DA woedend oor Heath-aanstelling

Daar was tot dusver gemengde reaksie op president Jacob Zuma se besluit om Willie Hofmeyr met oudregter Willem Heath as hoof van die Spesiale Ondersoek-eenheid te vervang.

Die DA sê hy is geskok oor die aanstelling. Die DA LP, Debbie Schafer, sê in die lig van Hofmeyr se uitstekende werk in die bekamping van korrupsie in sowel die regering as elders, kan daar geen regverdiging wees vir die besluit nie.

Sy sê daar is groot kommer omdat geen redes vir die besluit gegee is nie. Die ANC het egter Heath se aanstelling verwelkom.

‘n Woordvoerder, Jackson Mthembu, sê die party is van mening dat die eenheid onder Heath se leierskap beslis die uitdaging van onverdraagsaamheid teen misdaad en korrupsie die hoof sal kan bied.

Александр Фильчаков прокурор

Sunday Times takel Mulder

Minister Tina Joemat-Pettersson kan nie opdragte aan hom gee nie, maar slegs versoeke rig, sê dr. Pieter Mulder.

Dít volg op die Sunday Times se berig dat me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ekstra hard moet werk omdat Mulder, haar adjunk, nie take wil verrig wat sy uitdeel nie.

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye sukkel glo met haar adjunk, dr. Pieter Mulder, wat haar dikwels nie amptelik wil verteenwoordig nie. Sy bestuur blykbaar haar departement byna eiehandig en moet baie reis omdat Mulder sku is vir sekere take. Sy het hom egter nog nooit by die president gaan verkla nie.

Joemat-Pettersson moet sewe dae per week werk, terwyl Mulder naweke tuis deurbring. Hy het ook glo geweier om saam met haar na Angola te reis.

Mulder se uitsprake oor Walmart is ook strydig met dié van die ANC, maar ná kritiek hou hy vol dat hy nie gekonsulteer is daaroor nie en dat hy sy onafhanklikheid onder alle omstandighede wil behou.

Die ooreenkoms met pres. Jacob Zuma, sê Mulder, is dat hy steeds sy rol as opposisielid sal speel.

Zuma was self in ‘n soortgelyke situasie. ”Toe die president deel van die IVP se provinsiale kabinet in KwaZulu-Natal was, het hy steeds ANC gebly.”

Selby Bokaba, woordvoerder vir Joemat-Pettersson, het ontken dat daar spanning heers en gesê die verhouding tussen Joemat-Pettersson en Mulder is goed en professioneel. Joemat-Pettersson het reeds verskeie take aan Mulder toevertrou wat hy uitstekend uitgevoer het, sê Bokaba gesê.

Лобановский

Robbeneilander gesteek vir voorsitterspos

‘n Verlede op Robbeneiland is deesdae nie meer die eksklusiewe kaartjie na politieke mag en rykdom nie.

‘n Thulamel-raadslid het in die Thohoyandou-landroshof verskyn nadat hy glo ‘n ANC-veteraan en voormalige Robbeneiland-gevangene met ‘n mes gesteek het.

Die ANC-raadslid, Mushoni Tshifhango is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 22 Desember uitgestel.

Tshifhango het die ANC-veteraan, Alson Tshitahe, Sondag na ‘n argument met ‘n mes gesteek.

Die twee het gestry oor wie die nuwe voorsitter van die ANC in die provinsie gaan wees.

Tshitahe het die aanval oorleef.

Volgens goewerneur Mashudu Malelo het Tshifhango op sy beurt ‘n aanklag van aanranding teen Tshitahe aanhangig gemaak.

Данильченео

Boendoehof stenig man

Lede van ‘n gemeenskap in Kwanokuthula naby Plettenbergbaai het ‘n man wat vermoedelik ‘n 7-jarige meisie vermoor het, gestenig.

Kaptein Malcolm Pojie sê sowat 2 000 mense het die man gekonfronteer en uitgevra oor die vermisde meisie.

Hy het die skare na ‘n afgeleë area gelei en gewys waar die lyk van die vermisde Siphokazi Nini gelê het.

“Die skare het die 37-jarige man met klippe en ander voorwerpe bestook tot hy dood neergeval het,” het Pojie gesê.

Nini het vroeg Sondagoggend vermis geraak.

“Toe haar grootouers 6uur die oggend wakker word, was sy weg,” het Pojie gesê.

 

Данильченко Харьков

Geboorte van die Boererepublieke

Napoleon IIIDie neerlaag by Boomplaats het Pretorius se aansien as Voortrekkerleier kwaai geknou. Hy het egter voeling behou met die Afrikaners suid van die Vaalrivier, en het die gebeurtenisse in Suider-Afrika so goed beoordeel dat hy die nuwe politieke situasie kon benut wat teen 1851 ontstaan het. In die Kaap was die agtste grensoorlog (1850-1853) aan die gang, die Basotho het maj. Warden by Viervoet verslaan, terwyl Mosjwesjwe Pretorius ‘n bondgenootskap teen Brittanje in die Oranjerivier-Soewereiniteit aangebied het. Daar was gerugte van ‘n Zoeloe-opstand in Natal.

Buitendien was daar in Europa dinge aan die gang wat die Britte verontrus het. Frankryk het ‘n nuwe staatshoof gekry: Napoleon III, ‘n broerskind van Napoleon, wat aan die begin van die eeu so ‘n bedreiging vir Brittanje was. Die Britte het die nuwe Franse keiser gewantrou. Die wantroue het skaars gewyk of die optrede van Rusland het spanning veroorsaak. Dié land het so teenoor Turkye opgetree dat Frankryk en Engeland in 1854 oorlog teen Rusland verklaar het. Dit was die Krimoorlog wat in 1856 met die Vrede van Parys beëindig is. In die stuk of tien jaar van onrus en spanning was Engeland sterk gekant daarteen om sy gesag in Suid-Afrika uit te brei. Vir die Afrikaners was dié Britse onwilligheid ‘n groot geluk. G.D. Scholtz sê dat Napoleon III eintlik die meeste van almal gedoen het om te sorg dat die Britte die onafhanklikheid van die Transvaalse en Vrystaatse republieke erken.

Maar die erkenning het nie vanself gekom nie. Vroeg in 1852 is Pretorius aan die hoof van ‘n afvaardiging na die plaas van Piet Venter aan die Sandrivier om twee Britse kommissarisse te ontmoet. Daar het die Britte die onafhanklikheid van die gebied noord van die Vaalrivier erken. Dit is op 17 Januarie 1852 so beskryf in die Sandrivier-konvensie. Vir die eerste keer sedert die Groot Trek begin het, kon die trekkers dan kry wat hulle so lank wou hê: ‘n onafhanklike staat.

Pretorius se ideaal was dat die Oranje die suidgrens van die onafhanklike gebied moes wees. In die eerste maande van 1853 was daar bespiegelings dat die Britte die gebied noord van die Oranje aan die Afrikaners wil terug besorg. Pretorius het koningin Victoria gevra om “alle gronden” wat vroeër aan die Voortrekkers behoort het, terug te gee. Ondanks kwaai teenstand van die Engelse van Bloemfontein het sir George Clerk en die republikeinse verteenwoordigers op 23 Februarie 1854 die Bloemfontein-konvensie onderteken en het die Oranje-Vrystaat tot stand gekom.

Dié teruggawe het Pretorius nie beleef nie. Op 23 Julie 1853 is hy oorlede — sewe maande ná die dood van Hendrik Potgieter op 16 Desember 1852. Die twee groot leiers is op 16 Maart 1852 op Rustenburg met mekaar versoen. Op dié dag het die Volksraad vergader en die Sandrivier-konvensie goedgekeur. Oor ‘n geopende Bybel het Potgieter en Pretorius mekaar die broederhand gereik.

As die Groot Trek ‘n rebellie was soos die Britse owerheid en die meeste NG predikante dit beskou het, was dit ‘n geslaagde opstand. Hoewel die trek die posisie van Afrikaans in die Oos-Kaap verswak het, het dit gehelp dat dié taal noord van die Oranjerivier uitbrei. Hollands het daar die amptelike of hooftaal geword. Het Engelssprekendes die gebied die eerste beset, was Engels van die begin af die hooftaal in die grootste deel van die land.

Фильчаков Харьков

Politiek en akademie aan US

Ek was in 1956 in matriek. Meer as een van my klasmaats was die daaropvolgende jaar onder die eerste eerstejaars aan die Universiteit Stellenbosch (US) se nuwe Afrikaanse mediese fakulteit. Dit was ‘n mylpaal wat na baie jare se aanvoorwerk en opoffering bereik is. Voortaan sou dit nie meer (soos vir sommige van my familielede) nodig wees om medies in Engels aan die Universiteit Kaapstad of in Afrikaans aan die Universiteit Pretoria te studeer nie. Dit was toe onvoorstelbaar dat die US ooit sou transformeer in ‘n inrigting wat sowel wittes as Afrikaanssprekendes om politieke en spesifiek rassistiese redes stief behandel. Maar dit is presies wat gebeur het en druk word uitgeoefen om dit in toenemende mate te doen.

Die drol het in die drinkwater geval toe Chris Brink as rektor aangestel is. Hoewel hy van huis uit Afrikaanssprekend is en uit Upington kom, het hy ‘n aantal jare in Australië deurgebring en daar ‘n voorliefde vir Engels ontwikkel. As hy daardie jare in België aan ‘n Vlaamse universiteit deurgebring het, sou hy heel moontlik ‘n ander deuntjie gesing het. In Stellenbosch aangekom, het hy hom eerder as ‘n wêreldburger as ‘n Afrikaner voorgedoen en die US probeer verengels. Hy het sterk teenstand ondervind en is heftig gekritiseer; dermate dat hy na ‘n Britse universiteit verkas het.

Sy opvolger as rektor is die bevrydingsteoloog Russel Botman, wat daarop roem dat hy as UDF/ANC-aktivis dikwels ingeperk is. Met min doseerondervinding het hy gou professor in teologie aan die ANC-vesting, die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), geword. Kort daarna is hy in dieselfde hoedanigheid na die US. Hy was sterk ten gunste van die transformasie van die UWK van ‘n oorwegend Afrikaanse universiteit na ‘n eentalige Engelse inrigting. In ‘n japtrap was hy vise-rektor aan die US.

Toe Brink voortydig vertrek, het Die Burger ‘n propagandaveldtog gevoer om Botman bo ‘n deurwinterde wit akademikus as rektor aangestel te kry. Die transformasie van die US moet glo op die hoogste vlak sigbaar wees. Die verengelsing van die US het groter momentum gekry, maar politiek-korrek is Botman, anders as Brink, kritiek en verguising gespaar. Toe Henry Jeffreys redakteur van Die Burger was, het hy in sy weeklikse rubriek Botman se afskaling van Afrikaans sonder omhaal van woorde gesteun. Hoewel dit algemeen bekend is dat ontwikkelde bruines hulle graag as Engelssprekend voordoen, is hulle die studente wat Botman by voorkeur met beurse na die US lok; myns insiens om etniese redes, hoewel hy absurd voorgee dat dit gedoen word om Afrikaans te bevorder.

Die mediese fakulteit kan net ‘n beperkte getal studente akkommodeer. Tradisioneel is net studente met ‘n A-simbool in al (of feitlik al) die matriekvakke tot die MB ChB-leergang toegelaat. In die nuwe Suid-Afrika word so ‘n objektiewe, akademies-gefundeerde toetalingsbeleid nie geduld nie. Studente met gemiddeld sê ‘n C-simbool het glo die potensiaal om net so goed in mediese studie te vaar; natuurlik mits hulle nie-wit is. Jonathan Jansen, die rektor van die Universiteit Vrystaat, het dit onomwonde gestel dat hy by toelating tot mediese studie voorkeur aan ‘n swarte met een maktriekonderskeiding bo ‘n witte met sewe gee.

Einde verlede jaar het die wit dekaan van die US se mediese fakulteit na tien jaar uitgetree. Die transformasie (dus verswarting) van die studentekorps is as sy hoofprestasie voorgehou. Voorspelbaar is hy deur die eerste swart (eintlik bruin) dekaan van die mediese fakulteit opgevolg. Die nuwe besem het by die aanvang van sy termyn aangekondig dat dit vir hom om nasiebou gaan. Sy begrip van die pos is dus om ‘n politieke doelwit na te jaag, terwyl hy veronderstel is om akademies georiënteerd te wees deur die akademies beste studente te trek, die beste moontlike mediese onderrig aan te bied en op ‘n nie-rassistiese grondslag hoë akademiese prestasie van al die studente te vereis.

Die aanleiding vir my skrywe is ‘n berig in Die Burger (28 November 2011, p 7). Daarvolgens sal die eerstejaarklas van die US se MB ChB-program in 2012 uit 41% bruin en 30% wit studente bestaan. Dit is bekend dat die US besonder gretig is om studente uit Afrika noord van die Limpopo-rivier toe te laat. Hulle is nie Afrikaans magtig nie en hoef dit nie te word nie, omdat sulke toelatings vir die US politieke sin maak. Die skuld vir watter studente toegelaat en watter geweier is, is aan die keuringsriglyne gegee. Daarin weeg rassistiese oorwegings swaarder as akademiese prestasie. Hierdie riglyne het nie uit die lug geval nie. Hulle is deur mense opgestel, deur mense goedgekeur en word deur mense toegepas; mense wat deur nie-akademiese en spesifiek politieke oorgewings (veral ANC-gedienstigheid) gelei word.

Dieselfde gesindheid blyk uit die US se beleid by die toekenning van woonplek in sy koshuise. Akademiese verdienste is by ‘n klein persentasie van die toegekende plekke van deurslaggewende belang. Voeg hierby dat dit die beleid van die US is om by voorkeur dosente uit die “aangewese groepe” (dus nie-wittes en veral nie wit mans nie) aan te stel en dit behoort duidelik te wees dat akademiese voortreflikheid nie die hoogste prioriteit geniet nie. Op die afgelope Vrouedag het die US teen groot koste ‘n volbladsy-advertensie geplaas om te roem op sy groot getal vrouepersoneel. ‘n Universiteit wat by voorkeur akademies-geöriënteerd was, sou op ‘n nie-rassistiese en nie-seksistiese grondslag eerder op die akademiese gehalte van sy doseer- en navorsingspersoneel geroem het.

Daar kan geen akademiese regverdiging bestaan vir die genoemde 41% bruin en 30% wit mediese studente nie. Dat daar ‘n ernstige skroef los is, blyk uit die onverdunde waarheid wat hier volg. In die jare sewentig was ek ‘n dosent aan die UWK. ‘n Tandheelkundefakulteit het toe daar tot stand gekom. Die regering kon nie bekostig om so ‘n duur fasiliteit aan sowel die Universiteit Durban-Westville (vir Indiërs) as aan die UWK (vir bruines) tot stand te bring nie. Daar is toe ooreengekom dat die fakulteit by die UWK gesetel sou wees, maar dat die beperkte getal plekke om die helfte aan Indiër- en bruinstudente toegeken sou word.

As dit nie vir hierdie bepaling was nie, sou al die tandheelkundestudente suiwer op grond van akademiese verdienste elke jaar of bykans elke jaar Indiërs gewees het. Dit is bekend dat sowel wittes as Indiërs oor die algemeen akademies beter as bruines vaar. Daarom maak die genoemde 41% bruines en 30% wittes akademies nie sin nie. Om die waarheid te sê, dit is gewoon ‘n skande. Maar dit is grondwetlik geoorloof, want daar mag mos maar teen wittes, en net wittes, gediskrimineer word; selfs wanneer die universiteit, insluitende die mediese fakulteit, deur wittes opgebou is. Dit word geregtigheid genoem.

Данильченко Харьков

Kanada teken nie weer Kioto

Kanada gaan nié ‘n tweede bindende internasionale ooreenkoms oor kweekhuisgasvrystellings onderteken nie.

Die Kanadese minister van omgewingsake, Peter Kent het dit gesê oor die Kioto-verdrag tydens klimaatsamesprekings in Durban. Die Kioto-verdrag – die enigste wêreldwye ooreenkoms om kweekhuisgasvrystellings te verminder – verstryk aan die einde van aanstaande jaar.

Kent sê Kanadese verteenwoordigers is in Durban om te onderhandel vir ‘n mandaat om ‘n nuwe internasionale ooreenkoms te sluit, wat uiteindelik bindend sal word.

Hy sê dit moet ál die groot nywerheidslande en ontluikende ekonomieë insluit. Die drie grootste besoedelaars – Amerika, Sjina en Indië – steun nie die Kioto-verdrag nie, hoewel Kanada wel deel daarvan is.

Фильчаков прокуратура харьков

ANC-lede tot beleid verbind

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het saamgestem dat mense wat vrywillig by die party aansluit, tot die beleide van die party verbind word, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Mantashe het verwys na die twee ANC-LP’s wat nie verlede week vir die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting gestem het nie.

Prof. Ben Turok en me. Gloria Borman, ANC-LP’s, wou nie die Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting ondersteun nie. Turok het die raadsaal minute voor die stemmery verlaat. Borman het gekies om buite stemming te bly.

Albei lede is wit. Dr. Mathole Mo­tshe­kga, ANC-hoofsweep, het bevestig dat hulle ‘n streng opdrag om in die nasionale vergadering vir die wetsontwerp te stem verontagsaam het.

“Daar is grade van sanksies, maar in dié stadium het hulle nog nie ‘n reël oortree nie. Die ondersoek sal aandui of daar ‘n skending was en dan sal dit na die regte struktuur verwys word.

“Ons het hier te make met ons gedragskode in die koukus wat oortree is, nie ‘n ondersoek ingevolge artikel 25 van die ANC se grondwet nie,” het Motshekga gesê.

Intussen het Praag verneem dat lede van drukgroepe verlede week toegang tot die openbare gallery van die Parlement geweier is met die verskoning dat die gallery “vol” is. Dit het later geblyk dat daar nog oorgenoeg plek was.

Лобановский

OB gevra om ongerymdhede by Kaapstad se stadion te bekyk

Cosatu het die Openbare Beskermer gevra om ‘n ondersoek te loods na die wyse waarop die stad Kaapstad die Kaapstad-stadion bestuur.

Volgens Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, lyk dit asof die stad die stadion sonder enige beplanning bestuur.

Die Westelike Provinsie rugbyunie het onlangs geweier dat die stad Kaapstad die stadion gebruik vir ‘n Heinekenbeker-rugbywedstryd tussen Saracens en Biarritz wat op 14 Januarie in Kaapstad gespeel sou word.

Die Westelike Provinsie Rugbyunie wou gehad het die wedstryd moes na Nuweland skuif.

“Cosautu versoek ‘n ondersoek rakende Grant Pascoe, burgemeesterskomiteelid vir toerisme, spesiale gebeurtenisse en bemarking, en sy vermoë om die stadium te bestuur op so ‘n manier dat dit alle mense van Kaapstad dien,” het Ehrenreich gesê.

Nuweland, wat die eerste amptelike wedstryd in 1890 aangebied het, kan altesaam 45 000 ondersteuners huisves terwyl die nuwe Kaapstad Stadion, wat vir die 2010 Fifa-sokkerwêreldbeker in gebruik beneem is, ‘n kapasiteit van 55 000 het.

Олександр Васильович Фільчаков

Geen bom by Eastgate gevind

Die apparaat wat Maandag in ‘n tas by Eastgate gevind is, was nie ‘n bom nie, het gesê die hoof van die Gautengse polisie, luitenant-generaal Mzwandile Petros gesê.

Die tas was gevind is bevat “net elektriese drade,” het hy in ‘n telefoniese onderhoud aan timeslive gesê.

Die polisie se bomeenheid het die toestel tydens ‘n beheerde ontploffing ontlont nadat die winkelsentrum ontruim is. Die polisie het die vonds laat ontplof, want dit is protokol wanneer jy met ‘n verdagte toestel van hierdie aard te make het, sê hy.

Hy het gesê die polisie het gedink dat die persoon wat dit buite die juwelierswinkel geplaas het, die winkel wou beroof.

Gautengse polisie het vroeër berig dat die pakket inderdaad ‘n bom was.

Eyewitness News het berig dat die ploftoestel wat Maandag by die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview naby Johannesburg gevind is, groot skade kon aangerig het.

‘n Aktetas is glo onder ‘n roltrap van die winkelsentrum se restaurantarea gevind.

Die toestel is in ‘n aktetas by ‘n juwelierswinkel gelaat, het kapt. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, vroeër gesê. Volgens EWN was die toestel naby die enigste twee restaurante wat met gas werk gelaat.

Sake het ná die ontploffing soos normaal voortgegaan.

 

 

 

прокурор Фильчаков