Zille krabbel terug oor ‘vlugtelinge’

DA-leier, Helen Zille het teruggekrabbel oor haar “vlugteling”-uitspraak nadat haar volgehoue “eurosentriese” vertolking van die term te veel swartes ontstel het.

Lukhona Mnguni, ‘n jeugaktivis, het haar intussen by die Menseregtekommissie gaan aankla omdat haar twiet “grondwetlike demokrasie ondermyn”. Hy het gesê haar opmerking klink asof sy meen hierdie mense het nie dienste en ondersteuning nodig nie en dat daar daarom teen hulle gediskrimineer sal word.

Zille het ‘n week gelede om verskoning gevra en getwiet dat sy “onnosel” was om die woord te gebruik. Sy het dit só gestel ná kritiek van die Sunday Times: “I’ve read Marvin’s [verwysende na adjunkredakteur Marvin Meintjies] piece. He’s right. I was a chop. Using language too loosely. Opened myself to this without thinking”

Dié beskrywing van Xhosas wat uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap trek agter beter geleenthede aan as “vlugtelinge”, was die tweede in ‘n kort rukkie wat haar ongewildheid ‘n hupstoot gegee het. Sy het voorheen in haar twis met die swart sanger Simphiwe Dana na “professionele swartes” verwys.

Zille het onlangs gesê dat niemand politieke storms akkuraat kan voorspel nie. Miskien nie, maar sy moet seker begin besef dat as die eerste swart donderweer dreun, die kanse beter as goed lyk.

Haar selfvoldane houding dat sy die swart psige beter as enige ander wit politikus gepeil het, is dus net dit: ‘n Houding en sonder substansie.

Zille bring blykbaar baie ure per dag op haar Twitter-rekening deur as leier van die DA. Haar voorliefde vir die soort hoofopskrif-, kort en bondige politieke slagspreuke pas natuurlik by Twitter. Dis net dat sy uit die oog verloor dat sy in haar omhelsing van digitale media nie besef dat daar denkende mense ook daarbuite is nie.

Dis net Hollywoodsterre en klatergoudsangers wat floreer op sulke leë klankgrepe en verlede week is die heesstem-DA-leier weer terug aarde toe gebring.

Met meer as 10 000 tweets en 129 000 volgelinge op die sosiale netwerk-webwerf ly haar pogings om ‘n politieke debat te stimuleer meer skade as wat sy enige noemenswaardige invloed op die huidige verwikkelinge uitoefen.

Meer kommerwekkend nog is dat sy onbesonne kommentaar lewer oor ‘n kwessie wat so sensitief en gevaarlik is soos openbare geweld oor dienslewering. 

Die stilte daar by Media24 oor Zille se blapse is dawerend. Haar onverantwoordelike opportunistime moes die bestuur ook opgeval het. Of dalk het hulle weer ore toegedruk vir die swaar donderweer.

Фільчаков Олександр Васильович

VSA-vegvliegtuig ploeg in geboue

‘n F-18 Hornetstraler van die Amerikaanse vloot het Vrydag in ‘n woonstelblok in Virginia Beach in die Amerikaanse deelstaat Virginia vasgevlieg en ‘n brand veroorsaak, het die Amerikaanse media berig.

Nooddienste het na die toneel gehaas. Die brand kon erger gewees het, sê kenners, as die bemanning nie betyds van die vliegtuigbrandstof ontslae geraak het nie.

Sewe mense is beseer en drie geboue beskadig. Op ‘n perskonferensie in Virginia Beach, het vlootkaptein Mark Weisgerber gesê die ongeluk is veroorsaak deur ‘n “katastrofiese meganiese onklaarheid” kort na opstyg. Hy het ook gesê die vliegtuig is deur ‘n studentvlieënier, wat in die voorste sitplek was, en ‘n instrukteur gevlieg.

Die twee lede van die bemanning het daarin geslaag om hulself uit die straler te laat skiet voordat dit in ‘n dig bewoonde gebied in die toeriste-oord Virginia Beach vasgevlieg het, het CNN berig.

Hul toestande is egter nie bekend nie. Een van die bemanningslede is glo na ‘n hospitaal geneem, terwyl brandbestryders sukkel om die brand onder beheer te bring. Die twee was glo by die lugmagbasis Oceana gestasioneer.

“Daar was vlamme wat uit die enjin se agterkant gekom het… toe die straler laer en laer begin daal, het ek gesien hoe een vlieënier uitskiet,” het Jon Swain, ‘n ooggetuie, aan MSNBC gesê.

“Dit het die woonstelblok reg in die middel getref. En ja, dit is redelik traumaties… daar was mense wat uit die gebou uit gehardloop het.”

Daar was nog geen onmiddellike nuus oor sterftes nie, terwyl rook steeds by die woonstelblok uitgeborrel het.

In ‘n verklaring het Admiraal John Harvey, die hoof van die Amerikaanse Vloot, belowe om ‘n “volledige ondersoek na die oorsaak van die ongeluk te doen en al die inligting bekend te maak so gou as wat ons in staat is om dit te doen.”

Die gebied is die tuiste van ‘n aansienlike militêre gemeenskap en ‘n netwerk van militêre installasies, insluitende ‘n groot vlootbasis, naamlik Naval Station Norfolk.

Die straler wat neergestort het, was deel van ‘n eskader wat die vloot en Mariniervlieëniers oplei. Volgens ‘n webwerf, is die kursus gemik op die basiese beginsels van aanvalsmissies asook opstyg en landings van vliegdekskepe.

Dié model van vegvliegtuig het ook neergestort in Desember 2008 na ‘n opleidingsoefening in die San Diego-omgewing, en het die dood van vier mense gekos en twee huise vernietig.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Malema se ondersteuners krimp

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het ‘n gemeente in Butterworth in die Oos-Kaap by ‘n Goeie Vrydag-diens toegespreek, volgens ‘n berig.

Dít kom nadat hy deur die ANC verbied is om in die openbaar te praat, na sy skorsing uit die ANC.

“Ek sal nooit stilgemaak word nie. Daar is niemand wat ‘n reg het om my stil te maak nie,” het Malema Vrydag volgens die Dispatch Online gesê.

“Die reg om te praat is myne sedert my geboortedag.”

Malema het by die Last Move Ministries in Butterworth opgetree.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCYL, het Donderdag in ‘n verklaring gesê: “Om Goeie Vrydag te vier en die lewe van Solomon Mahlangu te herdenk, sal president Julius Malema die Twaalf Apostels Kerk in Butterworth besoek.”

Mahlangu was ‘n lid van Umkhonto we Sizwe wat in 1979 deur die apartheid-regering tereggestel is.

Malema het die kerk in sy posisie as president van die liga besoek, het Shivambu gesê.

Vroeër Vrydag het hy gesê Malema het nie by die Twaalf Apostels Kerk gepraat nie.

Volgens die Dispatch Online het Malema gesê hy was nie by die Last Move Ministries om oor politiek te praat nie.

“Wanneer alles moeilik is daar buite, is die enigste veilige plek die kerk, want in die kerk word daar nie gediskrimineer nie. Ons is hier om seëninge te ontvang.”

“Ons wil hê die kerk moet vir ons bid, want dié wat ons vriende was, het teen ons gedraai. Hulle het nie net teen ons gedraai nie, maar hulle beplan ons dood,” het hy volgens die koerant gesê.

Tydens sy besoek aan die Twaalf Apostels Kerk is Malema glo deur Andile Lungisa, voorsitter van die nasionale jeug-ontwikkelingsagentskap (Nyda), Ayanda Matiti, provinsiale voorsitter van die ANCYL, Mziwonke Ndabeni, provinsiale sekretaris en Thando Mase, lid van die nasionale uitvoerende komitee, vergesel.

Malema is Woensdag onmiddellik tydelik uit die ANC geskors deur die party se nasionale tugkomitee – ‘n stap wat hom verbied om enige plig as ‘n ANC-lid, president van die Jeugliga of ‘n lid van die provinsiale uitvoerende komitee in Limpopo op te neem.

александр лобановский харьков

Withuisraadgewers ontmoet Moslembroederskap

Withuisamptenare het in gesprek getree met verteenwoordigers van die Moslem-Broederskap in Washington hierdie week nadat die Islamitiese groep tot Egipte se presidensiële verkiesing toegetree het.

Die vergadering Dinsdag met verteenwoordigers van die Nasionale Veiligheidsraad is deel van ‘n reeks Amerikaanse pogings om bande met nuwe en opkomende politieke partye na Egipte se rewolusie verlede jaar te smee, het ‘n Amerikaanse amptenaar gesê.

Die Withuis het daarop gewys dat die Republikeinse senatore Lindsey Graham en John McCain, en ander Amerikaanse wetgewers en amptenare ook die Broederskapverteenwoordigers in Egipte en elders in die afgelope maande ontmoet het.

“Ons glo dit is in die belang van die Verenigde State van Amerika om betrokke te raak met al die partye wat verbind is tot demokratiese beginsels, en geweld afgesweer het,” sê die Nasionale Veiligheidsraadwoordvoerder Tommy Vietor.

“In al ons gesprekke met hierdie groepe, het ons die belangrikheid van respek vir minderheidsregte, die volle insluiting van vroue, en ons streeksveiligheid beklemtoon.”

Die Moslem-Broederskap se politieke arm het Saterdag aangedui dat hulle Khairat al-Shater, ‘n professor in ingenieurswese en sakeman, as kandidaat in Egipte se eerste presidensiële verkiesing sal stel, in teenstelling met vorige beloftes om nie deel te neem nie.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Viëtnam die sentrum vir renosterhoring

Viëtnam het so ‘n obsessie met die vingernael-agtige stof, renosterhoring, dat dit nou verkoop vir meer as kokaïen. Gebruikers beweer dat dit alles genees van hoofpyne tot kanker.

Kenners sê Viëtnam se skerp styging in die vraag is ‘n bedreiging vir die wêreld se oorblywende renosterbevolking. Onwettige renostersterftes in Afrika het die hoogste aangetekende vlak in 2011 getref en sal na verwagting hierdie jaar vererger.

China het ook waardering vir al die onbewese medisinale eienskappe, maar Amerikaanse amptenare en internasionale wildkenners sê Viëtnam is die probleem. Wydverspreide gerugte dat renosterhoring kanker genees, plaas ongekende druk op die wêreld se geskatte 28 000 oorblywende diere, hoofsaaklik in Suid-Afrika.

Amerikaanse amptenare sê China en Vietnam is die eintlike bestemming en daar is nie ‘n “beduidende” mark in die Verenigde State nie. Hulle kon egter nie besonderhede gee oor die handel in renosterhoring in die VSA nie.

Kenners sê die afgelope dekade is renosterhoring ‘n moet-hê luukse item vir die Viëtnamese nouveau riche, saam met Gucci-sakke en Maybach-motors.

Tussen 2006 en 2008 is drie diplomate by die Viëtnamese ambassade in Pretoria gekoppel aan ‘n renosterhandelskandaal insluitende een wat op band opgeneem is. In Februarie, het Amerikaanse agente ‘n beweerde sindikaat met Viëtnamees-Amerikaanse misdadigers oopgevlek.

‘n Beëdigde verklaring wat deur die Associated Press bekom is, beweer een van diegene wat in hegtenis geneem is in die VSA, Felix Kha, het 12 keer tussen 2004 en 2011 na China gereis en vyf keer na Viëtnam verlede jaar.

“Daar is nog horings wat na China gaan, maar Viëtnam is die sentrum van die toename in stropery,” sê Chris R. Shepherd, adjunk-streeksdirekteur vir Suidoos-Asië van die natuurlewevoorspraakgroep Traffic. “Vietnamese owerhede het regtig nodig om hul pogings van wie agter die horinghandel sit op te skerp… en hulle uit besigheid te sit.”

Die renosterhoring bied ‘n groter beloning as ander eksotiese wildprodukte soos beergal of tierbeenpasta. Amerikaanse amptenare sê die poeier kan tot $55 000 per kilogram in Asië behaal, ‘n prys wat die Amerikaanse straatwaarde van kokaïen verbysteek, en die kloue-agtige stof letterlik so waardevol soos goud maak.

Diewe steel selfs renosterhorings van Europese museums en taksidermiewinkels. Volgens Europol, die Europese wetstoepassingsagentskap, is 72 renosterhorings van 15 Europese lande in 2011 gesteel, die eerste jaar wat data aangeteken word.

Selfs al kan die horings binne twee jaar teruggroei sonder benadeling van die dier, indien dit natuurlik noukeurig afsny word, vermink stropers tog diere. 

Albi Modise, woordvoerder vir die Suid-Afrika se Departement van Omgewingsake, het gister gesê die departement is bekommerd oor Viëtnamese wat permitte aanvra en dat daar baie ongerymdhede in die proses bestaan.

Die Viëtnamese moet miskien ingelig word dat naelbyt ewe voordelig kan wees as renosterhoring.

Данильченко Юрий отзывы

Nuwe wet oor fronte deur SAKP verwelkom

Die SAKP het die Wysigingswetsontwerp oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) , wat die toewys van ‘n spesiale kommissaris behels om ondersoeke te doen na voorvalle van fronte, verwelkom.

“Die SAKP dring daarop aan die regering met die nodige haas bepalings in die wet wat dit moontlik maak om fronte te kriminaliseer, finaliseer,” het woordvoerder Malesela Maleka Woensdag gesê.

Fronte is wanneer maatskappye ongekwalifiseerde swart individue in hoë posisies plaas, sodat maatskappye in ooreenstemming met die Wet op SEB kan voorkom.

Die swart individue moet lyk asof hulle die eienaar van die maatskappy is en besluitnemingsbevoegdhede in die maatskappy het, wanneer hulle in werklikheid nie het nie.

“Sulke vlakke van oneerlikheid is niks anders as korrupsie nie. Diegene wat betrokke is in fronte reproduseer ‘n parasitiese, comprador en koloniale tipe verhouding tussen die swart onderdele van die kapitalistiese klas en gevestigde kapitaal,” het Maleka gesê.

“Die SAKP doen ‘n ​​beroep op die regering om beslissend op te tree en fronte te kriminaliseer, die aard en omvang van die praktyk te ondersoek en op te tree teen diegene wat betrokke is.”

Dinsdag, het die minister van handel en nywerheid, Rob Davies gesê die wysigingswetsontwerp sal streng maatreëls teen fronte instel.

Hy het gesê dat ‘n kommissaris sal toegeken word sodat gevalle van fronte aangegee en ondersoek word.

Davies het gesê gewone wetstoepassers nie het het die vermoë om transaksies te ondersoek om te sien waar fronte gebruik word nie.

“Ons verwelkom die regering se besluit om ‘n kommissaris aan te stel om hierdie plaag te beheer,” het Maleka gesê.

лобановский александр

Angola: 10 jaar ná oorlog

Angola het die 10de herdenking van die einde van sy drie-dekadelange burgeroorlog Woensdag gevier toe president Jose Eduardo dos Santos ‘n monument naby die plek waar ‘n rebelleleier vermoor is, onthul het.

Die 27-jarige oorlog was een van die langste in Afrika en Dos Santos was vol lof vir die land se prestasies sedert ‘n vredesooreenkoms op 4 April 2002 onderteken is.

“Oor die afgelope 10 jaar is ons trots om te sien dat baie dinge verander het in (die provinsie) Moxico, sowel as in die res van die land en ons doel is om die land te ontwikkel,” het Dos Santos gesê. Hy regeer nou reeds ondemokraties vir 32 jaar.

Hy het in Moxico se hoofstad Luena, waar die die UNITA-rebelleleier Jonas Savimbi vermoor is op 22 Februarie 2002, gepraat.

Dos Santos, 69, is by die lughawe begroet deur ondersteuners voor die onthulling van die vredesmonument in ‘n stadspark, vernoem na die Russiese revolusionêr Lenin.

Die konflik in Angola was ‘n Koue Oorlogstryd, met die Sowjet-Unie en Kuba wat Dos Santos se MPLA gesteun het, terwyl die Verenigde State en Suid-Afrika Savimbi se Unita-rebelle en die grootste etniese groep bygestaan het.

Dié oorgawe van die Weste het uiteindelik gelei tot die onderhandelde oorgawe in Suid-Afrika en was die begin van ‘n reeks nederlae van die VSA elders soos Irak en nou Afghanistan.

Sedert die oorlog geëindig het, het olie-uitvoere grootskaalse ekonomiese groei gebring en miljarde dollars is uitgestort in die herstel van paaie, spoorlyne en lughawens.

“Na 2008 se algemene verkiesing, het ons ‘n belofte gemaak om te werk om die situasie in die land te verbeter, en ek dink, bietjie vir bietjie, slaag ons,” het die veteraan-leier gesê.

UNITA, wat nog steeds die vernaamste opposisieparty is, is goed in die 2008-verkiesing verslaan te midde van beskuldigings dat die stemmery in die MPLA se guns gemanipuleer is.

Sommige het kommer uitgespreek dat bedrog ‘n verkiesing in September kan bederf, slegs die derde een in Angola sedert onafhanklikheid van Portugal in 1975 verkry is.

“Ons het nie nodig om te bedrieg nie, want ons is ‘n baie groot en baie sterk party,” het Dos Santos, wat Suider-Afrika se tweede langsdienende president is, gesê.

Dos Santos moes die afgelope jaar kritiek trotseer te midde van tekens van toenemende korrupsie binne sy regime.

Owerhede het ook ‘n aantal betogings deur die jeug wat vra vir hervorming met geweld onderdruk.

Ten spyte daarvan dat Angola een van die wêreld se vinnigste groeiende ekonomieë is, is armoede baie sigbaar in die land van 18,4 miljoen mense.

 

Фильчаков прокурор отзывы

ANC skors Malema tydelik

Geen ANC-lid is groter as die organisasie se grondwet nie, het die party Woensdag gesê ter verwelkoming van Julius Malema se nuutste skorsing. “Ons verwelkom en respekteer die besluit soos met al die besluite deur die grondwetlike strukture van die ANC,” het woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Woensdag het die African National Congress se nasionale dissiplinêre komitee (NDK) aangekondig dat die ANC-jeugliga president Julius Malema tydelik geskors is uit die party weens aanklagte wat verband hou met kommentaar wat hy gemaak het Vrydag.

“Die besluit van die NDK is uit die grondwet van die ANC, artikel 25,12 (c), wat die NDK en die nasionale werkkomitee onder buitengewone omstandighede in staat stel om ‘n lid van die ANC om tydelik te skors met die oog op ‘n ondersoek,” het Mthembu gesê. Malema se ANC-lidmaatskap is met onmiddellike effek opgeskort.

Vrydag het Malema, Zuma ‘n diktator genoem en hom beskuldig dat hy die ANC-jeugliga onderdruk. “Na deeglike oorweging, is die NDK oortuig dat hierdie uitlating ‘n baie ernstige oortreding van die ANC-grondwet is en dat die instelling geoorloof is om dissiplinêre optrede soos uiteengesit in die ANC-grondwet van stapel te stuur,” het die die NDK-voorsitter, Derek Hanekom, in ‘n verklaring gesê. “Die NDK het tot die gevolgtrekking gekom dat so ‘n uitlating die ANC in diskrediet kan bring.”

Malema is Woensdagoggend van sy onmiddellike tydelike skorsing en dissiplinêre stappe teen hom ingestel, in kennis gestel. Malema sal voortaan nie toegelaat word om sy pligte uit te oefen as ‘n ANC-lid, as president van die ANC-jeugliga, of ‘n lid van die die Limpopo ANC se provinsiale uitvoerende komitee nie, sê Hanekom.

“Hy sal nie ‘n vergadering van die ANC of enige van sy strukture, insluitend die ligas, kan bywoon nie behalwe vir die doel van die NDKA [nasionale dissiplinêre komitee van appèl] se verhoor.” Malema sal nie toegelaat word om ‘n ANC- of ANC-jeugliga-vergadering toe te spreek nie.

“Hy sal nie ‘n openbare verklaring oor enige saak wat betrekking het op die ANC kan maak nie,” sê Hanekom. SAUK-nuus het berig dat Malema die ANC ‘n ultimatum gegee het om hom toe te laat om weer in die openbaar te praat.

Фільчаков Олександр Васильович

ANC trek laer

Diegene wat gehoop het Malema se onlangse uitsprake verteenwoordig ‘n spelbreker, moes gister teleurgesteld omdraai.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag by ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg die ses topleiers van die party ook geleentheid gegee om vrae oor Julius Malema, jeugligaleier, se optrede te beantwoord.

Die ANC wou eenheid in die party beklemtoon en het gerugte dat daar ‘n skeuring dreig met dié byeenkoms weerlê. Die atmosfeer by die konferensie was gemoedelik alhoewel die vertrek volgepak was in afwagting op nuus van nuwe politieke spanning binne die party.

Mantashe het gesê sulke verwagtinge word van buite aangestook deur koerante soos die Business Day en ander.

Die ANC-president, Jacob Zuma, sy adjunk, Kgalema Motlanthe, en Mathews Phosa (tesourier) en Baleka Mbete (nasionale voorsitter) en Thandi Modise (adjunk-sekretaris-generaal) was ook teenwoordig.

“Ons is uiters bekommerd oor die vreemde gedrag in ons beweging, waaronder skokkende, beledigende, disrespekvolle en on-ANC-opmerkings wat die laaste paar weke gemaak is. Sommige individue in die ANC misbruik voortdurend die eeufeesvieringe om verdeeldheid en onenigheid in die party te saai,” het Mantashe namens die leierskorps gesê.

In antwoord op Phosa en Motlanthe se oënskynlike ondersteuning vir Malema, het Mantashe gesê die inisiatief kom van Malema wat hom soos ‘n tiener gedra en leiding nodig het.

Phosa, ANC-tesourier-generaal, het verlede week die verhoog by Wits met Malema gedeel, maar het nie vir Zuma in die bres getree toe die president deur die jeugligaleier aangeval is nie. Phosa het aan die begin van die verrigtinge ongemaklik gelyk, maar uiteindelik ontspan.

Die buitelandse korrespondente was duidelik gefrustreerd ná die konferensie deur Mantashe se ontwykende antwoorde. Mantashe het self te kenne gegee dat hy die hele leierskorps ingeroep het om nie alleen die vrae oor Malema te hoef te trotseer nie.

Jackson Mthembu het die BBC se korrespondent Karen Allen laggend gekoggel deur “Beebeesee” op Afrikaans uit te spreek toe hy haar ‘n geleentheid gegee het om ‘n vraag te stel.

Die ANC se nasionale appèl-tug­komitee het Dinsdag aangekondig hy sal sy bevindings oor Malema en Shivambu se appèl teen hul skorsings volgende week bekend maak.

Фільчаков Олександр Васильович

Swart en bruin moet ‘integreer’ in Grabouw

‘n Gemeenskapsleier in Grabouw dreig met betogings omdat die Wes-Kaapse departement van onderwys mobiele klaskamers op ‘n ongeskikte terrein wil oprig, is Woensdag berig.

John Michels, voorsitter van die Elgin Grabouw Civic Organasation, het aan die Cape Times gesê hy het nie ‘n goedkeuringsvorm vir ‘n omgewingsimpakstudie by die terrein gesien nie.

Daar is vleilande op die terrein.

Die LUR vir onderwys, Donald Grant, het onlangs bekendgemaak dat ekstra klaskamers op die terrein gebou gaan word. Dit is glo deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur.

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het aan die koerant gesê daar sal ‘n heining om die skool gebou word wat dit van die vleilande sal skei.

Michels sê die mobiele klaskamers, wat uiteindelik ‘n nuwe skool is, moet op sportgronde gebou word wat naby twee ander skole in Grabouw is wat grotendeels bruin leerders het.

“Dit sal gerieflik, sentraal en bevorderlik wees vir [rasse]-integrasie van die gemeenskap,” het hy gesê.

Daar was verlede maand gewelddadige betogings in die dorp omdat die Umyezo Wama Apile-skool oorvol is.

Данильченко Юрий отзывы