde nettoresultaat is segregasie en intergroepspanning.
Alhoewel beskaafde Westerse norme en etiese gedragsreëls altyd in die oorlewingstryd van ʼn volk verreken moet word, lê daar ʼn selfvernietigende gevaar in enige poging om transformasiedoelwitte as die uitskakeling van vooroordele teen swartes te sien. Transformasie gaan om veel meer en wil die totale samelewing tot in sy wortels revolusionêr verander.
Teen bg. agtergrond moet die Reitz-video agter ons gesit word en moet op die aanslag teen ʼn Westerse samelewingsorde gekonsentreer word.
Beweringe dat Eskom ‘n kontrak met ‘n beleggingsfirma met bande met die ANC goedgekeur het, word deur die Openbare Beskermer Lawrence Muhswana ondersoek.
Nuusberigte het Chancellor House Holdings verlede maand met die Eskom-kontrak verbind. Mushwana se kantoor sê hulle het kennis geneem van die berigte en het met ‘n ondersoek begin.
Die kantoor het ontken dat dit gevolg het op dreigemente van die DA-leier Helen Zille om ‘n formele klag te lê.
Van “oningespireerd” tot “plat op die aarde” en “vol selfvertroue” was van die wisselende menings wat deur lede van die Joodse gemeenskap oor Jacob Zuma uitgespreek is.
Zuma is genooi om by ʼn forum oor Suid-Afrika se toekoms te praat wat deur hoofrabbi Warren Goldstein aangebied is. Dit het by Investecbank in Sandton plaasgevind.
In sy toespraak het Zuma gepoog om “paniek” oor die ANC-leierskap te besweer deur te sê dat die nuutverkose leiers van die regerende party “ervare kaders” is wat glad nie nuut is nie.
Toe hy gevra is oor die misdaadrekords van lede van die nasionale uitvoerende komitee, waaronder Tony Yengeni en Winnie Madikezela-Mandela, het Zuma gesê hy kon nie daaroor oordeel nie en het dit na die ANC verwys.
Een lid van die gehoor het gevoel dit was een van vele gevalle waar Zuma agter sy party geskuil het.
Die vrou wat graag anoniem wou bly, het gevoel dat Zuma “praatjies gemaak het”.
“Nee wat, ek is nie beïndruk nie. Hy praatjies gemaak, maar wat het hy werklik gesê? Niks spesifieks nie. Dit was teleurstellend. Hy het agter die ANC weggekruip,” het sy gesê.
Nog ʼn vrou, wat ook anonimiteit versoek het, het gesê dat sy positief aan die einde van apartheid was, maar sedertdien ontnugter is.
“Ek dink Zuma was baie oninspirerend en vervelig. Ek vertrou hom nie want hy is vol korrupsie,” het sy gesê.
“Die ANC het getoon dat dit nie met blanke Suid-Afrikaners wil saamwerk nie. Hulle het hoogs opgeleide en uitstekende Suid-Afrikaners uitgesluit.”
Zuma is gebraai oor ʼn verskeidenheid kwessies vanaf misdaad tot Suid-Afrika se hantering van die die Zimbabwekrisis.
Hy het toegegee dat misdaad in Suid-Afrika ʼn probleem bly en het meer “radikale wette” voorgestel om dit aan te spreek.
Anne Klein, ʼn lid van die groot gehoor – sommiges was gretig, ander versigtig, mar almal het fyn geluister na die man wat moontlik “Suid-Afrika se volgende president mag word – het gesê dat sy meesal deur Zuma beïndruk is.
“Hy lyk baie intelligent en hy weet waarvan hy praat.”
Nog ʼn man wat die forum bygewoon het en homself as rabbi Klein geïdentifiseer het, het gesê dat die bui in die Joodse gemeenskap “terneergedruk” was met die kragkrisis en die onlangse moord op ʼn Joodse vrou in Balfourpark.
Maar hy het gevoel dat Zuma se toespraak mense “opgebeur” het en hulle meer optimisties gestem het.
Hy meen dat vele Jode Suid-Afrika verlaat, hoofsaaklik weens misdaad.
Toe hy gevra is oor toenemende emigrasie, het Zuma geantwoord: “Ons (Suid-Afrikaners) het getoon dat ons in staat is om probleme op te los.”
Hy het gesê dat kwessies wat veroorsaak dat mense die land verlaat, aangespreek behoort te word en mee gehandel behoort te word.
Regstellende aksie was ʼn ander saak wat meer betrokkenheid en bespreking nodig het, het hy gesê.
Op ʼn vraag hoe lank dit afgedwing gaan word, het Zuma gesê hy dink dat daar nog nie genoeg tyd was om die saak te “hanteer” nie.
Hy het gesê dat “sekere mense” eeue lank ontmagtig is.
“Hoe lank het ontmagtiging geduur… ek weet nie. Hoe lank sal bemagtiging neem… ek weet nie.”
Hy het gesê die kwessie was hoe om die saak te hanteer op ʼn manier wat nie die persepsie skep dat ander deur regstellende aksie ontmagtig word nie.
Nog ʼn luisteraar, Cecil Kramer, was nie beïndruk deur Zuma se toespraak nie maar het die antwoorde op soms ongemaklike vrae verwelkom.
“Sy toespraak was swak. Ooglopend het hy dit nie self geskryf nie en waarskynlik het hy dit vir die eerste keer gesien.
“Maar sy antwoorde op vrae was goed. Ek dink hy was nogal uitgeslape. Nie wonderlik nie, maar dit was nie sleg nie. En die hoofrabbi was uitstekend,” het hy gesê.
Goldstein het ʼn beroep op Zuma gedoen om “ʼn regering van medelye” te lei, sou hy tydens die algemene verkiesing in 2009 tot president verkies word.
ʼn Regering van medelye, het hy gesê, sou die “gewig en verantwoordelikheid” daarvan om die lewens van 45 miljoen Suid-Afrikaners in hul hande te hou, besef.
Die land se president, Robert Mugabe, het die groen lig gegee vir banke, maatskappye en myne waarvan die beherende aandeel in buitelanders se hande is, om deur plaaslike inwoners oorgeneem te word. Hy het die wetsontwerp oor die naweek bekragtig.
Dit word wyd gesien as die finale nekslag vir die Zimbabwiese ekonomie.
Mugabe se vervreemding van blanke plase in 2000 het gelei tot ‘n ekonomiese ineenstorting, voedselskaarstes en ‘n inflasiekoers van hoër as eenhonderdduisend persent.
Afrikaners, nie swartes nie, is tans die ware slagoffers van rassisme in die nuwe Suid-Afrika. Sedert 1994 is 30 000 van hulle vermoor in swart-op-wit geweld, met tienduisende Afrikanervroue wat deur swart mans verkrag is. Naas dié onophoudelike gruweldade kom die studentevideo onbenullig voor.
Die oordrewe reaksie op die video het meer skade aan rasseverhoudinge en interetniese naasbestaan in die land aangerig as die video self wat tot die rand van pseudo-artistieke uitdrukking beperk moes gewees het as ‘n vulgêre en studentikose spotstuk wat al as “’n Leon Schuster-fliek wat skeef geloop het”, beskryf is. Pleks daarvan, word dit tans met ‘n politieke en kulturele betekenis behang wat ver verwyder is van die jeugdige makers se bedoeling, as ‘n simptoom van kollektiewe “wit en Afrikanerrassisme”.
Soos die Deense spotprente wat in 2005 gepubliseer is, verteenwoordig die video ‘n toetssaak vir spraakvryheid in Suid-Afrika. Word mens toegelaat om die draak te steek met politieke korrektheid en die alomteenwoordige “demografiese verteenwoordigendheid” of het ons ‘n spul fundamentaliste geword wat gretig is om ‘n fatwa teen enigeen uit te spreek – selfs jong, onverantwoordelike studente – wat dit durf waag om die amptelike ideologie van “transformasie”, d.w.s. permanente omgekeerde diskriminasie teen blankes, te bevraagteken?
PRAAG glo dat spraakvryheid ononderhandelbaar is, afgesien van die aanstigting van geweld teen ander waaraan die Vrystaatse studente hulle nie skuldig gemaak het nie. In dieselfde week waartydens die dolheid oor die Reitz-video losgebars het, het swart studente op die UV-kampus m.b.t. Afrikanerstudentes gesê: “Kom ons verkrag al die ‘white bitches’.”
Oor die afgelope weke is ten minste vier Suid-Afrikaanse kampusse gesluit verklaar ná onluste deur swart studente wat nie met die video verband hou nie. Te midde van die toenemende onstabiliteit, is dit kommerwekkend dat die Engelstalige media ‘n waaragtige haatveldtog teen Afrikaans en Afrikaners voer. Trouens, die anti-Afrikaanse toon van die huidige Sunday Times of The Star is ononderskeibaar van wat daardie koerante in 1899 op die vooraand van die Anglo-Boereoorlog geskryf het of in 1920 toe hulle die stigting van Afrikaanse skole en universiteite probeer verhoed het.
Dis ooglopend dat verhoudinge tussen Suid-Afrikaanse rasse- en taalgroepe vinnig agteruitgaan. Slegs ‘n terugkeer tot redelike en beskaafde debat sal ons daarvan red om in die etniese konflik wat soveel Afrikalande kenmerk, te verval.
R.C. Malherbe en Schalk van der Merwe, albei studente in hulle finale jaar en albei inwoners van Reitz-kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, het hul studies gestaak.
Albei was betrokke was by die vervaardiging van die omstrede video wat wêreldwyd opslae gemaak het.
Die ander twee het hulle studies einde verlede jaar voltooi.
Hulle sê in ’n brief aan die rektor dat hul besluit hoofsaaklik in die belang van die universiteit geneem is.
Hulle glo die besluit om hul studies te staak sal bydra om die huidige toestand op die UV-kampus te laat bedaar.
Die ANC President, Jacob Zuma, sê die party se deure staan oop vir alle Suid-Afrikaanse boere.
Zuma het op SA Graan se kongres in Bothaville in die Vrystaat gesê dit maak nie saak watter probleme boere het nie.
Hy wil hê die verhouding tussen die ANC en SA boere Sa moet verstewig.
Zuma sê as daar nie inter-aksie tussen die partye is nie kan dit tot langdurige spanning lei.
Die belangrikste boodskap wat hy vir die boere het, is dat Suid-Afrika hulle nodig het.
Dit is met toenemende ergenis dat ek die voortdurende lawaai oor die sogenaamde Reitzhuis-walgvideo bekyk. Die reaksie op beide die Reitzhuis-voorval asook die skietery op Skielik oorskry alle perke van redelikheid en proporsionaliteit.
(Op my beurt is my vraag of mens die onnoselheid uit me. Van der Westhuizen kan haal, synde iemand wie se een, enkele gedagtetjie blyk te wees om skril en aanhoudend "rassisme" te skree vir almal wat wil luister, en haar dan te verbeel sy is ‘n geloofwaardige joernalis. Moontlik moet mens simpatie met die arme siel hê, gegewe dat haar leermeester ene Max du Preez was, ook ‘n intellektueel bankrotte hater van Afrikaners wie se kop bly vashaak het in 1980 en wat deesdae glad niks konstruktief het om by te dra tot enige gesprek nie.)
Om terug te keer na die oorskryding van alle perke van redelikheid: as die Skielik-skietery dan rassisme sou wees, hoeveel te meer is die bykans tweeduisend plaasmoorde dan nie rassisme nie? In die oorweldigende meerderheid van gevalle is die booswigte swart en die
slagoffers blank. In ‘n groot persentasie van gevalle word die blanke slagoffers ook gemartel, soos die bejaarde egpaar van Nylstroom waarvan die vrou se vingers met ‘n snoeiskêr afgeknip is. Waarom het me. Van der Westhuizen en die ander sogenaamde joernaliste nie ook hieroor kop verloor en vir weke ná die voorval histeriese krete van rassisme geuiter, hulle klere geskeur en as oor hulle hoofde gestrooi nie?
Vier mense dood by Skielik. Tweeduisend blanke boere vermoor en dikwels gemartel. ‘n Onaardse geskree oor eersgenoemde, dawerende stilte oor laasgenoemde.
Een mens dood en nog een beseer tydens die Waterkloof-vier voorval, nog ʼn geval waaroor die media bykans ‘n epileptiese uitbarsting van anti-blanke woede beleef het. Sedert 1994 is daar waarskynlik 30 000 of meer blankes vermoor, en meer as 70 000 blanke vrouens verkrag. Die oorweldigende meerderheid van die aanvallers was swart. Waar is die geraas oor die 100 000 blanke slagoffers van die Nuwe Suid-Afrika se epidemie van swart-op-blanke rassegeweld?
Wat die sogenaamde vernedering van die skoonmakers by die UVS aanbetref, moet ek erken ek as blanke weet hoe voel hulle, indien hulle hoegenaamd verneder gevoel het. Weer eens weet ons nie of hulle wel verneder voel oor die video nie. Hulle het immers tussen September 2007 en vandag nie self enige woord daaroor gerep aan die media of aan die owerhede nie. Waarom word daar nie onderhoude in die media met hulle gevoer nie? Wat steek die media en die universiteit se owerhede vir ons weg?
Elke dag as ek die koerante se vakatures-blaaie oopslaan, of ek beskou webwerwe soos dié en ek lees "AA only", dan voel ek verneder en soos ‘n tweedeklasburger. As gevolg van my velkleur word daar teen my gediskrimineer.
Dit spreek dus van verregaande skynheiligheid en ‘n growwe oordrywing om Afrikaners op grond van vier studente se gedrag almal as rassiste te etiketteer terwyl ‘n swart regering elke liewe dag blatante rassisme toepas teenoor vier miljoen blankes.
Vier skoonmakers wat vrywillig deelgeneem het aan studentepret. Vier miljoen blankes wat elke dag rassisme ervaar. Waarom die stilte? Waarom is daar nie elke dag dawerende koerantopskrifte wat uitbasuin hoe rassisties die ANC-regime is nie?
Die antwoord op bostaande kan mens waarskynlik in Professor Danny Titus se onlangse rubriek in Beeld vind.
"Aan die ander kant moet ons hoor: ‘Wat onder die oppervlakte geborrel het, is opgekropte woede by wit Suid-Afrikaners dat ‘n groot bohaai ontstaan telkens as wittes die uitdelers van rassisme is, maar dat ras uitgeborsel word wanneer swartes die plegers en wittes die slagoffers is.’ Laasgenoemde is darem wragtig nie die punt nie."
Overgeset synde: dit maak slegs saak as swartes rassisme ervaar. Ons wil nie hoor van die 100 000 slagoffers van rassegeweld nie, of vier miljoen daaglikse slagoffers van staatsrassisme nie, want hulle is blank.
Israeli-magte sit hulle veldtog teen sogenaamde militêre teikens in die Gaza-strook voort.
Meer as 130 mense is reeds dood sedert die aanvang van die Israeli’s se offensief as teenvoeter vir vuurpylaanvalle.
Die miltere offensief het daartoe gelei dat die Palestynse regering hom aan die vredesonderhandelings onttrek het.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleeza Rice, is in die Midde-Ooste maar sy sukkel om die samesprekings weer op koers te kry.