Zim-partye voor moeilike besluite

Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai het breë ooreenstemming bereik dat Mugaba as president sal aanbly en dat Tsvangirai eerste minister sal word aan die hoof van 'n groot kabinet wat eweredig tussen die twee partye verdeel sal wees. Die kleiner opposisiefaksie sal egter die balans van die poste uitmaak.
Bronne sê daar bly steeds beduidende geskilpunte oor sleutelkwessies wat gaan bepaal of Mugabe werklike beheer van die regering behou.

Mbeki is gretig om te bewys dat stille diplomasie 'n suksesvolle strategie was.

Die samestelling van die nuwe kabinet bly 'n struikelblok. Mugabe wil hê dit moet uit 36 ministers bestaan, met Zanu-PF en die MDC wat elk oor 15 poste beskik en die oorblywende 6 wat deur die wegbreek MDC-faksie van Arthur Mutambara gehou sal word.

Tsvangirai wil 'n kleiner kabinet hê en net twee poste vir Mutambara.

Brittanje, die VSA en die Europese Unie het almal gesê dat 'n hulppaket van R14-miljard net vrygestel sal word indien Mugabe beheer van die regering laat vaar.

slots noАлександр Фильчаков Васильевич

‘Bou’ beteken kennelik gee, gee, gee

Die waarskuwings van die vorige bedeling oor die swart gevaar is dikwels ‘n objek van bespotting. Deesdae is die vaandeldraers vir die Image Swart Gevaar dikwels linkse Afrikaners soos Professor Sampie Terreblanche of die skrywer van hierdie stuk, die afgetrede teoloog Nico Smith.

Is dit nie ironies nie? Ds Smith en prof Terreblanche sou hulleself sekerlik as liberaal beskou, maar dis juis hulle, die liberale, wat die bangste is vir die Afrikaan se argwaan. Hulle klink presies nes my Geestesweerbaarheid-onderwysers wat destyds so gewaarsku het oor die Rooi en Swart Gevare.
 
Ds Smith ervaar duidelik letterlik ‘n doodsvrees vir die Afrikaan. Afrikaners moet die minste wees, waarsku Ds Smith, want as ons onsself nie neerbuig en verootmoedig voor die swart meerderheid nie, wag daar letterlik ‘n “katastrofe” (sic.) As ons nie versigtig is nie, gaan Jacob Zuma se ondersteuners na hulle Kalasjnikovs gryp en ons almal uitwis, vóórdat ‘n onbekende Westerse land se skepe vier miljoen van ons sal kan kom red.
 
Die skrywer trek in dieselfde rubriek te velde teen die emigrante. Hulle is glo verraaiers en lafaards. Wat egter insiggewend is, is dat Ds Smith nie dieselfde soort waarskuwings aan die glyers rig nie. Hy waarsku byvoorbeeld nie die uitgeweke Suid-Afrikaners om hulleself in Perth te gedra nie. Hy vra hulle nie om op te hou om arrogant te wees by die krieket, of om nie hulle Springboktruie na toetse op Australiese bodem te dra nie.
 
Hy is kortom nie bevrees dat die meerderheid Australiërs hulle gaan vererg en ‘n volksmoord teen Afrikaners op Australiese bodem sal loods nie, soos hulle met die Aborigines gemaak het nie.
 
Ds Smith het dus duidelik twee stelle verwagtings. Hy verwag een soort optrede van Westerlinge soos Australiërs, maar koester gans en al ‘n ander stel verwagtinge van Afrikane. Ds Smith verwag duidelik dat Afrikane op een of ander stadium gewelddadig gaan optree as ons nie walgooi nie. Is dit nie ‘n teksboekdefinisie van rassisme nie – om te verwag dat mense op grond van velkleur anders gaan optree?
 
Dan kom ons by Ds Smith se “oplossing.”  Alle ander indiwidue en volke tree in hulle eie belang op. Dis die mees natuurlike ding op aarde. As dit nie die geval was nie, waarom dan nasionale grense handhaaf? Afrikaners moet egter, anders as enige ander volk op aarde, volgens die dominee anders optree. Ons moet vergeet van ons eie belange. Ons moet uniek wees, “veg” teen die drang om in eiebelang op te tree, en eerder “bou.” “Bou” is uiteraard die liberaal se kodewoord vir “gee, gee, gee”.
 
Kom ons veronderstel ons maak soos die goeie dominee voorstel. Ons bou. Ons kla nie as daar 3000 van ons jaarliks vermoor word, of 6000 van ons vrouens verkrag word nie. Ons bly stil as die infrastruktuur in duie stort. Ons verootmoedig ons voor die gode Mandela of Zuma. Gaan dit genoeg wees, ds Smith, of gaan ons wit velle steeds ons uniform wees die dag wanneer hulle hulle masjiengewere gaan haal?
 
Die Asiërs wat Idi Amin uit Oeganda verjaag het, die Belge in die Kongo en die Zimbabwiese boere kan heel moontlik met die dominee verskil.

gambling inФільчаков прокурор

Belgi? op die rand van verbrokkeling

'n Duitse koerant het België die wêreld se suksesvolste mislukte staat genoem. Hoewel België steeds ekonomies gedy, het die verhouding tussen die Vlaamse noorde en die Waalse of Franssprekende suide verder versleg.

Nie veel mense het dit agtergekom nie, maar België is tans sonder 'n regering. Verlede maand het die eerste minister, Yves Leterme, bedank en gesê dat die federale konsensusmodel sy perke bereik het.

Volgens die Franssprekende burgemeester van 'n klein dorpie buite Brussel, mnr. Thiéry, het die twee aparte kulture van België verder uitmekaar gegroei. Hoewel sy dorpie Franssprekend is, skree betogers by hul vergaderings dat Franse uit hul gebied moet padgee. Die Vlaamse owerheid weier ook om kontrakte aan Franssprekende onderwysers toe te staan.

Franssprekendes beskuldig die Vlaminge van taalkundige suiwering, hoewel Frans in die verlede die oorheersende taal in België was.

для автодиагностикиОлександр Васильович Фільчаков

Zimbabwe se Coventry verbeter 100m-rugslagrekord

Image

Kirsty Coventry

Kirsty Coventry van Zimbabwe het 'n nuwe wêreldrekord in die 100-rugslag vir vroue opgestel.

Sy het 'n eerste plek verdien met 'n tyd van 58,77 sekondes in die hafleindronde by die Beijing-spele.

Die vorige rekord van 58,97 is vanjaar by die Amerikaanse uitdunne deur Natalie Coughlin opgestel.

Coughlin het vyf agtereenvolgende wêreldrekords opgestel voordat Coventry haar tyd oortref het.

Coventry het gesê dat die wêreldrekord vir haar as 'n verrassing gekom het en dat sy baie opgewonde was hoewel die finaal kop-aan-kop gaan wees.

Coventry het voorts gesê dat sy niks anders as 'n blitsvinnige resies môre-oggend verwag nie.

you play gamesОлександр Васильович Фільчаков

Vervolgingsgesag onseker oor aantygings van omkopery

Die Nasionale Vervolgingsgesag kan nie sê of hy die R30-miljoen se omkoopgeld wat Mbeki blykbaar ontvang het, gaan ondersoek nie.

Mbeki se woordvoerder Mukoni Ratshitanga, sê die president is besig om regsadvies in te win nadat die Sunday Times berig het dat hy omkoopgeld van 'n Duitse skeepsbouer, MAN Ferrostaal, aanvaar het.

Vrydag het die Mail & Guardian berig dat die oud-spioen Mhleli Paul Madaka, beweer het dat die Skerpioene bewyse het dat Mbeki die omkoopgeld van Ferrostaal ontvang het.

Maar die NV-woordvoerder Tlali Tlali het aan die media gesê die NV weet niks van Madaka en die bestaan van die beweerde inligtingstuk nie.

Madaka het verlede jaar in Augustus ná 'n geheimsinnige motorongeluk gesterf.

купить настольную игруданильченко юрій броніславович

Oorlogspraatjies van Msholozi-ondersteuners

Image

Jacob Zuma

09:03:41 Zuma-ondersteuners het dit duidelik gemaak dat hulle bereid is om agter Msholozi te staan totdat hy president word.

Helen Zille sê die toon het verskuif van dreigende retoriek tot 'n volskaalse oorlogsverklaring deur voormalige soldate.

Hulle het 'n staatsgreep belowe indien die howe teen Zuma bevind, het sy gesê.

Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, het ook 'n beroep op Zuma-ondersteuners gedoen om die grondwet, die onafhanklikheid van die regbank en die grondwethofuitspraak te eerbiedig.

Die Umkhonto we Sizwe-veteranevereniging se nasionale adjunksekretaris het gesê dat hulle seker gaan maak dat Zuma die volgende president word, ongeag enigiets anders. Volgens hom beteken geen Zuma, geen Suid-Afrika.

slot game onlineФільчаков Олександр Васильович

‘n Ysvrye Noordpool?

ImageWetenskaplikes met aansien is besig om te waarsku dat die Noordpool teen die somer van 2013 ysvry kan wees.

Soos wat storms oor Alaska se Beaufort-see warm lug in die poolstreek begin intrek, toon satellietbeelde dat ysspitse vinniger as ooit tevore begin disintegreer.

Verlede jaar het meer as 'n miljoen vierkante kilometer gedurende die somer as gevolg van aardverwarming gesmelt.

Wetenskaplikes sê dat 2008 nog die ergste jaar op rekord mag word wat die ysbedekking oor die Noordpool betref en dat dit so vinnig gebeur dat rekenaarmodelle nie eens kan byhou nie.

Die verlies aan see-ys in die Noordpool kan grootskaalse weerkundige, omgewings- en ekologiese gevolge hê.

Sonder die afkoeleffek daarvan, gaan weerpatrone in die noordelike halfrond erg vesteur word, waaronder storms wat oor Brittanje kan woed.

best bridal jewelryФильчаков

Duitse wapenmaatskappy ontken enige oortreding

Die Duitse maatskappy MAN Ferrostaal sê hy het nog nooit enige betalings aan president Thabo Mbeki, Jacob Zuma of enige ander ANC-lid gemaak nie.

In reaksie op 'n koerantberig het MAN Ferrostaal in 'n verklaring vanuit Essen, Duitsland, gesê dat die artikels 'n groot aantal feitefoute bevat en die basiese beginsels van joernalistieke juistheid oortree.

Die maatskappy het die Sunday Times gevra om 'n regstelling van die artikel te publiseer.

Anders as wat die Sunday Times beweer, meen die maatskappy dat albei sy wapenruilhandelprogramme goed op dreef is. Die maatskappy het gesê dat die program vir Krygkor reeds voltooi is.

Hoewel die departement van handel en nywerheid 'n vlekvryestaalfabriek in Coega verwerp het, word ander projekte in die plek daarvan beplan.

машинки для малышейлобановский александр харьков

Vavi verwerp Zimbabwe en Swaziland as diktature

Zimbabwe en Swaziland is eilande van diktatuur wat deur 'n see van demokrasie omsluit word, het Cosatu se sekretaris-generaal

Image

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi gesê.

Vavi het by die Zimabwe- en Swazilandsolidariteitskonferensie gepraat en vryheid en demokrasie vir burgers van beide lande geëis.

Hy het gesê dat hulle tot die laaste druppel bloed sal veg om mense te bevry, nie net van die dwingelandy van verdrukking en onderdrukking nie, maar ook van die kloue van armoede.

Vavi het 'n beroep op alle Cosatu-lede in Gauteng gedoen om 'n betoging op 16 Augustus by te woon om hul misnoeë met Mugabe se teenwoordigheid te toon.

Vavi het ook gesê dat koning Mswati nie in die land welkom is nie.

Volgens hom is Mswati nie 'n staatshoof nie. Geen demokratieste verkiesing is nog ooit in Swaziland gehou nie.

Hy is woedend omdat SAOG en ander aanhou om dié bedrogspul toe te laat.

болезни десен лечение народными средствамиtopcargo

Mandela se kleinseun ignoreer museumplanne

Hoofman Mandla Mandela het die Nelson Mandela-museum geïgnoreer en gaan met sy eie planne voort om sy oupa se geboorteplek te ontwikkel.

Die voormalige president se geboorteplek in Mvezo, in die Ooskaap, is geoormerk om 'n nasionale erfenisterrein te word.

Maar die kleinseun Mandela, wat die ondersteuning van sy stat se inwoners geniet, is besig om sy eie struktuur teen die wense van die museum op te rig.

Die museum se voorsitter, professor Kader Asmal, het ook 'n vyandige ontvangs van die plaaslike bevolking gekry.

Mandla hou vol dat die museum sonder hul toestemming in 2000 opgerig is.

Mandla, wat verlede jaar as hoofman aangewys is, sê die plaaslike inwoners wou geraadpleeg gewees het.

оптовые цены трековыеФільчаков Олександр Васильович