Lede van ‘n gemeenskap in Kwanokuthula naby Plettenbergbaai het ‘n man wat vermoedelik ‘n 7-jarige meisie vermoor het, gestenig.
Kaptein Malcolm Pojie sê sowat 2 000 mense het die man gekonfronteer en uitgevra oor die vermisde meisie.
Hy het die skare na ‘n afgeleë area gelei en gewys waar die lyk van die vermisde Siphokazi Nini gelê het.
“Die skare het die 37-jarige man met klippe en ander voorwerpe bestook tot hy dood neergeval het,” het Pojie gesê.
Nini het vroeg Sondagoggend vermis geraak.
“Toe haar grootouers 6uur die oggend wakker word, was sy weg,” het Pojie gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.