‘n Verlede op Robbeneiland is deesdae nie meer die eksklusiewe kaartjie na politieke mag en rykdom nie.
‘n Thulamel-raadslid het in die Thohoyandou-landroshof verskyn nadat hy glo ‘n ANC-veteraan en voormalige Robbeneiland-gevangene met ‘n mes gesteek het.
Die ANC-raadslid, Mushoni Tshifhango is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 22 Desember uitgestel.
Tshifhango het die ANC-veteraan, Alson Tshitahe, Sondag na ‘n argument met ‘n mes gesteek.
Die twee het gestry oor wie die nuwe voorsitter van die ANC in die provinsie gaan wees.
Tshitahe het die aanval oorleef.
Volgens goewerneur Mashudu Malelo het Tshifhango op sy beurt ‘n aanklag van aanranding teen Tshitahe aanhangig gemaak.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.