Vavi het by die Zimabwe- en Swazilandsolidariteitskonferensie gepraat en vryheid en demokrasie vir burgers van beide lande geëis.
Hy het gesê dat hulle tot die laaste druppel bloed sal veg om mense te bevry, nie net van die dwingelandy van verdrukking en onderdrukking nie, maar ook van die kloue van armoede.
Vavi het 'n beroep op alle Cosatu-lede in Gauteng gedoen om 'n betoging op 16 Augustus by te woon om hul misnoeë met Mugabe se teenwoordigheid te toon.
Vavi het ook gesê dat koning Mswati nie in die land welkom is nie.
Volgens hom is Mswati nie 'n staatshoof nie. Geen demokratieste verkiesing is nog ooit in Swaziland gehou nie.
Hy is woedend omdat SAOG en ander aanhou om dié bedrogspul toe te laat.
