Daar was tot dusver gemengde reaksie op president Jacob Zuma se besluit om Willie Hofmeyr met oudregter Willem Heath as hoof van die Spesiale Ondersoek-eenheid te vervang.
Die DA sê hy is geskok oor die aanstelling. Die DA LP, Debbie Schafer, sê in die lig van Hofmeyr se uitstekende werk in die bekamping van korrupsie in sowel die regering as elders, kan daar geen regverdiging wees vir die besluit nie.
Sy sê daar is groot kommer omdat geen redes vir die besluit gegee is nie. Die ANC het egter Heath se aanstelling verwelkom.
‘n Woordvoerder, Jackson Mthembu, sê die party is van mening dat die eenheid onder Heath se leierskap beslis die uitdaging van onverdraagsaamheid teen misdaad en korrupsie die hoof sal kan bied.
