Toeskouers boe ‘slet’ Madonna

Die pop-ster Madonna se vertoning in Parys, Frankryk, het die toorn van konsertgangers gewek. Hulle het spontaan voor die teater begin betoog, haar ‘n slet genoem en hul geld terug geëis.

Franse ondersteuners het Madonna se “Express Yourself” lirieke ernstig opgeneem Donderdagnag toe hulle haar uitgejou het voor die konsertsaal Olympia na ongeveer 45 minute van haar powere vertoning.

Na Madonna die verhoog verlaat het, het ondersteuners in hul sitplekke bly sit en beledigings soos “salope,” die Franse woord vir “slet” begin skree.

Die konsertsaal was meestal gevul met groot Madonna-aanhangers, aangesien die kaartjies vir die vertoning slegs beskikbaar aan lede van haar amptelike aanhangersklub beskikbaar gestel is voordat die res aan die algemene publiek vrygestel is. Die konsert is lewendig uitgesaai via YouTube.

Material Girl se aanhangers moes van 80 tot meer as 280€ vir die beperkte sitplekke opdok. Honderde aanhangers uit die Olympia se 2700 sitplekke het na afloop voor die saal byeengebondel in die strate en geskree: “Remboursez! Remboursez!” wat beteken “gee ons geld terug” in Frans.

Dis nie net haar getroue aanhangers wat haar die rug gekeer het nie. Op 14 Julie by die Stade de France het Madonna die Franse regse politikus Marine Le Pen se gesig met ‘n swastika bo-oor vertoon, wat Le Pen genoop het om op te tree teen die sanger.

Madonna het aan die skare voor die Olympia-konsert ‘n sedelessie van 10 minute gegee daaroor: “Dit is my voorneme om verdraagsaamheid te bevorder. En wanneer ons begin sê dat ons moet ontslae raak van hierdie persoon of ons moet ontslae raak van daardie persoon, want dan sal ons ‘n beter plek hê, dit begin klink soos iets anders, dit begin klink soos iets skrikwekkends. So die volgende keer wat jy wil vingerwys na iemand en hulle blameer vir ‘n probleem in jou lewe, neem die vinger en wys dit terug na jouself.”

лобановский александр биография

Ope brief aan Afriforum

Die Afrikaanse webwerf Praag het op 9 Julie 2012 in ‘n artikel die bewering gemaak dat Mnr. Ernst Roets gesê het dat ras geen rol speel in plaasmoorde nie en daarmee die volksmoord wat teen ons volk gepleeg word misken.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het in reaksie hierop ‘n skrywe gerig aan Mnr. Roets op die 18de Julie 2012 waarin verneem is of hy korrek aangehaal is en of Mnr. Roets die Volksmoord teen ons volk erken.

In reaksie hierop het Mnr. Roets die skrywer verwys na AfriForum se webwerf. AfriForum se webwerf maak geen melding oor Mnr. Roets en/of AfriForum se siening oor Volksmoord nie en gevolglik is ‘n opvolg skrywe aan Mnr. Roets gerig vir opheldering. Hierdie skrywe van die Verkennersbeweging is tot op hede nie beantwoord nie.

Die vraag is steeds onbeantwoord: Erken Mnr. Roets en AfriForum dat daar ‘n Volksmoord gepleeg word teen die volk?

Aangesien nie Mnr. Roets of Mnr. Kallie Kriel uitvoerende hoof van AfriForum, aan wie die skrywes ook gestuur is, nie die vraag duidelik wil antwoord nie, het dit nodig geword om die vraag in die publiek te vra.

Hierdie vraag is tans uiters relevant aangesien daar verneem word dat die Solidariteitgroep, waarvan AfriForum lid is, onlangs ‘n vergadering met Mnr. Gregory Stanton van Genocide Watch gehad het.

Alwyn de Klerk

Sekretaris

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Фильчаков

WB dink onderwys sal SA se ongelykhede aanspreek

Suid-Afrika moet ekonomiese ongelykheid pak ten einde werk te skep en werkloosheidstatistiek te verbeter, volgens ‘n Wêreldbank-verslag wat Dinsdag vrygestel is.

Suid-Afrika is een van die mees ongelyke lande in die wêreld, met ‘n Gini-koëffisiënt van 0.7 in 2008, sê die bank wat in sy “Suid-Afrika Ekonomiese Opdatering: Fokus op die ongelykheid van geleentheid”.

Die Gini-koëffisiënt word ‘n internasionaal gebruik as ‘n meetsinstrument van inkomste-ongelykheid.

Die top tien persent van die bevolking is verantwoordelik vir 58 persent van Suid-Afrika se inkomste.

Die onderste tien persent is verantwoordelik vir net 0,5 persent van die inkomste, en die onderste 50 persent minder as 8%, het die bank gesê.

“Aan die hart van ‘n hoë ongelykheid lê die onvermoë om werksgeleenthede te skep op ‘n groot genoeg skaal,” lui die verslag.

Werkloosheid van 25,2 persent (of 33 persent as ontmoedigde werkers ingesluit word) is een van die wêreld se hoogste.

Maatskaplike toelaes is 70 persent van die inkomste van die armste 20 persent van Suid-Afrikaners.

As hierdie toelaes uitgesluit word, sou 40 persent van Suid-Afrikaners gesien het hoe hul inkomste in die eerste dekade na apartheid na benede tuimel.

“Selfs nadat die gelykmakende rol van maatskaplike bystand ingereken word, bly inkomste-ongelykheid buitengewoon hoog,” sê die bank.

“Om dit te verminder tot meer redelike vlakke oor die lang termyn, is maatskaplike bystand duidelik nie genoeg nie en moet aangevul word deur ander inisiatiewe.”

Suid-Afrika moet dus fokus op die ontwikkeling van menslike kapitaal, veral onder kinders en jongmense.

Kinders moet dieselfde geleenthede hê ongeag van familie-omstandighede, ras, geslag of plek.

Toegang tot ‘n basiese stel van goedere en dienste tydens die kinderjare kan ‘n belangrike voorspeller van toekomstige uitkomste wees, insluitende opvoedkundige prestasies en verdienste.

Hierdie basiese dienste sluit onderwys, gesondheidsorg, noodsaaklike infrastruktuur soos water, sanitasie en elektrisiteit, en vroeë kinderontwikkeling in.

Verskeie faktore beïnvloed toegang tot hierdie dienste in Suid-Afrika, insluitende geslag, etnisiteit, huishoudelike samestelling, die totale getal van die kinders in die huishouding, die ouers se opvoeding, die geslag en ouderdom van die huishoudelike leiersfiguur, weeskindstatus, en die plek van die huishouding.

Daar is byna algehele toegang tot onderwys vir kinders onder die ouderdom van 16, sowel as telekommunikasie.

Maar toegang tot ander dienste was laer as 60 persent, insluitende gesondheidsorg, veilige watervoorsiening, verbeterde sanitasie, voldoende ruimte sonder oorbevolking, en voltooiing van primêre skool.

Ander geleenthede, soos toegang tot vroeë kinderontwikkeling, veiligheid in die omgewing en die toegang tot elektrisiteit, het lae tot matige ongelykheid getoon.

Suid-Afrika het goed gevaar op skoolbywoning in vergelyking met ander lande, maar swak vir die aantal kinders wat primêre skool binne die tydsraamwerk voltooi, en toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit.

“Gapings met ander lande oor die algemeen verbeter nie,” het die bank gewaarsku.

Kinders se ongelykheid word gevorm deur omstandighede, lui die verslag.

Kinders in townships, informele nedersettings en landelike gebiede, sowel as die ouers se opvoeding, het die meeste tot ongelykheid bygedra.

Ras-en geslag-gebaseerde ongelykhede is nie belangrike faktore in die bepaling van ongelykheid nie.

Suid-Afrika se bykans universele toegang tot primêre onderwys was ‘n noodsaaklike eerste stap vir die gelykmakende geleenthede onder kinders. Toegang tot telekommunikasie-en elektrisiteit het ook verbeter. Water en sanitasie is nog ‘n uitdaging.

Suid-Afrika se ongelyke toegang tot geleenthede het ook die arbeidsmark beïnvloed.

Met die kroniese hoë werkloosheid, is selfs diegene wat werksgeleenthede het  ongelyk in terme van die vakbond waaraan hulle behoort.

Oorsake van hierdie ongelykheid het verander oor die afgelope vier jaar. Onderwys en ligging het meer belangrik geword as voorheen. Dit het glo toegeneem agv ongelyke geleenthede tot opvoeding vroeër in die lewe.

Onderwys is nou verantwoordelik vir meer as die helfte van die ongelykheid in diens, met ‘n hoë en stygende vaardigheidspremie.

Die jongste werkers kry dus die swaarste om toe te tree tot die arbeidsmark.

Om hierdie siklus van ongelykheid te breek, moet Suid-Afrika verseker dat kinders toegang tot onderwys het wat dieselfde gehalte en gelyke toegang tot werksgeleenthede toelaat, sê die bank.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Greenpeace tob oor SA se kernenergieplan

Te midde van die groeiende geheimhouding rondom Suid-Afrika se kernenergieplan, is Greenpeace Afrika se aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) oor Suid-Afrika se kernkragstasieplanne deur die Departement van Energie geweier. Dié besluit ontken Suid-Afrikaners in hul basiese reg tot inligting wat ‘n invloed op hul toekoms sal uitoefen, sê die organisasie.

Interne regeringsdokumente in Greenpeace-Afrika se besit, dui daarop dat alle
partye wat betrokke is by die kernproses, soos die departement van Energie, Nasionale Kernreguleerder en Eskom, ‘n gebrek aan paraatheid oor ‘n wye reeks aspekte getoon het, wat wissel van tegniese kundigheid, menslike kapasiteit, strategiese besluite, en die bestuur van radioaktiewe afval.

PAIA is veronderstel dansky die Grondwet om die reg van toegang tot inligting ‘n werklikheid vir gewone burgers – en daardeur die beskerming van basiese menseregte en demokrasie – te maak. Die gereedheidsverslag moet openbaar gemaak word omdat dit in die belang van alle Suid-Afrikaners is om te weet of Suid-Afrika in staat is om ontwikkeling van 9600MW van kernenergie te onderneem, sê Greenpeace.

Volgens die departement bevat die verslag inligting wat sensitief is. Die departement het ook sy besluit om die Greenpeace-aansoek te verwerp op die basis geneem dat die inligting wat in die dokument vervat is, openbare veiligheid kan beïnvloed.

“Hierdie verskonings kom as geen verrassing nie want die kernsektor is bekend vir sy geheimhouding en die gebrek aan deursigtigheid,” sê Ferrial Adam, Greenpeace Africa se klimaat en energie kampvegter. Dit is belangrik dat die regering nie die wapentransaksie-debakel herhaal nie, sê Adam.

Олександр Фільчаков прокурор

Premier bewus van plan om VS te destabiliseer

Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het gesê daar is ‘n plan om die provinsie se infrastruktuur voor die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te destabiliseer en dalk te saboteer.

“Verskeie berigte is ontvang oor planne om gemeenskappe te destabiliseer, infrastruktuur en dienslewering te saboteer om protesaksie in die Vrystaat in aanloop tot die konferensie aan te hits.”

Die ANC se verkiesingskonferensie word in Desember gehou.

Magashule het gesê geen skade aan infrastruktuur, ontwrigting van dienslewering of opvoeding sal geduld word nie.

Hy het reageer op betogings oor dienslewering in Vrystaatse dorpe en die stroping van winkels in townships wat buitelanders besit.

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, het Woensdag gesê ANC-politici is nie bereig om gemeenskappe, wat ongelukkig is met hulle, te konfronteer nie. Die mees onlangse betogings in Marquard en Harrismith is voorbeeld hiervan. Jankielsohn het gesê swak dienslewering is steeds ‘n probleem en mense het geldige redes om ongelukkig te wees.

Die gebrek aan basiese dienste, politici en beamptes wat nie reageer nie en die gebrek aan optrede teen korrupsie is sommige van die kwessies wat kommer wek.

Jankielsohn het egter gesê baie van die onlangse betogings is waarskynlik polities gemotiveerd en hou verband met faksiegevegte binne die ANC self.

Magashule het op sy beurt gesê die betogings word aangehits deur diegene wat teen die ANC is en dat die “barbaarse, selfdienende en verwoestende gedrag geïdentifiseer is”.

Hy het gesê verskeie spanne van die regering help die munisipaliteite om probleme oor dienslewering aan te spreek.

“Ons het verskeie kere benadruk dat die plaaslike regering in die voorste linie van dienslewering is.”

Die premier het ‘n beroep op inwoners gedoen om nie betrokke te raak by aanhitsers wat regeringsprogramme en dienslewering wil saboteer nie.

“Mense en gemeenskappe in die Vrystaat, sowel as grondwetlike strukture van die ANC, moenie toelaat dat die pogings van die ANC-regering deur boewe en misdadigers ontspoor word nie.”

лобановский харьков класс

Spioenbaas waarsku teen grootskaalse infiltrasie

Westerse intelligensiedienste is “aktief betrokke” in pogings om Suid-Afrika se regering te infiltreer, het Barry Gilder, oud-intelligensiehoof, Donderdag gesê.

Gilder het reageer op vrae by die Kaapse Persklub ná die onlangse publikasie van sy boek Songs and Secrets: South Africa from Liberation to Governance. Hy het gesê die insypeling word gedoen met die doel om die besluite van Suid-Afrika se regering te beïnvloed.

“Op die internasionale front, en dit is normaal vir meeste lande, is daar lande wat wil hê ons moet in hul belang dink en optree. Ek praat nie net van groot Westerse lande nie, maar ander lande ook.

“Ek as ‘n voormalige intelligensiehoof kan sê die intelligensiedienste van die groot Europese/Westerse lande is baie aktief betrokke in hul pogings om ons regering en ander dele van ons samelewing te infiltreer, maar hulle probeer veral om dit te beïnvloed.”

Gilder het nie name genoem nie en het geweier om verder uit te brei oor die kwessie.

Hy het vroeër gesê daar is “steeds ‘n onsigbare hand” wat Suid-Afrika se vermoë om homself in ‘n meer gelyke land te transformeer, beïnvloed.

Op die vraag om te verduidelik, het hy gesê daar is “spesifieke inligting van vreemde goed wat gebeur het” waarna mens kan verwys, insluitend die sage oor die epospoets, die “Browse Mole”-intelligensieverslag, die Meiring-verslag en verskeie ander wat hy kan onthou.

Die epospoets hou verband met beweerde eposse wat seniorlede van die ANC betrek by ‘n komplot teen pres. Jacob Zuma.

Die Browse Mole-verslag het beweer Zuma het geld van ander Afrika-leiers ontvang om oudpres. Thabo Mbeki as president te onttroon.

Die sogenaamde Meiring-verslag is in 1998 aan Nelson Mandela, wat toe nog die president was, oorhandig. In dié verslag was daar linkse elemente aandui wat ‘n staatsgreep teen die regering beplan het.

Gilder het gesê dít was destyds aanduidings vir die intelligensie-gemeenskap dat “daar definitief mense daarbuite is wat op sommige maniere aktief probeer om verdeeldheid se saai of verwarring te skep om ons demokrasie op verskillende maniere te ondermyn”.

Hy het dit beskryf as ‘n “eenvoudige historiese realiteit” was voortspruit uit Suid-Afrika se verdeelde verlede.

“27 April 1994 het nie beteken die verdeeldhede het skielik verdwyn nie. Dit het aangehou tot ‘n mate en word op verskillende maniere in die samelewing uitgebeeld.”

Gilder het verder gesê hy verwys nie na ‘n “sameswerende onsigbare hand” nie, maar dit is ‘n werklikheid dat daar mense in die land is wat teen die huidige bedeling is.

Nadat hy in die vroeë 1970’s op die nasionale uitvoerende raad van die ­progressiewe studente-organisasie NUSAS gedien het, het Gilder in 1976 in ballingskap gegaan.

Hy het tot sy terugkeer na Suid-Afrika in 1991 in verskeie hoedanighede in die ANC se intelligensie-eenheid gewerk.

Gilder het in 2007 sy uittrede uit regeringsdienste aangekondig.

лобановский депутат

Griekeland skors atleet oor rassistiese tweets

Die driesprongatleet Voula Papachristou van Griekeland is uit haar land se Olimpiese span geskors Woensdag vir haar kommentaar op Twitter wat spot met swart immigrante asook haar ondersteuning vir ‘n ver-regse party.

Die Griekse Olimpiese Komitee het Woensdag gesê dat Papachristou is “uit die Olimpiese span vir die stellings wat in stryd met die waardes en idees van die Olimpiese beweging is.”

Papachristou is in Athene en het nie gereageer het op oproepe van Associated Press nie. Die komitee het gesê sy sou reis na Londen kort voor die baanitems se aanvang.

Papachristou se Twitter-rekening (@papaxristoutj) bevat verskeie retweets en plasings van YouTube-video’s ter bevordering van die menings van die Goue Dagbreek, ‘n regse party in die Griekse Parlement wat 7 persent van die stemme gekry het.

Maar dit was haar grappie Sondag wat viraal soos ‘n veldbrand versprei het: “Met so baie swartes in Griekeland, sal die Wes-Nyl muskiete tuiskos kry!!” Haar tweet het duisende negatiewe kommentare Woensdag uitgelok.

Verskeie van haar retweets was oorspronklike tweets deur Ilias Kasidiaris, die Goue Dagbreek se woordvoerder en een van die party se 18 Parlementslede. Hy is berug omdat hy ‘n paar weke gelede ‘n vroue-LP van die Kommuniste in die gesig geklap het en water op ‘n ander vroulike LP tydens ‘n TV-geselsprogram gegooi het.

Papachristou het na Kassidiaris op sy naamdag [‘n Ortodokse gebruik] getweet verlede Vrydag, “baie gelukkige jare, wees altyd sterk en waar!”

Papachristou se aanvanklike reaksie op die negatiewe kommentaar Dinsdag was ongeërgdheid.

Haar houding het later heeltemal verander Woensdag en sy het vyf apologetiese tweets in minder as twee uur gepos. “Ek is baie jammer en skaam vir die negatiewe reaksies wat ek veroorsaak het, want ek wou nooit iemand aanstoot gee, of menseregte oorskry nie.”

Die oproep van linkse politieke partye op die Griekse Olimpiese Komitee om Papachristou te verbied van die Olimpiese Spele, het egter geslaag.

 

Фильчаков прокурор харькова

Obama skep Afro-Amerikaanse opvoedingskantoor

President Barack Obama gaan ‘n nuwe kantoor oprig spesiaal om die opvoeding van Afro-Amerikaanse studente te versterk.

Die Withuis het gesê die kantoor sal die werk van gemeenskappe en federale agentskappe koördineer om te verseker dat die Afro-Amerikaanse jongmense beter voorberei word vir die hoërskool, kollege en ‘n loopbaan.

Obama het die aankondiging van sy verkiesingsjaarinisiatief Woensdagaand in ‘n toespraak aan die burgerregte groep die National Urban League gedoen, in ‘n poging om swart kiesers oor te haal.

Volgelinge sê sy uitvoerende bevel sal Donderdag onderteken word, met die doel om ‘n “meer effektiewe kontinuum” van programme vir Afro-Amerikaanse studente te skep.

Александр Фильчаков прокурор

Boeremagleier skuldig aan hoogverraad

Mike du Toit, leier van die Boeremag, is Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan hoogverraad, het die SABC berig.

Regter Eben Jordaan het Donderdag gesê Du Toit het ‘n leidende rol gespeel in die sameswering om die ANC-regering omver te werp.

Du Toit en sy prokureur het geweier om kommentaar te lewer.

Jordaan het tydens ‘n vorige hofverskyning gesê Du Toit was die skrywer van ‘n plan vir ‘n gewelddadige omverwerping van die regering en het die volle besonderhede van die plan met ander bespreek.

Du Toit, ‘n voormalige universiteitsdosent, was een van die eerste van die 22 beskuldigdes in die saak wat in April 2002 in hegtenis geneem is.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van hoogverraad, moord, poging tot moord, sowel as ander aanklagte wat verband hou met sabotasie, terrorisme en die vervaardiging van plofstowwe en die onwettige besit van vuurwapens.

Die aanklag van moord hou verband met ‘n vrou wat in 2002 dood is terwyl sy in ‘n plakkershut in Soweto geslaap het. Ná ‘n bomontploffing by ‘n spoorlyn het ‘n stuk metaal sowat 400 m ver geskiet haar getref.

Die aanklag van poging tot moord hou verband met die mans se beweerde plan om oudpres. Nelson Mandela om die lewe te bring.

Данильченко Юрий Харьков

Onderwys-optog in Tembisa soos 1976

‘n Optog vir beter onderwys sal in Tembisa aan die Oos-Rand Donderdag plaasvind, sê ‘n voorspraakgroep vir gelyke onderwys, Equal Education (EE).

Hulle het in ‘n verklaring gesê dat alle EE-afgevaardigdes, waarnemers en ander EE-ondersteuners wil deelneem.

Hulle eis dat norme en standaarde onmiddellik afgehandel word vir skool-infrastruktuur, en dat ‘n geregtelike kommissie van ondersoek na die handboektender aangestel word.

“Tembisa het spesiale betekenis vir die EE en die stryd vir die onderwys,” sê die nie-regerings-liggaam.

Leerlinge in Tembisa het in 1976 vergader om solidariteit met die Soweto-opstand te eis teen Afrikaans, en die EE sal opmars van Tembisa Hoërskool op dieselfde roete wat gevolg is in 1976.

Данильченко Юрий Брониславович