Onderwys-optog in Tembisa soos 1976

‘n Optog vir beter onderwys sal in Tembisa aan die Oos-Rand Donderdag plaasvind, sê ‘n voorspraakgroep vir gelyke onderwys, Equal Education (EE).

Hulle het in ‘n verklaring gesê dat alle EE-afgevaardigdes, waarnemers en ander EE-ondersteuners wil deelneem.

Hulle eis dat norme en standaarde onmiddellik afgehandel word vir skool-infrastruktuur, en dat ‘n geregtelike kommissie van ondersoek na die handboektender aangestel word.

“Tembisa het spesiale betekenis vir die EE en die stryd vir die onderwys,” sê die nie-regerings-liggaam.

Leerlinge in Tembisa het in 1976 vergader om solidariteit met die Soweto-opstand te eis teen Afrikaans, en die EE sal opmars van Tembisa Hoërskool op dieselfde roete wat gevolg is in 1976.

Данильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae