WB dink onderwys sal SA se ongelykhede aanspreek

Suid-Afrika moet ekonomiese ongelykheid pak ten einde werk te skep en werkloosheidstatistiek te verbeter, volgens ‘n Wêreldbank-verslag wat Dinsdag vrygestel is.

Suid-Afrika is een van die mees ongelyke lande in die wêreld, met ‘n Gini-koëffisiënt van 0.7 in 2008, sê die bank wat in sy “Suid-Afrika Ekonomiese Opdatering: Fokus op die ongelykheid van geleentheid”.

Die Gini-koëffisiënt word ‘n internasionaal gebruik as ‘n meetsinstrument van inkomste-ongelykheid.

Die top tien persent van die bevolking is verantwoordelik vir 58 persent van Suid-Afrika se inkomste.

Die onderste tien persent is verantwoordelik vir net 0,5 persent van die inkomste, en die onderste 50 persent minder as 8%, het die bank gesê.

“Aan die hart van ‘n hoë ongelykheid lê die onvermoë om werksgeleenthede te skep op ‘n groot genoeg skaal,” lui die verslag.

Werkloosheid van 25,2 persent (of 33 persent as ontmoedigde werkers ingesluit word) is een van die wêreld se hoogste.

Maatskaplike toelaes is 70 persent van die inkomste van die armste 20 persent van Suid-Afrikaners.

As hierdie toelaes uitgesluit word, sou 40 persent van Suid-Afrikaners gesien het hoe hul inkomste in die eerste dekade na apartheid na benede tuimel.

“Selfs nadat die gelykmakende rol van maatskaplike bystand ingereken word, bly inkomste-ongelykheid buitengewoon hoog,” sê die bank.

“Om dit te verminder tot meer redelike vlakke oor die lang termyn, is maatskaplike bystand duidelik nie genoeg nie en moet aangevul word deur ander inisiatiewe.”

Suid-Afrika moet dus fokus op die ontwikkeling van menslike kapitaal, veral onder kinders en jongmense.

Kinders moet dieselfde geleenthede hê ongeag van familie-omstandighede, ras, geslag of plek.

Toegang tot ‘n basiese stel van goedere en dienste tydens die kinderjare kan ‘n belangrike voorspeller van toekomstige uitkomste wees, insluitende opvoedkundige prestasies en verdienste.

Hierdie basiese dienste sluit onderwys, gesondheidsorg, noodsaaklike infrastruktuur soos water, sanitasie en elektrisiteit, en vroeë kinderontwikkeling in.

Verskeie faktore beïnvloed toegang tot hierdie dienste in Suid-Afrika, insluitende geslag, etnisiteit, huishoudelike samestelling, die totale getal van die kinders in die huishouding, die ouers se opvoeding, die geslag en ouderdom van die huishoudelike leiersfiguur, weeskindstatus, en die plek van die huishouding.

Daar is byna algehele toegang tot onderwys vir kinders onder die ouderdom van 16, sowel as telekommunikasie.

Maar toegang tot ander dienste was laer as 60 persent, insluitende gesondheidsorg, veilige watervoorsiening, verbeterde sanitasie, voldoende ruimte sonder oorbevolking, en voltooiing van primêre skool.

Ander geleenthede, soos toegang tot vroeë kinderontwikkeling, veiligheid in die omgewing en die toegang tot elektrisiteit, het lae tot matige ongelykheid getoon.

Suid-Afrika het goed gevaar op skoolbywoning in vergelyking met ander lande, maar swak vir die aantal kinders wat primêre skool binne die tydsraamwerk voltooi, en toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit.

“Gapings met ander lande oor die algemeen verbeter nie,” het die bank gewaarsku.

Kinders se ongelykheid word gevorm deur omstandighede, lui die verslag.

Kinders in townships, informele nedersettings en landelike gebiede, sowel as die ouers se opvoeding, het die meeste tot ongelykheid bygedra.

Ras-en geslag-gebaseerde ongelykhede is nie belangrike faktore in die bepaling van ongelykheid nie.

Suid-Afrika se bykans universele toegang tot primêre onderwys was ‘n noodsaaklike eerste stap vir die gelykmakende geleenthede onder kinders. Toegang tot telekommunikasie-en elektrisiteit het ook verbeter. Water en sanitasie is nog ‘n uitdaging.

Suid-Afrika se ongelyke toegang tot geleenthede het ook die arbeidsmark beïnvloed.

Met die kroniese hoë werkloosheid, is selfs diegene wat werksgeleenthede het  ongelyk in terme van die vakbond waaraan hulle behoort.

Oorsake van hierdie ongelykheid het verander oor die afgelope vier jaar. Onderwys en ligging het meer belangrik geword as voorheen. Dit het glo toegeneem agv ongelyke geleenthede tot opvoeding vroeër in die lewe.

Onderwys is nou verantwoordelik vir meer as die helfte van die ongelykheid in diens, met ‘n hoë en stygende vaardigheidspremie.

Die jongste werkers kry dus die swaarste om toe te tree tot die arbeidsmark.

Om hierdie siklus van ongelykheid te breek, moet Suid-Afrika verseker dat kinders toegang tot onderwys het wat dieselfde gehalte en gelyke toegang tot werksgeleenthede toelaat, sê die bank.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae