Twee dae nadat Iran se parlement ‘n wetsontwerp goedgekeur het wat diplomatieke betrekkinge met Brittanje afskaal ná Londen se ondersteuning van hernude sanksies teen Iran, het die skare op die kompleks toegesak.
Betogers buite die ambassade het ook Britse vlae verbrand en met die polisie gebots in die oproer wat deur die studentegroepe georganiseer is by universiteite en kweekskole.
Brittanje se buitelandse kantoor het gesê hulle is in kontak met amptenare van die ambassade. Amptenare het ook gewaarsku dat sy burgers in Iran moet “binne bly en ‘n lae profiel hou.”
Die Verenigde State het ook in ‘n verklaring die oproer veroordeel. “Ons doen ‘n beroep op Iran om ten volle sy internasionale verpligtinge te respekteer, om die voorval te veroordeel, om die oortreders te vervolg, en om te verseker dat geen verdere sulke voorvalle plaasvind nie, hetsy by die Britse ambassade of enige ander missie in Iran.”
Spanning met Brittanje dateer terug tot die 19de eeu toe die Persiese monargie groot industriële toegewings aan Londen gemaak het, wat later aansienlike beheer oor Iran se olie-industrie beteken het.
Cameron het gister se bestorming van die ambassade in Teheran as skokkend en onverdedigbaar bestempel. Hy sê egter daar kan rekenskap gegee word van al die personeel in die ambassade.
Cameron sê die Iranse regering gaan die prys betaal vir sy onvermoë om diplomate ooreenkomstig die internasionale reg te beskerm.
